# Afrikaans HL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the November 2024 NSC, 30 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2024/df2d2762-472a-47d5-a13d-956a46037d88
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 30

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2024/df2d2762-472a-47d5-a13d-956a46037d88)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024 · Afrikaans. Question paper, 30 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                        AFRIKAANS HUISTAAL V2

                              NOVEMBER 2024

PUNTE: 80

TYD: 2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 30 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans Huistaal/V2                         2                          DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord.

2.      Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
        inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste
        wat jy bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy bestudeer het en
        kies die soort vraag wat jy wil beantwoord.

3.      Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

        AFDELING A: Gedigte        (30)
        AFDELING B: Roman          (25)
        AFDELING C: Drama          (25)

4.      Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B en
        EEN in AFDELING C.

        AFDELING A: GEDIGTE
        Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
        Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.

        AFDELING B: ROMAN
        Beantwoord EEN vraag.

        AFDELING C: DRAMA
        Beantwoord EEN vraag.

5.      KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)

            Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer het.
            Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy
             die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag in
             AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B
             beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik die
             kontrolelys op bladsy 5 om jou te help.

6.      LENGTE VAN ANTWOORDE

            Die lengte van die opstel vir die gedig is 250 tot 300 woorde.
            Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400 tot 450 woorde elk.
            Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word deur die
             puntetoekenning van elke vraag bepaal. Beantwoord jou vrae bondig en
             relevant.

7.      Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

8.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
        gebruik is.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Huistaal/V2                    3             DBE/November 2024
                                     NSS Vertroulik

9.      Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.   Nov

10.     Voorgestelde tydsindeling:

        AFDELING A: ongeveer 40 minute
        AFDELING B: ongeveer 55 minute
        AFDELING C: ongeveer 55 minute

11.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                     Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Huistaal/V2                   4                       DBE/November 2024
                                    NSS Vertroulik

 INHOUDSOPGAWE

 AFDELING A: GEDIGTE

 Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
        VRAAGNOMMER                   VRAAG               PUNTE       BLADSY
 1. "Vroue van Vermeer"              Opstelvraag            10           6

 2.   "Die bokser"                   Kontekstuele vraag    10              7

 3.   "Tsunami"                      Kontekstuele vraag    10              9

 4.   "Suiwer wiskunde"              Kontekstuele vraag    10             11
                                      EN
 Ongesiene gedig: Verpligtend

 5.   "november"                     Kontekstuele vraag    10             12
 AFDELING B: ROMAN
 Beantwoord EEN vraag.*
 6. Onderwêreld                          Opstelvraag       25             13

 7.   Onderwêreld                    Kontekstuele vraag    25             13

 8.   Manaka Plek van die Horings        Opstelvraag       25             16

 9.   Manaka Plek van die Horings    Kontekstuele vraag    25             16

 10. Vatmaar                             Opstelvraag       25             19

 11. Vatmaar                         Kontekstuele vraag    25             19

 12. Die kwart-voor-sewe-lelie           Opstelvraag       25             22

 13. Die kwart-voor-sewe-lelie       Kontekstuele vraag    25             22
 AFDELING C: DRAMA
 Beantwoord EEN vraag.*
 14. Krismis van Map Jacobs            Opstelvraag         25             25

 15. Krismis van Map Jacobs         Kontekstuele vraag     25             25

 16. Mis                               Opstelvraag         25             28

 17. Mis                            Kontekstuele vraag     25             28

 *LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in
           AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Huistaal/V2                   5                         DBE/November 2024
                                   NSS Vertroulik

 KONTROLELYS

 Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae
 beantwoord het.

                                                        GETAL VRAE         MERK
              AFDELING            VRAAGNOMMER
                                                       BEANTWOORD           ()
A: Gedigte                               1–4                2
(Voorgeskrewe gedigte)
A: Gedigte                                 5                  1
(Ongesiene gedig)
B: Roman                                 6–13                 1
(Opstel of kontekstueel)
C: Drama                                14–17                 1
(Opstel of kontekstueel)

LET WEL:        Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in
                AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Huistaal/V2                        6                            DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

