# Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2012 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2012, 27 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2012/ac59491b-de07-4c25-b137-5b6f566fb047
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 27

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2012 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2012/ac59491b-de07-4c25-b137-5b6f566fb047)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2012 · Afrikaans. Question paper, 27 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P2 Nov 2012 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2012-memo/6606e9e2-7766-4f59-94d8-04406fa43937) — Memo · 2012 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                            AFRIKAANS HUISTAAL V2

                                 NOVEMBER 2012

PUNTE: 80

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 26 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                       2                         DBE/November 2012
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies/opdragte noukeurig deur voordat jy die vraestel
beantwoord.

1.    Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
      inhoudsopgawe op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van die
      letterkundetekste wat jy in die klas behandel het. Lees daarna die vrae oor die
      tekste wat jy gedoen het en kies die tipe vraag wat jy wil doen. Neem die
      voorskrifte by elke vraag in ag.

2.    Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

      AFDELING A: Gedigte          (30)
      AFDELING B: Prosa            (25)
      AFDELING C: Drama            (25)

3.    Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE uit AFDELING A, EEN uit AFDELING B en
      EEN uit AFDELING C. Gebruik die kontrolelys om jou met jou keuses te help.

4.    Voorgestelde tydsindeling:

      AFDELING A: ongeveer 40 minute
      AFDELING B: ongeveer 55 minute
      AFDELING C: ongeveer 55 minute

5.    Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

6.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

7.    Beantwoord ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.

8.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                      3                          DBE/November 2012
                                          NSS

INHOUDSOPGAWE

Hierdie bladsy sal jou help met die keuse van vrae sonder dat dit nodig is om die hele
vraestel deur te lees.

AFDELING A: GEDIGTE
Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

              VRAAGNOMMER                   VRAAG                  PUNTE        BLADSY
1. Safari                              Opstelvraag                   10            5
                                    OF
2. Die skedel lag al huil die gesig    Kontekstuele vraag            10             6
                                    OF
3. Vroegherfs                          Kontekstuele vraag            10             7
                                    OF
4. “last grave at dimbaza”             Kontekstuele vraag            10             8
                                    EN
Ongesiene gedig: Beantwoord EEN vraag.
5. Die wêreld het so klein geword      Opstelvraag                   10             10
                                    OF
6. Die wêreld het so klein geword      Kontekstuele vraag            10             11

AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.*

7. Die kwart-voor-sewe-lelie               Opstelvraag               25             12
                                          OF
8. Die kwart-voor-sewe-lelie               Kontekstuele vraag        25             12

9. Manaka – Plek van die Horings           Opstelvraag               25             15
                                          OF
10. Manaka – Plek van die Horings          Kontekstuele vraag        25             15

11. Vatmaar                                Opstelvraag               25             18
                                          OF
12. Vatmaar                                Kontekstuele vraag        25             18

AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.*

13. Krismis van Map Jacobs                Opstelvraag                25             21
                                          OF
14. Krismis van Map Jacobs                Kontekstuele vraag         25             21

15. Mis                                   Opstelvraag                25             23
                                          OF
16. Mis                                   Kontekstuele vraag         25             24

* LET WEL:       Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
                 onderskeidelik uit AFDELING B en AFDELING C.
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                  4                        DBE/November 2012
                                      NSS

KONTROLELYS

Gebruik die onderstaande kontrolelys om te kontroleer of jy al die nodige vrae
beantwoord het.

            AFDELING           VRAAGNOMMER           GETAL VRAE            MERK
                                                    BEANTWOORD              
           A: Gedigte
                                         1–4              2
    (Voorgeskrewe gedigte)
           A: Gedigte
                                         5–6              1
      (Ongesiene gedig)
            B: Roman
                                        7–12              1
 (Opstel- of kontekstuele vraag)
            C: Drama
                                       13–16              1
 (Opstel- of kontekstuele vraag)
LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
             onderskeidelik uit AFDELING B en AFDELING C.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                     5                        DBE/November 2012
                                         NSS

AFDELING A: GEDIGTE

VOORGESKREWE GEDIGTE

Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

VRAAG 1: OPSTELVRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Safari – DJ Opperman

1       Niks
2          staan
3             stil –
4                alles
5             kry
6          voete,
7          beweeg
8       in
9          lang
10            stoete:
11               grassteeltjies,
12            kosyne,
13         stede
14      en
15         treine;
16            oor
17               Saharas
18                   en
19                      savannes
20                   die
21               optog
22            van
23         alle
24      paaie
25         oor
26            die
27               wêreldrond
28               na
29            die
30         gaatjie
31      in
32         die
33            grond
34         o
                                                                [Uit: Kuns-mis, 1964]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         6                               DBE/November 2012
                                             NSS

Die gedig Safari is ’n gedig waar die tipografie ’n belangrike rol speel. Bespreek
hierdie stelling in ’n opstel van 250–300 woorde. Verwys in jou antwoord na die
volgende:

•     Die soort gedig (1 feit)
•     Die tema van dié gedig en hoe die titel by die tema aansluit (2 feite)
•     Hoe die tipografie die tema van die gedig ondersteun (3 gemotiveerde feite)
•     Jou mening oor die geslaagdheid van dié tipografie van die gedig
      (1 gemotiveerde feit)                                                                           [10]

                                                OF

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Die skedel lag al huil die gesig – Wilma Stockenström

1       Eendag sal ek, weet ek, die dood
2       met laggende skedel trotseer. Minstens
3       my sin vir humor sal ek behou. Maar
4       of ek soos oorlee mevrou Ples en soos
5       die bloubok van my geboorteland
6       ook ’n glaskas in ’n museum sal haal?
7       ’n Seldsame dier is die mens nou nie juis.

8       Tog, hoe slim tog is ons met ons
9       innerlike uurwerkvernuf, hoe sterk
10      die groot swaaiende hyskraangebare
11      waarmee ons wolkekrabbers reghoekig
12      neerplak in woon- en sakekomplekse.
13      Merkwaardig ons grabbelende navorsing
14      dwarsdeur dolomiet om ons arms diep
15      soos skagte te sink en die grys erts
16      te gryp en op te trek, te vergruis en te
17      veredel tot staaf op staaf korfagtig
18      gepakte kluise van belegging. A ja,
19      wonderbaarlik ons vermoë om weggooisand
20      tot vuurstof te verryk wat as ons wou
21      alles onherhaalbaar in allerlaaste oplaaiing
22      woes skoon kan laat ontbrand.

