# Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC November 2015 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2015, 27 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2015-memo/c6ff0cff-3a94-4378-9e0f-77cd7439d9c9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 27

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC November 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2015-memo/c6ff0cff-3a94-4378-9e0f-77cd7439d9c9)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2015 · Afrikaans. Memorandum, 27 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P2 Nov 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2015/cdab90d4-3d84-4b91-af49-f2c24059a99e) — QP · 2015 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                            AFRIKAANS HUISTAAL V2

                                 NOVEMBER 2015

                                  MEMORANDUM

PUNTE: 80

                      Hierdie memorandum bestaan uit 27 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        2                          DBE/November 2015
                                     NSS – Memorandum

NASIENRIGLYNE

1.     As ’n kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die eerste
       antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en die
       kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)
2.     As ’n kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte beantwoord
       het, word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.
3.     As ’n kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre
       opstelle beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
       antwoord word geïgnoreer. As ’n kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en C
       beantwoord het, word die eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits een
       kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is.
4.     As ’n kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die
       tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
       antwoord word geïgnoreer.
5.     As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die
       memorandum nagesien.
6.     As ’n spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd
       gemerk. As die spelfout nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit
       as korrek beskou.
7.     Literêre opstel
       As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie
       gepenaliseer nie omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die opstel te
       lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior nasiener. Die
       memorandum is slegs ’n riglyn, daarom moet ander relevante inhoud as korrek
       beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om die literêre opstelle na te sien.
8.     Kontekstuele vrae
       As ’n kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ’n vraag dit vereis nie, word die
       kandidaat nie gepenaliseer nie.
9.     Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM
       NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
10.    Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die
       rede/motivering/bewys verdien die punt.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                              3                            DBE/November 2015
                                           NSS – Memorandum
AFDELING A: GEDIGTE
VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR
LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien.
LET WEL:
•  Dis ’n breë raamwerk van feite.
•  Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Simbole:     VR         Vernuf
             E          Eiewaan
             VW         Verganklike wese
Die kandidaat verskaf ’n gepaste inleiding.
• Reeds in die titel word die leser deur die woord skedel met die mens se verganklikheid
    gekonfronteer.
•   Met die woorde, sal ek, weet ek (versreël 1) word die sekerheid beklemtoon dat die mens
    nie seldsaam is nie, maar in die toekoms met die dood gekonfronteer sal word. Sy/Haar eie-
    waan is dus onvanpas.
•   Die spreker noem dat die mens nie belangrik genoeg is om in die glaskas van ’n museum
    uitgestal te word soos mevrou Ples en die bloubok nie, maar dat die enigste wat van die
    mens behoue sal bly, sy/haar sin vir humor is, bv. versreël 2–3: Minstens my sin vir humor
    sal ek behou.
•   Ten spyte van die mens se onbelangrikheid wat in strofe 1 aangedui word, beskik die mens
    tog oor kennis, krag/vernuf om te bou en te ontgin – dus is die mens in ’n sekere mate
    seldsaam/kan oor ’n mate van eiewaan beskik.
•   Die mens dink hy/sy is slim, want hy/sy gaan vernuftig met tyd om, bv. versreël 8–9: hoe
    slim tog is ons met ons innerlike uurwerkvernuf
•   Die mens se prestasies word satiries as grabbelend beskryf, dus word die navorsing nie as
    weldeurdag beskou nie, bv. versreël 13: grabbelende navorsing.
•   Een van die prestasies van die mens is om geboue op te rig, maar hy/sy is grootdoenerig in
    sy/haar dade, bv. versreël 9–10: hoe sterk die groot swaaiende hyskraangebare
•   Die geboue wat neergeplak word, dui op die grootheidswaan van die mens in sy/haar
    prestasies, bv. versreël 11–12: waarmee ons wolkekrabbers reghoekig neerplak
•   Die navorsing wat gedoen word, word spottenderwys as merkwaardig beskou, bv. versreël
    13: Merkwaardig ons grabbelende navorsing
•   Die wyse waarop die mens delf, kan aan die een kant beteken dat die mens in staat is om
    diep na delfstowwe te soek, terwyl dit ook op sy/haar hebsug kan dui, bv. versreël 14–15:
    om ons arms diep soos skagte te sink.
•   Dit is merkwaardig dat die mens diep in die aarde kan delf en erts tot metaal kan veredel,
    bv. versreël 16–17: te vergruis en te veredel.
•   Die mens is slim genoeg om oordadige geld te belê, bv. versreël 17–18: staaf op staaf
    korfagtig gepakte kluise van belegging.
•   Die mens is vol van sy eiewaan, bv. versreël 18: A ja, ...
•   Die mens beskik oor die wonderbaarlike vermoë om uraan te verryk, bv. versreël 19–20:
    wonderbaarlik is ons vermoë om weggooisand tot vuurstof te verryk
•   Dieselfde wonderbaarlike vermoë waaroor die mens beskik om uraan te verryk, kan ook
    daartoe lei dat die mens alles wat bestaan, kan vernietig, bv. versreël 21–22: alles
    onherhaalbaar in allerlaaste oplaaiing woes en skoon laat ontbrand
•   Met die laaste twee versreëls, wat ’n herhaling van die titel is, word beklemtoon dat die
    mens ’n verganklike wese is, bv. versreël 23–24: Ek sê mos die skedel lag al huil en huil die
    gesig.
•   Die woorde huil en huil in die slotstrofe van die gedig beklemtoon dat die mens ’n droewige,
    patetiese wese is.
Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste slot.
                                                                                              10

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           4                              DBE/November 2015
                                        NSS – Memorandum

                                              OF

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
’n tipe epistemologie van water – Breyten Breytenbach

Vraag     Antwoord                                                                              Punt
2.1       Die verwagting is dat die gedig oor water/iets wat met water verband hou, sal
          handel. √                                                                             1

          Ja
          Die inhoud handel oor baie reën wat val./Kennis/inligting gaan in die
          daaropvolgende versreëls aan die leser oorgedra word oor wat tydens ’n vloed
          gebeur. √                                                                             1

          “Nee” kan nie as antwoord aangebied word nie.
          Indien “Ja” nie in die antwoord voorkom nie, moet die ja duidelik in die
          antwoord geïmpliseer word.

2.2       Ja
          Die woord pas by die kragtige werking van die weerlig wat lyk asof die wolke in
          stroke geskeur is. √

                                                OF

          Nee
          Die woord “skeur” word meer algemeen gebruik./is meer verstaanbaar. √                 1

          Die kandidaat gee sy/haar eie gepaste antwoord.
          Slegs die motivering verdien die punt.
          Indien “Ja”/”Nee”nie in die antwoord voorkom nie, moet die ja/nee duidelik in
          die antwoord geïmpliseer word.

