# Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC November 2013 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2013, 32 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2013-memo/05e778ec-218e-40ed-997f-34d9a41920c1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2013
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 32

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC November 2013 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2013-memo/05e778ec-218e-40ed-997f-34d9a41920c1)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2013 · Afrikaans. Memorandum, 32 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                            AFRIKAANS HUISTAAL V2

                                 NOVEMBER 2013

                                  MEMORANDUM

PUNTE: 80

                      Hierdie memorandum bestaan uit 32 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          2                               DBE/November 2013
                                       NSS – Memorandum

NASIENRIGLYNE

•     As ’n kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die eerste
      antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en die kontekstuele
      vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)
•     As ’n kandidaat in Afdeling A al vier vrae oor die gesiene gedigte gedoen het, word die
      eerste twee gedigte se vrae nagesien.
•     As ’n kandidaat in Afdeling B en C twee kontekstuele vrae of twee opstelvrae gedoen het,
      word die eerste vraag nagesien en die tweede vraag word geïgnoreer. As ŉ kandidaat al
      vier die vrae in Afdeling B en C beantwoord het, word die eerste vraag in elke afdeling
      nagesien mits een kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is.
•     As ’n kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die
      tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord
      word geïgnoreer.
•     As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die memorandum
      nagesien.
•     As ’n spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk. As
      die spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek beskou.
•     Opstelvraag: Gedig sowel as die roman/drama
      As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie
      omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het.
       As die opstel te lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior
      nasiener.
       Die memorandum is slegs ’n riglyn, daarom moet ander relevante inhoud as korrek
      beskou word.
•     Kontekstuele vrae: As ’n kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ’n vraag dit vereis
      nie, word die kandidaat nie gepenaliseer nie.
•     Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE
      SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
•     Vir MENING/LUG JOU MENING-vrae, word die punte verdeel: 1 punt vir MENING/LUG
      JOU MENING en ’n punt vir die rede/motivering/aanhaling.

      SIEN BETEKENIS NA EN NIE WOORDE NIE.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        3                         DBE/November 2013
                                     NSS – Memorandum

SIMBOLE VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAE
         Vraag 1                    Vraag 5
         Gedigte                    Gedigte
            Finis                Kaalvoetkind
     Inleiding                 Inleiding
T    Titel (1)           K     Klankrykheid (3)
I    Interteks (2)       P     Punktuasie (2)
A    Aprilmaand (3)      S     Skuufel (1)
G    Geslaagdheid (1)          Slot
     Slot

            Vraag 7                     Vraag 8                      Vraag 9
             Roman                      Roman                        Roman
  Die kwart-voor-sewe-lelie     Manaka, plek van horings             Vatmaar
R      Rede (1)               R    Rede (2)                R    Rede (1)
I      Iris (5)               B    Baas (4)                K    Karakters (3)
P      Pa                     G    Grace                   O    Oom Chai
K      Kara     (6)           N    Nanna      (5)          T    Ta Vuurmaak (6)
E      Engel                  W    Whitey                  KK   Kenneth
M      Moontlikheid (2)       M    Moontlikheid (2)        M    Moontlikheid (2)
J      Jy (1)                 J    Jy (1)                  J    Jy (1)
       Slot                        Slot                         Slot

           Vraag 13                     Vraag 15
            Drama                        Drama
         Map Jacobs                        Mis
       Inleiding                    Inleiding
R      Rede (1)               R     Rede (1)
C      Cyril                  K     Konstabel (5)
Ma     Map (6)                MM    Miem
I      Invloed (6)            I     Invloed (6)
M      Moontlikheid (2)       M     Moontlikheid (2)
J      Jy/Jou (2)             G     Gabriel (raad) (1)
       Slot                         Slot

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          4                               DBE/November 2013
                                       NSS – Memorandum

AFDELING A: GEDIGTE

VRAAG 1: OPSTELVRAAG

Finis – Lina Spies

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR GEDIGTE nagesien.

LET WEL:
•   Dis ’n breë raamwerk van feite.
•   Al die feite hoef nie genoem te word nie.
•   Geen subopskrifte in die opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by struktuur
    en taal.
•   Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.

Inhoud
Kode 7       7 gemotiveerde feite
Kode 6       6 gemotiveerde feite
Kode 5       5 gemotiveerde feite
Kode 4       4 gemotiveerde feite
Kode 3       3 gemotiveerde feite
Kode 2       2 gemotiveerde feite
Kode 1       1 gemotiveerde feit

Taal en styl:
Beoordeel volgens die rubriek.

Inleiding
•     Die kandidaat verskaf ’n gepaste inleiding, bv.
•     Die gedig handel oor ’n gebroke verhouding en hoe die verteller daaroor voel.

Die titel van die gedig wat by die gebroke verhouding aansluit (1 feit)
•     Finis dui op die einde/finaliteit van die verhouding.

Die interteks wat met die gebroke verhouding in verband gebring word (2 feite)
•     Die interteks word aangewend om te sê op watter wyse die verhouding beëindig is.
•     Die Apie se bruilof is ’n lawwe volksliedjie wat aangewend word om die hartseer van die
      skeiding te verdoesel.
•     Die feit dat die interteks in ’n eie strofe staan, laat die aandag op die ironie van die
      gebroke verhouding val – hulle word saam genooi, maar is apart.
•     Die Apies kan dui op die spreker se geliefde en sy/haar nuwe liefde en die spreker
      probeer dus met hulle spot om sy/haar eie seer te keer.
•     Die interteks is aangepas om by die besondere situasie/ironie te pas.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            5                                 DBE/November 2013
                                         NSS – Memorandum

Die woordkeuse Aprilmaand wat tot die beskrywing van die gebroke verhouding bydra
(3 gemotiveerde feite)
•     Die maand word geassosieer met Gekkedag wat daarop dui dat die verhouding net ’n
      Aprilgekgrap was en iets waaroor sy moet kom.
•     Die maand as herfsmaand is ook bekend vir onverwagte reënbuie – wat moontlik kan
      dui op die ongelukkige tye in die verhouding wat sy eerder wil vergeet.
•     Aprilmaand kan gesien word as die voorspel tot winter – ’n tyd van hartseer, dus was
      Aprilmaand vir haar die verwagte voorbereiding van hulle skeiding.
•     Aprilmaand is lente in die Noordelike Halfrond wat op liefde dui, die spreker noem dat
      die geliefde haar liefde was.

Die geslaagdheid al dan nie van die beskrywing van die gebroke verhouding
(1 gemotiveerde feit)
Ja dit is geslaagd, want
 •       die woordkeuse/ek maak nie saak nie/bobbejaan/varkensblaar/dof/apies                    se
         bruilof/wonder wat sal ek kan saamneem/die wolke is voor die son is gepas.
 •       die beeldgebruik/die Apie se bruilof/jakkals trou met wolf se vrou is geslaagd.
 •       die verhouding het hartseer (reën) en vreugde (sonskyn) verskaf.
 •       dit is ’n volwasse gedig en die kinderliedjie versterk die ironie/seer van die gedig.