23      Ek sê mos die skedel lag
24      al huil en huil die gesig.
                                                      [Uit: Van vergetelheid en van glans, 1976]

2.1       Haal die woord uit die titel aan wat die twee kante van die ironie skei.                    (1)

2.2       Lees weer strofe 1.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         7                               DBE/November 2012
                                             NSS
          Noem TWEE sieninge wat die spreker met betrekking tot die mens huldig.                      (2)

2.3       Hoe word die sekerheid van die skedel se einde in versreël 1–2 uitgehef?                    (1)

2.4       Waarna verwys uurwerkvernuf (versreël 9)?                                                   (1)

2.5       Watter effek bereik die digter met die vooropplasing/voorplasing van neerplak
          (versreël 12)?                                                                              (1)

2.6       Wat is die funksie van die d-alliterasie in versreël 14?                                    (1)

2.7       Watter gevolg hou die mens se intellektuele vermoë volgens versreël 19–22
          vir homself in?                                                                             (1)

2.8       Stem jy saam met die insig waartoe die spreker in versreël 23–24 kom?
          Motiveer jou antwoord.                                                                      (2)
                                                                                                      [10]
                                                 OF

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Vroegherfs – NP van Wyk Louw

1       Die jaar word ryp in goue akkerblare,
2       in wingerd wat verbruin, en witter lug
3       wat daglank van die nuwe wind en klare
4       son deurspoel word; elke blom word vrug,
5       tot selfs die traagstes; en die eerste blare val
6       so stilweg in die rook-vaal bos en laan,
7       dat die takke van die lang populiere al
8       teen elke ligte môre witter staan.
9       O Heer, laat hierdie dae heilig word:
10      laat alles val wat pronk en sieraad was
11      of enkel jeug, en vér was van die pyn;
12      laat ryp word, Heer, laat U wind waai, laat stort
13      my waan, tot al die hoogheid eindelik vas
14      en nakend uit my teerder jeug verskyn.
                                                                     [Uit: Die halwe kring, 1937]

3.1       Haal ’n frase uit versreël 1–4 aan wat aansluit by die verwagting wat die titel
          skep.                                                                                       (1)

3.2       Wat wil die spreker vir ons sê met die woorde elke blom word vrug
          (versreël 4) en hoe sluit dit by die tema aan?                                              (2)

3.3       Skryf een woord uit versreël 5–8 neer wat op stadig/onwillig dui.                           (1)

3.4       Haal ’n frase uit die oktaaf aan wat by die stropingsproses van die natuur
          aansluit.                                                                                   (1)
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        8                          DBE/November 2012
                                            NSS

3.5       Waarom is die gebruik van die dubbelpunt in versreël 9 funksioneel?                  (1)

3.6       In versreël 12–13 kom ’n metafoor voor. Verduidelik die funksie daarvan.             (1)

3.7       Wat word versreël 9–14 in ’n sonnet genoem?                                          (1)

3.8       Motiveer of die oktaaf (versreël 1–8) effektief in versreël 9–14 toegepas
          word.                                                                                (2)
                                                                                               [10]
                                                  OF

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

“last grave at dimbaza” – Fanie Olivier

1       beauty douglas was born
2       op ’n wintersnag so all forlorn
3       omring deur die sterre se liggies
4       en koerante kaal klip
5       en nuuskierige hande
6       en tien ander gesiggies
7       a ’n dogter oplaas ’n dogter
8       om beeste te kry om die wêreld
9       te wei a dis lekker
10      om ’n vader te is te is

11      die ma het ’n briefie geskryf
12      aan haar man op die myne
13      om te sê van die kind en te vra van die geld
14      want dit was sy kind die dogter
15      was syne om te sê: o my man
16      o my man ek het beeste gebaar
17      op ’n wintersnag so all forlorn
18      met die sterre soos goud en die mielies klaar
19      beauty douglas your daughter was born

20      sy hart het oopgeskiet tussen lae klip
21      opgeskiet boontoe en oopgevou
22      in ’n laatnagbrief: my vrou
23      my vrou sê aan beauty douglas
24      haar pa het haar lief.

25      hy’t sy brief gepos met sy viersentseël
26      ’n lugposbrief aan beauty douglas
27      om te sê hy’t haar lief
28      die adres was mnxesha

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                       9                            DBE/November 2012
                                           NSS
29      oor kingwilliamstown kaap

30      saans as hy sy moegheid streel
31      het hy gedroom van sy meisiekind
32      en op ’n sonskynmiddag twee maande later
33      het ’n brief uit mnxesha hom teruggevind:

34      “beauty douglas was born
35      she died”
                                                                     [Uit: skimmellig, 1978]

4.1       Hoekom word aanhalingstekens by die titel gebruik?                                     (1)

4.2       Bewys uit die gedig dat beauty douglas in primitiewe omstandighede
          gebore is.                                                                             (1)

4.3       Benoem die beeldspraak wat in versreël 6 aangetref word.                               (1)

4.4       Waarom is die verwysing na beeste belangrik vir die kulturele agtergrond van
          beauty se ma?                                                                          (1)

4.5       Noem TWEE van die sake wat die ma in die brief aan haar man noem.                      (2)

4.6       Waarom is die gebruik van die frase oopgeskiet tussen lae klip (versreël 20),
          om die pa se vreugde te beskryf, funksioneel?                                          (1)

4.7       Haal die kontras aan wat in versreël 30–35 voorkom.                                    (1)

4.8       Lewer krities kommentaar oor die gebruik van Engels in hierdie gedig.                  (2)
                                                                                                 [10]

                                          EN

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            10                             DBE/November 2012
                                                NSS

ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)

Beantwoord VRAAG 5 OF VRAAG 6.

VRAAG 5: OPSTELVRAAG

Die wêreld het so klein geword – Alta Marincowitz

1       Toe my ouma ’n kind was, speel hulle op die wye vlakte,
2       deel granate in die boord,
3       lees boeke in hulle soeke na kennis
4       en klets met maats as die foun twee kortes en drie langes lui.

5       As kind bly my ma op ’n ruim erf
6       met ’n grasperk en twee bome,
7       sit sy vasgenael voor die kassie –
8       vol drome om eendag oor die wye wêreld te swerf.
9       Sy ken mense wat al oorsee was!
10      Haar niggies in die stad gaan naweke fliek
11      en voor matriek sien sy hoe die eerste selfone lyk.

