# Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2020 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2020, 32 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2020/60e46d0f-d78f-4397-b6aa-042f873d9ace
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 32

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2020 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2020/60e46d0f-d78f-4397-b6aa-042f873d9ace)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 32 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                            SENIOR SERTIFIKAAT/
                       NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                      AFRHL.2

                          AFRIKAANS HUISTAAL V2

                                NOVEMBER 2020

PUNTE: 80

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 28 bladsye.

                     OGGENDSESSIE

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         2                        DBE/November 2020
                                           SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord.

2.      Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
        inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste
        wat jy bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy gedoen het en
        kies die soort vraag wat jy wil beantwoord.

3.      Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

        AFDELING A: Gedigte         (30)
        AFDELING B: Roman           (25)
        AFDELING C: Drama           (25)

4.      Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B en
        EEN in AFDELING C.

        AFDELING A: GEDIGTE
        Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
        Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.

        AFDELING B: ROMAN
        Beantwoord EEN vraag.

        AFDELING C: DRAMA
        Beantwoord EEN vraag.

5.      KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)

            Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer het.
            Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy
             die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag
             in AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B
             beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik die
             kontrolelys om jou te help.

6.      LENGTE VAN ANTWOORDE

             Die lengte van die opstel vir die gedig is 250 tot 300 woorde.
             Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400 tot 450 woorde elk.
             Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word deur die
              puntetoekenning van elke vraag bepaal. Beantwoord jou vrae bondig en
              relevant.

7.      Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

8.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                     3             DBE/November 2020
                                       SS/NSS

9.        Beantwoord ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

10.       Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A: ongeveer 40 minute
          AFDELING B: ongeveer 55 minute
          AFDELING C: ongeveer 55 minute

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                  4                     DBE/November 2020
                                    SS/NSS

INHOUDSOPGAWE

AFDELING A: GEDIGTE
Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAGNOMMER                          VRAAG             PUNTE      BLADSY
1. "Versagtende omstandighede"     Opstelvraag           10          6

2. "Nog in my laaste woorde"      Kontekstuele vraag    10            8

3. " 'n vigslyer sterf"           Kontekstuele vraag    10            9

4. "Twee kleuters in die          Kontekstuele vraag    10            10
   Vondelpark"
                                    EN
Ongesiene gedig: Verpligtend
5. " 'n Aandlied"                 Kontekstuele vraag    10            12
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.*
6. Die kwart-voor-sewe-lelie         Opstelvraag        25            13

7. Die kwart-voor-sewe-lelie      Kontekstuele vraag    25            13

8. Manaka Plek van die Horings       Opstelvraag        25            16

9. Manaka Plek van die Horings    Kontekstuele vraag    25            16

10. Vatmaar                          Opstelvraag        25            19

11. Vatmaar                       Kontekstuele vraag    25            19

12. Onderwêreld                      Opstelvraag        25            21

13. Onderwêreld                   Kontekstuele vraag    25            21

AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.*
14. Krismis van Map Jacobs           Opstelvraag        25            23

15. Krismis van Map Jacobs        Kontekstuele vraag    25            23

16. Mis                              Opstelvraag        25            26

17. Mis                           Kontekstuele vraag    25            26

*LET WEL:         Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
                  in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                    5                        DBE/November 2020
                                      SS/NSS

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae
beantwoord het.

                 AFDELING                VRAAG-         GETAL VRAE         MERK
                                         NOMMER        BEANTWOORD           ()
A: Gedigte                                 1–4              2
(Voorgeskrewe gedigte)
A: Gedigte                                     5              1
(Ongesiene gedig)
B: Roman                                   6–13               1
(Opstel of kontekstueel)
C: Drama                                   14–17              1
(Opstel of kontekstueel)

LET WEL:       Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in
               AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            6               DBE/November 2020
                                              SS/NSS

AFDELING A: GEDIGTE

VOORGESKREWE GEDIGTE

Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

VRAAG 1: OPSTELVRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg.

Versagtende omstandighede – Peter Snyders

1         Oe Here, ek hoor dis soe wonnerlik
2              innie hiemel,
3         maa Here, vergiewe,
4         die hiemel issie my soort liewe,
5         ek hou van sing en harpmusiek
6         maa ek sal lugsiek kry as ek moet vlieg.

7         En Here, dit sal hel vi my wies
8         om met niks-doen myself elke dag te vervies;
9         en sover dit die goudstrate
10              en pearly-gates betref,
11        wat baat dit?
12        Klip en teer is veels meer werd.

13        Maa Here, hou my baas asseblief tog daa
14        want waa hy nie kan exploit nie
15        is hy tog te naar;
16        en hou hom dop want sonner om te aarsel
17        sal hy stilletjies, agteraf, die engeltjies martel.

18        Ja, Here, ekket my foutjies oek
19        en waar amil perfek is
20        sal ek heeldag vloek,
21        want volle perfection en contentment
22        sal my torture tot binne-in my fonnement.

23        En dan boenop hoor ek
24        seks is yt –
25        soe stuur my aire hel toe
26        of waar ek my talent kan gebryk.

27        En as ek te goed is
28        om gebraai te word
29        laat my lieweste trug kom, Lord

30              as kunstenaar na 'n land
31        in 'n historiese tyd –
32        soes Suid-Afrika,
33        waar ek kan teer
34        op 'n tesamebeleid.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        7                           DBE/November 2020
                                          SS/NSS

35        En tussen die revolutions
36        (hou my aanie underdog se kant)
37        sorg dat ek by Florrie
38        (vroeër mevrou Soetwater)
39        voorit te laat is, beland.

40        Laat my dan liewer hier
41        oppie aarde ly
42        as om vir iewag in u
43        grafstienhiemel te bly.
                                                         [Bron: 'n Waarskynlike mens, 1992]

Die spreker maak in die gediginhoud én die titel van ironie gebruik om versagtende
omstandighede aan te bied.

