# Afrikaans Hl Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 Memo (Afr)

> Grade 11 Afrikaans Hl Paper 2 memorandum from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 15 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-memo/30ab9bff-a730-42e2-a934-2aa81e7b7336
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans Hl
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Afrikaans Hl](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/afrikaans-hl) › [Afrikaans Hl Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-memo/30ab9bff-a730-42e2-a934-2aa81e7b7336)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AFRIKAANS HL P2 QP GR11 NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr11-nov2018-d/4421cb1b-234e-4ec1-9fb3-dd18cd614ec3) — QP · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR11 NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr11-nov2018/ed790c5d-1cfd-4305-a799-6e65f0636659) — QP · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                      NOVEMBER 2018

                AFRIKAANS HUISTAAL V2
                    NASIENRIGLYN

PUNTE:   80

                  Hierdie nasienriglyn bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/NOVEMBER 2018)

 NASIENRIGLYNE

 1.   As ŉ kandidaat meer as die verlangde getal vrae doen, word net die eerste
      antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en die
      kontekstuele vraag in dieselfde genre beantwoord nie.)

 2.   As ŉ kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte doen, word
      slegs die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.

 3.   As ŉ kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre
      opstelle beantwoord, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
      antwoord word geïgnoreer. As ŉ kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en
      C beantwoord, word slegs die eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits
      een kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is.

 4.   As ŉ kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar
      die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
      antwoord word geïgnoreer.

 5.   As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die
      nasienriglyn nagesien.

 6.   As ŉ spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd
      gemerk. As die spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word
      dit as korrek beskou.

 7.   Literêre opstel:
      As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie
      gepenaliseer nie omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die opstel te
      lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior nasiener/
      vakhoof. Die nasienriglyn is slegs ŉ riglyn, daarom moet ander relevante inhoud
      as korrek beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om die literêre opstelle
      na te sien.

 8.   Kontekstuele vrae:
      As ŉ kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ŉ vraag dit vereis nie, word
      die kandidaat nie gepenaliseer nie.

 9.   Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JAN/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM
      NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.

 10. Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die
     rede/motivering/bewys verdien die punt.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     3

 AFDELING A: GEDIGTE

 VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL

 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK
 VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien.

 LET WEL:
  Dis ŉ breë raamwerk van feite.
  Al die feite hoef nie genoem te word nie.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

     Die spreker dink met heimwee aan haar Pa, want sy onthou hom soos hy
      werklik was: sag, ŉ ware kunstenaar en romantikus./Bv. reël 1: hy was nie ŉ
      man van staal nie.
     Sy onthou hom as ŉ intense natuurliefhebber, want hy het die
      natuurelemente soos reën en son geken./Bv. reël 2: waar die reën se blink
      some alkant oor die berge sleep hoor ek hom lag...
     Sy herinner haar aan sy blydskap en ontsteltenis, want hy was bly oor die
      reën, maar nie oor die son wat die plantegroei doodbrand./Bv. reël 2: waar die
      reën se blink some alkant oor die berge sleep hoor ek hom lag... /reël 5: waar
      die knettervuur van son die heuwels kaal skeer, hoor ek hom ween...
     Sy onthou haar pa as ŉ doodgewone man omdat hy ŉ sagte, sensitiewe,
      gevoelvolle mens was./Bv. reël 9: pa was in murg en borsbeen ŉ doodgewone
      man.
     Omdat haar pa ŉ doodgewone man was, onthou sy ook dat hy nie die
      aanslae van die lewe kon afweer nie./Bv. reël 21: ... en in die liefde geskaad
     Die herinneringe en heimwee is nog vars, want hy is by haar in haar
      emosionele leefwêreld./Bv. reël 11: ... vertoef hy soms in my drome/dans rond
      in stiltes van my boord.
     Met heimwee dink sy aan die wingerdharte wat haar pa se liefde en tekens
      van omgee uitgebeeld het./Bv. reël 14: ryg wingerdharte aanmekaar.
     Die spreker onthou sy inkpen wat leeg is wat dan die plek waar hy gesterf
      het, oproep nl. die studeerkamer./Bv. reël 17:op die lessenaar drup sy inkpen
      leeg.
     Sy rig trooswoorde tot haarself, want sy wil die heimwee na haar pa
      besweer./Bv. reël 19: doodgewone man; reël 20: ... van lag en van huil;
      reël 21: murgsag.
     Sy aanvaar die verlies wat die afsterwe van haar pa meebring omdat hy
      terug gegee is aan die aarde wat hy so lief gehad het en die aarde het hom
      gretig ontvang./Bv. reël 22: en my dood was soos dit ons aarde behaag.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.                                                 [10]