2.3       Personifikasie √                                                                      1

          Tydens ’n vloed kan die wind baie skade aanrig wat kan lyk asof die wind
          woedend is. √                                                                         1

          Daar kan EEN of TWEE punte aan die kandidaat toegeken word.

2.4       ’n Vrye vers is nie gestruktureerd nie, dit pas by die gevolge/chaos van ’n vloed
          wat nie ’n vaste patroon/struktuur volg nie./wat vaste strukture vernietig./Net
          soos ’n vrye vers het ’n vloed nie struktuur nie/kan chaoties wees. √                 1

2.5       Die woorde weer en weer en weer √                                                     1

2.6       Sin 1:Die gietende reën val skuins./gaan met ’n wind gepaard. √
          Sin 2: Die omgewing is oorspoel./mens en dier vlug na hoogtes vir
          veiligheid./uitwerking van die weerlig op die natuur. √
          Sin 3: Die gevolge van die vloed/voorwerpe wat dryf/mense wat in nood
          verkeer/lyke van die verdrinktes word beskryf. √                                      3

                                                                                                10

                                                   OF

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                              5                               DBE/November 2015
                                           NSS – Memorandum

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG
Nuus uit die binneland – Peter Blum

Vraag     Antwoord                                                                               Punt
3.1       Alliterasie/d-alliterasie √                                                            1

          Die kandidaat moet noem, nie woorde neerskryf en onderstreep nie.

3.2       Dit beklemtoon dat hy in die volgende versreël droom/herinneringe oproep./dat
          die spreker terugdink. √                                                      1
3.3       ontstoke harte √                                                                       1

3.4       Maar √                                                                                 1

          (alle mure) wat ons opstapel/met doel en plan/weet ons op watter vasteland
          ons boer √                                                                 1

3.5       Die uitsteltegniek skep afwagting/spanning. √                                          1

          Die titel sluit by die uitsteltegniek aan want die leser wil verder lees om uit te
          vind wat die nuus is. √                                                                1

          Die herhaling beklemtoon dat jy weet jy is in Afrika./die spanning/afwagting wat
          verbreek word./die antwoord wat gegee word. √                                          1

3.6       Afrika anders is as Europa.
          Hy skets vir Opperman die sagtheid van Europa./die hardheid van die
          natuur/samelewing in Afrika.
          Hy sê vir Opperman dat hy in Afrika hoort./woon./van Afrika is.
          Hy deel sy siening van Afrika aan Opperman. √√                                         2

          Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

                                                                                                 10

                                                      OF

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
Busrit in die aand – Elisabeth Eybers

Vraag     Antwoord                                                                               Punt
4.1       Tersine √                                                                              1

4.2       Alliterasie/s-alliterasie/m-alliterasie √                                              1

          Die (s-) alliterasie hef die mens wat suf vir sy geroetineerde bestaan/dof van
          gees is, uit./Die (m-) alliterasie hef die mens wat sy mond in moegheid
          sluit/moeg vir sy werk is/’n geroetineerde bestaan voer/stroef is, uit. √              1

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            6                              DBE/November 2015
                                         NSS – Memorandum

4.3       Vergelyking

          Die straatligte wat op die pad skyn, lyk soos die maanlig wat ligstrepe op ’n
          dam gooi.

          Dit dui op die oorspronklikheid/raakpunte wat in die weerkaatsing van die
          maan op die dam en die straatligte raakgesien word./van die natuurbeeld./
          terugverlang na die platteland./na ’n rustiger bestaan.

                                                  OF

          Metafoor

          Die ligte (“ligvaandels”) lyk soos vlae/baniere langs die straat.

          Die beeld is geslaagd aangesien die ligte nes vlae lyk wanneer dit op die
          straatoppervlak skyn.

                                                  OF

          Metafoor √                                                                          1

          Die maanlig wat op die water skyn, lyk soos ’n pad. √                               1

          Die beeld is geslaagd aangesien die wit maanlig werklik soos ’n pad op die
          donker wateroppervlak van die dam, lyk. √                                           1

4.4       Ja
          Die woord sluit by die beelde (kapers/buit) wat in die res van die strofe gebruik
          is, aan./
          Aangesien die passasiers net so uitgelewer aan hul omstandighede as slawe
          is, is die woord geskik. √                                                          1
          “Nee” kan nie as antwoord aangebied word nie.

4.5       Ja
          Die gebruik van die woorde ons as slawe, sluit aan by die werkers en sluit die
          verliefdes in, wat van busvervoer gebruik maak. √

                                                  OF

          Nee
          Die spreker gebruik die woord hul om na die werkers te verwys en ons
          wanneer hy na die verliefdes verwys./daar is twee groepe in die bus, die
          verliefdes en die werkers. √                                                        1

4.6       Die woorde word herhaal om ’n sikliese gang daar te stel./
          Die woorde beklemtoon dat die werkers nie van hul geroetineerde
          bestaan/uitsigloosheid kan ontsnap nie./
          Die herhaling beklemtoon die intense moegheid van die werkers./
          Die gedig word op dié wyse gesluit./
          Die gedagte-inhoud van die gedig word tot ’n eenheid gebind./
          Dit bind die gedig tot ’n eenheid./ √√                                              2

          Die kandidaat bied TWEE antwoorde aan vir EEN punt elk.
                                                                                              10

                                                     EN
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           7                             DBE/November 2015
                                        NSS – Memorandum

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
Swerwer – GP Terblanche

Vraag     Antwoord                                                                          Punt
5.1       Die titel, Swerwer, dui op slegs een persoon.
          Die woord my in enkelvoud/eerste persoon dui daarop dat die spreker alleen
          reis.
          Daar is slegs een weerkaatsing teen die ruit.
          Die spreker noem in versreël 12/15 dat ek voortstu/nêrens hoort nie. √√√          3

          Die kandidaat bied DRIE antwoorde aan vir EEN punt elk.

5.2       Personifikasie/metafoor √                                                         1

5.3       Die tema van die gedig is dat die mens die ewige reisiger/swerwer/toeris is wat
          op soek is na die plek waar hy/sy voel dat hy/sy behoort. √                       1

          Die parentese dui daarop dat die spreker ten spyte van verskillende reise/die
          lengte/tye van die reis (winter, lente, somer, herfs)/die verskillende
          vervoermiddele/maniere van reis waarvan die spreker gebruik maak (bus,
          vliegtuig, boot, trein)/in al die weersomstandighede (reën, sneeu, son, wind)
          nog nie die plek gevind het waar hy/sy behoort nie. √                             1

5.4       Dat daar altyd nog een/’n nuwe aspek is wat ervaar moet word./soeke na
          vervulling. √                                                                     1

5.5       Die woord is geslaagd.
          Die woord stu sluit by die deursettingsvermoë/dringendheid van die spreker se
          soektog/moeisame reis aan. √                                                      1

          Slegs die motivering verdien die punt.