AFDELING A: GEDIGTE

VOORGESKREWE GEDIGTE

Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

VRAAG 1: OPSTELVRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

Vroue van Vermeer – TT Cloete

1      Dit is meestal 'n mooi jong vrou.
2      Meestal is sy alleen binnenshuis,
3      dalk met 'n wit veraf brief wat sy vashou,
4      naby, in 'n gloeiende klein hand
5      voor 'n kleiner of groter oop
6      venster. Daar kom 'n ligte geruis
7      van 'n wêreld aan uit 'n land-
8      of groter wêreldkaart
9      wat teen die muurvlak oorkant
10     hang, daar waar seestrome en wind loop
11     met haar land se ganse skeepvaart.
12     Sy staan, sy sit, sy buk oor kant,
13     sy droom of sluimer
14     in lig wat in vlokkies of korrels brand
15     of dof kaats in die ruimer
16     ruimte van 'n skildery of spieël of in 'n wynhouer
17     ivoor maak, of sy speel klavesimbaal
18     of sy loer oor haar skouer
19     en dra 'n sonnende pêrel teen haar nek
20     se skadu. En altyd is daar lig wat áfstraal
21     ín in die liefs klein afgemete vertrek,
22     oorvloedig, uit die oop grote
23     universum en wat die klein aardse geslote
24     stilte in die onmeetlike laat asemhaal.
                                                             [Bron: Driepas, Tafelberg, 1989]

Retoriese middele, woordgebruik en teenstellings word effektief in "Vroue van Vermeer"
aangewend om vroue se ingeperktheid in die sewentiende eeu uit te beeld.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 250 tot 300 woorde.                                    [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans Huistaal/V2                           7                           DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Die bokser – Ernst van Heerden

1       Die grense van die klein kryt
2       is hellende onvastigheid,

3       waar wit bors fier teen wit bors staan
4       en skim teen skim die skynhou slaan;

5       die lyf word wieging – ritmies, sterk –
6       tot skerm en liemaak ingeperk;

7       vier donker oë blits fel en woes,
8       wyl twee gedaantes mik en koes;

9       maar elk groteske vuis se smak
10      laat lis en weerstand verder knak …

11      die liggaam is so rank gebou
12      en weerloos teen dié man se hou;

13      tog sal my mokerslag hom tref
14      waar hy hom vaag en grynsend hef,

15      sy beeld versplinter in die glas
16      waar netnou my gestalte was;

17      'n flikker-weerskyn word verskerf,
18      'n lyf stort soos 'n koring-gerf …

19      Wie is die man wat roerloos lê,
20      wie't 'n bekende naam gesê?

21      Waarom die skaar aan't roep en fluit,
22      en waarom flakker ligte uit …?
                                                                  [Bron: Verklaarde Nag, 1946]

2.1       Skryf 'n woord uit die eerste twee versreëls neer wat by die titel aansluit.              (1)

2.2       Verwys na versreëls 3 tot 8.

          Skryf DRIE afsonderlike woorde neer wat bewys dat die twee boksers vol
          energie is.                                                                               (3)

2.3       Op watter manier word die tema van die gedig beïnvloed deur enersyds die
          woord "maar" in versreël 9 en andersyds die woord "tog" in versreël 13?                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Afrikaans Huistaal/V2                         8                            DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

2.4       Evalueer die gebruik van die beletselteken in versreël 18: " 'n lyf stort soos 'n
          koring-gerf …".                                                                         (1)

2.5       Dink jy die retoriese vrae in versreëls 19 tot 22 is effektief? Motiveer jou
          antwoord.                                                                               (1)

2.6       Verduidelik hoe die rymende koeplette aangewend word om die letterlike en
          figuurlike betekenis van die gedig te ondersteun.                                       (2)
                                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Huistaal/V2                           9                                 DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Tsunami – Kobus de Wet

11 Maart 2011

1      toe die aarde se kors in twee skeur
2      het eoniese kragte die oseaan gelig
3      en woedend maar dodelik sekuur
4      het die watermonster met volle mag
5      op weerlose wesens afgestuur …

6      vergeefs is vervaard geskarrel
7      om voor die sissende serpent
8      van verwoesting te ontkom
9      want duisendtalle het soos oggendmis
10     in hul geliefde nippon
11     onder die water en puin
12                    verdwyn

13     weke lank het die monster se ingewande
14     nog van oordadigheid gerammel
15     toe traag maar tevrede
16     na die dieptes teruggetrek
                                                            [Bron: Toetrede deur Kobus de Wet, 2017]

3.1       Oor watter "watermonster" (versreël 4) handel die gedig EN watter woord in
          strofe 1 word gebruik om dié monster te personifieer?                                          (2)

