# Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC November 2017 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2017, 36 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2017-memo/872c6282-9442-4b04-b87a-61c1a547d2be
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 36

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC November 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2017-memo/872c6282-9442-4b04-b87a-61c1a547d2be)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 36 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                             AFRIKAANS HUISTAAL V2

                                   NOVEMBER 2017

                                   NASIENRIGLYNE

PUNTE: 80

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 36 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          2                             DBE/November 2017
                                       NSS – Nasienriglyne

RIGLYNE VIR NASIENERS

1.    As 'n kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die eerste
      antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en die
      kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)

2.    As 'n kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte beantwoord het,
      word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.

3.    As 'n kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre opstelle
      beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word
      geïgnoreer. As 'n kandidaat al ses die vrae in AFDELING B en C beantwoord het, word
      die eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits een kontekstuele vraag en een
      opstelvraag beantwoord is.

4.    As 'n kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die
      tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord
      word geïgnoreer.

5.    As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die nasienriglyne
      nagesien.

6.    Taalfoute by kontekstuele vrae word nie gepenaliseer nie. As 'n spelfout die betekenis
      van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk. As die spelfout nie die betekenis
      van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek beskou.

7.    Opstelvrae:
      As die literêre opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie
      gepenaliseer nie omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die literêre opstel te
      lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior nasiener. Die
      nasienriglyne is slegs 'n riglyn, daarom moet ander relevante inhoud as korrek beskou
      word. Gebruik die aangehegte rubrieke om die opstelvrae na te sien.

8.    Kontekstuele vrae:
      As 'n kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar 'n vraag dit vereis nie, word die
      kandidaat nie gepenaliseer nie.

9.    Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE
      SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.

10.   Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die rede/
      motivering/bewys verdien die punt.

11.   Moenie woorde nasien nie; sien betekenis na.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         3                            DBE/November 2017
                                      NSS – Nasienriglyne

12.   Vir hierdie eksamen geld die volgende nasienriglyn vir die opstelvraag:
      • Lees die opstelvraag die eerste maal en toon die reeks treffende argumente met die
           ooreenstemmende kode aan.
      • ’n Reeks treffende argumente is stellings wat met:
             o relevante verduidelikings gemotiveer word./
             o korrekte, gepaste aanhalings uit die roman/drama/gedig gemotiveer word./
             o geparafraseerde aanhalings uit die roman/drama/gedig gemotiveer word.
      • Die bespreking van konflik in vraag 6, 8, 10 en 12 moet na beide kante van die
           konflik verwys om as ’n reeks treffende argumente te dien.
      • Lees die opstelvraag ’n tweede maal om die struktuur en taal te assesseer.
            Taalfoute word met onderstreping aangedui.
      •     ’n Treffende argument is nie noodwendig in die formaat punt, verduideliking én
            illustrasie nie.
      • Die aantal kodes in die opstelvraag word nie getel om ’n bepaalde punt by inhoud
           toe te ken nie.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                               4                                  DBE/November 2017
                                            NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: GEDIGTE

VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL

'' 'n brief van hulle vakansie'' – Breyten Breytenbach

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR
LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien.

LET WEL:
•   Dis 'n breë raamwerk van feite.
•   Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied 'n gepaste inleiding aan.

•   Hy dink na oor sy pa se krag en energie as sestigjarige in Stilbaai teenoor die tekens
    van aftakeling wanneer hy herinneringe oproep bv. as hy ywerig swem, ver stap, krieket
    speel en seekos eet./Bv. versreëls 9–12: ... swem my pa in Stilbaai se see ... stap myle ver
    oor die sand ... speel krieket op die duine ... eet alikruikels ... teenoor versreël 22: stil bome in
    die wind; versreël 27: my pa word stiller en meer verskriklik van dop tot dop/Versreël 32: my
    pa se stil en bitter krag waaroor die ek-spreker treur ...
•   Hy dink (met waardering) aan sy ouers wat in hulle jonger dae 'n kind verwek het, maar
    in hulle ouderdom 'n hond begrawe op die plek waar hulle vroeër minnaars was./Bv.
    versreëls 19–20: ... op die plaas van hul jong liefde en plant die saad 'n soenoffer ...
•   Die spreker dink na oor sy ouers wat oud word, want hy noem sy pa se eelte vanweë
    harde werk en sy ma se blou oë wat nou/in die ouderdom met leegheid gevul is./Bv.
    versreël 2–3: oor die eelte van my vader, die lugoë van my ma.
•   Hy noem dat sy ouers nou oud en aan die einde van hul lewens is./Bv. versreëls 21–22:
    ... nou is hul minnaars stil bome in die najaar ...
•   Die spreker besef die verganklikheid van mense/sy ouers as hy besef die leeftyd van sy
    ouers is eintlik niks in vergelyking met die kosmiese verskynsels nie./Bv. versreël 24: onder
    komete leeftye lang wêrelde ...
•   Die nuus van familie wat liggaamlik wegkwyn en sterf, bring die dreigende aftakeling
    van die ouderdom nader aan sy pa./Bv. versreël 25: My ooms sterf soos kapok in die
    son ...
•   Die feit dat sy pa al stiller word en hom toenemend onttrek van ''Stilbaai'' na ''stil'' en
    ''stiller'' beklemtoon dat die aftakeling van die liggaam sy tol eis, iets wat te betreur
    is./Bv. versreël 9: ... in Stilbaai se see .../versreël 22: ... stil bome .../versreël 27: ...stiller en
    meer verskriklik .../versreël 32: ... my pa se stil en bitter krag ...
•   Die spreker se besef van sy ouerwordende ouers word versterk deur die gebruik van
    woorde wat op ''dood'' dui./Bv. versreël 18: ... lyk .../versreël 20: ... in die diep grond se
    skoot .../versreël 22: ... najaar .../versreël 25: ... sterf ...
•   Hy noem hoe ver die aftakeling reeds gevorder het, want sy sterk en energieke pa is net
    'n ''dop'' van wat hy eens was./kruip in sy ''dop'' en word al stiller./drink 'n ''dop'' om hom van
    sy ''verskriklike'' toestand te laat vergeet./Bv. versreël 28: van dop tot dop ...
•   In die laaste strofe dink hy vir oulaas na oor hoe die tyd sy ouers aftakel wanneer hy
    besef dat ook sy eie lyf uitgelewer is aan veroudering./Bv. versreël 30–32: ... treur ek oor
    die soet hart van my moeder my pa se stil en bitter krag./versreël 30: ... my lyf ongenaakbaar
    skil ...

Die kandidaat bied 'n gepaste slot aan.                                                                        [10]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            5                                DBE/November 2017
                                         NSS – Nasienriglyne

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
''Versagtende omstandighede'' – Peter Snyders

Vraag     Antwoord                                                                             Punt
2.1       Ek-spreker/'n Kaapse spreker/'n Persoon wat nie hemel toe wil gaan nie. √            1

          Die ek-spreker maak die versagtende omstandighede wat die spreker in die
          gedig vra, persoonliker./eerliker./oortuigender./
          Die behoeftes van die persoon word die beste deur homself oorgedra./
          Die spreker praat in die Kaapse variëteit. √                             1

2.2       Terwyl daar gewoonlik vergifnis gevra word om na die hemel/hiernamaals te
          gaan, vra die spreker vergifnis om nié hemel/hiernamaals toe te gaan nie./
          Terwyl die meeste mense hemel/hiernamaals toe wil gaan, smeek die spreker
          om nie daar toegelaat te word nie. √                                       1

          Albei kante van die ironie moet vir EEN punt aangebied word.

