# Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2014 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2014, 26 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2014/8767b9dc-ed0a-4694-bf6c-345b63d6f6c6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 26

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2014 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2014/8767b9dc-ed0a-4694-bf6c-345b63d6f6c6)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2014 · Afrikaans. Question paper, 26 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P2 Nov 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2014-memo/a21742b9-5160-420b-aa3d-e176e7b4aaff) — Memo · 2014 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                            AFRIKAANS HUISTAAL V2

                                 NOVEMBER 2014

PUNTE: 80

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 26 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        2                         DBE/November 2014
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord.

2.    Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
      inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die
      letterkundetekste wat jy in die klas behandel het. Lees daarna die vrae oor die
      tekste wat jy gedoen het en kies die tipe vraag wat jy wil doen. Neem die
      voorskrifte by elke vraag in ag.

3.    Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

      AFDELING A: Gedigte        (30)
      AFDELING B: Roman          (25)
      AFDELING C: Drama          (25)

4.    Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE uit AFDELING A, EEN uit AFDELING B en
      EEN uit AFDELING C.

      AFDELING A: GEDIGTE
      Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
      Ongesiene gedig – VERPLIGTE vraag

      AFDELING B: ROMAN
      Beantwoord EEN vraag.

      AFDELING C: DRAMA
      Beantwoord EEN vraag.

5.    KEUSE VAN VRAE VIR AFDELING B (ROMAN) EN C (DRAMA)

      •   Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy in die klas
          gedoen het.
      •   Beantwoord EEN LITERÊRE OPSTEL en EEN KONTEKSTUELE VRAAG.
          As jy die literêre opstel in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele
          vraag in AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in
          AFDELING B beantwoord, moet jy die literêre opstel in AFDELING C
          beantwoord. Gebruik die kontrolelys om jou te help.

6.    LENGTE VAN ANTWOORDE

      •   Die lengte van die literêre opstel vir die gedig is 250–300 woorde.
      •   Die lengte van die literêre opstel vir die roman en drama is onderskeidelik
          400–450 woorde.
      •   Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word bepaal deur die
          puntetoekenning van elke vraag. Beantwoord jou vrae bondig en relevant.

7.    Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                   3                      DBE/November 2014
                                       NSS

8.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

9.    Beantwoord ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.

10. Voorgestelde tydsindeling:

      AFDELING A: ongeveer 40 minute
      AFDELING B: ongeveer 55 minute
      AFDELING C: ongeveer 55 minute

11. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                      4                          DBE/November 2014
                                          NSS

INHOUDSOPGAWE

Hierdie bladsy sal jou help met die keuse van vrae sonder dat dit nodig is om die hele
vraestel deur te lees.

AFDELING A: GEDIGTE

Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAGNOMMER                           VRAAG                    PUNTE        BLADSY
1. “last grave at dimbaza”   Literêre opstel                     10            6
                                   OF
2. Een sprong vir ...        Kontekstuele vraag                  10             7
                                   OF
3. Nuus uit die binneland    Kontekstuele vraag                  10             8
                                   OF
4. Vroegherfs                Kontekstuele vraag                  10             10
                                   EN

Ongesiene gedig: Verpligtend
5. Nelson Mandela                  Kontekstuele vraag            10             11

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord EEN vraag.*
6. Die kwart-voor-sewe-lelie       Literêre opstel               25             12
                                         OF
7. Die kwart-voor-sewe-lelie       Kontekstuele vraag            25             12

8. Manaka Plek van die Horings     Literêre opstel               25             15
                                         OF
9. Manaka Plek van die Horings     Kontekstuele vraag            25             15

10. Vatmaar                        Literêre opstel               25             18
                                         OF
11. Vatmaar                        Kontekstuele vraag            25             18

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord EEN vraag.*
12. Krismis van Map Jacobs        Literêre opstel                25             21
                                          OF
13. Krismis van Map Jacobs        Kontekstuele vraag             25             21

14. Mis                           Literêre opstel                25             24
                                          OF
15. Mis                           Kontekstuele vraag             25             24

*LET WEL:         Beantwoord EEN LITERÊRE OPSTEL en EEN KONTEKSTUELE
                  VRAAG uit AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         5                       DBE/November 2014
                                             NSS

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy al die nodige vrae beantwoord
het.

                        AFDELING                   VRAAG-       GETAL VRAE           MERK
                                                   NOMMER      BEANTWOORD             
   A: Gedigte                                        1–4            2
   (Voorgeskrewe gedigte)
   A: Gedigte                                        5                1
   (Ongesiene gedig)
   B: Roman                                         6–11              1
   (Literêre opstel of kontekstuele vraag)
   C: Drama                                         12–15             1
   (Literêre opstel of kontekstuele vraag)

   LET WEL:        Beantwoord EEN LITERÊRE OPSTEL en EEN KONTEKSTUELE
                   VRAAG uit AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          6                      DBE/November 2014
                                              NSS

AFDELING A: GEDIGTE

VOORGESKREWE GEDIGTE

Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg.

“last grave at dimbaza” – Fanie Olivier

1         beauty douglas was born
2         op ’n wintersnag so all forlorn
3         omring deur die sterre se liggies
4         en koerante kaal klip
5         en nuuskierige hande
6         en tien ander gesiggies
7         a ’n dogter oplaas ’n dogter
8         om beeste te kry om die wêreld
9         te wei a dis lekker
10        om ’n vader te is te is

11        die ma het ’n briefie geskryf
12        aan haar man op die myne
13        om te sê van die kind en te vra van die geld
14        want dit was sy kind die dogter
15        was syne om te sê: o my man
16        o my man ek het beeste gebaar
17        op ’n wintersnag so all forlorn
18        met die sterre soos goud en die mielies klaar
19        beauty douglas your daughter was born

20        sy hart het oopgeskiet tussen lae klip
21        opgeskiet boontoe en oopgevou
22        in ’n laatnagbrief: my vrou
23        my vrou sê aan beauty douglas
24        haar pa het haar lief.