5.6       Die spreker hoort nêrens nie. √                                                   1

          Die woord weer dui daarop dat die spreker al voorheen tot dieselfde insig
          gekom het. √                                                                      1

                                                                                            10
                                                                    TOTAAL AFDELING A:                30

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           8                               DBE/November 2015
                                        NSS – Memorandum

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord EEN vraag.

VRAAG 6: (LITERÊRE OPSTEL) Die kwart-voor-sewe-lelie – Eleanor Baker

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
•  Dis ŉ breë raamwerk van feite.
•  Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Simbole:     I          Iris
             M          Ma Els
             P          Pa
             E          Elsa
             K          Kara

Die kandidate voorsien die opstel van ’n gepaste inleiding.

•   Ma Els word beskryf as die nie-tipiese ma, wat nie haar kind verstaan nie/na haar
    luister nie, want Els gee nie aandag wanneer Iris aan haar die betekenis van haar naam
    wil verduidelik nie./Bl. 13: Dis wat ek bedoel. Sy het my nie gehoor nie.
•   Els tree anders as die gewone, besorgde ma op, want sy sien nie die nodigheid om vir
    Iris te verbied om Riekie, wat vier jaar ouer as Iris is, tydens die eksamentyd te sien, soos
    wat die ander ouers maak nie./Bl. 19: Daar was geen ander raad nie. Ek sou Riekie self
    moes verbied.
•   Elsa verbreek die stereotipe as sy vir haar ’n bruidsuitset bymekaar maak, want in
    die roman noem Iris dat dit nie die gebruik van daardie tyd is om ’n bruidsuitset bymekaar
    te maak nie../Bl. 21: Ek het gedag net meisies in die ou boereromans wat ons in standerd
    agt moes lees, het nog uitset bymekaargemaak, maar Elsa het my verkeerd bewys.
•   Elsa tree baasspelerig teenoor Hannes op, terwyl daar van bruide verwag word om hul
    monde te hou en verlief te lyk./Bl. 21: “Ek wil nie dat dit gekrap en bemors word deur jou
    verspotte studentemaats nie.” Ek, as blosende strooimeisie, het gewens sy wil stilbly. ’n
    Bruid moes haar mond hou en verlief lyk, het ek gevoel.
•   Elsa is ’n onromantiese bruid, want sy beskou die huweliksnag se opgewondenheid as
    romantiese drogbeelde./Bl. 24: “Soos oor enige ander aand, natuurlik. Moeg. Ek is van
    plan om vroeg te gaan slaap.”
•   Die dogters in die familie verbreek die stereotipering van die tyd oor huwelike en
    gesinne, want Iris gee haar maagdelikheid aan Peter sonder om daaroor te dink./Kara is
    aanvanklik teen moederskap gekant./Bl. 39: … het ek my verwonder dat ek my
    maagdelikheid so vinnig, so maklik en ondeurdag aan Peter afgegee het. En dit bloot
    omdat sy fisionomie en naam my aan iemand anders herinner het./Bl. 27: “Ek is nie ’n
    broeikas nie. My lyf behoort aan my.”
•   Iris verbreek die algemene siening oor maagdelikheid, omdat Peter haar aan haar
    romantiese held laat dink./Bl. 39: … het ek my verwonder dat ek my maagdelikheid so
    vinnig, so maklik en ondeurdag aan Peter afgegee het. En dit bloot omdat sy fisionomie
    en naam my aan iemand anders herinner het.
•   Iris vebreek die stereotipe wanneer sy nie op die rugbyheld verlief raak nie, maar
    wel op die hoof van die debatspan/André Visser./Bv. bl. 10: Die een god in die besonder
    het die gesig gehad van André Visser ...
•   Iris verbreek die stereotipe dat alle jongmense losse sedes het, want sy gaan nie na
    dr. Anders se woonstel toe nie./Bl. 69: “Jy’s te jonk en julle sedes is anders.”
•   Iris verbreek die stereotipe deur nie werk wat by haar graad pas, te aanvaar nie,
    maar sy werk as tandartsassistent by dr. Anders./Bl. 41: Werk. Waar? By dr. Anders.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                             9                              DBE/November 2015
                                          NSS – Memorandum

•     Els en Pa verbreek die stereotipiese rassisme van die apartheidsjare, want hulle
      aanvaar Claude in die familie./Bl. 70: Ek kon Ma se knieë hoor swik …/Pa het min gesê,
      maar sy stilte was nie vyandig nie.
•     Iris se ma en pa het nie die tipiese huwelik gehad nie, want Pa het alleen na die plaas
      gegaan toe Elsa nie wou saamgaan nie./Bl. 74: “Ek gee nie om wat julle sê nie,” het Pa
      beslis. “In Desember trek ek bosveld toe. Dié wat wil bly, kan bly.” Ma het gebly.
•     Iris se pa verbreek die stereotipe van ’n pensioenaris, want hy pak ’n tweede
      loopbaan op die plaas aan./Bv. bl. 73: Ek gaan boer, het hy aangekondig.
•     Elsa is van mening dat ’n meisie nie agter ’n man behoort aan te loop nie, daarom is
      sy van mening dat Iris nie vir Peter in Amerika moet gaan kuier nie./Bl. 85: Elsa het my
      voornemende reis afgekeur. … “’n Meisie loop nie agter ’n man aan nie.”
•     Volgens Iris is die reël in hulle huis om dié stereotipiese houding te verbreek,
      daarom beplan Iris om teen Elsa se raad in, wel vir Peter in Amerika te gaan kuier./Bl. 86:
      “Die reël in hierdie huis is om agter die man aan te vlieg. Twee uit die drie van ons doen
      dit. Jy’s die uitsondering.”
•     Alhoewel die algemene opvatting is dat ’n paar behoort te trou as daar ’n baba op
      pad is en wanneer mense mekaar lief het, voel Kara nie dieselfde nie en bly net
      saam./Bl. 91: “Ons sal seker,” het sy toegegee.
•     Iris impliseer met haar woorde aan die taxibestuurder dat almal wat van Suid-Afrika
      kom, rassiste is, maar sy verbreek die stereotipering omdat Johanna deel van hul gesin
      is./Bl. 214: … en so het dit gebeur dat ek en Peter die huis, Polder en Johanna
      oorgeneem het.
•     Iris stereotipeer die lewe in New York deur te sê dat mense maklik daar vermoor
      word, maar sy is nooit in Amerika bedreig nie./Bl. 95: “Hoekom sal iemand jou vermoor?”
      “Ek weet nie, Julle vermoor mense mos maklik in hierdie stad.” … “Ek het al baie
      Amerikaanse televisiereekse gesien.”
•     Alhoewel Iris aanvanklik nie wil trou nie, trou sy tog met Peter en leef saam met hom
      in die voorstedelike huis waarin sy opgegroei het./Bl. 214: “Ek was in die wolke omdat ek
      die tuin en die kwart-voor-sewe-lelie geërf het …”