12      Ek klik met ’n muis die wêreld tot in my huis,
13      die web is my werf en Gumtree my boom.
14      Ek is deel van ’n boek waar mense hul gesigte
15      gedeeltelik ontsluier en klankloos klets en kuier.
16      Ek kan kennis onmiddellik op aanvraag verkry
17      en met ’n ieder en elk in verbinding bly.
18      Die moontlikhede is duiselingwek-
19      kend GROOT en die wêreld het so
20      klein geword dit pas in die
21      twaalf vierkante
22      meter van my
23      kamer
24      in.                                            [Uit: Toulopers, verse vir tieners, 2011]

Die kontras tussen die voordele en nadele van tegnologiese ontwikkeling kom in
hierdie gedig sterk na vore.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 250–300 woorde deur na die volgende te
verwys:

•     Die woordkeuse wat tegnologiese vooruitgang aandui (progressie) (3 feite)
•     Die redes wat die agteruitgang in interaktiewe kommunikasie (regressie) aandui
      (2 gemotiveerde feite)
•     Die bydrae wat die strofebou of versreëls ten opsigte van dié kontras tussen die
      voordele en nadele van tegnologiese ontwikkeling lewer (1 gemotiveerde feit)
•     Jou mening oor die invloed van tegnologie op interaktiewe kommunikasie
      (1 gemotiveerde feit)                                                                             [10]
                                                   OF
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            11                             DBE/November 2012
                                                NSS

VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG

Die wêreld het so klein geword – Alta Marincowitz
1       Toe my ouma ’n kind was, speel hulle op die wye vlakte,
2       deel granate in die boord,
3       lees boeke in hulle soeke na kennis
4       en klets met maats as die foun twee kortes en drie langes lui.

5       As kind bly my ma op ’n ruim erf
6       met ’n grasperk en twee bome,
7       sit sy vasgenael voor die kassie –
8       vol drome om eendag oor die wye wêreld te swerf.
9       Sy ken mense wat al oorsee was!
10      Haar niggies in die stad gaan naweke fliek
11      en voor matriek sien sy hoe die eerste selfone lyk.

12      Ek klik met ’n muis die wêreld tot in my huis,
13      die web is my werf en Gumtree my boom.
14      Ek is deel van ’n boek waar mense hul gesigte
15      gedeeltelik ontsluier en klankloos klets en kuier.
16      Ek kan kennis onmiddellik op aanvraag verkry
17      en met ’n ieder en elk in verbinding bly.
18      Die moontlikhede is duiselingwek-
19      kend GROOT en die wêreld het so
20      klein geword dit pas in die
21      twaalf vierkante
22      meter van my
23      kamer
24      in.                                            [Uit: Toulopers, verse vir tieners, 2011]

6.1       Hoekom is hierdie gedig ’n vrye vers?                                                         (1)

6.2       Hoe word die kontras tussen die wye vlakte (versreël 1) en die ruim erf
          (versreël 5) tipografies uitgehef?                                                            (1)

6.3       Bewys uit strofe 1 dat die ouma nie ’n moderne telefoon gehad het nie.                        (1)

6.4       Haal ’n versreël aan wat aandui dat televisie mense geboei het.                               (1)

6.5       Watter emosie dui die uitroepteken in versreël 9 aan?                                         (1)

6.6       Skryf die betekenis van versreël 12 in jou EIE woorde.                                        (1)

6.7       Wat beteken die oksimoron in versreël 15?                                                     (1)

6.8       Hoe dra die hooflettergebruik in versreël 19 by tot die tema van die gedig?                   (1)

6.9       Op watter wyse kontrasteer die strofebou met die titel?                                       (1)

6.10      Motiveer hoekom jy met die spreker se gevolgtrekking saamstem.                                (1)
                                                                                                        [10]

                                                                     TOTAAL AFDELING A:                 30
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                      12                             DBE/November 2012
                                          NSS
                                         EN

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord EEN vraag oor die letterkundeteks wat julle in die klas behandel het.

VRAAG 7: OPSTELVRAAG

DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

Die sentrale tema van die roman, Die kwart-voor-sewe-lelie, word deur die volgende
aanhaling saamgevat:

“Die volgende oggend was die fyn wit blom verlep, maar daar was nog heelparty
knoppe aan die stingel.”

Bespreek hierdie tema in ’n opstel van 400–450 woorde. Gee in jou opstel aandag
aan:

•     Die tema van die roman na aanleiding van die aanhaling (1 feit)
•     Hoe die optrede van Iris, Peter en Billy dié tema ondersteun (5 feite)
•     Hoe hierdie tema Iris se lewe beïnvloed het (oorsake en/of gevolge)
      (6 gemotiveerde feite)
•     Die aktualiteit van dié tema en jou redes daarvoor (2 gemotiveerde feite)
•     Hoe jy dié tema sou hanteer het indien jy Iris was (1 gemotiveerde feit)                   [25]

                                              OF

VRAAG 8: KONTEKSTUELE VRAAG

DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae.

TEKS 1

1       “Elsa lyk grotesk,” het Kara vir my gesê toe ek een aand by
2       haar en haar woonstelmaat gaan eet het ...
3                                                      “Glad nie soos
4       ’n Madonna nie.” ...
5           “Kuns is interpretatief,” het haar woonstelmaat haar herin-
6       ner. “En subjektief. Dit hang alles af van hoe die kunstenaar
7       voel oor sy onderwerp. Jy vind swangerskap grotesk en sal
8       dit dus anders weergee.”
9           “Jy’s reg,” het Kara gesê. “As iemand my vra om Elsa te
10      teken, sal ek ’n groot sirkel trek met ’n klein koppie boaan en
11      twee stokarmpies en -beentjies. Dis al wat ’n mens sien: maag.”
12          “Wil jy nie eendag kinders hê nie?” het ek gevra.
13          “Nee.”
14          “En gestel jou man wil?”
15          “Dan kry ons ’n surrogaatmoeder om die drawerk te doen.
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         13                         DBE/November 2012
                                             NSS
16      Maklik. Ek is nie ’n broeikas nie. My lyf behoort aan my.” ...