OF

Nee, dit is nie geslaagd nie, want
•      die gebroke verhouding is te seer om met die Apies se bruilof te vergelyk.
•      dit is onvanpas, want die kinderliedjie/interteks pas nie by die volwasse onderwerp nie.

Slot
•       Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste slot, bv.
        Die spreker slaag op bogenoemde wyse om die verbrokkeling van ’n liefdesverhouding
        te versag.                                                                                       [10]

                                               OF

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

die straatkind – Linda Roos

Vraag    Antwoord                                                                           Punt
2.1      Dit dui aan wie die spreker wil ignoreer/die aandagstreep beklemtoon die innerlike
         konflik (reël 3–15) wat volg./
         Dit fokus die leser se aandag op verby. √                                          1

2.2      Vergelyking √
         Die kwesbaarheid van die straatkind word uitgelig./
         Die ironie dat die weerlose kind op ’n gereedheidsgrondslag moet wees, word
         uitgebeeld./
         Die straatkind is so maer dat sy skouers soos spiese lyk./
         Skans waaragter hy wegkruip, word verbeeld. √                               2

         Indien beeldspraak verkeerd benoem word,kan die verduideliking nie as korrek
         aanvaar word nie
         .

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                    6                                     DBE/November 2013
                                       NSS – Memorandum

2.3.1    Dit verwys na die seer/skynheiligheid van die wêreld/ waaroor mense nie praat
         nie/wat toegepleister word/weggesteek word./
         Die bome of natuur wat verwoes/verniel word./
         Eksperimente wat op diere gedoen word./Wreedheid teenoor diere./
         Onskuldige kinders wat benadeel word./
         Diere wat geslag word. √                                                      1
2.3.2    Die kandidaat gee sy eie gemotiveerde mening, bv.

         Ja.
         Ons gee voor dat ons die wêreld wil bewaar, intussen word die natuur en diere
         vernietig./Die seer van die mens word geïgnoreer. √√

                                                  OF

         Nee.
         Dit is beter dat daar op diere geëksperimenteer word eerder as op mense/of dat die
         natuur tot voordeel van die mens gebruik moet word./Daar is organisasies wat na die
         straatkinders omsien. √√                                                            2

         ‘n Soortgelyke antwoord word aanvaar.

2.4      Magteloosheid/Somberheid/Vrees(-agtigheid) √                                             1

2.5.1    Die spreker se besef in reël 17–18 is nie so groot/volmaak/goddelik soos dié in
         reël 13 nie. √                                                                           1

         Die vergelyking moet oor die verdieping in kontak gaan.

2.5.2    Dit is nie ’n aangename boodskap wat sy/hy hoor nie./
         Die mens word veroordeel vir sy/haar onbetrokkenheid./
         Die boodskap/besef is ’n harde werklikheid. √                                            1

2.6      Die strofes is nie ewe lank nie./
         Daar kom oneweredige versreëls voor./
         Geen hoofletters kom in die gedig voor nie./
         Die gedig beskik nie oor ’n vaste metrum nie.
         Min leestekens kom voor./Daar is geen vaste rympatroon nie. √                            1

                                                                                                  [10]

                                             OF

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

Die huis luister – Daniel Hugo

Vraag    Antwoord                                                                                 Punt
3.1.1    Vergelyking √                                                                            1

3.1.2    Beklemtoon die liefdeloosheid./
         Sluit by die eggo’s aan./
         Sluit by luister in die titel aan./
         Versterk die titel.
         Dit bind die gedig tot eenheid saam.√                                                    1

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           7                                 DBE/November 2013
                                        NSS – Memorandum

3.2      Herhaling/gebruik van die negatiewe woorde/
         Agterplasing van die negatiewe woorde/
         v-alliterasie/s-alliterasie √                                                                  1

3.3      “aanhou kibbel”/“nooit tevrede”/“(aanhou kibbel) oor kon en sou en moes” √                     1

3.4      Afwesigheid van leestekens/Enjambement/Polisindeton/Asindeton/Opeenstapeling √                 1

3.5      eggo’s/vloeke√                                                                                 1

3.6      (en) julle gebede (fluister)/harder om hulp/al hoe harder √                                    1

3.7      Die gebede word al hoe harder, maar word nie gehoor nie./
         fluister-harder/knal /ongehoord-knal √                                                         1

3.8      Die mense moet leer om na mekaar te luister. √
         Dit sal die konflik verminder/begrip vir mekaar verseker. √

                                               OF
         Dié mense moet hulp kry. √
         ’n Objektiewe luisteraar kan die probleme oplos. √                                             2

         Enige antwoord van die kandidaat binne konteks kan as korrek aanvaar word.

                                                                                                        [10]

                                               OF

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

Safari – DJ Opperman

Vraag    Antwoord                                                                                       Punt
4.1      Die woord Niks in reël 1 word grafies met die nul/o in reël 34 voorgestel./
         Niks is gelyk aan o wat na die dood verwys. √                                                  1

4.2      Alles kry voete as idioom beteken dat dinge wegraak of verlore raak.√
         Hier beteken dit letterlik dat alles in beweging kom. √                                        2

4.3      Dit lyk soos mense wat op safari beweeg./
         Daar is een mens op ’n reis wat by die een woord per reël pas./
         Elke woord word beklemtoon. √                                                                  1

4.4      Alliterasie/Assonansie √                                                                       1

4.5      Eufemisme /Versagting/Litotes/Metafoor√
         Dit maak die dood/graf sagter./Dit versag die finaliteit van die dood/graf.
         Om die safari se einde nie prontuit uit te spel nie. √                                         2

4.6      Die mens is ’n verganklike wese./
         Ons lewe om uiteindelik dood te gaan./Die dood is onvermydelik.
         Almal se lewensreis eindig in die graf./Die lewe is ’n reis na die dood. √                     1

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         8                               DBE/November 2013
                                      NSS – Memorandum

4.7      Ja, die meeste mense wat ek ken, het negatiewe √ én positiewe √ ervarings in hulle
         lewens.

                                             OF

         Nee, party mense se lewens lyk net makliker. √√
         Nee, party se lewe vertoon nét seer en swaarkry. √√                                    2

                                                                                                [10]

                                             EN

VRAAG 5: OPSTELVRAAG

Kaalvoetkind van Komaggas – George Weideman

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR GEDIGTE nagesien.

LET WEL:
•   Dis ’n breë raamwerk van feite.
•   Al die feite hoef nie genoem te word nie.
•   Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by struktuur en
    taal.
•   Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.