Die kandidate voorsien die opstel van ’n gepaste slot.
                                                                                               25

                                                   OF

VRAAG 7: (KONTEKSTUELE VRAAG) Die kwart-voor-sewe-lelie – Eleanor Baker

Vraag     Antwoord                                                                                      Punt
7.1       Sy is in die hospitaal (in Vermont). √                                                        1

          Die lewe is nie ’n storieboek nie./’n Naam is net ’n naam./’n Mens kan meer as een            1
          blomoomblik hê. √

          Die hospitaalbed het haar gedwing om te dink/met die Engel te gesels./
          Die hospitaalbed het haar dus gedwing om die Engel se vrae te beantwoord.√                    1

7.2       Bettie √                                                                                      1

          Iris het gedink sy sou Bettie kon red wat moontlik haar blomoomblik kon wees. √               1

7.3       Haar beheptheid met haar blomoomblik √                                                        1

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           10                               DBE/November 2015
                                         NSS – Memorandum

7.4      Dienares van Hoëre gode √                                                                          1

         Sy het op ’n ander manier na mense/die lewe gekyk as die normale. √                                1

7.5      Die (Amerikaanse) taxibestuurder √                                                                 1

         Hy het regtig na haar geluister. √                                                                 1

7.6      Sy is reeds by Kara se partytjie genader deur iemand wat foto’s van haar wou neem./
         Kara het vir haar gesê haar tipe gesig is daar in aanvraag; dus het sy geweet sy het ’n
         aantreklike gesig./
         Iris wou nie model word nie, daarom is dit nie nodig dat sy konflik beleef nie. √                  1

7.7      Kandidaat verskaf ’n antwoord wat verband hou met die ultimatum, bv.
         Nee
         Dit kon Iris se blomoomblik gewees het./’n Modelkontrak kom net een maal in ’n
         leeftyd. √
                                                        OF
         Ja
         ’n Verhouding is belangriker as ’n modelkontrak./Peter is nie meer jonk nie en wil graag
         ’n gesin hê. √                                                                                     1

7.8      Sy gee nie voor nie./is pretensieloos./is doodgewoon./is lief vir plante. √                        1
         Iris beskryf Ma sodat die leser haar beter kan verstaan./
         Die verteller gebruik dit om die tema van die boek (blomoomblik van Iris) te regverdig. √          1
         Albei is verbeeldingryk./albei is dromers. √
                                                                                                            1

7.9      Elsa verwag van ander om ook perfek te wees. √                                                     1

7.10     Ma het plaas toe gegaan/Pa gaan versorg, √ maar Iris het gedroom dat Ma nog meer
         verstrooid sou raak/Johanna haar sou oppas. √
                                                        OF
         Iris het gedink dat Ma sou intellektueel verswak en in die verkeerde bus klim, √ maar              1
         Ma het intellektuele stimulering gevind toe sy betrokke by Die Spieël raak. √                      1
         Daar kan EEN of TWEE punte aan die kandidaat toegeken word.

7.11     Na Iris se (aanstaande) skoonpa./Peter se pa. √                                                    1
         Sy noem hom so, omdat hy die Engel nie goedgesind is nie./sy is nie bang vir hom
         nie. √                                                                                             1
         Dit is verstaanbaar, want sy wil ’n goeie verhouding met haar skoonfamilie hê./Dit is
         verstaanbaar, want sy weet die Engel gaan hulle ontstel./Dit is belaglik, want haar
         skoonfamilie moet haar aanvaar soos sy is./Dit is belaglik omdat sy self ’n Engel het en
                                                                                                            1
         nie skroom om van hom te vertel nie. √

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           11                               DBE/November 2015
                                         NSS – Memorandum

7.12     In Teks 1 lei die Engel Iris tot die besef dat ons vir ons eie keuses/noodlot
         verantwoordelik is. √                                                                           1
         Beide kan perspektief gee./
         Beide kan raad gee./
         Beide is daar vir hulle. √√                                                                     2
         Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde aan.
         Die motto verwys na die ligtelike opneem van gebeure; dus moet die Engel en Chinees
         ook ligtelik opgeneem word. √                                                                   1

                                                                                                         25

                                                OF
VRAAG 8: (LITERÊRE OPSTEL) Manaka plek van die horings – Pieter Pieterse

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
•  Dis ŉ breë raamwerk van feite.
•  Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Simbole:     E          Ouma Essie
             G          Grace
             N          Nanna

Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste inleiding.

•   Ouma Essie is die matriarg onder die Mulambwa-familie wat haar ’n leiersfiguur in die
    gemeenskap van Barotseland en in Baas se lewe maak./Bl. 100: Die naam Mulambwa
    loop vir baie geslagte al saam met die naam Lewanika, wat die naam van die koningshuis
    is. Die betekenis van die naam Mulambwa is 'vriend'.
•   Ouma Essie word as die geestelike leier op Manaka geag, want sy word die Profeet
    van die Bybel genoem./Bl. 43: My ouma Essie is die een wat die mense die Profeet van
    die Bybel noem.
•   Ouma Essie speel ’n leidende rol in die gemeenskap, want sy is die vrou van Joseph
    Sitali./Bl. 70: Ek is die vrou van muluti Joseph, die man wat dood is.
•   Ouma Essie tree as herder vir die mense op Manaka op, ’n rol wat sy, volgens haar, by
    Joseph oorgeneem het./Bl. 70: En die skape wat die Here my gegee het om op te pas.
•   Ouma Essie voel dat Christelike beginsels nie meer geld nie, sy eien haar die reg toe
    om die khuta daaroor aan te spreek./Bl. 167: … dan is dit tyd dat die mense van hierdie
    hele stam vra hoekom die vergadering van hierdie khuta nie meer met ’n gebed
    oopgemaak word nie …
•   Ouma Essie staan haar man by om die Christelike boodskap te versprei, want sy
    help bou aan die kerk op Manaka /Bl. 166: Waar is daardie huis en daardie kerk wat ek en
    my muluti Joseph vir ons en vir die Here gebou het nou?
•   Ouma Essie is nie bang om haarself teen onreg uit te spreek nie, want sy veroorloof
    haar om die ngambela (meneer Kebbey) tereg te wys ter wille van regverdigheid, al is sy
    ’n vrou./Bl. 47: Jy ken mos niks anders as om mense te verneuk nie.
•   Ouma Essie tree ondersteunend op teenoor diegene wat haar ondersteuning benodig,
    soos wat sy Sitali moes groot maak omdat haar dogter nie kon nie./Bl. 93: Ek en my ouma
    Essie sal hom grootmaak. Sy ouma Miriam kan hom nie grootmaak nie. Noudat sy oud
    word, sukkel sy te veel om met een voet te loop.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         12                              DBE/November 2015
                                       NSS – Memorandum

