# Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC November 2018 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2018, 39 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2018-final-memo/b4033fa1-2a43-41e1-a14c-217b19e23034
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 39

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC November 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2018-final-memo/b4033fa1-2a43-41e1-a14c-217b19e23034)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 39 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P2 Nov 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2018/e7743bcd-7218-48b4-8668-8fc4d889c57a) — QP · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                             AFRIKAANS HUISTAAL V2

                                   NOVEMBER 2018

                                   NASIENRIGLYNE

PUNTE: 80

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 39 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          2                              DBE/November 2018
                                       NSS – Nasienriglyne

RIGLYNE VIR NASIENERS

1.    As 'n kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die eerste
      antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en die
      kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)
2.    As 'n kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte beantwoord het,
      word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.
3.    As 'n kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre opstelle
      beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word
      geïgnoreer. As ŉ kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en C beantwoord het, word
      die eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits een kontekstuele vraag en een
      opstelvraag beantwoord is.
4.    As 'n kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die
      tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord
      word geïgnoreer.
5.    As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die nasienriglyne
      nagesien.
6.    Taalfoute by kontekstuele vrae word nie gepenaliseer nie. As 'n spelfout die betekenis
      van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk. As die spelfout nie die betekenis
      van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek beskou.
7.    Opstelvrae:
      As die literêre opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie
      gepenaliseer nie omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die literêre opstel te
      lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior nasiener. Die
      nasienriglyne is slegs 'n riglyn, daarom moet ander relevante inhoud as korrek beskou
      word. Gebruik die aangehegte rubrieke om die opstelvrae na te sien.
8.    Kontekstuele vrae:
      As 'n kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar 'n vraag dit vereis nie, word die
      kandidaat nie gepenaliseer nie.
9.    Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE of EK STEM SAAM/EK STEM NIE
      SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
10.   Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die rede/
      motivering/bewys verdien die punt.
11.   Moenie woorde nasien nie; sien betekenis na.
12.   Vir hierdie eksamen geld die volgende eksamenriglyne vir die opstelvraag:
      • Lees die opstelvraag die eerste maal en toon die reeks treffende argumente met die
          ooreenstemmende kode aan.
      • ’n Reeks treffende argumente is stellings wat met:
           o    relevante verduidelikings gemotiveer word./
           o    korrekte, gepaste aanhalings uit die roman/drama/gedig gemotiveer word./
           o    geparafraseerde aanhalings uit die roman/drama/gedig gemotiveer word.
      • ’n Treffende argument is nie noodwendig in die formaat punt, verduideliking én
          illustrasie nie.
      • Lees die opstelvraag ’n tweede maal om die struktuur en taal te assesseer. Taalfoute
          word met onderstreping aangedui.
      • Die aantal kodes in die opstelvraag word nie getel om ’n bepaalde punt by inhoud toe
          te ken nie.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                             3                           DBE/November 2018
                                          NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: GEDIGTE
VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL

"besoekersboek" – Fanie Olivier

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR
LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien.
LET WEL:
•   Dis 'n breë raamwerk van feite.
•   Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied 'n gepaste inleiding aan.

•   Die spreker sien dat iemand sy/haar naam op 'n sel se muur uitgekrap het; die spreker
    besef dis 'n poging om die naam "ín" die muur te verewig in 'n poging om onsterflik te
    wees./Bv. versreëls 1 en 2: op die sel se mure het iemand uitgekrap (of liewer: íngekrap): sy
    naam en al die dae van sy duskantse verblyf.
•   Die spreker sien ook dat die selmuurskrywer selfs probeer het om die hoeveelheid dae
    (in die tronk) by sy/haar naam aan te bring; dit is 'n bewuste poging om sy/haar
    tronkbestaan aan 'n bepaalde tyd vas te maak/die tyd in die tronk te verewig sodat
    hy/sy onsterflik kan wees./Bv. versreëls 3 en 4: en al die dae van sy duskantse verblyf.
•   Die spreker word bewus van graffiti in duikweë, teen stasiemure en onder brûe wat die
    spreker laat wonder oor die mense wat dié graffiti aangebring het – hy/sy vra allerlei
    vrae oor die graffitiskrywers se boodskap met hul graffitikuns./Bv. versreëls 5 tot 8: wie
    was dié peter? waar kom pam vandaan? hoe het die vriendskap tussen brian en ed begin?
    sou w.a.l. se ouers hom meer as normaal geslaan het? hoe lank het lieb sy liesbet bly bemin?
•   Die vrae wat in versreëls 5 tot 8 gebruik word, dui aan dat die spreker deur wat hy/sy
    sien, betrek word, want die spreker se vrae "draai" in sy/haar kop./Bv. versreël 4: bly
    draai die vrae.
•   Hy/Sy wonder oor die graffitikunstenaars se lewens, herkomste, die aard van hulle
    vriendskappe, hulle huislike omstandighede en die duur van hulle verhoudings./Bv.
    versreëls 5 tot 8: wie was dié peter? waar kom pam vandaan? hoe het die vriendskap tussen
    brian en ed begin? sou w.a.l. se ouers hom meer as normaal geslaan het? hoe lank het lieb
    sy liesbet bly bemin?
•   Dié gewaarwordinge maak die spreker opnuut bewus van rots- en muurkuns: hy "loer"
    daarna wat 'n aanduiding is daarvan dat hy/sy moeite doen om dit raak te sien. Hy/sy
    sien teen rotse oermense se pogings om hulle jagtonele met verf teen rotse te verewig
    in 'n poging om die volgende geslagte iets van hulle bestaan te laat onthou./
    Bv. versreëls 9 en 10: ek loer na hiërogliewe. 'n boer het my gewys waar jagtonele oorgebly
    het teen die krans.
•   Dan sien die spreker ook dat die Gideons se Bybel vol name geskryf is: selfs in 'n
    Bybel skryf mense hulle name; die spreker kom tot die gevolgtrekking dat mense dit
    doen juis in 'n desperate poging om te bevestig dat hulle geleef het en nie vergete wil
    raak nie./Bv. versreëls 11 en 12: vóór in die gideons se bybel is 'n lang lys lesers wat hul
    teen sterflikheid probeer verskans.
•   Wanneer die spreker dan 'n siek kind hoor hoes/die dood van 'n lam beleef – m.a.w.
    gekonfronteer word met die moontlikheid van dood/'n sterfte/sterflikheid – dan gryp
    hy/sy na iets en skryf sélf sy/haar naam om aan te dui dat hy/sy op die aarde was en op
    die aarde geleef het./Bv. versreëls 13 en 14: 'n kind hoes seer; 'n lam huil stomgemaak. ek
    skraap moed bymekaar: ek was hier en hier het ek geslaap.