                                          OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/NOVEMBER 2018)

 VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG – Gestorwe planeet

 Vraag     Antwoord                                                                    Punt
 2.1       Die aandagstreep beklemtoon die gevolge van die mens se
           dade/optrede in versreël 1–3 wat hierna volg. √                               1

           Die enjambement ondersteun die opwaartse/voortdurende beweging
           van die uitgelate gifgasse. √                                                 1
 2.2       Strofe 1 handel oor die uitwerking van lugbesoedeling op die aarde. √         1

           Strofe 2 handel oor die uitwerking van kernkragongelukke op die
           natuur. √                                                                     1
           Strofe 3 handel oor die vernietiging van die plant- en dierelewe deur die
           mens. √                                                                       1
 2.3       Die hoofletters beklemtoon die oordeelsdag/ewigheidsgedagte/hoe
           skrikwekkend/verreikend die impak dus van die mens se nalatige
           optrede is. √                                                                 1
 2.4       Metafoor √                                                                    1

           Die oliebesoedeling is duidelik op die brandertoppe sigbaar. √                1
 2.5       ŉ Negatiewe stemming/Neerslagtigheid/Mistroostigheid/Somberheid /
           Kommer/Wanhoop √                                                              1
 2.6       Die mens vernietig die natuur/aarde. √                                        1
                                                                                        [10]

                                              OF

 VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG – Vraag

 Vraag     Antwoord                                                                    Punt
 3.1       Die titel verwys na die vrae: Wat gebeur as verliefdheid nie net
           verbygaan nie, maar in liefde ontwikkel √ en is liefde meer draaglik as       1
           verliefdheid. √                                                               1
 3.2       Metafoor √                                                                    1

           Dit is funksioneel, want die punt dui die finaliteit van die argument
           aan/want daar is nie meer te redeneer hieroor nie. √                          1
 3.3       Maar √                                                                        1
 3.4       Die liefde is bedrieglik en broos./ Al is die liefde sterk, is daar geen
           waarborg dat dit sal hou nie. √                                               1
 3.5       Die kragdraad is veronderstel om sterk te wees, maar dit is nie want ŉ
           haar is broos/breekbaar./
           Dit wat met mekaar vergelyk word, is nie vergelykbaar nie, want dit is
           juis die teenoorgestelde van mekaar. √                                        1

           Die kandidaat moet BEIDE kante van ironie vir EEN punt noem.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                          5

 3.6       Die langdurigheid van die liefde kan ondraaglik word./Liefde is
           kompleks. √                                                                       1

           Die kandidaat formuleer sy/haar eie boodskap binne konteks van die
           gedig, bv. liefde en verliefdheid laat baie vrae by mens ontstaan./
           Verliefdheid is definitief tydelik van aard, want dit is meer fisiek./ Indien
           jy regtig lief is vir iemand, is daar altyd hoop op versoening indien dinge
           skeefloop. √                                                                      1

           Onsekerheid/Twyfel √                                                               1
                                                                                            [10]

                                          OF

 VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG – Niks is waarna dit lyk nie

 Vraag     Antwoord                                                                        Punt
 4.1       ŉ Reisiger (wat die landskap op intens visuele wyse ervaar) √                    1
 4.2       Kwatryne √                                                                       1
 4.3       Die verwysing van/na ŉ teks binne ŉ teks. √                                      1

           Bach se skaapkoraal √                                                             1
 4.4       Die gedig verander skielik van die idilliese bewondering van ŉ
           oënskynlike pragtige landskap tot die onverwagte ontnugtering dat alles
           hier nie so mooi/idillies is by die nadere/verdere beskouing/ondersoek
           nie. √                                                                            1
 4.5       s-alliterasie: die beweging van die skape in/op die klitsgras word
           ondersteun. √                                                                     1

           w-alliterasie: die vasgewoelendheid van die skaap in die wol word
           beklemtoon. √                                                                     1
           r-alliterasie: die gevaar/ongenaakbaarheid van die adder word
           beklemtoon. √                                                                     1
 4.6       Ontnugtering/onheilspellendheid/ŉ negatiewe stemming √                            1

           Dieper as die oppervlak skuil daar dikwels duistere waarhede wat eers
           met fynere/kritiese waarneming gevind/opgelet kan word. √                          1
                                                                                            [10]

