# Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2021, 33 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2021/68169d8a-16d6-4e00-88bd-e492b3c0a492
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 33

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2021/68169d8a-16d6-4e00-88bd-e492b3c0a492)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 33 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                              AFRIKAANS HUISTAAL V2

                                    NOVEMBER 2021

PUNTE: 80

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 33 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                       2                          DBE/November 2021
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord.

2.      Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
        inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste
        wat jy bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy gedoen het en
        kies die soort vraag wat jy wil beantwoord.

3.      Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

        AFDELING A: Gedigte         (30)
        AFDELING B: Roman           (25)
        AFDELING C: Drama           (25)

4.      Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B en
        EEN in AFDELING C.

        AFDELING A: GEDIGTE
        Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
        Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.

        AFDELING B: ROMAN
        Beantwoord EEN vraag.

        AFDELING C: DRAMA
        Beantwoord EEN vraag.

5.      KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)

            Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer het.
            Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy
             die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag
             in AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B
             beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik die
             kontrolelys om jou te help.

6.      LENGTE VAN ANTWOORDE

             Die lengte van die opstel vir die gedig is 250 tot 300 woorde.
             Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400 tot 450 woorde elk.
             Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word deur die
              puntetoekenning van elke vraag bepaal. Beantwoord jou vrae bondig en
              relevant.

7.      Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

8.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                    3              DBE/November 2021
                                        NSS

9.        Beantwoord ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

10.       Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A: ongeveer 40 minute
          AFDELING B: ongeveer 55 minute
          AFDELING C: ongeveer 55 minute

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                 4                      DBE/November 2021
                                     NSS

INHOUDSOPGAWE

AFDELING A: GEDIGTE
Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
       VRAAGNOMMER                   VRAAG             PUNTE      BLADSY
1. "oupa Thomas Daniel             Opstelvraag           10          6
   Granfield"

2. "Versagtende omstandighede"    Kontekstuele vraag    10            8

3. "Wie's Hy?"                    Kontekstuele vraag    10            10

4. "Die sagte sprong"             Kontekstuele vraag    10            11
                                    EN
Ongesiene gedig: Verpligtend
5. "sondagmiddag ná ete"          Kontekstuele vraag    10            12
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.*
6. Die kwart-voor-sewe-lelie         Opstelvraag        25            14

7. Die kwart-voor-sewe-lelie      Kontekstuele vraag    25            14

8. Manaka Plek van die Horings       Opstelvraag        25            18

9. Manaka Plek van die Horings    Kontekstuele vraag    25            18

10. Vatmaar                          Opstelvraag        25            21

11. Vatmaar                       Kontekstuele vraag    25            21

12. Onderwêreld                      Opstelvraag        25            24

13. Onderwêreld                   Kontekstuele vraag    25            24

AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.*
14. Krismis van Map Jacobs           Opstelvraag        25            27

15. Krismis van Map Jacobs        Kontekstuele vraag    25            27

16. Mis                              Opstelvraag        25            31

17. Mis                           Kontekstuele vraag    25            31

*LET WEL:         Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
                  in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                   5                         DBE/November 2021
                                       NSS

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae
beantwoord het.

           AFDELING             VRAAGNOMMER             GETAL VRAE         MERK
                                                       BEANTWOORD           ()
A: Gedigte                             1–4                  2
(Voorgeskrewe gedigte)
A: Gedigte                              5                     1
(Ongesiene gedig)
B: Roman                               6–13                   1
(Opstel of kontekstueel)
C: Drama                              14–17                   1
(Opstel of kontekstueel)

LET WEL:       Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in
               AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            6                  DBE/November 2021
                                                NSS

AFDELING A: GEDIGTE

VOORGESKREWE GEDIGTE

Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

VRAAG 1: OPSTELVRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg.

oupa Thomas Daniel Granfield – Ronelda Kamfer

1         dit is vandag my oupa Thomas
2         se verjaardag
3         dit sou gewees
4         het
5         hy is dood
6         toe ek in matriek was
7         dit is al wat ek regtig van
8         matriek kan onthou

9         die oggend toe die telefoon lui
10        het my ma nie kom sê nie
11        sy en my pa het opgestaan
12        en is weg hospitaal toe

13        al die grootmense my oupa se kinders en hulle
14        mans en vroue is hospitaal toe

15        ek wou saamgaan
16        ek wou net my oupa
17        belowe dat ek okay sou wees
18        dat ek eendag 'n boek gaan skryf
19        en hom nooit sal vergeet nie en
20        dat ek die liefste vir hom was

21        my ma het 'n paar uur later
22        gebel om te sê dat ek vir my en my suster moet kos maak
23        sy het niks gesê van my oupa nie
24        haar woorde het soos vlermuise om my gevlieg

25        en ek het gewag vir iets
26        vir Pappa is dood
27        of dis verby of hy's oorlede
28        maar sy't aanhou praat oor kos
29        toe ek haar uiteindelik stop en vra
30        het die vlermuise aanhou vlieg

31        "ja, vroeg vi-oggend"

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                       7                            DBE/November 2021
                                           NSS

              2

32        die swaarste vir my was nie dat my oupa dood was nie
33        maar
34        dat die aarde aanhou draai het
35        dat ek aanhou leef het
36        dat alles wat verkeerd was nog steeds verkeerd is
37        dat ek kon slaap en wakker word
38        matriek slaag en aan 'n toekoms dink
39        die ergste van alles was dat ek alles kon doen wat
40        ek moes doen
41        en al wat ek regtig wou doen was om te huil
42        ek wou dae aaneen huil
43        ek wou sy leeftyd uithuil
44        ek wou huil vir wie hy was en vir wie hy kon wees
45        ek wou huil oor die onregverdigheid
46        en ek wou huil omdat hy regtig lief was vir my
47        en omdat ek geweet het dat hy lief was vir my

                                                            [Bron: grond/Santekraam, 2011]

In die gedig word herhaling en wisselende strofelengtes ingespan om die spreker se
emosies oor te dra.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 250 tot 300 woorde.                                   [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            8              DBE/November 2021
                                                NSS

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Versagtende omstandighede – Peter Snyders

1         Oe Here, ek hoor dis soe wonnerlik
2            innie hiemel,
3         maa Here, vergiewe,
4         die hiemel issie my soort liewe,
5         ek hou van sing en harpmusiek
6         maa ek sal lugsiek kry as ek moet vlieg.

