# Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2013 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2013, 24 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2013/1ed2b329-ad8d-4351-82da-1d51ac598248
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2013 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2013/1ed2b329-ad8d-4351-82da-1d51ac598248)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2013 · Afrikaans. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                            AFRIKAANS HUISTAAL V2

                                 NOVEMBER 2013

PUNTE: 80

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 24 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           2                         DBE/November 2013
                                               NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Lees die volgende instruksies/opdragte noukeurig deur voordat jy die vraestel
          beantwoord.

2.        Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
          inhoudsopgawe op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van die
          letterkundetekste wat jy in die klas behandel het. Lees daarna die vrae oor die
          tekste wat jy gedoen het en kies die tipe vraag wat jy wil doen. Neem die
          voorskrifte by elke vraag in ag.

3.        Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A:      Gedigte      (30)
          AFDELING B:      Prosa        (25)
          AFDELING C:      Drama        (25)

4.        Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE uit AFDELING A, EEN uit AFDELING B
          en EEN uit AFDELING C. Gebruik die kontrolelys om jou met jou keuses te
          help.

5.        Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A:      ongeveer 40 minute
          AFDELING B:      ongeveer 55 minute
          AFDELING C:      ongeveer 55 minute

6.        Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

7.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

8.        Beantwoord ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                      3                          DBE/November 2013
                                          NSS

INHOUDSOPGAWE

Hierdie bladsy sal jou help met die keuse van vrae sonder dat dit nodig is om die hele
vraestel deur te lees.

AFDELING A: GEDIGTE

Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
           VRAAGNOMMER                    VRAAG                     PUNTE        BLADSY
1. Finis                           Opstelvraag                        10            5
                                    OF
2. die straatkind                  Kontekstuele vraag                 10             6
                                    OF
3. Die huis luister                Kontekstuele vraag                 10             7
                                    OF
4. Safari                          Kontekstuele vraag                 10             8
                                    EN

Ongesiene gedig: Beantwoord EEN vraag.
5. Kaalvoetkind van Komaggas       Opstelvraag                        10             9
                                    OF
6. Kaalvoetkind van Komaggas       Kontekstuele vraag                 10             10

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord EEN vraag.*
7. Die kwart-voor-sewe-lelie             Opstelvraag                  25             11
                                          OF
8. Die kwart-voor-sewe-lelie             Kontekstuele vraag           25             11

9. Manaka Plek van die Horings           Opstelvraag                  25             14
                                          OF
10. Manaka Plek van die Horings          Kontekstuele vraag           25             14

11. Vatmaar                              Opstelvraag                  25             16
                                          OF
12. Vatmaar                              Kontekstuele vraag           25             17

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord EEN vraag.*
13. Krismis van Map Jacobs               Opstelvraag                  25             19
                                          OF
14. Krismis van Map Jacobs               Kontekstuele vraag           25             19

15. Mis                                  Opstelvraag                  25             21
                                          OF
16. Mis                                  Kontekstuele vraag           25             22

* LET WEL:       Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
                 uit AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                      4                          DBE/November 2013
                                          NSS

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy al die nodige vrae beantwoord
het.

           AFDELING                VRAAGNOMMER             GETAL VRAE             MERK
                                                          BEANTWOORD               
A: Gedigte
                                      1–4              2
(Voorgeskrewe gedigte)
A: Gedigte
                                      5–6              1
(Ongesiene gedig)
B: Roman
                                     7–12              1
(Opstel- of kontekstuele vraag)
C: Drama
                                    13–16              1
(Opstel- of kontekstuele vraag)
LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG uit
              AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         5                            DBE/November 2013
                                             NSS

AFDELING A: GEDIGTE

VOORGESKREWE GEDIGTE

Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

VRAAG 1: OPSTELVRAAG

Lees die gedig hieronder en voer die opdrag uit.

Finis – Lina Spies

1         Nou maak ek self nie meer so baie saak nie
2         want jy’t bobbejaan na my gestuur met ’n briefie in sy bek

3              dit was geskryf op varkensblaar
4              dit was ’n bietjie dof
5              dit was om my en jou te nooi
6              na die Apies se bruilof

7         Jy het al die liedjies van my kindertyd weer in my laat sing
8         en in my hart die Jakkalse elke dag laat trou

9         Maar wat sal jy van my kan saamneem?

10        Miskien wanneer die lewe met jou kotiljons
11        en lekker wals op die Apies se bruilof
12        sal jy onthou dat jy vir my Aprilmaand was
13        − die wolke altyd bietjie voor die son −
14        en ek ten spyte van die reën kon lag

15        En jy sal lag
                                                                [Uit: Digby Vergenoeg, 1971]

Die gedig Finis handel oor ’n gebroke verhouding.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 250–300 woorde.

Gee in jou opstel aandag aan:

•     Die titel van die gedig wat by die gebroke verhouding aansluit (1 feit)
•     Die interteks wat met die gebroke verhouding in verband gebring word
      (2 feite)
•     Die woordkeuse, Aprilmaand, wat tot die beskrywing van die gebroke
      verhouding bydra (3 gemotiveerde feite)
•     Die geslaagdheid, of nie, van die beskrywing van die gebroke verhouding
      (1 gemotiveerde feit)
                                                                                                    [10]

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           6                           DBE/November 2013
                                               NSS

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

die straatkind – Linda Roos

1         ek wou verbymik met die selfbewuste ongeërgde blik
2         wat ons vir bedelaars en pendelaars en hoere reserveer –