3.2       Benoem die halfrym in versreël 5 EN motiveer die gebruik van die beletselteken
          aan die einde van hierdie versreël.                                                            (2)

3.3       Verwys na versreëls 6 tot 12.

          3.3.1      Dink jy die gebruik van enjambement is geslaagd in hierdie versreëls?
                     Motiveer jou antwoord.                                                              (1)

          3.3.2      Verduidelik waarom die beeldspraak in versreëls 9 tot 12 effektief is.              (1)

          3.3.3      Wat is die funksie van die besondere skryfwyse van versreël 12?                     (1)

3.4       Is daar genoegsame bewyse in die gedig om die gebruik van "oordadigheid"
          (versreël 14) te regverdig? Motiveer jou antwoord.                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Huistaal/V2                        10                           DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

3.5       Kies die korrekte antwoord deur slegs die vraagnommer en die letter neer te
          skryf, bv. 3.5 E.

          Watter tegniese middel word in die laaste twee versreëls gebruik om aan te dui
          dat die see stelselmatig na normaliteit teruggekeer het?

          A    Kruisrym
          B    Vergelyking
          C    Assonansie
          D    Inversie                                                                          (1)

3.6       Dink jy dit is moontlik dat die leser die slot van die gedig as waarskuwend kan
          interpreteer? Motiveer jou antwoord.                                                   (1)
                                                                                                 [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Huistaal/V2                         11                               DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Suiwer wiskunde – NP van Wyk Louw

1      Die uurwerk kantel. En die ligbruin by
2      hang roerloos voor die blom wat nooit bevrug
3      word, nooit sal saadskiet, welk, en nooit verby
4      hierdie verstarde uur sal groei. Die lug

5      het stil soos ys gaan staan, so wit en blou.
6      Die brander wat wou oorbuig, val, en skuim,
7      bly in sy ligte sirkels vasgehou
8      en moet sy see 'n ewigheid versuim.
                                               [Bron: Nuwe Verse, uitgegee deur Tafelberg, 1954]

4.1       In "Suiwer wiskunde" word besin oor wat sal gebeur as tyd stilstaan.

          Haal TWEE opeenvolgende woorde uit versreël 1 aan wat hierdie interpretasie
          van die gedig regverdig EN skryf TWEE gevolge van tyd wat stilstaan, soos
          beskryf in versreëls 1 tot 4, neer.                                                         (3)

4.2       Wat is die funksie van die leestekengebruik in versreël 1?                                  (1)

4.3       Verduidelik hoe voorplasing in versreël 2 EN die vergelyking in versreël 5
          onderskeidelik bydra om die gedagte dat alles tot stilstand kom, uit te beeld.              (2)

4.4       Kies die korrekte antwoord deur slegs die vraagnommer en die letter neer te
          skryf, bv. 4.4 E.

          Benoem die tegniek wat trefkrag aan versreël 8 verleen:

          A    Tipografie
          B    Enjambement
          C    Kruisrym
          D    Alliterasie                                                                            (1)

4.5       Waarom sou die gebruik van enjambement in "Suiwer wiskunde" as ironies
          beskou kon word EN in watter opsig, dink jy, versterk die rymskema die
          boodskap van die gedig?                                                                     (2)

4.6       In versreël 1 en 5 kom die enigste kleuraanduidings voor, naamlik "ligbruin" en
          "wit en blou". Wat, dink jy, is die funksie van die verdere afwesigheid van kleur?          (1)
                                                                                                      [10]
                                                 EN

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Afrikaans Huistaal/V2                            12                             DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

november – Bibi Slippers

1      november kom soos 'n gaap uit die oop kaak
2      van die jaar en in die warm lug moet 'n mens
3      wonder: wat het ek met my dae gemaak?
4      hoeveel tyd het op my uitgeloop terwyl my vinger
5      teen 'n skerm op geskuur het, hoeveel ure
6      het oorryp geraak in die af yskas van my siel?
7      wat het alles verander terwyl ek afgerol, gekyk en
8      niks gesien het nie? hoe is dit moontlik dat ek nie
9      méér het om te wys vir my geskarrel en gescroll
10     nie? ek was besig én nou is ek moeg en êrens
11     tussen dié twee punte lê my aandag aan skerwe.
12     ek trek 'n bikini aan en loop deur die glasstukke
13     van my lewe. please hesitate to contact me.
14     ek lê stom op 'n strandstoel en raak leer in die son
15     terwyl my voete bloei.
                                                               [Bron: Soekenjin, Tafelberg, 2023]

