# Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2023, 29 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2023/570bfb5d-f864-4400-8cd2-30d4b1b647c7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 29

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2023/570bfb5d-f864-4400-8cd2-30d4b1b647c7)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 29 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 GRAAD 12

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                         AFRIKAANS HUISTAAL V2

                              NOVEMBER 2023

PUNTE: 80

TYD: 2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 29 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        2                         DBE/November 2023
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord.

2.      Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
        inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste
        wat jy bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy gedoen het en
        kies die soort vraag wat jy wil beantwoord.

3.      Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

        AFDELING A: Gedigte         (30)
        AFDELING B: Roman           (25)
        AFDELING C: Drama           (25)

4.      Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B en
        EEN in AFDELING C.

        AFDELING A: GEDIGTE
        Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
        Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.

        AFDELING B: ROMAN
        Beantwoord EEN vraag.

        AFDELING C: DRAMA
        Beantwoord EEN vraag.

5.      KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)

            Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer het.
            Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy
             die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag
             in AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B
             beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik die
             kontrolelys om jou te help.

6.      LENGTE VAN ANTWOORDE

             Die lengte van die opstel vir die gedig is 250 tot 300 woorde.
             Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400 tot 450 woorde elk.
             Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word deur die
              puntetoekenning van elke vraag bepaal. Beantwoord jou vrae bondig en
              relevant.

7.      Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

8.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                    3              DBE/November 2023
                                        NSS

9.        Beantwoord ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

10.       Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A: ongeveer 40 minute
          AFDELING B: ongeveer 55 minute
          AFDELING C: ongeveer 55 minute

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                       4                       DBE/November 2023
                                           NSS

INHOUDSOPGAWE

 AFDELING A: GEDIGTE
 Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
        VRAAGNOMMER                   VRAAG                   PUNTE      BLADSY
 1. "Die bokser"                     Opstelvraag                10          6

 2. "Susan Boyle"                        Kontekstuele vraag    10             7

 3. "27 april 1994"                      Kontekstuele vraag    10             8

 4. " 'n Paternoster vir Suid-Afrika"    Kontekstuele vraag    10             9
                                          EN
 Ongesiene gedig: Verpligtend
 5. "Bont"                               Kontekstuele vraag    10            11

 AFDELING B: ROMAN
 Beantwoord EEN vraag.*
 6. Onderwêreld                             Opstelvraag        25            12

 7. Onderwêreld                          Kontekstuele vraag    25            12

 8. Manaka Plek van Horings                 Opstelvraag        25            15

 9. Manaka Plek van Horings              Kontekstuele vraag    25            15

 10. Vatmaar                                Opstelvraag        25            18

 11. Vatmaar                             Kontekstuele vraag    25            18

 12. Die kwart-voor-sewe-lelie               Opstelvraag       25            21

 13. Die kwart-voor-sewe-lelie           Kontekstuele vraag    25            21
 AFDELING C: DRAMA
 Beantwoord EEN vraag.*
 14. Krismis van Map Jacobs                Opstelvraag         25            24

 15. Krismis van Map Jacobs             Kontekstuele vraag     25            24

 16. Mis                                   Opstelvraag         25            27

 17. Mis                                Kontekstuele vraag     25            27

 *LET WEL:        Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
                  in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                   5                         DBE/November 2023
                                       NSS

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae
beantwoord het.

                                         VRAAG-         GETAL VRAE         MERK
                 AFDELING
                                         NOMMER        BEANTWOORD           ()
A: Gedigte                                 1–4              2
(Voorgeskrewe gedigte)
A: Gedigte                                    5               1
(Ongesiene gedig)
B: Roman                                     6–13             1
(Opstel of kontekstueel)
C: Drama                                     14–17            1
(Opstel of kontekstueel)

LET WEL:        Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in
                AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           6                  DBE/November 2023
                                               NSS

 AFDELING A: GEDIGTE

 VOORGESKREWE GEDIGTE

 Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

 VRAAG 1: OPSTELVRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

 Die bokser – Ernst van Heerden

 1     Die grense van die klein kryt
 2     is hellende onvastigheid,

 3     waar wit bors fier teen wit bors staan
 4     en skim teen skim die skynhou slaan;

 5     die lyf word wiegend – ritmies, sterk –
 6     tot skerm en liemaak ingeperk;

 7     vier donker oë blits fel en woes,
 8     wyl twee gedaantes mik en koes;

 9     maar elk groteske vuis se smak
 10    laat lis en weerstand verder knak ...

 11    die liggaam is so rank gebou
 12    en weerloos teen dié man se hou;

 13    tog sal my mokerslag hom tref
 14    waar hy hom vaag en grynsend hef,

 15    sy beeld versplinter in die glas
 16    waar netnou my gestalte was;

 17    'n flikker-weerskyn word verskerf,
 18    'n lyf stort soos 'n koring-gerf ...

 19    Wie is die man wat roerloos lê,
 20    wie't 'n bekende naam gesê?

 21    Waarom die skaar aan't roep en fluit,
 22    en waarom flakker ligte uit ...?
                                                              [Bron: Groot Verseboek]

Die tema van kwesbaarheid word effektief deur sprekerperspektief, woordgebruik en
retoriese middele aangetoon.

