# Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2022 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2022, 29 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2022/5354dd07-46df-4f34-b294-d451ae648a12
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 29

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2022/5354dd07-46df-4f34-b294-d451ae648a12)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 29 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                            AFRIKAANS HUISTAAL V2

                                 NOVEMBER 2022

PUNTE: 80

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 29 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                       2                          DBE/November 2022
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord.

2.      Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
        inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste
        wat jy bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy gedoen het en
        kies die soort vraag wat jy wil beantwoord.

3.      Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

        AFDELING A: Gedigte         (30)
        AFDELING B: Roman           (25)
        AFDELING C: Drama           (25)

4.      Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B en
        EEN in AFDELING C.

        AFDELING A: GEDIGTE
        Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
        Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.

        AFDELING B: ROMAN
        Beantwoord EEN vraag.

        AFDELING C: DRAMA
        Beantwoord EEN vraag.

5.      KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)

            Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer het.
            Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy
             die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag
             in AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B
             beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik die
             kontrolelys om jou te help.

6.      LENGTE VAN ANTWOORDE

             Die lengte van die opstel vir die gedig is 250 tot 300 woorde.
             Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400 tot 450 woorde elk.
             Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word deur die
              puntetoekenning van elke vraag bepaal. Beantwoord jou vrae bondig en
              relevant.

7.      Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

8.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                    3              DBE/November 2022
                                        NSS

9.        Beantwoord ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

10.       Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A: ongeveer 40 minute
          AFDELING B: ongeveer 55 minute
          AFDELING C: ongeveer 55 minute

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                     4                      DBE/November 2022
                                         NSS

INHOUDSOPGAWE

AFDELING A: GEDIGTE

Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAGNOMMER                           VRAAG                PUNTE      BLADSY
1. "Wie's Hy?"                       Opstelvraag             10          6

2. " 'n brief van hulle vakansie"     Kontekstuele vraag    10            7

3. "besoekersboek"                    Kontekstuele vraag    10            9

4. "Twee kleuters in die              Kontekstuele vraag    10            10
   Vondelpark"
                                       EN
Ongesiene gedig: Verpligtend
5. "Ek skryf ..."                     Kontekstuele vraag    10            12

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord EEN vraag.*
6. Die kwart-voor-sewe-lelie             Opstelvraag        25            13

7. Die kwart-voor-sewe-lelie          Kontekstuele vraag    25            13

8. Manaka Plek van die Horings           Opstelvraag        25            16

9. Manaka Plek van die Horings        Kontekstuele vraag    25            16

10. Vatmaar                              Opstelvraag        25            19

11. Vatmaar                           Kontekstuele vraag    25            19

12. Onderwêreld                          Opstelvraag        25            21

13. Onderwêreld                       Kontekstuele vraag    25            21

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord EEN vraag.*
14. Krismis van Map Jacobs             Opstelvraag          25            24

15. Krismis van Map Jacobs          Kontekstuele vraag      25            24

16. Mis                                Opstelvraag          25            27

17. Mis                             Kontekstuele vraag      25            27

*LET WEL:         Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
                  in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                   5                         DBE/November 2022
                                       NSS

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae
beantwoord het.

                 AFDELING                VRAAG-         GETAL VRAE         MERK
                                         NOMMER        BEANTWOORD           ()
A: Gedigte                                 1–4              2
(Voorgeskrewe gedigte)
A: Gedigte                                    5               1
(Ongesiene gedig)
B: Roman                                     6–13             1
(Opstel of kontekstueel)
C: Drama                                   14–17              1
(Opstel of kontekstueel)

LET WEL:       Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in
               AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        6                          DBE/November 2022
                                            NSS

AFDELING A: GEDIGTE

VOORGESKREWE GEDIGTE

Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

VRAAG 1: OPSTELVRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg.

Wie's Hy? – Adam Small

1      Die poet,
2      wie's hy?
3      Djulle het so baie bek oorie poet,
4      ma wié's hy?
5      Is hy rêrag soes djulle dink
6      die ou moerie pen ennie ink
7      wat in sy study sit en poems dink?

8      Nai,
9      djulle's mistaken,
10     nie hy nie
11     ma djúlle is die poets,
12     djulle wat innie straat in loep
13     ennie gladde bek verkoep
14     ma die dinge sien
15     en soema net daa God tien hulle roep!

                                                                 [Bron: Sê Sjibbolet, 1963]

In hierdie gedig gebruik die spreker stylfigure, retoriese middele en tipografie om die
verkeerde sienings oor digterskap reg te stel.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 250 tot 300 woorde.                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          7                              DBE/November 2022
                                              NSS

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

'n brief van hulle vakansie – Breyten Breytenbach

vir oubaas:

1      Noudat ek uitgeswel van lyf is kan ek treur
2      oor die eelte van my vader, die lugoë van my ma,
3      die skamel offerandes van hulle gebede as hulle my
4      op die knieë van hul Gij Here God lê;

5      noudat ek agter 'n baard kou kan ek huil
6      as hulle snags my naam fluister met die ruite
7      donker knippende oë in die wind, oor die visolie
8      vir my griep, die ingelegde perskes (albertas) op die rak

9      In sy sestigste jaar swem my pa in Stilbaai se see
10     en stap myle ver oor die sand met sy reguit bene
11     in 'n kortbroek en speel krieket op die duine
12     en eet alikruikels in die Sea View-losieshuis

13     want hy's 'n bokser dokter boer
14     'n kaptein en 'n held 'n indoena tussen grysaards ‒
15     En as die reën soos 'n gesluierde bruid oor die see kom
16     word die lieflinghond (Trixie) lam;

17     drie dae veg die veearts en buig dan die knie
18     en hulle dra die lyk terug na Kafferskuilsrivier
19     die plaas van hulle jong liefde en plant die saad
20     'n soenoffer in die diep grond se skoot

21     want nou is hulle minnaars
22     stil bome in die najaar met die wind
23     strelende drome in die takke
24     onder komete leeftye lang wêrelde