2.3       Paradoks/Ironie/Hiperbool √                                                          1

          Dit sal nie ''hemels''/lekker vir die spreker wees om ledig in die hemel te wees
          nie, (eerder ''hel'').
          Die spreker is van mening dat goud en pêrels waardeloos is./wil nie die goud van
          die hemel beleef nie/dat klip en teer verkies./
          Die spreker oordryf hoe sleg (''hel'') dit vir vir hom/haar in die hemel sal wees. √√ 2

          Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.

2.4       Suid-Afrika beleef (tans) 'n historiese tyd van samewerking (tesamebeleid)./
          Suid-Afrika is (tans) in 'n historiese tyd waarin 'n nuwe begin van samewerking
          (tesamebeleid) ingegaan word./
          Dit is die verband tussen die verlede en die tesamebeleid./nuwe beleidsrigting. √ 1

2.5       Die parentese verskaf ekstra inligting waarvan die Here kennis moet dra./oor die
          spreker se betrokkenheid tydens die rewolusie./oor sy/haar voorkeur vir
          minderbevoorregtes. √                                                            1

2.6       Die spreker spot fyn/subtiel met die hemel se korrektheid./menslike verknogtheid
          aan die aarde./materiële besittings./sonde./
          Die spreker maak mense spottenderwys bewus van wanpraktyke in die
          samelewing./
          Die spreker spot met menslike swakhede. √                                        1

          Nee
          Die gedig is eerder ironies, want in die gedig is die redes vir die versagtende
          omstandighede anders as wat dit gewoonlik is.

                                                  OF

          Ja
          Die titel gebruik Versagtende omstandighede om te spot met wat die spreker
          pas./om sy saak ten opsigte van die verkeerde goed te regverdig./met mense
          wat nie in die hemel wil pas nie. √                                        1

          Die kandidaat bied 'n eie motivering vir EEN punt aan.
                                                                                               [10]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            6                               DBE/November 2017
                                         NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG
''Nog in my laaste woorde'' – NP van Wyk Louw

Vraag     Antwoord                                                                             Punt
3.1       'n Geliefde/Die Skoonheid √                                                          1

3.2       Die spreker vrees die dood./om alleen die dood tegemoet te gaan./wil nie alleen
          doodgaan nie. √                                                                 1

3.3       (veel) haat √                                                                        1

          Ja
          Wanneer die spreker op sterwe lê, sal hierdie haat/veel haat vergete wees./sal
          dit nie belangrik wees nie.

                                                 OF

          Nee
          Party mense se haat is so groot dat dit alle sake oorheers./sonder dat hulle oor
          die dood dink./dood vrees. √
                                                                                               1
          Die kandidaat se antwoord moet met die gedigkonteks verband hou.

3.4       Metafoor √                                                                           1

          Die spreker se passie en liefde vir die jy/geliefde/skoonheid blyk uit die beeld./
          Die spreker meen die jy/geliefde/skoonheid se liefde steek iets by hom aan./hou
          die liefdesvlam brandend./is 'n verterende vuur./
          Met verwysing na jy/liefde/skoonheid wat so intens is, is die woord ''vlam'' baie
          effektief./gepas./
          Die woord sluit aan by ''brand'' in versreël 10 wat pas by liefde./dui op die liefde
          wat soos 'n vuur is./Die vlam, as simbool van suiwering, kan deur pyn suiwering
          tot gevolg hê. √                                                                     1
3.5       Die alliterasie/v-alliterasie bind volkome vind versadiging klankmatig (ter wille
          van uitheffing/beklemtoning)./
          Die alliterasie/halfrym verstadig die tempo (ter wille van uitheffing./beklemtoning
          van die belangrike woorde)./
          Dit beklemtoon/hef die belangrike woorde uit./beklemtoom dat die liefde nooit
          volkome versadig is nie. √                                                          1

3.6       Wanneer die geliefde/skoonheid hom/haar volkome gemaak het./die kring (van
          lewe en dood) vir die spreker in voltooiing gaan./Wanneer die spreker op sy/haar
          sterfbed lê./Wanneer die spreker sekerheid het oor sy/haar insig. √              1

          Wanneer 'n mens se geliefde/skoonheid die kring vir jou voltooi, is die lewe én
          selfs die dood mooi./vrees jy nie meer die dood nie./Omdat dood die voltooiing
          van die lewe is, is dit mooi. √                                                 1

          Ja
          Die voorplasing van ''mooi'' versterk die slotsom/gevolgtrekking./
          Die inversie veroorsaak dat ''mooi'' herhaal word (d.m.v. voor- en agterplasing)./
          Die woord ''mooi'' word uitgehef deur die voor- en agterplasing./inversie./
          Die gelyke status wat lewe en dood het, word met inversie ondersteun. √              1

          Die kandidaat kan nie NEE as antwoord aanbied nie.

                                                                                               [10]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           7                              DBE/November 2017
                                        NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

"oupa Thomas Daniel Granfield" – Ronelda S Kamfer

Vraag     Antwoord                                                                         Punt
4.1       Die volle name in die titel maak die titel ongewoon./Die volle name van die oupa
          word gegee./oupa word met 'n kleinletter geskryf (terwyl die name in hoofletters
          is). √                                                                           1

4.2       Vergelyking (versreël 24) √                                                           1
[KJ1]
          Die kandidaat moet “vergelyking” as eerste antwoord aanbied. Indien die eerste
          antwoord “metafoor” is, moet die kandidaat die versreël ook in die antwoord
          aanbied.

          Metafoor (versreël 30) √                                                              1

          Die beeld van ''vlermuise'' impliseer die ma se woorde vlieg heen en weer oor
          die spreker se kop./maak die spreker verward./suggereer onsekerheid./
          Die ma se woorde is ''vlermuise'' net soos in versreël 24./Die ''vlermuise''-beeld
          sluit aan by/ondersteun die inhoud van versreël 24./die dood (van oupa Thomas
          Daniel Granfield).
          Die ma se woorde is onsamehangend soos die heen en weer gefladder van
          ''vlermuise''. √                                                                   1

4.3       Die ek-spreker se verdriet/hartseer/pyn word beklemtoon./
          Die ek-spreker se reaksie op die dood van haar oupa word beklemtoon./
          Die spreker se magteloosheid word beklemtoon./
          Die spreker se (intense) persoonlike ervaring word uitgehef./aangedui. √              1

4.4       Hartseer/somberheid/treurigheid √                                                     1

4.5       Ja
          Die oupa verteenwoordig alle/sekere mense wat weens omstandighede buite
          hulle beheer nie die geleenthede gekry het om 'n volwaardige lewe te leef
          nie./hulle volle potensiaal te bereik nie./
          Hoewel sekere mense deur onregverdigheid bevoordeel word, is daar altyd
          ander wat benadeel word, wat daarop dui dat dit oral/in alle lande/onder alle
          mense voorkom./
          Die spreker verteenwoordig alle/sekere mense wat onregverdigheid ervaar in die
          feit dat sy nie die geleentheid gehad het om haar oupa se dood te verwerk
          nie./nie by sy afsterwe betrek is nie./dat die lewe onverstoord voortgaan./dat die
          ma oor alles behalwe die oupa se dood gepraat het./nie met haar kind
          gekommunikeer het nie./uitgesluit voel. √                                          1