17          Op pad terug huis toe in Pa se kar het ek weer aan Elsa
18      gedink en so is ’n nuwe storie gebore. Die oues, met Richard
19      in die hoofrol, was uitgewas en prikkelloos.
20          Met die eerste oogopslag het swangerskap my nie eintlik
21      getref as iets romanties nie, maar ek het darem geglo dat ’n
22      mens niks durf verwerp tot jy dit nie self probeer het nie.

8.1       Hoekom is dit ironies dat juis Elsa swanger is?                                          (1)

8.2       Hoe sluit die motto “Angels can fly because they take themselves lightly” by
          die beskrywing van Elsa se swangerskap aan?                                              (1)

8.3       Watter fantasiekarakter skep Iris na die ete in Kara se woonstel?                        (1)

8.4       Hoe ontsnap Kara aan die werklikheid?                                                    (1)

8.5       Sou ’n sagter/vriendeliker beskrywing van Elsa deur Kara by Kara se karakter
          pas? Motiveer jou antwoord.                                                              (2)

8.6       Verduidelik met TWEE feite waarom die volgende stelling vir jou
          geloofwaardig OF ongeloofwaardig is:

          Die reaksie van Kara se familie tydens die aankondiging van haar en Claude
          se verhouding is vreemd in die era/tydvak waarin die verhaal afspeel.                    (3)

8.7       Iris bedank die modelkontrak.

          Watter woorde in reël 17–22 wys dat haar woorde en haar dade nie
          ooreenstem nie?                                                                          (1)

8.8       Hoe verskil die stemming wat hier heers van die stemming wanneer die koms
          van ’n baba normaalweg aangekondig word?                                                 (2)

                                                EN
TEKS 2

1          ... “Wat doen u daarmee?” het ek gevra.
2           “Ek soek nuwes. Elke dag bestaan die kans dat ek ’n unie-
3       ke een kan ...” Hy het vir die kelnerin gewink om nog koffie
4       te bring en sy sakke op die tafelblad begin leegmaak. ...

5          “Waar kry u dit?” het ek gevra.
6          “Asblikke, meesal. Ek stap agter die woonstelblokke verby
7       en kyk deur die asblikke.”
8          “Is dit nie grieselig nie?”
9          Hy het opreg verbaas gelyk en selfs effe gekrenk. “Hoe
10      bedoel u nou?”
11         “Wel, behalwe vuurhoutjiedosies is daar mos ’n vreeslike
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          14                               DBE/November 2012
                                              NSS
12      gemors in so ’n blik.” ...

13         “Ek is nie vol fiemies nie.”
14         “O,” het ek gesê. “Net so wel.”
15         “Ek maak dit skoon,” het hy gesê en stukkies verrotte kool-
16      blaar van een afgetrek. “Dan pars ek dit en kyk waar dit inpas
17      tussen die res.”
18         “Dit hou u seker besig,” het ek beleef erken. ...

19         “O ja. Dis ’n lewenstaak, kan jy sê.”
20         “Maar waarvan leef u?”
21         Sy gesig het verstrak, die hemelse vervoering terwyl hy sy
22      stokperdjie bespreek het, weg. “Welsyn,” het hy kortaf gesê. ...

23         “Ek moet nou gaan,” het ek gesê en die rekening
24      nader getrek.
25         “Asseblief, laat my toe om vir u te betaal.” Hy het sy hand
26      ook uitgehou na die strokie papier.
27         Ek het dit weggeruk. “Nee! Dis buite die kwessie. Ek be-
28      hoort eerder vir u te betaal.”

8.9       Watter voordeel hou dit in dat Iris die verteller is?                                        (1)

8.10      Waar vind die gesprek tussen Iris en die vuurhoutjieman plaas?                               (1)

8.11      Hoekom kan die woorde en kyk waar dit inpas tussen die res (reël 16–17) ook
          op Iris se verhouding met haar susters dui?                                                  (1)

8.12      Iris en die vuurhoutjieman se optrede en handeling verskil baie.

          Noem TWEE voorbeelde uit die teks wat hierdie verskil aandui.                                (2)

8.13      Iris voel uitgebuit nadat sy die rekening moes betaal.

          Met watter betekenis van haar naam skakel hierdie gevoel? Identifiseer
          TWEE ander karakters teenoor wie sy so gevoel het.                                           (3)

8.14      Wat was die Engel se aandeel aan Iris en die vuurhoutjieman se ontmoeting?                   (1)

8.15      Verduidelik die rol wat die besoek aan Amerika in Iris se ontwikkeling van
          onseker dogter tot volwasse vrou speel.                                                      (1)

8.16      Tydens haar besoek aan New York wonder Iris of sy die modelkontrak moet
          aanvaar.

          Watter tipe konflik ervaar Iris?                                                             (1)

8.17      Aan die einde van die roman kom Iris tot insig.

          Haal ’n sin uit die uittreksel aan om hierdie stelling te bevestig.                          (1)

8.18      Hoe ondersteun die titel van die roman die tema?                                             (1)
                                                                                                       [25]
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                       15                          DBE/November 2012
                                           NSS
                                               OF

VRAAG 9: OPSTELVRAAG

MANAKA – PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

Die sentrale tema van die roman, Manaka – Plek van die Horings, word deur die
volgende aanhaling saamgevat:
“Hy droom van sy ma. Sy kom op kaal voete na hom toe aan, die kettinkie waaraan
die kruisie hang, is in haar hande. Sy probeer dit oor sy kop kry.”
Bespreek hierdie tema in ’n opstel van 400–450 woorde. Gee in jou opstel aandag
aan:

•     Die tema van die roman na aanleiding van die aanhaling (1 feit)
•     Hoe die optrede van Grace, Nanna en Ouma Essie in die roman dié tema
      ondersteun (5 feite)
•     Hoe hierdie tema Baas se lewe op Manaka beïnvloed het (oorsake en/of
      gevolge) (6 gemotiveerde feite)
•     Die aktualiteit van dié tema en jou redes daarvoor (2 gemotiveerde feite)
•     Hoe jy dié tema sou hanteer het indien jy Baas was (1 gemotiveerde feit)                 [25]

                                              OF

VRAAG 10: KONTEKSTUELE VRAAG

MANAKA – PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae.