5.1       Skryf die vergelyking wat in versreël 1 en 2 voorkom neer EN verduidelik wat
          met hierdie beeld bedoel word.                                                                (2)

5.2       Verwys na versreëls 3 tot 6.

          5.2.1         Waarmee het die spreker hom/haar volgens hierdie versreëls
                        gedurende die jaar besig gehou?                                                 (1)

          5.2.2         Dink jy die spreker beskou hierdie aktiwiteit as sinvol? Motiveer jou
                        antwoord deur onderskeidelik na die woordgebruik EN 'n retoriese
                        middel in hierdie versreëls te verwys.                                          (2)

5.3       Verwys na versreëls 12 tot 15.

          Waarom vorm hierdie versreëls 'n kontras met die voorafgaande? In watter
          opsig bly die spreker se lewe egter dieselfde? Skryf EEN woord uit hierdie
          versreëls neer wat aansluit by die spreker se voete wat bloei.                                (3)

5.4       Verwys na die hele gedig.

          5.4.1         Verklaar waarom die talle enjambemente in die gedig effektief is.               (1)

          5.4.2         Noem EEN ander tegniek wat dieselfde effek as die enjambement
                        het.                                                                            (1)
                                                                                                        [10]

                                                                     TOTAAL AFDELING A:                 30
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 13

Afrikaans Huistaal/V2                        13                           DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen

Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag).

VRAAG 6: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG

Greg veroorsaak self dat hy van 'n modelleerder na 'n polisieverdagte verander.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde.                                    [25]

VRAAG 7: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS A

  "En jy?" vra Eckardt. "Moet jy ook die modelkind wees? Moet jy jou broer se plek vat
noudat hy nie daar is nie?"
  Ek gee die woorde kans om in te sink. Ken Eckardt my dan só goed, ná net 'n paar
maande? Vrek, ek dink nie eens Nicole het dit al eens besef nie, en ons ken mekaar al
byna twee jaar.                                                                              5
  "Jip," antwoord ek en voel hoe die lamheid my lyf deurtrek. "Maar dis nie omdat ék wil
nie, dis omdat my pa wil. Toe John dood is, was dit asof ek kon sien hoe my pa se oë
na my toe draai en sê: 'En nou's dit jou beurt, boetie!'
  "As ek kon kies, sou ek my van verander van Owen na … ag, sommer Van der Merwe.
As ek kon kies, was ek nie nou hier nie. Ek sou tevrede wees met 'n gemiddelde skool 10
in 'n gemiddelde woonbuurt met gemiddelde skoolpunte.
Ek sou gelukkig wees om vir enige span rugby te speel, nie noodwendig die eerste span
nie."
  "Maar gemiddelde mense kom nêrens," sê Eckardt.
  "Jy klink soos my pa."                                                                     15
  "Dis miskien iets wat hacking my geleer het. Om te dink soos ander mense dink. Maar
ook om verder te dink; dis wat jou die voorsprong gee."
  Ek kyk op na die helder lug, skerm my oë teen die son. "Ons moet seker teruggaan."
Ek fluit vir die perde om nader te kom. Die fluitgeluid slaan uit die verte terug na my toe.
Vir 'n oomblik luister ek net daarna, toe roep ek, hard: "G-4ce!" Die berg roep my naam 20
terug. "G-4ce! G-4ce! G-4ce!"

7.1       Wat het met Greg se broer John gebeur dat "hy nie daar is nie" (reël 2)? Noem
          TWEE maniere waarop Greg se pa 'n rol gespeel het in wat met John gebeur
          het.                                                                                    (3)

7.2       Hoewel John nie meer "daar is" wanneer Greg vir Eckardt ontmoet nie, het hy
          tog 'n invloed op Greg se vriendskap met Eckardt. Motiveer hierdie stelling deur
          na TWEE verskillende aspekte in Greg en Eckardt se vriendskap te verwys.                (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Afrikaans Huistaal/V2                         14                           DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

7.3       Verwys na reël 3 en 4: "Ken Eckardt my dan só goed, ná net 'n paar maande?"

          In die lig van inligting wat Greg later bekom, verduidelik waarom sy
          gewaarwording oor Eckardt in hierdie reëls ironies is.                                  (1)