Bespreek die stelling in 'n opstel van 250 tot 300 woorde.                                 [10]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            7                             DBE/November 2023
                                                NSS

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Susan Boyle – Kobus Grobler

1      daar staan jy inskrywing 43212
2      voor die pilatusse van Britain's got talent
3      aangeja soos 'n skaap
4      miserabel vaal in die lig verguis
5      die monobrou en die kapsel raam
6      jou vertelsel van 'n klein Nasaret
7      Simon spot, skares jou uit:
8      jy is die grap van die jaar

9      met die eerste woorde van I dreamed a dream
10     het jy vanuit vernederende vooroordeel
11     hulle en miljoene ander op YouTube
12     in ongeloof laat aanskou
13     hoe jy jare se troeteltalent
14     aan die hele wêreld skenk
                                                               [Bron: Toulopers, verse vir tieners]

2.1       Waarna verwys "43212" (versreël 1) letterlik EN watter afleiding oor Susan
          Boyle kan hieruit gemaak word?                                                               (2)

2.2       Benoem en verduidelik die beeldspraak in versreël 2.                                         (2)

2.3       Susan Boyle word in versreël 3 en 4 as 'n patetiese karakter voorgestel.
          Watter halfrym versterk hierdie gedagte?                                                     (1)

2.4       Dink jy Susan Boyle se liedjiekeuse in versreël 9 is gepas? Motiveer jou
          antwoord.                                                                                    (1)

2.5       Verwys na versreël 13 en 14.

          2.5.1         Wat word deur die gebruik van die woord "troeteltalent" geïmpliseer
                        EN hoe word hierdie woord uitgehef?                                            (2)

          2.5.2         Watter      TWEE   opeenvolgende      woorde       kontrasteer       met
                        "troeteltalent"?                                                               (1)

2.6       Verwys na versreël 7 en 8 asook versreël 13 en 14.

          Waarom, dink jy, kan die slotversreëls as 'n ironiese uitkoms vir Susan Boyle
          beskou word?                                                                                 (1)
                                                                                                       [10]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          8                          DBE/November 2023
                                              NSS

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

27 april 1994 – Vincent Oliphant

1     uiteindelik vou ek die verlede toe
2     knyp sy vlerk tussen duim en vinger vas
3     tot hy veilig deur 'n gleuf in die geskiedenis glip
4     en anderkant
5     wonderbaarlik
6     vry
7     die duif van vrede sy blou vlerke sprei

8     sodat my nuutgebore stem na woorde smag
9     om 'n lied vir my land
10    soos 'n vlag aan die tong te laat sweef
11    bo die geruislose val van skanse van die vel

12    sodat ek vry uit die vervreemding tree
13    om in die oë van vergetenes en langverlorenes
14    uiteindelik myself te kan sien
15    soos iemand wat ek nooit geken het nie

16    om aan hulle die hand te gee
17    en te voel hoe vlees en vlees ontmoet

18    want een lyn van bloed loop deur die eeue
19    loop deur die ganse geskiedenis
20    loop deur elke uithoek van die land
21    loop deur my en loop deur jou
22    van Genesis tot nou
                                                                [Bron: Die sagte vlees, 1998]

3.1       Na watter belangrike gebeurtenis in Suid-Afrika verwys die titel?                        (1)

3.2       Wat is die stemming in versreëls 1 tot 7? Noem TWEE maniere waarop
          hierdie stemming geskep word.                                                            (3)

3.3       Benoem en verduidelik die beeldspraak in versreël 11.                                    (2)

3.4       Watter progressie word met die herhaling van die woord "vry" in versreël 12
          bewerkstellig?                                                                           (1)

3.5       Waarom, dink jy, is die gebruik van die koepletvorm in versreël 16 en 17
          gepas?                                                                                   (1)

3.6       Tot watter TWEE insigte kom die spreker in die slotstrofe?                               (2)
                                                                                                   [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        9                          DBE/November 2023
                                            NSS

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

 'n Paternoster vir Suid-Afrika – Lina Spies

 1      Here, laat die name geheilig word
 2      van al die kinders van die land –

 3      van hulle
 4         wat modderkoekies gebak het uit sy aarde,
 5         dassies skrikgemaak het in sy klowe,
 6         wol getrap het in sy krale.

 7      Ek het asemloos toegekyk:
 8         swart bolywe geboë oor magtelose diere
 9         en skerp skêre wat my laat wag het,
 10        bang vir die glip-slag, die bloed, die pyn.
 11        Maar die swart versigtige hande
 12        het selde dieper as die wit geknip
 13        en ek kon die lootjies uitdeel
 14        want die arbeider was sy loon waardig
 15        volgens die aantal wat hy vrygemaak het
 16        om ligvoets teen die somerheuwels uit te wei.

 17     Maar die bale is lankal toegewerk en weggestuur,
 18     die wololie van my voete afgewas,
 19     my bene nie meer lam getrap nie.

 20     Vergewe ons, die vergeetagtiges, die uitgerustes,
 21     soos ons hulle vergewe, die luidrugtiges
 22        wat nooit binne die kraal was nie,
 23        wat nooit rietperd gery
 24         en kaalvoet geloop het nie,

 25     en Here, sien ons hande aan:
 26     Kyk, om my wit pols is 'n armband van gras;
 27     my donker speelmaat het dit kunstig gevleg
 28     soos ek nooit kon nie ...

 29     Aan U behoort die land
 30       en die son
 31         en die skape van sy weiding

 32     Gee ons liefdevolle hande, Heer,
 33     en sny U self versigtig aan die belemmerende kleed
 34     dat daar nie onnodig bloed verspil nie

 35     en deel U self die lootjies uit
                                                             [Bron: Digby Vergenoeg, 1971]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            10                          DBE/November 2023
                                                NSS

4.1       Skryf die aanspreekvorm uit versreël 1, wat die titel ondersteun, neer.                   (1)

4.2       Watter TWEE verskillende emosies word met die gebruik van "asemloos"
          (versreël 7) opgeroep?                                                                    (2)

4.3       Watter woord in strofe 4 dui op progressie in tyd? Verduidelik wat hierdie
          progressie impliseer.                                                                     (2)

4.4       Vergelyk versreëls 25 tot 28 met versreël 32.

          4.4.1         Benoem die stylfiguur in versreël 32 EN verduidelik wat op figuurlike
                        vlak met die versreël bedoel word.                                          (2)

          4.4.2         Dink jy die spreker se versoek in versreël 32 is geregverdig teen die
                        agtergrond van versreëls 25 tot 28? Motiveer jou antwoord.                  (1)

4.5       Met watter letterlike handeling vroeër in die gedig skakel versreël 35?
          Evalueer die geslaagdheid van die gebruik van progressie in dié versreël.                 (2)
                                                                                                    [10]

                                               EN

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         11                           DBE/November 2023
                                             NSS

ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Bont – Luan Pettit

1      My erfenis is meer as 'n taal,
2      dis my tong se trippel oor Tsitsikamma,
3      suutjies se sus en toemaar se troos.
4      Dis bliksem se befoeterdheid en voetsek sê se vuishou.
5      Dis 'n flerrie wat haar flikkers gooi en
6      die slof en plof van 'n knus pantoffel.
7      My erfenis is bont.