          Elke mens is geregtig om die waarheid te mag weet./kind is geregtig om die
          waarheid oor ’n geliefde (grootouer) se dood te weet./die dood van ’n geliefde te
          verwerk./Elke mens is geregtig op gelyke kanse/geleenthede om ’n
          gelukkige/sinvolle/vol/menswaardige lewe te lei./om hartseer te verwerk. √        1

          Die kandidaat kan ’n soortgelyke les vir EEN punt aanbied.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           8                                DBE/November 2017
                                        NSS – Nasienriglyne

4.6       Uiterlike bou:
          Die eerste gedeelte/versreël 1–31 bestaan uit korter/sewe strofes terwyl die
          tweede gedeelte/versreël 32–47 uit een lang strofe bestaan./Die eerste deel se
          versreëls is (oor die algemeen) korter terwyl die tweede deel se versreëls langer
          is. √                                                                             1

          Inhoud:
          Die eerste gedeelte/versreël 1–31 skets die gebeure van die dag toe die oupa
          dood is terwyl die tweede gedeelte/versreël 32–47 die spreker se hartseer oor
          die gebeure/gevolge van die oupa se dood beskryf. √                           1

          Die kandidaat moet albei kante van die verskil vir EEN punt aanbied.

                                                                                              [10]

                                             EN

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

"Pleitskrif vir die aarde" – Fanie Viljoen

Vraag     Antwoord                                                             Punt
5.1       Alliterasie/b-alliterasie
          Dit beklemtoon die hoeveelheid rommel/bottels wat rondlê./Die woorde
          ''begrawe'', ''berge'', ''bottels'' word klankmatig gebind.

                                                OF

          Assonansie/o-assonansie √                                                           1
          Die mens se rol in die besoedeling van die aarde word beklemtoon. √                 1

          Die antwoord moet op die konteks van die gedig van toepassing gemaak word.

5.2       Metafoor √                                                                          1

5.3       Retoriese vraag √                                                                   1

          Die spreker se frustrasie oor die probleem word beklemtoon./
          Die onwilligheid van die mens om na die aarde om te sien, word beklemtoon./
          Die mens besef nie die erns/omvang/aard van die probleem nie/se traak-my-nie-
          agtigheid word uitgelig./
          Dit stem die leser tot nadenke oor die mense se aandeel aan die vernietiging
          van die aarde./ongeërgdheid van die mens. √                                   1

          Die antwoord moet op die konteks van die gedig van toepassing gemaak word.

5.4       Die woorde lê oor die papier versprei soos die rommel oor die aarde versprei lê./
          soos die rondgewaaide papiere/plastieksakke/rommel wat genoem word./
          Dis 'n visuele voorstelling van hoe mense die aarde bemors./
          Dit illustreer die valse gerustheid oor rommelverwydering. √                      1

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           9                               DBE/November 2017
                                        NSS – Nasienriglyne

5.5       Die mens(-dom)/leser/Diegene wat die aarde verwoes. √                               1

          'n Negatiewe stemming/Neerslagtigheid/Mistroostigheid/Somberheid/Kommer/
          Wanhoop √                                                                1

          Ja
          Besoedeling/Aardverwarming/Droogte raak by die dag 'n groter wêreldwye
          kwessie/ vraagstuk/probleem. √

                                                 OF

          Nee
          Daar is steeds mense wat nie aan die verband tussen aardverwarming/
          natuurverskynsels en besoedeling/menslike aktiwiteite glo nie.      1

5.6       Elkeen van ons moet na die aarde omsien (sodat die aarde nie deur die mens
          se toedoen vernietig word nie). √                                          1

          Die kandidaat bied 'n eie boodskap binne konteks van die gedig aan. Die
          “boodskap” van hierdie gedig moenie met die tema verwar word nie.

                                                                                              [10]

                                                                       TOTAAL AFDELING A:               30

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord EEN vraag.

VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
•   Dis 'n breë raamwerk van feite.
•   Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied 'n gepaste inleiding aan.

• Iris se ma gee nie aandag aan haar eerste skree om haar bestaan aan te kondig nie; dit
  lei tot latere konflik omdat Iris van mening is dat sy tóé die aandag verdien het./Bv. bl. 9: Met
  my geboorte, toe ek my eerste skree gegee het om my bestaan aan te kondig, was die dokter
  reeds buite in die gang en op pad na die volgende bevalling.
• Iris ervaar konflik, want vanaf haar geboorte luister niemand na haar nie; terwyl Iris die
  behoefte het dat daar na haar geluister moet word./Bl. 9: Ek is spyt dat ek toe nog nie my
  verstand gehad het nie, want ek sou daarvan gehou het om op daardie punt 'n paar
  aanmerkings te maak./Bl. 9: Miskien het my ma my skree gehoor alhoewel sy later vertel het
  dat sy gedaan was en het op die plek aan die slaap geraak./Bl. 9: Pa was nie by nie.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           10                                DBE/November 2017
                                         NSS – Nasienriglyne