Die kandidaat bied 'n gepaste slot aan.                                                              [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           4                               DBE/November 2018
                                        NSS – Nasienriglyne

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

"eerste worp" – TT Cloete

Vraag     Antwoord                                                                                 Punt
2.1       Suid-Afrikaners/Mense wat in Suid-Afrika/Suidelike Afrika woon. √                        1

2.2       Koeplet √                                                                                1

          Die wêreldberoemdheid van die kunstenaars word so beklemtoon./uitgehef./
          Dit dui op die baanbrekers/geskiedkundige persone waaroor Suid-Afrika nie beskik
          nie./
          Dit beklemtoon/sluit aan by die "min groot name" waarna versreël 6 verwys. √     1

          Die kandidaat bied EEN soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

2.3       "min onwerklike sagte drome" √                                                           1

          Indien die kandidaat die versreël as antwoord aanbied, moet die VIER opeenvolgende
          woorde onderstreep/uitgehef word.

2.4       Metafoor √                                                                               1

          Die "eerste worp" verwys na die eerste gooi/skepping/toe alles geskep is wat aansluit
          by "oerrivierbeddings" om die ouderdom van die skepping/Afrika te beklemtoon. √          1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

2.5       Dit sluit by die stilte van die nag aan./
          Dit hef die oksimoron/paradoks uit./
          Dit beklemtoon die belangrikheid van die gehoorsintuig (wat in die slotstrofe sentraal
          staan). √                                                                              1

2.6       Mense in Europa leef nie so naby aan die skepping soos die mense in Suid-Afrika
          nie./
          Suid-Afrika beskik oor ongeskonde skoonheid; die mens kan dink dat hy/sy na aan
          die skepping leef. √                                                            1

          Ja
          Dit fokus op Afrika se oudheid (bv. "fossielskreeu") wat aansluit by "eerste worp"/die
          skepping, want dit het baie lank gelede plaasgevind./
          Die jakkalse se skreeu herinner aan 'n skreeu uit die oertyd wat aansluit by die tyd toe
          die skepping/die "eerste worp" plaasgevind het./
          Die woord "fossielskreeu" suggereer 'n oorblyfsel uit 'n oertyd/tyd wat lankal verby is;
          op dié manier sluit dit aan by die tema dat Suid-Afrika/Afrika die "eerste worp" ervaar
          het./sluit aan by die woord "reste" wat dui op 'n vroeëre tyd nl. toe die "eerste worp"
          plaasgevind het./
          Die primitiewe bly deel van die kontinent, al het die mens sy ontstaan hier gehad. √√    2

          Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.
          Die kandidaat kan nie 'n NEE-antwoord aanbied nie.

                                                                                                   [10]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                             5                           DBE/November 2018
                                          NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

"Reaksie" – Vernon February
Vraag     Antwoord                                                                               Punt
3.1       "Ou Gwarrie"/"tjy sê" √                                                                1

          Indien die kandidaat die versreël as antwoord aanbied, moet die TWEE opeen-
          volgende woorde onderstreep/uitgehef word.

3.2       Vergelyking √                                                                          1

          Die spreker vergelyk die aangesprokene/sy/haar vriend se uitspraak/woordkeuse/taal
          met 'n predikant/persoon wat oor die draadloos/radio praat. √                      1

          Die kandidaat bied TWEE kante van die vergelyking vir EEN punt aan.

3.3       "net hate en insults hier." √                                                          1

3.4       Dit hef die vriend/Ghwarrie/aangesprokene se vroomheid/skynheiligheid/andersheid
          uit. √                                                                           1

          Die kandidaat bied EEN antwoord vir EEN punt aan.

3.5       "Die teorie wêk olraait"/
          "Nei mattie, gee daai kan,"/
          "Hou tjy tjou Sunday-go-to-meeting-face" √                                             1

          Die teorie met betrekking tot geloof/bekering verskil van die praktyk waar mense
          verkies om die lewe te geniet./nie skynheilig te wees nie./
          Die spreker se drankgebruik is in orde./
          Die vriend/aangesprokene is skynheilig./se sogenaamde bekering is skynheilig. √√ 2

          Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.

3.6       Ja
          Dit verteenwoordig die verskillende wêrelde waarin die spreker en aangesprokene
          hulle bevind./
          Dit ondersteun die verbreking van die hegte band van vroeër./dui aan dat die
          vriendskap verby is./
          Dit beklemtoon die spreker se negatiwiteit teenoor die verandering wat sy vriend
          ondergaan het./
          Dit beklemtoon die (finale) reaksie/insig/keuse van die spreker/dronkaard teenoor dié
          van die skynheilige gelowige. √√                                                      2

          Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.
          Die kandidaat bied TWEE kante van die antitese/teenstelling vir EEN punt elk aan.
          Die kandidaat kan nie 'n NEE-antwoord aanbied nie.

                                                                                                 [10]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                             6                             DBE/November 2018
                                          NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

"Twee kleuters in die Vondelpark" – Elisabeth Eybers

Vraag     Antwoord                                                                                 Punt
4.1       Koeplet √                                                                                1

          "Twee" √                                                                                 1

4.2       "('n) klein oneindigheid (lank)" √                                                       1

4.3       "hals" teenoor "dubbelhals"/
          "geskulpte vlerk" teenoor "dubbelvlerk"/
          "geslote snawel" teenoor "deinserig vervals" √                                           1

          Die kandidaat moet die woorde wat kontrasteer (illusie teenoor werklikheid), aanhaal.
          Indien die kandidaat die versreël aanhaal, moet die kontrasterende woorde onder-
          streep/uitgehef wees.

          Die natuurbeeld dui op die tweeledigheid van mense/die man en vrou wat verskil.
          Dit beeld die verskil in skoonheidsbelewing tussen seun/man en dogter/vrou aan.
          Dit dui op die gebalanseerde natuur teenoor die ongebalanseerde mensdom. √√              2

          Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.

4.4       Dit dui (progressief) op die man wat op vooruitgang gerig is./
          Dit dui op die seun wat oorgaan na volwassenheid./
          Dit sluit aan by die feit dat die man geken word aan sy voertuig – "die wiel sy
          ordeteken."/
          Dit beklemtoon die ironie in die feit dat die progressie van "skopfiets" tot "motor" die
          man se wêreld verklein tot 'n "Lilliput" (versreël 16). √                                1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

4.5       Metafoor/Antonomasia √                                                                   1

          Vir hierdie vraestel sal "antonomasia" aanvaar word a.g.v. die KABV-verwysing op
          p. 94; dit is in werklikheid 'n stylfiguur.

4.6       Ja
          Dit beklemtoon die drie wêrelde wat in die gedig ter sprake is, nl. die man se wêreld,
          die vrou s'n en die natuur./
          Dit hef die verskille tussen die seun en dogter se wêrelde teenoor die natuur uit./
          Dit versterk die idee dat die natuur/skoonheid onaangetas bly ten spyte van die
          verskille tussen man en vrou./
          Dit beklemtoon dat die natuur/skoonheid onaangetas/ongeskonde bly, maar dat die
          mens die ewewig versteur./
          Dit beklemtoon dat die verskille tussen man en vrou se wêrelde sal voortduur./
          Die droom en die werklikheid sal bly voortbestaan. √√                                  2

          Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.
          Die kandidaat kan nie 'n NEE-antwoord aanbied nie.