25        hy’t sy brief gepos met sy viersentseël
26        ’n lugposbrief aan beauty douglas
27        om te sê hy’t haar lief
28        die adres was mnxesha
29        oor kingwilliamstown kaap

30        saans as hy sy moegheid streel
31        het hy gedroom van sy meisiekind
32        en op ’n sonskynmiddag twee maande later
33        het ’n brief uit mnxesha hom teruggevind:

34        “beauty douglas was born
35        she died”
                                                                 [Uit : Skimmellig, 1978]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            7                               DBE/November 2014
                                                NSS

In die gedig word ironie en kontras geslaagd aangewend.

Skryf ’n literêre opstel van 250–300 woorde waarin jy die stelling hierbo bespreek.                      [10]

                                                   OF

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Een sprong vir ... – Joan Hambidge

1         Jy wil weet
2         waarom herstel ek nie –
3         want jy het my die maan,
4         sterre en uitspansel beloof.

5         Jy stuur my na die maan
6         en à la Neil Armstrong beweeg
7         ek in die lugdrukvrye atmosfeer,
8         karteer die kraters, die stil verwoesting
9         wat jy saai, plant ’n vlaggie van rekapitulasie
10        (dis verby, dis verby, dis ...) op die klein silw’rige planeet.

11        Danksy die verbinding tussen my en die lugskip van glas
12        genaamd poësie, keer ek weer terug na die aarde,
13        wys my foto’s vir diegene wat wil sien,
14        neem stukkies maankors saam
15        en weet ná maande
16        die maan is hiér.

17        Jy wil weet
18        waarom vergeet ek nie –
19        omdat ek weet die maan
20        is beslis nie van kaas.
                                                                            [Uit: Kriptonemie, 1989]

2.1       Wat word ’n strofe bestaande uit vier versreëls genoem?                                        (1)

2.2       Haal ’n versreël uit strofe 1 aan om te bewys dat ’n gesprek in die gedig
          plaasvind.                                                                                     (1)

2.3       Watter woord uit strofe 1 lei die rede vir die gebroke verhouding in?                          (1)

2.4       Benoem die stylfiguur in versreël 3–4, gee die geïmpliseerde betekenis
          daarvan en noem hoe versreël 19–20 by dié betekenis aansluit.                                  (3)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        8                        DBE/November 2014
                                            NSS

2.5       Haal die versreël uit strofe 3 aan wat dui op die insig waartoe die spreker
          gekom het.                                                                         (1)

2.6       Herlees versreël 17–20.

          Watter emosie ervaar die spreker in bogenoemde versreëls?                          (1)

2.7       Dra die uiterlike vorm van die gedig tot die gediginhoud by? Motiveer jou
          antwoord en bewys dié antwoord met ’n aanhaling uit versreël 1–6.                  (2)
                                                                                             [10]

                                               OF

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Nuus uit die binneland – Peter Blum

Vir Dirk Opperman

1         Soms in die winter as die reën sag stuif
2         op grasperke, dig en diep soos ’n tapyt –
3         as hy die rotsige bergreeks wegskuif
4         agter ’n misgordyn – as voor die ruit
5         popliere, eike en kastaiingbome
6         saamvloei, en ons versink in blaargroen drome
7         terwyl ons oor ’n ou beskawing lees –
8         dan gryp die onwerklikheid ons met die loop
9         van waters wat kalmeer, en in die gees
10        vou grys en sat die graafskap Surrey oop.

11        Soms in ’n najaarsdag se skemerty
12        stap ons in ’n stil straatjie en gewaar
13        deur ’n ou bolig, kunstig uitgesny
14        in vlegtende patroon van druif en blaar,
15        die lig van verre dae: Ons word gesluk
16        soos deur ’n mond; die luiterse getik
17        van ’n ou horlosie vervang ons ontstoke
18        harte se ritme in die kamerhoek,
19        en ons gestaltes kwyn tot stywe spoke
20        in die vernislaag van ’n Delftse doek.

21        Maar as die bergwind so rukkerig waai
22        en tussen ons rondkrap soos ’n stok
23        in ’n miershoop – in die palms blaai
24        nes ’n barbaar in ’n keurige boek –
25        dan is ons rillend buite alle mure
26        wat ons opstapel in redelike ure
27        met doel en plan –
28        ruik ons droogte en brand, en gerug

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                             9                             DBE/November 2014
                                                 NSS

29        van sprinkaan, aardbewing en oproer
30        op daardie skroeiende binnelandse lug
31        – dan, dan
32        weet ons op watter vasteland ons boer
                                                                 [Uit: Steenbok tot Poolsee, 1955]

3.1       Herlees versreël 1.

          3.1.1         Skryf versreël 1 neer en onderstreep die allitererende klanke.                  (1)

          3.1.2         Watter stemming word deur dié allitererende klanke versterk? Haal
                        ’n woord uit versreël 6–10 aan wat by die stemming pas.                         (2)

3.2       Wat is die gevolg as die spreker in die reënerige toestande oor ’n ou
          beskawing lees?                                                                               (1)

3.3       3.3.1          Wie is in die gedig aan die woord?                                             (1)

          3.3.2          Haal ’n woord uit strofe 1 aan om jou antwoord in VRAAG 3.3.1
                         te bewys.                                                                      (1)

3.4       Wat is die betekenis van die vergelyking in versreël 15–16?                                   (1)

3.5       Benoem die beeldspraak wat die digter gebruik om die mense van Afrika te
          beskryf en motiveer of die gebruik daarvan geregverdig is.                                    (2)

3.6       In versreël 31 word die aandagstreep geslaagd gebruik. Motiveer hierdie
          stelling.                                                                                     (1)
                                                                                                        [10]

                                                    OF

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                              10                            DBE/November 2014
                                                  NSS

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Vroegherfs – NP van Wyk Louw

1         Die jaar word ryp in goue akkerblare,
2         in wingerd wat verbruin, en witter lug
3         wat daglank van die nuwe wind en klare
4         son deurspoel word; elke blom word vrug,
5         tot selfs die traagstes; en die eerste blare val
6         so stilweg in die rook-vaal bos en laan,
7         dat die takke van die lang populiere al
8         teen elke ligte môre witter staan.
9         O Heer, laat hierdie dae heilig word:
10        laat alles val wat pronk en sieraad was
11        of enkel jeug, en vér was van die pyn;
12        laat ryp word, Heer, laat U wind waai, laat stort
13        my waan, tot al die hoogheid eindelik vas
14        en nakend uit my teerder jeug verskyn.
                                                                        [Uit: Die halwe kring, 1937]

