# Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2016 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2016, 24 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2016/f0c679d6-57b1-4941-a730-e09febb83a15
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2016/f0c679d6-57b1-4941-a730-e09febb83a15)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2016 · Afrikaans. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P2 Nov 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2016-memo/4d844ab2-9772-4460-97b6-9a9c27ed70c2) — Memo · 2016 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                            AFRIKAANS HUISTAAL V2

                                 NOVEMBER 2016

PUNTE: 80

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 24 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                       2                          DBE/November 2016
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord.

2.      Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
        inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste
        wat jy bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy gedoen het en
        kies die soort vraag wat jy wil beantwoord.

3.      Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

        AFDELING A: Gedigte        (30)
        AFDELING B: Roman          (25)
        AFDELING C: Drama          (25)

4.      Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B en
        EEN in AFDELING C.

        AFDELING A: GEDIGTE
        Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
        Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.

        AFDELING B: ROMAN
        Beantwoord EEN vraag.

        AFDELING C: DRAMA
        Beantwoord EEN vraag.

5.      KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)

         •   Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer het.
         •   Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy
             die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag
             in AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B
             beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik die
             kontrolelys om jou te help.

6.      LENGTE VAN ANTWOORDE

         •    Die lengte van die opstel vir die gedig is 250–300 woorde.
         •    Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400–450 woorde elk.
         •    Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word deur die
              puntetoekenning van elke vraag bepaal. Beantwoord jou vrae bondig en
              relevant.

7.      Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

8.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                    3              DBE/November 2016
                                        NSS

9.        Beantwoord ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.

10.       Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A: ongeveer 40 minute
          AFDELING B: ongeveer 55 minute
          AFDELING C: ongeveer 55 minute

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                    4                     DBE/November 2016
                                        NSS

INHOUDSOPGAWE

AFDELING A: GEDIGTE

Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAGNOMMER                         VRAAG                PUNTE      BLADSY
1. “Nuus uit die binneland”        Opstelvraag             10          6

2. “Een sprong vir ...”             Kontekstuele vraag    10            7

3. “staat”                          Kontekstuele vraag    10            8

4. “Kwatryne”                       Kontekstuele vraag    10            9

                                       EN

Ongesiene gedig: Verpligtend
5. “As die son sak uit die weste”   Kontekstuele vraag    10            10

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord EEN vraag.*
6. Die kwart-voor-sewe-lelie           Opstelvraag        25            11

7. Die kwart-voor-sewe-lelie        Kontekstuele vraag    25            11

8. Manaka Plek van die Horings         Opstelvraag        25            14

9. Manaka Plek van die Horings      Kontekstuele vraag    25            14

10. Vatmaar                            Opstelvraag        25            16

11. Vatmaar                         Kontekstuele vraag    25            16

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord EEN vraag.*
12. Krismis van Map Jacobs             Opstelvraag        25            19

13. Krismis van Map Jacobs          Kontekstuele vraag    25            19

14. Mis                                Opstelvraag        25            22

15. Mis                             Kontekstuele vraag    25            22

*LET WEL:         Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
                  in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                   5                         DBE/November 2016
                                       NSS

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae
beantwoord het.

                 AFDELING                VRAAG-         GETAL VRAE         MERK
                                         NOMMER        BEANTWOORD           ()
A: Gedigte                                 1–4              2
(Voorgeskrewe gedigte)
A: Gedigte                                    5               1
(Ongesiene gedig)
B: Roman                                     6–11             1
(Opstel of kontekstueel)
C: Drama                                     12–15            1
(Opstel of kontekstueel)

LET WEL:       Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in
               AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        6                              DBE/November 2016
                                            NSS

AFDELING A: GEDIGTE

VOORGESKREWE GEDIGTE
Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAG 1: OPSTELVRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg.

Nuus uit die binneland – Peter Blum
Vir Dirk Opperman

1         Soms in die winter as die reën sag stuif
2         op grasperke, dig en diep soos ’n tapyt –
3         as hy die rotsige bergreeks wegskuif
4         agter ’n misgordyn – as voor die ruit
5         popliere, eike en kastaiingbome
6         saamvloei, en ons versink in blaargroen drome
7         terwyl ons oor ’n ou beskawing lees –
8         dan gryp die onwerklikheid ons met die loop
9         van waters wat kalmeer, en in die gees
10        vou grys en sat die graafskap Surrey oop.

11        Soms in ’n najaarsdag se skemerty
12        stap ons in ’n stil straatjie en gewaar
13        deur ’n ou bolig, kunstig uitgesny
14        in vlegtende patroon van druif en blaar,
15        die lig van verre dae: Ons word gesluk
16        soos deur ’n mond; die luiterse getik
17        van ’n ou horlosie vervang ons ontstoke
18        harte se ritme in die kamerhoek,
19        en ons gestaltes kwyn tot stywe spoke
20        in die vernislaag van ’n Delftse doek.

21        Maar as die bergwind so rukkerig waai
22        en tussen ons rondkrap soos ’n stok
23        in ’n miershoop – in die palms blaai
24        nes ’n barbaar in ’n keurige boek –
25        dan is ons rillend buite alle mure
26        wat ons opstapel in redelike ure
27        met doel en plan –
28        ruik ons droogte en brand, en gerug
29        van sprinkaan, aardbewing en oproer
30        op daardie skroeiende binnelandse lug
31        – dan, dan
32        weet ons op watter vasteland ons boer.
                                                             [Uit: Steenbok tot Poolsee, 1955]

Daar kom kontraste in “Nuus uit die binneland” voor.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 250–300 woorde.                                          [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           7                                 DBE/November 2016
                                               NSS

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Een sprong vir ... – Joan Hambidge