                                                                                                   [10]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           7                               DBE/November 2018
                                        NSS – Nasienriglyne

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
"Bepeinsing" – Ernst van Heerden
Vraag     Antwoord                                                                                Punt
5.1       "weer" √                                                                                1
5.2       Klanknabootsing/Onomatopee/Sinekdogee √                                                 1
5.3       Dit versnel die tempo om aan te sluit by die beweging van die meeue./
          Dit dui op vloeiendheid wat die beweging van die meeue ondersteun./
          Dit beklemtoon die rym van "tuis" en "huis". √                                          1
5.4       (Die) meeue √                                                                           1
          Die meeue (versreëls 5 tot 8) én die bote (versreëls 1 tot 4) beweeg./kom terug./
          Soos wat die skepe terugkeer, keer die meeue terug./
          Albei het die see as milieu. √
                                                                                                  1
          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
5.5       Die bote (wat terugkeer na 'n dag op die oop waters.)/meeue (wat nuwe plekke op
          hulle vlugte verken)./Die spreker/mens self. √                                  1
          Ja
          Die "hart" smag na ver plekke/ervarings/nuwe dinge (net soos die bote nuwe/ver/
          vreemde plekke verken).
          Die "hart" keer altyd weer terug (net soos die bote na die hawe terugkeer).
          Die "hart" reis dikwels in die geheim na allerhande ver plekke (net soos meeue uit-
          vlieg na onbekende bestemmings).
          Die "hart" keer (net soos die meeue) later na die werklikheid/bekende terug.
          Die spreker/mens (self) reis/smag na/droom oor ver/onbekende/geheime plekke (net
          soos die bote/meeue gaan verken)./beskik oor 'n rustelose hart wat hom/haar soms
          figuurlik na ver plekke neem.
          Die spreker se heimlike reise/hunkeringe is nie permanent nie; hy/sy keer uiteindelik
          later terug na die werklikheid. √√                                                    2
          Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.
5.6       Die spreker wonder oor sy/haar rustelose/soekende hart./oor sy/haar hart wat soms
          heimlik reis, maar altyd weer terugkeer. √                                        1
          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
          Die vraag suggereer bepeinsing wat by die titel aansluit./die titel ondersteun./
          Die retoriese vraag oor die lewe sluit aan by/ondersteun die diep nadenke/
          "Bepeinsing" van die titel./
          Die retoriese vraag dui visueel aan dat die spreker besig is om na te dink/te besin oor
          die menslike hart, wat aansluit by die titel./
          Die verdieping in strofe 3 (menslike hart) n.a.v. meeue/bote sluit by die titel aan:
          konkrete objekte bv. meeue verdiep tot "hart" waaroor die spreker nadink.
          Die spreker wonder of hy/sy sal ophou om oor ver plekke te droom./na ver plekke te
          hunker. √                                                                               1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
          Die "reis" kan letterlik of figuurlik aangebied word.

                                                                                                  [10]
                                                                   TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            8                               DBE/November 2018
                                         NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord EEN vraag.

VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
•   Dis 'n breë raamwerk van feite.
•   Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied 'n gepaste inleiding aan.

 • Iris skep Richard wat vir haar onweerstaanbaar is, want wanneer hy haar soen, voel dit
   asof haar ruggraat sag word./Bv. bl. 19: Richard het teer maar intens opgetree, sy soene
   het my ruggraat vermurwe.
 • Richard veroorsaak dat Iris romantiese fantasieë ervaar deurdat sy Richard se
   borselkop omskep in golwende donker hare en sy stomp hande verander na
   sensitiewe, lang vingers./Bv. bl.17: Sy praktiese, stomp hande het sensitief en lank van
   vinger geword, sy oë intens en versiende./Bl. 17: Richard was vry van alle menslike
   swakhede en veral liggaamlike manifestasies.
 • Iris skep 'n fantasieverhouding met Eduard (as gevolg van Elsa en Hannes se
   onromantiese huwelik) omdat sy behoefte het aan 'n verhouding. Sy weet hy wil haar
   graag beter leer ken./Bv. bl. 22: Ek het natuurlik geweet sy besluit het niks met die land uit te
   waai nie, hy wou my beter leer ken./Bl. 23: … terwyl ek Eduard herroep en ons verhouding
   laat ontwikkel.
 • Iris verkeer onder die indruk dat Eduard 'n paar dae in die land agterbly omdat hy nie
   die mooi land wil besigtig nie, maar dat hy bloot bly om haar beter te leer ken./
   Bv. bl. 22: Ek het natuurlik geweet sy besluit het niks met die land uit te waai nie, hy wou my
   beter leer ken.
 • In Iris se fantasie kry sy die gevoel dat Eduard haar wil liefhê omdat hulle min tyd tot
   hulle beskikking het./Bv. bl. 23: Omdat ons net 'n paar dae tot ons beskikking gehad het,
   was hy haastig. Hy wou my liefhê.
• Iris fantaseer dat Eduard jammer is wanneer hy die brief van die prokureur kry wat
   beveel dat hy na die meisie moet kyk wat deur sy broer swanger gemaak is./
   Bv. bl. 35: Eduard het seergemaak gelyk. Dit was per slot van rekening sy broer waarvan
   hulle gepraat het.
• As gevolg van Iris se gesteldheid op korrektheid fantaseer Iris dat sy Eduard se huis
   meubileer – dit help haar om van die werklikheid te ontsnap./Bv. bl. 52: … Eduard se huis
   meubileer, …/Bl. 53: Ek was baie gesteld op korrektheid.
• Iris raak moeg vir die fantasie oor Eduard toe hy en Greta op mekaar verlief raak./die
   hospitaal besoek./besluit oor die naam van die kind./Bv. bl. 67: Ek kon Eduard nie meer
   duidelik sien nie en het die hele storie uitgegooi en begin rondtas na 'n nuwe een./
   Bv. bl. 67: … Eduard se gevoel vir Greta het my lank besig gehou, maar teen die tyd dat hy
   haar vra om met hom te trou sodat hulle saam vir die erfgenaam 'n tuiste kan bied, was ek
   uitgekuier met hulle en hulle baba.
• Iris is uitgekuier met haar fantasiekarakters, nl. Greta en Eduard asook die baba toe
   hulle 'n huis soek; sy besef ook dat haar verbeelding oorbevolk raak, gevolglik sien sy
   van sekere fantasiekarakters af./Bv. bl. 67: … Eduard se gevoel vir Greta het my lank besig
   gehou, maar teen die tyd dat hy haar vra om met hom te trou sodat hulle saam vir die
   erfgenaam 'n tuiste kan bied, was ek uitgekuier met hulle en hulle baba.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                             9                             DBE/November 2018
                                          NSS – Nasienriglyne