4.1       Herlees versreël 1–5.

          4.1.1         Skryf ’n frase neer wat op die onstuitbaarheid van die natuur dui.                (1)

          4.1.2         Watter frase dui op die letterlike stroping in die natuur?                        (1)

4.2       Benoem die beeldspraak wat in versreël 4–5 voorkom.                                             (1)

4.3       Haal die woorde wat die wending/toepassing van die gedig inlui, aan.                            (1)

4.4       In reël 1 gebruik die spreker die beeld van “goue akkerblare”.

          Skryf die woord in versreël 9–14 neer waarmee hierdie beeld skakel.                             (1)

4.5       In versreël 12–13 kom omgekeerde woordorde voor.

          4.5.1         Wat is die funksie van die omgekeerde woordorde?                                  (1)

          4.5.2         Watter invloed het die omgekeerde woordorde op die beskrywing
                        van die stropingsproses?                                                          (1)

4.6       Hierdie gedig is in 1937 geskryf, 77 jaar voor jou matriekjaar.

          Wat is die boodskap van die gedig? Is dié boodskap relevant vir die tiener
          van 2014? Motiveer jou antwoord én skryf die boodskap neer wat jy vir die
          tieners van 2014 wil gee.                                                                       (3)
                                                                                                          [10]

                                                     EN

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         11                           DBE/November 2014
                                             NSS

ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

Nelson Mandela – Johann Lodewyk Marais

1         Jare lank al weier u om te swig
2         by Mvezo oorkant Mbashe.
3         Ek was u voete in hierdie gedig.

4         Hier het u voorvaders ’n kraal gestig
5         en het u u heel eerste tree gegee.
6         Jare lank al weier u om te swig.

7         Bedags het u gedroom van stedelig
8         terwyl u drentel agter spikkelvee.
9         Ek was u voete in hierdie gedig.

10        Ver hiervandaan was iets duisters in sig
11        toe u leer van mense se bitter wee.
12        Jare lank al weier u om te swig.
13        Hulle – my mense – het u selfs verplig
14        om na dié te luister wat op u skree.
15        Ek was u voete in hierdie gedig.
16        Toe u uit die donker kom na die lig
17        het u met ons nasie ’n band gesmee.
18        Jare lank al weier u om te swig.
19        Ek was u voete in hierdie gedig.
                                                                  [Uit: www.versindaba.co.za]

5.1       Watter tipe rym kom in die gedig voor?                                                   (1)

5.2       Noem die verwagting wat die titel van die gedig skep en motiveer of dié
          verwagting in die gedig gerealiseer word.                                                (2)

5.3       Watter ingesteldheid van die spreker kom in versreël 3 duidelik na vore?                 (1)

5.4       Waarna verwys versreël 5?                                                                (1)

5.5       Wat is die funksie van die leestekens in versreël 13?                                    (1)

5.6       Haal die kontrasterende woorde in versreël 16 aan en sê waarna hierdie
          kontrasterende woorde verwys.                                                            (2)

5.7       Dink jy dat hierdie gedig ’n goeie beskrywing van Nelson Mandela se invloed
          op die samelewing is? Motiveer jou antwoord en haal ’n sin uit die gedig aan
          om jou antwoord te bewys.                                                                (2)
                                                                                                   [10]

                                                                  TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        12                            DBE/November 2014
                                            NSS

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord EEN vraag.

LET WEL:       Beantwoord EEN vraag oor die letterkundeteks wat julle in die klas
               behandel het.

VRAAG 6: LITERÊRE OPSTEL

DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

Iris skep vir haar ’n fantasiewêreld.

Bespreek hierdie stelling in ’n literêre opstel van 400–450 woorde en verwys in jou
antwoord na die oorsake vir haar fantasiewêreld, die wyse waarop haar
fantasiewêreld in Elsa se lewe weerspieël word en die invloed van die Engel en Peter
op haar wêreld.                                                                                   [25]

                                               OF

VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG

DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

Lees die onderstaande uittreksels aandagtig deur en beantwoord die vrae.

TEKS 1

1             “Sê my net een ding,” het Peter gevra toe ons weer alleen
2         was. “Waarom, waarom het jy daardie aand saam met my
3         gegaan?”
4             “Dis moeilik om te verduidelik,” het ek gesê. “’n Karakter
5         in een van my stories se naam is Peter en toe jy ...”
6             “Storie? Watse storie? Skryf jy stories?”
7             “Nee. Ek dink hulle uit.”
8             Hy het deur sy hare gevee sodat hulle regop gespring het
9         om die twee kroontjies. “En ek is deel van so ’n versinsel?”
10            “Nee.” Ek het begin eet. “Dis juis my punt, jy is nie.”
11           Hy het sy vurk in sy pasta begin draai. “En as ek jou nou
12        weer sou vra?”
13            “Ek sal weer saamgaan. Maar jy het nie meer jou woonstel
14        nie. Paula het my vertel.”
15            Hy het sy vurk neergesit en die kelner nader gewink. “’n
16        Vriend het syne vir my geleen terwyl ek in die stad is. Het jy
17        ‘n motor?”
18            Ek het my baadjie en handsak opgetel en agter hom aan-
19        geloop ...

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         13                          DBE/November 2014
                                             NSS

20            “Waar is die engel wat altyd my hand vashou?” het ou
21        meneer Bruwer vir hom gevra toe ek weer laat was.
22            “Hy noem jou ’n engel,” het dokter Anders gegrom toe ek
23        uiteindelik opdaag.
24            “Dis omdat hy benoud word wanneer jy so in sy mond
25        grou,” het ek verduidelik. ...
26            “Wat ook al,” het hy gesê. “Ek wens die laatkommery wil
27        nou end kry.”
28            “Dit sal,” het ek gesê. “Dis klaar verby.”