1         Jy wil weet
2         waarom herstel ek nie –
3         want jy het my die maan,
4         sterre en uitspansel beloof.
5         Jy stuur my na die maan
6         en à la Neil Armstrong beweeg
7         ek in die lugdrukvrye atmosfeer,
8         karteer die kraters, die stil verwoesting
9         wat jy saai, plant ’n vlaggie van rekapitulasie
10        (dis verby, dis verby, dis ...) op die klein silw’rige planeet.
11        Danksy die verbinding tussen my en die lugskip van glas
12        genaamd poësie, keer ek weer terug na die aarde,
13        wys my foto’s vir diegene wat wil sien,
14        neem stukkies maankors saam
15        en weet ná maande
16        die maan is hiér.
17        Jy wil weet
18        waarom vergeet ek nie –
19        omdat ek weet die maan
20        is beslis nie van kaas.
                                                                            [Uit: Kriptonemie, 1989]

2.1       Waarom kan ons sê dat die gedig ’n eensydige gesprek is?                                        (1)

2.2       In versreël 10 kom ’n ellips voor.
          Benoem die ander retoriese middel in versreël 10. Waarom is dié retoriese
          middel funksioneel en hoe ondersteun die ellips die funksionaliteit daarvan?                    (3)

2.3       Wat gebruik die spreker om sy/haar gevoelens en hartseer te verwerk?
          Motiveer die geslaagdheid van dié aksie.                                                        (2)

2.4       Die spreker kom tot ’n begrip oor sy/haar verbreekte verhouding.

          Wat het die spreker aanvanklik gedink en wat is haar nuwe insig ten opsigte
          van verhoudings?                                                                                (2)

2.5       Watter stemming is oorheersend in die gedig?                                                    (1)

2.6       Hoe ondersteun die rym die tema van die gedig?                                                  (1)
                                                                                                          [10]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         8                          DBE/November 2016
                                             NSS

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

staat – Niel van Tonder

1         jare nou al
2         sit roerloos wit
3         ’n krap in die gaterige wal

4         roer ’n steeltjiesoog
5         met tye
6         waaksaam omhoog

7         niemand sal ooit
8         met sekerheid kan sê
9         of ’n droë dood ook in hom lê

10        maar wanneer en hoé
11        het die swart mierbataljon
12        dié parate pantser binnegekom?
                                                                [Uit: As Hy weer kom, 1975]

3.1       Hoe beklemtoon die inversie/omkering van die woordorde in strofe 1 die
          gedrag van die krap?                                                                   (1)

3.2       Gee die funksie van die alliterasie in versreël 9.                                     (1)

3.3       Benoem die beeldspraak in versreël 11 en motiveer waarom die gebruik
          daarvan geslaagd is.                                                                   (2)

3.4       Herlees versreëls 10–12.

          Wat is ironies in hierdie versreëls? Gee TWEE redes waarom die vraag in
          hierdie versreëls funksioneel is.                                                      (3)

3.5       Hoekom kan hierdie gedig nie slegs op letterlike vlak geïnterpreteer word
          nie?                                                                                   (1)

3.6       Die tema van die gedig is universeel.

          Stem jy saam met hierdie stelling? Gee redes vir jou antwoord deur na die
          gedig te verwys.                                                                       (2)
                                                                                                 [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        9                            DBE/November 2016
                                            NSS

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Kwatryne – Ina Rousseau
10
1         Agter die skerms, lank reeds gegrimeer
2         aanskou ek die verhoog se glans en kleur
3         en wag dat u my toelaat om oplaas
4         my rol te gaan vertolk, O Regisseur.
11
1         As daar applous was vir die laaste maal
2         en U die décor moeg na onder haal,
3         sal U vir ons wat ons kostuums uittrek
4         volgens ons moeite en geduld betaal?
12
1         In hierdie klug vergeet soms ’n akteur
2         heel onverwags sy reëls en loer versteur
3         na die coulisses links en regs
4         maar geen souffleur se stem dring tot hom deur.
13
1         Ofskoon die saal se ligte nie meer brand
2         vra menigeen aan die verhoog se kant
3         nog steeds: Is ek van hierdie klug die held
4         of teen die agterdoek ’n figurant?
                                                                 [Uit: Die verlate tuin, 1954]

4.1       Haal TWEE opeenvolgende woorde uit versreël 1–2 van Kwatryn 10 aan wat
          daarop dui dat die akteurs geduldig wag om hul rolle te vertolk.                         (1)

4.2       Hierdie vier kwatryne bevat ’n uitgebreide metafoor.

          Wat is die geïmpliseerde betekenis van die metafoor? Haal TWEE frases uit
          Kwatryn 11 aan wat by dié metafoor aansluit.                                             (3)

4.3       Herlees versreël 1–2 van Kwatryn 12.

          4.3.1 Haal die voorbeeld van inversie/omkering van die woordorde aan en
                noem die funksie daarvan.                                                          (2)

          4.3.2 Sê in jou eie woorde wat die figuurlike betekenis van “sy reëls”
                (versreël 2) is.                                                                   (1)

4.4       Wie is die ek-spreker in die gedig?                                                      (1)

4.5       Watter EEN van die kwatryne spreek die meeste tot jou? Gee TWEE redes
          vir jou antwoord binne die konteks van die gedig.                                        (2)
                                                                                                   [10]
                                           EN

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                             10                             DBE/November 2016
                                                 NSS

ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)
VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
As die son sak uit die weste – Clinton du Plessis
1         wie skryf nog briewe oor liefde?
2         wie luister nog na die tromme van afrika?
3         na die diep donker dreuning van die tromme van afrika
4         ek sms jou die berigte oor benerige kinders
5         veilig vanuit die voorste linies
6         via internet naelstring ek jou vas aan die kontinent
7         wat teer op die straathoeke van kananaskis*
8         wie skryf nog briewe oor vrede?
9         wie luister nog na die tromme van afrika?
10        na die diep honger kreun van die tromme van afrika
11        jy’t alles alreeds tweedehands beleef via cnn
12        die fetuses seningdroog opgekrimp sien lê
13        en die mielies hektaar vir hektaar sien weier om te pit
14        en die honger stadig sien slang deur die land
15        wie skryf nog briewe oor kinders?
16        wie luister nog na die tromme van afrika?
17        na die flou-vals ritme van die tromme van afrika
18        wie bewapen strategies teen vyf en veertig duisend miljoen rand?
19        wie steel dekades lank een duisend vier honderd miljard rand?
20        wie skryf nog briewe oor mooiweer & sonskyn?
21        en wie luister nog na die tromme van afrika?
22        wie, vra ek jou dan, plaas ’n munt voor die son?
23        en skaduwee breed sy hongervlek oor www.donkerafrika.com
          *Die G8-spitsberaad is in die laaste week van Junie 2002 in Kananaskis in die Kanadese
          Rotsgebergte gehou.
                                                                [Uit: As die son kom oogknip, 2001]

5.1       Hoe word die leser in versreël 1–2 by die gediginhoud betrek?                                  (1)
5.2       Benoem die klankeffek in versreël 5.                                                           (1)
5.3       Haal VYF opeenvolgende woorde uit versreël 11–14 aan wat bewys dat die
          aangesprokene nie deel van hierdie gebeure is nie.                                             (1)
5.4       Benoem die beeldspraak in versreël 14 en haal VIER opeenvolgende woorde
          uit versreël 11–13 aan wat by versreël 14 aansluit.                                            (2)
5.5       Watter boodskap kan uit versreël 21 afgelei word? Dink jy hierdie boodskap
          is aktueel vir Afrika en sy mense? Motiveer jou antwoord.                                      (2)
5.6       Herlees die titel en versreël 22–23.
          Hoe sluit die slotkoeplet inhoudelik by die titel van die gedig aan?                           (3)
                                                                                                         [10]
                                                                      TOTAAL AFDELING A:                 30
Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         11                          DBE/November 2016
                                             NSS

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag).

VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG

In Die kwart-voor-sewe-lelie leer die leser Iris as buitestander ken.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.                                        [25]

VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS A

1            Ek het geknik. My reistas het al gelyk na ’n spens. “Pa mag dit seker nie
2         self eet nie?” het ek opgemerk, gedagtig aan sy soutlose dieet.
3            “Is omtrent al waarvan ek leef,” het hy gegrom.
4            “Is dit nie sleg vir Pa nie?”
5            “Ek’s gesond in die bos,” het hy gesê. “Daar’s nie tyd vir fieterjasies nie.”
6         Oor Peter of Claude het ons nie gepraat nie.
7            Johanna was meer uitgesproke.
8            “Jy’t die man ’n jaar laas gesien,” het sy gesê. “Dit gaan neuk.”
9            “Tyd of afstand het nog nie vantevore ’n verskil gemaak nie,” het ek
10        myself verweer. “Waarom sal dit nou?”
11           Sy het gesnuif. Dae lank al het sy deur die huis gedruppel, droef en
12        ineengedoke, haar gewone sofistikasie weg. “Nou’s al drie my kinners weg,”
13        het sy gesê. “Al my favourites foeter oor die see.”
14           “Ek kom mos weer terug!” Dit was nietemin goed om te hoor dat ek ’n
15        gunsteling was.
16           “Dis nie altyd te sê nie,” het sy gekla. “Wie weet wat daar oorkant gebeur?
17        Hy hou jou dalk nog daar.”
18           “Nee. Sover ek weet, is hy self op pad terug.”
19           Sy het effens opgehelder. “Dan kan jy mos net sowel hier vir hom wag.”
20           Ek het my kop geskud. “Ek wil gaan kyk hoe lyk dit daar. Buitendien, ek
21        gaan eers vir Kara kuier. Onthou jy nie wat Ma altyd gesê het nie? ’n Iris
22        blom net een keer per jaar. Ek is aan die oud word en dis tyd dat ek blom.”

7.1       Iris verwys in reël 1 na haar reistas. Noem die TWEE plekke waarheen sy op
          pad is.                                                                                 (2)

7.2       Herlees reël 3.

          Waarom is hierdie reaksie van Pa nie geregverdig nie? Kom Ma later in die
          roman tot Pa se redding? Motiveer jou antwoord.                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         12                           DBE/November 2016
                                             NSS

7.3       Wat lei ons omtrent Pa se karakter in die onderstreepte woorde in reël 5 af?
          Motiveer met voorbeelde uit die roman waarom ons kan sê Ma se karakter
          verskil nie veel van Pa s’n nie.                                                         (3)

7.4       Uit reël 6 kan ons aflei dat Iris en haar pa nie eintlik oor belangrike dinge
          gesels nie.

          Wat is die rede vir dié gebrekkige kommunikasie?                                         (1)

7.5       Johanna het ’n besondere band met Iris.

          Gee TWEE voorbeelde uit die roman wat op hierdie band dui. Dink jy sy het
          dieselfde band met Kara en Elsa? Motiveer jou antwoord.                                  (3)

7.6       In reël 21–22 word daar na een van die betekenisse van Iris se naam
          verwys.

          Noem nog ander betekenisse.                                                              (2)

7.7       Wat is die tema van die roman? Watter boodskap word aan die leser
          oorgedra?                                                                                (2)