25     My ooms sterf soos kapok in die son
26     hartaanval beroerte kanker en tering
27     en my pa word stiller en meer verskriklik
28     van dop tot dop

29     Hier waar die harde winters en nat somers
30     my lyf ongenaakbaar skil, treur ek oor
31     die soet hart van my moeder
32     my pa se stil en bitter krag
                                                           [Bron: die ysterkoei moet sweet, 1964]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          8                           DBE/November 2022
                                              NSS

2.1       Skryf DRIE opeenvolgende woorde uit versreël 1 en 2 neer wat aandui dat die
          spreker 'n volwassene is.                                                               (1)

2.2       Herlees versreëls 1 tot 12.

          Toon aan dat die spreker se fokus in versreëls 9 tot 12 verander én skryf neer
          hoe hierdie veranderde fokus by die titel van die gedig aansluit.                       (2)

2.3       Benoem die beeldspraak in versreël 22. Watter beeld uit versreëls 17 tot 20
          kontrasteer met dié beeld?                                                              (2)

2.4       Watter aanduiding is daar in die gedig dat sy ma 'n "soet hart" (versreël 31)
          het?                                                                                    (1)

2.5       In watter opsig sluit die laaste versreël by die subtitel aan?                          (1)

2.6       Wat is die tema van hierdie gedig? Dink jy herhaling word in die gedig gebruik
          om dié tema te versterk? Motiveer jou antwoord met TWEE voorbeelde.                     (3)
                                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                             9                            DBE/November 2022
                                                 NSS

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

besoekersboek – Fanie Olivier

1        op die sel se mure het iemand uitgekrap
2        (of liewer: íngekrap): sy naam en al die dae
3        van sy duskantse verblyf. gaan mens op stap
4        deur duikweë stasies onder brûe bly draai die vrae

5        wie was dié peter? waar kom pam vandaan?
6        hoe het die vriendskap tussen brian en ed begin?
7        sou w.a.l. se ouers hom meer as normaal geslaan
8        het? hoe lank het lieb sy liesbet bly bemin?

9        ek loer na hiërogliewe. 'n boer het my gewys
10       waar jagtonele oorgebly het teen die krans.
11       vóór in die gideons se bybel is 'n lang lys
12       lesers wat hul teen sterflikheid probeer verskans.

13       'n kind hoes seer; 'n lam huil stomgemaak. ek skraap
14       moed bymekaar: ek was hier en hier het ek geslaap.

                                                                          [Bron: Skimmellig, 1978]

3.1       Gee die letterlike en figuurlike betekenis van die titel.                                    (2)

3.2       Herlees versreël 1 en 2.

          3.2.1         Noem TWEE maniere waarop "íngekrap" in versreël 2 tipografies
                        uitgehef word.                                                                 (2)

          3.2.2         Is dit effektief dat "uitgekrap" (versreël 1) na "íngekrap" (versreël 2)
                        verander word? Motiveer jou antwoord.                                          (1)

3.3       Herlees versreël 3 en 4.

          Waarom is die enjambement aan die einde van reël 3 funksioneel?                              (1)

3.4       Daar kom ironie in versreël 11 en 12 voor. Motiveer hierdie stelling.                        (1)

3.5       By watter TWEE opeenvolgende woorde in versreëls 1 tot 4 sluit "hier"
          (versreël 14) aan én waarom is die herhaling van "hier" doeltreffend?                        (2)

3.6       Versterk die afwesigheid van hoofletters in die gedig die tema? Motiveer jou
          antwoord.                                                                                    (1)
                                                                                                       [10]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          10                         DBE/November 2022
                                              NSS

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Twee kleuters in die Vondelpark – Elisabeth Eybers

 1        Twee kleuters in die Vondelpark bly staan
 2        'n klein oneindigheid lank hand-in-hand.

 3        Smetloos geteken dryf die dubbelswaan:
 4        gesplete hart van hals en dubbelhals,
 5        geskulpte vlerk met dubbelvlerk teenaan,
 6        geslote snawel deinserig vervals
 7        met eenkant lug en water anderkant.

 8        Versadig van die roerlose gesig
 9        pluk hy – die seuntjie – plotseling aan haar hand
 10       vir verdergaan, sleep haar tot ewewig
 11       as sy nog strompelend omkyk na die swaan.

 12       Verby die bome druis die straatrumoer.

 13       Van skopfiets tot trapfiets gepromoveer,
 14       bromfiets tot motor, sal hy konstateer
 15       – die wiel sy ordeteken – dat hy lid
 16       is van die kollektiewe Lilliput.

 17       Maar sý sien webbe onderwater roer.

 18       Miskien is dit die laaste dag van staar
 19       en grondelose verwondering. Wat sou
 20       hý, weerloos wordend, wees oor dertig jaar?
 21       'n Saaklike barbaar, 'n fyn sadis,
 22       'n doktrinêre Hollandse meneer?
 23       En sý 'n druk slagvaardige mevrou
 24       met 'n allure van dit-is-soos-dit-is?

 25       Die swaan bly oor sy dubbelbeeld gekeer.

                                                                        [Bron: Balans, 1962]

4.1       In versreël 1 en 2 kom harmonie op 'n letterlike én geïmpliseerde vlak voor.

          4.1.1         Wat dui aan dat daar harmonie tussen die twee kleuters heers?             (1)

          4.1.2         Watter ánder harmonie word ook in hierdie versreëls geïmpliseer?          (1)

4.2       Watter woord(e) in versreëls 3 tot 5 skep die idee dat volmaakte harmonie net
          skyn is?                                                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           11                         DBE/November 2022
                                               NSS

4.3       Watter klankeffek kom in versreël 12 voor? Is dié klankeffek funksioneel
          gebruik? Motiveer jou antwoord.                                                          (2)

4.4       Watter stemming heers in versreël 1 en 2 asook in versreël 25? Haal die
          versreël waarin die stemming verbreek word, aan.                                         (2)

4.5       Herlees versreëls 18 tot 25.

          4.5.1         Dink jy die suggestie van die woord "miskien" is effektief? Motiveer
                        jou antwoord.                                                              (1)