3         verby die kind wat eenkant om die vullisdromme snuif
4         wat sy skraal skouers gereed dra soos spiese
5         of ’n heining: maar agter dié heining
6         het sy vuil hemp skielik opgekrimp soos ’n ou roof
7         en ’n toegepleisterde wêreld
8         op die sypaadjie laat bloei
9         waar bome onder die skril bevel van sae steun
10        konyne spartel in steriele laboratoriums
11        en lammers teen die slagterslem

12        en daar was wysheid in die lug
13        (nes dié ander dag uit wolke)
14        maar soos van ou mans met klam monde op parkbankies
15        en kras soos kraaie

16        toe ek wegdraai was daar ’n geruis in my ore
17        en onverklaarbaar teen my wang die bloedveeg
18        van ’n vlerk
                                                                  [Uit: ’n Hokvol dwase, 1986]

2.1       Gee die funksie van die aandagstreep in versreël 2.                                        (1)

2.2       Benoem die beeldspraak in versreël 4 en verduidelik die beeld wat geskep is.               (2)

2.3       Herlees reël 7.

          2.3.1         Sê in jou eie woorde wat met die beeld toegepleisterde wêreld
                        bedoel word.                                                                 (1)

          2.3.2         Dink jy dat hierdie toegepleisterde wêreld ’n aktuele probleem is?
                        Motiveer jou antwoord.                                                       (2)

2.4       Watter stemming heers in versreël 9–11?                                                    (1)

2.5       In versreël 17–18 besef die spreker dat die lyding van die wêreld baie diep is.

          2.5.1         Hoe vergelyk die besef waartoe die spreker gekom het met die
                        insig in versreël 13?                                                        (1)

          2.5.2         Op watter wyse sluit die woord kras in versreël 15 aan by die
                        besef waartoe die spreker gekom het?                                         (1)

2.6       Hoekom sou jy die gedig as ’n vrye vers beskou?                                            (1)
                                                                                                     [10]
                                               OF
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          7                            DBE/November 2013
                                              NSS

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Die huis luister – Daniel Hugo

1         my kamers is hol soos ’n binne-oor
2         ek hoor hoe die bewoners roesemoes
3         liefde maak, verwyt, mekaar vertroos, skoor
4         soek met die goor hede, nooit tevrede
5         aanhou kibbel oor kon en sou en moes

6         luister, ek bewaar julle verlede
7         my fondamente kraak onder die las
8         my plafonne raak voos van die eggo’s
9         te veel vloeke laat my pleisterwerk bars
10        jare se trane laat my rame roes

11        so word ons saam verweer deur dit wat was
12        my dakplate en julle gebede
13        fluister en knal al hoe harder om hulp
14        ongehoord in elke nag se oorskulp
                                                                 [Uit: Dooiemansdeur, 1991]

3.1       Herlees versreël 1.

          3.1.1      Benoem die beeldspraak in dié versreël.                                      (1)

          3.1.2      Wat is die funksie van die beeldspraak wat jy in versreël 1
                     geïdentifiseer het?                                                          (1)

3.2       Hoe word die negatiwiteit in die eerste strofe beklemtoon?                              (1)

3.3       Haal ’n frase uit strofe 1 aan wat op nimmereindigende verwyte dui.                     (1)

3.4       Watter stylmiddel ondersteun hierdie nimmereindigende verwyte in strofe 1?              (1)

3.5       Watter woord in strofe 2 sluit aan by hierdie nimmereindigende verwyte?                 (1)

3.6       In strofe 3 blyk dit dat die mens tog steeds na ’n beter toekoms hunker.

          Bewys hierdie stelling deur DRIE opeenvolgende woorde aan te haal.                      (1)

3.7       Skryf die kontras neer wat in strofe 3 voorkom.                                         (1)

3.8       Wat sal jou gemotiveerde raad vir hierdie huismense wees?                               (2)
                                                                                                  [10]

                                            OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        8                             DBE/November 2013
                                            NSS

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Safari – DJ Opperman

1         Niks
2            staan
3               stil –
4                   alles
5                kry
6            voete,
7            beweeg
8         in
9            lang
10               stoete:
11                   grassteeltjies,
12               kosyne,
13           stede
14        en
15           treine;
16               oor
17                   Saharas
18                      en
19                        savannes
20                      die
21                   optog
22                van
23            alle
24        paaie
25            oor
26                die
27                   wêreldrond
28                   na
29                die
30            gaatjie
31        in
32            die
33                grond
34            o
                                                                       [Uit: Kuns-mis, 1964]

4.1       Hoe sluit die woordkeuse in versreël 1 by versreël 34 aan?                              (1)

4.2       Hoe verskil die woorde, alles kry voete, in die gedig van die idiomatiese
          betekenis?                                                                              (2)

4.3       Waarom is die bou van die gedig funksioneel?                                            (1)

4.4       Watter halfrym kom in die eerste vier versreëls voor?                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        9                          DBE/November 2013
                                            NSS

4.5       Benoem die stylfiguur wat in versreël 30 voorkom en verduidelik wat dit in
          konteks beteken.                                                                    (2)

4.6       Wat is die tema van die gedig?                                                      (1)

4.7       Kan jy jou identifiseer met die stelling dat die lewenspad oor Saharas en
          savannas loop? Motiveer jou antwoord.                                               (2)
                                                                                              [10]

                                           EN

ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)

Beantwoord VRAAG 5 OF VRAAG 6.

VRAAG 5: OPSTELVRAAG

Lees die gedig hieronder en voer die opdrag uit.

Kaalvoetkind van Komaggas – George Weideman

1         Kaalpoot met die voetsaam loop
2         is lekkeder veby
3         Soos roosterkoek en goue stroop
4         so lekker vir my
5         Klippies kirts met elke tree
6         en sandjies skuufel weg;
7         takkies kraak en gee dan mee
8         as modder deur my tone vleg.