8      My erfenis is meer as 'n land,
9      dis sonligspatsels wat dans tussen golwe
10     en wiegende blertse rooi papawers tussen vaal grasvlaktes.
11     Dis die Sederberg se skurwe knoetse
12     en huisies soos kardoesies wat rus
13     onder 'n blink gespikkelde Karoonag.
14     My erfenis is bont.

15     My erfenis is meer as kultuur.
16     Dis hoendervleis-lekker en die knop in my keel
17     as Nkosi weerklink deur 'n skare, groen en geel.
18     Dis boer-maak-'n-plan-vasbyt en Ubuntu-oemf,
19     dis braaivleis en stoepsit en kuier tot laat,
20     'n oopbekglimlag. 'n Afrikahanddruk.
21     My erfenis is bont.
                                                                         [Bron: Poort, 2019]

5.1       Watter tipe spreker vind ons in die gedig?                                               (1)

5.2       Benoem die halfrym in versreël 2. Dink jy dat die gebruik daarvan geslaagd
          is? Motiveer jou antwoord.                                                               (2)

5.3       Benoem en verduidelik die beeldspraak in "gespikkelde Karoonag".                         (2)

5.4       Lei af wat die spreker met "My erfenis is bont" (versreël 21) bedoel deur EEN
          woord uit elke strofe neer te skryf wat elk op 'n ander aspek van die land dui.          (3)

5.5       Wat, dink jy, is die funksie van die polisindeton in versreël 18 en 19?                  (1)

5.6       Watter woord in hierdie gedig dui op die ryke verskeidenheid van die land?               (1)
                                                                                                   [10]

                                                                 TOTAAL AFDELING A:                30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          12                        DBE/November 2023
                                              NSS

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen

Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag).

VRAAG 6: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG

Bespreek in 'n opstel van 400 tot 450 woorde hoe die tema van magsmisbruik op Greg
van toepassing is.                                                                               [25]

VRAAG 7: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS A

      "Sorry, Ma, ek kyk 'n bietjie rond. Ons kon mos nooit sien waaroor die Matrieks
van die vorige jare so te kere gaan nie."
      "Ons het die koelsak in die motor vergeet. Daar is 'n paar eet- en drinkgoedjies in
wat ek vir jou saamgebring het vir jou yskas. Sal jy dit gou gaan haal, asseblief?"
      Ek sit net af na die trap toe, toe ek 'n vreemde gesig tussen die ander ouens         5
raaksien. Donkerkop, ongeskeer. Strakgesig. Sy oë kyk 'n oomblik lank na my van
onder sy donker wenkbroue, flits dan weer weg. Hy stap af met die gang. Oor sy
skouer hang daar 'n laptopsak. In een hand hou hy 'n stuk gevoude papier en 'n
sportsak vas, in die ander 'n tas.
      En ek kan dit sommer ruik: 'n nuweling. Kan jy nou meer? In ons laaste jaar. Sy       10
pa moet connections uit 'n ander wêreld hê.
      "Is jy seker jy is op die regte vloer?" vra ek toe ek hom inhaal.
      "Ek kan tel," sê hy, terwyl sy oë 'n oomblik lank op my vasgenael bly.
Moeilikheid, sien ek. Hierdie ou soek moeilikheid.
      "Ja, maar kan jy tot vyf tel? Hierdie vloer is net vir Matrieks."                     15
      "Zero's en One's is al wat jy nodig het," sê hy.
      Ek frons, weet nie wat hy bedoel nie. Ek kan sien hy weet dit.
      "Wie's jy?" vra ek.
      Hy bly 'n oomblik stil en kyk my net aan, sê dan: "Eckardt. My naam is Eckardt."
Toe draai hy om en loop verder die gang af.                                                 20

7.1       Watter tyd van die skooljaar is hier ter sprake?                                       (1)

7.2       Wat kan jy oor die verhouding tussen Greg en sy ma uit reëls 1 tot 4 aflei EN
          hoe verskil dit van Greg se verhouding met sy pa?                                      (2)

7.3.      Greg en Eckardt se eerste ontmoeting is ter sprake.

          7.3.1         Waarom, dink jy, is Greg se antagonisme teenoor Eckardt tydens
                        hulle eerste ontmoeting ongeregverdig?                                   (2)

          7.3.2         Tot watter slotsom kom Greg uiteindelik ten opsigte van hierdie
                        indrukke wat hy oor Eckardt gehad het?                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          13                         DBE/November 2023
                                              NSS

7.4       Watter rol speel Eckardt se oë (reël 6) later tydens die Trapper-ritueel?                (1)

7.5       In watter opsig word Greg se vooropgestelde idee (reël 11) enersyds reg en
          andersyds verkeerd bewys in die slot van die roman?                                      (2)

7.6       "Zero's en One's is al wat jy nodig het," sê hy. (Reël 16)

          7.6.1         Waarna verwys Eckardt in die reël hierbo EN by watter
                        betekenismoontlikheid van die titel sluit hierdie woorde aan?              (2)

          7.6.2         Wat het daartoe gelei dat Greg later in die roman by "Zero's en
                        One's" betrokke geraak het EN wat was die gevolg van sy
                        betrokkenheid?                                                             (2)

7.7       Watter onsekerheid bestaan in die slot van die verhaal ten opsigte van
          Eckardt se naam? (Reël 19)                                                               (1)