Inhoud

Kode 7       7 gemotiveerde feite
Kode 6       6 gemotiveerde feite
Kode 5       5 gemotiveerde feite
Kode 4       4 gemotiveerde feite
Kode 3       3 gemotiveerde feite
Kode 2       2 gemotiveerde feite
Kode 1       1 gemotiveerde feit

Taal en styl:
Beoordeel volgens die rubriek.

Inleiding
•     Kandidaat voorsien opstel van ’n gepaste inleidingsparagraaf, bv.
      Die vernuftigheid van die gebruik van klankryke woorde en punktuasie val veral in die
      gedig op.

Hoe klankrykheid in die gedig verkry word. (3 feite)
•    Klankrykheid word verkry deur die halfrym/alliterasie en assonansie.
•    Klanknabootsing
•    Woordkeuse/Woordgebruik
•    Rym

Waarom die punktuasie funksioneel is (3 gemotiveerde feite)
•   Die gebrek aan leestekens in reël 1–5 laat die leser ouditief ervaar hoe heerlik die
    persoon kaalvoet stap, sonder dat enige iets hom/haar stuit.
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        9                                   DBE/November 2013
                                           NSS – Memorandum

•      Die kommapunt in reël 6 is funksioneel, aangesien die ritme nou vir ’n oomblik gestop
       word en die kaalvoetkind se loop is nou ook deur die sand wat onder sy voete wegskuif,
       gestuit.
•      Aan die einde van reël 8 stop die beskrywing van die loop van die kaalvoetkind, daarom
       is dit funksioneel dat dié reël met ’n punt sal eindig.
•      Die kommas in reël 9 bevat ’n samevatting van die geluid van die klanke wat in die
       vorige reëls beskryf is. Dit herinner die leser opnuut daaraan dat hierdie klanke mooi is.
•      Die parentese in reël 9 beklemtoon die broosheid van die klanke.
•      Die kommapunt in reëls 10 en 11 beklemtoon die vreugde, sowel as pyn, wat uit hierdie
       kaalvoetstap verkry word.
•       Die vraagteken aan die einde van reël 14 stem die leser tot nadenke/die retoriese
        vraag/ betrek die leser direk. Ons moet die skoonheid rondom ons raaksien.

Waarom skuufel as klankryke woord slaag. (1 gemotiveerde feit)
•   Die woord “skuufel” laat die leser hoor hoe die sand skuif en dit laat jou die skuiwende
    sand visueel ervaar.
•   Dis kontaminasie van “skuif” en “skuur” wat 'n geslaagde, klankryke woord is.
•   Die ritme ondersteun die klankrykheid.

Slot
•       Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste slotparagraaf, bv.
        Die klankrykheid en vernuftige gebruik van leestekens val in die gedig op.
                                                                                                      [10]

                                                  OF

VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG

Kaalvoetkind van Komaggas – George Weideman

Vraag     Antwoord                                                                                    Punt
6.1       Assonansie/
          aa-assonansie/
          oo-assonansie √                                                                             1

6.2       Vergelyking √                                                                               1

6.3       (klippies)”kirts”/(takkies)”kraak”/”skuufel” √                                              1

6.4       Die lekker √ word beklemtoon/uitgehef. √                                                    2

6.5       Die woord “skuufel” laat die leser hoor hoe die sand skuif/dit laat jou die skuiwende
          sand visueel ervaar./
          Ouditief/emotief laat dit jou die verskuiwing van die sand hoor./
          Dit is die taal in die mond van die spreker./
          Dit herhaal die lang klanke wat in die gedig voorkom./
          Dit dui daarop dat die proses stadiger verloop. √                                     1

6.6       Die kommapunt dui daarop dat die hoofgedagte nie voltooi is nie, want die spreker
          voeg nog iets by./
          Die kommapunt dui op die kind wie se pas deur die sand wat wegskuif, gestuit
          word./ Die kommapunt skei die soorte loopoppervlakte./
          Die kommapunt beklemtoon die rympatroon. √                                        1

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          10                                 DBE/November 2013
                                       NSS – Memorandum

6.7      Die kaalvoetkind (van Komaggas)/die kind/ √                                                1

6.8      Die kontras is geslaagd.
         Die een is lelik (skurwe), die ander is mooi (Ewig-skone). √√

                                                   OF

         Die kontras is nie geslaagd nie.
         Die skurwe(tone) is nie Ewig-skone nie. √√                                                 2

                                                                                                    [10]

                                                                     TOTAAL AFDELING A: 30
                                              EN

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord EEN vraag.

VRAAG 7: OPSTELVRAAG

Die kwart-voor-sewe-lelie – Eleanor Baker

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
•   Dis ŉ breë raamwerk van feite.
•   Al die feite hoef nie genoem te word nie.
•   Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by struktuur en
    taal.
•   Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.

Inleiding
•     Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste inleidingsparagraaf, bv.
      Ons leer Iris in die loop van die roman as ’n alleenloper ken.

’n Rede waarom Iris haarself as ’n alleenloper beskou (1 feit)
•    Iris voel al sedert haar geboorte dat sy ’n alleenloper is aangesien niemand nog regtig
     die moeite gedoen het om na haar te luister nie.
•    Iris is ses jaar na Elsa en Kara gebore, dus was sy uit die aard van die saak ’n
     alleenloper.
•    Iris beskou haarself ook as ’n Aspoestertjie in die gesin.

Voorbeelde waar Iris se alleenloperskap na vore tree (5 feite)
•    Na Iris se geboorte het haar ma haar as ’n donker enetjie beskou, “heeltemal anders”, sy
     het dus dadelik eenkant van haar susters gestaan.
•    Iris se pa was nie tydens haar geboorte by nie/ en Ma het dadelik aan die slaap geraak,
     Iris is alleen gelaat.
•    Iris se susters was nie beïndruk met haar nie./Iris se susters het nie 'n emosionele band
     met die nuweling gesmee nie./Hulle het eintlik net gekom om hul leeslesse hardop aan
     Ma voor te lees.
•    Iris voel dat sy, anders as haar huisgesin, besonder skerpsinnig en diepsinnig is./Iris is
     die enigste een wat die Engel kan sien.
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                             11                               DBE/November 2013
                                          NSS – Memorandum

•       Iris gaan alleen na die partytjie waar sy Peter ontmoet.
•       Iris bly alleen as jongste saam met haar ouers.
•       Iris voel dat niemand regtig na haar luister nie./Sy skep ’n fantasiewêreld/droomwêreld
        met karakters wat na haar luister.
•       In haar droomwêreld/fantasiewêreld is sy nie alleen wanneer sy geboorte gee nie, Peter
        en Eduard staan haar by.
•       Tydens die oorsese besoeke (Parys/New York) het Iris alleen rondgeloop of gevoel.