                                                EN

TEKS B

1            “Ek is nie verantwoordelik vir jou en jou mense nie,” het hy kalm gesê. “Ek
2         gaan dit ook nie weer vir jou sê nie. Jy sien jouself as ’n kind wat leer loop en
3         my as die ma wat met haar arms beskermend weerskante van die kleuter
4         saamloop om te keer dat hy nie val nie. Ek is nie ’n loopring nie. Ek maak nie
5         reg waar jy verbrou het nie. Ek skakel nie stowe of sweisapparate af nie. As
6         jy môre op die dak loop en gly en afval, sal ek jou nie vang nie. Om op die
7         dak te loop, is jou keuse. Peter se werk is sy keuse.”
8            Ek het my op ons bed neergewerp en gehuil, nie net van skok nie, maar
9         ook omdat ek beskaamd was oor my uitbarsting.
10           “Gaan terug hospitaal toe en gaan sit by Peter. Hou sy hand vas in plaas
11        van om so liederlik jammer vir jouself te voel.”
12           “Ek is jammer vir hom,” het ek myself verdedig, maar opgestaan en my
13        hare gekam.
14           “En ry versigtig,” het hy gemaan voor ek loop. Hy het geglimlag.
15           “Vergewe my,” het ek gesê. “Ek was ontsteld. As ek net kon seker wees
16        sy oë sal weer aangroei. Of wat ook al nodig is.”
17           “Die lewende sel is ’n besondere organisme. Dit het die vermoë om
18        homself te regenereer.”
19           “Dink jy so?” het ek gevra, meteens weer vol moed.
20           “Ek weet dit.”
21           “Jy’s ’n engel,” het ek gesê en vir hom gewaai.

7.8       Teen watter agtergrond vind hierdie gesprek tussen Iris en die Engel plaas?              (1)

7.9       Hoe beïnvloed die ek-verteller in reël 8–9 die leser se siening van Iris?                (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                       13                         DBE/November 2016
                                           NSS

7.10      Herlees reël 8–16.

          Hoe verskil Iris se optrede hier van haar optrede in TEKS A? Wat dink jy is
          die redes vir dié veranderde optrede?                                                (3)

7.11      Die Engel maak in reël 17–20 ’n voorspelling ten opsigte van Peter se
          herstel.

          Watter afleiding kan uit die terloopse woorde in reël 14 gemaak word?                (1)

7.12      “Jy’s ŉ engel” (reël 21)

          Wat impliseer Iris met hierdie woorde? Waarom gebruik Iris dié woorde?
          Stem jy met Iris se siening oor die engel saam? Motiveer jou antwoord met
          TWEE voorbeelde uit die roman.                                                       (4)
                                                                                               [25]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        14                          DBE/November 2016
                                            NSS

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag).

VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG

In Barotseland kom Baas, die swerwer, tot rus en groei tot iemand wat vir ander
omgee.
Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.                                      [25]

VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS C

1             “Jy lyk heelwat beter as vanoggend. Daar is altyd iets om voor dankbaar
2         te wees, is dit nie? Interessante besoeker wat jy gehad het?”
3             “Nie juis nie. Net nog iemand wat planne maak om my hier weg te kry.”
4             Sitali sit langs die bakkie. Hy wag om saam met Baas te ry. Grace kom
5         haal die bekers en belowe Sitali dat hy saam met die groot vragmotor kan ry.
6         Hy loop onwillig saam met haar. Baas maak die bakkie se agterklappe oop.
7         Brindle loop terug na die afdak toe.
8             “Brindle!” dwing Baas hom terug. “Daar is ’n tyd vir alles. Los nou jou
9         ordentlikheid.”
10            Die ander honde aanvaar uitgelate die aanbod om op die vreemde
11        voertuig te spring. Briekwa staan stywebeen op die klap. Hy weier om Brindle
12        te laat opspring. Baas laat al die honde afklim. Brindle spring op. Die ander
13        volg. Briekwa dreig.
14            “Laas toe ek jou met ’n geweer in die hand gesien het, het ek gedink ek
15        gaan ook enige oomblik soos ’n wors van sy stingel afgeskiet te word,” terg
16        Nanna. “Gelukkig voel jy nou beter.”
17            Baas gee Briekwa ’n klap teen die kop. Nanna klim haastig agter die stuur
18        in.
19            Meneer Johnnie hardloop jagbyltjie in die hand nader om nog ’n keer die
20        erns van sy huweliksprobleme en die hongersnood in sy huis te beklemtoon.
21            “Henna not right!” Meneer Baas kan nie so met hom maak nie, sê hy, want
22        dis juis omdat hy meneer Baas wou help dat hy nou so swaar kry sonder sy
23        vrou en sy kind.

9.1       Herlees reël 2–3.

          Wat is die besoeker se naam? Dui aan wat sy plan behels en hoe sy planne
          uiteindelik skeefloop.                                                                (3)

9.2       Hoe vorm Brindle ’n skakel met Baas se oupagrootjie?                                  (1)

9.3       In reël 11–13 laat Briekwa toe dat Brindle op die vragmotor spring.

          Hoe stem hierdie optrede met Baas se optredes in Manaka ooreen?                       (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         15                          DBE/November 2016
                                             NSS