                                                 EN

TEKS B

Ek staar net na hom, skrik dan, want vir die eerste keer besef ek ek het nog nooit
behoorlik gekyk hoe hy lyk nie. Nog nooit lánk nie. Die beeld van hom wat al die jare in
my kop ingeprent lê, is meer dié van die belangrike sakeman met die afsydige houding
en die verwagtinge as die man self.
    Maar nou kýk ek, soos 'n mens sal kyk na die gesig van 'n sieke in 'n hospitaalbed.       5
Sonder om 'n oog te knip. Al die jare tussen ons, en ek het hom nooit genuinely geken
nie. Ek het nooit kon dink hy sou deurmekaar raak met iets so afgrysliks soos wat met
die virus gedoen kan word nie.
       "Ek weet, Pa …" Dis al wat ek vir hom sê, en ek verwens my eie stem wat nou so
dun is.                                                                                       10
       Hy staan net daar. Sy kakebeen beweeg nog effens en stop dan. Klem saam. Die
vel by sy wangbeen maak 'n duikie.
      Wat dink hy? wonder ek.
       En demmit, ek wil nie, maar ek voel hoe ek begin hartseer word. Ek wil vloek.
Maar ek wil ook sê ek is jammer. Ek wil sê: "Pa, hoe kon jy dit doen?" Ek wil my vuiste       15
bal en hom slaan soos ek vir Eckardt geslaan het. Maar somehow doen ek nie een van
die dinge nie.
       Dis tyd vir grootword.
       En terwyl ek so na my pa kyk, sien ek vir die eerste keer hoe hy pynlike oomblik
vir oomblik afgetakel word. Sy skouers sak laer. Sy fors houding verkrummel.                  20
Skanse breek.

7.8       Watter tipe verteller tree hier op EN waarom is hierdie tipe verteller in
          reëls 13 tot 17 voordelig?                                                              (2)

7.9       Waarom het Greg se pa by "iets afgrysliks" (reël 7) betrokke geraak EN
          watter insig het Greg as gevolg van sy pa se betrokkenheid hierby verkry?               (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                      14                         DBE/November 2023
                                          NSS

7.10      Noem TWEE sake waarna Greg verwys as hy sê: "Ek weet, Pa …" (reël 9)
          EN waarom is dit ironies dat Greg emosioneel raak wanneer hy sy pa se
          innerlike konflik waarneem?                                                            (3)

7.11      Sowel Greg as Eckardt se pa's ervaar in hulle lewens dat hulle vasgekeer
          voel.

          Sou 'n mens Greg se pa enersyds en Eckardt se pa andersyds van
          lafhartigheid kan beskuldig? Motiveer jou antwoord met verwysing na beide
          pa's.                                                                                  (2)

7.12      Verwys na reëls 5 tot 9 van TEKS A en reëls 1 tot 4 van TEKS B.

          Met watter houding het Eckardt in TEKS A en Greg se pa in TEKS B hulle
          onderskeidelik teen die buitewêreld beskerm?                                           (2)
                                                                                                 [25]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            15                        DBE/November 2023
                                                NSS

MANAKA PLEK VAN HORINGS – Pieter Pieterse

Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag).

VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN HORINGS – OPSTELVRAAG

Bespreek in 'n opstel van 400 tot 450 woorde hoe die tema van Christenskap op Baas
van toepassing is.                                                                                [25]

VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS C

    In die herfs van 1994 staan Baas Chipman by Manaka langs die Zambezi na sy
boot en opkyk. Hy probeer beweeg aan die stellasie. Dit roer nie. Dis 'n stewige
struktuur van dik mopaniepale wat hy en Mark met die laebakvragmotor aangery en
diep ingeplant het. En die toue waarmee die dwarsbalke aan die stutpale vas is, sal
hou.                                                                                      5
    Al waaroor Baas jammer is, is dat hulle van die worsboom se takke moes afsaag
om die boot se stuurkajuit verby te kry. Die houtbankies onder die boom het ook in die
slag gebly.
    "Eendag sal ons dit vervang," sê hy vir die ses honde. Lady is nie by nie. Sy is weer
op hitte. Hy het haar toegemaak in die draadhok wat hy vir die doel gebou het. Vir nog 10
'n klomp hondjies is daar nie tyd nie. Hy moet huis bou en die gereedskap en die
materiaal vir die werkery aan die romp en die kajuite bestel en aanry.
    Hy klim teen die boot op om sy tuisgemaakte leer van mopaniepale te toets. Die
kiaathoutdwarslatte vat sy honderd kilogram met gemak. Hy gaan haal die blik verf
onder die ruim en verf die naam Zambezi Joy dood.                                         15
    Dan klim hy tot op die stuurkajuit se dak en stut sy pontboot se nuwe naam teen die
bakboord maslig se paal om te kyk hoe dit lyk. Dit is die naam wat hy tydens sy
omswerwinge tussen Livingston en Mambova tydsaam in groot sierletters op die plank
geverf het. Maar hy skroef dit nie vas nie. Nog nie.

9.1       Naamgewing speel 'n belangrike rol in Manaka.

          9.1.1         Wat beteken "Manaka"?                                                     (1)

          9.1.2         Op watter familie-ooreenkoms tussen Baas en sy naamgenoot-
                        oupagrootjie dui die naam Manaka?                                         (1)

          9.1.3         Die naam "Baas" kan moontlik op meerderwaardigheid dui. Dink jy
                        dit is waar van dié hoofkarakter? Motiveer jou antwoord.                  (1)

9.2       Verwys na reëls 6 tot 9.

          9.2.1      Waarom voel Baas sentimenteel oor die worsboom en die bankies?               (1)

          9.2.2      Evalueer die rol wat die bankies uiteindelik speel ten opsigte van die
                     geestelike groei wat Baas deur die verloop van die verhaal ervaar.           (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          16                         DBE/November 2023
                                              NSS

9.3       Verwys na reëls 9 tot 11.

          Waarom het Baas sy een hond juis Lady gedoop? Noem EEN insident
          waartydens Lady besitlik teenoor Baas optree.                                           (2)

9.4       "Hy gaan haal die blik verf onder uit die ruim en verf die naam Zambezi Joy
          dood." (Reël 14 en 15)

          9.4.1      Op watter nuwe naam besluit Baas vir die pontboot EN waarom juis
                     hierdie naam?                                                                (2)

          9.4.2      Verduidelik hoe die bootnaam tot 'n wanpersepsie lei EN watter krisis
                     in Baas se lewe blyk uit sy huiwering om die bootnaam vas te sit.            (2)