•   Iris besef dat haar verbeeldingsvlugte te veel is en Eduard en Greta vervaag in haar
    gedagtes./Bv. bl. 110: Ek het gewonder of Greta nie dalk ook nou in New York sou wees nie
    en waar sy vir die hoeveelste keer haar Eduard raakloop. "Oppas!" het die Engel vir my gesis
    en ek het rats eenkant toe gespring voor 'n jong seun op 'n skaatsbord my middeldeur kloof.
•   Die Engel verskyn in Parys in die venster en dié Engel het 'n dramatiese invloed op Iris
    se lewe: hy maak haar bewus van gevaar./Bv. bl. 110: "Oppas!" het die Engel vir my gesis
    en ek het rats eenkant toe gespring voor 'n jong seun op 'n skaatsbord my middeldeur kloof.
•   Die Engel maak haar wakker toe Bettie siek word./Bv. bl. 162: Ek kon niks sien nie,
    daarvoor was dit te donker. "Kom," het die Engel gesê. "Kom."
•   Die Engel beïnvloed Iris se besluit om saam met Peter na Vermont te gaan, want hy
    moedig haar aan om hierdie geleentheid te kies eerder as die modelgeleentheid./Bv. bl.
    133: Omdat ek nie my kosbare Kersvakansie hier gaan deurbring as jy nie by is nie./
    Bl. 133: "Sien jy?" het die Engel gesê. "Jou dom aap." "Wat doen 'n mens daar?" het ek
    gevra.
•   Die Engel beïnvloed Iris om aan haar eie toekoms te werk, want net sy kan verseker dat
    haar toekoms mooi is./Bv. bl. 179: "Droom jou eie toekoms op," het hy voorgestel … "Droom
    dit op en kyk of jy daarvan hou."
•   Die Engel laat Iris besef dat daar meer as een blomoomblik is wat sy nie aan haar naam
    moet koppel nie./Bv. bl. 187: … maar daar was nog heelwat knoppe aan die stingel./
    Bl. 187: "En 'n naam is net 'n naam." "Is so," het hy saamgestem.
•   Die Engel laat Iris besef dat haar blomoomblik nie noodwendig iets groots hoef te wees
    nie, dat dit selfs by haar kan verbygaan sonder dat dit waargeneem word, m.a.w. sy
    moet haar lewe leef en ophou soek na blomoomblikke./Bv. bl. 195: Party mense blom
    ongesiens, … So onverwags dat niemand dit eers opmerk nie.
•   Die Engel bring Iris tot insig dat 'n naam net 'n naam is./dat sy gerus kan ophou om so
    behep te wees met haar naam./die lelie ook nie haar geluk of haar toekoms bepaal
    nie./Bv. bl. 187: "Net sowel," het hy gesê. "Ek sien geen verband tussen jou lelie en enigiets
    wat ons vannag bespreek het nie."
•   Die Engel lei haar tot die insig dat sy verantwoordelikheid vir haar eie besluite/keuses
    moet aanvaar. Hy stel dit baie duidelik dat sy vir haar eie geluk en lewe verantwoordelik
    is, m.a.w. sy kan nie aanhoudend verwag dat daar altyd iemand gaan wees wat namens
    haar keuses maak nie./Bv. bl. 179: Droom dit op en kyk of jy daarvan hou.
•   Die Engel laat Iris besef dat hy nie daar is om reg te maak wat sy verbrou nie, want sy is
    verantwoordelik vir haar eie keuses en eie lewe./Bv. bl. 217: "Ek is nie 'n loopring nie."
•   Die Engel lei haar tot die besef dat sy ook elke dag kan blom, maar as sy aanhou soek
    na 'n blomoomblik, kan sy soos met die kwart-voor-sewe-lelie 'n leeftyd wag sonder om
    dit te beleef./Bl. 195: Party mense blom ongesiens, … So onverwags dat niemand dit eers
    opmerk nie.

Die kandidaat bied 'n gepaste slot aan.                                                                [25]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          10                               DBE/November 2018
                                        NSS – Nasienriglyne

VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG

7.1       Van haar planne om 'n non te word. √                                                      1

7.2       Sy is 'n perfeksionis./beplan alles goed./
          Sy het 'n sterk persoonlikheid./was onverdraagsaam teenoor Iris./
          Sy is gesteld op orde./
          Sy is prakties./neem rasionele besluite./
          Sy ly aan die eekhoringsindroom./
          Sy is 'n nugter soort mens. √√                                                            2

          Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

7.3       Sodat sy meer/genoeg tyd het om aan haar fantasieë te wy. √                               1
          Dit bewys sy's verbeeldingryk./verkies fantasie bo die werklikheid./eksentriek./
          anders./stroomop./eiewys./
          Sy neem onkonvensionele besluite./doen goed anders as wat bv. haar pa van haar
          verwag./Sy naam het haar amuseer. √                                                       1
7.4       Riekie het haar probeer soen (toe hulle na 'n opvoering koeldrank gedrink het). √         1

7.5       Die onromantiese verhouding/gebrek aan romantiek in Hannes en Elsa se huwelik,
          laat haar van trou afsien. √                                                              1
          Nee
          Haar troue met Peter was net so onromanties as dié waarvan sy Hannes en Elsa
          beskuldig het./
          Sy sê vir tant Ans dat haar troue vinnig en sonder ophef sal wees./
          Peter lig Iris terloops op die lughawe in dat hulle gaan trou./
          Haar rok is van kantgordyne gemaak./Sy dra 'n trui oor haar trourok./Sy reël nie
          haar eie troue nie. √                                                                     1
          Die kandidaat kan nie 'n JA-antwoord aanbied nie.

7.6       Iris voel vir baie lank daarna uitgesluit./dat niemand na haar luister nie./dat sy 'n
          buitestander is. √                                                                        1
          Sy ervaar dat sy nog nooit vir iemand in die gesin belangrik was nie./dat haar
          susters baie belangriker as sy is. √                                                      1
          Toe Elsa haar ouers van haar onbeplande/onvoorsiene swangerskap ingelig het./
          Toe Elsa haar ouers inlig dat sy en Hannes wil trou/
          By die swembad toe Peter niks meer van haar wil hoor nie/
          Toe Iris oor Claude en Kara se verhouding wil saampraat √                                 1

7.7       Iris √                                                                                    1
          Iris is by die gesprek teenwoordig wat dit moontlik maak om alles geloofwaardig te
          rapporteer./Dit is 'n geloofwaardige weergawe./
          Iris ervaar die gebeure eerstehands./lewer kommentaar op wat sy beleef./
          Iris gee 'n subjektiewe interpretasie van wat sy beleef as sy na die gebrekkige
          logika verwys. √√                                                                         2
          Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.