•   Iris ervaar konflik omdat haar familie haar beskou as anders/'n buitestander in haar
    familie/iemand wat in stryd met haar gesin is; dit veroorsaak dat Iris vroeg reeds 'n
    alleenloper is./as anders beskou word./haarself nie as deel van die gesin beskou nie. Iris wou
    graag as deel van die gesin beskou word./Bv. bl. 9: ''Die keer is dit 'n donker enetjie,'' het hy
    vir Ma gesê toe sy die kombersies van my gesig terugvou dat hy kan sien hoe ek lyk.
    ''Heeltemal anders,'' het Ma saamgestem.
•   Iris beleef konflik omdat sy nie 'n keuse gegee word nie, maar van vroeg af haar susters
    se klere/speelgoed waarvoor hulle moeg is, kry. Iris wil graag die geleentheid hê om haar
    eie/nuwe klere/speelgoed te kies./Bv. bl. 14: Uit die aard van die saak was ek dus 'n
    alleenloper en, soos Polder, iemand wat op oorskietkos geleef het. In Polder se geval was dit
    sy eie keuse: hy het geweier om geblikte hondekos te eet. In my geval kon dit nie anders nie,
    ek het die speelgoed en dikwels die klere gekry waarvoor my susters moeg was.
•    Iris beleef konflik omdat sy nie meer met Riekie wil uitgaan nie, maar nie weet hoe om
     dit vir hom te sê nie. Iris vra haar ma om haar te verbied om hom te sien./Bv. bl. 17: Ek het
     Riekie self steurend begin vind en gewens my ouers wil my verbied om hom te sien./Bl. 18:
     ''Ek wil hê julle moet my verbied om hom weer te sien.'' Sy het vir die eerste keer na my
     gekyk. ''Nee, my ding, waarom sou ons dit doen? Riekie is 'n gawe seun.''
•   Iris beleef 'n eksistensiële krisis as haar susters telkens haar kollig steel./haar nie bystaan
    om haar plek in die groter bestel te vind nie. Iris wil ook in die kollig wees/raakgesien
    word./bygestaan word om haar plek in die lewe te vind./Bv. bl. 25: En die ergste: elke keer dat
    ek deur 'n krisis of interessante stadium gegaan het, was my susters my voor, hulle het die
    kalklig gesteel deur iets meer dramaties te doen. Soos die keer toe ek Riekie wou afsê en
    Kara 'n non wou word./Bl. 25: Ek het nooit gelag nie en smiddae laat deur die tuin geloop en
    tob oor die sin van die wêreld en my plek in die groter bestel. Niemand het eens opgekyk nie,
    want Elsa was swanger.
•   Iris beleef konflik as sy voel dat sy in die skadu van haar susters staan omdat alles wat
    sy wil doen reeds deur haar susters gedoen is. Iris wil graag erkenning ontvang (al is sy die
    derde dogter)./waardeer word vir die insette wat sy kan lewer./Bv. bl. 34: Dit was altyd
    dieselfde ou storie. Ek was te jonk. Ek kon nog nie saampraat nie. Ek het nie geweet waarvan
    ek praat nie. Van ek die dag gebore is, was dit so. Wat ek ook al gedoen het, was reeds deur
    hulle gedoen.
•   Iris beleef konflik aangesien sy nie weet wanneer haar blomtyd is nie,/haar gesinslede
    haar nie ondersteun in tye van onsekerheid, krisisse of lewensvrae nie, gevolglik is sy
    onseker./huiwerig./bang om keuses te maak (werksaanbod as model)./wil sy nie die
    verkeerde keuses uitoefen nie./Bv. bl. 87: Onthou jy nie wat Ma altyd gesê het nie? 'n Iris
    blom net een keer per jaar. Ek is aan die oud word en dis tyd dat ek blom./Bl 104: Ek glo al
    sedert my skooldae dat ek, soos my botaniese naamgenoot, die een of ander tyd moet blom
    en dat ek dus te alle tye gereed moet wees en nooit 'n nuwe aanbod van die hand mag wys of
    'n potensieel opwindende situasie onbenut mag laat nie.
•   Iris ervaar konflik oor haar voorkoms, want sy bly ontevrede met haarself en wil
    verander./iets anders wees./word./Bv. bl. 17: Ek was siek van jaloesie. Dit was presies wat ek
    sou wou gedoen het. In daardie stadium van my lewe was ek reeds ontevrede met myself en
    vasbeslote om te verander, om iets anders te wees en te word.
•   Iris beleef konflik oor haar lewensfilosofie/wanneer dit iemand se blomtyd is as sy nie
    vir Peter op sy vraag (wanneer dit 'n blomtyd is) kan antwoord nie. Peter bevraagteken haar
    antwoord./Bv. bl. 132: ''Jou teorie is net op elke tweede mens van toepassing. Wat van jou
    ma?'' ... Ek het my oë voel water ...
•   Iris ervaar konflik as Junior haar lewensfilosofie, t.o.v. die verskillende sienings oor haar
    naam, laat wankel. Terwyl Iris glo dat sy net een blomtyd het (nes die iris wat net een keer
    per jaar blom), impliseer Junior dat daar meer blomtye is omdat sy ma se irisse meer as een
    keer per jaar blom./Bv. bl. 148: ''Dis tog 'n mooi blom,'' het ek myself verdedig. ''Irisse is
    pragtig wanneer hulle in die lente blom.'' ''My ma s'n blom in die herfs ook, ...'' My
    lewensfilosofie was besig om te wankel.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            11                                 DBE/November 2017
                                          NSS – Nasienriglyne

•   Iris ervaar konflik in die alledaagse kommunikasie in die huis omdat sy stilgemaak
    word./as te jonk gesien word om aan gesprekke deel te neem. Iris wil ook haar mening lug
    sonder om stilgemaak te word./Bl. 20: ''Stil, Iris,'' het Pa kwaad gesê. ''Jou susters veroorsaak
    meer as genoeg moeilikheid. Aan jou stuiwer het ons nie nou 'n behoefte nie.''/Bl. 72: ''Bly stil,
    Iris,'' het EIsa gesnou. ''Jy is te jonk om saam te praat.''/Bv. bl. 161: Van Bettie kon ek nie 'n
    Grete maak nie. Sy het nie genoeg waardigheid gehad nie, om mee te begin. As een van my
    karakters gepraat het, het mense geluister en gereageer.
•   Iris ervaar konflik omdat sy nie 'n familienaam het nie/nie weet waarom haar ma haar
    Iris wou noem nie/haar pa haar spot oor die herkoms van haar naam; Iris slaan die
    betekenis van haar naam in 'n woordeboek na./Iris lag nie meer saam as hulle haar spot nie –
    sy swyg eerder oor hulle domheid./sy verwonder haar oor hul domheid. Iris wil, nes haar
    susters, 'n familienaam hê./Bv. bl. 10: Toe ek klein was, het ek saamgelag, maar in my
    diepsinnige puberteit het ek geswyg en my gesit en verwonder oor hulle domheid./Bl. 10:
    Waarom het niemand verby die moeë ou grappe oor flappe en ''iets knaag weer vandag aan
    Iris se bol'', gekyk nie?
•   Iris ervaar konflik met die instrukteur wat haar moes leer bestuur, want sy is van mening
    dat hy nie na haar luister nie, wat hy behoort te doen, toe sy noem dat sy nie in die stad kan
    ry nie./hy net sit en koerant lees het en nie sy werk gedoen nie./Bv. bl. 39: ''Ek kan nie in die
    stad ry nie,'' het ek gesê. Ma se verskoning. Hy het met groter oorgawe gegaap, 'n koerant
    oopgeslaan, sy voete teen die paneelbord vasgeskop en gesê: ''Ry.'' Luigat, het ek gedink en
    die motor aangeskakel.
•   Iris ervaar konflik met Frederik wat vatterig raak as hulle uitgaan terwyl sy voel dat sy nie
    daarvoor gereed is nie./Frederik nie rede verstaan nie./Bv. bl. 78: Die konflik het gekom as hy
    vatterig wou raak. Die soenery kon ek verduur omdat hy bedrewe was, maar meer wou ek nie
    toelaat nie./Bl. 79: ''Ek is nog nie gereed hiervoor nie,'' het ek preuts gesê.
•   Elsa se uitsprake dat Iris net 'n jong flossie is/dat 'n meisie nie agter 'n man aanloop
    nie toe sy besluit om by Peter te gaan kuier, veroorsaak by Iris konflik aangesien sy van
    mening is dat sy al vyf en twintig jaar oud is./weet wat sy wil doen./Bv. bl. 85: Elsa het my
    voornemende reis afgekeur. Sy en Hannes het kom groet die dag voor my vertrek en sy het
    haar mening ongevraag en onomwonde gegee. '' 'n Meisie loop nie agter 'n man aan nie.''/
    Bl. 86: ''En wat van sy ouers? Hulle sal dink jy's 'n los flossie.''
•    Iris en Peter verskil oor die waarde wat sy aan haar naam heg. Iris voel huilerig as Peter
     ongevoelig teenoor haar optree./haar koggel oor haar lewensfilosofie wat aan haar naam
     geheg word, terwyl Iris van mening is dat daar 'n betekenis aan elkeen se naam gekoppel
     kan word./Bv. bl. 132: ''Jou ouers moes jou nooit Iris gedoop het nie,'' het Peter skielik
     losgetrek. ''Hulle moes jou Anna of Marie genoem het. ''Ken jy 'n Marie?'' het ek gevra toe ek
     skielik van my droom onthou./Bl.105: ''Hoe's 'n daisy?'' ''Fladderend, lig op die voete, koppie
     na die son.'' ''... Jy's reg. Dis nes sy is.''/Bl 140: ''As jy weer begin verduidelik wat jou naam
     beteken, gaan ek my kop in die sneeu begrawe, ...''
•   Peter en Iris is in konflik met mekaar omdat hulle verskillende verwagtinge vir hulself
    koester. Peter stel aan Iris 'n ultimatum om saam met hom Vermont toe te gaan of die
    modelkontrak te aanvaar. Peter voel dat hy nie meer 'n snuiter is wat onbepaald kan wag tot
    Iris tot haar sinne kom nie, terwyl Iris eerder die modelkontrak wil oorweeg./Bv. bl.133: ''As jy
    wil blom onder ateljeeligte met mense wat jou deurmekaar gaan boelie, moet jy dit doen. Ek
    gaan Vermont toe.''
•   Iris is in konflik met die hotelklerk as sy hom konfronteer oor die wyse waarop hy na
    haar gluur/haar onhoflik behandel terwyl die hotelklerk van mening is dat Iris nes alle Suid-
    Afrikaners is, wat impliseer hy kan onhoflik teenoor haar optree. Sy wil van hom weet wat sy
    verkeerd doen./sê aan hom dat die wyse waarop hy sy gaste behandel, haar pla./Bv. bl. 108:
    ''Ek wil weet wat ek verkeerd doen. Jy gluur my aan as ek hier deurstap.''