9.5       Baas leer verskeie lewenslesse na die verkryging van die pontboot.

          Motiveer die stelling deur 'n gepaste lewensles EN 'n toepaslike bewys uit die
          verhaal te noem.                                                                        (2)

                                                 EN

TEKS D

    "Vertel my iets wat ek nie weet nie. En verskoon my as ek reguit praat. Jy sê die
mense praat omdat ek die laaste tyd kwaai is. Ek is nie kwaai nie. Ek is die donder in.
En dis hierdie soort ding wat my só gemaak het. Ek hét niks meer om te gee nie."
    "Dit is oor jy siek is dat jy nou só praat," skerm Grace.
    "Dit het niks met siekte te doen nie. Ek is net heeltemal gatvol! Hoekom dink jy lê 5
die materiaal om my boot reg te maak vir byna 'n jaar onder die plastiekseile en vrot?
Hoekom dink jy lyk ek soos ek lyk? Hoekom het ek nie pille gehad toe ék malaria gekry
het nie? Maak dit vir julle saak dat ek ook 'n lewe het om te leef? Dink jy ek het
Barotseland toe gekom om verantwoordelik te voel vir almal se skete en kwale en
hongersnood? Ná my pa en ma deur 'n spul barbare vermoor is?" Baas begin hoes. Hy 10
is uitasem en sy keel is rou. Mense kom uit die winkels om te kyk na die man wat so
raas.
    "Ek is jammer om te hoor van jou pa en jou ma. Dit is 'n baie slegte ding wat gebeur
het. Miskien moet ek ook reguit praat. As die Here daar by Manaka vir jou kom sê het
jy gaan nie van hierdie siekte gesond word nie en daar is net één ding wat jy nog kan 15
kies om klaar te maak ... sou jy die boot gekies het?"

9.6       Watter gebeurtenis het daartoe aanleiding gegee dat Baas en Grace hulle
          tans in Ngweze bevind?                                                                  (1)

9.7       Waarom is dit geloofwaardig dat Baas in reël 2 kru taal gebruik? Gee TWEE
          redes.                                                                                  (2)

9.8       Waarna verwys Baas wanneer hy praat van "hierdie soort ding" (reël 3)?                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            17                        DBE/November 2023
                                                NSS

9.9       "Maak dit vir julle saak dat ek ook 'n lewe het om te leef?" (Reël 8)

          9.9.1         Dink jy dit is regverdig dat Baas vir Grace by die "julle" insluit?
                        Motiveer jou antwoord.                                                     (1)

          9.9.2         Watter TWEE karaktereienskappe van Grace word in TEKS D
                        uitgebeeld? Motiveer jou antwoord met aanhalings uit die teks.             (2)

9.10      Waarom is Baas se vraag in reëls 8 tot 10 ironies?                                       (1)

9.11      Watter tipe verteller tree hier op EN waarom is hierdie tipe verteller in reëls 10
          tot 12 voordelig?                                                                        (2)

9.12      Verwys na reël 1 en 2 in TEKS C en reëls 13 tot 16 in TEKS D.

          Watter droom van Baas is in TEKS C ter sprake EN dink jy hierdie eerlike
          gesprek in TEKS D het 'n invloed gehad op die verwesenliking van Baas se
          droom later in die roman? Motiveer jou antwoord.                                         (2)
                                                                                                   [25]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           18                         DBE/November 2023
                                               NSS

VATMAAR – AHM Scholtz

Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag).

VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG

Bespreek in 'n opstel van 400 tot 450 woorde hoe die tema van armoede op
Oom Chai, Ta Vuurmaak en Tant Wonnie van toepassing is.                                           [25]

VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS E

    Die drie vroumense het op diervelle op die grond geslaap. Die velle is oordag saam
met die komberse en kussings opgerol. 'n Leiklipplaat van omtrent 'n jaart by 'n jaart
het op vier pale wat in die vloer ingeplant was, gerus. Bo-op het drie borde en drie
bekers gestaan en onder die kliptafel was daar 'n paraffienblik om water uit die put te
skep. Tant Wonnie se man het nog die put saam met Vatmaar se mense gegrawe. 5
Nou het dit aan hulle se buurman, Dirk Twala, behoort. Hy het 'n koei en kalf daarvoor
betaal.
    Die koei is twee jaar tevore in die groot droogte dood, en die kalf, wat 'n jong bul
geword het, is geslag.
    Die meeste van die putte het toe opgedroog, net soos die opvangdam anderkant 10
die begraafplaas. Maar Tant Wonnie se put en 'n paar ander het altyd water gehad en
almal kon daar kom water skep. Niemand is weggestuur nie want Dirk Twala het gesê
al is die put syne, gekoop met 'n lewendagge ding, sal die water lewenslank aan
Tant Wonnie behoort. Sy kon dit weggee soos sy wou.
    En soos dit gaan met mense wat regtig arm is, is die water en die meeste van die 15
bulletjie se vleis met mense gedeel.
    Die vuurmaakplek was buitekant die een-kamer. Drie groot stukke leiklip wat op drie
kante in die grond gesteek is. Die vierde kant was oop. Daar het 'n driebeenpot
gestaan en 'n ou skottel op 'n klip om in te was.