9         Al dié klankies, klein en fyn,
10        praat met jou as jy stap;
11        deel in vreugde; deel in pyn
12        as ’n dorinkie jou krap.
13        Kaalpoot, met jou skurwe tone,
14        sien jy strak die Ewig-skone?
                                                                 [Uit: Woordreise, 2004]

Die digter werk vernuftig met klank en punktuasie.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 250–300 woorde deur aan die volgende
aandag te gee:

•     Hoe klankrykheid in die gedig verkry word (3 feite)
•     Waarom punktuasie funksioneel is (3 gemotiveerde feite)
•     Waarom skuufel as klankryke woord slaag (1 gemotiveerde feit)                           [10]

                                           OF

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        10                             DBE/November 2013
                                            NSS

VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Kaalvoetkind van Komaggas – George Weideman

1         Kaalpoot met die voetsaam loop
2         is lekkeder veby
3         Soos roosterkoek en goue stroop
4         so lekker vir my
5         Klippies kirts met elke tree
6         en sandjies skuufel weg;
7         takkies kraak en gee dan mee
8         as modder deur my tone vleg.

9         Al dié klankies, klein en fyn,
10        praat met jou as jy stap;
11        deel in vreugde; deel in pyn
12        as ’n dorinkie jou krap.
13        Kaalpoot, met jou skurwe tone,
14        sien jy strak die Ewig-skone?
                                                                     [Uit: Woordreise, 2004]

6.1       Van watter soort halfrym in versreël 1 maak die spreker gebruik om die
          lekkerte van kaalvoetloop te beklemtoon?                                                (1)

6.2       Herlees versreël 3–4. Benoem die beeldspraak.                                           (1)

6.3       Haal ’n voorbeeld van klanknabootsing uit die gedig aan.                                (1)

6.4       Gee TWEE redes waarom versreël 2 en 4 korter is.                                        (2)

6.5       Waarom is die woord “skuufel” ’n beter keuse as “skuif”?                                (1)

6.6       Waarom is die kommapunt in versreël 6 funksioneel?                                      (1)

6.7       Wie word in versreël 13 aangespreek?                                                    (1)

6.8       Beoordeel die geslaagdheid van die kontras aan die einde van die gedig.                 (2)
                                                                                                  [10]

                                                              TOTAAL AFDELING A:                  30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        11                              DBE/November 2013
                                            NSS

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord EEN vraag.

LET WEL:       Beantwoord EEN vraag oor die letterkundeteks wat julle in die klas
               behandel het.

VRAAG 7: OPSTELVRAAG

DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

Iris beskou haarself as ’n alleenloper wat op oorskiet leef.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.

Verwys in jou bespreking na:

•     ’n Rede waarom Iris haarself as ’n alleenloper beskou (1 feit)
•     Voorbeelde waar Iris se alleenloperskap na vore tree (5 feite)
•     Die invloed wat Pa, Kara en die Engel op haar alleenloperskap het
      (6 gemotiveerde feite)
•     Die moontlikheid, of nie, dat Iris haar alleenloperskap afgeskud het
      (2 gemotiveerde feite)
•     Jou moontlike optrede indien jy in Iris se situasie was (1 gemotiveerde feit)                [25]

                                           OF

VRAAG 8: KONTEKSTUELE VRAAG

DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae.

TEKS 1

1         By die hotel was daar pos. ’n Ander klerk, seker lid van die
2         nagskof, het die koeverte vir my gegee toe ek my sleutel kry.
3         Hy het my skerp aangekyk en ek het gewonder of sy kollega
4         hom omtrent my ingelig het.
5            Daar was ’n brief van Ma en een van Johanna. Ma het ge-
6         lukkig geklink en vertel hoe sy saans Pa se sokkies sit en stop.

7                                           Verder het klein Johan ’n
8         week by hulle gekuier omdat Hannes eksamen geskryf het,
9         en die kind was vir haar ’n vreugde.

10           Johanna se brief was skerper. Die hitte was verskriklik, my
11        kamer was ontstellend leeg en die klein snotkop dra die huis
12        vol grond. Sy het my gemaan om warm aan te trek alhoewel

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            12                            DBE/November 2013
                                                NSS

13        sy nie kon verstaan hoe enigiemand in Desember kan winter
14        hê nie en dat dit volgens haar swak beplan is omdat almal tog
15        weet dat Julie winter is. Sy het ook die hoop uitgespreek dat
16        ek my hare sal laat kap by een van die haarkappers wat sy op
17        televisie gesien het, want my huidige steil, regaf gesnyde kap-
18        sel was nog nooit vir haar mooi nie en gaan Peter verskrik. Sy
19        het haar brief geëindig met die vermaning dat ek versigtig
20        moet wees, nie met vreemde mense moet praat nie en moet
21        lig loop vir die negers “omdat hulle nie soos ons is nie”.