•   Ouma Essie tree ondersteunend teenoor Baas en die sendelinge op, want sy probeer
    vrede bewerkstellig tussen Baas en die sendelinge op Manaka./Bl. 118: Daar is nie nog ’n
    seekoeipad om met takke toe te slaan teen die krokodille nie. Die ander plekke is ook te
    skuins,” praat ouma Essie, kop agteroor, asof sy nou onder die bril deur beter kan sien.
•   Ouma Essie se gesag en sin vir geregtigheid veroorsaak dat sy opstaan teen dit
    wat sy verkeerd ag, want sy gaan die khuta teë, spreek Baas aan./Bl. 165: Ouma Essie
    laat haar nie stilmaak nie.
•   Ouma Essie kan as die draer van Manaka se geskiedenis beskou word, want sy ken
    die geskiedenis van Manaka./Bl. 116: Dit is wat ek gesien en gehoor het en waaroor ek
    ook nie kan stilbly nie.
•   Ouma Essie lei vir Baas tot die aanvaarding van sy geloof, want hy vra aan haar wat
    jou ’n Christen maak./Bl. 202: "Jou reg om 'n Christen te wees maak van jou 'n Christen.
    Weet jy dit dan nie?"
•   Grace, versorg Baas as hy malaria opdoen./Bl. 41: Ek het gehoor dat jy malaria het,
    meneer Baas.
•   Grace tree onbaatsugtig/nes ’n verpleegsuster op, want sy gaan ook saam met Baas
    na die hospitaal toe hy malaria het om hom met sy versorging by te staan./Bl. 48: Toe hy
    wakker word, is sy nog by hom.Grace probeer die siekes help, want sy is ’n opgeleide
    verpleegsuster/gee vir die mense om./Bl. 86: Dit is die tablette wat ek in die nag
    saamgevat het Mubyu toe.
•   Grace tree as tussenganger of tolk tussen die sendelinge en die khuta op, want sy
    kan ook Engels praat en Afrikaans verstaan./Bl. 57: Daar is ’n vrou wat ’n baie goeie tolk
    vir muluti Krieseltjie sal kan wees. Sy kan Engels praat. Sy verstaan ook Afrikaans …”
•   Grace speel ’n rol in die oplossing van die konflik tussen Baas en die sendelinge,
    want sy besef dat die probleme kan vergroot as hulle stilbly./Bl. 97: Vandag is nie ’n dag
    om oor die toekoms te praat en besluite daaroor te neem nie. Maar daar kan nie meer
    stilgebly word oor die probleme nie. Dit laat dit net meer word.
•   Grace se een rol is om die sendelinge en vir Baas van die gewoontes van die
    Lozi’s/Barotseland te leer, want anders doen hulle die naam Makoa gestand./Bl. 98: ’n
    Man loop voor in die pad, sy vrou agter, want ’n man is die meerdere van ’n vrou,...
•   Grace speel ’n belangrike rol in Baas se lewe, want dit is by Grace wat Baas ook ’n
    antwoord op sy vraag oor godsdiens kry./Bl. 228: Is dit wat van jou ’n Christen maak?”
    “Ja. En die weet,” antwoord sy. “Die weet waar ek heengaan, hier, en in die lewe hierna.
•   Nanna stel belang in die mense en voel besorg oor hulle, want sy tree medemenslik
    op toe sy haar eie slaapsak oor Baas teen die koue gooi./Bl. 83: Oom Scholtzie dop die
    nat klere van Baas se lyf af en gooi hom toe onder komberse. Die vrou bring haar
    slaapsak en gooi dit ook oor.
•   Nanna respekteer die gebruik van die khuta om nie aan die bespreking deel te neem
    nie./Bl. 56: Die khuta verwag van Nanna om nie aan die besprekings deel te neem nie.
    Sy verwyl haar tyd deur haar gewig van die een boud na die ander te verplaas …
•   Nanna het die tradisie van die khuta oortree deur die vergadering toe te spreek./
    Bl. 164: Die khuta het die twee vrouens wat nie vir die vergadering geroep is nie, probeer
    wegjaag, maar die stampolisieman kon dit nie regkry om hulle te laat opstaan nie.
•   Nanna bereik die mense met die wyse waarop sy die Christelike boodskap oordra,
    want haar sangdiens is suksesvol in vergelyking met Griesel se bestraffende preek./
    Bl. 205: Aan die einde van sy diens sê Griesel die wat hulle harte vir die Here wil gee en
    by die kerk wil aansluit, moet opstaan. Die vrouens staan tydsaam op en begin wegstap./
    Bl. 205: Die twee vrouens kom sit weer. Hulle klap vrolik op maat van die wysie hande en
    sing sonder die woorde. Die volgende Sondag kom hulle weer en bring twee nuwe
    kerkgangers saam.
•   Nanna is die eerste persoon met wie Baas sy twyfel oor geloof verwoord, /Bl. 138:
    "Wat maak van 'n mens 'n Christen?"
•   Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste slot.
                                                                                                 25

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            13                               DBE/November 2015
                                          NSS – Memorandum

                                                OF

VRAAG 9: (KONTEKSTUELE VRAAG) Manaka plek van die horings – Pieter Pieterse

Vraag     Antwoord                                                                                Punt
9.1       Innerlike konflik/Konflik met die natuur √                                              1

          Hy is bekommerd dat die water/reënseisoen die boot sal wegneem/beskadig/
          hy is te siek om te werk en sonder die boot sou hy nie sy droom kon
          verwesenlik nie. √                                                                      1

          Die kandidaat moet beide kante van die konflik noem.