7         En Here, dit sal hel vi my wies
8         om met niks-doen myself elke dag te vervies;
9         en sover dit die goudstrate
10            en pearly-gates betref,
11        wat baat dit?
12        Klip en teer is veels meer werd.

13        Maa Here, hou my baas asseblief tog daa
14        want waa hy nie kan exploit nie
15        is hy tog te naar;
16        en hou hom dop want sonner om te aarsel
17        sal hy stilletjies, agteraf, die engeltjies martel.

18        Ja, Here, ekket my foutjies oek
19        en waar amil perfek is
20        sal ek heeldag vloek,
21        want volle perfection en contentment
22        sal my torture tot binne-in my fonnement.

23        En dan boenop hoor ek
24        seks is yt –
25        soe stuur my aire hel toe
26        of waar ek my talent kan gebryk.
27        En as ek te goed is
28        om gebraai te word
29        laat my liewerste trug kom, Lord

30             as kunstenaar na 'n land
31        in 'n historiese tyd –
32        soes Suid-Afrika,
33        waar ek kan teer
34        op 'n tesamebeleid.

35        En tussen die revolutions
36        (hou my aanie underdog se kant)
37        sorg dat ek by Florrie
38        (vroeër mevrou Soetwater)
39        voorit te laat is, beland.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          9                             DBE/November 2021
                                              NSS

40        Laat my dan liewer hier
41        oppie aarde Iy
42        as om vir iewag in u
43        grafstienhiemel te bly.

                                                             [Bron: 'n Waarskynlike mens, 1992]

2.1       Waarna verwys die gedigtitel?                                                              (1)

2.2       Wat word met die gebruik van die "Oe" in versreël 1 bereik?                                (1)

2.3       Wat is die funksie van die vraag in versreël 11?                                           (1)

2.4       Benoem die stylfiguur wat in versreël 18 voorkom en sê wat deur die gebruik
          van "foutjies" geïmpliseer word.                                                           (2)

2.5       Watter stemming heers in versreëls 23 tot 29? Gee EEN bewys uit dié
          versreëls om jou antwoord te motiveer.                                                     (2)

2.6       Herlees versreëls 40 tot 43.

          2.6.1         Wat word 'n vierreëlige strofe genoem?                                       (1)

          2.6.2         Stem jy saam dat hierdie versreëls die gedig op 'n ironiese wyse
                        afsluit? Motiveer jou antwoord met TWEE redes.                               (2)
                                                                                                     [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         10                        DBE/November 2021
                                             NSS

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Wie's Hy? – Adam Small

1       Die poet,
2       wie's hy?
3       Djulle het so baie bek oorie poet,
4       ma wié's hy?
5       Is hy rêrag soes djulle dink
6       die ou moerie pen ennie ink
7       wat in sy study sit en poems dink?

8       Nai,
9       djulle's mistaken,
10      nie hy nie
11      ma djúlle is die poets,
12      djulle wat inni straat in loep
13      ennie gladde bek verkoep
14      ma die dinge sien
15      en soema net daa God tien hulle roep!

                                                                 [Bron: Sê Sjibbolet, 1963]

3.1     Waarom word die titel twee keer in die gedig herhaal?                                   (1)

3.2     Die gedig word inhoudelik én tipografies verdeel. Motiveer die stelling deur na
        albei aspekte te verwys.                                                                (2)

3.3     Wat word bereik met die gebruik van Kaapse Afrikaans?                                   (1)

3.4     Identifiseer die sinekdogee in versreël 13 en dui aan of dit hier 'n geslaagde
        stylfiguur is. Motiveer jou antwoord.                                                   (2)

3.5     Herlees versreëls 11 tot 15.

          3.5.1         Watter TWEE boodskappe dra die spreker oor om die algemene
                        indruk oor digters verkeerd te bewys?                                   (2)

          3.5.2         Gee die spreker vir die "poet” 'n verantwoordelikheid volgens
                        versreëls 13 tot 15? Motiveer jou antwoord.                             (1)

3.6     Word die woorde in versreël 8 en 9 in versreëls 11 tot 15 gemotiveer?
        Motiveer jou antwoord.                                                                   (1)
                                                                                                [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          11                          DBE/November 2021
                                              NSS

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Die sagte sprong – Sheila Cussons

1         Dit kom wanneer dit nie verwag
2         word nie: 'n aanraking van die verstand
3         lig soos 'n veer, vlugtig maar presies
4         en jy dink as sy ligtheid so is, so potent
5         dat die aandag nog lank daarna
6         die indruk behou, hoe moet sy vasvat wees?
7         : Dit kom wanneer dit nie verwag
8         word nie: iets wat die bewussyn tot
9         in die lewe tref, iets soos 'n sagte sprong –
10        vreugde, verbasing, vreugde, herkenning:
11        hoe moet u vasvat wees?
                                                               [Bron: Die sagte sprong, 1979]

4.1       Vervang die (eerste) "Dit" in versreël 1 met vier opeenvolgende woorde uit
          versreëls 1 tot 3.                                                                       (1)

4.2       Is die gebruik van die leestekens in versreël 7 en 8 funksioneel? Motiveer jou
          antwoord met 'n rede vir elke reël se leesteken.                                         (2)

4.3       Die gedig bevat inhoudelik kontraste en ooreenkomste.

          4.3.1         Versreëls 1 tot 6 kontrasteer inhoudelik met versreëls 7 tot 11.
                        Motiveer die stelling met TWEE redes.                                      (2)

          4.3.2         Die vergelykings wat in versreëls 1 tot 6 en versreëls 7 tot 11
                        gebruik word, hef 'n ooreenstemmende eienskap uit. Noem dié
                        eienskap.                                                                  (1)