                                                EN

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (EC/NOVEMBER 2018)

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG – Besoek van my ouma

Vraag      Antwoord                                                                          Punt
5.1        tsau! tsau! √                                                                      1
5.2        Personifikasie √                                                                   1

           Die sterre wil baie graag jou hart hê./is baie honger vir jou hart. √               1
5.3        In versreël 2 is die sterre baie honger, maar in versreël 5 sal die
           aangesprokene nooit honger wees nie. √                                              1

           Die kandidaat noem BEIDE kante vir EEN punt.
5.4        voer √                                                                              1
5.5        Somer word met die woorde geassosieer. √                                            1

           Herhaling √                                                                         1
           Uitroepteken √                                                                      1
5.6        ŉ Boesman √                                                                         1

           Hy het grootgeword met die woord./ Hy het van kleins af na die sterre
           geluister. √                                                                         1
                                                                                              [10]

                                                             TOTAAL AFDELING A:                 30

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)             AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   7

 AFDELING B: ROMAN

 Beantwoord EEN vraag.

 VRAAG 6: OPSTELVRAAG

 DROOMDELWERS – Esta Steyn

 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
 VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

 LET WEL:
  Dis ŉ breë raamwerk van feite.
  Al die feite hoef nie genoem te word nie.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

  Leendra voel angstig in haar tronksel 1288 in die Silwerkruis Gevangenis
   omdat sy nie weet wie haar ouers vermoor het nie.
  Sy ervaar verwerping in die tronk omdat oom Phil nie met haar kontak maak
   nie.
  Leendra ervaar verdriet/skuldgevoelens omdat sy besef dat sy nooit die
   geleentheid gaan kry om haar ouers om verskoning te vra oor die hantering van
   haar verhouding met Ferdinand nie.
  In Soutmansdal ervaar Leendra dat die gemeenskap nie vir haar ŉ tweede
   kans sal bied nie, omdat almal haar verlede ken.
  Sy ervaar egter liefde en aanvaarding by die Bonthuys-familie in hul huis,
   want oom Bontie en Sweetie is soos ŉ tweede pa en ma vir haar.
  In die hotel ervaar Leendra uiterlike konflik met Minette wanneer sy saam
   met Gilbert na Patty se mondigwordingspartytjie gaan, want die twee vroue
   het ŉ verlede wat van baie negatiwiteit getuig.
  Wanneer Leendra naby haar kamer kom waar sy destyds in die hotel gebly
   het, word sy oorweldig deur ŉ diepe hartseer en woede vir die onregverdighede
   waaraan sy onderwerp is.
  By haar ouerhuis (waar Phil nou woon) ervaar sy kritiek/negatiewe ervarings
   van Mara wat haar steeds soos ŉ misdadiger laat voel.
  Lucia se liefde en deernis is vir Leendra hier positief, want sy luister na
   haar/gee haar raad oor hoe sy sekere situasies moet hanteer.
  Leendra ervaar negatiewe interaksie met Phil wanneer hulle baklei oor haar
   ma se orreltjie wat hy verkoop het.
  Dit is ook in hierdie huis waar Leendra eindelik die antwoorde op so baie
   vrae kry toe sy die dokumente van haar pa se boedel in die studeerkamerkluis
   vind.
  Leendra en Sielie is amper seergemaak/dood hier toe Phil uitbars en hul
   dreig en veroordeel vir baie sondes waaraan hy skuldig is.
  Leendra ervaar ŉ innerlike hartseer toe sy in hierdie huis vir Sielie in die
   gang in ŉ bondeltjie sien sit, want sy besef dat Sielie emosioneel groot skade
   gely het.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/NOVEMBER 2018)