Die invloed wat Pa, Kara en die Engel op haar alleenloperskap het (6 gemotiveerde feite)
Die kandidaat moet minstens een gemotiveerde feit by elkeen van hierdie karakters noem.
Pa
•     Pa was nie tydens die geboorte by nie. Dit moes ’n invloed op Iris gehad het, want in
      haar fantasieë droom sy dat Eduard sowel as Peter (met wie sy later trou) by is met die
      geboortes van die kinders.
•     Pa het, anders as vir haar susters, nie vir Iris ’n familienaam gegee nie, sy was dus die
      buitestander wat haar naam betref, daarom soek sy voortdurend na die ooreenkoms
      tussen haar naam en haar lewe.
•     In die gesprekke is Iris deur haar pa stilgemaak en mag sy nie die sake saam met die res
      van die huisgesin bespreek het nie, byvoorbeeld waar Elsa en Hannes se voorgenome
      huwelik bespreek is. Sy word dus anders behandel/uitgestoot.

Kara
•       Met Iris se geboorte is Kara net hospitaal toe om haar leesles aan haar ma voor te lees
        en nie om vir die nuwe baba te gaan kuier nie. Dit maak dus van Iris van die begin af ’n
        alleenloper.
•       Iris is deur Kara as ’n aardigheid beskou en hulle het gevoel dat sy vir Iris objektief kan
        kritiseer. Sy staan dus buite die susterskring.
•       Met Iris se besoek aan Parys het die liefde wat Kara en Claude uitgestraal het, vir Iris
        uitgesluit. Daarom het sy na iemand verlang om lief te hê.

Engel
•       Die Engel het die eerste keer in Parys aan Iris verskyn, omdat sy alleen in die vreemde
        gevoel het en iemand nodig gehad het. Hy hef dus haar alleenheid op.
•       Niemand anders luister na haar en/of sy is alleen daarom is Iris die enigste persoon
        in haar gesin, buiten haar ouma, wat die Engel kan sien en met hom gesprekke kan
        voer. Sy laat dus die Engel toe om haar alleenheid op te hef.

Die moontlikheid of nie dat Iris haar alleenloperskap afgeskud het (2 gemotiveerde feite)
Dit word in die roman gesuggereer dat Iris haar alleenloperskap afgeskud het.
•     Iris het van haar fantasiewêreld ontslae geraak toe sy ’n betekenisvolle verhouding met
      Peter aangeknoop het wat daartoe bygedra het dat sy nie meer ’n alleenloper was nie.
•     Iris het met Peter getrou en hulle het in ’n voorstedelike huis gaan woon, ’n besluit wat
      veroorsaak dat sy by die breë samelewing ingeskakel het.
•     Iris kon ’n eie gesin saam met Peter bou en so is haar alleenloperskap opgehef.

Dit word in die roman gesuggereer dat Iris nie haar alleenloperskap afgeskud het nie.
•     Sy is steeds die enigste wat die Engel sien/met hom praat – dit maak haar dus anders
      as gewone mense.
•     Sy wag steeds op die lelie in die tuin om te blom, daarom is sy steeds 'n alleenloper of
      eenkant.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        12                                DBE/November 2013
                                            NSS – Memorandum

Jou moontlike optrede indien jy in Iris se situasie was (1 gemotiveerde feit)
Die leerder kan sy/haar eie gemotiveerde feit binne konteks gee, bv.
•     Ek sou met my ouers gesprek gevoer het en noem dat ek ook deel van die
      besluitneming/gesprekke in die huis wil wees. Ek kan ook ’n waardevolle bydrae lewer
      as Elsa en Hannes se voorgenome huwelik bespreek word.
•     Ek sou nie vir my ’n Engel of fantasiewêreld geskep het nie, omdat ek goeie vriende het
      of vriende sou maak wat vir my die rol van raadgewer kan speel.

Slot
•       Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste slotparagraaf, bv.
        Iris het in die roman ontwikkel van ’n alleenloper na iemand wat deur ander mense
        aanvaar word en wat lid van die samelewing geword het./
•       Iris het nie ontwikkel van ’n alleenloper na iemand wat deur ander mense aanvaar word
        en wat lid van die samelewing geword het nie.                                         [25]

                                                   OF

VRAAG 8: KONTEKSTUELE VRAAG

Die kwart-voor-sewe-lelie – Eleanor Baker

Vraag     Antwoord                                                                               Punt
8.1       Dis die plek waar Iris vir Peter moet kry./
          Dis Iris se eerste blyplek in NewYork/Amerika. √                                       1

8.2       Iris is verstrooid./
          Iris is lief vir rondloop./
          Iris ontvang mans in haar kamer./
          Iris is gesteld op wat reg is.
          Iris is ’n (tipiese) Suid-Afrikaner. √                                                 1

8.3.1     Ma is onbetrokke terwyl Johanna betrokke by Iris se opvoeding is.

          Beide kante van die saak moet vir twee punte genoem word, twee of nul punte.           2

8.3.2     Hy wil Ma se negatiewe eienskappe/andersheid (soos verstrooidheid/afsydigheid/
          swak kommunikasie/bevooroordeeldheid) beklemtoon. √                            1

8.4       Ek-verteller/Eerstepersoonsverteller √                                                 1

8.5       Nee
          Ten spyte van Johanna se uitspraak begin Joe lukraak foto’s van Iris te neem. √
          Joe dink sy is mooi genoeg om ‘n modelkontrak in New York los te slaan. √              2

          Ten spyte van die lelike haarkapsel word Iris ’n modelkontrak aangebied./Iris se
          haarstyl het Peter nie verskrik nie. √                                           1

8.6       Dit was juis ’n Neger, Billy, wat hom oor Iris ontferm het toe sy in Amerika aangekom
          het./
          Billy word Iris se vriend terwyl Peter nog sukkel om ’n vlug te kry. √                1

8.7.1     In Parys, Frankryk/by Claude en Kara /koffiewinkel√                                    1

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                     13                                     DBE/November 2013
                                         NSS – Memorandum

8.7.2    Iris knoop gesprekke met enige vreemdeling aan./
         Iris vaar blindelings die strate in./
         Iris laat haar deur die vuurhoutjieversamelaar mislei. /
         Iris vertrou mense te maklik. √√                                                          2

8.7.3    Hy sukkel vanweë sneeustorms om by Iris in New York aan te sluit./
         Die milieu waarin Iris haar bevind het hom bekommer, want hy was nie daar om haar
         te beskerm nie. √                                                                         1

8.8      Joe is die fotograaf wat van Iris ’n fotografiese model wou maak. √                       1

8.9      Ja
         Joe kom neem Iris se lewe oor terwyl Peter sentraal in haar lewe wil staan/
         Joe bars ontydig by haar hotelkamer in terwyl Peter alleen saam met haar wil wees./
         Joe probeer Iris in iets indwing waarvoor sy nog nie reg is nie en dit verwar haar;
         gevolglik besluit Peter om Iris voor ’n ultimatum te stel./
         Peter is ontevrede/jaloers met die wending van gebeure, want Joe wil Iris se lewe
         beheer. √√                                                                          2

         Die kandidaat kan slegs ’n ja-antwoord gee.
         Die TWEE pole van die konflik moet aangedui word.