11.1      Waar het Tant Wonnie gewoon?                                                            (1)

11.2      Verwys na reël 1.

          11.2.1        Watter karaktereienskap het Tant Wonnie met haar dogters gedeel?
                        Motiveer jou antwoord vanuit die roman.                                   (2)

          11.2.2        Watter een van die drie vrouens bots later met die gereg EN watter
                        karaktereienskap van dié vrou beïndruk die regter?                        (2)

11.3      Wat word deur die woorde in reël 5 oor die mense van Vatmaar geïmpliseer?
          By watter ander karakter as Dirk Twala is hierdie karaktereienskap ook
          kenmerkend? Motiveer jou antwoord.                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           19                         DBE/November 2023
                                               NSS

11.4      Verwys na reëls 10 tot 14.

          11.4.1        Op watter manier dra Dirk Twala se goedhartigheid teenoor Tant
                        Wonnie tot die karakterisering van Tant Wonnie self by? Gee nog 'n
                        bewys vanuit die roman waar dié karaktereienskap by Tant Wonnie
                        na vore kom.                                                              (2)

          11.4.2        Kan die naam, Tant Wonnie se put, vanuit die roman geregverdig
                        word?                                                                     (1)

11.5      Dink jy die ruimtelike beskrywing van Tant Wonnie se blyplek in reëls 17 tot
          19 is funksioneel? Motiveer jou antwoord.                                               (1)

11.6      Tant Wonnie tree as rolmodel in Vatmaar op.

          11.6.1        Watter vriendin van Tant Wonnie is ook 'n rolmodel in Vatmaar?            (1)

          11.6.2        Op watter TWEE maniere het Tant Wonnie se dogter Suzan haar
                        ma se waardes in die Vatmaar-gemeenskap uitgeleef?                        (2)

11.7      Watter vertellersperspektief vind ons in hierdie teks?                                  (1)

                                                EN

TEKS F

Sy het by die kapkar gestop. Ou Jones, hier is 'n job vir jou, het sy gesê. Vat hierdie
twee Vatmaar toe. Hier is die bewys, ek sal dit teken en dan kan jy môre die geld gaan
haal.
   Dankie, Juffrou, het hy gesê en die "good for" gevat.
   Stoffel Jones het die twee sakke kos en die bruin papierkardoes gevat. Die                 5
domanie se vrou het in die kar bly sit en net gesê: Laat dit goed gaan.
   Stoffel Jones het sy keps afgehaal en dit met albei hande teen sy bors gehou. Ma
en dogter het net geglimlag want hulle kon nie die bedankingswoord oor hulle lippe kry
nie.
   Toe sê Stoffel Jones vir Suzan: Dit is mos vir jou wat ek na jou suster toe gevat het.     10
   Ja, Oom.
   En Mevrou moet Miesies Moeler wees. Hy het sy keps afgehaal en vir Tant Wonnie
sy hand gegee. Miesies lyk rêrig mooi. Miesies Moeler word by die dag mooier.
   Dankie, Mineer Jones lyk ook goed. Hoe gaan dit by die huis?
   Goed, dit help nie om te kla nie.                                                          15
   Hy het rondom die kar en perd geloop om seker te maak alles is in orde.
   Ons moet maar ry, ek wil nie in die donker terugkom nie, want dis nie 'n
maanskynnag nie.
   Tant Wonnie het niks gesê nie want sy was moeg na die lang dag. Suzan het ook 'n
dag van bekommernis en angs agter die rug gehad. Die geskommel van die kar het                20
hulle gou vas aan die slaap gehad. 'n Ruk en 'n Ho-ho-ho! het hulle uit hulle diepe
slaap wakker geskud.

11.8      Wat is Stoffel Jones se beroep?                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         20                        DBE/November 2023
                                             NSS

11.9      Watter rol het die dominee se vrou in Tant Wonnie se lewe gespeel?                   (1)

11.10     Wat kan ons uit Stoffel se handeling in reëls 7 tot 9 aflei EN waarom kan
          Tant Wonnie nie 'n bedankingswoord oor haar lippe kry nie?                           (2)

11.11     Waarom sou Tant Wonnie en Suzan rede hê om op hierdie dag te glimlag?
          Noem DRIE redes.                                                                     (3)

11.12     Verwys na reël 15 en 16 van TEKS E en reël 5 en 6 van TEKS F.

          11.12.1       Hoe verskil die optrede van die mense in TEKS E van dié van die
                        dominee se vrou EN in watter opsig is hierdie verskil ironies?         (2)

          11.12.2       Keur jy die dominee se vrou se optrede goed? Motiveer jou
                        antwoord.                                                              (1)
                                                                                               [25]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            21                          DBE/November 2023
                                                NSS

DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag).

VRAAG 12: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG

Die vroue in Iris se grootwordmilieu het 'n invloed op haar lewensuitkyk.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde.                                      [25]

VRAAG 13: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS G

   Ek het my laaste troefkaart uitgehaal en haar vertel van my gesin. Dit het mense
gewoonlik vermaak, maar met haar het dit misluk.
   " 'n Huishoudster?" het sy skerp gevra. "Het julle 'n huishoudster?"
   Ek het Johanna as onderwerp afgeskryf en op Ma gekonsentreer.
   "Vir sulke hulpelose vrouens is daar in hierdie moderne tye nie plek nie," het sy Ma 5
verwerp en die vulsel vir die kalkoen gewelddadig geknie. Die sjerrieglas het nog langs
haar gestaan en sy het kort-kort bygevul.
   Ek het onthou dat ek besig was om te gesels met 'n vrou wat 'n warmwatertenk kon
vervang en het oorgeskakel na Elsa en Kara.
   "Sy't haar laat steriliseer? Terwyl sy nog jonk en vrugbaar was?"                    10
   Nog 'n bloutjie. Ek het vinnig vertel van verwagtende Kara wat haar huis wou vul
met kinders in al die kleure van die reënboog.
   "H'm," het sy gesê, nie heeltemal goedkeurend nie. "Hoekom is hulle nie getroud
nie? Is hy ook een van die soort mans soos Brian?"
    My moed was laag. Miskien moes ek in New York gebly en my deur Joe laat 15
fotografeer het. "Ek weet nie. Ek dink hulle sal trou." Dokter Anders en Frederik en
Dora het haar ook nie eintlik geamuseer nie. Bowendien was die skottelgoed
afgedroog en weggepak en was ek lus vir loop. Maar in 'n laaste desperate poging het
ek haar van die Engel vertel en dit was 'n kolskoot.