7.1       Na watter aand verwys Peter in reël 2?                                                  (1)

7.2       Herlees reël 10.

          Wat sê Iris later in die roman (nie reël 10 nie) van Peter as versinsel?                (1)

7.3       Wat neem die leser met die lees van Teks 1 waar ten opsigte van die
          kommunikasie tussen Peter en Iris? Bewys jou antwoord met ander
          voorbeelde uit die roman.                                                               (2)

7.4       Herlees reël 18–19.

          Uit hierdie reëls kan ons ’n afleiding maak oor Iris se karakter. Wat is die
          afleiding wat ons kan maak? Noem nog voorbeelde in die roman waar sy
          hierdie karaktertrek openbaar.                                                          (3)

7.5       Bewys met ’n woord uit die teks dat Iris die verteller is en sê hoekom hierdie
          soort verteller vir dié roman geloofwaardig is.                                         (3)

7.6       Sowel meneer Bruwer as Iris koester verwagtinge van hul “engele”.

          Wie was hul onderskeie engele en gee ’n rede hoekom hulle verwagtinge
          van hulle engele vervul is of nie?                                                      (4)

7.7       Hoekom is die laatkommery in reël 28 klaar verby?                                       (1)

                                                EN

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         14                           DBE/November 2014
                                             NSS

TEKS 2

1             Die Engel het hy aanvaar omdat die Engel nie opdrin-
2         gerig is of my tyd in beslag neem nie, maar as ek by Die Spieël
3         wil aansluit, moet ek my koffers pak. Ek het belowe ek sal dit
4         in gedagte hou. Om te moet kies tussen Peter en die voor-
5         vadergeeste is geen keuse nie.
6             Dit is nou laatsomer en ek en Johanna sit saam op ons kom-
7         buisstoeltjies in die hoek van die skadutuin. Dis halfsewe en
8         ons hou die lelie dop. Toe ek nou-nou opkyk, het ek Die En-
9         gel deur die ondertuin sien sweef. Hy hou daarvan om laat-
10        middae in die tuin te wees. Miskien kommunikeer hy met die
11        plante of versterk hy sy onsterflike siel sodat hy krag het vir
12        ons latere argumente. Ek weet nie.
13            “Dan sal ons seker maar so saam oud word,” sê Johanna
14        vir my toe sy met ’n steun langs my kom sit.
15            “Jy word vet,” sê ek. “Jy gaan nie ou bene maak as jy nie
16        oppas nie.”
17            “Ek is gesond vir my jare,” sê sy gebelg.
18            Ek sit my hand op haar knie om te wys ek bedoel dit nie
19        regtig nie en Polder kyk van die een na die ander en dan na
20        die lelie wat met bultende knop roerloos voor ons staan.
21            “Ek hoop nie hy’s laat nie,” sê Johanna. “Ek wil nie die kos
22        vir Peter verbrand nie.”
23            “Wees geduldig,” sê ek. “Dis amper tyd.”

7.8       Herlees reël 1–3.

          Hoe verskil Peter se houding teenoor Iris se fantasiewêreld in Teks 1 van dié
          in Teks 2?                                                                                (2)

7.9       Iris se ma het wel as karakter ontwikkel. Gee ’n rede uit die teks om die
          stelling te staaf.                                                                        (1)

7.10      Iris en die Engel bots oor Peter. Wat is die rede vir dié botsing?                        (1)

7.11      Vergelyk Iris se aanvanklike siening van haar blomtyd met haar siening in
          Teks 2 en haal ’n frase uit reël 18–23 (Teks 2) aan om jou antwoord te staaf.             (3)

7.12      Is dit moontlik dat die ruimte in Teks 2 kon bygedra het om van Iris ’n
          selfversekerde vrou te maak? Motiveer jou antwoord.                                       (2)

7.13      Sou jy die slot van die roman as geslaagd beskou? Motiveer jou antwoord.                  (1)
                                                                                                    [25]

                                                OF

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        15                          DBE/November 2014
                                            NSS

VRAAG 8: LITERÊRE OPSTEL

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

Baas, die hoofkarakter in Manaka Plek van Horings, ondergaan – onder die invloed
van verskeie ander karakters – ontwikkeling.

Bespreek hierdie stelling in ’n literêre opstel van 400–450 woorde. Verwys in jou
bespreking na die bydrae wat die khuta, Ouma Essie, Grace en Whitey tot Baas se
ontwikkeling lewer.                                                                             [25]

                                               OF

VRAAG 9: KONTEKSTUELE VRAAG

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae.

TEKS 1

1             “Ons het al hieroor gepraat,” sê hy beheers. “Ek is
2         nie in Barotseland om welsynswerk te kom doen nie.”
3             “Moenie weer kwaad word nie.” Grace klap versko-
4         nend haar hande.
5             “Ek is nie kwaad nie.” Hy vryf oor die verweerde stuk
6         kakebeen voor hom op die grond. “Goed, ek is kwaad.
7         Ek sal jou ’n storie vertel. Van ’n skoenlappervanger wat
8         van Kanada af gekom en nege en twintig jaar in Afrika
9         gebly het. Toe ek ’n kind was, het ek hom in my gedagtes
10        gewed dat ek vir hom die skoenlapper sal kan vang wat
11        hy nooit gekry het nie.”
12            “Dit is ’n mooi storie.” Grace trek met haar vinger
13        patroontjies in die sand. “Het hy jou ooit gesê na watter
14        soort skoenlapper hy gesoek het?” Sy vryf haar hande
15        teen mekaar, haar gesig effens na die grond gedraai, maar
16        haar oë steeds op hom.
17            “Ek het nooit die kans gehad om hom te vra nie.”
18        Baas kyk onder die worsboom se takke deur na sy boot
19        hoog op die stellasie. “Hy is dood voor ek gebore is.”
20            “Dit sou goed gewees het om die skoenlappervanger
21        te kon ken.” Sy staan op. “Nou sal ek eers vir die skoon-
22        ma van my oorlede pa se suster ’n blikkie vis gaan uithaal.”
23            Baas bly op die stomp sit wat meneer Johnnie gebring
24        het, sy hand op Lady se kop. “Ja, ou dienende Martha.
25        En nou moet ’n sendeling se vrou my nog wegbring
26        jagveld toe,” sê hy eindelik. Hy gooi die stuk kakebeen
27        weg en loop na sy hut toe. Hy vat die dagvaardiging saam.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            16                      DBE/November 2014
                                                NSS