8.10     Daarsonder sal Iris nie in Amerika kan werk nie. √
         Dit is ’n voorspelling dat Iris nie die kontrak gaan aanvaar nie. √                       2

8.11     Geïrriteerdheid /Ongelukkigheid/Gespannendheid/Frustrasie√                                1

8.12     Die mens se obsessie of begeerte om eendag te blom. √                                     1

8.13     ’n Mens verwag dat Iris nou tevrede sal wees om Peter se vrou te wees; die
         werklikheid is dat sy steeds wag op haar blomoomblik. √
         Die Engel sê vir Iris dat Peter haar blomoomblik is terwyl Iris eintlik moes geweet het
         dat Peter haar blomoomblik is.√                                                         1

8.14     Sy besef dat Bettie (die feminis) net liefgehê/getroud wil wees./
         Sy besef dat sy lief is vir Peter/dat sy die res van haar lewe by hom wil wees./
         Sy kom agter dat sy goed is met kinders./
         Sy leer om self verantwoordelikheid vir haar dade te aanvaar./
         Sy besef sy is emosioneel sterker as wat sy gedink het.
         Sy besef dat ’n naam net ’n naam is.
         Sy besef dat daar meer as een blomoomblik is
         Sy besef dat Peter ’n goeie pa sal wees. √√√                                              3

         Die kandidaat bied enige DRIE antwoorde aan vir die DRIE punte.

                                                                                                   [25]

                                               OF

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                   14                                         DBE/November 2013
                                       NSS – Memorandum

VRAAG 9: OPSTELVRAAG

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
•   Dis ŉ breë raamwerk van feite.
•   Al die feite hoef nie genoem te word nie.
•   Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by struktuur en
    taal.
•   Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.

Inleiding
•      Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste inleidingsparagraaf, bv.
       Baas is ’n eenkantmens wat min oor homself openbaar.

Redes waarom Baas hom eenkant hou (2 feite)
     Hy is ontnugter oor die dood van sy ouers in Rhodesië – deur mense vir wie hulle juis
     gehelp het.
 •   Hy is ontnugter oor die feit dat hy al hulle vee moes skiet om iets uit die land te kon
     neem./die regering wat beslag gelê het op die eiendom.
 •   Hy wroeg oor godsdiens/hoe ’n God van liefde so iets kan toelaat.
 •   Hy het ’n obsessie met sy oupagrootjie gehad en indirek daarop gefokus om soos hy te
     wees.
 •   Hy was sy ouers se enigste kind/het as kind reeds alleen/eenkant/afgesluit van ander
     mense geleef.
 •   Die tydperk wat hy in Rhodesië/op Sable Ranch was, het hom van sy familie in Suid-
     Afrika vervreem.
 •   Hy sê vir Nana daar is nie plek vir iemand anders in sy lewe nie.
 •   Sy geaardheid as volwassene laat nie ander mense te na aan hom toe nie.

Voorbeelde waar Baas se eenkantwees na vore tree (4 feite)
•    As hy teruggaan na Suid-Afrika, wil hy op Louis Trichardt sy ou skoolmaats gaan
     besoek, maar hy doen dit nie en dit wys dat hy nie menslike kontak mis nie.
•    Hy slaap alleen saam met sy hond in ’n plantasie teen die hang van Soutpansberg en dit
     dui aan dat hy hom eenkant hou.
•    In Suid-Afrika kry Baas kontrakwerk by die saagmeule, wat daarop dui dat hy nie vir
     ewig daar gaan wees nie en nie permanente bande met die mense wil smee nie.
•    By sy familie kry hy warmte en liefde, maar hy voel dat hy dit ontgroei het.
•    Hy slaap in die kerkhof waar sy ouers begrawe is, wat wys dat hy op sy eie sekere dinge
     moet verwerk en daarmee moet vrede maak.
•    Hy het nie behoefte om sy beste vriend, Ngwako, in die hospitaal te besoek nie, wat dui
     op sy eenkanthouding.
•    Hy sê vir Nanna dat hy goed klaarkom sonder geselskap en dat daar nie plek vir iemand
     anders is nie.
•    Hy jaag vir Grace weg wanneer sy hom wil help, want hy sê hy wil haar nie daar hê nie.
•    Hy wil nie sendelinge op sy erf hê nie, want hy beskou hulle as indringers.
•    Hy trek weg van die beskawing af Noorde toe.
•    Hy roei as kind alleen op die Ebenezer-dam.
•    Hy staan eenkant op die ou vrou se begrafnis.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                    15                                      DBE/November 2013
                                        NSS – Memorandum

Die invloed wat Grace, Nanna en mnr. Whitey op sy eenkantwees het (6 gemotiveerde
feite)
Die kandidaat moet minstens een gemotiveerde feit by elkeen van hierdie karakters noem.
Grace
•      Baas kry vertroue en vertel uiteindelik vir haar van sy droom om in sy oupagrootjie se
       voetspore te volg. Dit hef sy eenkantwees effens op.
•      Baas besef dat hy ander tog nodig het en is dankbaar vir haar hulp tydens sy siekte en
       met ander take. So laat hy iemand anders in sy lewe toe.
•      Baas praat met Grace in Afrikaans en deel iets persoonliks met haar. Dit veroorsaak dat
       hy minder eenkant is op Manaka.
•      Hy kry by haar uitsluitsel oor godsdiens en verstaan dat “omgee” ’n medemenslike ding
       is.
•      Sy leer hom om respek te betoon teenoor sy medemens sodat hy later beter kan optree
       teenoor die khuta.
•      Deur ’n voorbeeld te wees het sy hom oorreed om betrokke te raak by die gemeenskap
       deur haar kosgee van die honde/hulpvaardigheid.

Nanna
•    Sy is die eerste ander mens met wie hy sy worsteling rondom Christenskap deel. Hy
     vind dus in haar ’n maat.
•    Hy besef Nanna is iemand besonders/sê vir Griesel om haar mooi op te pas. Sy maak
     Baas dus bewus van sy gemis aan ’n vrou.

Mnr. Whitey
•    Hy help Baas om sy herkoms te besef. Baas besef dat hy êrens behoort en gee aan
     mnr. Whitey sy oupagrootjie se Bybel.