13.1      Tydens watter tyd van die jaar vind die gesprek tussen Bettie en Iris plaas?              (1)

13.2      Dink jy dit is geldig dat Bettie bloot na Johanna as 'n "huishoudster" in reël 3
          verwys? Motiveer jou antwoord met TWEE redes.                                             (2)

13.3      "... en die vulsel vir die kalkoen gewelddadig geknie." (Reël 6)

          13.3.1        Tot watter wanindruk by Iris lei Bettie se ongesteldheid nadat sy van
                        die kalkoen geëet het? Watter rol speel die Engel daarin dat Iris
                        onder hierdie wanindruk verkeer?                                            (2)

          13.3.2        Hoe sluit die latere gebeurtenis van hierdie aand by Iris se
                        lewensfilosofie oor haar naam aan? Verwys in jou antwoord na die
                        betrokke lewensfilosofie en hoe dit met die gebeure skakel.                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          22                           DBE/November 2023
                                              NSS

13.4      Watter kenmerkende eienskap van Elsa, wat sterk kontrasteer met Iris se
          persoonlikheid, lei tot haar sterilisering? Noem enige TWEE
          karakterveranderinge by Elsa wat later in die roman voorkom.                             (3)

13.5      Met wie is Kara (reël 11 en 12) in 'n verhouding EN waarom is die aktuele
          kwessie ten opsigte van verhoudings tussen rasse hier ter sprake? Noem nog
          'n ander aktuele kwessie wat in TEKS G gesuggereer word.                                 (3)

13.6      Verduidelik waarom Joe 'n belangrike rol in Iris se lewe speel.                          (1)

13.7      Die teenwoordigheid van dr. Anders en Frederik in Iris se lewe veroorsaak
          konflik tussen haar en die ander mense na aan haar. Stem jy saam? Motiveer
          jou antwoord deur na dr. Anders en Frederik afsonderlik te verwys.                       (2)

13.8      Vergelyk dr. Anders se van en sy optrede. Hoekom is sy van ironies?                      (1)

                                                 EN

TEKS H

   "Die Engel is ook hier," het ek vir Peter gefluister toe almal opstaan om op ons
gesondheid te drink.
   "Het jy hom genooi?" het Peter gevra.
   "Hy kom nie net op uitnodiging nie."
   "Van wie praat julle nou?" het my nuwe skoonpa gevra, wat aan my ander kant gesit           5
het. Die mense was aan die rondbeweeg en eet en onder die algemene gedruis kon
ons praat.
   Ek het hom reguit in die oë gekyk. "Die Engel."
  "Is hy hier?" het die oom gevra en oor sy mond gevee.
  "Ja." Peter het nie saamgepraat nie omdat Ma hom aan die arm beetgehad het en                10
besig was om hom te vertel van Kara se Michel en hoeveel hy nou weeg.
  "Waar?" het die oom gevra en bang rondgekyk.
  "Agter die blomme. Daar by die venster."
  Hy het soontoe gekyk en gefrons. "Ek sien niks nie."
  "Oom sal seker nie. Dis net ek wat hom kan sien."                                            15
  "Kwit," het hy gesê en selfs benouder gelyk. "En dit op julle troudag."
  "Natuurlik moet hy hier wees. Hy, by uitnemendheid, moet vandag hier wees."
  "Is jou ander susters ook so?" het hy ná 'n ruk gevra, sy oë moeg getuur na die
skerp lig in die venster.
  "Bedoel oom of hulle ook die Engel kan sien? Nee, dis net ek."                               20
  Peter het hom weer na my gewend. "Gaan jy vir Pa aanhou 'oom' sê?"
  "Ja." Ek het die oom vas in die oë gekyk en hy het geweet as hy my wil aanvaar,
moet hy die Engel ook. Aanvaarding was deel van die kontrak.

13.9      Verwys na reël 1.

          13.9.1        Waar het Iris aan die Engel gekom EN wanneer het die Engel die
                        eerste keer aan haar verskyn?                                              (2)

          13.9.2        Waarom het Iris in reël 17 beweer dat die Engel                 "by
                        uitnemendheid" by die troue hoort?                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        23                         DBE/November 2023
                                            NSS

13.10     Dink jy dit is vir Iris belangrik dat net sy die Engel kan sien? Motiveer jou
          antwoord.                                                                             (1)

13.11     Watter tipe verteller tree in TEKS H op EN waarom is hierdie tipe verteller in
          reëls 21 tot 23 voordelig?                                                            (2)

13.12     Verwys na reël 18 en 19 van TEKS G en reëls 8 tot 16 van TEKS H.

          Watter invloed het Iris se verwysings na die Engel op die stemming van
          onderskeidelik TEKS G en TEKS H? Motiveer telkens jou antwoord.                       (2)
                                                                                                [25]

                                                               TOTAAL AFDELING B:               25

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        24                       DBE/November 2023
                                            NSS

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF VRAAG 15 (kontekstuele vraag).

VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG

Blanchie se keuses het 'n invloed op haar verhoudings en geluk.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde.                                [25]

VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS I

LA GUMA:    (bly oor die moontlike geselskap): O, hello, mister Carvernelis ...
CAVERNELIS: (sku): Evening, mister La Guma ...
LA GUMA:    Lovely evening, nice an' ... crisp, for jogging ...
CAVERNELIS: 'Is bietjie koud, mister La Guma. Ek gaan maar inkruip.
LA GUMA:    You had a ... long day, mister Cavernelis?                                    5
CAVERNELIS: (het nou al tot stilstand gekom, sy hande op die stuurstang van die
            fiets): Ja.
            Ons sien vir Blanchie, bo by hulle deur, buite.
BLANCHIE:   (roep na binne): Antie Maud ... Daddy het nou net gekom ... Maar dis
            weer daai lastige drel van 'n Willy la Guma daar by hom! Bly altyd            10
            agter mense aan ...
MAUD:       (van binne af): Oh ... Talk, talk, talk, die ou praatbek! All words and
            air, and nothing done!
CAVERNELIS: (te ordentlik of te swak om sommer net sy eie koers te kry): Ja, 'n lang
            dag, mister La Guma. (Staan onseker, met die fiets in sy hande. Hy            15
            lyk moeg.)
BLANCHIE:   (praat weer met Maud. La Guma-hulle, onder, kan nie vir haar en
            Maud hoor nie): Hulle praat daar onner by die lig ...
MAUD:       Jy mien Willy la Guma praat! En spring dié weer, soes 'n ritsige ding,
            up and down? (Lag) Politics en P.T. Shit! Óf hy run around the                20
            township moet sy P.T.-boudjies, óf hy run die bloody government
            down asof ons nie wiet dis sleg nie! Die government sê dié en die
            government sê dáái. Asof ons 'it nie al kant en klaar wiet nie!
BLANCHIE:   Maar Auntie Maud, hy't darem oek 'n punt!
MAUD:       Ja, maar sy punt is altyd te ... lank!                                        25
BLANCHIE:   Ek suppose so. (Dan verdwyn sy na binne.)
CAVERNELIS: (om maar iets te sê): Mister La Guma is seker baie fit ...
LA GUMA:    Well, mister Cavernelis, you see ... fitness is a ... way of living ...
CAVERNELIS: Ek sien ...
LA GUMA:    You should try it mister Cavernelis ... Come, I'll ... show you how ...       30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          25                         DBE/November 2023
                                              NSS