9.4       Herlees reël 14–16.
          9.4.1      Na watter insident verwys Nanna?                                             (1)
          9.4.2      Hierdie dialoog van Nanna wys sy is gemaklik in vreemde
                     omstandighede. Gee voorbeelde van Nanna se optrede wat hierdie
                     stelling ondersteun.                                                         (2)
          9.4.3      In watter mate het die sendelinge bygedra tot Baas se innerlike
                     konflik?                                                                     (1)
9.5       Baas tree in reël 17 aggressief op. Hoekom tree hy so op?                               (1)
9.6       Is dit regverdig dat meneer Johnnie vir Baas in reël 22 verantwoordelik hou
          vir sy probleme? Motiveer jou antwoord.                                                 (2)
                                                EN
TEKS D
1            Baas bly staan. Watter soort boodskap sal ’n mens nou los as jy self nie
2         eens weet hoekom jy gekom het nie?
3            Hy maak die agterklap oop en laat die trop honde afspring. Hulle loop
4         hulle draaie en spring weer op. Hy maak die klap toe en skakel die Land
5         Rover se ligte af.
6            In Whitey se tent trek hy ’n vuurhoutjie. Daar is ’n paraffienlampie op ’n
7         groen trommel langs ’n kampbed. Hy steek dit aan. Op die trommel lê ’n
8         Bybel. Baas gaan lê op die bed, sy hande in die lug; seer van die warm
9         planke wat hy moet buig om by die kromming van sy boot se romp aan te
10        pas. Iewers roep ’n dikkop. Het Whitey ook ’n ashoop? Wat gebeur nou daar
11        by die Plek van die Kremetartbome? tuimel sy gedagtes.
12           In Whitey se Bybel lees hy die tekste wat Ouma Essie vir hom gegee het
13        toe sy hom kom roep het om die kerk se balke te gaan haal.
14           Hy ryg die tent weer toe en ry terug. Op pad wag hy vir die dag om te
15        breek. Ligdag loop hy en die honde die kop uit na die boom toe waar die
16        vlakvark Longwane gegaffel het. Dit is die kremetart waar Whitey se oupa in
17        sy jong dae nog ’n uitgekerfde naam in die bas kon lees. Hy loop teen die
18        skuinsgroeiende stam uit en kry die knopperige riwwe.
19           Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie ...
9.7       Watter soort verteller is in reël 1–2 aan die woord en wat is sy funksie hier?          (2)
9.8       Is daar ’n verband tussen Whitey, die uitgekerfde naam in die kremetart en
          Baas? Gee TWEE redes vir jou antwoord. Is daar ’n vroeër optrede van Baas
          in die roman wat hierdie verband bevestig? Motiveer jou antwoord.                       (3)
9.9       Ouma Essie voer ’n soortgelyke rede aan vir Meneer Johnnie (TEKS C) en
          Baas (TEKS D) se koms na Manaka.
          Wat is dié soortgelyke rede? Noem DRIE bewyse uit die roman dat Baas sy
          regmatige plek op Manaka inneem.                                                        (4)
9.10      Reël 19 (TEKS D) verteenwoordig die godsdienstema in die roman.
          Gee ’n ander tema wat in die roman voorkom. Watter boodskap word aan die
          leser oorgedra, deur die tema wat jy genoem het?                                        (2)
                                                                                                  [25]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          16                         DBE/November 2016
                                              NSS

VATMAAR – AHM Scholtz

Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag).

VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG

In Vatmaar geld ’n lewensingesteldheid van omgee.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde en verwys in jou antwoord
na Sus Bet, oom Chai en Kenneth Kleinhans.                                                        [25]

VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder deeglik deur en beantwoord dan die vrae wat volg.

TEKS E

1         Die Du Toitspan-hospitaal het ’n brief vir die dorpsraad geskryf waarin hulle
2         sê hulle sal een of twee keer ’n week ’n verpleegster Vatmaar toe kan stuur,
3         op een voorwaarde: Die dorpsraad moet betaal vir die transport, of dit nou 'n
4         kapkar of ’n mouterkar is. Net vir ’n bicycle of ’n gewone perdekar hoef hulle
5         nie te betaal nie.
6             Die dorpsraad het die hospitaal-superintendent bedank en die voor-
7         waarde aanvaar.
8             Dit was weer ’n plesierige Mister Burns wat vir Kenny kom sê het: Here is
9         the letter from the town council. The clinic will be opened, not this Saturday
10        but the next. Get ready for the celebration, for there is a time to mourn and a
11        time to be merry.
12            Kenny vra toe die domanie om op die agenda van die diens te sit dat die
13        kliniek die volgende Saterdag deur die burgermeester van die Pan en sy
14        raadslede oop verklaar sal word, en dat hulle baie bly sal wees as die hele
15        Vatmaar na die feesvieringe kan kom.
16            Kenny het vir Sus Bet geld gegee en haar gevra om die beste khadie te
17        maak wat sy nog ooit gemaak het. Sy het gesê: Op een voorwaarde, dat
18        Vatmaar se mense nie van die khadie drink nie. Laat dit net vir die mense
19        van die Pan wees.
20            Fair enough, sê Kenny.
21            Ek verwag dat jy dit so sal hou, het Sus Bet gesê.
22            Die gemmerbier sou deur Nurse-sister Gous gemaak word, en sy moes
23        ook sorg vir genoeg vier-gelling-paraffienblikke vir die bier.

11.1    ’n Kliniek is op Vatmaar gebou.

        11.1.1       Wat is die naam van die nuwe kliniek op Vatmaar?                             (1)

        11.1.2       Waarom was die oprigting van die kliniek so belangrik vir Kenny?
                     Watter raadslid het ’n groot rol gespeel om die kliniek tot stand te
                     bring?                                                                       (3)

11.2    Die oprigting van die kliniek was vir Kenny ’n “time to be merry” (reël 11).

        Gee nog TWEE redes waarom dit vir Kenny ’n “time to be merry” kan wees.                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        17                          DBE/November 2016
                                            NSS

11.3      Waarom het Kenny juis vir Sus Bet gevra om die khadie te maak?                        (1)

11.4      Hoe sluit Sus Bet se woorde en/of handeling op die delwerye by die titel van
          die roman aan?                                                                        (2)

11.5      Noem karaktereienskappe van Sus Bet wat jy uit die roman kan aflei en gee
          ’n voorbeeld van elke karaktereienskap uit die roman.                                 (4)

11.6      Herlees reël 17–19.

          Hoekom, dink jy, stel Sus Bet hierdie voorwaarde?                                     (2)