          4.5.2         Die suggestie word in die daaropvolgende versreëls versterk, maar
                        in die slotreël weerspreek. Bewys die stelling.                            (2)
                                                                                                   [10]

                                             EN

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        12                         DBE/November 2022
                                            NSS

ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Ek skryf ... – Pieter-Louis Myburgh

1       As ek skryf is ek die blommeverkoper
2       Ek's die sakeman, die bergie* en die perlemoenstroper

3       As ek skryf is ek die sirkusnar
4       Ek's die prokureur wat leuens met die waarheid verwar

5       Ek skryf om die samelewing se sukkel te stroop
6       – probleme wat ophoop in bundels verkoop

7       Maar ek skryf ook om sonstrale in ink vas te vang
8       waar 'n luislang wat lui is na winter verlang

        *bergie: iemand wat in die berg/op straat woon/slaap

                                                                    [Bron: Penseel, 2006]

5.1       Wat noem ons tweereëlige strofes soos dié in hierdie gedig?                             (1)

5.2       In watter opsig is elk van die DRIE metafore in versreël 2 verteenwoordigend
          van die Suid-Afrikaanse samelewing?                                                     (3)

5.3       Waarom beskou die "ek" hom/haar in versreël 3 as 'n "sirkusnar"?                        (1)

5.4       Benoem die halfrym in versreël 5 én dui aan waarom dit funksioneel is.                  (2)

5.5       Herlees versreël 5 en 6.

          Is dit 'n geloofwaardige afleiding dat die "ek" hom/haar in die gedig met 'n
          "perlemoenstroper" identifiseer? Motiveer jou antwoord met TWEE redes.                  (2)

5.6       Watter retoriese middel word gebruik om die titel te ondersteun?                        (1)
                                                                                                  [10]

                                                                TOTAAL AFDELING A:                30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           13                        DBE/November 2022
                                               NSS

AFDELING B: ROMAN
Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.
DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker
Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag).
VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG
"Nee. Sonder Peter kan ek tog nie werklik klaarkom nie."
"Nou ja, waarom vra jy dan?"
Ek was self nie seker nie. "Goedkeuring, miskien."
Iris is 'n slagoffer van haar eie onsekerheid (soos bogenoemde aanhaling toon).
Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde.                                    [25]

VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS A

   "Dié keer is dit 'n donker enetjie," het hy vir Ma gesê toe sy die kombersies van my
gesig terugvou dat hy kan sien hoe ek lyk.
   "Heeltemal anders," het Ma saamgestem.
   Ek is spyt dat ek toe nog nie my verstand gehad het nie, want ek sou daarvan
gehou het om op daardie punt 'n paar aanmerkings te maak. Soos dat die lig my oë 5
seermaak of dat ek moeg was ná so 'n wurgende ondervinding. Miskien sou ek selfs
kon besin het oor die doeltreffendheid van die geboorte – was daar nie 'n beter manier
om die eerste lewenslig te aanskou nie? 'n Meer omgewingsvriendelike metode nie?
   My susters het die volgende middag na my kom kyk. Hulle was nie beïndruk nie en
het eintlik net gekom om Ma te sien en hulle leeslesse hardop vir haar te lees soos 10
hulle gewoond was.
Waarom my ma my Iris wou noem, het ek nooit uitgevind nie. My twee mooi susters
was toe reeds na sowel vaders- as moederskant vernoem. My pa het somtyds gespot
en gesê die Iris was van pas omdat ek perserig was by geboorte en my arms en bene
oor die verpleegster se hande geflap het toe sy my vir hom kom wys. Toe ek klein was, 15
het ek saamgelag, maar in my diepsinnige puberteit het ek geswyg en my gesit en
verwonder oor hulle domheid. Die iris was tog ook deel van die oog, en in daardie
stadium het ek myself nie slegs as diepsinnig beskou nie, maar as ook besonder
skerpsinnig.

7.1       Waarom was Iris se pa nie tydens haar geboorte teenwoordig nie?                         (1)
7.2       "Heeltemal anders," het Ma saamgestem. (Reël 3)
          7.2.1         Dink jy dit is regverdig dat Iris reeds van haar geboorte af as
                        "anders" deur haar ouers beskryf word? Motiveer jou antwoord.             (1)
          7.2.2         Hoe ontsnap Iris uit die werklikheid waarin mense haar nie ernstig
                        opneem nie?                                                               (1)
          7.2.3         In die afloop van die roman maak Iris vrede met die werklike lewe.
                        Motiveer hierdie stelling.                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           14                       DBE/November 2022
                                               NSS

7.3       "Waarom my ma my Iris wou noem, het ek nooit uitgevind nie." (Reël 12)

          7.3.1         By watter tema sluit Iris se blomnaam aan?                                (1)

          7.3.2         Waarom is Iris 'n slagoffer van haar naam?                                (1)

          7.3.3         Wat is Peter se aanvanklike siening oor Iris se naam en hoe lei
                        haar naam later in die roman tot konflik tussen hulle?                    (2)

7.4       Waarom vind Iris dit nodig om in reël 12 en 13 te noem dat haar susters
          familiename gehad het? Gee TWEE redes vir jou antwoord.                                 (2)

7.5       Dink jy Iris se naam het werklik 'n invloed op haar lewe? Motiveer jou
          antwoord met TWEE redes.                                                                (2)