Die moontlikheid of nie dat Baas sy eenkantwees afgeskud het (2 gemotiveerde feite)
Dit word in die roman gesuggereer dat Baas sy eenkantwees afgeskud het.
•     Hy skenk die groot buffel aan meneer Johnnie sodat hy sy trouskuld kan afbetaal en
      bewys so dat hy tog by mense betrokke wil wees/dat ander se bymekaarwees vir hom
      belangrik is.
•     Hy wil nie by die stryd tussen Chisupo en Ouma Essie betrokke raak nie, maar tree tog
      in as Chisupo by die siek vrou in Ouma Essie se hut inkom, wat aandui dat hy nie meer
      eenkant staan nie.
•     Hy wil nie die sendelinge op Manaka hê nie, maar sorg tog dat daar genoeg kos vir
      almal is/verduur hulle teenwoordigheid wat veroorsaak dat hy nie meer alleen is nie.
•     Hy wil nie die Lozi-gebruike aanleer nie, maar gebruik dit tog as teken van respek vir wat
      vir ander belangrik is./maar doen alles in sy vermoë om hulle landjies teen die olifante te
      beskerm. Dit dui aan dat hy nie meer net aan homself dink nie.
•     Baas begin om die bankies onder die worsboom te herstel, wat suggereer dat die
      kinders onderrig sal word. So word Manaka ’n plek vir ander, nie net vir Baas nie.
•     Hy probeer aanklank vind by mnr. Whitey. Hy gaan soek mnr. Whitey om die nuus van
      Grace se troue met hom te deel. Hy reik dus uit na mnr. Whitey.
•     Baas word deel van die gemeenskap,want hy gee vir hulle kos en medikasie wat daarop
      dui dat hy sy eenkantwees ophef.
•     Baas bid by ouma Essie se siekbed wat suggereer dat hy deel word van ’n
      geloofsgemeenskap en sy eenkantwees word so opgehef.
•     Sy vriendskap met Grace ontwikkel tot so ’n punt waar sy hom op sy naam noem en
      daar dus nie meer ’n afstand tussen hulle is nie en so word die afstand tussen hom en
      Grace opgehef.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                    16                                   DBE/November 2013
                                        NSS – Memorandum

Dit word in die roman gesuggereer dat Baas nie sy eenkantwees afgeskud het nie.
•     Baas assosieer net met Grace en nie met al die inwoners nie en dit laat hom dus steeds
      eenkant.
•     Hy tree steeds net met enkele individue in gesprek en nie met die hele gemeenskap nie
      wat hom steeds eenkant hou.

Jou moontlike optrede indien jy in Baas se situasie was (1 gemotiveerde feit)
•    Ek sou vrede gemaak het met my ouers se dood en nie so gewroeg het nie, want jy
     maak vir jouself die lewe moeilik deur met ’n wrok te loop.
•    Ek sou die saagmeule gekoop het, want dan sou ek my baie seerkry gespaar het.
•    Ek sou vroeër my droom nagejaag het. Dan sou ek vroeër geluk ervaar het.
•    Ek sou nie so koppig met die sendelinge gewees het nie, want dan kon ek vroeër
     geloofsekerheid gekry het.
•    Ek sou vir Nanna gesê het om vir Griesel te los, want hy maak haar nie gelukkig nie.

Slot
• Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste slotparagraaf, bv.
     Baas sterf geleidelik sy eenkanthouding af en word ’n mens wat ander nodig het./Baas
     bly ’n eenkantmens.                                                                        [25}

                                              OF

VRAAG 10: KONTEKSTUELE VRAAG

Manaka plek van die horings – Pieter Pieterse

Vraag    Antwoord                                                                            Punt
10.1     As die oupagrootjie/die Buffeljagter nie destyds na Barotseland gegaan het nie, sou
         sy agterkleinkind nie so begeesterd gewees het om na Manaka te gaan nie./
         Die vestiging van godsdiens/onderwys/Westerse beskawing/nageslag in Afrika.√        1

10.2     Die jong Baas is net so lank en rankerig gebou/het breë skouers soos sy
         oupagrootjie./
         Hulle het dieselfde naam./
         Beide koester ’n droom./
         Hulle is vreemdelinge of indringers op Manaka./
         Altwee het op Manaka gebly.
         Beide het Ierse terriërs gehad./
         Beide is goeie skuts. √√                                                2
         Die kandidaat kan enige TWEE antwoorde vir TWEE punte aanbied.

10.3     Hy is obsessief (behep) met sy oupagrootjie/Hy verafgod sy oupagrootjie./
         Hy hou van die buitelewe (jag/roei)/Hy is ’n natuurmens.
         Wat die verteller van hom vertel.√                                                     1

10.4.1   Baas het ’n obsessie met sy oupagrootjie. √                                            1

10.4.2   Die verteller is oral teenwoordig./
         Die verteller weet wat almal dink en/of voel./
         Die verteller vertel die leser van Baas se verlede./
         Die verteller is teenwoordig in die verlede en die hede. √                             1

10.5     Baas besoek hom nie in die hospitaal nie. √                                            1

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                    17                                          DBE/November 2013
                                        NSS – Memorandum

10.6.1   Manaka
         Langs die Zambezirivier √                                                                     1

10.6.2   Alles was vervalle./
         Daar was geen tekens van sy oupagrootjie nie (daar was geen buffelhorings nie)./
         Dit het nie gelyk of daar enige lewe is nie. √                                                1

10.6.3   Baas wil graag al die grond huur, √ maar die khuta het die boonste gedeelte aan die
         sendelinge verhuur.√/
         Baas tree deurgaans reg op in sy poging om die grond wettig te huur, √ maar die
         khuta hou nie woord nie/bly nie by die eerste ooreenkoms nie. √                     2

10.7     Ja
         Sy ouers word op dié plaas in Suid-Rhodesië vermoor.
         Baas se alleenloperskap/godsdiensstryd begin hier.
         Hy gaan terug Houtboschberg toe (omdat hy nie die plaas kan erf nie)/die
         familiebande is verbrokkel/Baas besluit om na Manaka te gaan.
         Op Manaka word sy godsdiensstryd/alleenloperskap opgehef. √√√            3

10.8     Hy was die prediker by Manaka. √                                                              1

10.9     Ja
         Dit is op sy grond en hy sal dit moet deel met Griesel en Nanna en oom Scholtzie-
         hulle.
         Die kerkie bring hom in aanraking met godsdiens.
         Hy is juis vanweë die moord op sy ouers, afsydig teenoor godsdiens.               2

         Die kandidaat bied enige TWEE motiverings aan vir TWEE punte.

10.10    Dit is die bekende baken by Manaka se ingang./
         Die dooie bougainvillea wat weer begin groei, dui op lewe en vooruitgang./
         Baas begin die bougainvillea versorg./
         Die bougainvillea bind hom aan sy oupagrootjie./
         Die bougainvillea is iets wat sy oupagrootjie geplant het. √√                                 2

         Die kandidaat bied TWEE antwoorde aan vir TWEE punte.