Bespreek die ironie in die gedig in 'n opstel van 250 tot 300 woorde.                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         8                            DBE/November 2020
                                           SS/NSS

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Nog in my laaste woorde – NP van Wyk Louw

1         Nog in my laaste woorde sal jy wees,
2         nog in die laaste skeemring van my dink
3         en weet, as ek alleen in die bitter vrees
4         van sterwe lê, en al die mindre sink
5         in my deur vaal vergetelheid: veel haat,
6         veel liefde wat kon waag om min te vra,
7         ure wat rus geken't, of blote daad,
8         en nie die teken van jou onrus dra,
9         o jy wat vlam was: skoon en sterk en blind
10        vir smart; wat alles tot jou beeltnis brand;
11        wat áls kon eis en nooit volkome vind
12        versadiging! Dán weet ek het jou hand
13        my jeug se oopgelate kring voltooi:
14        mooi is die lewe en die dood is mooi.
                                                                [Bron: Die halwe kring, 1937]

2.1       Waarna verwys die spreker in versreël 1?                                                 (1)

2.2       Waarom is die herhaling van "nog in" en "laaste" in versreël 2 onderskeidelik
          effektief?                                                                               (2)

2.3       Wat is die funksie van die leesteken in versreël 9?                                      (1)

2.4       Is die stemming in versreëls 9 tot 14 somber? Gee TWEE redes vir jou
          antwoord.                                                                                (2)

2.5       Watter TWEE soorte eindrym kom in versreëls 9 tot 14 voor? Hoekom
          verander die eindrym in versreëls 13 en 14?                                              (3)

2.6       Wie bring die spreker tot die gevolgtrekking in versreël 14?                             (1)
                                                                                                   [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        9                            DBE/November 2020
                                          SS/NSS

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

'n vigslyer sterf – Vincent Oliphant

1       die takelwerk word afgetakel
2       stadig sien sy geliefdes hom inplof
3       die bekende vlees na binne stort
4       hulle sien hom reeds stof word

5       iets wil huil oor die bros vel
6       wat soos dun seil oor brose stokke lê
7       oor die mond wat iets wil sê

8       die gewig van lug
9       is vir die hand te swaar
10      die lyf
11      nou klein en seer
12      het byna alles reeds verleer

13      net die oë bly groter staar
14      soek na raad teen al die skade
15      na die genade van sag gaan
16      na verstaan
                                                                   [Bron: Poësiepalet, 2007]

3.1     Met watter woord in die titel dui die spreker aan dat die gedig algemeen van
        toepassing gemaak kan word?                                                               (1)

3.2     Benoem die stylfiguur in versreël 2. Wat word met die gebruik van die
        stylfiguur beklemtoon?                                                                    (2)

3.3     Herlees versreëls 5 tot 7.

        Is die woordgebruik van die woorde "bros" en "brose" onderskeidelik ten
        opsigte van die vigslyer se toestand effektief? Motiveer telkens jou antwoord.
        Hoe sluit die sinekdogee in versreël 7 by dié allitererende woorde aan?                   (3)

3.4     In versreëls 1 tot 4 word die vigslyer se liggaam metafories aan 'n skip gelyk
        gestel. Haal die woorde in versreëls 5 tot 7 aan wat dié metafoor verder
        uitbrei.                                                                                  (1)

3.5     Hoe hef die tipografie in versreël 10 die vigslyer se kleinerwordende liggaam
        uit?                                                                                      (1)

3.6     Haal die eufemisme in versreël 15 aan. By watter woord in die titel sluit hierdie
        eufemisme aan?                                                                            (2)
                                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         10                          DBE/November 2020
                                           SS/NSS

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Twee kleuters in die Vondelpark – Elisabeth Eybers

1         Twee kleuters in die Vondelpark bly staan
2         'n klein oneindigheid lank hand-in-hand.

3         Smetloos geteken dryf die dubbelswaan:
4         gesplete hart van hals en dubbelhals,
5         geskulpte vlerk met dubbelvlerk teenaan,
6         geslote snawel dynserig vervals
7         met eenkant lug en water anderkant.

8         Versadig van die roerlose gesig
9         pluk hy – die seuntjie – plotseling aan haar hand
10        vir verdergaan, sleep haar tot ewewig
11        as sy nog strompelend omkyk na die swaan.

12        Verby die bome druis die straatrumoer.

13        Van skopfiets tot trapfiets gepromoveer,
14        bromfiets tot motor, sal hy konstateer
15        – die wiel sy ordeteken – dat hy lid
16        is van die kollektiewe Lilliput.

17        Maar sý sien webbe onderwater roer.

18        Miskien is dit die laaste dag van staar
19        en grondelose verwondering. Wat sou
20        hý, weerloos wordend, wees oor dertig jaar?
21        'n Saaklike barbaar, 'n fyn sadis,
22        'n doktrinêre Hollandse meneer?
23        En sý 'n druk slagvaardige mevrou
24        met 'n allure van dít-is-soos-dit-is?

25        Die swaan bly oor sy dubbelbeeld gekeer.
                                                                        [Bron: Balans, 1962]

4.1       Skryf TWEE opeenvolgende woorde uit versreëls 1 tot 2 neer wat die kleuters
          se verwonderde reaksie aandui.                                                          (1)

4.2       Op watter wyse sluit die strofebou van versreëls 1 en 2 by die titel aan?               (1)

4.3       Met watter woord in versreëls 13 tot 16 suggereer die spreker dat die man
          iemand is wat in die gemeenskap verdwyn?                                                (1)

4.4       Haal albei die oksimorons uit versreëls 19 tot 22 aan. Kies EEN van jou
          antwoorde en motiveer waarom dit binne konteks 'n oksimoron is.                         (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                       11                         DBE/November 2020
                                         SS/NSS

4.5       Watter retoriese middel word in die slotreël gebruik om die noue verwantskap
          tussen werklikheid en nie-werklikheid te beklemtoon? Hoekom is dié
          verwantskap tekenend van die dogtertjie/vrou se leefwêreld?                         (2)

4.6       Dink jy die gebruik van "Smetloos" en "dubbelswaan" in versreël 3 dra by tot
          die tema in die slot van die gedig? Motiveer jou antwoord deur na dié woorde
          afsonderlik te verwys.                                                              (2)
                                                                                              [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         12                          DBE/November 2020
                                           SS/NSS

ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

'n Aandlied – Ina Rousseau

1         Die oomblik
2         Toe die Donderdag afsak in die see, die klokke
3         Vir die aand-biduur ophou om te lui,
4         Die duiwe terugvlieg na hulle hokke
5         En die lewerik stilbly in die lemoenhoutboom

6         Is die ysterlong in die hospitaal afgeskakel
7         En uitgestoot in die gang; wat oorbly opsygesit;
8         Apparate losgeskroef en afgetakel;
9         Lakens verwyder na die outoklaaf*…