•   Die kandidaat bied 'n gepaste slot aan.                                                                 [25]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                              12                              DBE/November 2017
                                            NSS – Nasienriglyne

VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG

Vraag     Antwoord                                                                             Punt
7.1       Amerika/New York/Hotelkamer (in Amerika) √                                           1

7.2       Peter is 'n jaloerse persoon. √                                                      1

7.3       Joe se foto's kan tot haar blomoomblik lei./
          Joe sê hy gaan sorg dat Iris 'n modelkontrak kry wat haar blomoomblik kan
          wees./
          Joe neem foto's van Iris wat haar 'n modelkontrak in die sak kan bring. √ 1

          Peter ondersteun nie vir Iris toe hulle 'n afspraak met die modelagentskap het
          nie./sê aanvanklik niks nie omdat hy nie van Joe hou nie./Stel vir Iris 'n
          ultimatum om saam met hom Vermont toe te gaan./om alleen onder die
          ateljeeligte te gaan blom./Hy hou nie van die aandag wat sy van Joe ontvang
          nie. √                                                                         1

7.4       Hulle verhouding is oppervlakkig./kommunikeer min.
          Hulle weet nie belangrike dinge van mekaar nie. √√                                   2

          Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

7.5       Iris en haar gesin aanvaar Johanna/huishulp as deel van hul gesin.
          Die gesin aanvaar Kara en Claude se verhouding.
          Iris se ma maak die beampte by binnelandse sake deurmekaar as sy verseker
          dat Johanna nie rassisties behandel word nie.
          Pa bou vir Johanna/huishulp 'n badkamer by haar kamer aan.
          Iris gesels gemaklik met die taxibestuurder, Billy, in Amerika. √√√       3

          Die kandidaat bied enige DRIE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.

7.6       Raadgewer √                                                                          1

          Beskermer/Verskaf humor/Klankbord/Help haar om tot insig te kom. √√                  2

          Ja
          Die Engel sorg vir ligte oomblikke in die roman./
          Die Engel maak soms humoristiese/verspotte/gewaagde opmerkings.

                                                    OF

          Nee
          Die Engel gee raad aan Iris wat nie ligtelik opgeneem moet word nie. √               1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke rede vir EEN punt aan.

7.7       Nee
          Sy gesels met die vuurhoutjiedosieversamelaar (in die kafee waar sy gaan eet
          het)/vreemde man in die kafee. √                                             1

7.8       Sy dra by tot Iris/die hoofkarakter se insig/groei/innerlike konflik./
          Sy maak Iris bewus van die vreugde van 'n gesin./
          Sy open Iris se oë vir haar behoefte om te trou./'n gesin te hê. √                   1

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          13                                DBE/November 2017
                                        NSS – Nasienriglyne

7.9       Eerstepersoonsverteller/ek-verteller √                                              1

          Die verteller skep/bou afwagting/spanning (met die vrae)./
          Die verteller beklemtoon Iris se ma se bekommernis./vrese./
          Die verteller gee inligting oor Bettie se ongesteldheid. √                          1

7.10      Iris en haar ma het nie goeie kommunikasie nie./se ma-dogter-verhouding is
          nie heg nie. √                                                             1

          Iris se ma/Els stel nie daarin belang om na die betekenis van haar naam te
          luister nie./
          Sy gee nie gehoor aan Iris se versoek dat sy haar en Riekie se verhouding
          moet afkeur nie./
          Iris se ma/Els stel nie belang om Iris te ondersteun/na haar te luister toe Iris
          deur haar eksistensiële krisis gaan nie. √√                                      2

          Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.

7.11      Iris is hartseer/sy gee nie om as Peter die verpleegster om haar hand sal vra
          nie in TEKS B, terwyl sy in TEKS A positief/opgewonde is om die stad te gaan
          verken./vreugdevol is om Peter te sien. √                                     1

          Iris verlang na haar huis./bed./ma./voel alleen in die hospitaal (al is Peter daar,
          want hy gee aan die verpleegster aandag, nie aan haar nie)./
          Iris is hartseer omdat sy haar enkel gebreek het./Iris verlang na haar familie. √   1

7.12      Ja
          Iris besef dat sy graag kinders/'n eie gesin saam met Peter wil hê./
          Iris kry vir die eerste keer tyd om 'n intiemer verhouding met Peter te bou./
          Peter en Iris kuier by 'n paartjie/Brian en Bettie met gewone
          verhoudingsuitdagings wat Iris laat besef hoe verhoudings kan werk./
          Die feit dat Iris haar enkel breek, dwing haar om stil te word./oor die lewe/haar
          verhouding met Peter te dink./
          Iris droom van 'n toekoms saam met Peter (toe sy in die hospitaal in Vermont
          aangesê word om 'n toekoms op te droom). √√√                                      3

          Die kandiaat bied DRIE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.

                                                                                              [25]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           14                                 DBE/November 2017
                                         NSS – Nasienriglyne

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
•   Dis 'n breë raamwerk van feite.
•   Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied 'n gepaste inleiding aan.