4.4       Waarom eindig die gedig met 'n vraag?                                                    (1)

4.5       Wie is die aangesprokene in versreël 11?                                                 (1)

4.6       Benoem die beeldspraak in die titel en dui aan waarna die spreker met dié
          beeld in die gedig verwys.                                                               (2)
                                                                                                   [10]

                                             EN

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           12                               DBE/November 2021
                                               NSS

ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

sondagmiddag ná ete* – Pieter Odendaal

1         binne slaap die ouers en iemand kyk tv
2         swaels soek skuiling teen die wind
3         hulle kompasse ken die strome
4         ook die weerdiens het buie voorspel

5         twee oorskiet-tjoppies, 'n laaste skep slaai
6         en die borde val grond toe
7         messe en vurke klater
8         die tafeldoek waai weg

9         ons labrador rek sy neusgate
10        en grom onseker vir die wolke
11        wat grys getrein aanstorm

12        maar ons slaap ongeërg
13        want die werf is klein en afgekamp
14        en ons het 'n swembad

15        net die hond en die digter
16        bly onrustig boontoe kyk

          * In dié gedig wys die spreker op die mens se disrespek vir en losgemaaktheid van
            die natuurelemente wat hom/haar aan die lewe hou.

                                             [Bron: Asof geen berge ooit hier gewoon het nie, 2018]

5.1       Hoe weet jy dat die titel nie op 'n spesifieke "sondagmiddag" dui nie?                         (1)

5.2       Benoem die halfrym/klankeffek in versreël 2 en gee die funksie daarvan in
          hierdie spesifieke versreël.                                                                   (2)

5.3       Herlees versreëls 9 tot 11.

          5.3.1         Benoem die stylfiguur in versreël 10.                                            (1)

          5.3.2         Watter beeldspraak kom voor in "... die wolke wat grys getrein
                        aanstorm"?                                                                       (1)

          5.3.3         Dink jy die beeld wat in versreël 10 en 11 gebruik word, is
                        geslaagd? Motiveer jou antwoord.                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          13                         DBE/November 2021
                                              NSS

5.4       Haal die versreël uit versreëls 9 tot 16 aan waarmee die spreker die rede vir
          die mens se belangeloosheid by die reën gee.                                           (1)

5.5       Herlees versreël 15 en 16.

          5.5.1         Wat word 'n tweereëlige strofe (versreël 15 en 16) genoem?               (1)

          5.5.2         Pas die bou en die inhoud van dié versreëls by mekaar? Motiveer
                        jou antwoord.                                                            (1)

5.6       Watter boodskap dra die spreker met hierdie gedig aan jou oor?                         (1)
                                                                                                 [10]

                                                                TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        14                         DBE/November 2021
                                            NSS

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag).

VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG

Eers wanneer Iris vrede met haar naam maak, assosieer sy met die kwart-voor-sewe-
lelie.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde.                                   [25]

VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS A

    Hy het ons hande gelig tot ongeveer een sentimeter van sy lippe en "Enchante"
geprewel. Ek kon Ma se knieë hoor swik en ek self het besef Eduard was meer as net
'n fiktiewe maaksel. Pa het min gesê, maar sy stilte was nie vyandig nie. Johanna het
klong uit haar woordeskat geskrap.
    Ek dink Ma en Claude het so goed klaargekom omdat hulle 'n eenderse uitkyk op 5
die lewe gehad het. Sy was geen Pollyanna nie; sy het nie blindelings en teen alle
bewyse in geglo dat die wêreld 'n goeie plek is en mense almal edel van inbors nie; dit
was bloot dat sy die lewe vir haarself vereenvoudig het. Wat sy nie kon begryp of
verander nie, het nie bestaan nie. Moordenaars en psigopate was oor dieselfde kam
geskeer as verspotte wette en regulasies en het in die wêreld, soos sy dit ervaar het, 10
geen bestaansreg gehad nie.
    Toe ek nog op skool was, het Pa een wintervakansie gaan jag en was ons alleen.
Ma het in die middel van die nag wakker geword van 'n geluid in die sitkamer en toe sy
daar kom, was 'n inbreker besig om die platespeler te diskonnekteer.
    "Nee, nee," het sy gesê. "As jy dit doen, sal dit nie meer speel nie. My dogters sal 15
baie omgekrap wees." Onder haar besorgde oë het hy die drade teruggesit waar dit
moes wees, sy leë tas opgetel en geloop. Ma en die stertkwispelende Polder, toe nog
'n jong hond, het saamgestap en die hekkie agter hom toegemaak.

7.1       Gee 'n rede waarom Claude se andersheid binne die Suid-Afrikaanse milieu
          'n probleem kan veroorsaak.                                                            (1)

7.2       Wat impliseer Iris met die onderstreepte woorde in reël 2 en 3?                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           15                         DBE/November 2021
                                               NSS

7.3       Kara het 'n verhouding met Claude.

          7.3.1         Watter rede voer Elsa aan waarom sy Kara en Claude se
                        verhouding nie goedkeur nie?                                               (1)

          7.3.2         Is Elsa se siening van Kara en Claude se verhouding onnodig
                        negatief? Motiveer jou antwoord.                                           (1)

          7.3.3         Dink jy Elsa se uitspraak oor Kara en Claude se verhouding is
                        ironies? Motiveer jou antwoord.                                            (1)

7.4       Watter ander karaktereienskap van Pa, 'n introvert, kan jy aflei uit die feit dat
          hy min praat? Gee 'n voorbeeld uit die roman wat bewys dat hy, ná sy
          aftrede, aan hierdie karaktereienskap getrou bly.                                        (2)

7.5       Wat doen Johanna wat haar meerderwaardigheid teenoor Claude aandui?
          Waarop dui haar latere versoek dat Ma vir haar 'n Franse kookboek moet
          koop?                                                                                    (2)

7.6       Johanna is deel van Iris en haar gesin se lewe.

          7.6.1         Watter rol speel Johanna in Iris se lewe?                                  (1)

          7.6.2         Sou dit 'n invloed op die afloop van die roman hê indien Johanna
                        nie in Iris se lewe betrokke was nie? Motiveer jou antwoord.               (1)