      Die see/strand bied aan Leendra ontvlugting, want hier voel sy ŉ stukkie
       van die vryheid waarna sy so smag.
      Pastoor Gerald se ontmoetings by die see is vir haar positief, want hy
       bemoedig haar/lewer positiewe insette ten opsigte van haar situasie.
      Die Vlaktevleikerkie bied ook aan Leendra vrede en ontvlugting, want hier
       kan sy op die orrel gaan speel.
      Gretel se Der Shutz is ook ŉ ontvlugtingsoord vir Leendra waar sy
       positiewe gesprekke met Gretel beleef.
      Dit is ook in Gretel se studio dat Leendra verder soek na antwoorde op
       vrae toe Sielie met Debbie Jansen gesels.
      Die Soutpanne bied aan Leendra ŉ mate van struktuur en orde toe sy daar
       in die kantoor begin werk en voel dat sy ŉ bydrae kan lewer.
      Die mense/ voormalige werknemers van haar pa maak die Soutpanruimte
       vir haar positief, want hul aanvaar haar en gesels gemaklik met haar.
      Sy ervaar egter by die soutpanne konflik met Patty wanneer Sielie Gilbert
       se motor beskadig, wat weer ŉ wrok/woede by Leendra aktiveer.
      Op Dwarsmansdal ervaar Leendra woede/uiterlike konflik met Gilbert
       wanneer hy met Sielie praat.
      Leendra is ook onrustig by die prokureursfirma op Dwarsmansdal, want
       sy is op soek na antwoorde op haar vrae oor haar ouers se dood.
      Die Kleinkloof is Leendra se ‘plek van hartseer’, want hier is haar ouers
       dood en is haar lewe onherroeplik verander.
      Toe graniet hier ontdek is, het dit tog ook ŉ optimisme/vreugde by Leendra
       geaktiveer wat eindelik vreugde in haar lewe gebring het.
    Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.
                                                                                           [25]
                                             OF
 VRAAG 7: DROOMDELWERS – KONTEKSTUELE VRAAG

 Vraag      Antwoord                                                                     Punt
 7.1        Die Cupido’s se motor het voor ant Sweetie se winkel gebreek. √                1
 7.2        Rebekka Cupido √

            Haar besluit om terug te gaan na haar man lei tot versoening tussen
            Gerald en Jamaina. /                                                            1
            Haar begrafnis verenig die gemeenskappe van Vlaktevlei en
            Soutmansdal./
            Haar begrafnis dra by tot die begin van versoening tussen Leendra en
            Minette Redelinghuys. √√
            By haar begrafnis besef Rudi en Minette hulle moet hul verhouding ŉ
            tweede kans gee.                                                                2

            Die kandidaat bied enige TWEE rolle vir EEN punt ELK aan.
 7.3        Ongeduldig/ Brutaal √                                                           1
 7.4        Hy bied aan dat Leendra op die orreltjie in die kerk kan kom speel
            wanneer die verlange na haar ma te erg word. √                                  2
 7.5        Hy is sonder ŉ ma. √                                                            1
            Gretel √                                                                        1

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                        9

 7.6      Hy het op Rebekka verlief geraak. √
          Hy wou hulle in die steek laat deur die beroep na Atlantis te aanvaar. √           2
 7.7      Gesinsgeweld √                                                                     1
 7.8      Rustige/gemoedelike stemming. √                                                    1
 7.9      Hy is in ŉ ligte flirtasie met Patty betrokke. √                                   1
          Hy is onseker van Leendra se gevoel vir hom. √                                     1
 7.10     Die stelling is korrek, want hy bring sy seun in die verhaal in aan wie Patty
          verloof raak. Met haar uit die prentjie is ŉ verhouding met Samuel
          moontlik. √                                                                        1

          Hy koop Vlaktevlei uit wat dus beteken die Vlaktevleiers hoef nie hul huise
          prys te gee nie. √                                                                 1
          Met die vestiging van die granietmyn verskaf hy werk aan die
          Vlaktevleiers./word Vlaktevlei verder ontwikkel. √                                 1
 7.11     Die ontdekking/delf van die Dream Dolorosa graniet was Mario se droom/
          vir Mario ŉ droom wat verwesenlik is en sluit dus by die titel
          Droomdelwers aan. √                                                                1

          Kleinkloof √                                                                       1

          Haar ouers het daar gesterf. √                                                     1
 7.12     Hulle is almal besoekers aan Vlaktevlei/inkommers. √                               1

          Samuel van der Sandt. √                                                            1

          Sy gaan terug na haar man./Sy laat Gerald besef jou familie is belangrik./
          Sy gee nie in tot Gerald se toenadering nie. √                                     1

          Rebekka, want sy word geskiet./verloor haar lewe./gaan dood. √                     1
                                                                                            [25]

                                          OF

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                (EC/NOVEMBER 2018)

MY JAPAN – Schalk Schoombee

VRAAG 8: MY JAPAN – LITERÊRE OPSTEL

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
    Dis ŉ breë raamwerk van feite.
    Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