10        En die persoon wat toegang tot die kamer
11        Geweier is, het omgedraai en weggedwaal,
12        En die twaalf papawers met hulle krenkende, strak
13        Meeldrade geslinger in die naaste
14        Vuilisblik.
          * Outoklaaf: Lugdigte kamer of houer wat met stoom onder druk gevul kan word
            en wat o.a. gebruik word om te steriliseer of te kook. [HAT]
                                                                          [Bron: Taxa, 1970]

5.1       Gee VYF opeenvolgende woorde uit versreël 2 wat by "Aand-" in die titel
          aansluit.                                                                               (1)

5.2       Hoe sluit versreëls 2 tot 5 by die inhoud van versreël 1 aan? Dink jy die
          lengte van versreël 1 teenoor versreëls 2 tot 5 se lengte is effektief? Motiveer
          jou antwoord.                                                                           (2)

5.3       Herlees versreëls 6 tot 9.

          By watter woord in versreël 8 en versreël 9 onderskeidelik sluit die woord
          "ysterlong" (versreël 6) aan? Hoekom pas die ellipsteken/beletselteken in
          versreël 9 by die strofe se inhoud?                                                     (3)

5.4       Benoem die beeldspraak in versreëls 12 en 13. Is dié beeldspraak geslaagd?
          Motiveer jou antwoord.                                                                  (2)

5.5       Met watter woord in versreëls 12 tot 14 suggereer die spreker in die gedig
          die besoeker se emosie?                                                                 (1)

5.6       Verskil die eindrym in versreëls 10 tot 14 van die eindrym in versreëls 1
          tot 9? Gee 'n rede vir jou antwoord.                                                    (1)
                                                                                                  [10]

                                                                TOTAAL AFDELING A:                30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          13                      DBE/November 2020
                                            SS/NSS

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag).

VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG

Iris ervaar dat sy vanweë haar andersheid nie inpas nie.

Bespreek hierdie deurlopende tema in die roman in 'n opstel van 400 tot 450 woorde.           [25]

VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS A

"Ons gaan hom mis. Hy promoveer mos een van die dae."
   Ek het geknik om te wys ek stem saam met al drie bewerings.
   "Nog van die ou soort wat wil trou en tuinmaak."
   "Ek weet nie van die tuinmaak nie," het ek gesê en haar vertel van Joe en die
modelleerkontrak en die briefie wat ek vir hom by die hotel gelos het toe ons 5
douvoordag daar weg is.
   "Nee!" het Bettie gekryt. Sy het haar hand oor haar mond gedruk en gelyk asof sy
gaan huil. "Jy moes dit nie gedoen het nie! So 'n kans kry 'n mens net een keer in 'n
leeftyd."
   Ek het nie krag gehad om haar te vertel van die Engel se neerbuigende "Jou dom 10
aap" nie. Daarom het ek net my skouers opgehaal. "Ek het Amerika toe gekom om vir
Peter te sien en miskien bietjie van die land. Nie om te werk nie."
   Sy het steeds ontsteld gelyk en om haar aandag af te lei, het ek haar gevra wat sy
doen en of sy werk. Haar antwoord het my verras. Ek het my voorgestel sy is 'n sosiale
werkster of 'n onderwyseres of iemand verbonde aan 'n rehabilitasiesentrum. Sy het 15
gelyk na iemand wat hard probeer om iets reg te kry en nooit daarin slaag nie. Die
alkoholiste wat sy probeer rehabiliteer het, het net weer begin drink, die gebroke
gesinne wat sy met welsyn en goeie bedoelinge op die pad van regskapenheid gehelp
het, het mekaar net van voor af gehaat …

7.1       Na wie verwys Bettie in reël 1?                                                     (1)

7.2       Gee 'n rede waarom Iris aanvanklik dink dat sy nie wil trou nie. Dink jy die
          vakansie by Bettie en Brian dra by tot Iris se onwilligheid om te trou?
          Motiveer jou antwoord met TWEE feite.                                               (3)

7.3       Hoe verskil die beroepe wat Bettie en Brian onderskeidelik beoefen van hulle
          persoonlikhede?                                                                     (2)

7.4       By watter tema sluit Bettie se woorde in reëls 8 en 9 aan? Dink jy Iris se
          konflik hieroor beperk haar ontwikkeling? Motiveer jou antwoord.                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         14                          DBE/November 2020
                                           SS/NSS

7.5       Die Engel vervul die rol van raadgewer in Iris se lewe (reëls 10 en 11).

          Noem TWEE voorbeelde van raad wat die Engel in Amerika vir Iris oor
          menseverhoudinge gee. Hoekom het Iris 'n raadgewer in haar lewe nodig?                 (3)

7.6       Hoe verskil Iris se beroepskeuse van haar pa se verwagting van haar?
          Gee TWEE redes waarom sy iets anders doen as wat haar pa verwag.                       (3)

                                                EN

TEKS B

"Swart met 'n geel bek. 'n Huishoudelike soort voël. Hou van mense, maak nes in
geute, stoepbalke, onder afdakke of sommer op die grond."
   "Het jy en jou broer 'n gesamentlike studie gemaak van name en die
betekenisse?" het ek gevra.
   Hy het gegrinnik en meteens nes sy broer gelyk. "Nee, dis net 'n stokperdjie."           5
   "En jou naam dan?"
   "Kom van Johan, wat Jon geword het. Ma is Johanna, wat Anna en toe Ans
geword het."
   "Ons het ook 'n Johanna," het ek vertel.
   "Een van jou susters?"                                                                   10
   "Amper."
   Hy het 'n hand vol grondboontjies geskep, teruggelê teen die bank en hulle een vir
een in sy mond gegooi. "Pa sê jy kan goël," het hy tussen twee monde vol gesê.
   "Ek weet nie waar kom hy daaraan nie."
   "Goël?" het Merel gevra. Sy het agter die rusbank op haar knieë gehurk en die            15
grondboontjies opgetel wat Jonsie mis gegooi het.
   "Sy praat met geeste," het Jonsie verduidelik. "G'n wonder Piet weet nie wat hom
getref het nie."
   Merel het haar kop skuins gedraai en vraend opgekyk na my. Sy het nogal na 'n
spreeu gelyk met haar lang, skraal lyf en blouswart hare, behalwe dat haar lippe rooi       20
was, nie geel nie. "Wat leuk," het sy opgemerk.
   "Kan jy die boeke uit die boekrak laat val?" het hy gevra.
   "Nie tensy ek die boekrak omstamp nie."