7.7       Herlees reëls 15 tot 18.

          7.7.1         Watter stemming heers in hierdie reëls?                                    (1)

          7.7.2         Noem nog DRIE geleenthede waar Ma se optrede tot dieselfde
                        stemming bydra.                                                            (3)

                                                  EN

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           16                           DBE/November 2021
                                               NSS

TEKS B

    "En nou?" het Joe gevra.
    "Nou groet ons."
    Joe het sy skouers opgehaal. "Waar kan ek jou kontak?" Ek het die naam van my
hotel genoem en in die verte gestaar sodat hy kon sien ek is klaar gesels. Met 'n
effense buiging het hy toegegee, rats oor die reling gespring en weggeloop tussen             5
die voetgangers.
    "Dit moes jy nie gedoen het nie," het die man langs my deur 'n mond vol kos gesê.
    "Wat moes ek nie gedoen het nie?"
    "Jou adres gegee het."
    Ek het verlangend na die halfgeëte hamburger in sy hand gekyk. "Waar het jy dit           10
gekry?"
    Hy het sy kop geknik in die rigting van 'n karretjie wat in 'n stoomwolk gehul onder
'n blou en rooi sambreel gestaan het. Ek het geld uit my handsak gehaal en wou net
opstaan toe hy dit by my vat. "Dieselfde?" het hy gevra en sy eie broodjie in die lug
gehou.                                                                                        15
    "Asseblief."
    Toe ons weer langs mekaar sit, het hy met die agterkant van sy hand oor sy mond
gevee en na my gekyk. "Ken jy hom?" het hy verbaas gevra.
    Ek het my storie vertel.
    "En jy was dan so bang om vermoor te word?" het hy gesê.                                  20
"En dan foeter jy saam met die eerste die beste man wat jou optel. Waar is jou
kêrel?"
    "Vasgevang in die sneeu. En ek moes stewels kry," het ek myself verweer.
    "En die foto's? Wat gaan hy met die foto's maak?"
    Ek het gesug. "Ek weet nie."                                                              25

7.8       Iris ontmoet vir Joe in New York.

          7.8.1         Uit watter verleentheid red Joe vir Iris tydens hulle eerste
                        ontmoeting?                                                                 (1)

          7.8.2         Watter rol speel Joe as newekarakter in die roman?                          (1)

7.9       Iris ontwikkel in New York 'n besondere verhouding met die taxibestuurder,
          Billy.

          7.9.1         Wat erken Iris ten opsigte van haar lewensuitkyk teenoor Billy?             (1)

          7.9.2         Tree Billy as vreemdeling positief teenoor Iris op? Motiveer jou
                        antwoord met TWEE redes.                                                    (2)

7.10      Waarom is die onderstreepte woorde van Billy (reël 21) ten opsigte van Iris en
          Peter se verhouding waar?                                                                 (1)

7.11      Waarom is Iris se huwelik met die "kêrel" (reël 22) 'n antiklimaks?                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         17                         DBE/November 2021
                                             NSS

7.12      Herlees TEKS A reëls 15 tot 18 en TEKS B reëls 17 tot 19.

          7.12.1        Watter ooreenstemmende karaktereienskap toon Ma en Iris?                (1)

          7.12.2        Noem TWEE geleenthede uit          die   roman     wat    hierdie
                        karaktereienskap by Iris bewys.                                         (2)
                                                                                                [25]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                       18                            DBE/November 2021
                                           NSS

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag).

VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG

In Manaka, Plek van die horings, inspireer Dennis Chipman – die oupagrootjie – baie
van Baas se aksies sedert sy kinderjare.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde.                                   [25]

VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS C

    "Laat my toe om in my eie taal duidelik vir jou te sê hoe ek voel: Loop. En bly
asseblief van my af weg."
    Meneer Johnnie bêre die dryfas onder die seil waar die bootmateriaal is. Hy vra of
daar nog iets is wat hy kan doen.
    Baas verwilder hom.                                                                 5
    Grace se vingers vleg vinniger. "Die man wat nou hier voor my staan en praat, is 'n
ander man," sê sy toe die klein mannetjie met sy skouer teen die reën van Manaka af
weg loop. "As jy nie weet wie jy kan slegsê en wie nie, sal jy nie jou pontboot
klaarmaak nie. Ook nie die werk waarvoor jy hiernatoe gestuur is nie."
    "Ek is nie hiernatoe gestuur nie. Ek is op my eie hier. Hou nou op met hierdie 10
deuntjie en sê my: Watter belang het jy by my? Wat wil jy van my hê?"
    "Ek wil jou help. Jy het my lewe gered."
    "Moenie dink ek is ondankbaar ná alles wat jy vir my gedoen het nie. Maar ek sal
dit waardeer as jy nie verder vir my wys jy is dankbaar dat ek jou lewe gered het nie."
    "Dit kan miskien 'n week wees, dan is jou gedagtes weer net so sterk soos toe jy 15
teen die siekte baklei en gewen het. As jy nie die saak met meneer Mosko en met die
khuta regmaak nie, sal dit 'n moeilikheid wees wat by jou sal bly wanneer jy al lankal
gesond is."
    "Ek sal my eie probleme oplos, dankie."