8.1       Hoekom bevind Iris haar in ’n hotel?                                                       (1)

8.2       Wat omtrent Iris kon die ou klerk aan die nuwe een oorgedra het?                           (1)

8.3       Ma en Johanna verskil hemelsbreed as karakters van mekaar.

          8.3.1         Hoe verskil hulle ten opsigte van Iris se opvoeding?                         (2)

          8.3.2         Waarom kontrasteer die verteller juis vir Ma met Johanna?                    (1)

8.4       Watter soort verteller tree in die uittreksel op?                                          (1)

8.5       Dink jy Johanna se verwysing na Iris se hare (reël 15–18) is regverdig?
          Verduidelik of haar verwysing na Iris se hare ’n invloed op die loop van die
          roman het.                                                                                 (3)

8.6       Johanna se slotwoorde in die uittreksel is onwaar. Hoekom?                                 (1)

8.7       Iris is met vakansie in dié uittreksel.

          8.7.1         Waar het sy haar direk voor die uittreksel bevind?                           (1)

          8.7.2         Noem TWEE bewyse van hoe die stad waar sy tans is, haar
                        naïwiteit bevestig?                                                          (2)

          8.7.3         Watter konflik veroorsaak die ruimte wat in die teks ter sprake is, by
                        Peter?                                                                       (1)

                                               EN

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        13                             DBE/November 2013
                                            NSS

TEKS 2

1             “Bring hom dan môre saam,” het sy my gebied terwyl haar
2         kollega my hare opgelig, rondgevryf en oor my oë laat val
3         het. “Hy moet die kontrak goedkeur. Standaardkontrak vir
4         nuwelinge, natuurlik,” het sy gesê. “Het sy haar groen kaart?”
5             Voor ek iets kon sê en sonder dat ek regtig geweet het
6         waarvan sy praat, het Joe geknik. “Geen probleem nie.”
7             Ons was terug op die sypaadjie voor ek agtergekom het
8         waaroor alles gegaan het. Joe het my op albei wange gesoen,
9         gesê hy sal my halftien by die hotel kom oplaai en terug in die
10        gebou gedans. Ek en Peter het ná ’n lang gesukkel ’n taxi gekry
11        en vir die soveelste keer die verkeer ingevaar. Hy het nie ’n
12        dooie woord gesê nie.
13            “Ek het jou al vertel van my naam,” het ek gesê toe ek die
14        stilte nie langer kon verduur nie. “En dat ek glo ek sal een-
15        keer blom. Nou, soos ek dit sien ... wie sê dis nie nou my
16        kans nie?”
17          “Jy’s dwaas,” het die Engel met ’n lae stem gesê.
18          Ek was sommer ergerlik. “Ag, bly stil.”

8.8       Watter verband is daar tussen Joe en Iris?                                              (1)

8.9       Dink jy Joe se teenwoordigheid veroorsaak konflik by Peter? Verduidelik.                (2)

8.10      Waarom word die groen kaart pertinent in die gedeelte genoem? Noem
          TWEE redes.                                                                             (2)

8.11      Watter gemoedstemming ervaar Iris-hulle tydens die taxirit?                             (1)

8.12      Die verwysing na Iris se naam/blom-oomblik hou verband met die tema van
          die roman.

          Wat is die tema van die roman?                                                          (1)

8.13      Die Engel se teenwoordigheid lei 'n ironiese wending in. Wat behels hierdie
          wending?                                                                                (1)

8.14      Iris leer heelwat lesse in Vermont. Noem DRIE lesse wat Iris hier oor haarself
          en die mense saam met haar leer.                                                        (3)
                                                                                                  [25]

                                           OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                       14                          DBE/November 2013
                                           NSS

VRAAG 9: OPSTELVRAAG

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

Baas Chipman is ’n eenkantmens wat min oor homself openbaar.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.

Verwys in jou bespreking na:
•     Redes waarom Baas hom eenkant hou (2 feite)
•     Voorbeelde waar Baas se eenkantwees na vore tree (4 feite)
•     Die invloed wat Grace, Nanna en mnr. Whitey op sy eenkantwees het
      (6 gemotiveerde feite)
•     Die moontlikheid, of nie, dat Baas sy eenkantwees afgeskud het (2 gemotiveerde
      feite)
•     Jou moontlike optrede indien jy in Baas se situasie was (1 gemotiveerde feit)           [25]

                                          OF
VRAAG 10: KONTEKSTUELE VRAAG

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae.

TEKS 1

1         Dennis Chipman, na wie die ooms en tantes dikwels
2         liefdevol as die Skoenlappervanger of Die Buffeljagter
3         van Barotseland verwys, is lank voor die jong Dennis
4         Chipman se geboorte dood, maar in sy gedagtes groei
5         die beeld van sy oupagrootjie geleidelik tot groter as le-
6         wensgroot. Hy kry nie genoeg van die familievertellings
7         oor sy voorsaat nie.
8            Gedurende skoolvakansies roei hy dae lank met sy self-
9         gemaakte blikskuit op die Ebenezer-dam. In die reën-
10        seisoen toets hy die boot op die sterk kabbelwater van
11        die Bo-Letabarivier. Wanneer hy naweke saam met sy
12        pa, oom Baas, nefie Baas, oupa Baas en Ngwako gaan
13        jag, voel hy dikwels dat hy met elke tree in die spoor van
14        sy oupagrootjie trap.
15           Hy is ’n uithalerskut en jagter. Op jagtogte is dit hy
16        wat geweer in die hand, bergop en bergaf deur die ruigste
17        bosse en klowe, by die span jaghonde op die spoor van ’n
18        bosvark bly tot waar die dier omdraai om te veg. Nie
19        eens Ngwako, sy Noord-Sotho-jagmaat met die lang
20        asem, kan byhou nie.
21           In 1966 verhuis hierdie Chipman-gesin na die suide
22        van Suid-Rhodesië, nou Zimbabwe, waar pa Page en ma
23        Grace die plaas Sable Ranch aan die Saverivier koop. Hul-
24        le verkoop die saagmeule en word beesboere.
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                              15                            DBE/November 2013
                                                  NSS

10.1      Watter rol speel Die Buffeljagter in hierdie roman?                                           (1)

10.2      Baas is in baie opsigte nes sy oupagrootjie. Noem TWEE ooreenkomste
          tussen die twee karakters.                                                                    (2)

10.3      Hoe word Baas in dié uittreksel gekarakteriseer?                                              (1)

10.4      In die uittreksel manipuleer die verteller die leser om tot ’n sekere insig
          rakende Baas en sy oupagrootjie te kom.