TEKS 1

1       Die een na die ander primitiewe aanwysing dat hier
2       ook mense woon wat van geweet wil wees, kruip
3       by Baas verby – ’n stuk ou nommerplaat aan ’n boom
4       vasgespyker, ’n wieldop met ’n “Stop!”-teken, ’n verroeste
5       modderskerm met ’n skewekam hoenderhaan daarop
6       geteken, ’n “No Parking”- en ’n “No dogs allowed”-
7       bordjie wat kennelik by die een of ander hospitaal ver-
8       dwyn het, ’n verflenterde motorband met ’n onleesbare
9       naam in wit verf.
10           Die gehuggies word minder; die troppies beeste en
11      bokke onwilliger om die pad te ontruim; die kinders wat
12      uit die graanlandjies nader storm wanneer hulle ’n voer-
13      tuig hoor, nuuskieriger; die tweespoorpad slegter; die
14      basterbrakke, wat lyk of hulle iewers in die verre verlede
15      ’n dosis Ierse terriër-bloed ingekry het, al meer. ...

16          Laatmiddag kry Baas die bougainvilleabos waarvan
17      Mark gepraat het, veertig kilometer van Sioma af teen
18      die hang van die ysterkliprant. Dis ’n dik stomp. Daar is
19      geen teken van lewe in die uitgedroogde takke nie. Langs
20      die verwronge stam hang ’n stuk sinkplaat met die woorde
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        16                         DBE/November 2012
                                            NSS
21      Manaka Evangelical Mission netjies daarop geverf.

10.1      Waarom kan die No Parking-teken as ironies gesien word (reël 6)?                     (1)

10.2      Baas bring Lady en Brindle saam Manaka toe.

          Haal ’n frase uit Teks 1 aan wat bewys dat Baas hom nie aan sommige van
          Manaka se reëls steur nie.                                                           (1)

10.3      Hoe sluit die verwysing na Ierse terriër-bloed (reël 15) direk by die
          tydsverloop in die roman aan?                                                        (1)

10.4      Na wie is Lady en Brindle vernoem?                                                   (2)

10.5      Waarom kan die situasie op Manaka vergelyk word met die lewelose
          bougainvilleastomp?                                                                  (2)

10.6      Dink jy daar is 'n ooreenkoms tussen die herkoms van die bougainvillea en
          Dennis Chipman, die oupagrootjie? Motiveer jou antwoord.                             (2)

10.7      Watter karaktereienskap van Baas kom na vore as hy die bougainvillea later
          natgooi?                                                                             (1)

10.8      Skryf die tema van die roman neer en verduidelik hoe die natgooi van die
          bougainvilleastomp deur Baas by dié tema aansluit.                                   (3)

10.9      Lees weer reël 19–21.

          Hoe bevestig Baas sý eienaarskap van Manaka?                                         (1)

10.10     Hoe het die verval van die geboue later konflik veroorsaak?                          (1)

                                               EN

TEKS 2

1            “Dit is waar meneer Chisupo was toe die honde
2       hom gekry het.” Grace hou Baas aan sy arm vas.
3            “Die waterval!”
4            Hulle hardloop na die Land Rover toe.
5            “Die water is vinnig,” sê Grace. “Dit moet vroeg gis-
6       teraand al gebeur het, toe ons by die brand was.”
7            Meneer Johnnie kom in die oggendmistigheid haastig
8       van die kerk af aan. “Lo fire! Lo fire!” skreeu hy en swaai
9       sy arms om die Land Rover voor te keer.
10           Baas hou stil. Meneer Johnnie spring agterop.
11           “Stop!” skreeu hy en hamer op die dak toe Baas verby
12      die smeulende balke jaag. “Lo fire! Ka lo kereke ka mina!”
13      Dit is by my kerk waar die brand is.
14           Grace beduie vir hom deur die agtervenster dat die

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          17                    DBE/November 2012
                                              NSS
15      boot weggespoel het. “Miskien het dit tussen die riete
16      ingespoel,” sê sy vir Baas.

17          Baas se lyf swenk en draai saam met sy hande op die
18      stuurwiel tussen die gate en die klippe in die pad deur.
19       “Daar is ook baie inhamme,” sê hy. “Dis veertig kilo-
20      meter ...”
21          “Die water is vinnig,” sê sy weer.
22          By Sioma draai hulle weg na die Ngonyewaterval toe.
23      Hulle klim oor die swart klipkoppe en tussen rotsvybome
24      se knoetswortels en geel stamme deur na die wit wasem-
25      wolke wat hoog bo die rante uitstyg. Die waterval dreun
26      hulle stemme dood.

10.11     Haal uit reël 7–13 die woorde aan wat op meneer Johnnie se kulturele
          andersheid dui.                                                                   (1)

10.12     Meneer Johnnie word die slagoffer van sy kulturele tradisies as hy nie die
          lobola kan betaal nie.

          Watter gevolg hou dit vir hom in?                                                 (1)

10.13     Na watter boot word in reël 15 verwys?                                            (1)

10.14     Hoekom is die konflik wat Baas ervaar nadat sy boot weggespoel het,
          geloofwaardig?                                                                    (1)

10.15     Waar het Baas uiteindelik die boot gekry?                                         (1)

10.16     Watter leidende rol het Grace in Baas se aanvaarding op Manaka gespeel?           (3)

10.17     Hoekom het meneer Chisupo in die vuur gespring?                                   (1)

10.18     Watter voordeel hou dit in dat hier ’n derdepersoonsverteller aan die
          woord is?                                                                         (1)
                                                                                            [25]

                                                OF

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         18                          DBE/November 2012
                                             NSS

VRAAG 11: OPSTELVRAAG

VATMAAR – AHM Scholtz

Die sentrale tema van die roman Vatmaar word deur die volgende aanhaling
saamgevat:

“Sy liefde vir Ma Koelie het nooit oud geword nie en Vatmaar het dit geweet.”

Bespreek hierdie tema in ’n opstel van 400–450 woorde. Gee in jou opstel aandag
aan:

•      Die tema van die roman na aanleiding van die aanhaling (1 feit)
•      Hoe die optrede van Kenneth Kleinhans in die roman dié tema ondersteun
       (5 feite)
•      Hoe hierdie tema die Septembers, Miesies Wingrove en Oom Chai beïnvloed het
       (oorsake en/of gevolge) (6 gemotiveerde feite)
•      Die aktualiteit van dié tema en jou redes daarvoor (2 gemotiveerde feite)
•      Hoe jy dié tema sou hanteer het indien jy Tant Wonnie was (1 gemotiveerde feit)             [25]

                                                OF

VRAAG 12: KONTEKSTUELE VRAAG

VATMAAR – AHM Scholtz

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae.