9.1       Wat is Grace besig om te vleg (reël 6) en waarom vleg sy dit?                          (2)

9.2       Dink jy dit is reg dat Baas sy woede op Grace uithaal? Motiveer jou
          antwoord.                                                                              (1)

9.3       Watter ander persoon het herhaaldelik aan Baas genoem dat hy met 'n doel
          Manaka toe gestuur is?                                                                 (1)

9.4       Noem DRIE waardevolle feite oor die Lozi-tradisies wat Baas en die
          sendelingpaar op Manaka leer.                                                          (3)

9.5       By watter tema van die roman sluit Baas se onderstreepte woorde in reël 10
          aan?                                                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          19                         DBE/November 2021
                                              NSS

9.6       Herlees reël 12.

          9.6.1         Waarom sê Grace hierdie woorde vir Baas?                                 (1)

          9.6.2         Het Grace tot in hierdie stadium op Manaka haar dankbaarheid op
                        'n sinvolle manier teenoor Baas bewys? Gee TWEE redes vir jou
                        antwoord.                                                                (2)

9.7       Reëls 16 tot 18 verwys na die khuta.

          9.7.1         Hoekom veroorsaak die khuta dat Baas by sy volgende ontmoeting
                        met hulle besluit om Manaka te verlaat?                                  (1)

          9.7.2         Watter invloed het dié besluit van Baas (VRAAG 9.7.1) op die
                        onmiddellike toekoms van die sendingstasie op Manaka?                    (1)

9.8       Herlees Baas se woorde in reël 19.

          9.8.1         Watter TWEE karaktertrekke van Baas kan jy uit sy woorde aflei?          (2)

          9.8.2         Hoekom is hierdie woorde van Baas ironies?                               (1)

                                                 EN

TEKS D

   "Bolena!" sê Baas in die taal van die maats uit sy kindertyd. "Le a tshwenya!"
   "Wat sê jy?" vra ouma Essie verontwaardig.
   "Julle! Julle pla!" vertaal Baas.
   "Dis nie nodig om vir my te sê wat jy gesê het nie! Dis nie ons wat jou pla nie. Ke
Modimo, lesogana. Dit is die Here, jongman," sê sy in die taal van haar kinderjare.    5
   Baas onthou die dag onder die worsboom, ná die vergadering met die sendelinge,
toe dit gelyk het of ouma Essie se kierie nie sterk genoeg is nie en hy haar opgehelp
het. Die drome wat die kinders van die Here droom, is die drome wat Hy vir hulle gee
om te droom, het sy daardie dag gesê.
   Ouma Essie stuur Grace om Griesel en meneer Johnnie te gaan roep. Baas sit die 10
vasmaaktoue vir die kerk se balke op die Land Rover. Die honde loop druipstert terug
na hulle koelteplekke toe. Hulle weet hulle gaan nie saam nie.

Met die vat van die winter leer Baas en ouma Essie vir Grace biltong maak. Die
blouwildebeestroppe wat noordwaarts trek vir hulle jaarlike migrasie op die
vloedvlaktes van Liuwa, word meer. Tussen die hoekbakens kom ook die koppe van 'n 15
swartwitpens, 'n bastergemsbok, 'n waterbok en 'n koedoebul met 'n volle twee en 'n
halwe draai in sy wye horings.
   Wanneer die tyd vir jag min is, karwei Grace vir Baas met haar mukolo oor die rivier
waar die rietboktroppe langs die inhamme en systrome loop. Die vleis word stuk-stuk
oor die stiller water geroei.                                                           20

9.9       Waarmee is Baas besig toe ouma Essie hom kom pla?                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          20                        DBE/November 2021
                                              NSS

9.10      In watter TWEE opsigte is die worsboom (reël 6) vir Baas 'n skakel met sy
          oupagrootjie?                                                                         (2)

9.11      Sou dit die verloop van die roman beïnvloed as ouma Essie (reëls 6 tot 9) nie
          by Baas betrokke geraak het nie? Motiveer jou antwoord met TWEE redes.                (2)

9.12      Herlees TEKS C reëls 13 en 14 en TEKS D reëls 18 tot 20.

          9.12.1        Watter karakterontwikkeling vind by Baas plaas vanaf TEKS C tot
                        TEKS D? Noem TWEE aspekte.                                              (2)

          9.12.2        Om watter TWEE redes vind hierdie karakterontwikkeling plaas?           (2)
                                                                                                 [25]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         21                           DBE/November 2021
                                             NSS

VATMAAR – AHM Scholtz

Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag).

VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG

Omdat Sus Bet, Oom Chai en Kenneth Kleinhans omgeemense is, verbeter hulle die
lewe van die Vatmaar-inwoners.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde.                                    [25]

VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS E

Om 'n lang storie kort te maak: Oom Chai het teruggekom Vatmaar toe met 'n
pragtige meisie, Bettie, en 'n babaseun van agtien maande. Bettie was kort en nie dik
nie. Sy het die lyf van 'n jong meisie gehad, wat sy ook was. Sy het 'n meisiestem,
swart hare en bruin oë gehad, en 'n gesig vol fyn sproetjies.
    Later het ons gehoor die kind se pa is een van Oom Steven se seuns, 'n getroude 5
man met kinders. Bettie was 'n weeskind en sy het vir die vrou in die kombuis gewerk.
    Ons het nooit geweet wat gebeur het en hoe dit gebeur het nie. Oom Chai het glo
net die baba opgetel en die kind het van hom gehou, 'n ding wat hom nog nooit
vantevore oorgekom het nie. Omdat hy nie 'n erfgenaam gehad het nie, het Oom Chai
se mense geweet hy is 'n welaf oujongkêrel van Vatmaar. Hulle het bymekaargekom 10
om die onaangenaamheid in die familie te bespreek, en na hulle hom 'n gat in die kop
gepraat het, het hy ingestem om Bettie en die babaseun saam met hom terug te vat.
    Toe hulle vir Bettie sê die oujongkêrel is welaf en hy wil haar met hom saamvat om
'n vader vir die babaseun te wees, het sy ja gesê: Ja, maar hy moet eers met my trou.
    En sy wou ook nie in die kerk trou nie maar met 'n spesiale lisensie voor die 15
magistraat, sodat sy die mense op Vatmaar die papier kon laat sien wat sê sy is oupa
se wettige vrou.