                                               EN

TEKS F

1            Die telefoonpale was al tot amper by die kliniek en die mense het gesê:
2         Nog twee weke en Vatmaar is met die Pan gekonnek.
3            Die sokkerveld is eerste ingewy.
4            Dit was ’n trotse Kenneth Kleinhans wat daardie Saterdagmiddag – met
5         die hele Vatmaar wat om die sokkerveld staan – die bal van Boitjie Afrika
6         gekry het om op die middellyn te gaan stel.
7            Toe hy terugstap, laat Teacher EIsa haar sakdoek val, iets wat min
8         mense in Vatmaar gedra het. Kenny tel dit op, waai die stof uit en gee dit vir
9         haar.
10           Kenny met sy gebroke hart gee dit vir haar en sê: Your handkerchief,
11        lady. Die woorde knel haar, sy word warm. Maar hierdie EIsa se begeerte,
12        haar diepste wense – dit is die man vir my – kon hom nie aantas nie.
13           Die Vatmaar Sunbeam-sokkerspan het teen Du Toitspan Wanderers se
14        B-span gespeel en hulle een-nul gewen. Daarna was Vatmaar nooit weer
15        dieselfde nie. Na die tyd was die aankykers moeër as die spelers want die
16        meeste van hulle het saam met hulle se span en die bal op en af langs die
17        veld gehardloop. Party oupas het na ’n kamma bal geskop elke keer as een
18        van Vatmaar se spelers op die veld na die bal skop.
19           Na die wedstryd is baie dinge afgepraat, soos lat die fluitjieman so grênd
20        was.
21           Suzan wat ook gaan kyk het, het vir Nellie Ndola gekry toe sy met die
22        paaitjie terugstap. Sy het vinnig rondgekyk of sy nie vir Tommy Lewis sien
          nie.

11.7      Waarom laat val Teacher Elsa haar sakdoek? Hoe staan dié rede in kontras
          met ’n vorige gesprek wat Teacher Elsa met haar pa gehad het?                         (2)

11.8      Herlees reël 7–11.

          Hoekom kán Teacher Elsa se handeling tot innerlike konflik by Kenny lei?
          Wat was Mevrou Bosman se aandeel in Kenny se “gebroke hart”?                          (3)

11.9      Wat is onderskeidelik die bydrae van Ou Chetty, Boitjie Afrika en Kenneth
          Kleinhans in die eerste sokkerwedstryd van die Vatmaar Sunbeam-
          sokkerspan?                                                                           (3)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                     18                        DBE/November 2016
                                         NSS

11.10    Dink jy die jonger manne van Vatmaar se opinie oor Boitjie Afrika het
         verander? Motiveer jou antwoord.                                                  (1)

11.11    In TEKS F word na Kenneth as “trots” verwys. Verwys na reël 8–17 (TEKS E)
         en reël 1–6 (TEKS F).

         Gee EEN ander karaktereienskap van Kenneth Kleinhans wat uit TEKS E én
         TEKS F duidelik na vore kom.                                                      (1)
                                                                                           [25]

                                                           TOTAAL AFDELING B:              25

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                       19                        DBE/November 2016
                                           NSS

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer
het.

KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag).

VRAAG 12: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG

Gappie Martin, Apostel George en Miss Africa het ’n invloed op Map Jacobs se lewe
en verander sy lewenskoers.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.                                    [25]

VRAAG 13: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS G

1     CYRIL:      Ek sien mister Cavernelis, en Blanchie oek, en missies
2                 Cavernelis, julle ammal slyt julle deur so elke keer agter julle
3                 toe, soes julle kom en gaan. Trust julle dan nie die mense hier
4                 in onse area nie? Mister Cavernelis maak even mister
5                 Cavernelis se bike aan die tralies vas! Moet kettangs!
6     TOMMY:      ‘Is nie onse biesagheit nie, man, wat mister Cavernelis-hulle
7                 doen nie!
8     CAVERNELIS: Ja ... Dit het met niemand niks te make nie. Ons meng met
9                 niemand in nie. Ons gaan net ons eie gang, so asseblief, laat
10                staan vir ons ...
11    CYRIL:      (spottend) “Meng met niemand in nie”; “gaan net ons gang!” ...
12                Mister Cavernelis praat darem mooie taal, nè. “Meng met
13                niemand in nie.” Hoge Afrikaans, en missies Cavernelis gooi net
14                weer Ingils! Smárt. Ons ken mos nie sukke tale hierso in onse
15                area, innie township nie! (Hy is nou bý mister Cavernelis, en
16                klop die ouer man op die skouer.) Ma’ lyster, ou dêrre, ons kén
17                die meaning van daai woorde. “Meng met niemand in nie.” Jy
18                mien jy interfere like moet ge-niemand nie. Dis net lat jy sukke
19                hoë woorde gebruik daarvoor! Maar jy moenie dink ons is stupid
20                hierso nie. Ons het oek ammal geleer innie skool, okay ...
21                “Meng met niemand in nie.” Hoë woorde. Hoë mense ...
22    CAVERNELIS: (hulpeloos) ‘Is nie dit nie, man. Kan ek help hoe ek praat?! Kan
23                ek help dat ek van die Boland ... van up-country af ... kom?
24    CYRIL:      Up-country ... ja ... En nou’s mister Cavernelis al weer t’rug ...
25                (Geniepsig. Slaan op die tas wat agter op die fiets vasgemaak
26                is.) Soft goods innie suit-casie? Ekstra verdienste? Soft goods
27                ... Petticoats en panties ... (Hy en Richie lag.)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          20                            DBE/November 2016
                                              NSS