TEKS 1

1           Jy het buite gespeel, my kind. Kaaitjie het sit en luister. Toe het sy
2        vir Oom Normy ’n koppie tee gegee. Sy het daarvan gehou om vir
3        hom tee te maak, partymaal tot drie, vier koppies toe.
4           Die mense van Vatmaar het my gereeld gevra: Het daai jong man
5        jou nog nie gevra om te trou nie? Ek het altyd gedink ek hou van
6        hom, maar ek het nie ’n man nodig nie.
7           Oom Norman het ’n paar keer gesê hy is op een maand verlof, en
8        daarna sal hy ’n nuwe lewe begin. Ek het altyd gewonder wat hy be-
9        doel. Toe, op ’n baie koue Vrydagmiddag, het hy skierlik oral rondge-
10       soek na ’n tentpen. Ek weet nie waar hy uiteindelik een gekry het
11       nie, maar hy het vir ons die tentpen kom wys. Hy was baie gelukkig,
12       net asof hy iets wat kosbaar was, gekry het. Dit het begin donker word
13       en ek het vir hom gesê: Hoekom wil jy vanaand Pan toe loop? Jy kan
14       mos hier slaap vannag.
15          Hy het net gelag dat sy maag op en af gaan. Voor hy weg is, het Kaai-
16       tjie hom nog tee gegee.

12.1      Watter voordeel hou dit in dat Tant Wonnie hier die verteller is?                        (1)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         19                            DBE/November 2012
                                             NSS

12.2      Hoe dui die titel van die roman daarop dat Tant Wonnie se insig ten opsigte
          van God volkome is? Motiveer jou antwoord.                                               (2)

12.3      Gee die ironie wat voorkom in die woorde Het daai jong man jou nog nie
          gevra om te trou nie? (reël 4–5) en verduidelik hoe dié ironie vir Tant Wonnie
          en Kaaitjie geld.                                                                        (3)

12.4      In reël 5–6 sê Tant Wonnie dat sy gedink het sy hou van Norman, maar sy
          het nie ’n man nodig nie.

          Haar woorde en optrede weerspreek egter hierdie uitspraak. Gee ’n
          voorbeeld hiervan.                                                                       (1)

12.5      Hoe skakel die woorde ... sal hy ’n nuwe lewe begin (reël 8) met die tentpen?            (1)

12.6      Maar in daardie tentpen lê daar ook ’n deel van Kaaitjie Muller.

          Watter afleiding kan ons uit hierdie woorde maak?                                        (1)

12.7      Watter tema verteenwoordig Norman? Gee ’n voorbeeld wat jou antwoord
          staaf.                                                                                   (2)
                                                EN
TEKS 2

1         Toe hulle aanklop, maak ’n bediende die deur oop.
2         Is die Motta hier? vra Mevrou Bosman.
3         Kô in, sit, sê die bediende.
4         Sê die Mêram ek kô, roep Motta Fatima agter uit die huis uit.
5         Hier is sy en hier is die twee pond vir die haak, Motta, sê die wit-
6       vrou toe sy eindelik opdaag, en sy glimlag en tik die ouer vrou op die
7       skouer en sê: Jy ken mos jou werk.
8         Die Motta knik. Moenie worry nie.
9         Dan sê ek totsiens.
10        Mevrou Bosman het die deur oopgemaak en vertrek en Kaaitjie
11      alleen in ’n vreemde wêreld agtergelaat.
12        Die arme meisie – geen ander woord het haar beter gepas nie – het
13      alleen gestaan in ’n wêreld waarvan sy niks geweet het nie. Dit het
14      skoon en duur gelyk, maar die atmosfeer het haar gewaarsku.
15        Hoekom brand daai stokkies wat in ’n rou aartappel gesteek is en
16      ’n rook afgee wat ruik of dit die kamer moet skoonmaak van een of
17      ander ongesiende ding? Hoekom het die Miesies hierdie vrou, wat
18      sy Motta noem, twee pond gegee en gesê dit is vir die haak? En hoe-
19      kom is sy weg want ek het haar kar hoor wegtrek? Al hierdie gedagtes het
20      deur Kaaitjie se kop gegaan.
21        Ek kan nie loop nie, het sy vir haarself gesê. Ek moet wag en kyk.

12.8      In watter ruimte bevind Kaaitjie haar in die uittreksel hierbo?                          (1)

12.9      Watter rol speel die ruimte in die uittreksel hierbo in Kaaitjie se ontwikkeling
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         20                           DBE/November 2012
                                             NSS
          van ’n hartseer, bang jongvrou tot ’n vreeslose jongvrou?                               (1)

12.10     Wat is die verhouding tussen Kaaitjie en Mevrou Bosman?                                 (1)

12.11     Hoekom het Mevrou Bosman se aandeel aan Kaaitjie se hartseer enige
          moontlike versoening benadeel?                                                          (1)

12.12     Waaroor ervaar Mevrou Bosman baie innerlike konflik voor die besoek aan
          Motta Fatima? Sê hoe sy die konflik probeer oplos het.                                  (2)

12.13     Mevrou Bosman en Motta Fatima verskil van mekaar ten opsigte van hul
          sosiale agtergrond.

          Haal ’n frase uit die teks aan om hierdie verskil aan te toon.                          (1)

12.14     Sê of die verandering in Kaaitjie geloofwaardig OF ongeloofwaardig is.
          Motiveer jou antwoord.                                                                  (3)

12.15     Hoekom is Motta Fatima nie vir Kaaitjie se dood verantwoordelik nie?                    (1)

12.16     Hoe het Kaaitjie se nagedagtenis op Vatmaar bly voortbestaan?                           (1)

12.17     Gee die stemming wat in reël 15–20 heers.                                               (1)

12.18     Watter ander tema behalwe stereotipering kom duidelik in hierdie uittreksel
          na vore?                                                                                (1)
                                                                                                  [25]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:               25

                                           EN

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          21                         DBE/November 2012
                                              NSS

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord EEN vraag oor die dramateks wat julle in die klas behandel het.

VRAAG 13: OPSTELVRAAG

KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

Konflik is ’n hoofelement van enige goeie drama.