9.1       Baas verwys in reël 2 na welsynwerk. Wat beteken dit binne die konteks van
          hierdie uittreksel?                                                                   (1)

9.2       Baas vertel Grace van sy droom. Wat lei jy hieruit omtrent hulle verhouding
          af?                                                                                   (1)

9.3       Noem TWEE simboliese skoenlappers wat Baas vir sy oupagrootjie
          gevang het.                                                                           (2)

9.4       Watter bynaam kry Dennis Chipman in Barotseland en waarom is die gebruik
          van dié bynaam ironies in Manaka?                                                     (2)

9.5       Baas verwys na die dienende Martha in reël 24.

          9.5.1         Bring dié naam met sy ma in verband.                                    (1)

          9.5.2         Gee ’n ander voorbeeld uit die roman waar Grace as ’n dienende
                        Martha beskou kan word.                                                 (1)

9.6       Sê waarom die derdepersoonverteller in die roman geslaagd is en motiveer
          jou antwoord met voorbeelde uit die roman.                                            (4)

9.7       Aan die einde van die roman sê Ouma Essie die volgende: “Wie weet of jy
          nie met die oog op ’n tyd soos hierdie Manaka toe gestuur is nie?”

          Watter optrede van Baas in die roman staan in kontras met sy woorde in
          Teks 1 (reël 1–4)?                                                                    (1)
                                                   EN
TEKS 2

1             “Ek het niks om te sê nie.” Baas staan op.
2             Die khuta bly sit.
3             Baas buig en klap sy hande. Hy loop. Nie in die rigting
4         van die Datsun waarmee hulle na die vergadering toe
5         gekom het nie. In die rigting van die rivier. Die khuta
6         staar hom in ongeloof agterna. Sitali en Vleislus spring
7         van die bakkie af. Hulle loop saam met Baas al in die
8         voetpad langs wat Manaka toe gaan.
9             By die vergadering spreek ouma Essie die khuta aan
10        sonder om hande te klap. Sy praat Engels. “As julle ná
11        vier of vyf jaar nie weer iemand gekry het om Manaka te
12        huur nie, sal ek en Tibelelo miskien ons huis kan terugkry
13        en dit gaan regmaak. Daarom is dit ’n goeie ding dat
14        julle die man wat wit is, weggejaag het met julle gierig-
15        heid.”
16            Die khuta onderbreek haar. Hulle sê noudat die man
17        wat wit is, geloop het, kan sy in Silozi praat, dan hoef
18        daar nie getolk te word nie.
19            “Ek sal aanhou praat in ’n taal wat hierdie vrou wat
20        wit is, kan verstaan, want wat julle oor die man wat wit
21        is, besluit, is ook julle besluit oor die sendelinge. Sonder
22        meneer Baas sal hulle nie in Barotseland kan bly nie.”
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            17                        DBE/November 2014
                                                NSS

9.8       Op watter wyse is Baas na die khuta ontbied? Noem maniere hoe Baas sy
          minagting/verset by die vergadering gewys het.                                          (3)

9.9       Noem DRIE dinge wat Baas gepla het en waarvan die khuta nie geweet
          het nie.                                                                                (3)

9.10      Herlees reël 1.

          Wat het die khuta hier van Baas verwag?                                                 (1)

9.11      Ouma Essie, Baas en Grace klap hande.

          9.11.1        Waarom verskil die handeklap van Grace in Teks 1 (reël 3–4) van
                        die handeklap wanneer sy by die khuta is?                                 (2)

          9.11.2        Wat lei jy van Ouma Essie se weiering om hande te klap af?                (1)

9.12      Plaas jouself in Ouma Essie se skoene dié dag van die vergadering (Teks 2)
          en sê in EEN sin wat sy na die vergadering aan Baas kan sê.                             (1)

9.13      Fumi beteken Die Plek van die Ryk Mense.

          Waarom is dit nie ’n gepaste naam vir die vergaderplek van die khuta nie?               (1)
                                                                                                  [25]

                                                  OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        18                          DBE/November 2014
                                            NSS

VRAAG 10: LITERÊRE OPSTEL

VATMAAR – AHM Scholtz

Die karakters se leefwyse in Vatmaar is een van toeëiening.

Bespreek hierdie stelling in ’n literêre opstel van 400–450 woorde deur te verwys na
die gemeenskap se houding ten opsigte van besittings en besitreg en hoe dit
kontrasteer en ooreenkom met die houding van die Britse regering en die Boere.                   [25]

                                               OF

VRAAG 11: KONTEKSTUELE VRAAG

VATMAAR – AHM Scholtz

Lees die uittreksels hieronder deeglik deur en beantwoord dan die vrae.

TEKS 1

1                   And take this letter to Mister Keely – the sur-
2         veyor next to the firebuckets.
3           Mister Keeley het vir my gesê: Hope you can work when you are
4         drunk, for you are all the same. Be here on Thursday at eight o’clock
5         sharp! – en hy het na die vloer gewys.
6           Ons sou ons pay vir die eerste maand kry net voor die tyd wat ge-
7         noem word die Paasnaweek. Die Goeie Vrydag, Saterdag, die Paas-
8         sondag en die Paasmaandag – vier volle dae om George en Ruth se
9         troue te vier.
10          George het ’n hele maand vooraf gehad om dinge reg te kry, maar
11        die tyd was min. Ek het op ’n keer vir hom gesê: George, vir wat
12        vat jy haar nie net en woon met haar saam soos man en vrou nie?
13          Hy kan, het hy gesê. But I don’t want to. If I love Ruth as I think I
14        do, I must also respect her and her family.
15          Ek het hom toe maar vertel dat ons die volgende dag ons mate by
16        die kleremaker, Moosa Keppie, moes laat neem en sommer ook
17        moes kyk of die swart materiaal vir ons pakke al gekom het.
18          Alles het uitgewerk en ’n paar dae voor die troue was die pakke reg.
19          Ruth se ouers was baie arm. Toe het ek stilletjies met een van haar
20        tantes afgespreek dat ek vir haar geld sal gee om vir Ruth trouklere te
21        koop.