• Na Baas se aankoms op Manaka ervaar hy innerlike konflik, want Baas word met ander
  mense op sy werf opgesaal terwyl hy hulle nie daar wil hê nie./is 'n alleenmens wat dink
  dat hy nie ander mense in sy lewe nodig het nie./wil nie by ander mense betrokke raak
  nie./werk net aan sy eie drome./vir Grace en die ander Lozi's wegjaag./Bv. bl. 41: Wat sóék sy
  in sy huis?/Bl. 43: ''Ek is hier om my boot op die Zambezi te kry.''/Bl. 93 ''Laat my toe om in my
  eie taal duidelik vir jou te sê hoe ek voel: Loop. En bly asseblief van my af weg.''/Bl. 94 ''Ek sal
  my eie probleme oplos, dankie.''
• Baas ervaar innerlike konflik wanneer siek mense by hom aanklop/wanneer die khuta
  van hom verwag om sy voertuig in hulle belang te gebruik, want hy wil sy tyd op sy eie
  manier gebruik om aan sy boot te werk./wil nie vir ander verantwoordelik voel nie./Bv. bl. 34:
  Want jy het haar weggejaag maar agterna het jy tog die malariapille gebring./Bl. 57: … Solank
  die houer van 'n konsessie gereeld betaal en sy verpligtinge teenoor die stam nakom deur sy
  lewensmiddele tot die beskikking van die mense te stel, kan 'n konsessie nie gekanselleer
  word nie./Bl. 108: … Omdat hy sy LDV stukkend gery het agter die pale van die khuta aan!/Bl.
  43: ''Sê vir daardie ouma Essie van jou ek is nie gestuur nie en ek is vir seker nie hier om
  enigiemand te kom help nie. Ek is hier om my boot op die Zambezi te kry.''
• Hoewel Baas verkies om in isolasie/alleen 'n bestaan te maak/nie met die plaaslike
  bevolking interaksie te hê nie, verduur hy baie innerlike konflik omdat die Lozi's hom
  opeis./aanhoudend op Manaka kos/mediese sorg/hulp kom soek./Grace vir hom sê hoe hy
  teenoor die Lozi's moet optree./die stampolisieman hom kom roep./hy vir die plaaslike mense
  kwaad is oor die moord op sy ouers./Bv. bl. 93: ''Laat my toe om in my eie taal duidelik vir jou
  te sê hoe ek voel: Loop. En bly asseblief van my af weg.''/Bl. 94: ''Ek sal my eie probleme
  oplos, dankie.''/Bl. 63: ''Hoekom het ek nie pille gehad toe ék malaria gekry het nie? Maak dit
  vir julle saak dat ek ook 'n lewe het om te leef? Dink jy ek het Barotseland toe gekom om
  verantwoordelik te voel vir almal se skete en kwale en hongersnood? Ná my pa en ma deur 'n
  spul barbare vermoor is?''
• Baas ervaar verder konflik wanneer hy gedwing word om tyd en aandag aan
  Barotseland se mense/die khuta/die sendelinge te gee/vleis vir die honger/arm Lozi's te
  gee terwyl hy alles in sy vermoë doen om hom aan hulle te onttrek./sy boot op die Zambezi
  te kry./buffels te jag om geld te kry sodat hy die boot kan herstel./Bv. bl. 39: Maar teen daardie
  tyd dryf sy boot al veilig aan sy anker op die Zambezi. Dis al wat hy te doen sal hê. Hy kan
  elke dag sy volle aandag aan die herstelwerk gee./Bl. 39: Dié wêreld is vol opsies – soos
  buffels jag – ás sy geld skraps raak … Buffelvleis sal sterk in aanvraag wees by die plaaslike
  bevolking … Vir ivoor sal daar altyd 'n mark wees./Bl. 94: Dink jy ek het Barotseland toe
  gekom om verantwoordelik te voel vir almal se skete en kwale en hongersnood? Ná my pa en
  ma deur 'n spul barbare vermoor is?''
• Baas wil alleen wees, maar word teen sy sin by die omstandighede in Barotseland
  betrek/tot interaksie met die plaaslike bevolking op Manaka gedwing, want hy word
  onmiddellik, as 'n soort helper beskou om armoede/honger/siekte te bestry, wat
  innerlike konflik veroorsaak./Bv. bl. 42: Toe sy baie siek was, het haar ouma Essie vir hom
  kom vra om te help./Bl. 43: ''Want jy het haar weggejaag maar agterna het jy tog die
  malariapille gebring.''/Bl. 43: … klap sy eerbiedig haar hande vir die siek vrou op die slee./Bl.
  62: ''Baie mense kom Manaka toe as hulle siek of honger is.''
Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           15                                DBE/November 2017
                                         NSS – Nasienriglyne

• Baas wil sy boot in vrede bou, maar daar is voortdurend iemand wat hom kom lastig
   val./vra om hulp./al die kos/medisyne put sy fondse (vir die boot) uit. Dit veroorsaak dat
   sy frustrasie/konflik breekpunt bereik./Bv. bl. 62: ''Jy sê die mense praat omdat ek die
   laaste tyd kwaai is. Ek is nie kwaai nie. Ek is die donder in … Ek hét niks meer om te gee
   nie.''/Bl. 63: ''Hoekom het ek nie pille gehad toe ék malaria gekry het nie? Maak dit vir julle
   saak dat ek ook 'n lewe het om te leef? Dink jy ek het Barotseland toe gekom om
   verantwoordelik te voel vir almal se skete en kwale en hongersnood?''
• Grace veroorsaak vir Baas konflik: hy besef hy het haar nodig om volkome van die
   malaria te herstel/die Lozi's se kultuur te leer ken/die vrede tussen hom en die khuta te
   verseker, maar hy jaag haar weg, want hy glo dat hy nie ander mense in sy lewe nodig het
   nie./Bv. bl. 93: ''Laat my toe om in my eie taal duidelik vir jou te sê hoe ek voel: Loop. En bly
   asseblief van my af weg.''/Bl. 94: ''Ek sal my eie probleme oplos, dankie.''
• Christenskap op Manaka is vir Baas 'n groot bron van konflik: ouma Essie, Grace en die
   sendelinge verwag van Baas dat hy 'n Christen moet wees, maar hy wil niks daarmee te
   make hê nie,/nie as Christen bekend staan nie, want hy vererg hom oor Grace se
   mededeling dat ouma Essie sê hy is 'n Christen./met 'n doel na Manaka gestuur is./Bv. bl. 91:
   ''Ek het maar net gedink ek sal jou mond toehou. Die laaste keer toe iemand jou 'n Christen
   genoem het, het jy baie lelik gepraat.''/Bv. bl. 43: ''Wat de donder het haar dié idee gegee?'' sê
   hy in Afrikaans./Bl. 126: ''Ek is nie in Barotseland om welsynswerk te doen nie.''
• Grace se gesprekke met Baas/oortuiging dat Baas na Manaka gestuur is/dat die
  sendelinge daar moet bly sodat sy 'n werk as tolk kan kry/persepsie dat Baas na
  Manaka gestuur is om die pad vir die sendelinge oop te maak/vir haar te help om 'n werk
  as tolk te kry, maak hom woedend/ontstel hom geweldig/veroorsaak konflik, want hy wil
  niks met Christenskap te make hê nie./is oortuig dat hy nie soontoe gestuur is nie./Bv. bl. 94:
  ''Ek is nie hiernatoe gestuur nie. Ek is op my eie hier. Hou nou op met hierdie deuntjie.''/Bl. 94:
  '' … het vir my ouma Essie gesê dat die sendelinge miskien vir my 'n werk sal gee om hulle
  tolk te wees. Dis 'n werk wat ek baie graag wil hê.''/Bl. 94: ''Ek moet die sendelinge help om
  hier op my eie werf in te trek sodat jy 'n werk kan kry …''/Bl. 95: ''Om my te help om 'n werk te
  kry, en om die pad vir die sendelinge oop te maak, is miskien party van die werke waarvoor die
  Here jou na Manaka toe gestuur het.''
• In Baas se interaksie met Grace besef hy dat haar ouers deur Suid-Afrikaners, sý
   mense, doodgemaak is; dit dwing hom om sy eie bitterheid en konflik oor sy ouers se dood
   in heroorweging te neem./Bv. bl. 226: ''Nee, Suid-Afrikaners.''/Bl. 226: Dis lank stil in die
   slaaprondawel.
• Tydens Baas se gesprekke met Grace besef hy dat innerlike konflik opgelos kan word
   deur middel van vergifnis, want sy vertel hom dat haar ouers deur wit mense vermoor is en
   hy ervaar dat sy nie met 'n wrok rondloop nie./dat sy goed is vir Baas./gelukkig is ten spyte
   van haar omstandighede./Bv. bl. 226: ''Nee, Suid-Afrikaners.''/Bl. 226: Dis lank stil in die
   slaaprondawel.
• Baas ervaar konflik as gevolg van godsdiens, want hy word aanhoudend daarmee
   gekonfronteer hoewel hy niks daarmee te make wil hê nie./Grace glo dat Baas met 'n doel na
   Manaka gestuur is./stel vir Baas die voorbeeld om slegte mense te vergeef./sy herinner Baas
   aan sy eie Christelike kinderjare op die plaas./sy neurie bekende deuntjies en herinner hom so
   aan die dae toe sy pa en ma se godsdienssin al was wat hy geken het./sy help Baas met die
   regte keuses wanneer sy Amazing Grace in Riekert se teenwoordigheid neurie./Bv. bl. 134:
   ''T'was grace that brought us safe thus far, and grace will lead us home,'' neurie Grace./Bl.
   199: Dit is die liedjie wat Grace gesing het toe hy besig was om Briekwa te begrawe.
• Die khuta se eis dat Baas meer konsessiegeld moet betaal, bring verdere konflik en dit
   dwing Baas tot die besluit om weg te gaan, maar Grace se opmerking oor sy
   oupagrootjie laat hom van besluit verander, want sy herinner hom aan sy droom./Bv. bl.
   180: ''As daar op hierdie oomblik een ding was wat jy kon gekies het om klaar te maak …''/
   Bl. 180: ''Die ou man in jou huis sê dis te min.'' Sy hou die munt reg voor sy oë. ''Hy sê die
   prys van die weddenskap is tien bokke en 'n kind.''