 In Ilse se ouerhuis voel sy negatief/hartseer/gefrustreerd, want sy en haar
  ma baklei gedurig.
 Hier word Ilse ook herinner aan die dood van haar broer, wat angs en
  spanning tot gevolg het.
 Ilse se hartseer word verder beklemtoon dat die gesinshuis ŉ simbool is van
  die verbrokkeling van haar ma en pa se verhouding en haar pa wat hul
  verlaat het.
 Ilse se skuldgevoelens word hier lewend gehou, want sy dink nie sy het haar
  plig as oppasser nagekom nie en dit het haar boetie se dood veroorsaak.
 Dit is in die huis waar ons Ilse en haar ma se ontboeseming waarneem en
  waar hul dus die keerpunt bereik om ŉ beter ma-dogter-verhouding te probeer
  bewerkstellig.
 Ilse en haar ma vind in hul huisruimte vrede in mekaar se arms wanneer
  hulle as twee gebroke individue begin praat en ŉ tree na heelword gee.
 Die skoolruimte lig Ilse se buitestanderskap uit, want sy en Elzette is die
  twee kinders wat nie werklik deur die res aanvaar word nie.
 Lukas en Gerrit sien tog die positiewe in Ilse raak en hier is ŉ kans vir ŉ
  vriendskap ook.
 Die L-bende veroorsaak verdere spanning, want hul oppervlakkigheid staan
  in kontras met Ilse wat dink/probeer sin maak uit die aakligheid van haar
  omstandighede/skool.
 Ilse se empatie word in die skoolruimte belig, want dit is hier waar sy Elzette
  probeer verstaan en ondersteun.
 Wanneer Ilse haar toespraak oor die tsoenami lewer en eindelik flou word, sien
  die leser chaos/onordelikheid in die karakters/ruimte wat Ilse se
  gemoedstoestand beklemtoon.
 In die gimnasium verkies Ilse om na ‘Japan’ te vlug, want sy beskou die
  oefeninge wat hul moet doen as ‘belaglik’.
 Ilse is gefassineerd met die musiek/kultuur van Japan, want sy wil baie
  graag na skool daarheen reis.
 Die kersiebloeisels wat eie is aan Japan, simboliseer vir die leser
  vreugde/geluk en dit is waarna Ilse so smag.
 Japan bied aan Ilse die opwinding om weg te kom van haar Suid-Afrikaanse
  werklikheid wanneer sy by haar niggie wil aansluit om daar te werk.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   11

 Japan raak Ilse se geestelike ruimte, want sy kan in haar kop daarheen vlug
  om van die aardse werklikheid te ontsnap.
 Japan is ŉ veilige ruimte in Ilse se kop, want hier is niemand vir haar kwaad
  nie en kan sy net die mooi ervaar.
 In haar ontsnappingswêreld is haar verbeelde ouers gelukkig getroud en hul
  moedig haar aan om onderdanig te wees.
 Ilse woon in Japan in Naka, ŉ piepklein dorpie en hier kan sy vir haar ŉ utopia
  skep wat nie moontlik is in haar ouerhuis nie.
 ŉ Ander belangrike geestelike ruimte in Ilse verbeelding is waar sy Akashita
  oproep wat negatiewe emosies wakkermaak oor die dood van haar broer.
 Futakuchi-onna toon in haar verbeelding raakpunte met haar ma, wat
  monsteragtige beelde by haar laat spook.
 Ilse is in haar verbeelding Amaja (nagreën), omdat sy haar van haar
  werklikheid na ŉ Japannese milieu verplaas waar sy op soek is na vrede.

Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.
                                                                                           [25]
                                         OF

 VRAAG 9: MY JAPAN – KONTEKSTUELE VRAAG

 Vraag     Antwoord                                                                      Punt
 9.1       Mercia/Ilse se ma √                                                             1
           Sy het ŉ droom om as vrou selfstandig te wees./haar man in die korpora-
           tiewe/werkwêreld te staan. √                                                    1
 9.2       Sy is ŉ goth wat haarself sny./nie tot die konvensie van skoollewe wil
           konformeer nie. √                                                               1
 9.3       Die toneelaanwysing gee aan die regisseur/akteurs spelleiding./bied aan         1
           die leser ŉ visuele uiteensetting van die verhoogruimte/handeling van die
           karakters. √
           Dit maak deel uit van die dekor./rekwisiete./Dit verdeel die verhoog in
           twee./Beweging word bewerkstellig om die effek van die wind wat waai te
           bewerkstellig./Dit dui telkens ŉ nuwe ruimte aan. √                             1