                                                  EN

TEKS B

    Peter het gesê hy skei my as ek met antieke Chinese begin praat. Die Engel het hy
aanvaar omdat die Engel nie opdringerig is of my tyd in beslag neem nie maar as ek by
Die Spieël wil aansluit, moet ek my koffers pak. Ek het belowe ek sal dit in gedagte
hou. Om te moet kies tussen Peter en die voorvadergeeste is geen keuse nie.
    Dit is nou laatsomer en ek en Johanna sit saam op ons kombuisstoeltjies in die 5
hoek van die skadutuin. Dis halfsewe en ons hou die lelie dop. Toe ek nou-nou opkyk,
het ek Die Engel deur die ondertuin sien sweef. Hy hou daarvan om laatmiddae in die
tuin te wees. Miskien kommunikeer hy met die plante of versterk hy sy onsterflike siel
sodat hy krag het vir ons latere argumente. Ek weet nie.
   "Dan sal ons seker maar so saam oud word," sê Johanna vir my toe sy met 'n steun 10
langs my kom sit.
    "Jy word vet," sê ek. "Jy gaan nie ou bene maak as jy nie oppas nie."
    "Ek is gesond vir my jare," sê sy gebelg.
    Ek sit my hand op haar knie om te wys ek bedoel dit nie regtig nie en Polder kyk
van die een na die ander en dan na die lelie wat met bultende knop roerloos voor ons 15
staan.
    "Ek hoop nie hy's weer laat nie," sê Johanna. "Ek wil nie die kos vir Peter verbrand
nie."
    "Wees geduldig," sê ek. "Dis amper tyd."

7.6       Waarom besluit Iris dat sy Peter bo haar fantasiewêreld verkies?                        (1)

7.7       In watter opsig verander Iris se houding teenoor die Engel en hoekom is
          hierdie veranderde houding verstaanbaar?                                                (2)

7.8       Iris is in hierdie teks tevrede met die ruimte waarin sy haar bevind. Waarom is
          dit ironies?                                                                            (1)

7.9       Herlees reël 4 en 5.

          Watter TWEE keuses, vroeër in Iris se lewe, veroorsaak onmin tussen Iris en
          haar geliefdes?                                                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        15                        DBE/November 2022
                                            NSS

7.10      In watter opsig verskil Johanna en die Engel se sienswyses oor Iris se
          blomtyd?                                                                            (1)

7.11      Van watter belang is die slotwoorde in die roman (reël 19) ten opsigte van
          Iris? Dink jy die slot is geslaagd? Motiveer jou antwoord met TWEE redes.           (3)

7.12      Herlees TEKS A reëls 12 tot 19 en TEKS B reëls 14 tot 19.

          7.12.1     Hoe verskil Iris se aanvanklike siening van haar blomtyd met haar
                     siening in die afloop?                                                   (1)

          7.12.2     Watter TWEE aspekte van karakterontwikkeling blyk uit Iris se
                     slotwoorde in TEKS B?                                                    (2)
                                                                                              [25]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            16                         DBE/November 2022
                                                NSS

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse
Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag).
VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG
"Die drome wat die kinders van die Here droom, is die drome wat Hy vir hulle géé om
te droom, jongman ..."
Hierdie woorde van Ouma Essie word eers vir Baas waar toe hy van sy eie drome
afstand doen.
Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde.                                      [25]

VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS C

Hy weet ook dat hy langs sy bed op 'n biesiemat lê en dat hy baie warm kry.
   Sy ma kon net jou kop in haar hande vat, dan voel jy sommer beter, onthou hy.
   Daar is iemand by hom. Hy draai sy oë stadig. Is dit die vrou vir wie hy die
malariapille gegee het kort voordat hy siek geword het? wonder hy. Sy sit met haar
bene onder haar ingevou op die kleivloer, 'n eenvoudige kolletjiesrok oor haar knieë            5
getrek.
   Hoe lank lê hy al hier?
   "Kan ek help?" Sy stem klink vir hom soos die newels wat voor sy oë swem. Wat
sóék sy in sy huis?
   "Ek het gehoor dat jy malaria het, meneer Baas. Miskien kan jy my nog onthou.                10
My naam is Grace," sê sy in foutlose Engels.
   "Ek is nie goed met name nie," fluister hy. "Watter dag is dit vandag?" Die geroep
van die moerasfiskale kom en gaan. Hy moet al sy wilskrag inspan om hulle nie te
verloor nie. Hy kan nie goed sien nie. Is daar vliese voor sy oë?
   "Dit is Donderdag."                                                                          15
   "Hoe lank sit jy al hier?"
   Sy het Maandag gekom, sê sy. Die honde wou haar nie naby die huis toelaat nie.
Sy het vir hulle vleis gekoop by die bosslaghuis. Hulle was honger. Van die rietbok wat
hy geskiet het, was niks meer oor nie. Dit is die lang hond met die stekelrige hare, die
swart teef, wat die langste geneem het om aan haar gewoond te raak.                             20

9.1       In watter ruimte bevind Baas hom in reël 1?                                               (1)
9.2       Kan Baas in hierdie uittreksel as 'n slagoffer van sy omstandighede beskou
          word? Motiveer jou antwoord.                                                              (1)
9.3       "Kan ek help?" (Reël 8)
          9.3.1         Wie is die eerste persoon vir wie Baas tydens sy ontdekking van
                        Barotseland help én watter invloed het dit op sy onmiddellike
                        toekoms?                                                                    (2)
          9.3.2         In watter opsig lei sy hulpvaardigheid tot innerlike konflik by Baas
                        en wie help hom uiteindelik om dié konflik op te los?                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           17                         DBE/November 2022
                                               NSS

9.4       "Wat sóék sy in sy huis?" (Reël 8 en 9)

          9.4.1         Is dit geregverdig dat Baas so humeurig is? Motiveer jou antwoord.        (1)

          9.4.2         Vir watter ander mense vra Baas later in die roman 'n soortgelyke
                        vraag? Watter verband is daar tussen hierdie mense en Baas se
                        oupagrootjie?                                                             (2)

9.5       " 'My naam is Grace,' sê sy in foutlose Engels." (Reël 11)

          9.5.1         Waarom is Grace se noemnaam en haar stamnaam vir die intrige
                        van die roman geslaagd? Verwys na beide haar name in jou
                        antwoord.                                                                 (2)

          9.5.2         Watter karakter aanvaar dat Baas se boot na Grace (Tibelelo)
                        Mulambwa vernoem is?                                                      (1)

9.6       In watter opsig het Baas se houding teenoor Grace stelselmatig gedurende
          die roman verander en waarom is hierdie veranderde houding verstaanbaar?                (2)