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           16                                DBE/November 2017
                                         NSS – Nasienriglyne

• Ouma Essie aanvaar dat Baas na Manaka gestuur is om mense te help en dit skep vir
  hom spanning en opstand/konflik, want hy ontken dat hy 'n Christen is./met 'n doel soontoe
  gestuur is./Bv. bl. 43: ''Sê vir daardie ouma Essie van jou ek is nie gestuur nie en ek is vir
  seker nie hier om enigiemand te kom help nie. Ek is hier om my boot op die Zambezi te
  kry./Bl. 43: ''Wat de donder het haar dié idee gegee?'' sê hy in Afrikaans.
• Ouma Essie se teenwoordigheid en gesprekke met Baas lei tot innerlike konflik oor
  godsdiens, want hy vra haar/die sendelinge wat van 'n mens 'n Christen maak hoewel hy
  ontken dat hy 'n Christen is./Bv. bl. 154: ''Wat maak van 'n mens 'n Christen, Grieseltjie?''
• Ouma Essie se leiding op Manaka met betrekking tot die daaglikse gebeure,
  vergaderings en verblyfreëlings vir die sendelinge, ontketen by Baas innerlike konflik,
  want hy roep herinneringe aan sy ma en pa en sy eie godsdiensbelewing toe hy jonk was,
  op./Bv. bl. 160: ''Nommer 146,'' sê ouma Essie, al sing niemand uit 'n boekie nie./Bl. 146: ''U
  het die brood gebreek eens by die meer; breek tans die lewensbrood vir … Die spinnerakke
  wat Baas gesien het toe hy die laaste keer in die kerkie op hulle plaas was, verdwyn. Dominee
  Marais bedien die Nagmaal … Sy ma se mond is groot en rond en wanneer haar lippe die
  woorde vorm./Bl. 184: Sodat elkeen wat in Hom glo … Kan 'n mens die ewige lewe hê en dit
  verloor?
• Baas se konflik oor Christenskap op Manaka word deur ouma Essie beïnvloed wanneer
  sy antwoorde op sy vrae gee; hoewel hy sy eie Christenskap ontken, gee sy vir hom
  allerlei teksgedeeltes om te lees./Bv. bl. 197: Ouma Essie nooi Baas om die begrafnis van die
  vrou wat dood is, by te woon./Bl. 202: Jou reg om 'n Christen te wees maak van jou 'n
  Christen.
• Die sendelinge se ongevraagde/onwelkome teenwoordigheid/indringing op Manaka lei
  tot konflik/maak Baas woedend, want hy wil hulle nie op sy werf hê nie./wil nie Manaka met
  ander mense deel nie./wil nie met die sendinggedagte assosieer nie./Bv. bl. 82: ''Wat soek
  julle in my kamp?''/Bl. 84: Baas vat steeds nie sy hand nie. ''Ons is sendelinge.'' ''Dit maak
  seker nie van mens 'n helikopter-pilot nie, maak dit?''/Bl. 86: Grace neem die een hand. Nanna
  neem Grace se hand. Baas gee nie sy hande om die kring te voltooi nie.
• Ongemak met die sendelinge se teenwoordigheid lei tot Baas se konflik. Dit word
  bewys deur sy ongeskikte en ongasvrye optrede teenoor hulle/sy onbeheersde gekap
  van die hout/die skote waarmee hy die worse van die boom af skiet, want hy wil hulle nie
  op sy werf hê nie./hy hoop hulle sal op 'n ander plek die sendingstasie gaan oprig./Bv. bl. 106:
  ''Dit sou nogal lekker gewees het om 'n entjie met my boot te gaan ry. Om bietjie weg te kom,
  jy weet. 'n Mens het dit partymaal nodig.''/Bl. 111: ''Sê vir daardie vrou as sy dáár bankies bou,
  is die hel los,'' sê Baas tussen asemteue deur./Bl. 114: ''Dit is dat die helikopter-pilot 'n ander
  plek gaan soek waar hy sy basiese regte kan uitoefen in die rukkie wat hy nog in Barotseland
  sal vertoef. Miskien kan julle hom help om sy meubels van my werf af te verwyder./Bl.138: ''Ek
  kom goed klaar sonder geselskap,'' sê hy weer.
• Baas se interaksie met die khuta veroorsaak innerlike konflik, want Baas is van die begin
  af bewus daarvan dat hulle daarop uit is om hom uit te buit./meen hy het sy konsessiegeld
  betaal en wil nie verder in die khuta se diens staan nie./wil nie na hulle pype dans nie hoewel
  hulle van hom verwag om al sy middele te deel./Bv. bl. 56: … Solank die houer van 'n
  konsessie gereeld betaal en sy verpligtinge teenoor die stam nakom deur sy lewensmiddele
  tot die beskikking van die mense te stel, kan 'n konsessie nie gekanselleer word nie./Bl. 108:
  Omdat hy sy LDV stukkend gery het agter die pale van die khuta aan./Bl. 86: ''Die vloek!''
  Baas vat nie die koffie nie./Bl. 87: ''Sê vir hulle hulle kan in hulle moer vlieg.''
• Die khuta se gierigheid/uitbuiting lei tot konflik en Baas se oorweging om sy drome op
  Manaka te laat vaar, want die khuta verhoog sy konsessiegeld./beskuldig hom dat hy sy
  konsessievoorwaardes verbreek het deur wildsvleis op die terrein te verkoop./'n boot te
  bou./Bv. bl. 169: Baas se nekhare rys./Bl. 169: Baas weet dit is nou sy beurt om te praat …
  Sal dit enige verskil maak as hy vir hulle sê hy het die laaste geld uit sy rekening onttrek?/Bl.
  169: ''Ek het niks om te sê nie.'' Baas staan op./Bl. 170: ''Daarom is dit 'n goeie ding dat julle
  die man wat wit is, weggejaag het met julle gierigheid.''