9.2       Die droom sluit aan by sy worsteling oor godsdiens./wat van jou ’n Christen
          maak.√                                                                                  1

9.3       Tibelelo/Die Een wat wag vir haar Besoekers √                                           1

          Dit dui daarop dat sy nog ’n maagd/ongetroud is./op ’n huweliksmaat wag. √              1

          Die welwillendheid wat sy aan Baas betoon tydens sy siekte.
          Sy wys hom daarop dat genade hulle deur hul probleme sal help, nie
          diamantsmokkelary nie.
          Sy beweeg met grasie.
          Sy betoon genade aan ander. √√                                                          2

          Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir een punt elk aan.

9.4       Mnr. Kebbey wou haar teen haar sin as sy vrou gehad het./sy het agter Baas
          gaan skuil./sy wou nie mnr. Kebbey se vrou word nie./
          Grace wou hê dat mnr. Kebbey Baas hospitaal toe neem, maar hy weier en
          dring op betaling aan. √                                                                1

9.5       Op Manaka/die sendingstasie √                                                           1

9.6       “Is dit die vrou vir wie hy die malariapille gegee het kort voordat hy siek
          geword het?” √                                                                          1

9.7       Leerder se eie mening, bv.
          Ja
          Baas wil in beheer wees en sy wil uitvoer./kap horings vas as bewys van sy
          baasskap./Hy wil beheer oor die sendingstasie neem.
          Hy was kwaai met Nanna oor die bankies by die worsboom se regmaak. √√
                                                  OF
          Nee
          Baas is onderdanig en behulpsaam.
          Hy verduidelik self dat sy naam Baas is; dit is nie ’n titel nie.√√                     2

          Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          14                               DBE/November 2015
                                        NSS – Memorandum

9.8       Die dood van haar ouers/van Joseph/haar verloofde/mense na aan haar.
          Die poging tot verkragting/
          Die konflik wat sy ervaar het toe sy haar werk as verpleegsuster moes laat
          staan. √√                                                                         2

          Die kandidaat bied enige TWEE gebeure binne konteks aan.

9.9       Baas is die persoon wat eers verlore was, maar nou sien hy in dat hy wel ’n
          Christen is./
          Baas se vraag na wat van jou ’n Christen maak, word op Manaka
          beantwoord./
          Baas neem sy sendelingskap op Manaka op waar hy voorheen afsydig
          teenoor die sendelingskap gestaan het./
          Baas groei as Christen omdat hy weer bid./
          Baas besef dat deur te deel, jy jou Christenskap uitleef./
          Baas se verlorenheid het veroorsaak dat hy nie kon vergewe nie, nou kan hy
          vergewe.√√√                                                                       3

          Die kandidaat bied enige DRIE antwoorde aan vir EEN punt elk.

9.10      In Zimbabwe word hy as ’n buitelander/onwelkom beskou./Hy was besig met
          die bosoorlog en dus nie woonagtig op Sable Ranch nie./Na sy ouers se dood
          het hy soos ’n buitestander gevoel. √                                             1

          Op Manaka neem hy nie deel aan die gemeenskapsaktiwiteite nie./Hy wil nie
          betrokke raak by die mense in die gemeenskap nie./word hy as wit beskou √         1

9.11      Leerder se eie mening binne konteks, bv.

          ’n Godsdienstige/gewyde/aanbiddende stemming √                                    1

          Dit bring al die mense op Manaka weer onder die worsboom bymekaar./
          Die mense woon weer die kerk by.√                                                 1

          Griesel besef hy hoort nie op Manaka nie./
          Hy kom tot die insig dat hy eerder ’n bakker wil wees. √                          1

9.12      Die voëlpaar is, soos Baas en Grace, nooit ver van mekaar af nie. √               1

          Dit is ’n simbool van ’n moontlike permanente verhouding tussen Baas en
          Grace. √                                                                          1

          Priscilla en Akwilla was twee mense (bekeerde Jode) wat moes vlug as
          gevolg van hul godsdiensoortuiginge./Die name kom uit die Bybel. √                1

                                                                                            25

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                              15                         DBE/November 2015
                                            NSS – Memorandum

VRAAG 10: (LITERÊRE OPSTEL) Vatmaar – AHM Scholtz

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
•  Dis ŉ breë raamwerk van feite.
•  Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Simbole:     S          Settie September
             B          Mevrou Bosman
             T          Tommy Lewis
             P          Positiewe gevolge
             N          Negatiewe gevolge

Die kandidaat verskaf ’n gepaste inleiding.

•   Settie September tree hatig teenoor wit bruinmense op en dink sy is beter, omdat sy
    ’n swart bruinvrou is en met ’n Kaapse aksent praat./Bl. 125: … - dié soort wat wit
    bruinmense haat.
•   Settie September laat Tant Wonnie aankla van diefstal en die Vatmaar-gemeenskap
    draai teen haar, want hul wil nie ook besteel word nie./Bl. 126: Settie, het hulle gesê om
    haar te troos, om te dink ons het haar altyd gevertrou.
•   Tydens die beskuldiging van die ringstelery toon Settie geen genade of liefde
    teenoor Tant Wonnie nie, want sy stamp haar so rond dat sy haar skoen verloor./
    Bl. 125: Mev. September stamp haar weer in die modder en hou aan skree: Djy’s ’n dief,
    jou wit baster!
•   Die Septembers se liefdeloosheid na die hofsaak kom baie duidelik na vore, want ten
    spyte daarvan dat Tant Wonnie vir hul geleentheid betaal, drink hulle al haar gemmerbier
    op/Bl. 189: Sy het die bottel omtrent halfleeg gedrink en dit toe vir hom gegee/en gooi die
    bottel weg./Bl. 190: Die twee lag weer en toe smyt hy die bottel by die kapkar uit.
•   Settie September beswadder Tant Wonnie se naam na die hofsaak in Vatmaar, want
    sy vertel allerhande onwaarhede wat in die hof gebeur het./Bl. 229: Djy wiet, ek sê ghelle
    sy is dangerous en sy het baie sterk toormedisyne.
•   Settie September se valslike beskuldiging van Tant Wonnie het haar vervreem van
    Vatmaar se mense, omdat hulle haar altyd as ’n dief sou beskou, want hul was nie by die
    hofverrigtinge nie./Bl. 228: Maar Wonnie, het jy nie al die mense na haar huis toe sien
    gaan nie?
•   Settie September se beskuldiging lei tot die besluit dat Tant Wonnie nie deel wou
    wees van Vatmaar se God nie, want sy het God binne in haar ontdek./Bl. 145: Meester,
    praat sy binne uit haar hart uit, dankie. Ek weet waar om U te vind.
•   Die debakel met die Septembers het Tant Wonnie nuwe insig in die liefde gegee,
    omdat Tant Wonnie besef het dat liefde goed en sleg kan wees en beide kan opregte
    liefde wees./Bl. 188: Dit wys jou net liefde kan goed wees en liefde kan sleg wees en albei
    kan opregte liefde wees.
•   Uit die vals beskuldiging van Settie het ook goed gekom, want Tant Wonnie het nou
    haar maandelikse pensioen gekry./Bl. 180: Oh yes, and report to me within seven days if
    she has been granted a war widow’s pension.
•   Mevrou Bosman tree uiters rassisties en snobisties op, want sy noem Kennie
    name./Bl. 249: Ek weet dit is daai hotnot wat die witmenswerk doen …/sy laat Kaaitjie by
    die kerk die kar se deure vir haar oopmaak./Bl. 242: Die ander drie Sondae moes sy
    buitekant die kerk wag tot die Bosmans by wie sy gewerk het, uit die diens kom. Dan
    moes sy die kinders se hande vat asof hulle sal verdwaal. Maar eintlik was dit om die
    gemeente die Bosmans se status te kan laat sien.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            16                                 DBE/November 2015
                                          NSS – Memorandum