9.7       Watter DRIE waarhede oor Barotseland se mense leer Grace vir Baas?                      (3)

                                                  EN

TEKS D

   "Ja, hy was 'n doperige ou Christen," sê Whitey. "Left, right and centre. Dis net
jammer hy het nie sy skoonpa ook gedoop nie, dan kon dinge dalk vir hom beter
geloop het. Maar nou sit ek jou hier en verveel met stories oor my voorgeslagte. En
eintlik is daar 'n ander rede hoekom ek jou kom sien het, Baas." 'n Klippie skiet weg.
   "Jy moet asseblief nie dink ek druk jou omdat ek met die Land Rover gehelp het 5
nie. Dit is nie so nie, al lyk dit so. Ek help mense omdat ek daarvan hou om hulle te
help, nie omdat ek iets terug verwag nie. Dis 'n familiekwaal. Ek is hier omdat ek in die
moeilikheid is ... bietjie finansiële probleme ... Om te hoor of jy dalk sal kan voorskiet.
Ek kan sekuriteit gee ..." Sy oë is voor hom op die grond.
   "Ek dink nie jy druk my nie, Whitey. Ek dink net jy is by die verkeerde adres."          10
   "Daar is 'n goeie kontrak vir hout wat moet afkom. Die ouens kan nou enige tyd die
geld op die tafel sit. Dis miskien net vir 'n maand of twee, op die heel langste. Wat sê
jy? Ek het 'n paar klippies. Dis tog goeie sekuriteit."
   "Verkoop dit," sê Baas.
   "Dis die probleem. Ek het nie kontakte daarvoor nie, en 'n man moet mos maar fyn 15
trap met dié soort ding." Hy skiet nog 'n klippie weg.
   "Jammer, Whitey. Ek het niks om jou in ruil te gee ..."

9.8       Waarna verwys Whitey in reël 2 en watter invloed het hierdie insident later
          op Baas?                                                                                (2)

9.9       Dink jy Whitey verveel Baas regtig (in reël 3)? Motiveer jou antwoord met
          TWEE feite.                                                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        18                       DBE/November 2022
                                            NSS

9.10      Op watter manier help Whitey vir Baas direk nadat Baas van malaria herstel
          het?                                                                               (1)

9.11      By watter tema van die roman sluit reëls 8 tot 10 aan?                             (1)

9.12      Herlees reël 18 en 19 in TEKS C en reël 1 en 2 in TEKS D.

          Beide Grace en Whitey vervul die rol van voorsiener in Baas se lewe.
          Motiveer die stelling met verwysing na beide Grace en Whitey.                      (2)
                                                                                             [25]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           19                         DBE/November 2022
                                               NSS

VATMAAR – AHM Scholtz
Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag).
VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG
"... om skoon te lewe was vir haar die vernaamste ding."
Tant Wonnie en haar dogters se doen en late in Vatmaar word deur hulle waardes
bepaal (soos bogenoemde aanhaling toon).
Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde.                                     [25]
VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS E

En daar het die drie grand ou ladies van Vatmaar, Ouma Lewies, Sus Bet en
Tant Wonnie, gestaan met hulle se wit voorskote aan en beste kopdoeke op.
    Mineer de Bruin en Miesies de Bruin het aangery gekom met hulle Ford en naby
die kerk sit en wag vir die domanie en die ouderlinge van die Pan om aan te kom.
Hulle het opgedaag – vier mans en vier vrouens, die mans het swart pakke gedra en 5
die vroue hulle beste hoede. Toe hulle uit hulle twee karre klim, het Mineer de Bruin
hulle met die hand gaan groet. Hulle het stilgestaan en 'n paar woorde gewissel. Toe
het die domanie voor hulle uitgeloop na waar Oom Chai en Oom Flip op hulle gewag
het, Oom Chai met sy familiebybel (wat hy gesê het ouer is as hyself en in die eerste
Afrikaans geskryf – waarmee hy Hoog-Hollands bedoel het) in 'n syslopie.              10
    Die gezoem van die mense het opgehou.
    Die domanie het Oom Chai en Oom Flip gegroet en hulle hande gevat. Hy het 'n
paar woorde gesê en toe verder geloop. Die ander gaste het agterna gekom en die
twee groot manne gegroet. Daarop het Oom Chai sy hand gelig as 'n teken dat die
vuur aangesteek kan word.                                                             15
   Voor die toe kerkdeur het die domanie die sleutel van 'n jong dogter ontvang. Daar
was twee jong dogters, albei kaalvoet en in wit rokke. Met sy arms omhoog het die
domanie hardop gebid en onse kerk geseën en die deur oopgesluit.

11.1      Vir watter geleentheid kom die mense hier bymekaar?                                      (1)
11.2      Herlees reël 1 en 2.
          11.2.1        Watter afleiding kan jy maak oor die Vatmaar-mense se gesindheid
                        teenoor die drie dames uit die feit dat hulle as "die drie grand ou
                        ladies van Vatmaar" genoem word?                                           (1)
          11.2.2        Het dié drie "grand ou ladies" dieselfde waardes as Vatmaar se
                        mense? Verwys in jou antwoord na Sus Bet en Tant Wonnie
                        onderskeidelik.                                                            (2)
11.3      Danksy Oom Chai gee Du Toitspan se gemeente vir Vatmaar 'n kerk.
          11.3.1        Is dit regverdig dat Vatmaar vir die kerkterrein moet betaal?
                        Motiveer jou antwoord.                                                     (1)
          11.3.2        Watter DRIE voorwaardes, wat die moedergemeente stel, het op
                        Oom Chai betrekking?                                                       (3)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         20                       DBE/November 2022
                                             NSS

11.4      Wat het Oom Chai en Oom Flip (reël 12) onderskeidelik vroeër gedoen wat
          nie respek verdien nie? By watter tema sluit hulle dade aan?                         (3)