Skryf ’n opstel van ongeveer 400–450 woorde waarin jy die konflik wat by Map
voorkom, bespreek deur aandag te gee aan:

•     Wat konflik in ’n drama is (2 feite)
•     Hoe konflik by Map Jacobs voorkom (4 feite)
•     Hoe Map se konflik sy verhouding met Antie Grootmeisie, mense van sy
      woongebied en Blanchie beïnvloed (6 gemotiveerde feite)
•     Die geloofwaardigheid van die afloop van die konflik (2 gemotiveerde feite)
•     Watter raad jy aan Map sou gee om sy konflik op te los (1 gemotiveerde feit)                [25]

                                                OF
VRAAG 14: KONTEKSTUELE VRAAG

KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

Lees die teks hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae.

TEKS 1

1       TOMMY:          Moet nou nie mean wies nie, man … ’is nie onse
2                       biesagheit nie …
3       CYRIL:          Aag, Tommy, jou ou skinnerbek! Come off it, man!
4                       (Lag.) ’Is like nie jou biesagheit nie, imagine!
5       RICHIE:         Maar daai’s nou nie nodig nie, man … Los ’it af
6                       …
7       CYRIL:          What for?
8       TOMMY:          Los ’it af, ja … Ek sê weer, ’is nie ons biesagheit
9                       ...
10      CYRIL:          Aag, ou Tommy, man, moenie vi’ my daai kom sell
11                      van dis nie jou biesagheit nie … Shit, man, daai ou
12                      dêrre van Blanchie, ou blêrie haitie-taitie vrek van ’n
13                      Cavernelis, hy úse vir haar, man … hy use sy eie vlees
14                      en bloed so, man, hy’s ’n … Ek het niks tien Blanchie
15                      selwers nie …
16      RICHIE:         Ôrait, ôrait …
17      CYRIL:          Nou wat is jy nou so touchy?!
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            22                            DBE/November 2012
                                                NSS
18      TOMMY:           Okay, cool ’it …
19      CYRIL:           (aan Tommy): Wat dink jy gaat Map kom doen as
20                       hy yt is, en hy vinne yt, van Blanchie ek mien, en hoe ou
21                       Cavernelis vir haar use, hê?

14.1      Na watter biesagheit verwys Tommy in reël 1–2?                                              (1)

14.2      Hoekom noem Cyril vir Tommy ’n skinnerbek?                                                  (1)

14.3      Gee TWEE redes uit reël 4 as bewys dat die leser weet Cyril bedoel nie wat
          hy sê nie.                                                                                  (2)

14.4      Hoe verskil Cyril se handeling en dialoog van Richie en Tommy s’n soos dit
          uit hierdie teks blyk?                                                                      (2)

14.5      Dink jy dat die gebruik van Standaardafrikaans in reël 10 tot 18 die karakters
          geloofwaardiger sou gemaak het? Motiveer jou antwoord.                                      (3)

14.6      Cyril noem Cavernelis ’n haitie-taitie vrek in reël 12.

          14.6.1        Wat suggereer haitie-taitie omtrent Cavernelis se karakter?                   (1)

          14.6.2        Waarom het Cavernelis so spaarsamig en oënskynlik vrekkerig
                        gelewe?                                                                       (1)

14.7      Naamgewing kan bydra tot karakterbeelding.

          Waarom word die karakter in reël 19 Map genoem en nie Johnnie nie?                          (2)

14.8      In watter ruimte (gebou) bevind Map hom en waarom is hy daar?                               (2)

14.9      Wat is die doel van dialoog in hierdie drama?                                               (1)

                                                   EN

TEKS 2

1      CAVERNELIS:           Dis hoekom ek en Maudie en Blanchie hierso
2                            wil weg!
3      LA GUMA:              Best of luck to you, mister Cavernelis. Jy maak
4                            geld om hierso yt te briek. Best of luck. Maar ’is ’n sterk
5                            tronk dié. Kyk, die tralies! (Hy trek regaf strepe in die lug,
6                            met albei hande, en wys na die geboue in die omgewing.)
7      CAVERNELIS:           Anyway, dis hoekom ons seker nie nou gaan
8                            worry met ’n shower in die huis nie, mister La Guma. Dis
9                            ’n onnodige uitgawe, op ’n huurhuis.
10     LA GUMA:              (luister nie): ’n Sterk tronk, sê ek …
11     CAVERNELIS:           (plaas die tou in La Guma se hande terug,
12                           maar dié let dit skaars op): Ja …
13     LA GUMA:              Nou is Map Jacobs ook terug …
14                           Cavernelis sê niks.
15     LA GUMA:              Yt die tronk yt. Terug, hiérnatoe. Kan jy dit vir
16                           jou imagine? Hiérnatoe?
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           23                           DBE/November 2012
                                               NSS
17                           Cavernelis sê niks.
18      LA GUMA:             Kamma yt die tronk yt. Na dit toe. (Hy wys,
19                           bars dan uit van die lag.)

14.10     Cavernelis praat van hierso in reël 1 en La Guma noem dié plek ’n tronk
          (in reël 5).

          14.10.1       Lees die stelling hierbo en sê wat die sosio-politieke agtergrond is
                        waarteen die drama afspeel.                                                 (1)

          14.10.2       Wat bedoel La Guma as hy dié plek (reël 5) ’n tronk noem?                   (1)

14.11     Waarom vind jy La Guma se handeling in die toneelaanwysings in reël 5–6
          noodsaaklik?                                                                              (1)

14.12     Bestudeer reël 7–17. Haal die spreekbeurt aan wat die tema van die drama
          die beste weergee.                                                                        (1)

14.13     Nou is Map Jacobs ook terug … (reël 13)

          Dink jy dat Map se lewe, ná die sewe jaar in die tronk, positief of negatief
          gaan wees? Motiveer jou antwoord.                                                         (2)

14.14     Verklaar die ironie wat voorkom in La Guma se woorde in reël 15–16 en
          verduidelik hoe dié ironie teen die einde van die drama steeds vir Map én
          Cavernelis geld.                                                                          (3)
                                                                                                    [25]
                                                  OF
VRAAG 15: OPSTELVRAAG

MIS – Reza de Wet

Konflik is ’n hoofelement van enige goeie drama.