7.4       "Vrek, ek dink nie eens Nicole het dit al eens besef nie, en ons ken mekaar al
          byna twee jaar." (Reël 4 en 5)

          7.4.1      Watter emosie oorheers op hierdie stadium van die roman Greg se
                     gedagtes as hy aan sy verhouding met Nicole dink? Noem die
                     belangrikste gebeurtenis wat tot hierdie emosie aanleiding gegee het.        (2)

          7.4.2      Dink jy die Nicole-karakter in die roman is funksioneel? Motiveer jou
                     antwoord met TWEE feite uit die roman.                                       (2)

7.5       Verwys na reëls 6 tot 13.

          7.5.1      Waarom is dit oortuigend dat Greg in reël 6 voel asof 'n "lamheid my
                     lyf deurtrek"?                                                               (1)

          7.5.2      Watter houding openbaar Greg, onder invloed van Eckardt, ten
                     opsigte van die verwagtinge wat sy pa van hom koester? Dink jy dat
                     sy pa se verwagtinge tot innerlike konflik by Greg lei? Motiveer jou
                     antwoord.                                                                    (2)

7.6       "Ons moet seker teruggaan." (Reël 18)

          Watter afleiding kan 'n mens daaruit maak dat Greg hierdie gesprek skielik
          kortknip?                                                                               (1)

7.7       Die naam G-4ce dui op beide die positiewe en negatiewe invloed wat hacking
          op Greg het.

          Motiveer hierdie stelling deur na die positiewe EN negatiewe invloed
          afsonderlik te verwys.                                                                  (2)

                                                 EN

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Afrikaans Huistaal/V2                       15                          DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

TEKS B

  Ek loop stadig terug gastehuis toe. Heeltemal ge-rattle. Daar is nou meer mense op
straat. Hulle kyk my net aan, na my stukkende gesig, geskeurde klere. Bloed.
Een vrou wil my help. "Los my!" skree ek en ruk my arm uit haar hande uit.
  My ma is alleen in die gastehuiskamer. Sy kyk op van 'n tydskrif, word bleek toe sy my
sien. "Greg!"                                                                                5
  "Waar is Pa?" vra ek.
"Wat het gebeur?"
  "Pa. Waar is hy?" Harder.
  "Hy het gaan sigarette soek voor hy ry."
  "Ry?"                                                                                      10
  "Bergville toe. Doktor Pienaar …"
  Natuurlik. Skielik wonder ek of my pa al sy sakebelange laat staan het om my onthalwe
en of hy gekom het om vir Dok te help?
"Ek moet hom gaan soek," sê ek en draai terug deur toe.
  "Jy kan nie! Nie só nie. My kind, wat is dit met jou?" Paniek in my ma se oë.              15
Nou eers dink ek daaraan: hoe gaan Ma dit vat as sy uitvind wat ek gedoen het sonder
dat ek dit weet? Al daardie damn goed wat Eckardt my láát doen het.
  "Iemand het my geslaan, Ma."
  "Wie?"
  "Eckardt."                                                                                 20
  "Eckardt? Maar hy is dan –"
  My ma stop skielik. Haar blik gly van my af na iemand agter my. Ek draai om.
  My pa.
  Ek staar net na hom, skrik dan, want vir die eerste keer besef ek ek het nog nooit
behoorlik gekyk hoe hy lyk nie.                                                              25

7.8      Waar is die gastehuis (reël 1) waarheen die "ek" loop?                                   (1)

7.9      Verwys na reëls 12 tot 17.

         Watter emosie kan 'n mens uit Greg se "Natuurlik" aflei? Watter verwagting
         word geskep deur die feit dat Greg op hierdie stadium sy pa wil gaan soek EN
         waarom is dit verstaanbaar dat die paniek in sy ma se oë vir Greg kalmeer?               (3)

7.10     Watter kodenaam kry Greg se pa in die verhaal? Lewer kommentaar op die
         gepastheid van hierdie naam in die lig van die pa se sakebelange.                        (2)

7.11     Verwys na reël 20.

         Die Eckardt-karakter is in die kuberkraakwêreld as Ekk-0 bekend.

         Waarom het hy juis die naam Ekk-0 as kuberkraaknaam gekies EN watter
         ooreenkoms, vind Greg uit, bestaan tussen dié twee name van hierdie
         karakter?                                                                                (2)

7.12     Herlees reëls 6 tot 9 van TEKS A EN reël 24 en 25 van TEKS B.

         Hierdie twee gedeeltes dui op karaktergroei by Greg. Stem jy saam? Motiveer
         jou antwoord.                                                                            (1)
                                                                                                 [25]
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Afrikaans Huistaal/V2                        16                           DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag).

VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG

Baas word gekarakteriseer deur die keuses wat hy maak.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde.                                     [25]

VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS C

   Hy wig die vyfrandmunt wat Riekert vir ouma Essie gestuur het voor sy oupagrootjie
se bors tussen die glas en die raam in. "Jy wen, Baas Dennis," sê hy.
   Onder die Land Rover word Baas weer naar. Sy balans is nog aangetas. In die
hoofpad ratel 'n groot voertuig tussen die klipkoppe tot stilstand. Iemand kom van die
kerk se kant af in die Manaka-pad langs gestap. Hy struikel oor 'n klip. Dit is die lang      5
man met die blou oorpak. Hy hurk by die Land Rover, sy hand op die agterwiel.
   "Howzit?" Whitey loer onder die bakkie in.
   "Aan die gang," sê Baas. Hy lê op sy sy.
   "Ek het gedink ek sal maar daar bo stilhou, hier is dalk nie draaiplek by jou kamp nie.
Die mense in Ngweze het 'n boodskap gestuur. Hulle sê hulle kry nie die onderdele vir         10
jou boot nie."
   "Ek het dit nie meer nodig nie. Maar dankie."
   Baas rol onder die voertuig uit en gaan sit met opgetrekte bene langs die voorwiel.
Grace bring koffie. Oor haar skouer hang die geel oliebaadjie waarin die patrone en die
hondekos toegedraai was die nag toe hulle van die hospitaal af teruggekom het. Sy knak        15
haar knieë en hou die koffieplank na meneer Whitey toe uit.
   "Sit myne maar daar neer, dankie, Gracie." Hy vat die oliebaadjie. "Amper al daarvan
vergeet," sê hy.
   "Dit het baie gehelp." Baas vat die ander beker koffie. "Ek skuld jou nog vir ons
vervoer."                                                                                     20
   "Niemand betaal my vir saamry nie."

9.1       Verwys na reël 1 en 2.

          Verduidelik waarom Riekert vir ouma Essie die vyfrandmunt gestuur het EN
          waarom Baas nie die geldstuk vir haar gegee het nie.                                     (2)

9.2       "Jy wen, Baas Dennis." (Reël 2)

          Wat is die verwantskap tussen Baas en Baas Dennis?                                       (1)

9.3       Verwys na reël 3.

          Van watter belang is Baas se naarheid ten opsigte van die intrige van hierdie
          roman? Noem DRIE feite.                                                                  (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Afrikaans Huistaal/V2                           17                          DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

9.4       Verwys na reëls 7 tot 12.

          Watter rolle speel die boot as terugkerende motief in die roman? Noem DRIE
          feite.                                                                                     (3)

9.5       Verwys na reëls 14 tot 16.

          In watter opsig is dit enersyds vir Baas 'n bron van irritasie en andersyds tot sy
          uiteindelike voordeel dat Grace hom versorg? Watter TWEE feite oor Grace se
          verlede veroorsaak dat Whitey haar as "Gracie" aanspreek?                                  (4)

9.6       Verwys na reëls 19 tot 21.

          Watter realiteit in beide mans se lewens dra daartoe by dat hulle antwoorde in
          hierdie reëls as valse trots geïnterpreteer kan word?                                      (1)

9.7       Met watter optrede van Baas toon die woorde van Whitey in reël 21 'n
          ooreenkoms? In watter opsig berei hierdie ooreenkoms Baas stelselmatig voor
          om sy siening te verander?                                                                 (2)