Dwarsdeur die ete het die oom my onderlangs dopgehou. Ek het so normaal moontlik
probeer optree en die gesin vergas met my ondervindinge in New York.             25

7.7       Wat gee aanleiding tot Iris se besoek in TEKS B?                                       (1)

7.8       Van watter belang is die inligting wat in reëls 1 en 2 verskaf word vir Iris se
          verhouding met Jonsie en Merel?                                                        (1)

7.9       Watter betekenis van Iris se naam het Peter tydens hul eerste ontmoeting
          gegee? Het hierdie betekenis tydens hulle ontmoeting by Iris se voorkoms
          gepas? Motiveer jou antwoord.                                                          (2)

7.10      Noem TWEE voorbeelde van Johanna se invloed op Iris se selfstandigheid.                (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                       15                        DBE/November 2020
                                         SS/NSS

7.11      Is Iris se negatiewe gesindheid teenoor haar skoonpa geregverdig? Motiveer
          jou antwoord.                                                                          (1)

7.12      Herlees reëls 7 tot 9 van TEKS A en reëls 24 tot 25 van TEKS B.

          Identifiseer die ruimtes in TEKS A en TEKS B onderskeidelik. Op watter
          wyse beïnvloed die Engel se teenwoordigheid in Iris se lewe Bettie (TEKS A)
          en Ans ("die oom" se vrou) (TEKS B) se optrede teenoor Iris?                           (4)
                                                                                                 [25]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        16                         DBE/November 2020
                                          SS/NSS

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag).

VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG

Ouma Essie se woorde en optrede het 'n bepalende invloed op Baas se siening en
uitlewing van Christenskap op Manaka.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde.                                 [25]

VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS C

   Die vark moes eers met die laaste van die eerste reeks Brindles klaarspeel voor hy
by Baas kon kom. Hulle word saam in 'n vergete plaaskerkhof in die digte reënwoude
van die Houtboschberg begrawe.
    Een van die talle legendes wat aan elke nuwe Chipmangeslag oorgedra word, wil
dit hê dat Baas later in sy lewe net een tand oorgehad het en dat hy daarmee, tot met     5
sy dood op nege en tagtigjarige leeftyd, steeds sy daaglikse el wildsbiltong geëet het.
    'n Kleinseun van die buffeljagter van Barotseland word na sy ouma Johanna se
mense vernoem en Page Chipman gedoop. Hy sluit hom by sy pa Baas en ouer broer
(ook genoem Baas) aan, en word boswerker in die inheemse woude van die Hout-
boschberg. Page trou met Grace Bosman, 'n meisie uit 'n gesiene Boerefamilie.             10
In Maart 1952 word nog 'n geslag bygevoeg toe Page en Grace Chipman se enigste
kind gebore word, die vierde geslag Chipmans, met die naam Dennis, ook met die
noemnaam Baas.
    Die jong Dennis Chipman bring smiddae ná skool en gedurende vakansies saam
met sy pa Page sy tyd deur in die woude waar die bosreuse met byle neergevel en           15
met putsae verwerk word – kiaat, mahonie, vaalbos, witstinkhout. Toe sy pa die
eienaar van 'n saagmeule word, is hy in die fabriek waar die hout verwerk word ewe
tuis as in die bos.
    Op laerskool reeds is dit duidelik dat hy, soos sy oupagrootjie, lank gaan wees,
rankerig gebou, met breë skouers wat effens vooroor buig – die tekens van 'n sterk        20
man in wording.

9.1       Watter gebeurtenis lei daartoe dat die stigter van die Manaka sendingstasie
          na Suid-Afrika terugkeer?                                                            (1)

9.2       Onder watter ander bynaam het Baas Dennis, die Buffeljagter van
          Barotseland, bekend gestaan en waarom is dié bynaam aan hom gegee?                   (2)

9.3       Dink jy Baas, die hoofkarakter, se heldeverering vir sy oupagrootjie het hom
          voorberei vir die tyd in Barotseland? Motiveer jou antwoord met DRIE feite.          (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            17                           DBE/November 2020
                                              SS/NSS

9.4       Watter karaktereienskap van Page en Grace Chipman reflekteer in die
          volgende?

          9.4.1         Baas se hantering van die mense van Manaka                                   (1)

          9.4.2         Baas se uiteindelike besluit oor die kerk op Manaka                          (1)

9.5       Aan wie erken Baas later sy negatiewe gevoelens teenoor die moordenaars
          van sy ouers? Watter TWEE feite oor dié persoon se lewensverhaal dwing
          Baas om skaam te voel oor sy eie wrokkigheid?                                              (3)

9.6       Oor watter TWEE dinge is Baas spyt as hy aan sy ouers terugdink? Dink jy
          dit is regverdig dat hy homself hieroor kwalik neem? Motiveer jou antwoord
          deur na albei sake te verwys.                                                              (4)

                                                   EN

TEKS D

   Van die rivier se kant af word die veraf gekef van die honde harder. Die trop kom
teen die bult uit. Hulle maak hoë tjankgeluide soos wanneer hulle agter prooi aan is.
   Dan sien hulle die donker figuur voor die honde uithardloop. Dit is meneer Chisupo.
Longwane hardloop langs hom. Sy keer hom na die rantjie toe aan. Baas struikel
tussen die ysterklippe deur teen die ongelykte af. Maar dit is te laat. Met sy goiingsak 5
onder die arm en sy kapmes in die hand, storm meneer Chisupo op volle vaart die
vlamme in. Hy val binne-in die hoop brandende balke. Vir 'n oomblik lyk dit of hy gaan
opstaan. Sy liggaam trek stadig agteroor. Hy ruk asof iets in hom ontplof.
   "Hoe verskriklik," sê Whitey.
   "Niemand het genoeg vir hom omgegee nie," sê Grace stil.                              10
   "Omgee, ja. Dis sendingbloed."
   Baas raak aan Grace se skouer. "Is dit wat van jou 'n Christen maak?"
   "Ja. En die weet," antwoord sy. "Die weet waar ek heengaan, hier, en in die lewe
hierna. Kom, ons moet die tyding gaan oordra."
   Die wind draai. Hulle loop verby die vuur. Die honde maal onrustig om hulle. 15
Longwane spring tjankend teen Baas op.