Skryf ’n opstel van ongeveer 400–450 woorde waarin jy die konflik wat by Meisie
voorkom, bespreek deur aandag te gee aan:

•     Wat konflik in ’n drama is (2 feite)
•     Hoe konflik by Meisie voorkom (4 feite)
•     Hoe Meisie se konflik haar verhouding met haar pa, haar ma en die konstabel
      beïnvloed (6 gemotiveerde feite)
•     Die geloofwaardigheid van die afloop van die konflik (2 gemotiveerde feite)
•     Watter raad jy aan Meisie sou gee om haar konflik op te los (1 gemotiveerde feit)             [25]

                                                   OF

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                              24                          DBE/November 2012
                                                  NSS

VRAAG 16: KONTEKSTUELE VRAAG

MIS – Reza de Wet

Lees die uittreksel hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae.

TEKS 1

1      MIEM:         Ja-nee. Vannag moet ’n mens jou ore oophou. En jou oë.
2                    Die gevaar is oral. (Skud haar kop en sug diep. Werk dan
3                    verder. Na ’n stilte) Daar is mense wat sê dat dit iets ... bona-
4                    tuurliks is.

5      MEISIE:       (bang) Hoe meen Ma nou?

6      MIEM:         (onheilspellend) Iets ... onheiligs. Iets wat ronddwaal ...
7                    op soek na bevrediging ... van onaardse drange.

8      MEISIE:       O, dis verskriklik.

9      MIEM:         (gerusstellend) Maar toe maar, my kind. Die dominee en
10                   al die ouderlinge bid die hele nag. Ag nee, nou het dit weer
11                   uitgegly. Sit tog vir my die garing deur, my kind. (Hou die
12                   naald na MEISIE uit) Al is die gat groot, sien ek maar sleg.

13                   MEISIE staan op en beweeg na die lamp op die wastafel om beter te
14                   sien.

15     MIEM:         (sien skielik dat MEISIE by die venster uitloer) En vir wat
16                   loer jy deur die gordyne!

17     MEISIE:       (vinnig) Ek kyk net na die liggies.

18     MIEM:         (staan op. Kwaai) Liggies!

16.1      Gee die presiese datum van vannag (reël 1) en sê in watter ruimte (gebou)
          hierdie gesprek tussen Miem en Meisie plaasvind.                                              (2)

16.2      Die gevaar is oral (reël 2).

          Na watter gevaar verwys Miem?                                                                 (1)

16.3      Naamgewing kan bydra tot karakterbeelding.

          Gee TWEE redes waarom Meisie in dié drama nie op haar doopnaam
          aangespreek word nie.                                                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            25                          DBE/November 2012
                                                NSS
16.4      Hoe dui Miem se dialoog in reël 12 vooruit na die slot van die drama?                     (1)

16.5      Lees die toneelaanwysings en dialoog in reël 15–18.

          16.5.1        Wat is Miem se probleem met die sirkusliggies?                              (1)

          16.5.2        Gee TWEE redes waarom Meisie so vinnig reageer.                             (2)

16.6      Lees reël 17 en 18. Verduidelik hoe liggies as simbool by die tema van die
          drama aansluit.                                                                           (2)

16.7      Wat is die doel van dialoog in hierdie drama?                                             (1)

                                                   EN

TEKS 2

1                       Die agterdeur gaan oop. GERTIE verskyn. Haar bloes is weer
2                       netjies toegeknoop en haar hare is ietwat onnet op haar kop vas-
3                       gesteek. Die sirkusmusiek kan gehoor word.

4      MIEM:            Gertie, vir wat dwaal jy daar buite rond? Jy besef tog die
5                       gevaar.

6      GERTIE:          (effens verbouereerd) Oefening en koue, vars lug ...
7                       bevorder ’n goeie nagrus.

8      MIEM:            En maak toe die deur!

9      GERTIE:          Jammer, Miem. (Maak die deur toe)

10                      Die sirkusmusiek word nie meer gehoor nie.

11     MIEM:            (staan swaar op) Nou ja, dan gaan kruip ek maar in.

12     GERTIE:          Ek ook.

13     MIEM:            Ek moet vroeg op. Die besending mis word sewe-uur ge-
14                      laai.

15     GERTIE:          Die skoolklok lui al kwart voor agt.

16                      Honde wat blaf.

17     MIEM:            Hoor net. Dis die polisiehonde wat so blaf.

18     GERTIE:          Die dorp word goed beskerm. (Kyk skaam na die KON-
19                      STABEL) Ek is seker daar sal dié keer niks gebeur nie.

20     MIEM:            Ek weet nie, Gertie. Ek ... het so ’n aardige gevoel. Maar
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          26           DBE/November 2012
                                              NSS
21                      wag, ek wil nie spoke opjaag nie.

Kopiereg voorbehou                                            Blaai om asseblief

### Page 27

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          27                         DBE/November 2012
                                              NSS

16.8      Waarom is dit noodsaaklik dat die toneelaanwysings (reël 1–3) ten opsigte
          van Gertie se klere en hare gegee word?                                             (1)

16.9      Dui die ironie aan wat voorkom in Miem se woorde in reël 4–5 en verduidelik
          hoe dié ironie vir Miem én Meisie teen die einde van die drama beϊnvloed.           (3)

16.10     Verduidelik waarom dit vir jou geloofwaardig/ongeloofwaardig is dat Gertie
          hiér so verskonend teenoor Miem optree (reël 9).                                    (3)

16.11     Haal die woord aan wat die leser bewus maak van die vryheid waarna Meisie
          so smag.                                                                            (1)

16.12     Die verwysing na mis (reël 13) is hier opvallend.

          16.12.1       Hoe beïnvloed hierdie mis Meisie se bestaan?                          (1)

          16.12.2       Wat is die rede vir Miem en Meisie se betrokkenheid by mis?           (1)

16.13     Waarom is Gertie se positiwiteit jeens die konstabel (reël 18–19) onvanpas?         (1)

16.14     Dink jy dat Miem ’n verstandige ma vir haar kind was? Motiveer jou antwoord
          met verwysing na die drama in sy geheel.                                            (2)
                                                                                              [25]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:           25
                                                                     GROOTTOTAAL:             80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P2 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2023/570bfb5d-f864-4400-8cd2-30d4b1b647c7) — Afrikaans HL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2022/5354dd07-46df-4f34-b294-d451ae648a12) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2018/e7743bcd-7218-48b4-8668-8fc4d889c57a) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2016/f0c679d6-57b1-4941-a730-e09febb83a15) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2015/cdab90d4-3d84-4b91-af49-f2c24059a99e) — Afrikaans HL · QP · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2014/8767b9dc-ed0a-4694-bf6c-345b63d6f6c6) — Afrikaans HL · QP · 2014 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