          10.4.1        Tot watter insig kom die leser rakende Baas en sy oupagrootjie in
                        die uittreksel?                                                                 (1)

          10.4.2        Wat is die voordeel van dié soort verteller in die uittreksel?                  (1)

10.5      Op watter wyse ontnugter Baas later vir Ngwako?                                               (1)

10.6      Barotseland speel as milieu-aanduider ’n belangrike rol in die verhaal.

          10.6.1        Waar in Barotseland vestig Baas hom uiteindelik?                                (1)

          10.6.2        Waarom was Baas aanvanklik teleurgesteld in dié plek?                           (1)

          10.6.3        Hoe veroorsaak die verhuring van dié grond konflik by Baas?                     (2)

10.7      Dink jy Sable Ranch het ’n invloed op die verloop van die verhaal?
          Verduidelik.                                                                                  (3)

                                                     EN

TEKS 2

1         Langsaan is beddings met klippe uitgelê. Dit moet ’n
2         blomtuin gewees het. Onder die knoppiesdoringboom,
3         by die hoofingang van die geboutjie, is ’n hopie grond
4         met ’n eenvoudige kruis van rooimahonie aan die kop-
5         penent. Joseph Sitali Mulambwa 1910 – 19.9.1990 staan
6         in netjiese letters op die dwarsbalk uitgebrand en Induna
7         of God van onder na bo op die stutpaal.
8             Iemand is redelik onlangs hier begrawe. Indoena van
9         God? ’n Sendeling miskien? Die letters op die sinkplaat
10        aan die bougainvillea is ook nie oud nie. Miskien is dit
11        onlangs oorgeverf. Hy soek verder, maar aan geeneen
12        van die bome in die omgewing kry hy tekens dat
13        buffelhorings ooit aan die stamme vasgekap was nie.
14        Mettertyd kom die gedagte by hom op dat iemand hom
15        dophou. Dit laat hom effens verspot voel.
          …

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         16                             DBE/November 2013
                                             NSS

16            Afgeëts teen die sterre hang ’n menigte worse soos
17        reusagtige komkommerballonne aan lang stingels tussen
18        die blare. Lank voor hy by kosmaak uitkom, oorval die
19        slaap hom. Hy droom van sy ma. Sy kom op kaal voete
20        na hom toe aan, die kettinkie waaraan die kruisie hang,
21        is in haar hande. Sy probeer dit oor sy kop kry. Die rif
22        om sy nek swel soos knoetse uit. Die kettinkie wil nie
23        pas nie.

10.8      Watter verband is daar tussen Joseph Mulambwa en die kerkie?                             (1)

10.9      Dink jy die kerkie veroorsaak konflik by Baas? Verduidelik hoekom jy so dink.            (2)

10.10     Watter TWEËRLEI rol speel die bougainvillea in die roman?                                (2)

10.11     Watter gemoedstemming ervaar Baas met verwysing na buffelhorings?                        (1)

10.12     In die uittreksel is daar ’n bewys dat Baas konflik oor sy geloof ervaar.

          Wat is die bewys en hoekom lei dié bewys die ironiese wending in die
          roman in?                                                                                (2)

10.13     Baas leer heelwat lesse op Manaka. Noem DRIE dinge wat Baas op hierdie
          plek oor homself en die mense saam met hom leer.                                         (3)
                                                                                                   [25]

                                            OF

VRAAG 11: OPSTELVRAAG

VATMAAR – AHM Scholtz

Die mense van Vatmaar word as ’n buitestandergemeenskap beskou.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.

Verwys in jou bespreking na:

•      Redes waarom die gemeenskap van Vatmaar as ’n buitestandergemeenskap
       beskou kan word (3 feite)
•      Voorbeelde waar die karakters in Vatmaar se buitestanderskap na vore tree
       (3 feite)
•      Die invloed wat Oom Chai, Ta Vuurmaak en Kenneth Kleinhans op Vatmaar se
       buitestanderskap het (6 gemotiveerde feite)
•      Die moontlikheid, of nie, dat Vatmaar (as gemeenskap) se buitestanderskap
       opgehef word (2 gemotiveerde feite)
•      ’n Motivering of jy graag in ’n gemeenskap soos Vatmaar sou wou bly
       (1 gemotiveerde feit)                                                                       [25]

                                            OF

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           17                            DBE/November 2013
                                               NSS

VRAAG 12: KONTEKSTUELE VRAAG

VATMAAR – AHM Scholtz

Lees die uittreksels hieronder deeglik deur en beantwoord dan die vrae.