7.8       Hy probeer hard om van haar te vergeet./is baie besig. √                                  1

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           11                                DBE/November 2018
                                         NSS – Nasienriglyne

7.9       Iris wil nie herinner word aan haar swak tydsberekening/dat sy ongevoelig/selfsugtig
          is nie./
          Iris voel skuldig omdat sy nie definitiewe redes kan gee om nie in 'n ernstige ver-
          houding betrokke te raak nie. √                                                                1
7.10      Die leser word ingelig oor die sosiopolitieke omstandighede/Apartheidsjare in SA
          wat nie 'n invloed op Iris se ouers se menseverhoudinge het nie./
          Die leser word ingelig dat Iris se ouers anders as die ander familie is. √√                    2
          Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
          Nee
          Johanna was baie bewus van kleur, want sy wil nie vir Claude koffie, wat soos hy
          lyk, aandra nie./
          Sy praat neerhalend van Claude – sy noem hom 'n "klong"./
          Sy waarsku Iris teen die "negers"./swart mense in Amerika. √√
                                                                                                         2
          Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
          Die kandidaat kan nie JA as 'n antwoord aanbied nie.
7.11      Sy was pers met geboorte./Dit sluit aan by die naam wat haar pa vir haar gee omdat
          sy vir hom (in die verpleegster se hande) perserig van kleur gelyk het. √                      1
          Nee
          Omdat haar pa nie by haar geboorte teenwoordig was nie, ervaar sy steeds konflik,
          want sy voel onwelkom./nie belangrik nie./verwerp./
          Omdat haar susters nie na haar kom kyk het nie, worstel sy vir jare omdat sy nie
          belangrik genoeg is nie./
          Omdat haar ma dadelik aan die slaap geraak het, ervaar sy steeds konflik
          aangesien sy dink sy is onwelkom./sy na 'n ander blomgeleentheid soek./
          Wanneer sy haar toekoms opdroom soos wat die Engel aanbeveel, is haar droom
          gelaai met alles wat sy nooit ervaar het nie. (bv. Peter se teenwoordigheid by die
          geboorte/interaksie met al haar kinders). √
                                                    OF
          Ja
          Anders as in haar konflikjare, luister Peter wel na haar. √                                    1
          Die kandidaat bied EEN soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
7.12      Elsa √                                                                                         1
          'n Meisie loop nie agter 'n man aan nie. √                                                     1
          Ja
          Sy is oud genoeg om haar eie besluite te neem./
          Sy besef in Amerika dat trou en kinders belangriker as modelwerk is./
          Liefde kom net een keer in 'n mens se lewe.

                                                    OF

          Nee
          Sy kon as 'n model 'n opwindende ander soort lewe ervaar het. √
                                                                                                         1
          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord binne konteks vir EEN punt aan.

                                                                                                         25

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           12                                DBE/November 2018
                                         NSS – Nasienriglyne

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
•   Dis 'n breë raamwerk van feite.
•   Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied 'n gepaste inleiding aan.

• Grace se versorging tydens Baas se malaria-aanval laat Baas herstel en maak dit
  uiteindelik vir Baas moontlik om op Manaka te bly./Bv. bl. 50: "Dit sal goed wees as jy nou
  probeer slaap. Jy gaan gesond word."
• Grace is die een wat deur haar voorbeeld vir Baas wys hoe omgee in Barotseland lyk:
  jy deel wat jy het met mense wat niks het nie – soos hy wel maak./Bv. bl. 125: "Sy is baie
  oud. En in die groen trommel agter die bed is daar nog van die blikkiesvis wat jy van Ngweze
  af gebring het voor jy siek geword het."
• Grace beïnvloed Baas se verhouding met die Lozi's, want sy leer vir Baas die
  kultuurreëls/-gebruike van haar stam./sy sê vir hom dat hy nie lank in Barotseland sal
  oorleef as hy nie die kultuur van die Lozi's eerbiedig nie./Sy lei hom in besluite:
  wanneer hy die stampolisieman ignoreer, sê sy dit kom neer op die vloek van die
  koning./Bv. bl. 89: "Dit is nie iets wat kan wag nie. Die polisieman is die oë en ore van die
  khuta," sê Grace. "Die khuta is die oë en ore van die litunga, die koning. Jy het die koning
  gevloek."/Bl. 97: "In ons stam moet jy respek betoon. Ons is mense wat hande klap om te wys
  dat ons mekaar respekteer."/Bl. 94: "As jy nie weet wie jy kan slegsê en wie nie, sal jy nie jou
  pontboot klaarmaak nie."
• Grace glo, soos haar ouma Essie, dat Baas met 'n spesifieke doel na Manaka gestuur
  is, en dis nie om 'n pontboot te bou nie. Sy vermaan Baas dat die Here hom oë en ore
  gegee het om te sien en te hoor wat Hy wil hê Baas moet sien en hoor – vir haar gaan
  dit om die sendingstasie./Grace verteenwoordig ouma Essie wanneer sy ouma Essie se
  woorde herhaal dat Baas met 'n doel na Manaka gestuur is./Bv. bl. 94: "Ook nie die werk
  waarvoor jy hiernatoe gestuur is nie."/Bl. 94: "As jy weggaan, sal die sendelinge ook
  weggaan."
• Grace is die skakel tussen Baas en die sendelinge, want Baas se optrede is vyandig;
  Grace verduidelik vir Nanna dat dit hoofsaaklik toe te skryf is aan die nagevolge van die
  malaria. Sy interpreteer ook vir Baas reaksies van mense, soos bv. toe oom Scholtzie
  huil oor 'n bars antwoord van Baas. Sy probeer dus die vrede handhaaf sodat die
  sendelinge sowel as Baas op Manaka kan bly./Bv. bl. 109: "As 'n mens oor iemand anders
  huil, dan huil jy eintlik oor jouself ook."/Bl. 111: "Grace het my gesê. Sy sê dit verklaar ook jou
  irrasionele optrede. Maar dis net tydelik …"
• Grace trek (onwetend) 'n parallel tussen Baas en sy oupagrootjie wanneer sy hom
  daarop wys dat hy op Manaka is om die pad vir die sendelinge oop te maak sodat sy op
  die koop toe 'n werk kan kry. Hierdie subtiele beïnvloeding werk, want hy kom
  uiteindelik tot die insig dat hy in sy oupagrootjie se voetspore moet volg deur op
  Manaka 'n verskil te maak./Bl. 95: "Om my te help om 'n werk te kry, en om die pad vir die
  sendelinge oop te maak, is miskien party van die werke waarvoor die Here jou na Manaka toe
  gestuur het. Miskien is dit ook hoe hy die eerste sendeling gestuur het om Manaka te begin,
  lank voor my oupagrootjie se tyd."