10.11    Gelatenheid/ontnugtering/teleurgesteldheid/onsekerheid √                                      1

10.12    Hy droom oor die kettinkie wat nie oor sy kop pas nie. √
         Hoewel hy niks met godsdiens te make wil hê nie, word Baas al hoe meer met
         godsdiens gekonfronteer/doen Baas indirek wat van ’n Christen verwag word.
         Baas was eers ’n Christen, maar staan nou afsydig daarteenoor.√            2

10.13    Hy kom agter dat hy tog ander mense nodig het./
         Hy kom agter dat hy van Grace hou./
         Hy besef dat hy met ’n doel Manaka toe gestuur is./
         Hy maak vrede met sy godsdiens./
         Hy besef hy is net so sterk, indien nie sterker nie, as sy oupagrootjie./
         Hy maak vrede met sy verlede.
         Hy leer die ander kultuurgebruike aan.√√√
                                                                                                       3
         Die kandidaat bied DRIE antwoorde aan vir DRIE punte.

                                                                                                       [25]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          18                                 DBE/November 2013
                                       NSS – Memorandum

                                              OF

VRAAG 11: OPSTELVRAAG

Vatmaar – AHM Scholtz

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
•    Dis ŉ breë raamwerk van feite.
•    Al die feite hoef nie genoem te word nie.
•    Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by struktuur en
     taal.
•    Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.

Inleiding:
•     Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste inleidingsparagraaf, bv.
      Vatmaar kan as ’n buitestander beskou word.

Redes waarom die gemeenskap van Vatmaar as ’n buitestandergemeenskap beskou
kan word (3 feite)
•    Vatmaar is ’n toevlugsoord vir verskeie mense wat andersins nie ’n heenkome kon vind
     nie./mense wat nie elders welkom was nie./wat nie in ’n rassistiese gemeenskap ’n tuiste
     kon vind nie.
•    Vatmaar ontstaan 8 km/4 myl vanaf ’n behoorlike dorp wat elektrisiteit, lopende water en
     telefone het, weg van die normale gemeenskap.
•    Vatmaar ontstaan eintlik op ’n oneerlike manier as gevolg van oorlogsbuit wat
     weggesteek is. Dus was Vatmaar van die begin ’n buitestander.
•    Die mense van Vatmaar is buite Vatmaar as minderwaardig behandel: hulle het in diens
     van ander gestaan, bv. Tant Wonnie wat Sannah Vosloo oppas en ’n wasvrou is; Kaatjie
     wat mev. Bosman se kinderoppasser was; Onie-as wat vir Piet de Bruin werk; Suzan wat
     huise aan die kant gemaak het.
•    Vatmaar benodig ’n Afrikaanse kerk. Du Toitspan laat hulle hul kerksaal afbreek en dan
     in Vatmaar herbou, eerder as om Vatmaar se gemeenskap te akkommodeer.
•    George het die keuse uitgeoefen om eenkant te gaan bly, want hy sê hy wil weg van
     hulle onderskeie families bly.

                                                OF

Redes waarom die gemeenskap van Vatmaar nie as ’n buitestandergemeenskap beskou
kan word nie (3 feite)
•    Die titel woord Vatmaar verwys alreeds na ’n openheid ten opsigte van besit.
•    In Vatmaar het die verstotenes ’n reg op hul dorpie gekry, maar hul kon nie die grond
     besit nie, slegs die hoekpenne.
•    Vatmaar as nedersetting is nie ’n buitestander nie, omdat hulle vir mekaar omgee; hul
     aanvaar mekaar soos George Lewies en Ruth aanvaar is.
•    Die Vatmaar-samelewing is ’n model vir versoening en die strewe vir die sogenaamde
     nuwe S.A.
•    Alhoewel Vatmaar eenkant ontstaan het, het Du Toitspan hul tog ondersteun, bv. hul
     predikant het al om die ander Sondag dienste daar kom hou.

                                                   EN

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         19                              DBE/November 2013
                                      NSS – Memorandum

Voorbeelde waar die karakters in Vatmaar se buitestanderskap na vore tree (3 feite)
•    George Lewies het met ’n swart vrou getrou en kon dus nie deel van ’n wit gemeenskap
     wees nie.
•    Tant Wonnie wat ’n Duitse halfbloed uit Duits-Suidwes is, word ook nie in die wit
     gemeenskap opgeneem nie.
•    Norman van der Westhuizen was die seun van ’n arm wit bywoner wat deur ’n swart
     vrou, Ma Khumalo, as haar eie kind aangeneem is. As huisgesin kon hulle dus net op
     Vatmaar bly.
•    Ou Chetty, die Indiër, se vrou, Free-da, was ook swart en kon dus nie deel van ’n Indiër
     gemeenskap wees nie.
•    Al die bogenoemde voorbeelde sou ook daarop kon dui dat Vatmaar nie ‘n buitestander
     is nie, omdat hul hierdie mense wat “anders” was, aanvaar het.

                                            OF

Die ontstaan van Vatmaar en die karakters wat ‘n rol gespeel het (6 feite)
   • Die mense sê Vatmaar het sy naam by Ta Vuurmaak gekry.
   • Oom Chai en Corporal Lewies het beslag gelê op die oorlogsbuit en hy was jammer hy
       het nie ook die skape gevat nie.
   • Corporal Lewies het opdrag aan Ta Vuurmaak gegee om die watertenk op die sylyn te
       vat en die buit daarin te versteek.
   • Nadat Oom Chai en Lewies werk op Du Toitspan gekry het, het Oom Chai met die plan
       van ’n dorp vorendag gekom.
   • Corporal Lewies het die plan by die dorpsraad ingedien.
•    Ta Vuurmaak het stene gemaak en dit aan die inwoners verkoop.

Die invloed wat Oom Chai, Ta Vuurmaak en Kenneth Kleinhans op Vatmaar (se
buitestanderskap) het (6 gemotiveerde feite)

Die kandidaat moet minstens een gemotiveerde feit by elkeen van hierdie karakters noem.
Oom Chai
•     Oom Chai het die behoefte aan ’n Afrikaanse kerk raakgesien en alle onderhandelinge
      met ds. Pienaar hanteer. So het hy Vatmaar se mense saamgebind en ’n trots by hul
      gekweek.
    • Hy het die kerk-erf aangekoop; so het hy hulle geleer dat hulle nie net bakhand moes
      staan nie.
•     Die kerk is ingewy wat ’n trots in Vatmaar se mense na vore laat tree het.
•     Oom Chai het Vatmaar se mense met ouderling Hans du Plooy in aanraking gebring,
      wat die Woord aan hulle bedien het. Dit het hulle saamgebring en hulle het die seën
      daarvan ervaar.
•     Oom Chai hou ’n verjaarsdagpartytjie (sewentigste) en so bind hy almal saam.
•     Hy bemoei hom met die aanstelling van ’n opgeleide onderwyseres, want Oom Chai
      besef dat die kinders geleerdheid moet kry om hul plek buite Vatmaar te kan vol staan.
•     Oom Chai sorg vir die regmaak van die skryfbord, so hy is voortdurend besig om seker
      te maak dat alles in die skool vlot verloop.