TEKS 1

1            Die volgende naweek terwyl Sus Bet en Oom Flip onder hulle boom
2         (want hulle het dit nou “onse boom” genoem) sit en die tyd stadiger
3         probeer laat loop deur nie te praat nie en nie aan die slaap te raak
4         nie, sit en wag Siesie Lena vir haar Janman. Toe hy kom, gaan hulle
5         ook onder ’n doringboom sit sodat hulle kan sien as iemand aankom.
6         Na sy vir hom vertel het wat haar kazie, haar cousin, haar vertel het,
7         sê Janman: Sê dit weer, my Ma. Ek kan dit net nie glo nie, en dan glo
8         ek dit tog weer. Partykeer pluk ’n witman darem ’n lat vir sy eie gat!
9         Wat sal ons nou doen?
10           Janman, sê sy ma, ons het nie baie tyd nie want tyd en geluk werk
11        saam. Ek gaan vir Bet sê sy moet hierdie man van haar vra om vir haar
12        een van die klippe te bring. Maar sy moet hom eers sê hoe gevaarlik
13        dit is, want word hy gevang, sal hy in die tronk loop doodgaan.
14           Ja, sy moet hom eers goed skrikmaak, sê Janman.
15           Toe, nadat hulle hulle plan baie goed uitgedink het, sê Siesie Lena:
16        Jy weet my kind, ons moet eerlik wees met hierdie man want ek weet
17        al die mense wat gevang is, het mekaar probeer besteel.

12.1      Wat is die verband tussen die vier karakters in die uittreksel?                           (3)

12.2      Hoekom is dit korrek om te sê dat Oom Flip en Sus Bet die doringboom met
          reg “onse boom” kon noem?                                                                 (1)

12.3      Watter werk het Oom Flip in die uittreksel gedoen en hoe sluit dit by die
          onderstreepte woorde van Janman in reël 8 aan?                                            (2)

12.4      Toe, nadat hulle hulle plan baie goed uitgedink het ... (reël 15)

          12.4.1        Noem wat die rede vir Sus Bet se betrokkenheid by die plan was,
                        wat haar rol in die plan was en watter voordeel die plan vir haar
                        ingehou het.                                                                (3)

          12.4.2        Watter karaktertrek van Siesie Lena kom in hierdie situasie sterk
                        na vore?                                                                    (1)

          12.4.3        Wat was die gevolg van dié plan vir Oom Flip?                               (1)

12.5      Waarom is Siesie Lena se woorde in reël 16–17 teen die agtergrond van die
          roman nie geloofwaardig nie?                                                              (2)

                                              EN

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          18                           DBE/November 2013
                                              NSS

TEKS 2

1            Toe die kar stop, roep hulle uit: Ons is bly jy is terug, Ou Chai! en:
2         Hoekom het jy so lank weggebly?
3            Hy het die vrouens se hande gevat en gesê: Ek kan voel ek is by die
4         huis.
5            Toe Bettie die kleintjie van die kar af vir Oom Chai aangee, vra een
6         ouma: En waar is jou man, my kind?
7            ’n Ander een sê: Vatmaar se jongetjies vat nie meisies met kinders
8         nie. Ek hoop haar man kom haar gou haal.
9            Bettie het haar trommel oopgemaak, die geraamde trousertifikaat
10        uitgehaal en dit vir die aankykers gewys. Hulle het almal na die raam
11        gekyk en niks snaaks gesien nie want nie een van hulle kon lees nie. ’n
12        Paar het gevra: En wat is dit?
13           Dit is my troupapier, hoor julle! het sy gesê.
14          Toe sê die een pensioen-ouma vir die ander: Ek het gehoor van so
15        ’n papier.
16           En dit met ’n ready-made kind, antwoord Oom Houtstok.

12.6      Hoe bewerkstellig die skrywer die opgewonde stemming in reël 1–2?                       (1)

12.7      Dit is my troupapier, hoor julle! het sy gesê (reël 13).

          12.7.1     Watter voordeel het Oom Chai se huwelik met Bettie vir sy familie
                     ingehou?                                                                     (1)

          12.7.2     Watter karaktereienskap van Oom Chai word                  deur     sy
                     bereidwilligheid om met Bettie te trou geopenbaar?                           (1)

          12.7.3     Hierdie troue veroorsaak egter konflik.

                     Noem TWEE persone met wie Oom Chai as gevolg van sy huwelik
                     in konflik kom.                                                              (2)

          12.7.4     Wat was die hoofoorsaak van hierdie konflik?                                 (1)

          12.7.5     Motiveer waarom ons kan sê hierdie huwelik veroorsaak ’n ironiese
                     wending in Oom Chai se lewe.                                                 (2)

12.8      Waarom is Bettie sosiaal onaanvaarbaar in Vatmaar?                                      (1)

12.9      Noem die tema wat in hierdie uittreksel aangespreek word en lewer
          kommentaar op die aktualiteit daarvan.                                                  (3)
                                                                                                  [25]

                                                                     TOTAAL AFDELING B:           25

                                             EN

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          19                          DBE/November 2013
                                              NSS

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord EEN vraag.

LET WEL:       Beantwoord EEN vraag oor die dramateks wat julle in die klas behandel
               het.

VRAAG 13: OPSTELVRAAG

KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

Cavernelis ervaar konflik in die drama, Krismis van Map Jacobs.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.

Verwys in jou bespreking na:
•     ’n Rede waarom Cavernelis konflik ervaar (1 feit)
•     Voorbeelde waar Cyril en Map tot Cavernelis se konflik bydra (5 feite)
•     Die invloed van die konflik op Cavernelis se huisgesin (6 gemotiveerde feite)
•     Die moontlikheid, of nie, dat die konflik by Cavernelis opgelos word
      (2 gemotiveerde feite)
•     Raad wat jy Cavernelis sou gee om sy konflik op te los (1 gemotiveerde feit)                [25]

                                             OF

VRAAG 14: KONTEKSTUELE VRAAG

KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

Lees die teks hieronder aandagtig deur en beantwoord dan die vrae.