13.1      Wat is die werklike rede vir Cyril se aanval op Cavernelis (reël 1–5)?                     (1)
13.2      Herlees reël 1–5 (TEKS G).
          Gee EEN ander rede waarom Cavernelis en Maud in hierdie ruimte
          vasgevang is. Gee ’n bewys van die figuurlike kettings wat Cyril en Richie
          aan hierdie ruimte bind. Hoe sluit La Guma se woorde by die figuurlike
          kettings van die ruimte aan?                                                               (3)
13.3      Noem ’n handeling van Cavernelis in die drama wat verband hou met sy
          strewe om uit die township/Kaapse Vlakte te kom.                                           (1)
13.4      Noem EEN rol elk wat die apartheidstelsel en Tommy Sobotker in die drama
          speel. Dui ook aan watter invloed die apartheidstelsel en Tommy op Map
          het.                                                                                       (4)
13.5      Hoekom, dink jy, klop Cyril vir Cavernelis op sy skouer?                                   (2)
13.6      Oor watter kennis met betrekking tot Map beskik Cyril wat Cavernelis nie het
          nie? Noem TWEE redes waarom dié kennis waaroor Cyril beskik tot vrees by
          Cavernelis kan lei?                                                                        (3)
                                                 EN
TEKS H
1         BLANCHIE:      Nee! Nee!! ... Nee!!!
2                        Die lig verander. Dan sien ons hoe Willy la Guma oor die
3                        straat gehardloop kom. Onder sy arm is Cavernelis se soft
4                        goods-suitcase, soos dit plat getrap is deur die trein. Hy steier
5                        teen die flat se trap op, na Maud toe.
6                        Map staar, beneweld. Blanchie die verpersoonliking van skok.
7                        Die dinge gebeur nou vir hulle soos in ’n buite-wêreld waarop
8                        hulle net maar toekyk.
9                        Maud op die platformpie bo asof sy daar vasgenael is. Die
10                       mense vergader in die straat.
11                       Dan is Willy by Maud.
12        BLANCHIE:      ‘Is nie waar nie!! ... (Haar liggaam ruk histeries. Map hou haar
13                       vas.)
14        LA GUMA:       (bewe, weet nie mooi hoe nie) Missies ... C ...
15                       Maud se gesig trek-trek en sy kry geen woord uit nie.
16        LA GUMA:       Ek het ... niks gekan doen nie ... Ons was saam ... Ek het
17                       saam met mister C ... ge-jog ... langes sy bicycle ... By die
18                       crossing, toe kom die trein ... toe stop ek, ek dink toe mister C
19                       gaan oek ... ek mien stop ... Maar ... O my God ... missies C ...
20                       ek skreeu vir hom, mister C!! ... mister C!! ... en toe ... en toe
21                       ... Die trein ... die bicycle ... Mister C ... ek het niks gekan doen
22                       nie!! ... Ek ... (Hy sluk. Sy oë staan vol trane. Hy hou die
23                       stukkende tas en ons sien hoe Maud van die kledingstukke
24                       daaruit trek en deur haar vingers laat loop.)
25        MAUD:          (bibber die woorde onsamehangend uit) He ... was ... a good
26                       man ... Cavernelis ... darling ...
27        BLANCHIE:      Daddy!
28                       Die lig verander. Die musiek begin, saggies. Eers ’n banjo.
29                       Dan kitare. ’n Basviool. Viole.
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                      21                         DBE/November 2016
                                          NSS

13.7      Wat was Cavernelis se beplande reis en wat was sy werklike reis in hierdie
          drama?                                                                             (2)

13.8      Waarom is Cavernelis se dood ten opsigte van Blanchie en Maud ironies?             (2)

13.9      In TEKS H heers ’n stemming wat op geskoktheid dui.

          Hoe verander dié stemming teen die einde van die drama? Wat is die
          oorsaak van die veranderde stemming in die slot van die drama?                     (2)

13.10     Cavernelis openbaar waardes in die drama.

          Noem EEN positiewe waarde en ’n voorbeeld waar Cavernelis dié waarde in
          die drama openbaar. Watter negatiewe waarde openbaar Cavernelis
          teenoor sy familie?                                                                (3)

13.11     Dink jy die dramaturg skep vir Map en Blanchie ’n geleentheid om uit hul
          beklemmende omstandighede te ontsnap? Motiveer jou antwoord.                       (2)
                                                                                             [25]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                       22                        DBE/November 2016
                                           NSS

MIS – Reza de Wet
Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF VRAAG 15 (kontekstuele vraag).
VRAAG 14: MIS – OPSTELVRAAG
Die handeling van Miem, Meisie en Gertie dui daarop dat hulle, onder andere met die
hulp van Konstabel, uit hul omstandighede wil ontsnap.
Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.                                     [25]
VRAAG 15: MIS – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg.
TEKS I

1                        Hy sit doodstil en kyk voor hom uit. Na ’n paar oomblikke van
2                        stilte bars hy skielik uit van die lag.
3         MIEM:          Wat is so snaaks, Konstabel?
4         KONSTABEL:     lets (Lag) het my skielik net bygeval. (Skielik stroef)
5                        Verskoon my tog.
6         GERTIE:        U kan dit maar met ons deel, Konstabel. ’n Bietjie jolyt sal
7                        ons goed doen.
8         MIEM:          Jy kan dit weer sê, Gertie.
9         KONSTABEL:     Ek is jammer. Dis persoonlik.
10        MIEM:          (geaffronteerd. Kyk na GERTlE) O!
11                       ’n Effens ongemaklike stilte.
12        GERTIE:        En waar kom u vandaan, Konstabel?
13        KONSTABEL:     O, hier en daar. Nooit lank op dieselfde dorp nie. Ek word
14                       gebruik vir ... spesiale gevalle.
15        MIEM:          So, u is natuurlik hier oor die verdwynings, Konstabel?
16        KONSTABEL:     Dis reg, ja. Oor die verdwynings. Maar hulle het my nie
17                       volledig ingelig nie. Hulle sê altyd hoe minder ek weet hoe
18                       beter.
19        MIEM:          (opgewonde) Nou ek kan vir u alles vertel. Dit het twee jaar
20                       gelede begin. Meisie!
21        MEISIE:        (verskrik) Ja, Ma?
22        MIEM:          Vat die sakke wat klaar is en stapel hulle op die sakke wat
23                       buite lê.
24        MEISIE:        Maar ek maak vir die konstabel koffie.
25        GERTIE:        Toe maar, ek sal dit doen.
26        MIEM:          Meisie, maak nou soos ek sê!
27                       MEISIE beweeg vinnig na die sakke in die hoek.
28        MIEM:          (agter haar hand) Konstabel, sy is nog so jonk en onskuldig.
29                       Ek wil nie hê sy moet die dinge hoor nie.
30                       MEISIE sleep die sakke na die deur.
31        MIEM:          Meisie, los die deur oop as jy uitgaan. Dan kan ons hoor as
32                       jy gil.
33        KONSTABEL:     U is baie verstandig.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        23                          DBE/November 2016
                                            NSS