11.5      Waarom is die Vatmaar-inwoners én die gaste se klere sprekend van die
          milieu waarin die twee groepe mense hulle onderskeidelik bevind?                     (2)

11.6      Wie is eerste uit die kerk op Vatmaar begrawe? Is dit gepas dat hierdie
          persoon se begrafnis die eerste een was? Motiveer jou antwoord.                      (2)

                                            EN

TEKS F

    Toe die baba aan die slaap raak, bly Suzan by die venster uitkyk sonder om oor die
dag van môre te dink. Met haar hand op Kenny se knie. Hy was haar eerste liefde, en
net soos hy oor haar gedink het, dink sy oor hom: Ek wil altyd naby jou wees. Ek het
liefde gevind en ek gaan dit vashou.
    Ouboet, sê sy want sy kon die naam nie afleer nie, onthou jy toe ons kliniek toe 5
gegaan het, het ek soos altyd die lantern aangesteek sodat dit nie donker moet wees
as ons by die huis terugkom nie? Ek was so trots op daai lantern want dit was die heel
eerste ding wat rêrig myne was. Ek het die bodeur oopgelos en ek wou nie teruggaan
om dit te gaan toemaak nie, onthou jy? So toe die wind so skierlik opkom, het dit
natuurlik eers die lantern aan die spyker laat rondswaai en dit toe afgewaai. Die 10
paraffien het die vuur laat sprei. Dit is wat gebeur het en dit is wat Broer gesien het.
Daai lamp en die wind het ons alles laat verloor.
    Ek het ook al my kop gebreek oor wat kon gebreek het, sê Kenny. Dankie dat jy die
geheim van ons ramp opgelos het, my Alles. Maar ons het darem nie alles verloor nie,
ons het nog steeds mekaar, my Als – en hy het haar kop met altwee sy hande 15
vasgehou en haar lank gesoen.
    Onder hulle het die treinwiele oor die laste in die ysterstawe geklop.

11.7      Waarheen is Suzan en Kenny op pad? Watter innerlike konflik beleef Kenny
          oor die ontvangs by hulle eindbestemming?                                            (2)

11.8      Hoekom is Suzan se trots op die lantern ironies? Motiveer jou antwoord.              (1)

11.9      Nadat Tant Wonnie se huis afgebrand het, was Vatmaar nooit weer dieselfde
          nie. Watter TWEE redes kan jy gee om hierdie stelling te motiveer?                   (2)

11.10     Waarom het die kliniek (reël 5) Kaaitjie se naam én watter verband is daar
          tussen Kaaitjie en die baba in reël 1?                                               (2)

11.11     Herlees reël 1 en 2 in TEKS E en reël 1 en 2 in TEKS F.

          11.11.1       Watter ooreenstemmende karaktereienskappe het Suzan en
                        Tant Wonnie?                                                           (2)

          11.11.2       Dink jy Tant Wonnie het 'n bydrae gelewer tot Suzan en Kenneth
                        se verhouding? Motiveer jou antwoord.                                  (1)
                                                                                               [25]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            21                           DBE/November 2022
                                                NSS

ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen

Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag).

VRAAG 12: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG

"Goed dan ... hier is die password: social engineering, Greg. Dis reg ja. Die grootste
social engineering attack wat jy in jou lewe sal teëkom. En jy was die victim!"

In die roman het Eckardt se valsheid 'n invloed op Greg (soos bogenoemde aanhaling
toon).

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde.                                        [25]

VRAAG 13: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS G

    Maar die woorde kom nie verby sy droë keel nie.
    Sy pa kyk na hom. 'n Spiertjie ruk bo-kant sy oog. Die verstarde ooglede beweeg
nou.
    Gaan sy pa huil? Hy het hom nog nooit sien huil nie.
    Sy pa vou die pistool toe in die lap. Sy hande bewe.                                    5
    "Gaan ... gaan slaap nou, my seun," stamel hy en trek 'n lessenaarlaai oop.
Tydsaam druk hy die pistool daarin. Daarna strek hy sy vingers uit na 'n geel koevert
wat op die tafelblad lê. Maar voor hy dit kan raak vat, kyk hy op. Sy gesig is natgehuil.
    Die seun staan net daar, sy een hand steeds op die deurknop.
    "Dis oukei, ek belowe," sê sy pa. "Ek ... ek sal nie ... " Die stilte word 'n spons wat 10
die woorde moet indrink. Jy moet nie vir jou ma vertel nie. Oukei? Dis ons geheim." Sy
mondhoek trek skeef toe hy probeer glimlag. "Gaan slaap nou."
    Die seun se hand gly van die deurhandvatsel af en val langs sy sy. Hy sê steeds
niks nie, maar binne in hom weerklink sy pa se stem.
    Toe hy omdraai en kamer toe stap, hoor hy sy pa sê: "Nag. Lekker slaap ..." Sy pa 15
sê sy naam, maar hy hoor dit nie. Sy naam los op in die donker. Verdwyn.
    Maar dit is goed so, want jare later sou hy vir homself 'n ander naam kies. Een
waarmee hy die vrees kon uitdryf. 'n Naam wat sê hoe dit voel om magteloos te wag
vir antwoorde ...

13.1      Binne watter ruimte bevind die seun en sy pa hulle?                                         (1)

13.2      Waarom is daar 'n rukkende spiertjie bokant die man se oog (reël 2)?                        (1)

13.3      Herlees reël 4.

          13.3.1        In watter opsig sluit hierdie reël by die titel van die roman aan?            (1)

          13.3.2        Is hierdie pa 'n slagoffer van sy omstandighede? Motiveer jou
                        antwoord.                                                                     (1)

          13.3.3        Wanneer het Greg sy pa vir die eerste keer sien huil?                         (1)
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         22                         DBE/November 2022
                                             NSS