TEKS 1

1       MAP:            Ek is nog ôrait, Ma ... ’is Map ... ’is Johnie ...
2                       Sy kyk na hom, knik.
3       MAP:            Hoe gaan ’it moet Ma?
4                       Sy knik dat dit “goed gaan”.
5       MAP:            En moet Blanchie? Sy kom ook nie meer nie ... Ek
6                       wiet sy’t ook altyd skelm gekom, sonner lat haar mense
7                       wiet ...
8                       Antie Grootmeisie kyk na hom, vol ontsteltenis.
9       MAP:            ... maar ek verkwalik haar nie ... Die social worker
10                      het weer moet my gepraat, sy’s nogal vrinnelik ...
11                      Sy kyk na hom.
12      MAP:            Miss Africa ... ’n Mens kan nogal moet haar praat.
13                      Sy kyk vraend op.
14      MAP:            Miss Africa, Ma ... Ek sê, sy’s nogal vrinnelik ...
15                      Antie Grootmeisie knik.
16      MAP:            Sy sê parole is nou due vir my, ek kom yt op die
17                      sewende wat nou kom, annermaand ...
18                      Antie Grootmeisie kyk lewendig op.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                             20                             DBE/November 2013
                                                 NSS

19      MAP:            Annermaand!
20                      Sy knik opgewonde.
21      MAP:            Parole, Ma ...
22                      Sy knik weer.
23      MAP:            Ek is jammer, oor dit alles, Ma ... Ek het al gesê ...

14.1      Wat is die tema van die drama volgens die milieu in dié uittreksel?                          (1)

14.2      Hoe hou Map se twee name in reël 1 verband met sy keuses?                                    (2)

14.3      Waarom sê Map dat Blanchie “ook altyd skelm gekom” het? Noem die rede
          hoekom sy nou nie meer daarheen kom nie en wat die uiteindelike gevolg
          van hierdie rede was.                                                                        (3)

14.4      Bepaal die dramatiese ironie in Map se woorde “... maar ek verkwalik haar
          nie”.                                                                                        (2)

14.5      Verskeie mense speel ’n belangrike rol in Map se lewe.

          Watter rol het Apostel George in Map se lewe gespeel? Verduidelik wat die
          gevolg hiervan vir Map en Blanchie was.                                                      (3)

14.6      Hoe hou Map se woorde in reël 16–17 met die titel verband?                                   (1)

14.7      Noem EEN karakter met wie Map oor die “alles” (reël 23) in konflik was.
          Noem ook die gevolg van hierdie konflik.                                                     (2)

14.8      Antie Grootmeisie verteenwoordig die karakters se gewete.

          Stem jy saam met hierdie stelling? Motiveer jou antwoord.                                    (1)

                                               EN

TEKS 2

1      LA GUMA:             ... Hierso waar daar niks direction is nie, man, hierso waar
2                           hulle vir jou, en vir my, en vir al onse families, in-geforce
3                           het ... Group areas ...
4      CAVERNELIS:          Maar dis hoekô ons hierso wil yt ...
5      LA GUMA:             So ons ammal soek ’n identity, ’n direction ...
6                           Kyk maar Map Jacobs se tatoos, man ... daai’s ’n search
7                           vir identity!
8      MAUD:                (verskyn self by die venster): Cavernelis-darling, now
9                           really!
10     CAVERNELIS:          Ek is nóú daar, Maudie ...
11     LA GUMA:             O, good evening, missus Cavernelis ...
12     MAUD:                Evening? Evening? It’s the bloody dead of night,
13                          mister La Guma!
14     LA GUMA:             (aan Cavernelis): ’n Mens moet belong ... by hook
15                          or by crook ... somehow ... That’s the secret of living,

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           21                       DBE/November 2013
                                               NSS

16                         believe me ... to belong, man ...
17      CAVERNELIS:        Die lig verdof.
18                         Good night, mister La Guma ...
19                         Lig doof uit.

14.9      Lees weer La Guma se woorde in reël 1 en reël 14.

          Hoe skakel hierdie twee reëls met mekaar?                                            (1)

14.10     Die handelinge van die Cavernelis-familie pas nie in by die res van die
          gemeenskap nie.

          Noem EEN handeling by Cavernelis, Maud en Blanchie onderskeidelik wat
          nie by die gemeenskap pas nie.                                                       (3)

14.11     Elkeen in die Cavernelis-gesin lewer ’n bydrae tot ’n vinniger wegkom uit die
          Kaapse Vlakte.

          Watter bydrae lewer:

          14.11.1       Cavernelis                                                             (1)

          14.11.2       Maud                                                                   (1)

          14.11.3       Blanchie                                                               (1)

14.12     Sou jy Blanchie se bydrae tot Cavernelis se droom as moreel regverdig
          beskou? Motiveer jou antwoord.                                                       (2)

14.13     Is die neweteks in reël 19 geslaagd teen die agtergrond van wat daarna
          gebeur? Motiveer jou antwoord.                                                       (1)
                                                                                               [25]
                                             OF
VRAAG 15: OPSTELVRAAG

MIS – R de Wet

Meisie ervaar konflik in die drama, Mis.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.

Verwys in jou bespreking na:

•      ’n Rede waarom Meisie konflik ervaar (1 feit)
•      Voorbeelde waar Konstabel en Miem tot Meisie se konflik bydra (5 feite)
•      Die invloed van die konflik op Miem se huisgesin en die gemeenskap
       (6 gemotiveerde feite)
•      Die moontlikheid, of nie, dat Meisie se konflik opgelos word (2 gemotiveerde
       feite)
•      Raad wat Gabriël aan Meisie kon gee om haar konflik op te los (1 gemotiveerde
       feit)                                                                                   [25]
                                                  OF
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           22                           DBE/November 2013
                                               NSS

VRAAG 16: KONTEKSTUELE VRAAG

MIS – R de Wet

Lees die uittreksel hieronder deeglik deur en beantwoord dan die vrae.