11.1      Watter indirekte rol het die Queen gespeel om Oom Chai en George Lewies
          bymekaar uit te bring?                                                                 (1)

11.2      Hoe het die besoek van Oom Chai en George Lewies aan mnr. J Walker ’n
          aandeel in die stigting van Vatmaar gehad en watter rol het George Lewies in
          die stigting gespeel?                                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         19                          DBE/November 2014
                                             NSS

11.3      ... you are all the same ...

          Teen watter agtergrond speel die roman af? Is mnr. Keely se woorde teen dié
          agtergrond geregverdig? Noem ’n gevolg wat uit hierdie stereotipering
          gespruit het.                                                                          (3)

11.4      Herlees reël 11–12.

          Dui die verband tussen Oom Chai se woorde in dié reëls en die titel van die
          roman aan.                                                                             (2)

11.5      Ta Vuurmaak het Oom Chai skelm-slim genoem.

          Watter optrede van Oom Chai in Teks 1 staan in kontras met bogenoemde
          uitspraak?                                                                             (1)

11.6      In reël 13–14 is dit duidelik dat George Lewies vir Ruth respekteer.

          Wat is die gevolg daarvan vir George Lewies ten opsigte van ’n woonplek in
          Du Toitspan en watter tema sou na vore gekom het indien hy nie vir Ruth
          respekteer het nie?                                                                    (2)

11.7      Wat is die voordeel van die tipe verteller in Teks 1?                                  (1)

                                                EN

TEKS 2

1           Oom Chai het ’n groot begrafnis gehad. Die hele Vatmaar het uit
2         die werk uit gebly en daar het ook baie mense van Du Toitspan af
3         gekom. Dit was die eerste begrafnis op Vatmaar met mouterkarre in
4         die stoet agter Ou Swaai en die trollie met die kis en Oom Flip op,
5         nou self ’n oupa. Die domanie van die groot kerk in die Pan het die
6         begrafnisdiens gehou.
7           Bettie het daar gestaan met klein Job in haar arms, ’n niks. Nou en
8         dan het sy ’n skewe kyk gekry van die mense wat na die kis gekyk het,
9         en dan vir haar.
10          Net Boitjie Afrika het haar treur en alleenheid met haar gedeel. Hy
11        het klein Job by haar gevat en hom gesoen en gesê: Moenie worry nie,
12        my darling.
13          Hulle was die laaste om die graf te verlaat. In al die tyd het sy nie
14        ’n traan laat val nie. Nou rol haar trane. Sy sit haar kop op Boitjie se
15        skouer. Hy sê: Huil jou uit, my cheri. Sy tel haar kop op, hy vat sy
16        sakdoek en vee haar trane af so saggies soos hy kan. Toe gee sy hom
17        ’n glimlag, haar eerste Vatmaar-glimlag, die soort wat alles sê. Dit trek
18        tot in sy murg, sy heel eerste smaak van ware liefde. Hulle loop toe
19        met die woorde van Sus Bet in hul ore: Alleen word jy gebore en al-
20        leen gaan jy dood.
21          Bettie kon nie weer in haar en Oom Chai se bed slaap nie. Dit was
22        Boitjie wat eerste daarop gaan lê en gesê het: Bettie, my blom, kom
23        lê hier langs my. Jou verlies is my wins.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        20                          DBE/November 2014
                                            NSS

11.8      Oom Chai se troue met Bettie was ’n daad van medemenslikheid.

          Motiveer bogenoemde stelling met redes uit die roman en gee ’n voorbeeld
          hoe hy probeer het om die huwelik te laat slaag. Wat is ironies aan hierdie
          poging?                                                                               (4)

11.9      In teenstelling met Oom Chai se groot begrafnis, het sy aansien in die
          gemeenskap na sy troue met Bettie gedaal.

          Bewys hierdie stelling met voorbeelde uit die roman.                                  (2)

11.10     Ruth is met George Lewies (Teks 1) en Bettie (Teks 2) is met Oom Chai
          getroud.

          Hoe verskil Ruth en Bettie se redes vir die huwelik en watter huwelik sluit by
          die tema van liefde oor kleurgrense aan?                                              (3)

11.11     Die karakter Boitjie word aan die begin van die roman nie positief geteken
          nie.

          Watter latere optrede van hom verander dié beeld? Wie het hom gehelp om
          hierdie beeld te verander en wat het hierdie persoon gedoen om groter
          waardigheid aan Boitjie te gee?                                                       (3)

11.12     Lewer kommentaar op die feit dat Bettie eers nadat almal by die begrafnis
          weg is, ’n traan gestort het.                                                         (1)
                                                                                                [25]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:             25

                                          EN

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        21                         DBE/November 2014
                                            NSS

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord EEN vraag.

LET WEL:         Beantwoord EEN vraag oor die dramateks wat julle in die klas behandel
                 het.

VRAAG 12: LITERÊRE OPSTEL

KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

In dié drama is dit duidelik dat Map as karakter ontwikkel het.

Bespreek hierdie stelling in ’n literêre opstel van 400–450 woorde en verwys in jou
bespreking na die goeie Johnnie wat ’n bendeleier geword het, die verandering wat hy
in die tronk en tydens sy parooltyd ondergaan het, hoe sy houding teenoor werk
verander het en die insig ten opsigte van Blanchie waartoe hy gekom het.                       [25]

                                               OF

VRAAG 13: KONTEKSTUELE VRAAG

KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae.