• Die kandidaat bied 'n gepaste slot aan.                                                                 [25]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           17                               DBE/November 2017
                                         NSS – Nasienriglyne

                                                 OF

VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG

Vraag     Antwoord                                                                               Punt
9.1       Sy ma probeer 'n kettinkie (met 'n kruisie aan) oor sy kop trek. √                     1

9.2       Hy wil niks met godsdiens te make hê nie./Hy het reeds sy oupagrootjie se
          Bybel. √                                                                  1

          Hy lees die gemerkte deel (met sy geboortedatum) tydens sy godsdienskonflik./
          Die Bybel bring vir hom insig oor sy eie godsdienssituasie./dat hy steeds 'n
          Christen is./dat hy op Manaka 'n taak het om te verrig./Dis die enigste Bybel wat
          hy oor het nadat hy sy oupagrootjie se Bybel vir Whitey gee. √                    1

9.3       Vir Whitey √                                                                           1

          Hy het agtergekom Whitey is sy oupagrootjie                se   agterkleinseun./sy
          agterkleinneef./dis ook Whitey se oupagrootjie. √                                      1

          Ja
          Ek dink dit was vir Baas maklik om die Bybel weg te gee omdat hy geweet het
          hoeveel die Bybel vir Whitey sou beteken./want hy het sy ma se Bybel gehad.

                                                 OF

          Nee
          Dit sou vir Baas baie moeilik wees om die Bybel weg te gee omdat sy
          oupagrootjie so 'n groot rol in sy lewe gespeel het. √              1

9.4       Hy het sy familie ontgroei./Hy slaap die laaste nag in die begraafplaas. √
          Hy wil niks met godsdiens te make hê nie. √                                            2

          Sy ma en pa is in Suid-Rhodesië vermoor./Hy is verbitterd/opstandig oor hulle
          moord./Hy het geweldige trauma beleef toe hy maande lank alleen sy beeste
          gejag het. √                                                                  1

9.5       Die alomteenwoordige verteller weet wat Baas dink. √
          Hy weet wat die beweegrede vir Baas se optrede is. √                                   2

9.6.1     Whitey √                                                                               1

          Hy ry Baas en Grace aan Manaka toe sonder om betaling te verwag./
          Hy bring vir Baas nuus oor sy voertuig se onderdele wat nie beskikbaar is nie./
          Hy gaan soek Baas se boot./
          Hy help Baas om die Landrover te herstel./
          Hy bring vir Baas planke om die houtbankies onder die worsboom te herstel. √           1

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         18                              DBE/November 2017
                                       NSS – Nasienriglyne

9.6.2     Ja
          Baas wil nie aan ander mense op Manaka goed doen nie, maar hy deel sy
          lewensmiddele/medisyne aan hulle uit soos sy pa 'n kliniek in belang van mense
          bedryf het./vir siek mense gesorg het./
          Baas wil nie vir Manuel medisyne vir sy siek kind gee nie, maar hy loop twee
          keer na die kind toe om haar te gaan versorg soos sy pa bereid was om die
          soldaat van die vyand in sy kliniek te behandel./
          Baas loop Mubuyo toe om vir Grace pille te gaan gee soos sy pa die kliniek
          bedryf het om mense te versorg./help./
          Baas verdryf die olifante in 'n poging om die matakkalande van die plaaslike
          inwoners te beveilig net soos omgee sy pa gedryf het om 'n kliniek op Sable
          Ranch in te rig in belang van ander mense./
          Hy skiet Morena as losprys sodat Johnnie sy vrou en kind kan terugkry op
          dieselfde manier as wat sy pa vir die soldaat/ander mense omgegee het./
          Baas sien kans om hom in 'n vreemde milieu/ongerepte natuur in Barotseland te
          vestig net soos sy pa op die onbekende Sable Ranch/in Suid-Rhodesië gaan
          boer het.

          Die verband tussen Baas en sy pa moet duidelik aangetoon word.

                                               OF

          Nee
          Anders as Baas het sy pa nie met godsdiens/Christenskap 'n probleem/konflik
          gehad nie./het saam met plaaslike mense op die plaas in die kerkie
          byeengekom./godsdiens beoefen./
          Omgee het in sy pa se bloed geloop wat bygedra het daartoe dat hy sy kliniek
          vir mense beskikbaar gestel het sonder worsteling/konflik terwyl Baas konflik
          ervaar het met die mense op Manaka./
          Anders as Baas was sy pa nie antagonisties teenoor ander mense nie./
          Anders as Baas het sy pa nooit 'n droom oor 'n boot op die Zambezi gehad
          nie. √√√                                                                      3

          Die kandidaat bied enige DRIE gemotiveerde antwoorde binne konteks vir EEN
          punt elk aan.

9.7       Baas gaan voort met sy werk op Manaka/verloor nie moed nie, maar Griesel
          gaan weg./verloor moed. √                                                1

9.8       Griesel openbaar aan hom hoe 'n Christen nié moet optree nie./hoe
          onaanvaarbaar hoogmoed/selfsug in 'n Christen se lewe is./hoe maklik dit is om
          as Christen teen God se wil in vir jouself 'n (verkeerde) toekoms te kies. √   1

          By Nanna sien hy liefde/deernis/omgee/uitreik na ander/onselfsugtigheid/
          mededeelsaamheid wat ooreenstem met Christen-wees. √                     1

          DIe kandidaat kan EEN soortgelyke antwoord by onderskeidelik Griesel en
          Nanna vir EEN punt elk aanbied.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2017-memo/fa7f0ff6-59a4-4b73-a84a-aedb0efb3663) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2017-memo/fe0661a7-8373-4100-ac07-707ad6445899) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2016-memo/4d844ab2-9772-4460-97b6-9a9c27ed70c2) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2015-memo/c6ff0cff-3a94-4378-9e0f-77cd7439d9c9) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2014-memo/a21742b9-5160-420b-aa3d-e176e7b4aaff) — Afrikaans HL · Memo · 2014 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2012 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2012-memo/6606e9e2-7766-4f59-94d8-04406fa43937) — Afrikaans HL · Memo · 2012 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