11.1     Met watter spesifieke doel gaan Oom Chai Vrystaat toe?                                   (1)

11.2     Gee TWEE redes waarom die huwelik met Bettie vir Oom Chai 'n
         antiklimaks is.                                                                          (2)

11.3     Noem DRIE faktore wat daartoe bydra dat Oom Chai se verjaardag so
         feestelik is.                                                                            (3)

11.4     In reëls 7 tot 9 blyk dit dat Oom Chai 'n slag met kinders het.

          11.4.1        Hoe lewer Oom Chai 'n positiewe bydrae tot die vestiging van
                        Afrikaans?                                                                (1)

          11.4.2        Lewer Oom Chai 'n bydrae tot die opvoeding van die kinders van
                        Vatmaar? Motiveer jou antwoord met TWEE redes.                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          22                        DBE/November 2021
                                              NSS

11.5     Herlees die onderstreepte sinsdeel in reël 11 en 12.

         11.5.1         By watter tema van die roman sluit die onderstreepte sinsdeel
                        aan? Noem nog TWEE temas in die roman wat op Oom Chai
                        betrekking het.                                                         (3)

         11.5.2         Dink jy Oom Chai se rede vir die huwelik is opreg? Motiveer jou
                        antwoord.                                                               (1)

11.6     Gee TWEE redes waarom Oom Chai ryker as die ander Vatmaar-
         inwoners is.                                                                           (2)

                                                EN

TEKS F

Die jong mense het 'n nuwe paaitjie verby Oom Chai se agterdeur na die halfway-
house toe uitgetrap. Met die verbygaan het hulle stadiger geloop om te kyk of hulle
Bettie kan sien of om haar te groet en 'n paar woorde te praat. Na 'n ruk het die
bicycle-ryers ook dié kortpaaitjie gebruik en Oom Chai het snags pendorings in die
middel van die paaitjie geplant om hulle wiele te puncture.                          5
    Sy grootste fout was om 'n gramophone te koop, want daarna was die voorkamer
al voor sononder vol jong mense. Hulle het daarvan gehou om met Job, die kleintjie,
te speel, en partykeer het hulle vir Bettie gesê hy lyk nes Oom Chai – wat waar was,
want dieselfde bloed het in hulle se are gevloei.
    Oom Chai wou altyd 'n gentleman wees. Hy het die deur vir Bettie oopgehou. As 10
die tee ingebring is, het hy haar koppie eerste van die skinkbord getel en vir haar
gegee. Maar wat sy nie kon verdra nie, was dat as sy op 'n stoel gesit het en daar
was jong manne in die buurt, hy haar roksoom afgetrek het asof hy nie wou hê hulle
moet haar knieë sien nie. As hy dan weg was, het die kêrels met hulle oë vir haar
gewys sy moet die rok weer opskuif.                                                  15
    Dit was nie lank voor Oom Chai nie meer die laat nagte kon vat nie. Want sy lyf
was nou eenmaal 'n ou lyf, en hy wou elke dans met sy vrou dans. Hy het nie daarvan
gehou dat die seuns met haar dans nie.

11.7      Watter skinderstorie oor Oom Chai se voorkoms hou verband met sy liefde
          vir Bettie se kind, Job?                                                              (1)

11.8      Hoe word die leser se siening van Oom Chai deur die onderstreepte sindeel
          in reël 4 en 5 beïnvloed?                                                             (1)

11.9      Hoekom is Bettie se reaksie op Oom Chai se gentleman-maniere (reël 10)
          ironies?                                                                              (1)

11.10     Hoe dra Boitjie, een van Vatmaar se inwoners, by tot innerlike en uiterlike
          konflik by Oom Chai?                                                                  (2)

11.11     Sou dit 'n verskil aan die afloop van Oom Chai en Bettie se huwelik gemaak
          het indien Oom Chai nie die gramophone gekoop het nie? Motiveer jou
          antwoord met TWEE redes.                                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         23                        DBE/November 2021
                                             NSS

11.12     Herlees TEKS E reël 13 en 14 en TEKS F reël 10 en 11.

          11.12.1       Tot watter TWEE insigte kom Oom Chai oor sy verhouding met
                        Bettie?                                                                (2)

          11.12.2       Hoe dra Bettie daartoe by dat Oom Chai van sy vriende vervreemd
                        raak?                                                                  (1)
                                                                                               [25]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          24                         DBE/November 2021
                                              NSS

ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen

Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag).

VRAAG 12: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG

Die titel, Onderwêreld, is op verskillende aspekte van Greg se matriekjaar van
toepassing.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde deur na Greg te verwys.             [25]

VRAAG 13: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS G

    "Nicksie, ek moet nou gaan," keer ek haar in die middel van 'n sin.
"VRL-vergadering." Vreemd hoe die leuens nou so maklik kom.
    Ek sit in my kamer. Kyk net na die muur oorkant my asof dit die antwoord hou vir
die gemors waarin ek myself laat beland het.
    Die polisie het toe niks in die stormwaterpype gekry nie. Nie waarvan ek weet nie,        5
altans. As daar iets was, sou die storie al in die koshuisgange rondgeloop het.
    'n Klop aan die deur. Kwanele.
    "Kwanele, ek kan nie nou nie."
    "Just give me a moment." Hy staan vas in die deur.
    "Kom in," sug ek.                                                                         10
    "There are lots of rumours going around." Hy haal diep asem. Sy gesig ernstig.
"I don't know what is true and what is not. And I know we haven't been getting along.
But if you need any help – anything – you've got my support. That's what we promised
each other when we were Trappers. I keep my promises. Always. Okay?"
    Ek knik. "Thank you, Kwanele. I appreciate it. Really." Ek voel soos 'n weggooihond       15
toe hy loop.
Ek is vrek bang, maar ek weet ek moet die een of ander tyd huis toe bel. Ek sit seker 'n
halfuur lank met my selfoon in my hand, my ma se nommer op die skerm, maar ek
druk nie die groen knoppie om die konneksie te maak nie. My hand bewe. My hart ook.
Ek wil my ma nie teleurstel nie. Sy het soveel hoop vir my; 'n anderste hoop as my pa.        20

13.1      Herlees reël 3 en 4.

          13.1.1        Watter "gemors" in Greg se matriekjaar veroorsaak dat hy vir die
                        eerste keer 'n wiskundetoets druip?                                       (1)