TEKS 1

1         CYRIL:         Julle’s darem op julle nerves, jong!
2         RICHIE         (aan hulle almal): Los my yt! Wat neuk julle moet
3                        my!? (Hy smyt sy stok neer, en lóóp.)
4         TOMMY:         Strange ...
5         CYRIL:         Oek nie so strange nie ...
6         TOMMY:         So Richie het allie tyd só ... gevoel oor haar, nè?
7                        Well, I never ...
8         CYRIL:         Smaak jy vir speel?
9         TOMMY:         Nei, man, anner keer ...
10        CYRIL:         Maar ek het dan gedink sy gaat oversea ...
11        TOMMY:         Ek oek … Anyway ... Maar ’is seker nie onse
12                       biesagheit nie.
13        CYRIL:         (lag)’Is soes jy sê, ou Tommy ... So ... hulle siet
14                       mekaar weer, Blanchie, en Map Jacobs die bastard!
15                       Die lig verander. Doof uit.
16                       Doof in: Blanchie en Map. Blanchie totaal verward en huilend.
17                       Op ’n afstand van mekaar.
18        BLANCHIE:      (bewend) Dis ... Johnnie ... dis Daddy! Daddy! Jy
19                       ... kom ... help. Dis Daddy!! Daddy!! Daddy!! (Sy skreeu.)
20        MAP:           (staar) Blanchie ...
21        BLANCHIE:      Johnnie! Dis Daddy!!
22        MAP:           (probeer haar kalmeer) Hê, Blanchie ... Lyster nou
23                       eers ... Blanchie ...

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           22                             DBE/November 2014
                                               NSS

24        BLANCHIE:     (snik, praat dan) Daddy! ... Johnnie ... hy word
25                      nooit so nie, hy’t nog ... nooit ... nog ... so ... na ... Johnnie ...
26                      gekyk nie ... Toe ... loop hy net ... weg ... net ... loop hy
27                      net ...
28                      Map sit sy arm om haar, maar asof dit ’n elektriese skok is,
29                      ruk sy haar weg.

13.1      Waarna verwys Cyril in reël 1?                                                               (1)

13.2      Watter ironie is in Tommy se onkunde (reël 6–7) te bespeur?                                  (1)

13.3      Herlees reël 10.

          Maud en Blanchie is later in konflik oor die modelkontrak. Gee redes wat
          Maud aanvoer waarom Blanchie nie die kontrak gekry het nie, sê hoe
          Cavernelis betrek word en wat die gevolg vir die huisgesin is.                               (4)

13.4      Vergelyk Blanchie se reaksie teenoor Cavernelis (reël 18–19) met haar
          reaksie teenoor hom toe die brief ontvang is.                                                (2)

13.5      Noem ’n rede waarom Blanchie na Map as Johnnie verwys. Stem jy saam
          met Blanchie se naamgewing? Motiveer jou antwoord.                                           (3)

13.6      Herlees reël 24–27.

          Wat het met Cavernelis gebeur? Gee jou mening oor die gebeure en
          motiveer jou antwoord.                                                                       (3)

13.7      Benoem die deel van die dramatiese struktuur waarin Teks 1 geplaas kan
          word.                                                                                        (1)

                                                  EN

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           23                         DBE/November 2014
                                               NSS

TEKS 2

1         TOMMY:              Manne ... Please, please ...
2                             Stilte.
3         CYRIL:              Why? Because jy use vir Blanchie, jy, ou dad. Sy bring
4                             mos cash in, cash. Daai’s mos al waarin jy interested is,
5                             die ... (Gebaar met sy vingers wat "cash" beteken.) Jou eie
6                             vleis en bloed, en jy use vir haar so ...
7         CAVERNELIS:         (lê half teen Tommy, huil half) Ons doen vir
8                             julle niks nie, so laat staan vir ons ... (Hy skreeu nou
9                             amper.) Los vir ons! Laat staan vir ons! Ek werk vir my
10                            gesin ...
11        CYRIL:              En Blanchie werk oek ... ek meen, jy lat haar
12                            werk, nè, uncle ... En wiet jy hoekô? Dink jy ons wiet
13                            nie? Ga! ’Is mos true, nè. Ons het die storie gehoor, en,
14                            after all, onse oë is nie in onse agterste nie! Haitie-
15                            taities!
16        CAVERNELIS:         (nou opgewonde) ’Is nie julle saak nie! ’Is nie
17                            julle besigheid nie!
18        CYRIL:              Moenie so panic nie, ou dad. Ons verstaan. Dink
19                            jy ons verstaan nie? Jy en die missies (wys boontoe),
20                            julle wil vir julle ytkoep hierso yt die township yt. Julle
21                            spaar vir ’n plotjie grond en ’n hys, somewhere else. In
22                            ’n decent coloured area. (Beklemtoon “decent”.) Julle wil
23                            hierso yt onse township yt escape. (Wys na die geboue.)
24                            Right? Djulle fit mos nie in nie, dis nie julle soorte lewe
25                            nie! Nie onse types nie! (Wys na Richie, na Tommy, na
26                            homself.) ... Fair enough! (Lag.)

13.8      Herlees reël 3–6.

          Noem karaktereienskappe wat ons van Cavernelis uit hierdie reëls kan aflei.              (2)

13.9      Watter tipe konflik kom tussen Cavernelis en Cyril voor en op watter wyse
          word dié konflik opgelos?                                                                (2)

13.10     Ek werk vir my gesin. (reël 9–10)

          Watter TWEE werke doen Cavernelis om sy gesin te onderhou en hoe
          beïnvloed sy werk sy verhouding met Maud?                                                (3)

13.11     Cyril beklemtoon decent in reël 22.

          Kan ons aflei dat Cyril ook kan bedoel dat Cavernelis nie decent optree nie?
          Motiveer jou antwoord                                                                    (1)

13.12     Julle wil hierso yt onse township yt escape.

          Watter tema van die drama kan jy uit dié woorde aflei?                                   (1)

13.13     Wat is die funksie van die neweteks in reël 25?                                          (1)
                                                                                                   [25]

                                                 OF
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                             24                        DBE/November 2014
                                                 NSS

VRAAG 14: LITERÊRE OPSTEL

MIS – Reza de Wet

In die drama Mis ondergaan die karakters verandering.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde en verwys in jou antwoord
na Miem en Gertie wat onder die invloed van Konstabel weer hul vrouwees ontdek,
Meisie wat bevry word en hoe Konstabel se verandering tot die tema van die drama
bydra.                                                                                              [25]

                                                    OF

VRAAG 15: KONTEKSTUELE VRAAG

MIS – Reza de Wet

Lees die onderstaande uittreksels deeglik deur en beantwoord dan die vrae.