By Fumi roep Grace lank voor iemand uit die lapa kom.
   "Meneer Daaimon is nie by die huis nie," sê sy. "My tante Maria sê sy weet nie
wanneer hy terug sal wees nie. Miskien kan ons met die ngambela gaan praat."
   Duskant Mubuyu kry hulle die groot trop buffels in die pad.                    20

9.7       Waarvoor gebruik meneer Chisupo die kapmes en hoe lei dié gebeure tot
          Baas se aanvaarding van sy rol op Manaka?                                                  (2)

9.8       Meneer Johnnie verklaar in 'n stadium hoekom meneer Chisupo nie vir Baas
          probeer toor nie.

          Hoe bewys meneer Chisupo se dood dat meneer Johnnie reg was?                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        18                      DBE/November 2020
                                          SS/NSS

9.9       Herlees reël 10.

          Waarom is Grace se woorde 'n beskuldiging teenoor haar en Baas
          onderskeidelik?                                                                    (2)

9.10      "Omgee, ja. Dis sendingbloed." (reël 11)

          Waarom is hierdie woorde op Whitey aan die een kant en Nanna aan die
          ander kant van toepassing, maar 'n aanklag teen ds. Griesel du Pisani?             (3)

9.11      Herlees reël 7 van TEKS C en reël 20 van TEKS D.

          Wat is die naam van die leierbuffel op Manaka en hoe hou die skiet van dié
          buffel verband met die buffeljagter van TEKS C?                                    (2)
                                                                                             [25]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        19                         DBE/November 2020
                                          SS/NSS

VATMAAR – AHM Scholtz

Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag).

VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG

'n Sentrale tema in die roman is dat 'n mens mag "vat" wat nie aan jou behoort nie; dit
geld vir die Boere en Engelse gedurende die Tweede Vryheidsoorlog asook die
Vatmaar-inwoners.
Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde.                                 [25]

VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS E

    Dit was toe dat Kaaitjie agter die boomstam uitkom en laggend sê: Dit is seker ek,
Mineer.
    Hy het daar gestaan en sy bicycle vasgehou terwyl sy na hom toe aankom. Wat
kan ek vir Mineer doen? het sy gevra.
    Hy het saggies vir homself gesê: Dis sy! Dieselfde meisie met dieselfde kleur rok.    5
Maar nou kon hy sien dat die rok haar nie pas nie. Dit moet tweedehands wees. Hy
het sy hand uitgesteek en gesê: My naam is Kenny.
    Sy het gelag, en toe hy vra: En joune? sê sy: Kaaitjie.
    Hy het by homself gedink: Jy is net my Kaaitjie, te groot rok of te nie. Toe vra hy
haar waar sy die Sondag na hulle eerste ontmoeting was, en sy vertel dat dit haar         10
maandelikse Sondag af was, wanneer sy altyd haar loon kry en dit na haar Ma-Ma in
Vatmaar toe vat.
    Ek spandeer gewoontlik net vyf sjielings op kos, want as ek te veel koop, raak dit
te swaar om Vatmaar toe te dra, het sy gesê.
    En wat doen jy met die orige vyf sjielings, Kaaitjie?                                 15
    Ek gee dit vir my Ma-Ma, Mineer.
    Reken, het hy gedink. Nog so kinderlik, of eenvoudig, soos ons dit in Graaff-Reinet
noem, en in haar armoede is haar glimlag so onskuldig en eerlik. Dan kry jy tien
sjielings 'n maand? het hy gesê.
    Ja, Mineer, my Ma-Ma sê ons moet dankbaar wees vir die bietjie want as die baie       20
eendag kom, sal ons weet om dit te waardeer.

11.1     Waar het Kaaitjie en Kenneth mekaar vir die eerste keer ontmoet?                      (1)

11.2     Dink jy die sosiopolitieke omstandighede wat in Vatmaar heers, beïnvloed
         Kaaitjie se werksomstandighede? Motiveer jou antwoord met DRIE redes.                 (3)

11.3     Op watter manier veroorsaak Kaaitjie en Kenneth se verhouding vir
         Mevrou Bosman, vir Kenneth en vir Tant Wonnie onderskeidelik pyn?                     (3)

11.4     Is die tema dat 'n mens mag vat wat nie aan jou behoort nie op
         Mevrou Bosman van toepassing? Motiveer jou antwoord.                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          20                      DBE/November 2020
                                            SS/NSS