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          13                               DBE/November 2018
                                        NSS – Nasienriglyne

• Grace is die een persoon, naas ouma Essie, wat Baas se vertroue wen, soveel so dat hy
  haar met van sy diepste geheime vertrou: hy vertel haar bv. van sy droom oor sy
  oupagrootjie, nl. dat hy met hom 'n denkbeeldige weddenskap aangegaan het om die
  skoenlapper te vang wat sy oupagrootjie nooit kon vang nie. Uiteindelik, wanneer hy
  oorweeg om weg te gaan omdat die khuta hom verder wil misbruik, is dit Grace
  watBaas aan sy weddenskap herinner en hom sodoende beïnvloed om nie weg te gaan
  nie./Bv. bl. 127: "Ek sal jou 'n storie vertel. Van 'n skoenlappervanger wat van Kanada af
  gekom en nege en twintig jaar in Afrika gebly het. Toe ek 'n kind was, het ek hom in my
  gedagtes gewed dat ek vir hom die skoenlapper sal kan vang wat hy nooit gekry het nie."/Bl.
  180: "Die ou man in jou huis sê dis te min." Sy hou die munt reg voor sy oë. "Hy sê die prys
  van die weddenskap is tien bokke en 'n kind."
• Grace se aanvoeling vir besigheid is vir Baas op die lang duur baie werd. Sy besef dat
  hy, as gevolg van sy goeie hart, dikwels van die vleis wat hy skiet, weggee vir die arm
  mense wat op Manaka kom vleis koop. Sy besluit self dat sy die vleisverkope in die
  toekoms sal hanteer om seker te maak dat Baas 'n inkomste het. Daarmee suggereer sy
  by voorbaat dat Baas op Manaka gaan bly./Bv. bl. 196: "Hierdie keer sal ek die vleis
  verkoop." Sy vryf haar hande teen mekaar en buig haar knieë 'n klein bietjie. "Om besigheid te
  doen, is nie iets waarmee jy goed is nie."
• Grace is 'n mensekenner wat weet wanneer Baas voor moeilike situasies te staan kom.
  Subtiel beïnvloed sy hom om die regte ding te doen/regte keuse te maak deur liedjies
  uit sy kinderdae te neurie. Sodoende maak sy dit vir Baas moontlik om die regte ding te
  doen sodat hy nie in die moeilikheid kom nie en daarom later as leier op Manaka die
  voorbeeld kan stel./Bv. bl. 131: "I once was lost but now I'm found," sing sy sag en wieg haar
  lyf effens op die maat.
• Grace speel 'n groot rol in Baas se konflik oor godsdiens en die Bybel, aangesien sy
  onbeskaamd godsdienstig is en volgens haar geloofsoortuiging leef. Sy glo dat die
  Here altyd die een of ander boodskap stuur. Sy is ook die een wat Baas meedeel dat
  "omgee" van jou 'n Christen maak. Hy het soveel omgee wat hy bewys, dat dit vir hom
  net logies moes wees dat hy op die sendingstasie – 'n plek van omgee – behoort te bly./
  Bv. bl. 228: "Die weet waar ek heengaan, hier, en in die lewe hierna."/Bl. 228: "Omgee, ja, dis
  sendingbloed."
• Grace stel omgee gelyk aan Christenwees. Dis sy wat Baas oortuig dat hy 'n Christen is
  vanweë sy omgee en die feit dat hy weet waarheen hy in die huidige en toekomstige
  lewe gaan. Dis hierdie invloed wat so verdiep/groei dat Baas uiteindelik besef dat hy
  wel met 'n doel na Manaka gestuur is. Gevolglik herstel hy die bankies onder die
  worsboom en suggereer dat hy die herstel van die kerk sal onderneem./Bv. bl. 228: "Die
  weet waar ek heengaan, hier, en in die lewe hierna."/Bl. 228: "Omgee, ja, dis sendingbloed."
• Grace is vir Baas 'n hulp. Wanneer hy die bankies herstel, of na sy boot gaan soek, dan
  beïnvloed haar hulp – sonder dat hy vra – hom. Dit laat Baas besef dat 'n mens nie
  alleen kan regkom nie, en dat hy in die toekoms op Manaka vir ander ook beskikbaar
  moet wees./Bv. bl. 244: Sy gee koperskroewe aan. Baas skroef die eerste bankie se plank op
  die stutpaaltjies onder die worsboom vas./Bl. 246: Hulle loop agtermekaar in die olifantpad
  teen die rivier af …
• Griesel se voorbeeld as 'n hoogmoedige, onopregte prediker wys dadelik vir Baas die
  teenkant van Christenskap. Baas besef dat woord en daad by Griesel nie ooreenstem
  nie – hy groei tot insig dat sy eie optrede baie meer van Christenskap getuig as Griesel
  s'n, wat maak dat hy beter op Manaka pas as Griesel./Bv. bl. 42: "As ek reg onthou, is dit jy
  wat die laaste dosis gevat het!"/Bl. 121: "Jy het hier van Manaka af met die voet Mubuyu toe
  geloop om vir Tibelelo pille te gee toe sy siek was."/Bl. 67: "Ek moes vir hierdie … vir hierdie
  man uitswaai …"/Bl.74: Die bastou breek. Die honde storm. Griesel ruk die slaaphut se deur
  oop, struikel na binne en klap dit toe./Bl. 153: "Jy het 'n goeie vrou, Du Pisani. Jy moet haar
  oppas."
• Griesel word die spieël waarin Baas sy eie doen en late kan kaats wanneer hy
  opstandig/ontevrede voel oor die sendelinge sy lewe op Manaka kom omkrap./van hom
  tyd/hulp/aandag/die indringing in sy lewe vra sodat hy besef hoe 'n Christen nié
  behoort te maak nie./Bv. bl. 42: "As ek reg onthou, is dit jy wat die laaste dosis gevat het!"/
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           14                               DBE/November 2018
                                         NSS – Nasienriglyne