Ta Vuurmaak
•    Ta Vuurmaak skep vir die mense werk en gee so menswaardigheid aan Vatmaar se
     mense.
•    Ta Vuurmaak vertel vir hulle stories uit hulle verlede en so sorg hy dat veral die
     Griekwakinders kontak behou met hul kultuur./’n Gevolg van hierdie kultuurbinding is dat
     die kinders Ta Vuurmaak help versorg op sy oudag.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         20                              DBE/November 2013
                                      NSS – Memorandum

Kenneth Kleinhans
•   Kenneth Kleinhans laat ’n kliniek oprig wat ’n telefoonlyn het. So verbind hy Vatmaar met
    die buitewêreld.
•   Met Kenneth Kleinhans se hulp en die res van Vatmaar wat weer saamgewerk het, het
    die jongmense van Vatmaar ’n sokkerveld gekry. Vatmaar was nooit weer dieselfde na
    die ontstaan van die Sunbeam-sokkerspan nie.

Die moontlikheid of nie dat Vatmaar (as gemeenskap) se buitestanderskap opgehef
word (2 gemotiveerde feite)
Die buitestanderskap word opgehef.
•    Vatmaar is nou ’n volwaardige dorp. Aanvanklik het hulle nie ’n kerk of skool,
     sokkerspan of mediese sorg gehad nie. Nadat die gemeenskap hande gevat het, het
     Vatmaar al die dinge bekom.
•    Kenny bring hul tegnologies in aanraking met die buitewêreld deur ’n publieke telefoon
     as vereiste vir die kliniek daar te stel. Dus word die buitestanderskap opgehef.
•    Oom Flip, wat ’n transportryer was, het die gemeenskap met die buitewêreld in
     aanraking gebring/hy het pos na Vatmaar gebring en die gemeenskap was nie meer ’n
     buitestander nie.
•     Du Toitspan en Vatmaar se gemeenskappe het met mekaar in aanraking gekom deur
      mekaar se feesvieringe by te woon, dus was Vatmaar nie heeltemal ’n buitestander nie.
•     Vatmaar was nooit ’n buitestander nie, want hy was ’n denkbeeldige dorpie om die
      model van ’n nuwe S.A. te gee.
 •    In die tyd waarin die roman afspeel, sou Vatmaar nooit sy buitestanderskap kon afskud
      nie.
 •    As gevolg van hul verhoudinge oor die kleurgrens heen sou hierdie mense nooit in die
      samelewing aanvaar word nie.
•    Aangesien die gemeenskap van Vatmaar nie hul stelery gestaak het nie, kan hulle as
     buitestanders beskou word.

'n Motivering of jy graag in ’n gemeenskap soos Vatmaar sou wou bly (1 gemotiveerde
feit)
•     Ek sou graag in Vatmaar wou bly, want die gemeenskap gee vir mekaar om en dit is
      beter as my huidige omstandighede waar niemand vir my omgee nie.
•     Ek sou graag in Vatmaar wou bly, want die gemeenskap leef eenvoudig en sonder
      pretensies en ek glo dit is hoe mense behoort te leef.

                                                OF

•      Ek sou nie in Vatmaar wou bly nie, want daar is ongeletterdheid, vooroordele en
       rassisme en dit maak seer.
•      Ek sou nie in Vatmaar wou bly nie, want die dorp is te onderontwikkeld. Deesdae hou
       die meeste mense van luukses.

Slot
•    Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste slotparagraaf, bv.
     Vatmaar as gemeenskap het van ’n buitestander na ’n volwaardige, geïntegreerde
     gemeenskap gegroei./
     Vatmaar as gemeenskap het nie hul buitestanderskap opgehef nie.                [25]

                                               OF

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          21                               DBE/November 2013
                                       NSS – Memorandum

VRAAG 12: KONTEKSTUELE VRAAG

Vatmaar – AHM Scholtz

Vraag    Antwoord                                                                            Punt
12.1     Hulle het saam besluit om die diamant te verkoop./
         Hulle het hulle werkgewers verlaat/Sus Bet en Oom Flip is nooi en kêrel. √
         Siesie Lena en Janman is Ma en seun. √
         Sus Bet en Siesie Lena is vriendinne/beide Griekwavroue. √
         Hulle het saam besluit om die diamante te steel en te verkoop./hulle het werkgewers
         verlaat vir ’n beter lewe./hulle het mekaar nie vertrou nie.                        3

12.2     Dit was die enigste plek waar hulle kon kuier/gevry het. √                               1

12.3     Hy was die gruis/werk by ’n delwery. √
                                                   EN
         Alles wat hy van diamante weet het Mister Swartz, ’n blanke, hom geleer, nou besteel
         hy hom./
         Mister Swartz hou die ander werkers weg van die gruisbank en vertrou net Oom Flip
         daar./Oom Flip het gesteel.√                                                         2

12.4.1   Haar haglike omstandighede waarin sy geleef het, laat haar deel hê aan die plan. √
         Sy moes Oom Flip oorreed om ’n diamant op die gruistafel te steel. √
         Dit sou haar die vryheid gee/sy sou wegkom van die Steenkamps om ’n beter lewe te
         kan hê. √                                                                          3

12.4.2   Ondernemingsgees./Skelm √                                                                1

12.4.3   Hy kon sy eie besigheid/transportbesigheid begin. √                                      1

12.5     Siesie Lena is self nie eerlik nie √,/
         Siesie Lena beplan self om die diamante te steel. √,
         Volgens die roman is die mense gewoond daaraan om goed te neem wat nie aan hul
         behoort nie. √                                                                 2
         Die kandidaat kan enige twee moontlikhede aanbied vir TWEE punte

12.6     Hy gebruik ’n uitroepteken./
         Hy gebruik woorde soos bly/roep uit. √                                                   1

12.7.1   Hulle word verleentheid gespaar/familienaam word in ere herstel./
         Dit waarvoor die broer eintlik verantwoordelik is, aanvaar hy namens die familie.√       1

12.7.2   Medemenslikheid/omgee/respek teenoor familie √                                           1

12.7.3   Bettie √
         Boitjie Afrika
         Ouma Drieka
         Oom Houtstok√                                                                            2

12.7.4   Jaloesie √                                                                               1

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 Nov 2013 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2013-memo/50969d31-5a42-4ab8-9611-4619920f72b6) — Afrikaans HL · Memo · 2013 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2017-memo/872c6282-9442-4b04-b87a-61c1a547d2be) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2016-memo/4d844ab2-9772-4460-97b6-9a9c27ed70c2) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2015-memo/c6ff0cff-3a94-4378-9e0f-77cd7439d9c9) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2014-memo/a21742b9-5160-420b-aa3d-e176e7b4aaff) — Afrikaans HL · Memo · 2014 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2012 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2012-memo/6606e9e2-7766-4f59-94d8-04406fa43937) — Afrikaans HL · Memo · 2012 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