•   Mevrou Bosman gebruik Kaaitjie net vir haar gerief, want sy moet die kinders bad,
    maar mag andersins nie in die huis kom of toelaat dat die kinders hul arms om haar sit
    nie./Bl. 242: Daarna moes sy na haar buitekamer terugloop en daar wag tot sy geroep
    word om haar kos op die vensterbank te kom vat./Bl. 249: Hulle ma het nie gehou van die
    manier waarop hulle hulle arms om Kaaitjie se nek sit en liefderik Kaaitjie sê nie./
    Bl. 255: … , besig om die twee kinders te was. Dit was die enigste tyd dat sy in die huis
    mag gekom het.
•   Mevrou Bosman lieg en sê dat sy van Kaaitjie hou, omdat sy dan dalk makliker die
    aborsie op Kaatjie kan laat doen./Bl. 255: Ek hou van jou en ek hoop jy hou van my ook.
•   Mevrou Bosman tree gewetenloos op, want sy sê nie vir Kaaitjie dat Kenneth in die
    hospitaal is nie./sy weerhou Kenneth se boodskap./sy skeur Kenneth se briewe op en
    verbrand dit./sy laat ’n swanger Kaaitjie arresteer./Bl. 250: Sy het die brief gevat, dit in
    twee geskeur en in die stoof gegooi./Ghu, het sy vir haarself gesê, hierdie brief gaan ek
    lees.
•   Mev. Bosman se optrede teenoor Kaaitjie het veroorsaak dat sy met die geboorte
    van haar kind gesterf het, omdat sy in die tronk harde hande-arbeid moes verrig./
    Bl. 267: Bloedverlies het Kaaitjie se laaste kragte getap./Bl. 266: Kaaitjie het haar dae in
    die tronk op haar voete deurgebring, behalwe Sondae.
•   Omdat Tommy vir Nellie sê dat as sy vir hom lief is, sal sy Lukas verlei en dan sê hy is die
    pa van die kind, daarom raak Nono en haar suster vyande van Nellie./Bl. 123: Jy kan
    aan die skoene wat sy dra sien sy is ’n slegte meisie! Het sy geskree. Ek gaan haar toor.
•   Nellie verlei vir Lukas om Tommy se guns te wen, daarom moes sy vlug omdat die
    mense haar onder die klippe gesteek het/Bl. 123: Toe gooi hulle my met klippe teen
    die kop.
•   Die gevolg van Tommy Lewis se optrede teenoor Nellie is dat haar verhouding met
    haar pa verswak het, want hy het haar nie meer as ’n onskuldige meisie gesien nie./
    Bl. 124: Maar daai aand het my ra vir die eerste keer nie vir my gevra om die Bybel te
    gaan haal nie.
•   Tommy Lewis beïnvloed Nellie Ndola negatief, want sy moet jok oor die rooi boek en
    dan vergoed hy haar met lekkers en klere./Bl. 116: As daar iemand naby was, moes ek sê
    Miesies Elsa het my gestuur om dit vir hom te gee./oor die herkoms van haar kind./
    Bl. 117: Then you can say that he did it to you.
•   Tommy jok vir Nellie oor sy liefde vir haar, want hy wil haar net vir sy plesier
    gebruik./Bl. 116: Mense wat mekaar liefhet, het hy gesê is een, nie twee mense nie.
•   Tommy het vir Nellie, wat hy kwansuis liefhet, verneder en net gebruik, want hy laat
    toe dat sy suster haar uit die huis jaag en hy noem haar ’n low-caste./Bl. 116: Maar
    vandag het hy gesê ek is a low-caste en sy suster het my uit die huis uitgejaag.
•   Tommy manipuleer Nellie om sy sin te kry, want as sy hom toelaat om haar te gebruik,
    beloof hy ’n verhoging vir haar pa./Bl. 117: ... lat ek vir altyd syne is en lat hy sal kyk lat my
    ra nog ’n verhoging kry.

Die kandidaat verskaf ’n gepaste slot.
                                                                                                   25
                                                 OF

VRAAG 11: KONTEKSTUELE VRAAG Vatmaar – AHM Scholtz

Vraag    Antwoord                                                                                        Punt
11.1     Ta Vuurmaak/Een van die jong seuns van Vatmaar √                                                1

         Hy dra die Griekwa-kultuur/stories aan die jonges oor./
         Hy vertel Vatmaar se stories soos wat dit met hulle bepraat is. √                               1

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           17                              DBE/November 2015
                                         NSS – Memorandum

11.2     Lojaliteit teenoor sy kultuur./Kultuurverknogtheid/Kultuurbewustheid. √                    1

11.3     Ta Vuurmaak het as Griekwa nagmaal gebruik. √                                              1

11.4     Die Engelse sendelinge kersten die Griekwas.
         Die Griekwas word van hul tradisionele godsdiens vervreem.
         Die Griekwa-kultuur se voortbestaan word nadelig beïnvloed. √√
         Die Engelse het hulle geleer van steel.                                                    2

         Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

11.5     Liefde √                                                                                   1

         Tant Wonnie √                                                                              1

         Sy kry later ŉ oorlogspensioen./kon beter leef./keer vermenigvuldig na haar terug. √       1