    Bl. 59: Dominee Griesel du Pisani gooi water uit die wit plastiekkannetjie wat hy agter op sy
    bakkie het en was sy hande.
•   As predikant op Manaka erken Griesel dat hy 'n misplaaste droom gehad het wat Baas
    se konflik oor sy eie drome beïnvloed/versterk, want hy sien dat 'n mens se eie drome
    en God se plan nie noodwendig dieselfde is nie. Aanvanklik hou hy vas aan sy droom
    om 'n boot op die Zambezi te kry terwyl die gemeenskap se behoefte aan 'n geestelike
    leier sy planne aanhoudend in die wiele ry./ouma Essie hom kort-kort wys op sy rol as
    gestuurde. Daarom groei hy uiteindelik in sy rol as leier op Manaka in./Bv. bl. 122: "Wat
    wil jy met die boot maak?" Ouma Essie staan vas teen Baas … "Die drome wat die kinders
    van die Here droom, is die drome wat Hy vir hulle géé om te droom, …"/Bl. 122: "So
    romanties is dit darem nie, ouma Essie. Die boot moet my aan die lewe hou."/Bl. 118: "En wie
    weet of jy nie met die oog op 'n tyd soos hierdie Manaka toe gestuur is nie."
•   Griesel se jaloesie as getroude man maak Baas bewus van Nanna as vrou./dat 'n mens
    nie alleen deur die lewe hoef te gaan nie. Baas wil graag alleen wees, want hy dink hy
    het nie ander mense nodig nie, maar begin dink oor sy eie eensaamheid./dink terug
    aan Fires./dink aan Riekert se woorde. Uiteindelik besef hy hy kan nie alleen oorleef
    nie./hy het ander mense, soos Grace en die Lozi's, nodig. Hulle het hom ook nodig./
    Bv. bl. 137: "Ek kom goed klaar sonder geselskap."/Bl. 145: Baas se oë soek na die kuiltjie in
    haar wang … Hulle bly staan elkeen met 'n punt van die handdoek in die hand./Bl. 146: Eintlik
    was Fires se hare meer rooi as bruin. En sy het baie sproete gehad. Nanna het net 'n paar
    sproete en dié lê alles oor haar neus. En hier rond vat almal maar so 'n ou lekseltjie roet deur
    die draad.
•   Griesel se ingesteldheid op die uiterlike beeld/korrekte optrede is in direkte kontras
    met Baas wat die goeie nie wíl doen nie, maar nie anders kan as om die goeie te doen
    nie. Griesel se voorbeeld/invloed bring Baas tot insig dat 'n mens se innerlike bepaal
    wie en wat jy is: hy is in wese 'n Christen/'n gelowige/'n goeie mens wat niks anders as
    goed aan mense doen nie. Baas begin besef dat hy dalk met 'n doel op Manaka is./Bv.
    bl. 42: "As ek reg onthou, is dit jy wat die laaste dosis gevat het!"/Bl. 121: "Jy het hier van
    Manaka af met die voet Mubuyu toe geloop om vir Tibelelo pille te gee toe sy siek was."/
    Bl. 59: Dominee Griesel du Pisani gooi water uit die wit plastiekkannetjie wat hy agter op sy
    bakkie het en was sy hande.
•   Griesel se negatiewe reaksie op die Lozi-kultuur/Grace se poging om die wit mense in
    te lig oor die etiketgebruike van die Lozi's laat Baas besef dat hy, op Manaka, deel van
    die Lozi-kultuur is. Om op Manaka te oorleef, sal hy moet inkoop op die etiketgebruike.
    Teen die einde van die roman stap hy en Grace op tipiese Lozi-wyse in die paadjie af,
    wat bewys dat hy besluit om op Manaka te bly./Bv. bl. 98: "Dis júlle kultuur." Griesel wil
    onder die kombuisafdak gaan eet. Nanna trek hom terug in die hut./Bl. 246: Hulle loop agter
    mekaar in 'n olifantpad teen die rivier af om na die boot wat in 'n baie ou kanaal vasgespoel
    het, te gaan soek.
•   Whitey se vertelling dat dit sy oupagrootjie is wat Manaka begin het, beïnvloed Baas
    sodanig dat hy besef dat hy uiteindelik tuisgekom het by sy oupagrootjie se plek./dat
    sy kinderdroom om in sy oupagrootjie se voetspore te volg, kan realiseer./Bv. bl. 174:
    "O, die ou buffeljagter? Ja, hy was my oupagrootjie. Hy was 'n Kanadees."/Bl. 174: Baas is
    lank stil. Die suising in sy kop is terug. Hy weet dit het niks met die malaria te doen nie./Bl.
    225: "Ek wil jou iets wys." Baas vat Whitey se beker en gee dit ook vir Grace. Hy haal die ou
    bruin Bybeltjie met die blink leeromslag van die rak af./Bl. 226: Whitey gryp Baas vas. Baas
    gee vir hom die Bybel.
•   Whitey se erkenning dat sy oupagrootjie die Kanadees is wat Manaka begin het, laat
    Baas tot die insig groei dat hy nie langer aan sy oupagrootjie se Bybel kan vasklou nie,
    want deur die Bybel aan Whitey te gee, sal Whitey besef dat sy van nie "Dennis" is nie,
    maar "Chipman."/sal Whitey besef dat die familieverbintenis vir Baas belangrik is./

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            15                                DBE/November 2018
                                          NSS – Nasienriglyne

    Bv. bl. 175: "Ek stel belang. Sê my, dié oupagrootjie van jou, wat was sy van?" Baas gee
    met 'n bewerige hand sy leë koffiebeker vir Grace aan. "Dennis. Dis my van ook. Is jy seker
    dis jou van?"/Bl. 175: "Dit lyk dalk nie vir jou so nie maar hierdie takhaar kom uit 'n bloedlyn
    sendelinge."/Bl. 177: Nege en twintig jaar, om presies te wees, wil Baas vir hom sê, maar
    die woorde wil nie kom nie.
•   Whitey gee met sy vertelling oor sy oupagrootjie aan Baas die insig dat hy iewers
    behoort/sendelingskoene het om vol te staan. Wanneer Baas sy oupagrootjie se
    Bybel aan Whitey gee, deel hy vir die eerste keer die Evangelie met iemand as bewys
    dat hy sy oupagrootjie se plek gaan inneem./Bl. 225: "Ek wil jou iets wys." Baas vat
    Whitey se beker en gee dit ook vir Grace. Hy haal die ou bruin Bybeltjie met die blink
    leeromslag van die rak af./Bl. 226: Whitey gryp Baas vas. Baas gee vir hom die Bybel.
•    Whitey se droom oor die verlore boot/se soektog na die verlore boot laat Baas besef
     dat hy in Whitey iemand het wat sy belange op die hart dra./se aankondiging dat hy
     die verlore boot in die Liabwa la Twelve gevind het, bring Baas tot die insig dat hy
     op Manaka selfs sy droom ten opsigte van sy boot kan realiseer./dat hy op Manaka
     kán bly./Bv. bl. 224: "Ek kom eintlik net hoor of ek nie daardie seuntjie by jou kan leen nie
     … Ek het 'n droom gehad."/Bl.245: "Die boot het nie verby die waterval gedryf nie. Dit het
     in Liabwa la Twelve dwars gedraai en sit nou in die kanaal vas." "Jy het die boot gesién?"
     vra Grace vir Sitali.
•    Dat Whitey Baas se rol in die gemeenskap erken deur vir Baas planke vir die herstel
     van die bankies te bring, beïnvloed Baas/bring vir Baas die insig dat hy sy rol as
     geestelike leier nie langer kan ignoreer nie./hy 'n verantwoordelikheid het om in alle
     opsigte in sy oupagrootjie se voetspore te volg – daarom herstel hy die houtbankies
     sodat Manaka 'n plek kan wees waar die gemeenskap kan byeenkom, soos in die tyd
     van sy oupagrootjie./Bv. bl. 223: "Hierdie is joune. Jy het daardie dag gesê jy wil bankies
     bou. Ek het sommer stutpaaltjies ook saamgebring."/Bl. 244: Sy gee koperskroewe aan.
     Baas skroef die eerste bankie se plank op die stutpaaltjies onder die worsboom vas.