           ŉ Tablo is ŉ beeld/visuele skets deur ŉ groep op ŉ verhoog/in ŉ kreatiewe
           ruimte. √                                                                       1
 9.4       Ilse en haar ma praat nie oor hul emosies omtrent Danie se dood nie./
           Ilse en haar ma se optrede teenoor mekaar word deur daardie dag se
           gebeure bepaal./
           Ilse en haar ma se verhouding word negatief beïnvloed deur haar ouers
           se verbrokkelde verhouding./
           Ilse en haar ma kom nie oor die weg nie, want Mercia wil nie aanvaar dat
           Ilse na skool haar vlerke wil sprei nie. √√                                     2
           Die kandidaat bied enige TWEE soortgelyke redes vir Mercia en Ilse se
           wankelrige verhouding vir EEN punt ELK aan.
           Mercia en Ilse ervaar die ontboeseming in mekaar se arms wanneer hul
           aan die einde van die drama oor Danie se dood begin praat./wanneer hul
           hul eie seer/skuldgevoelens oor Danie se dood met mekaar deel. √                1

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/NOVEMBER 2018)

 9.5       Japan is vir Ilse ŉ ontvlugting van die hartseer werklikheid./ŉ
           Verbeeldingsvlug waar sy van die werklikheid/hartseer van haar
           omstandighede kan ontsnap. √

           Ja.
           Sy moet haar emosioneel verplaas van haar hartseer werklikheid./Sy               1
           moet letterlik uit Suid-Afrika padgee om haar gesin se hartseer te probeer
           ontsnap.

                                               OF

           Nee.
           ŉ Mens kan nie altyd weghardloop van jou seer nie en moet daarom eer-
           der oplossings vir die pyn probeer vind./Sy ken nie al die Japannese tradi-
           sies nie/weet nie hoe die land is nie. √

           Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt elk aan deur
           na die konnotatiewe of werklike Japan te verwys.                                 1

           Ilse kry die geleentheid om van Danie se dood te vergeet./
           Ilse vind vreugde in die Japannese tradisies en simbole./
           Ilse kan vergeet wie sy is en iemand word (Amaja) wat pyn nie ken nie./
           Ilse sien ŉ mooi voorbeeld van ouers wat lief is vir mekaar./van ouers wat
           wil hê sy moet onderdanig eerder as selfstandig wees./
           Die verbeeldingsvlugte bied aan Ilse tydelike verligting vir ŉ hartseer
           lewe. √√
           Die kandidaat bied enige TWEE soortgelyke redes waarom die Japan-
           toe-gaan positief kan wees vir EEN punt ELK aan.                                 2
 9.6       Tessan – die Samoerai-kryger √                                                   1

           Okiku – ŉ mooi diensmeisie (wat vir Tessan gaan werk het.) √                     1
 9.7       Die hoepel wat stadig oor Danie se kop laat val word, beeld visueel uit dat
           hy in ŉ stormwaterpyp geval het. √                                               1
 9.8       Dit dui op Mercia se aarseling./Dit beklemtoon Mercia se verwardheid/on-
           sekerheid./Dit beklemtoon die skokgedagte wat Mercia nou tref./Dit
           beklemtoon die afwagting voor Mercia besef dat Danie in die
           stormwaterpyp geval het. √                                                       1
 9.9       Die verteller wil vir die leser in TEKS C wys dat Ilse grappenderwys/
           ligtelik/gemaklik ŉ vraag vir haar niggie vra, maar in TEKS D word Ilse se
           vrees/angs deur die vraagstelling duidelik uitgebeeld. √                         1
 9.10      Tien!/Geluid van ŉ enkele bord wat breek. √                                      1

           Dit is die hoogtepunt van die drama omdat die botsing/krisis ŉ breekpunt
           bereik./omdat die leser nou weet wat hy/sy die hele tyd wou weet./die
           spanningslyn bereik ŉ finale hoogtepunt/breekpunt. √                             1

           Dit dui op die breekpunt in Mercia se lewe – die skokkende besef dat haar
           seun dood is. √                                                                  1

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    13

 9.11     Ilse trek die kimono aan om te ontsnap van die werklikheid van haar broer
          se dood, omdat sy skuldig voel omdat sy nie beter opgelet het toe sy hom
          moes oppas nie. √                                                                 1

          Die kandidaat moet die verband tussen die aantrek van die kimono en
          hierdie uittreksel aandui en nie bloot sê die aantrek van die kimono dui op
          Ilse se ontsnapping van die werklikheid nie.