11.6     Die treinwawatertenk is by een van die sylyne net gaan haal/gevat. √                       1

         Die titel impliseer om net te vat wat nie aan jou behoort nie. √                           1

         Die aksie om net te vat is geregverdig.
         Die mense van Vatmaar het alles gedeel./nie die agste gebod geken het nie. √

                                                    OF

         Die aksie om net te vat is nie geregverdig nie.
         Die mense van Vatmaar is gekersten is, dus behoort hulle te weet dit is verkeerd. √        1

11.7     Toe tant Wonnie in hegtenis geneem is vir kwansuise diefstal, draai almal op die
         dorp, wat gewoonlik haar deugde besing, teen haar./
         Toe Hendruk Jannewarie in die moeilikheid was, draai die gemeentelede wat altyd
         geld by hom geleen het, teen hom. √                                                        1

         Ek stem saam met die uitspraak, want dit is hoe mense is: net vriende terwyl dit
         mooiweer is./meng jy jou met die semels vreet die varke jou op. √

                                                    OF

         Ek stem nie met die uitspraak saam nie, want nie alle mense draai teen jou wanneer
         dinge nie goed gaan met jou nie./jy hoef nie noodwendig te word soos die mense met
         wie jy saamwerk/meng nie. √                                                                1

11.8     Ma Khumalo/Norman van der Westhuizen/Mariam/oom Flip √√                                    2
         Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde aan.
                                                                                                    1
         Anna Swartz behou haar naam tot haar dood, terwyl die ander se name verander. √
         Liefde oor die kleurgrens heen √                                                           1

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          18                             DBE/November 2015
                                        NSS – Memorandum

11.9     Gemengde afkoms √                                                                       1

         Mense van gemengde afkoms was welkom op Vatmaar/almal daar net gevat/aanvaar
         is. √                                                                                   1

         Omdat daar nie meer iets soos apartheid/rasseskeiding is nie, is dit vandag nie meer
         ’n kwessie nie. √                                                                       1

11.10    Sy is skaam oor haar ma se afkoms en hang haar foto daarom nie in die huis nie. √       1

11.11    Hy het geglo dat ’n leuen in die hof jou vryheid kan beteken. √                         1

11.12    Die persoon by wie Bennie ’n fiets geleen het, het ook ’n behoefte aan vleis gehad. √   1

         Dus het hy altyd ’n skaapboud met die persoon gedeel. √                                 1

                                                                                                 25

                                                                     TOTAAL AFDELING B:               25

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          19                              DBE/November 2015
                                        NSS – Memorandum

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord EEN vraag.

VRAAG 12: (LITERÊRE OPSTEL) Krismis van Map Jacobs – Adam Small

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
•  Dis ŉ breë raamwerk van feite.
•  Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Simbole:     S          Simbole
             B          Bestemming

Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste inleiding.

•   Map noem dat die tatoeëermerke op die soeke na sy identiteit dui, want dit is ’n
    aanduiding van sy lewe./Bl. 31: Kan jy sien die tattoos, al die merke? (Sy stem raak ’n
    oomblik weg. Huil hy?) ’it was ’n terrible gesoek seker, vir ’n identity …
•   Vir Map is die tatoeëermerke belangrik, want dit dui op sy herkoms./Bl. 31: Hoe sal jy
    wiet waarnatoe om te gaan, sê Apostel George ... as jy nie acknowledge waar kom jy
    vandaan nie?
•   Map het tatoeëermerke van ’n kaal vrou, ’n kitaar, die vure van die hel en ’n
    mombakkies wat ’n aanduiding van sy bendebedrywighede is./Bl. 32: Sien die tattoos
    elke gang se merke ...?
•   Die tatoeëermerke dui op Map se (vorige) lewe as bendelid en -leier, want hy verwys
    daarna as die dinge van die verderf/dinge van die hel./Bl. 32: Ek wiet wat gebeur het, al
    die dinge van die verderf, al die dinge van die hel ... Maar dis verby ...
•   Sy tatoeëermerke is sy kaart/getuigskrif van sy lewe, want dit is al wat hy het om
    moontlike werkgewers tydens die onderhoude te wys./Bl. 45: Have you got any
    testimonials, mister Jacobs, while sy vir jou so kyk lat die tattoos onner jou hemp en polo-
    neck warm word en brand ... Any testimonials? (Lag.) Ma! Dan wil ek skree en ek wil sê
    Well, nee, except vir my tattoos nie ...Vir La Guma is dit jammer dat Map sy lyf ontsier
    het/by implikasie die bendepad geloop het, want hy noem dat Map ’n mooi lyf het en
    dat dit net jammer van die tatoeëermerke is./Bl. 47: he’s really got a beautiful body ...
    Sorry about ... the ... tattoos …
•   La Guma noem dat die tatoeëermerke op Map se desperaatheid dui wat aan die
    Kaapse Vlakte gekoppel kan word./Bl. 51: Allerhande merke, like, to identify himself.
    Daai’s wat ’n man doen as jy desperate is, in ’n plek soes dié.
•   Die tatoeëermerke dui op die soeke na iets, na identiteit, want die Kaapse Vlakte word
    as ’n wasteland beskou./Bl. 51: ’Is soes tattoos, man, dieselde ... You search for
    something, man. As jy ’n regte mens is, dan wil jy wiet waar jy aan is en waar jy af is,
    waar jy staan. Understand? Jy moet tog iewers belong, belong! Somewhere moet jy
    darem iets kan identify moet jou selwers ... en jou selwers same moet iets!
•   Map hou op om na sy identiteit te soek nadat hy by die bendes aangesluit het en
    tatoeëermerke gekry het, want hy het gevoel dat hy nou êrens behoort./Bl. 31: kan jy die
    merke sien, al die merke wat ek my laat merk het ... ’Cause ek wil somewhere ge-belong
    het?
•   Map se leierseienskappe kan in die tatoeëermerke gelees word, want in die bendes
    het Map ’n leier geword wat al die besluite geneem het/toestemming verleen het./Bl. 32:
    Maar ek was die leader ... Ek was altyd die leader ...

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 Nov 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2015-memo/60f3e49d-7d9b-498b-ab2d-79b9cea75254) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2015-memo/52b78479-1bf7-40f2-9439-b5b527824bc5) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P2 June July 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-june-july-2015-memo/8da47c41-e534-4c6b-97f6-361042b9ed60) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2017-memo/872c6282-9442-4b04-b87a-61c1a547d2be) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2016-memo/4d844ab2-9772-4460-97b6-9a9c27ed70c2) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2014-memo/a21742b9-5160-420b-aa3d-e176e7b4aaff) — Afrikaans HL · Memo · 2014 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