TEKS 1

1                       Wanneer die stuk begin, word die harde sirkusmusiek gehoor.
2                       Die musiek vervaag. Ligte op. MIEM en MEISIE sit by die tafel.
3                       Elkeen is besig om twee stukke goiing aan mekaar vas te werk
4                       om sakke te maak. Die valdeur klap oop. Stilte. MIEM en MEISIE
5                       sit en werk.

6        MIEM:          Gaan tel.

7        MEISIE: (gaan hurk by die hoop sakke en tel) Ses ... tien ...
8                sewentien ... twintig ... vier-en-twintig, sewe-en-twintig.

9        MIEM:          Ons moet dertig hê voor môre. (Sug, tel haar voet op en
10                      laat dit op ’n stoel rus)

11       MEISIE: Ja, Ma. (Gaan sit en begin weer werk)

12                      Hulle werk in stilte.

13       MEISIE: Eina! (Suig haar vinger)

14       MIEM:          Ja, jy wil mos nie ’n vingerhoed gebruik nie.

15                      MEISIE buig haar kop en werk verder. MIEM werk ook. Terwyl
16                      hulle werk, sak ’n tou stadig uit die valdeur tot ongeveer een
17                      meter bo die grond.

18       MIEM:          (sien die tou raak) Die mandjie is op die tafel.
19                      MEISIE staan ietwat onwillig op en bind die mandjie haastig aan
20                      die onderpunt van die tou vas.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                             25                         DBE/November 2014
                                                 NSS

21       MIEM:          Nie so vinnig nie. Maak dit ordentlik vas.

22       MEISIE: (fluisterstem) Ek is bang ... As ek opkyk, sien, sien ek sy bene-
23               rige, wit hand.

24       MIEM:          (sag en kwaai) Skaam jou! Jou eie pa! (Staan effens moeilik op en
25                      maak die tou styf vas.) Trek maar op!

15.1      Watter gevoel skep die gebruik van sirkusmusiek en waarom is dit gepas om
          die drama daarmee te laat begin?                                                           (2)

15.2      Noem die gevolge wat die sakke mis op Meisie se lewe het en sê hoe sy dié
          invloed probeer stop.                                                                      (3)

15.3      Die valdeur klap oop. Stilte (reël 4)

          15.3.1        Die stilte na die oopklap van die valdeur is effektief. Motiveer
                        hierdie stelling en sê hoe die leser nou weet dat Gabriël se
                        gevangeneskap self opgelê is.                                                (2)

          15.3.2        In watter tydperk speel die drama af? Gee DRIE redes waarom
                        Gabriël nie sy optrede kan regverdig nie.                                    (4)

15.4      Bewys uit die teks dat Miem swak gesondheid geniet.                                        (1)

15.5      Watter karaktereienskap van Miem kan jy uit reël 19–25 aflei en hoe sluit
          hierdie karaktereienskap by Miem se woorde in reël 3–4 (Teks 2) aan?                       (2)

                                                    EN

TEKS 2

1        MIEM:          (trap versigtig oor die spatsel, gaan staan by die deur en
2                       kyk agterna) En moenie op die flappe trap nie. Hulle word
3                       vanjaar so mooi. (Sag aan GERTIE) Die tweetjies kom nogal
4                       goed klaar.

5                       GERTIE gaan sit op die stoel langs die stoof.

6        MIEM:          Dis baie koud. Vannag gaan dit nog ryp. (Kort stilte)
7                       Die aaklige musiek! As ek net dink ... (gril) glo towenaars en
8                       halfkaal mense wat aan toue swaai.

9        GERTIE:        En die spul was nog vanmôre deur die strate ook.

10       MIEM:          En het jy gekyk?

11       GERTIE:        Wat anders kon ek maak? Ek wou net die straat oorsteek
12                      toe kom hulle verby.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            26                          DBE/November 2014
                                                NSS

13       MIEM:          Dit was seker ’n spektakel!

14       GERTIE:        Daar was perde met pluime en vrouens met baie min
15                      klere aan op die perde. Daar was narre wat hard op vals
16                      trompette gespeel het en ’n klein dwergie met ’n wit gesig ...

17       MIEM:          Hou tog op. Ek wil nie verder hoor nie. (Sy sug en skud
18                      haar kop. Sy kyk weer uit. Stilte.)

19       GERTIE:        Waar bly hulle! Kan jy iets sien?

20       MIEM:          (byna teer) Ja. Onder die perskeboom. Hulle praat met mekaar.

21       GERTIE:        (vinnig op) Laat ek sien. (Beweeg na die deur)

22       MIEM:          Pasop. Daar is ’n spatsel!

23                      GERTIE spring oor die spatsel.

15.6      Wat impliseer die verkleining van die woord twee (reël 3)?                             (1)

15.7      In reël 7 gril Miem as sy aan die sirkus dink. Hoekom is dié handeling
          ironies?                                                                               (1)

15.8      Reël 11–12 dui op Gertie se skynheiligheid.

          Hoekom is hierdie skynheiligheid aanvaarbaar? Hoe sal jy in dieselfde
          situasie optree? Motiveer jou optrede.                                                 (3)

15.9      Herlees reël 19 en 21.

          Waarom is dit vir Gertie so belangrik om te sien wat buite aangaan?                    (1)

15.10     Benoem dié deel van die dramatiese struktuur waaruit Teks 2 geneem is en
          motiveer jou keuse. Hoekom sou jy die afwesigheid van ’n ontknoping in die
          drama as geslaagd beskou?                                                              (3)

15.11     Hoe sluit Meisie se handeling in Teks 1 en Gertie s’n in Teks 2 by die tema
          van bevryding aan?                                                                     (2)
                                                                                                 [25]

                                                                   TOTAAL AFDELING C:            25
                                                                       GROOTTOTAAL:              80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 Nov 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2014/b6d6ed0b-b38a-43d1-aaa9-19251fedb07c) — Afrikaans HL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2014/bb478918-bb0e-45af-8ce7-568c36662132) — Afrikaans HL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2023/570bfb5d-f864-4400-8cd2-30d4b1b647c7) — Afrikaans HL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2022/5354dd07-46df-4f34-b294-d451ae648a12) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2018/e7743bcd-7218-48b4-8668-8fc4d889c57a) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2016/f0c679d6-57b1-4941-a730-e09febb83a15) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