          Wanneer Ilse die kimono uittrek, dui dit simbolies daarop dat sy afstand
          doen van haar obsessie met Japan./dat sy die werklikheid van haar
          omstandighede (haar pa wat in Australië woon en haar ma wat haar bes
          doen om haar te ondersteun) aanvaar. √                                            1
 9.12     ŉ Tragedie kan ŉ geweldige negatiewe invloed op ŉ gesin hê./ŉ Tragedie
          kan ŉ gesin vervreem van mekaar/uitmekaarskeur. √                                 1

          Die kandidaat formuleer binne konteks ŉ eie boodskap, bv.

          Ek het opnuut geleer dat ek my gesin moet waardeer./Ek het geleer dat
          daar tog hoop is as ongeluk my tref. √                                             1
                                                                                            [25]

                                                             TOTAAL AFDELING C:                25
                                                                 GROOTTOTAAL:                  80

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                                       AFRIKAANS HUISTAAL V2                                                              (EC/NOVEMBER 2018)

AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE [10 PUNTE]

           Kriteria                 Uitsonderlik                     Knap                      Gemiddeld                 Elementêr             Onvoldoende
 INHOUD                                 8–10                          6–7                          4–5                       2–3                    0–1
 Interpretasie van           ˗ Diepgaande                 ˗ Toon begrip van die        ˗   Redelike                ˗ Onbevredigende      ˗ Geen begrip van die
 onderwerp                     interpretasie van            onderwerp en het die           interpretasie van die     interpretasie van     onderwerp nie
 Diepte van argument,          onderwerp                    onderwerp goed                 onderwerp.                die onderwerp       ˗ Geen verwysing na die
 verantwoordbaarheid en      ˗ Reeks treffende              geïnterpreteer             ˗   Enkele goeie punte      ˗ Byna geen punte       gedig nie
 insig in teks                 argumente wat              ˗ Respons redelik                ter ondersteuning         wat die onderwerp   ˗ Leerder het nie die
                               behoorlik uit die gedig      gedetailleerd                  van die onderwerp         ondersteun nie        genre en gedig onder
 7 PUNTE                       gerugsteun is.             ˗ Enkele deeglike            ˗   Enkele argument         ˗ Onvoldoende           die knie nie
                             ˗ Uitstekende begrip           argumente gegee,               word ondersteun,          begrip van genre
                               van die genre en gedig       maar nie almal ewe             maar bewyse nie           en gedig
                                                            goed gemotiveer nie            altyd oortuigend nie
                                                          ˗ Begrip van genre en        ˗   Basiese begrip van
                                                            gedig duidelik                 genre en gedig
 STRUKTUUR EN TAAL           ˗ Samehangende               ˗ Duidelike struktuur en     ˗   Enkele bewyse van       ˗ Struktuur toon      ˗ Struktuur swak
 Struktuur, logiese vloei      struktuur.                   logiese vloei van              struktuur                 tekens van swak     ˗ Ernstige taalfoute
 en aanbieding               ˗ Argumente goed               argument                   ˗   ŉ Goed                    beplanning          ˗ Foutiewe styl
 Taalgebruik, toon en styl     gestruktureer en daar      ˗ Vloei van argument             gestruktureerde         ˗ Argumente nie
 gebruik in opstel             is duidelike                 kan gevolg word                logiese vloei en          logies gerangskik
                               ontwikkeling.              ˗ Taalgebruik, toon en           samehang ontbreek         nie
 3 PUNTE                     ˗ Taalgebruik, toon en         styl is grootliks korrek       in die opstel           ˗ Taalfoute
                               styl is volwasse, dit                                   ˗   Geringe taalfoute;        beduidend
                               beïndruk en is korrek                                       toon en styl meestal    ˗ Toon en styl nie
                             ˗ Grammatika, spelling                                        gepas                     geskik nie
                               en punktuasie feitlik
                               foutvry
 VERSPREIDING VAN                        8–10                        6–7                          4–5                      2–3                     0–1
 PUNTE