13.4      Herlees reël 11.
          13.4.1        Is dit regverdig teenoor Eckardt dat sy pa van hom verwag om
                        hierdie gebeure geheim te hou?                                           (1)
          13.4.2        Watter DRIE geheime oor Greg se pa word in die afloop van die
                        roman geopenbaar?                                                        (3)
13.5      Lees die volgende twee aanhalings:
          "... maar binne in hom weerklink sy pa se stem." (Reël 14)
          "Sy naam los op in die donker. Verdwyn." (Reël 16)
          Op watter manier sluit hierdie TWEE aanhalings by Eckardt se latere
          kuberkrakernaam, Ekk-0, aan?                                                           (2)
13.6      Dink jy Eckardt het jare later werklik "magteloos" (reël 18 en 19) vir antwoorde
          gewag? Motiveer jou antwoord met TWEE redes.                                           (2)
                                                EN
TEKS H

   Maar dis of die computer in my brein ge-crash het en ek nou in Safe Mode
opgeboot is.
   "Ma, sal Ma na Pa kyk? Ek moet vir inspekteur Cele bel." Dis nie oor my pa dat ek
nou vir haar wil kontak nie. Sy, sersant Botha en die ander polisie-eenhede wat
betrokke gaan raak, sal mettertyd van hom uitvind. Ek kan dit nie keer nie. "Ek moet 5
haar vertel van Ekk-0."
<html>
<body>
<h><b>LOGOFF</B></H>
<P> Om af te teken van 'n rekenaar nadat jy dit gebruik het.</p>                             10
</body>
</html>
   Buite die motor gly die landskap geruisloos verby in die donker. Greg se selfoon
breek die stilte. Private number, lees die selfoonskerm.
   "Greg, hallo?" Hy luister. En druk dit dan net dood.                                 15
   "Wie was dit?" vra sy ma moeg.
   "Iemand van 'n koerant."
   Sy sug. Greg draai om in sy sitplek, kyk na die motor wat hulle volg. Sy pa. Sy
gesig skaars sigbaar in die donker. Hy draai weer terug. Dit is nog ver Johannesburg
toe. Die motorligte vloei helder oor die teerpad.                                       20
   Lux hominum vita.
   Greg leun met sy kop teen die passasiersvenster. Sy tong voel dik in sy mond.
   "Ek is toe nie so bullet-proof soos ek gedink het nie," sê hy sag.
   'n Hand op sy skouer. Sy ma s'n.
   Nou eers kan hy huil. Vir sy pa, en ook vir John.                                    25
   Die selfoon lui weer. Die joernalis het nog nie die boodskap gekry dat hy nie met
haar wil praat nie. "Net asseblief een ding, Greg," hoor hy haar sê, "die ou na wie die
polisie soek – ek het twee name hier: Eckardt Wilken en Ekk-0. Is dit sy regte naam?"
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            23                          DBE/November 2022
                                                NSS

13.7      "Ek moet vir inspekteur Cele bel." (Reël 3)

          13.7.1        Watter TWEE dinge wil Greg vir inspekteur Cele vertel?                       (2)

          13.7.2        Hoe het Greg se houding teenoor Eckardt van die graad 8's se
                        inlywingseremonie tot nou toe verander en waarom is hierdie
                        veranderde houding verstaanbaar?                                             (2)

13.8      Waarom is die gebruik van die programmeringstaal in die aanhaling effektief?               (1)

13.9      Herlees reël 15 en reël 27 en 28.

          Die joernalis bel vir Greg om inligting oor Eckardt in te win omdat hulle
          Eckardt se verdwyning met Dok Pienaar se inhegtenisneming verbind.

          13.9.1        Waarom is dit ironies dat Greg met hierdie joernalis geïrriteerd is?         (1)

          13.9.2        Watter ander TWEE brokkies inligting oor Eckhardt weet die
                        joernaliste nog nie?                                                         (2)

13.10     "Nou eers kan hy huil. Vir sy pa, en ook vir John." (Reël 25)

          Op watter innerlike konflik dui hierdie woorde?                                            (1)

13.11     Herlees die woorde in reël 16 van TEKS G en reël 18 en 19 van TEKS H.

          13.11.1       Waarvan is die donkerte in beide hierdie tekste 'n simbool?                  (1)

          13.11.2       Watter karaktereienskap van Eckardt en meneer Owen
                        veroorsaak onderskeidelik dat hulle in die verhaal in 'n figuurlike
                        donkerte verkeer?                                                            (2)
                                                                                                     [25]

                                                                    TOTAAL AFDELING B:               25

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        24                         DBE/November 2022
                                            NSS

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF VRAAG 15 (kontekstuele vraag).

VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG

Miss Africa en Apostel George speel albei 'n rol in Map se bevryding.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde.                                 [25]

VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS I

CAVERNELIS: (probeer vreedsaam verduidelik): Ek werk hard.
CYRIL:      Overtime, en Sondae oek. (Dan baie geniepsig.) Mister Cavernelis en
            Blanchie ... Ja-nee, 'is true – julle is baie hardwerkende mense! Julle
            kyk mos neer op onse mense hier, julle wil mos hierso van ons af
            weg! Okay, 'is te verstane!                                                    5
TOMMY:      Hê, stop 'it nou regtig, man! Stop 'it nou!
CAVERNELIS: (hulpeloos, maar dreigend): Julle laat staan vir Blanchie!
CYRIL:      En hoekom nogal? 'Is mos die waarheid. Blanchie werk oek mos
            overtime, even Sondae oek! Net soes jy, ou dad ... jy moet jou soft
            goods en Blanchie, well ... Maar nou ja, geld is geld – it knows no            10
            colour, creed or race, soes daai whitey-vrinne van julle oek sê!
            Mister Cavernelis staan net daar met die fiets, sy lippe beweeg, maar
            hy sê niks.
RICHIE:     Dis colour-blind, ja.
CAVERNELIS: (met lippe wat bewe): Wat het julle teen Blanchie, hê? Wat het julle           15
            teen haar?
            TOMMY, wat moeilikheid sien kom, kom nader en staan tussen Cyril
            en Cavernelis.
TOMMY:      Ek sê, stop 'it nou, man!
CYRIL:      (oor Tommy se kop): Nee, nie tien Blanchie nie, ou dad, nie tien háár          20
            nie, dis tien jóú ...
TOMMY:      Hê, kamaan, man ...
CAVERNELIS: Wat meen jy? Hê? Wat bedoel jy, teen my?
            (Hy sit die fiets stadig neer, plat op die grond, dreigend.)
CYRIL:      Mind jou suitcase, ou dad. Netnou kry die soft goods seer.                     25
CAVERNELIS: Jy's 'n va ... 'n bliksem, jy!
CYRIL:      Sê ma' vark, ou dad. Dan praat jy mos onse taal, hierso vannie
            township, mister Cavernelis. Dán kan ons same praat ...
CAVERNELIS: Laat stáán julle vir Blanchie! Wat meen jy, teen my?
TOMMY:      Manne ... Please, please ...                                                   30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          25                          DBE/November 2022
                                              NSS