11.5     Sowel Tant Wonnie as Onie-as beleef Piet de Bruin se optrede.
         11.5.1         Gee 'n voorbeeld van Piet de Bruin se onregverdige optrede
                        teenoor Tant Wonnie en Onie-as onderskeidelik.                           (2)
         11.5.2         Op watter Tswana-manier betaal Onie-as die witman terug?
                        Betaal Tant Wonnie mense wat lelik teenoor haar optree, op 'n
                        lelike manier terug? Motiveer jou antwoord.                              (2)
11.6     Op watter TWEE maniere word Tant Wonnie se verwagting (in reëls 20 tot 21
         van "baie" wat "eendag" sal kom) waar? Watter TWEE mense maak dit
         moontlik dat Tant Wonnie beter dae beleef?                                              (4)
                                               EN
TEKS F
… maar toe loop hy agter sy nuutgevonde liefde en sy kind aan. Hy het agter haar
geloop en nie 'n woord gesê nie. Sy het voor geloop asof sy geweet het waarheen sy
gaan. Maar in haar eenvoud het sy net een ding in haar kop gehad – om nooit weer
op daardie klipstoele te sit nie.
    Party van Vatmaar het agter hulle aangeloop, soos 'n gespeende kalf agter sy            5
koeima aan loop. By die halfway-house het Suzan en Kenny gaan staan sodat hy die
baba verder kon abba en sy die sak by hom kon oorvat. Hulle het omgedraai en hulle
se hande hoog in die lug gehou en so, sonder 'n woord, gegroet.
    Boitjie Afrika en sy sokkerspan het agter in die paaitjie bly staan en nie
teruggegroet nie. Voor hy uiteindelik teruggedraai het Vatmaar toe, het hy net gesê:        10
Ek het hom liewe' gehad as my eige broe'. Al het ek hom soe kôt geken.
    Dit was die laaste keer dat Vatmaar vir Kenneth Kleinhans, Suzan en klein
Heinrich gesien of van hulle gehoor het. En Vatmaar was daarna nooit weer dieselfde
nie.
                                Suzan se eerste treinreis                                   15
Dit was Suzan se heel eerste treinreis. Kenny het byna al sy geld gebruik om vir hulle
en "onse kind", soos hulle Heinrich genoem het, derdeklas-kaartjies te koop, en om
vir sy gereedskap in die guard-van te betaal.
    Sy het gesê: Vat alles of anders moet ons weer terugkom hiernatoe.
    Kenny het net een gedagte in sy kop gehad en dié het hy probeer wegjaag: Wat            20
sal Dad en Ma sê?
11.7      Watter gebeure gee aanleiding daartoe dat Kenneth en Suzan Vatmaar vir
          goed verlaat?                                                                          (1)
11.8      Waarom was dit vir Suzan so belangrik om nooit weer op Vatmaar se
          "klipstoele" te sit nie?                                                               (1)
11.9      Op watter manier dra Kenneth tot die totstandkoming van Boitjie Afrika se
          sokkerveld by? Noem EEN ander nalatenskap in Vatmaar wat Kenneth tot
          stand gebring het.                                                                     (2)
11.10     Hoe verskil Kenneth se werksomstandighede van die inwoners van Vatmaar
          s'n? Hoe dra sy agtergrond hiertoe by?                                                 (2)
11.11     Herlees reëls 6 tot 9 van TEKS E en reëls 16 tot 21 van TEKS F.
          Watter TWEE tekortkominge van Kaaitjie (in TEKS E) diskwalifiseer haar as
          droomskoondogter vir Kenneth se ouers? Waarom is Kenneth in TEKS F so
          bekommerd oor wat sy pa en ma sal sê?                                                  (3)
                                                                                                 [25]
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                       21                         DBE/November 2020
                                         SS/NSS

ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen

Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag).

VRAAG 12: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG

Opstand teen gesag is 'n deurlopende tema in die roman.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde deur na Greg te verwys.          [25]

VRAAG 13: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS G

Hy staan hier tussen ons, maar op 'n manier is hy eenkant. Arms gevou. Sy oë
vasgenael op die donker gat in die grond.
   Skaduwees trek lang swart strepe oor die plaveisel. Stemme slaan vas teen die
geboue.
   Ons wag, asems opgehou totdat … die eerste bleek vingers oor die rand van die 5
mangat vou. 'n Kop verskyn. Kwanele hou sy hand uit, vat die Trapper s'n vas, trek
hom uit. Die jong seun kom staan voor my en vir 'n oomblik lank kyk ek hom vas in die
oë. Dan gee ek hom die geheime Lawson Kollege-handdruk. En uit die Trapper se sak
haal ek die klein flitsliggie. Die een wat ons in al die Trappers se sakke sit as hulle
geblinddoek en in die rondte getol word, voordat hulle in die mangat wegsak. Maar op 10
daardie stadium is jy so gedisoriënteerd en bang dat jy dit nie eens agterkom nie.
Jy word in die donker tonnels losgelaat, maar jy word die gereedskap gegee om jou te
help om jou pad te vind.
   Die verbasing op die Trappers se gesigte is een wat hom daarna herhaaldelik gaan
afspeel, weet ons almal. Ek glimlag. "Lux hominum vita," sê ek. "Lig is die lewe vir die 15
mensdom." Toe haal ek die doek wat om die Trapper se oë vasgebind was en wat nou
los om sy nek hang, af. Ek vou dit op en sit dit in die Trapper se ander hand. "Om te
onthou dat ons hier is om mekaar te help. Nou en in die toekoms."

13.1      Waarom is Eckardt (reël 1) hier "eenkant"? Hoekom het Eckardt vroeër die
          aand die Tonnel-seremonie vrygespring?                                               (2)

13.2      Gee 'n rede waarom Eckardt later in die roman eers saam met Greg en dan
          later sónder Greg die Tonnel gebruik.                                                (2)

13.3      Waarom lei die woorde én optrede van sy medeskoliere later in die roman tot
          Greg se innerlike konflik? Verwys in jou antwoord na hulle woorde én ook na
          hulle optrede.                                                                       (2)

13.4      Waarom is die onderstreepte sin 'n vooruitwysing na die tema van "social
          engineering"/sosiale manipulering? Hoekom is dié sin ironies met betrekking
          tot Greg se lewe ?                                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            22                         DBE/November 2020
                                              SS/NSS

13.5      Die uitvoering van Greg se woorde in reëls 17 en 18 veroorsaak later in die
          roman vir hom probleme.

          13.5.1        Met watter TWEE volwassenes ervaar Greg uiterlike konflik as
                        gevolg van sy soeke na Eckardt? Noem TWEE voorbeelde van
                        innerlike konflik wat hy as gevolg van sy soeke na Eckardt ervaar.           (4)
          13.5.2        Het Greg met sy soeke na Eckardt die skoolleuse, "Lig is die lewe vir
                        die mensdom", bewaarheid? Motiveer jou antwoord.                             (1)

                                                        EN

TEKS H

       "Toe jy vir Dok ontmasker het as die Butcher, het jy, sonder dat jy dit weet, ook
jou pa vir die honde gegooi. Met al daardie dokumente wat jy vir die polisie gegee het,
is dit net 'n hop, skip en 'n jump verder en hulle kom arresteer jou pa ook vir sy aandeel
in Project Nursery Rhyme."
       Die oomblik is soos 'n reusegolf wat my alleen op 'n strand kry, oor my breek, my 5
platvee, uitmekaarruk. Só voel dit 'n ruk lank, maar dan is dit asof dieselfde brander my
weer regop trek, of sy krag in my lyf begin opstoot; my 'n uitlaatklep gee vir my woede.
       En toe ek sien, is Eckardt op die grond. Met my vuiste wat hom tref. In die gesig.
Bloed oor my hande. Hy keer, stamp my van hom af. Ek val met my rug teen een van
die groot ysterpotte voor die galery se deur. Byt op my tande teen die seer. Nou is 10
Eckardt by my. Sy houe tref eers my bors, dan my gesig. Pyn skiet deur my kop. Ek het
lus en lê net daar dat hy my doodmaak. Dit voel amper vir my of ek dit verdien omdat
ek my pa, my eie pa, op só 'n manier in die steek gelaat het. Ek voel hoe die bloed uit
my neus stroom. Ek proe dit op my lippe, sien die nat rooi kolle op my klere wat aan my
lyf kleef.                                                                                 15
       Eckardt is sterker as wat ek gedink het. Watse woede is in hom?