Die kandidaat bied 'n gepaste slot aan.                                                                    [25]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          16                               DBE/November 2018
                                        NSS – Nasienriglyne

VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG

Vraag     Antwoord                                                                                 Punt
9.1       Grace √                                                                                  1

9.2       Ouma Essie volg in haar man/die Induna of God se voetspore/tree as Woord-
          verkondiger op nadat hy/haar man gesterf het./
          Ouma Essie probeer verseker dat die Woord van God op Manaka steeds uitgedra
          word./probeer die werk op die sendingstasie voortsit ná haar man se dood./
          Sy het opleiding by die Bybelskool (in Witsieshoek) gekry; kan dus die Woord van die
          Here aan die mense oordra. √                                                         1

9.3       Nadeel: Hy is nie daar toe die sendelinge/Griesel by sy plek inbreek/sy plek beset
          nie./Hy kan nie aan sy boot werk nie./
          Die siekte maak hom afhanklik van Grace./ander mense. √                            1

          Voordeel: Hy leer dat 'n mens ander mense/iemand soos Grace in jou lewe nodig
          het./gewoond daaraan raak om na Grace se raad/leiding te luister./ontmoet vir
          Whitey. √                                                                     1

          Ja
          Griesel keer nie na Manaka terug nie, wat Baas se konflik oor die man (en sy vrou)
          ophef./
          Baas kan rustig voortgaan met sy lewe sonder om verantwoordelik te wees vir die
          sendelinge./
          Die sendeling se afwesigheid veroorsaak dat Baas die rol van geestelike leier in-
          neem./vir die voortgang van geloof op Manaka sorg./in die sendeling se plek die werk
          doen. √√                                                                             2

          Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.

9.4       Die Bosoorlog/Grensoorlog/Die konflik tussen die Suid-Afrikaanse magte en die
          inheemse bevolking √                                                          1

          Grace het nie meer ouers nie./moet vir die verdere verloop van haar lewe by ouma
          Essie bly. √                                                                     1

9.5       Derdepersoonsverteller √                                                                 1
          Hy/Sy weet nie wat Sitali/die siek vrou dink nie./kan net rapporteer wat Sitali/die siek
          vrou doen./is 'n objektiewe waarnemer wat nie die vrou/Sitali/ouma Essie se
          gedagtes kan weergee nie. √                                                              1

9.6       Hy vervoer Baas na die hospitaal op Ngweze. √                                            1

          Hy kry nie vir Grace as vrou nie./
          Hy word nie die nuwe hoofindoena nie./
          Hy kry nie 'n aandeel in Baas se bootbesigheid nie. √                                    1

9.7       Die leser voel positief oor meneer Jos wanneer hy (later) die nuwe hoofindoena
          word./
          Omdat die leser weet dat meneer Jos 'n Christen is, verwag die leser positiewe dinge
          van hom wanneer hy later die nuwe hoofindoena word. √                                1
          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           17                               DBE/November 2018
                                         NSS – Nasienriglyne

9.8       Hy gee sy/hulle oupagrootjie se Bybel vir Whitey. √                                       1
          Hy sê vir Whitey wat sy van is./gee aan Whitey korrekte inligting oor sy regte van. √     1
          Hy wil daarmee die familieband tussen hulle bevestig./bevestig dat hulle dieselfde
          oupagrootjie het./
          Hy weet die Bybel sal Whitey oortuig van sy (Baas se) opregtheid./
          Hy wil vir Whitey wys hy gee vir hom om./sy eie kennis oor sy oupagrootjie uitbrei
          deur inligting by Whitey te kry./help dat Whitey se kennis oor sy oupagrootjie uitbrei. √ 1
          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

9.9       Sy wil Baas dwing om by die gemeenskap betrokke te wees./
          Sy weet moontlik wie die nuwe hoofindoena is./dat die nuwe hoofindoena (wat 'n
          Christen is en ander nie sal uitbuit nie) vir Baas positiewer omstandighede (bv. geen
          uitbuiting d.m.v. konsessies/korrupsie) sal meebring./
          Sy wil verseker dat Baas goeie verhoudinge met die hoofindoena/khuta/gemeenskap
          het./die Lozi's se gebruike ken./
          Sy aanvaar reeds dat hy die geestelike leier op Manaka is./wil hê dat hy self sy rol in
          die gemeenskap moet raaksien./moet besef dat hy met 'n doel op Manaka is. √             1

9.10      'n Mens kan selfs, wanneer jy dink dat jy jou geloof verloor het, dit weer terugkry./'n
          Mens verloor nie regtig jou geloof nie./
          'n Geloof-/godsdiensstryd maak jou 'n sterker mens./
          God roep elke mens vir 'n taak./doel./
          Die drome wat mense droom, is drome wat God gee. √                                      1
          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
          Ja
          Hy lees ten aanskoue van almal/ander mense uit die Bybel, terwyl hy aanvanklik niks
          met godsdiens te make wou hê nie./
          Hy gebruik sy ma se Bybel (omdat hy sy oupagrootjie se Bybel weggegee het) terwyl
          hy aanvanklik nie die Bybel wou saamneem Manaka toe nie. √√                         2

          Die kandidaat bied TWEE soortgelyke redes vir EEN punt elk aan.
          Die kandidaat se antwoord moet die groei/verandering by Baas aandui, of dit
          suggereer.
          Die kandidaat kan nie 'n NEE-antwoord aanbied nie.

9.11      Hy kap dit teen die stutpaal op Manaka/by die ingang van Manaka vas. √                    1
          Dit suggereer dat hy nie (van Manaka) weggaan nie./op Manaka gaan bly./
          Dit suggereer dat hy sy plek op Manaka gaan volstaan./
          Dit suggereer dat hy in sy oupagrootjie se voetspore gaan volg./sy oupagrootjie se
          tradisie sal voortsit. √√                                                          2
          Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.

9.12      Ouma Essie se lewensomstandighede is die gevolg van die khuta wat haar van
          Manaka af verwyder het./As gevolg van die khuta se gierigheid het hulle ouma Essie
          van Manaka af verwyder in die hoop dat hulle die plek verhuur kan kry. √           1
          Dis moontlik, want hy heg waarde aan godsdiens./sendingwerk./loop 'n reguit pad./
          sal nie deur geld/korrupsie verlei word nie./
          Nee, dis onwaarskynlik, want ouma Essie is reeds sterwend. √                      1
          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
                                                                                                    [25]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [FINAL Afrikaans HL P1 Nov 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/final-afrikaans-hl-p1-nov-2018-memo/b68b459e-9b13-478b-be0d-a2f55fdaa625) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2018 Memo FINAL](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2018-memo-final/8030a9f3-454f-4188-95d0-c070eac72914) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2018-memo/89172392-378e-4868-8b19-5f1762563210) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2017-memo/872c6282-9442-4b04-b87a-61c1a547d2be) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2016-memo/4d844ab2-9772-4460-97b6-9a9c27ed70c2) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2015-memo/c6ff0cff-3a94-4378-9e0f-77cd7439d9c9) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