          13.1.2        Is Greg reg as hy voel hy het homself in die "gemors" laat beland?
                        Motiveer jou antwoord.                                                    (1)

          13.1.3        Watter moontlike gevolg hou hierdie "gemors" vir Greg se pa in?           (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         25                           DBE/November 2021
                                             NSS

13.2      Herlees reël 5.

          13.2.1        Waarom is die stormwaterpype/waterafvoerpype belangrik vir die
                        behoud van Lawson Kollege se tradisie?                                    (1)

          13.2.2        Hoe dra die stormwaterpype/waterafvoerpype tot Eckardt se
                        verdwyning by?                                                            (1)

13.3      Watter rol speel die newekarakter, Kwanele, in reëls 7 tot 10?                          (1)

13.4      Watter DRIE karaktereienskappe van Kwanele kan jy uit sy woorde aan Greg
          in reëls 9 tot 14 aflei?                                                                (3)

13.5      Herlees reël 20.

          13.5.1        Watter verskillende verwagtinge het Greg se ma en sy pa
                        onderskeidelik vir hom?                                                   (2)

          13.5.2        Op watter TWEE maniere beïnvloed die omstandighede in die
                        ouerhuis mev. Owen se verwagting van Greg?                                (2)

13.6      Watter DRIE feite deel Greg met sy ma as hy haar uiteindelik skakel?                    (3)

13.7      Sou dit die afloop van die roman beïnvloed indien Greg vir sy ma in hierdie
          stadium al die inligting oor Dok Pienaar vertel het? Motiveer jou antwoord.             (1)

                                                     EN

TEKS H

    Dit is die wêreld waarin ons nou leef – en sterf. Mense dink dit is net politici wat nie
hul hande van geld kan afhou nie. Dat mense net met gewere en geweld vermoor word.
Maar agter die blink glasmure van party maatskappye skuil die skimme van die white
collar crime.
    "Ek moet jou pa bel," sê Ma aan die etenstafel. Sag. Haar skouers bewe, sak 5
vorentoe. Ek weet hy gaan haar verkwalik as sy dit nie doen nie. Hoe jammer kry ek
haar nie, om staande te probeer bly teen Pa se woorde. Sy het haar oudste seun
verloor, maar sy bly op haar voete. Sy hou haar ken hoog as sy tussen mense kom.
Hulle weet nie hoe naby haar pyn nog lê nie. Maar ék weet. Ek sien hoe sy eintlik regtig
huil, skuldig voel, as sy voorgee sy lag. Ek kan nie anders as om te wonder wat sy 10
maak met daardie seer as niemand kyk nie.
    "Dis oukei," sê ek. "Bel hom." Pa moet tog ook hiervan weet. Dis onregverdig om die
ding langer alleen op my ma te pak en te verwag sy moet dit óók dra.
    Daardie aand, alleen in my kamer, bel ek vir Nicole.
    "Nicksie, ek is lief vir jou," sê ek. En toe vertel ek ook die res.                      15
       Die volgende oggend aan die ontbyttafel lyk my ma rustiger. Sy vat my hand. Druk
dit, glimlag. Ek voel ook beter omdat ek weet dinge is nou nie meer in mý hande nie.

13.8      In watter ruimte bevind Greg en sy ma hulle in TEKS H?                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           26                      DBE/November 2021
                                               NSS

13.9      Herlees reëls 1 tot 4.

          13.9.1        Dink jy 'n mens kan, na aanleiding van hierdie reëls, vir Greg
                        daarvan beskuldig dat hy onnodig negatief oor die wêreld is?
                        Motiveer jou antwoord.                                                 (1)

          13.9.2        By watter tema sluit hierdie reëls aan?                                (1)

13.10     Watter TWEE maatskappye word in reël 3 geïmpliseer?                                  (2)

13.11     Herlees reël 17.

          Stem jy saam dat hierdie gevoel van verligting wat Greg ervaar, ironies is?
          Motiveer jou antwoord.                                                               (1)

13.12     Herlees TEKS G reël 2 en TEKS H reël 15.

          13.12.1       Greg vertel sy leuens in TEKS G "maklik". Watter waarheid oor
                        Dok Pienaar vertel hy, volgens jou, hier (TEKS H reël 15) vir
                        Nicole?                                                                (1)

          13.12.2       Sluit dié waarheid (VRAAG 13.12.1) by die skool se leuse aan?
                        Motiveer jou antwoord.                                                 (1)
                                                                                               [25]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:           25

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 27

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        27                         DBE/November 2021
                                            NSS

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF VRAAG 15 (kontekstuele vraag).

VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG

Mister Cavernelis, Map Jacobs en Willy la Guma reageer verskillend op die
omstandighede wat in die township heers.

Bespreek elkeen se handelinge/reaksies in 'n opstel van 400 tot 450 woorde.                    [25]

VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS I

TWEE:           O! (Dan aan EEN.) 'Is die Star of the Redemption! Hulle practise al vir
                Krismis! Dan loep hulle mos!
EEN:            Star of the wát?!
DRIE:           Redemption, man!
'N ANDER:       Star of the Redemption ...                                                5
EEN:            O! Maar hulle practise darem vroeg al vi'jaar!
DRIE:           Well, Oompie Paulsen wil hê al die koppe moet hulle kant toe kom
                vi'jaar ...
STEM:           Seker so ...
                Die orkes speel. Die mense praat.                                         10
                Die lig verander. Blanchie verskyn, mooi aangetrek, op pad uit. Ons
                sien vir Maud by 'n venster bo, van waar sy na onder loer.
TOMMY:          Hello, Blanchie.
BLANCHIE:       (traag om hom te groet): O, hello, Tommy ...
TOMMY:          Ek sê, Blanchie, jy moet maar yt-watch, jong.                             15
                Sy antwoord hom nie, stap verby.
                Die orkes stem instrumente op die agtergrond. Die kerrimspelers giggel
                en raak moveerderig met Blanchie wat straataf beweeg.
TOMMY:          Sorry, Blanchie, ek't dit nie so ge-bedoel nie, man ...
CYRIL:          Stýle, nè, sy't darem stýle, sê'k nie!                                    20
RICHIE:         Lekke'!
                Blanchie verdwyn.
CYRIL:          Have a nice time! ...
                Hulle speel.
CYRIL:          Seker weer op pad wêk toe! ...                                            25
                Speel.
CYRIL:          Wêk toe! Sê'k nie! Lonely hearts! Massage parlour! Fancy names!
RICHIE:         Okay, man ...