13.6      Wat is Greg se pa se naam in Project Nursery Rhyme? Op watter TWEE
          maniere ondersteun Dok Pienaar se naam sy dade in die roman?                              (3)

13.7      Watter insig oor sy pa (vroeër in die gastehuis) veroorsaak dat Greg in die
          slot van die roman oor sy pa huil?                                                        (1)

13.8      Verskil Greg se "woede" (reël 7) van Eckardt se "woede" (reël 16)? Motiveer
          jou antwoord.                                                                             (1)

13.9      Dink jy Eckardt se optrede teenoor Greg kan geregverdig word? Motiveer jou
          antwoord en noem TWEE gevolge wat Eckardt se wraaksug vir die
          Owen-gesin inhou.                                                                         (3)

13.10     Op watter manier het John sy pa in die steek gelaat?                                      (1)

13.11     Herlees reëls 16 tot 17 van TEKS G en reëls 1 tot 4 van TEKS H.
          Op watter DRIE maniere is die letterlike handeling in TEKS G (reëls 16
          tot 17) op 'n figuurlike wyse van toepassing in TEKS H (reëls 1 tot 4)?                   (3)
                                                                                                    [25]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:               25

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         23                         DBE/November 2020
                                           SS/NSS

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer
het.

KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF VRAAG 15 (kontekstuele vraag).

VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG

Bespreek in 'n opstel van 400 tot 450 woorde die positiewe en negatiewe invloed wat
die milieu op die Kaapse Vlakte op Map het.                                                      [25]

VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS I

MAP:         Dit maak nie saak nie … Ek wil net daai kans hê, om te wys … lat ek 'n
             annerste man is … Ma … Sê tog vir Blanchie wat ek sê …
             Sy knik. Stilte.
MAP:         Ma lyk goed. Hoe gaan it moet Oompie Paulsen-hulle? Die band practise
             seker al vir Krismis. Ek onthou … Dis regte mense daai, Oompie Paulsen-        5
             hulle. Oompie Paulsen en Kaffi'tjie Arries, en Boytjie Louw, ek onthou al
             hulle name even! Sê vir hulle sewe jaar is 'n lang tyd, maar 'is oek 'n kort
             tyd, ek onthou al hulle name even … en Danny Delcarme, en Bêrend
             Oliphant, en Freddy, wat is sy van nou weer … en Tommy Sobotker,
             Tommy moet sy goetertjies! … Kan Ma gló, ek kom ýt, op die sewende …           10
             O ja, Freddy la Vitta …
             Sy knik.
MAP:         Ek weet Uncle Cavernelis het nooit van my gehou nie, maar sê vir hom ek
             het ge-veranner, Ma … Hy hoef nie meer te worry oor my moet Blanchie
             nie … Sewe jare. Onthou Ma nog vir Uncle Cavernelis moet sy suitcase           15
             moet die soft goods (lag 'n bietjie), die overtime-werk om ekstra geld te
             verdien, geld, geld, geld … vir 'n plot grond en 'n huis in Grassy Park, of
             even in Belhar weg van die township af … (Hy lag.)
             Antie Grootmeisie ontsteld.
MAP:         Ek het vir Uncle Cavernelis alles vergewe, sê vir hom … Hy't later gedink      20
             ek is rubbish, ek wiet. Sê vir hom ek wás rubbish, Ma, maar ek is
             annerste! (Hy pleit.)

15.1      Watter TWEE persone help vir Map in die tronk om 'n nuwe begin te kan
          maak?                                                                                  (2)

15.2      Waarom sê Map nie self vir Blanchie dat hy verander het nie?                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                       24                         DBE/November 2020
                                         SS/NSS

15.3      Wat suggereer Map met die onderstreepte woorde in reël 5 oor die
          verhouding tussen die orkeslede? Waarom is hierdie woorde van Map
          ironies ten opsigte van die orkes nádat parool aan hom toegestaan is?               (2)

15.4      Noem TWEE ooreenkomste tussen Tommy Sebotker, Cyril en Richie. Gee
          TWEE bewyse dat Cyril van Cavernelis verskil wat werk en sosiale interaksie
          onderskeidelik betref.                                                              (4)

15.5      Wie is die eerste persoon wat by Map, nádat hy op parool vrygelaat is, nuus
          aandra? Hoe sluit Map se reaksie op dié nuus by sy veranderde
          lewensbenadering aan?                                                               (2)

15.6      Wat bereik Map met die verwysing na Cavernelis in reëls 13 en 14 en
          waarom kry Map nie die geleentheid om met Cavernelis versoen te raak nie?           (2)

15.7      Het Map in reël 20 Cavernelis se betrokkenheid by Blanchie se werk in die
          masseersalon in gedagte? Motiveer jou antwoord. Gee TWEE redes waarom
          Cavernelis se dood tot die versoening tussen Map en Blanchie bydra.                 (3)

                                             EN

TEKS J

CAVERNELIS: (hard): Map!
BLANCHIE:   (ook hard): Nee! Nie Map nie! … Johnnie …
CAVERNELIS: Maar Blanchie … kind … het jy gehoor, het jy dan nie gehoor, wat
            gebeur het … Blanchie?
BLANCHIE:   Maar … Daddy … (Dan huil sy) … 'Is nie soes Johnnie nie … 'is                5
            nie …
CAVERNELIS: Bly stil!
BLANCHIE:   (ken haar pa nie só teenoor haar nie): Daddy!
            Stilte.
CAVERNELIS: Ek is … jammer … Blanchie … Maar … Dis hy …                                  10
BLANCHIE:   Daddy! … Ag, Here, Daddy …
CAVERNELIS: (stukkend): Hy's 'n … 'n misdadiger …
BLANCHIE:   Nee! Dis … dis 'n lieg! …
CAVERNELIS: Ja! (Van sy wysie af.) Ja! Ja!! Ja!! Jaa!!
BLANCHIE:   O Here God, wat het gebeur!? Daddy …                                         15
CAVERNELIS: Jy moet nou weg van hom af … weg, weg, wég van hom af …
BLANCHIE:   Daddy … Daddy! … Johnnie … Johnnie, hoekom? … Johnnie …
            Sy huil. Cavernelis nog net so, starend. Die lig verander. Cavernelis
            verdwyn, en Blanchie is by Map, in die tronk.
BLANCHIE:   (bitter): Hoekom kom ek jou nog sien!? … Hoekom … kom ek jou                 20
            nog sien!!
MAP:        Blanchie …
BLANCHIE:   Hoekom …
MAP:        Blanchie … ek …
BLANCHIE:   Johnnie …                                                                    25
MAP:        … ek het gesê ek is … sorry, man … ek …
BLANCHIE:   Johnnie …