                                                   EN

TEKS D

    Die kind het kom sê dat ouma Essie baie siek is. Tibelelo het hom gestuur.
    Baas trek sy skoene aan en laat Vleislus agter op die Land Rover spring.
    By Mubuyu vier die mense nog fees.
    Ouma Essie kry stuiptrekkings. Haar kop beur al verder agteroor. Haar oë is wyd
oop. Sy kan nie praat nie. Meneer Jos en sy vrou en Grace is by haar. Hulle het meubels 5
uitgedra om plek te maak in die hut.
    Baas vat ouma Essie se kop in al twee sy hande. Haar neksenings ruk teen sy bors
en haar lyf is koud teen syne. Hy bly so op sy knieë by haar staan tot sy weer stil word.
Meneer Jos en sy vrou en Grace begin saggies huil. Ouma Essie maak haar oë toe.
Baas lê haar kop op die kussing neer. Sy raak aan die slaap. Hy haal muluti Joseph se 10
lyfband af en sit dit onder haar verrimpelde hand op haar bors.
    "Dankie, ouma Essie," sê hy. "Ek het dit nie meer nodig nie."
    "Meneer Baas kan vir ons bid," sê meneer Jos.
    Die mense om die bed vat hande. Hulle bly lank so staan met hulle koppe gebuig.
    "Dankie, Here. Amen," sê Baas.                                                        15
    "Amen," sê meneer Jos. Hy staan uit die pad dat Baas verby die buffet kan skuur.
"Miskien sal ons vir haar 'n plek kan gee waar al haar goed sal inpas," sê hy en vryf sy
hande teen mekaar.
    "Die deure en die vensters vir die kerk en vir die huis het gekom," sê Baas.

9.8       Verwys na reël 3.

          9.8.1         Watter gebeure het veroorsaak dat hierdie fees plaasvind EN
                        waarom is hierdie fees vir die Sitali-familie 'n hoogtepunt?               (2)

          9.8.2         Dink jy dit is gepas dat hierdie gebeure juis in Mubuyu plaasvind?
                        Motiveer jou antwoord.                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Afrikaans Huistaal/V2                       18                      DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

9.9       Verwys na reëls 10 tot 12.

          Waarom het ouma Essie muluti Joseph se gordel vir Baas gegee? Watter
          simboliese betekenis, dink jy, kan aan hierdie handeling geheg word?             (2)

9.10      Verwys na reël 15.

          In watter opsig, dink jy, is Baas se kort maar kragtige gebed karakter-
          openbarend? Noem TWEE aspekte van sy lewe wat Baas moontlik in hierdie
          gebed kan impliseer.                                                             (3)

9.11      Verwys na reël 4 en 5 van TEKS C EN reël 19 van TEKS D.

          Wat is die verband tussen hierdie twee teksgedeeltes?                            (1)
                                                                                           [25]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 19

Afrikaans Huistaal/V2                         19                             DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

VATMAAR – AHM Scholtz

Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag).

VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG

Die keuses wat Tant Wonnie maak, wys dat sy 'n sterk karakter het.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde.                                      [25]

VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS E

   Oupa Lewies het klaar gelees en almal was vir 'n rukkie stil. Toe sê Oom Flip: Mag
ek iets vra?
   Ja! sê Oom Chai.
   Ek het nie verstaan wat onse wit broer gelees het nie. Kan jy wat Chai is dit nie
asseblief in onse taal verduidelik nie?                                                     5
   Oom Chai het die brief toe oorgesit in die taal van Vatmaar, Afrikaans.
   Nou verstaan ons, het almal soos een man gesê.
   Daar was 'n lang stilte. Toe sê 'n mooi ligtekopvrou: Dis beter so. Ons kan nie verwag
om die kerksaal én sy staanplek verniet te kry nie. Ons is nie daaraan gewoond om
dinge vir niks te kry nie. Ons het nog altyd gewerk vir wat ons wil hê.                     10
   Wonnie, sê Oom Chai, nou het jy gepraat. En aan die ander: Laat ons luister na
hierdie moeder van Vatmaar. Kom staan hier by ons.
   Tant Wonnie het haar van haar twee dogtertjies losgemaak en by die twee mans gaan
staan. Toe sê sy met 'n glimlag vir die mense: Ons gaan ons eie kerkerf koop. Sy het na
die heel voorste erf gewys en gesê: Daar oorkant, daai erf met die klippe op wat niemand 15
wil hê nie.
   Sy bly eers weer stil en dink na. Toe sê sy: Na die vergadering sal 'n seun en 'n dogter
'n leë twaksakkie by Oupa Lewies kry. (Oupa Lewies het staan en pyprook.) Sy het die
twee aangewys: Loop by elke huisgesin langs en hulle sal iets in die sakkie sit.