15.1      Waarvandaan kom Cavernelis net voor Willy la Guma begin praat?                         (1)

15.2      Verwys na reël 2.

          15.2.1        Waarom is die neweteks geloofwaardig?                                    (1)

          15.2.2        Waarom is dit enersyds te verstane en andersyds ongewoon dat
                        Cavernelis met Willy la Guma Engels praat?                               (2)

15.3      Waarom het Cavernelis 'n lang dag gehad?                                               (1)

15.4      Is dit oortuigend dat Blanchie vir Maud as "Antie" aanspreek? Motiveer jou
          antwoord.                                                                              (1)

15.5      Hoe weet die leser dat Blanchie vir La Guma as opdringerig ervaar? Haal
          DRIE opeenvolgende woorde as bewys aan. Noem nog TWEE ander
          geleenthede waartydens hierdie karaktereienskap van La Guma na vore kom.               (3)

15.6      Noem VIER redes waarom Willy la Guma so teen die regering gekant is.                   (4)

15.7      Willy la Guma maak verskillende uitsprake in die drama oor die lewe in die
          township.

          Waarom, dink jy, kan Willy la Guma se uitsprake oor die township as
          geloofwaardig beskou word? Motiveer jou antwoord met DRIE redes.                       (3)

                                              EN

TEKS J

MAUD:                (gooi haar hande op): Well, so there you have it!
CAVERNELIS:          (heeltemal uit die veld geslaan): Maar ... maar Maudie ... Blanchie ...
BLANCHIE:            Blanchie, met 'n stuk papier – 'n brief in haar hande. Sy huil.
                     'Is nie wáár nie ...
MAUD:                Maar 'it is wáár! You've read the letter, my dear ... Now stop crying, 5
                     sweetheart, crying won't help ...
                     Blanchie huil.
CAVERNELIS:          (hulpeloos): Maar ... ek het nie gekan dink ...
MAUD:                (wreed): Maar jy't nooit gekan enigiets nie, Cavernelis-darling! Of
                     course het jy nie gekan dink ... (Sy lag, sinies. Cavernelis bek-af.) 10
                     Blanchie, that's life, my sweetheart ... that's people, man ... You trust
                     them, you trust them, you do things for them, an' they ... will just
                     dump you, like that! (Sy beduie.) Trust me, I've been through it all ...
                     Die vuilgoed ...
CAVERNELIS:          ... when they've used you, that's it ... Maar ek het vir jou gesê, 15
MAUD:                sweetheart, those dandies, die klomp fashion-moffies ... hulle sil vir
                     jou use tot lat hulle jou klaar ge-use het, en dan ... dúmp hulle vir jou
                     ... Next pretty girl in the queue, please ...
CAVERNELIS:          Die vuilgoed ... En hoekom net ... nóú ...

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           26                        DBE/November 2023
                                               NSS

MAUD:                In the queue, in the béd ... I know the swine, sweetheart! All 20
                     the sweet talk, all the promises, while hulle jou use vir hulle eie
                     purposes ...
BLANCHIE:            (snikkend): Daddy ... Auntie Maud ...
CAVERNELIS:          Maar hulle't gesê ... gebelowe ... jy gaan Paris toe ...
MAUD:                Shit, Cavernelis-darling, "gesê", "gebelowe" ... That's no contract, my 25
                     dear! An' even contracts are cheap! It all depends on whom you're
                     dealing with! Ek net vannie begin af gewiet ...

15.8      Waar speel hierdie toneel af EN wat is die funksie van die toneelaanwysing in
          reël 1?                                                                                 (2)

15.9      Mister Cavernelis sê in reël 8 "ek het nie gekan dink ..."

          Waarop sinspeel Mister Cavernelis se woorde?                                            (1)

15.10     Verwys na reëls 9 tot 14.

          15.10.1       Word Blanchie as 'n "sweetheart" in die township beskou? Motiveer
                        jou antwoord.                                                             (1)

          15.10.2       Verduidelik waarom Maud sarkasties is as sy vir Blanchie as
                        "sweetheart" aanspreek.                                                   (1)

15.11     Watter tipe konflik volg tussen Blanchie en Maud net na die laaste dialoog in
          hierdie uittreksel. Gee 'n bewys vir jou antwoord.                                      (2)

15.12     Verwys na reëls 9 tot 13 van TEKS I en reëls 4 tot 6 van TEKS J.

          Die kommunikasie enersyds en stemming andersyds tussen Maud en
          Blanchie stem ooreen in die tekste hierbo. Stem jy met hierdie stelling saam?
          Motiveer jou antwoord deur na albei sake onderskeidelik te verwys.                      (2)
                                                                                                  [25]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans HL P2 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2022/5354dd07-46df-4f34-b294-d451ae648a12) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2018/e7743bcd-7218-48b4-8668-8fc4d889c57a) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2016/f0c679d6-57b1-4941-a730-e09febb83a15) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2015/cdab90d4-3d84-4b91-af49-f2c24059a99e) — Afrikaans HL · QP · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2014/8767b9dc-ed0a-4694-bf6c-345b63d6f6c6) — Afrikaans HL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2017-memo/872c6282-9442-4b04-b87a-61c1a547d2be) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