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          25                          DBE/November 2020
                                            SS/NSS

MAP:                 … Ek wil oek iets gewies het … jy't tog ge-verstaan …
BLANCHIE:            (sluk): Okay …
MAP:                 Ek was goed op skool … Jy't … ons het … mekaar geken … op 30
                     skool …
BLANCHIE:            Johnnie …
MAP:                 Innie Elsies, jy onthou …
BLANCHIE:            (haar gemoed skiet vol): Ja …
MAP:                 Blanchie … Die varke, toe het hulle't vir my my gesê, daar's 'n job, 35
                     dis die enigste werk wat hulle vir my wil gee, vir messenger … Jy't
                     gewiet … Ons het problems gehad met geld … ek kon nie verder
                     gaan nie, net matriek … Toe's al die jobs vir wittes … Net
                     messenger vir my! …
BLANCHIE:            Johnnie …                                                            40

15.8      Waarom praat Cavernelis in reël 1 van "Map" terwyl Blanchie die man
          "Johnnie" noem?                                                                          (1)

15.9      Volgens haar woorde in reël 5 is Blanchie goedgelowig. Watter ander droom
          van Blanchie lei uiteindelik ook tot ontnugtering?                                       (1)

15.10     Herlees reël 12.

          Hoekom is Cavernelis se emosie geloofwaardig? Dink jy Cavernelis tree
          deurgaans korrek op teenoor Blanchie? Motiveer jou antwoord met TWEE
          redes.                                                                                   (3)

15.11     Is die terugflits in reëls 20 tot 40 funksioneel? Motiveer jou antwoord.                 (1)

15.12     Herlees reëls 16 tot 18 van TEKS I en reëls 38 tot 39 van TEKS J.

          Gee die politieke omstandighede in die township wat bydra tot Map se
          woorde in reëls 16 tot 18 in TEKS I en reëls 38 tot 39 in TEKS J. Hoe sluit
          TEKS I en TEKS J by die tema van die drama aan?                                          (3)
                                                                                                   [25]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           26                          DBE/November 2020
                                             SS/NSS

MIS – Reza de Wet
Beantwoord ÓF VRAAG 16 (opstelvraag) ÓF VRAAG 17 (kontekstuele vraag).
VRAAG 16: MIS – OPSTELVRAAG
Bespreek in 'n opstel van 400 tot 450 woorde die positiewe en die negatiewe invloed
wat Meisie se ouers op haar lewe het.                                                              [25]
VRAAG 17: MIS – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS K

MIEM:                Aag, nee wat, Meisie, jy is veels te nederig. Wil nooit eers geprys
                     word nie. En dan help sy my nog met die sakke. (Laggie) Maar nou
                     ja, 'n jong man is nou eenmaal so. 'n Mooi gesiggie is belangriker as
                     deugde. Maar dié het sy ook. So mooi soos 'n engel.
MEISIE:              Ma!                                                                      5
MIEM:                Jy hoef nie skaam te wees nie, Meisie. En haar hare is so lank en
                     sag. Ek wens u kon haar sien, Konstabel. 'n Fees vir die oog.
                     Miskien wil u haar hare voel? Toe, Meisie, laat die Konstabel aan jou
                     hare voel.
MEISIE:              (huilerig) Ma.                                                           10
KONSTABEL:           Dit is regtig nie nodig nie, Mevrou.
MIEM:                Sy is viets en fyn. (Suggestief) Maar haar heupe is tog breed
                     genoeg. (Kry skielik 'n blink idee) My wêreld, Gertie, ons het nog
                     nooit jou bed opgemaak nie.
GERTIE:              Ek sal dit self doen.                                                    15
MIEM:                Beslis nie. Kom, dan help ek jou.
GERTIE:              Kan dit nie wag tot later nie?
MIEM:                Nee, dit word laat. (Maak 'n betekenisvolle kopbeweging wat net
                     GERTIE kan sien) Kom nou.
GERTIE:              (baie onwillig) Nou ja, dan.                                             20
MIEM:                Meisie sal jou geselskap hou, Konstabel. Sy is 'n bietjie ingetoë maar
                     as jy haar aanmoedig, kruip sy uit haar dop. Kom, Gertie.
                     GERTIE volg MIEM. Hulle verdwyn deur die gangdeur. Die
                     KONSTABEL sit doodstil. MEISIE is ongemaklik en vroetel met haar
                     hande.                                                                   25
MEISIE:              (na 'n stilte) Ek is jammer.
KONSTABEL:           En waaroor, Juffrou?
MEISIE:              Ek weet nie wat om te sê nie. Ek is nie gewoond aan mense nie.
KONSTABEL:           Werklik, Juffrou? Kry u nie besoekers nie?
MEISIE:              Nie eintlik nie.                                                         30
KONSTABEL:           En … waarom nie? So 'n aantreklike, jong dame?

17.1      Na watter "sakke" verwys Miem in reël 2? Waarom is hierdie "sakke" die
          enigste uitweg vir Miem en Meisie?                                                       (2)

17.2      Waarom sou 'n mens vir Miem van valsheid kon beskuldig as sy Meisie in
          reëls 1 en 2 komplimenteer?                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2020/1c2a3f09-82b0-4c05-9c11-abab034e3b99) — Afrikaans HL · QP · 2020 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2023/570bfb5d-f864-4400-8cd2-30d4b1b647c7) — Afrikaans HL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2022/5354dd07-46df-4f34-b294-d451ae648a12) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2018/e7743bcd-7218-48b4-8668-8fc4d889c57a) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2016/f0c679d6-57b1-4941-a730-e09febb83a15) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2015/cdab90d4-3d84-4b91-af49-f2c24059a99e) — Afrikaans HL · QP · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