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 28

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         28                        DBE/November 2021
                                             NSS

TOMMY:          Hoe mien julle?
CYRIL:          Jy wiet mos, man, hoe act jy so of jy ignorant is?                       30
TOMMY:          Nei, hoe mien jy?
CYRIL:          Okay, hoe kom jy dan nou so vir haar op? Hè?
                Stilte.
CYRIL:          Omdat Map Jacobs nou ytkom en ammal moet nou beginne cover-up!?
TOMMY:          Moet nou nie mean wies nie, man ... 'is nie onse biesagheit nie ...      35
CYRIL:          Aag, Tommy, jou ou skinnerbek! Come off it, man! (Lag.) 'Is like nie jou
                biesagheit nie, imagine!
RICHIE:         Maar daai's nou nie nodig nie, man ... Los 'it af ...
CYRIL:          What for?
TOMMY:          Los 'it af, ja ...                                                       40

15.1      Wie het voorheen die saksofoon in die Star of the Redemption bespeel?                  (1)

15.2      Gee TWEE redes waarom die naderende "Krismis" so vroeg in die drama
          genoem word.                                                                           (2)

15.3      Die orkesnaam word in reëls 1 tot 5 genoem.

          15.3.1        Stem jy saam dat die herhaling van "Redemption" (reël 4) met
                        betrekking tot die orkes se naam effektief is? Motiveer jou
                        antwoord.                                                                (1)

          15.3.2        Waarom is die orkeslede van "Star of the Redemption" se optrede
                        teenoor Map, ná afloop van sewe jaar in die tronk, ironies?              (1)

15.4      Herlees die skuinsgedrukte woorde in reëls 10 tot 12.

          15.4.1        Wat noem 'n mens die skuinsgedrukte woorde?                              (1)

          15.4.2        Gee TWEE funksies van dié kursiefgedrukte woorde.                        (2)

15.5      Watter handeling in reëls 10 tot 16 suggereer dat die Cavernelis-gesin dink
          dat hulle beter as die ander inwoners in die township is?                              (1)

15.6      Herlees reël 27.

          Stem jy saam dat Cyril se woorde met sy karakter ooreenstem? Gee TWEE
          redes vir jou antwoord.                                                                (2)

15.7      Gee 'n rede waarom TEKS I deel van die eksposisie van dié drama is.                    (1)

                                                EN

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 29

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           29                        DBE/November 2021
                                               NSS

TEKS J

LA GUMA:    (All over again, Mister Cavernelis ... in this ... wasteland ... Hierso waar
            daar niks direction is nie, man, hierso waar hulle vir jou, en vir my, en
            vir al onse families, in-geforce het ... Group areas ...
CAVERNELIS: Maar dis hoekô ons hierso wil yt ...
LA GUMA:    So ons ammal soek 'n identity, 'n direction ... Kyk maar Map Jacobs se 5
            tattoos, man ... daai's 'n search vir identity!
MAUD:       (verskyn self by die venster): Cavernelis-darling, now really!
CAVERNELIS: Ek is nóú daar, Maudie ...
LA GUMA:    O, good evening, missus Cavernelis ...
MAUD:       Evening? Evening? It's the bloody dead of night, mister La Guma!             10
LA GUMA:    (aan Cavernelis): 'n Mens moet belong ... by hook or by crook ...
            somehow ... That's the secret of living, believe me ... to belong, man ...
            Die lig verdof.
            Good night, mister La Guma ...
CAVERNELIS: Lig doof uit.                                                                15

                     Elf

                     Blanchie, Maud en Cavernelis in hul flat.

MAUD:       (gooi haar hande op): Well, so there you have it!
CAVERNELIS: (heeltemal uit die veld geslaan): Maar ... maar Maudie ... Blanchie ...
            Blanchie, met 'n stuk papier – 'n brief in haar hande. Sy huil.
BLANCHIE:   'Is nie wáár nie ...                                                      20
MAUD:       Maar 'it is wáár! You've read the letter, my dear ... Now stop crying,
            sweetheart, crying won't help ...
            Blanchie huil.
CAVERNELIS: (hulpeloos): Maar ... ek het nie gekan dink ...
MAUD:       (wreed): Maar jy't nooit gekan enigiets nie, Cavernelis-darling! Of 25
            course het jy nie gekan dink ... (Sy lag, sinies. Cavernelis bek-af.)
            Blanchie, that's life, my sweetheart ... that's people, man ... You trust
            them, you trust them, you do things for them, an' they ... just dump you,
            like that! (Sy beduie.) Trust me, I've been through it all ...
CAVERNELIS: Die vuilgoed ...                                                          30

15.8      Watter TWEE maatskaplike omstandighede veroorsaak dat Cavernelis uit die
          "wasteland" wil wegtrek?                                                               (2)

15.9      Herlees reël 4.

          15.9.1        Op watter TWEE maniere beïnvloed Cavernelis se obsessie om
                        weg te trek Blanchie se verhouding met hom in die slot van die
                        drama?                                                                   (2)

          15.9.2        Waarom slaag Cavernelis nie in sy doel om weg te trek nie?               (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2021/7bdd34ac-0ea8-45ae-9033-ffd66428cf13) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2021/54f8cdfd-5b2e-4cb9-a51e-0ac6aa4c408b) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2021/bd0848ce-447c-46d0-8bdd-1169e8e62e6e) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2023/570bfb5d-f864-4400-8cd2-30d4b1b647c7) — Afrikaans HL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2022/5354dd07-46df-4f34-b294-d451ae648a12) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2018/e7743bcd-7218-48b4-8668-8fc4d889c57a) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