15.1      Hoe het Konstabel se woorde en handeling, tydens die eerste kennismaking
          met die vroue, hulle om die bos gelei?                                                  (2)

15.2      Watter EEN van die handelinge in die neweteks (reël 4), dink jy, het
          betrekking op Konstabel aan die einde van die drama? Motiveer jou keuse.                (1)

15.3      Waarom is Gertie van mening dat ’n bietjie “jolyt” (reël 6) die vroue goed sal
          doen?                                                                                   (2)

15.4      Waarna verwys “spesiale gevalle” (reël 14)? Hoekom is Miem se huis ’n
          sagte teiken?                                                                           (4)

15.5      Waarom is reël 19 ’n voorbeeld van dramatiese ironie?                                   (1)

15.6      Hoe sluit reël 22–23 by die titel én die tema van bevryding aan?                        (2)

15.7      Watter karaktereienskap van Miem kan uit haar woorde in reël 26 afgelei
          word? Gee nog TWEE ander karaktereienskappe van Miem soos wat dit uit
          die drama blyk.                                                                         (3)

15.8      Waarin is die teenstrydighede in Konstabel se woorde (reël 33) geleë?                   (2)

                                               EN

TEKS J

1                          Die KONSTABEL antwoord nie. Hy staan stil en staar voor
2                          hom uit.
3          MIEM:           (oorvriendelik, na ’n stilte) Vertel ons, Konstabel, het u
4                          ondervinding van sulke sake? Verdwynings, bedoel ek?
5          KONSTABEL:      O ja, dit is waarvoor ek eintlik gebruik word. Vermiste
6                          persone.
7          MIEM:           Werklik?
8                          MEISIE steek haar vinger raak. Sy trek haar asem in en
9                          suig haar vinger.
10         MIEM:           (aan die KONSTABEL) So u sê u werk met vermiste
11                         persone, Konstabel?
12         KONSTABEL:      Ek kan miskien nie sien nie. Maar daarom word ek gebruik.
13                         As daar niks is om te sien nie. As iemand uit die oog verloor
14                         is.
15         GERTIE:         Hoe wonderlik!
16         KONSTABEL:      Want al kan jy iemand nie met die blote oog sien nie ... is
17                         daar ... ander sintuie ... wat die werk kan doen.
18         MIEM:           Werklik interessant.
19         GERTIE:         Vertel ons, Konstabel, hoe gaan u te werk?
20         KONSTABEL:      Nou ja … sien is glo. Dit is eintlik moeilik om te verduidelik.
21                         Kort stilte.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        24                           DBE/November 2016
                                            NSS

22         MIEM:            (oorvriendelik) Kom sit tog, asseblief, Konstabel.
23         KONSTABEL:       Nou goed ...
24         MIEM:            Dan skink ek vir jou nog 'n koppie koffie. (Staan op en
25                          beweeg na die stoof)
26         KONSTABEL:       Ek wonder of iemand my kan help ... Sien, sonder my stok
27                          is ek verlore ...
28         GERTIE:          Maar alte seker, Konstabel. (Tel die stok op en gee dit vir
29                          hom. Neem sy arm en lei hom na die stoel)
30         KONSTABEL:       (ruk sy arm weg) Dankie, juffrou, ek sal self regkom.
31                          (Beweeg stadig na sy stoel terwyl hy met sy stok rondtas)

15.9      Herlees reël 8.

          Is die sprokie Die slapende skoonheid op Meisie van toepassing? Motiveer
          jou antwoord.                                                                       (1)

15.10     In TEKS I (reël 14) verwys Konstabel na “spesiale gevalle” en in TEKS J
          (reël 13–14) na “iemand (wat) uit die oog verloor is”.

          Op watter vroulike karakter is hierdie woorde van toepassing?                       (1)

15.11     Watter tema kan jy uit die woorde in reël 20 aflei? Hoe sluit reël 13–14 én
          reël 26–27 by dié tema aan?                                                         (3)

15.12     Konstabel word met ’n doel na “spesiale gevalle” gestuur.

          Wie is die spesiale geval aan wie hy dié spesifieke aand hulp moes verleen?
          Wat was die aard van Konstabel se hulp? Dink jy dat Konstabel se hulp
          verwelkom is? Motiveer jou antwoord.                                                (3)
                                                                                              [25]

                                                               TOTAAL AFDELING C:             25
                                                                   GROOTTOTAAL:               80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 Nov 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2016/59a8c6fd-f198-43a4-87af-9f576b583cc4) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2016/a2cdc682-5344-4fe5-ba51-f1d2b0dfdb02) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2023/570bfb5d-f864-4400-8cd2-30d4b1b647c7) — Afrikaans HL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2022/5354dd07-46df-4f34-b294-d451ae648a12) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2018/e7743bcd-7218-48b4-8668-8fc4d889c57a) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2015/cdab90d4-3d84-4b91-af49-f2c24059a99e) — Afrikaans HL · QP · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