Kopiereg voorbehou                                                                                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                                          AFRIKAANS HUISTAAL V2                                                                         15
AFDELING B EN C: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: ROMAN EN DRAMA [25 PUNTE]
           Kriteria                 Uitsonderlik                   Knap                      Gemiddeld                Elementêr               Onvoldoende
 INHOUD                                12–15                        9–11                         6–8                      4–5                       0–3
 Interpretasie van           ˗ Uitsonderlike respons:    ˗ Toon begrip van die        ˗ Redelike                ˗ Onbevredigende        ˗   Geen begrip van die
 onderwerp                     14–15                       onderwerp en het die         interpretasie van die     interpretasie van         onderwerp nie
 Diepte van argument,        ˗ Uitstekende respons:        onderwerp goed               onderwerp; nie alle       die onderwerp:        ˗   Swak poging om die
 verantwoordbaarheid en        12–13                       geïnterpreteer               aspekte in detail         byna geen aspekte         vraag te beantwoord.
 insig in teks               ˗ Diepgaande                ˗ Respons redelik              ondersoek nie             in detail ondersoek   ˗   Argumente oortuig
                               interpretasie van           gedetailleerd              ˗ Enkele goeie punte        nie                       nie
 15 PUNTE                      onderwerp                 ˗ Enkele deeglike              ter ondersteuning       ˗ Min punte wat die     ˗   Leerder het nie die
                             ˗ Reeks treffende             argumente gegee,             van die onderwerp         onderwerp                 genre en teks onder
                               argumente wat               maar nie almal ewe         ˗ Enkele argument           ondersteun                die knie nie
                               behoorlik uit die gedig     goed gemotiveer nie          word ondersteun,        ˗ Baie min relevante
                               gerugsteun is             ˗ Begrip van genre en          maar bewyse nie           argumente
                             ˗ Uitstekende begrip van      teks duidelik                altyd oortuigend nie    ˗ Weinig begrip van
                               die genre en teks                                      ˗ Basiese begrip van        genre en teks
                                                                                        genre en teks
 STRUKTUUR EN TAAL                     8–10                         6–7                          4–5                     2–3                       0–1
 Struktuur, logiese vloei    ˗ Samehangende              ˗ Duidelike struktuur        ˗ Enkele bewyse van       ˗ Struktuur toon        ˗   Gebrek aan
 en aanbieding                 struktuur                 ˗ Logiese vloei van            struktuur                 tekens van swak           beplande struktuur
 Taalgebruik, toon en styl   ˗ Uitstekende inleiding       argument                   ˗ Logika en samehang        beplanning                belemmer vloei van
 gebruik in opstel             en slot                   ˗ Inleiding, slot en ander     is duidelik, maar met   ˗ Argumente nie             argumente
                             ˗ Argumente goed              paragrawe                    foute                     logies gerangskik     ˗   Taalfoute en foutiewe
 10 PUNTE                      gestruktureer en daar       samehangend                ˗ Enkele taalfoute;         nie                       styl laat hierdie
                               is duidelike                georganiseer                 toon en styl meestal    ˗ Taalfoute                 skryfstuk misluk
                               ontwikkeling              ˗ Taalgebruik, toon en         gepas                     beduidend             ˗   Styl en toon nie
                             ˗ Taalgebruik, toon en        styl is grootliks korrek   ˗ Paragrafering           ˗ Toon en styl nie          geskik nie
                               styl is volwasse, dit                                    meestal korrek            geskik nie            ˗   Paragrafering foutief
                               beïndruk en is korrek                                                            ˗ Paragrafering
                                                                                                                  foutief
 VERSPREIDING VAN                     20–25                       15–19                       10–14                       5–9                      0–4
 PUNTE

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-v1-memo/81c65aff-c39f-4a47-8bd3-25ae6f2b47a6) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo/d90f92e2-e49d-4102-be74-0d886b0ac7f7) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 GR11 MEMO NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-gr11-memo-nov-2019/389a192b-7bf5-435c-8167-2f2c2d34294a) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 QP GR11 NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-qp-gr11-nov2018/00d22fc1-516f-4571-b23f-714743c44124) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 QP GR11 NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-qp-gr11-nov2018-d/713f8d6d-e05a-4bfd-b484-c520c599bc44) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 GR11 QP NOV 2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-gr11-qp-nov-2019-d/382e5356-2a84-44dc-9c6f-a7e99677346e) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 11 Afrikaans Hl

- [Gr11-Afr-HT-studiegids LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-afr-ht-studiegids-lr/2b9b2077-8262-449a-b0c2-0a2c24f6c066) — Guide · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/4cc70ac7-f749-4802-8e1b-8cec773c7368) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/a7e90129-8e5a-43be-963d-f02b31d0b7a4) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P3 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/df1906ad-6c91-4938-9533-c5ba7baa3444) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-1-afrikaans/9892ea43-cb95-460f-8521-db662ba8b5c9) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-2-afrikaans/58fc56f1-3f43-4541-9fa9-c8cf9faa560a) — QP · 2026 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