TEKS 1

1       GERTIE:            (gril) Jy gee my skoon die rillings, Miem.

2       MIEM:              Dit is net die onsekerheid. Waar sal hy toeslaan? Wie sal
3                          dit wees?

4       GERTIE:            Hoe aaklig! Maar dan is daar natuurlik dié wat sê
5                          ons maak te veel van die ding. Dat Tok Pieterse se Rienie en
6                          Hannah Koen se Sannie maar net weggeloop het … uit
7                          ontevredenheid … en frustrasie.

8                          Terwyl Miem verder praat, kom MEISIE weer binne, gaan sit en
9                          werk verder.

10      MIEM:              Ek wil dit nie hoor nie. Ek wil dit nie weer hoor nie! Dit
11                         ontstel my te veel. Al die arme sotte wat nie die gevaar besef
12                         nie. (Snork) Op pad hierheen het jy seker die tent net buite
13                         die dorp gesien?

14      GERTIE:            Ja. En baie mense wat toustaan om in te gaan.

15      MEISIE:            (opgewonde) Is daar baie liggies en is die tent groot?

16      MIEM:              (kwaai) En vir wat wil jy weet! (Aan Gertie) Die dwase!
17                         Maar ek was my hande in onskuld ...

16.1      Wat veroorsaak dat Gertie in reël 1 so gril?                                             (1)

16.2      Miem se dialoog in reël 2–3 dui op onsekerheid.

          16.2.1        Wat veroorsaak die onsekerheid en wie anders as Miem word nog
                        deur hierdie onsekerheid beïnvloed?                                        (2)

          16.2.2        Waarom dink jy is Miem se onsekerheid geregverdig?                         (3)

16.3      Lees weer Gertie se woorde in reël 4–7.

          16.3.1        Hoe sluit dié woorde aan by Meisie en haar omstandighede?                  (2)

          16.3.2        Waarom is hierdie woorde ’n vooruitwysing na die afloop van die
                        drama en hoe sluit dié woorde by die dramatiese doelstelling van
                        dié drama aan?                                                             (3)

          16.3.3        Wanneer het dié twee meisies verdwyn?                                      (1)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                             23                           DBE/November 2013
                                                 NSS

16.4      Meisie praat gewoonlik nie baie nie; daarom is haar opgewonde reaksie in
          reël 15 opvallend.

          16.4.1        Watter waarde heg Meisie aan die sirkustent en -liggies?                     (1)

          16.4.2        Watter waarde heg haar ma daaraan?                                           (1)

16.5      Waarom is Miem se woorde in reël 17 ironies?                                               (1)

                                                 EN

TEKS 2

1                           GERTIE giggel.

2       MIEM:               (in die deur) Gertie, en wat is so snaaks?

3       GERTIE:             (skaam) Aag, dis sommer niks.

4                           MEISIE gaan na die venster en loer uit.

5       KONSTABEL:          Ons het gepraat oor hartsake. (Galant) Ek en die
6                           juffrou het gevind ons is albei ewe versigtig ... en kieskeurig.

7       MIEM:               Werklik? U bedoel ... u is ook nie getroud nie?

8       KONSTABEL:          Nee, ek is nie.

9       MIEM:               (nadenkend) Werklik? (Sien vir MEISIE by die venster)
10                          Kom weg daar by die venster! (Vriendelik) Het u al iets te ete
11                          gehad, Konstabel?

12      KONSTABEL:          Ja, dankie, Mevrou. Ek het.

13      MIEM:               Dit is werklik jammer. Meisie kook die heerlikste kos,
14                          weet u? Sy maak die beste bredie in die distrik en bak die
15                          ligste koeke. Om nie eers te praat van lamsboud en terte nie.
16                          As u later honger word, sal sy tog te gretig wees om vir u iets
17                          te maak. Niks is vir haar te veel moeite nie, dit is mos so, nè
18                          Meisie?

19      MEISIE:             (onwillig) Ja, Ma.

16.6      Wat het aanleiding gegee tot Gertie se giggel (reël 1)?                                    (1)

16.7      Hoekom is Gertie se reaksie, volgens die toneelaanwysing in reël 3, op Miem
          se vraag gepas?                                                                            (1)

16.8      Beoordeel Meisie se handeling in reël 4 en motiveer of hierdie handeling met
          die tema van die drama verband hou.                                                        (3)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                     24                       DBE/November 2013
                                         NSS

16.9      Gee bewyse uit reël 9–11 dat Miem nie vir Meisie en Konstabel dieselfde
          behandel nie.                                                                (2)

16.10     Hoekom gebruik Miem vleiende woorde oor Meisie in reël 13–18? Dui aan of
          haar planne slaag.                                                           (2)

16.11     Skryf EEN woord uit die neweteks neer wat Meisie se houding teenoor haar
          ma opsom.                                                                    (1)
                                                                                       [25]

                                                           TOTAAL AFDELING C:          25
                                                               GROOTTOTAAL:            80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P2 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2023/570bfb5d-f864-4400-8cd2-30d4b1b647c7) — Afrikaans HL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2022/5354dd07-46df-4f34-b294-d451ae648a12) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2018/e7743bcd-7218-48b4-8668-8fc4d889c57a) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2016/f0c679d6-57b1-4941-a730-e09febb83a15) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2015/cdab90d4-3d84-4b91-af49-f2c24059a99e) — Afrikaans HL · QP · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2014/8767b9dc-ed0a-4694-bf6c-345b63d6f6c6) — Afrikaans HL · QP · 2014 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