15.1      Waar is mister Cavernelis werksaam?                                                        (1)

15.2      Herlees reël 4 en 5.

          Waarom is dit te verstane dat die Cavernelis-gesin uit die township wil
          wegkom?                                                                                    (1)

15.3      "Maar nou ja, geld is geld – it knows no colour, creed or race ..."

          Waarvan beskuldig Cyril Blanchie met sy woorde? Het hy 'n bewys vir sy
          beskuldiging? Motiveer jou antwoord.                                                       (2)

15.4      Herlees reëls 12 tot 21.

          15.4.1        Gee 'n rede vir Cavernelis se reaksie in die toneelaanwysing in
                        reël 12 en 13.                                                               (1)

          15.4.2        Watter afleiding kan jy maak oor die aard van die verhouding
                        tussen Cyril en Cavernelis?                                                  (1)

          15.4.3        Waaroor verwyt Blanchie vir Cavernelis in die afloop van die
                        drama? Waarom is dié verwyt teenoor Cavernelis ironies?                      (2)

15.5      Herlees reël 27 en 28.

          Wat wil Cyril met sy woorde bereik? Pas sy woorde by sy karakter? Motiveer
          jou antwoord.                                                                              (2)

15.6      Wat is mister Cavernelis se droom? Dink jy dié droom is selfsugtig? Motiveer
          jou antwoord.                                                                              (2)

15.7      Ten spyte van hulle uitsiglose bestaan, bied die ruimte waarin Tommy, Cyril
          en Richie hulle bevind tog bevryding.

          Lewer kommentaar op hierdie stelling met behulp van TWEE motiverings.                      (2)

                                                 EN

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                             26                           DBE/November 2022
                                                 NSS

TEKS J

TOMMY:               Sal glo oek 'n wit ou se laaitie gewies het, ek wiet nou nie is 'it
                     dieselde ou wat vir haar nou so supply nie, ek mien soos die mense
                     maar praat ... 'n Abortion, imagine, maar, well, as jy daai soorte
                     connections het, soes Blanchie, dan kry jy seker baie reg ... Só was
                     die rumour, en ek moet weer sê, Map, 'it was 'n rumour, niks wat ek           5
                     personally van wiet nie ... After all, 'is tog nie Tommy Sobotker se
                     biesagheit nie ...
TOMMY:               Hy rook. Map staar, stil.
                     Maar het jy vir Blanchie al gesién? ...
TOMMY:               Map staar.                                                                    10
                     Map!
                     Map is stil, starend.
TOMMY:               Map, lyster jy?! Maar ek niem jou oek nie kwalik nie, hél, 'it moet
                     toughies wies, ek mien om weer aan die gang te kom hierso bytekant,
                     ná al die tyd daarso binnekant ... (Voel ongemaklik daaroor dat Map           15
                     nie praat nie; praat somaar maar.) So, dié Krismis is jy seker weer
                     terug innie band ...
                     Stilte.
TOMMY:               Hulle't vir lank nie 'n sax gehad nie ...
                     Maar Map sê niks.                                                             20
TOMMY:               Kaffi'tjie Arries het getry, maar well, saxophone is nie sý instrument
                     nie ... Hy's mos die banjo, jy wiet ... 'Cause die sax is special, en daai
                     was jy ... jóú department daai! (Is ongemaklik, maar praat voort.) Ek
                     onthou nog, die jaar, so twee jaar, drie jaar voor jou ... trouble, man ...
                     toe julle al die koppe gevat het daar op die Common ... 'it wás mos           25
                     die Common ... reg, 'it was nie daai jaar op die Stadium nie ...

15.8      Herlees reël 3 en 4.

          Watter DRIE ander skinderstories wat Tommy versprei, weerspreek sy
          woorde in reël 6 en 7?                                                                       (3)

15.9      In reël 14 en 15 word na "bytekant" en "binnekant" verwys. Waarop dui elkeen
          van die woorde binne konteks? Watter woord in reëls 13 tot 17 sluit by die
          "binnekant" aan?                                                                             (3)

15.10     Wat is die funksie van die beletseltekens/ellipse in reël 24?                                (1)

15.11     Wat is die doelstelling met Map se stilte in TEKS I?                                         (1)

15.12     Herlees reëls 8 tot 11 én reëls 14 tot 18 in TEKS I asook reëls 12 tot 17 in
          TEKS J.

          15.12.1       Hoe beïnvloed dié "Krismis" enersyds Blanchie, en andersyds Map
                        se lewe?                                                                       (2)

          15.12.2       Hoekom word dié "Krismis" vir Blanchie en Map se verhouding 'n
                        goeie Krismis?                                                                 (1)
                                                                                                       [25]
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2022/7d3a1fac-f27c-4882-a682-cfe752eb8aeb) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2022/b6902408-ac2a-4a7c-a4f3-5057a283114e) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2023/570bfb5d-f864-4400-8cd2-30d4b1b647c7) — Afrikaans HL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2018/e7743bcd-7218-48b4-8668-8fc4d889c57a) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2016/f0c679d6-57b1-4941-a730-e09febb83a15) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2015/cdab90d4-3d84-4b91-af49-f2c24059a99e) — Afrikaans HL · QP · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