11.1      Waar het Oom Chai en Oupa Lewies se vriendskap ontstaan? Noem TWEE
          feite.                                                                                    (2)

11.2      Wat het Oupa Lewies voorgelees EN waarom het hý dit voorgelees en nie
          Oom Chai nie?                                                                             (2)

11.3      Verwys na reël 1 en reël 8.

          Wat is die rede vir die stilte in reël 1 EN in reël 8 onderskeidelik? Wat word deur
          die lang stilte (reël 8) geïmpliseer EN watter invloed sou die oorsaak van dié
          lang stilte op die lewens van die mense van Vatmaar hê?                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 20

Afrikaans Huistaal/V2                        20                          DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

11.4      Verwys na reëls 6 tot 8.

          In watter TWEE opsigte, dink jy, is hierdie gevolgtrekking van Tant Wonnie
          karakteriserend van haar lewensmotto? Waarom sou Tant Wonnie se woorde
          in reël 7 en 8 as ironies beskou kon word as die ontstaan van Vatmaar in
          gedagte gehou word?                                                                   (3)

11.5      Wat is die name van tant Wonnie se twee dogters?                                      (2)

11.6      Tant Wonnie kies 'n klipperige erf vir die kerk. Dink jy dit is 'n wyse keuse?
          Motiveer jou antwoord.                                                                (1)

11.7      Waarom het Tant Wonnie Oupa Lewies se twaksakkie gekies vir die
          geldinsameling?                                                                       (1)

                                                EN

TEKS F

Kenny is weer die Saterdag met die groot mouterkar gebring. Hy het sy trommel en 'n
bouplan uitgehaal. Na hy 'n koppie tee gedrink en homself in die waskom water gewas
het, het hy die plan oopgerol en vir Tant Wonnie geroep.
    Wat ons in Vatmaar nodig het, sê hy, is 'n kliniek. Ek wil hê Ma-Ma moet die oudstes
bymekaar kry en vir hulle vertel wat ek in gedagte het.                                     5
    Nee, my Seun vir so 'n ding sal jy die hele Vatmaar bymekaar moet kry. Ons dink
Vatmaar behoort aan almal van ons, waarmee ek nou nie wil sê ons respekteer nie onse
oumense nie.
    Wat dink Ma-Ma is die beste manier om te begin?
    Laat my sien, het sy gesê en met haar vinger op haar slaap staan en dink. O ja, môre    10
is Sondag en die kerk is diesdae vol, noudat ons daai bruin onderwyser het wat die diens
hou. Sy naam is Frans Kiewiet. Soos die naam jou vertel, is hy van Griekwa-afkoms,
'n reguit jong man wat graag help. Hy het al die kerkpapiere wat Boitjie Afrika vir hom
gegee het toe hy deur Oom Chai se trommel gegaan het.
    Goed, Ma-Ma, het Kenny gesê, dan gaan ons kerk toe en ons vra hom sommer om             15
môre ons baba te doop.
    Nou het jy gepraat, my Seun. (Tant Wonnie het nooit vir Kenny op sy naam genoem
nie, altyd: my Seun.)
   Sondagoggend, net voor die kerk-treinfluit, staan en wag Kenny en sy nuutgevonde
familie die skoolmeester in net waar die paaitjie na die kerkgronde indraai – want so is    20
die erf genoem.

11.8      Verwys na reëls 1 tot 3 EN reël 9.

          Watter afleiding kan jy oor Kenny se grootwordjare maak? Dink jy dit is
          geregverdig dat Kenny vir Tant Wonnie in reël 9 as "Ma-Ma" aanspreek?
          Motiveer jou antwoord met TWEE feite.                                                 (3)

11.9      Waarom wil Kenny juis 'n kliniek op Vatmaar bou? Dink jy die gebou se naam
          is gepas? Motiveer jou antwoord.                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 21

Afrikaans Huistaal/V2                        21                           DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

11.10     In watter opsig was Kenny se idee om Vatmaar se oudstes van die planne vir
          'n kliniek te vertel enersyds die korrekte gedagte, maar tant Wonnie se plan om
          almal in Vatmaar te betrek, andersyds beter?                                            (2)

11.11     Verwys na reëls 14 tot 16 van TEKS E EN reëls 6 tot 8 van TEKS F.

          Watter rol, dink jy, speel tant Wonnie by beide bouprojekte? Watter karaktertrek
          van tant Wonnie kom in haar raad aan Kenny in TEKS F na vore? In watter
          ander situasie in die roman kom dieselfde karaktertrek by Tant Wonnie na
          vore?                                                                                   (3)
                                                                                                  [25]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 22

Afrikaans Huistaal/V2                            22                           DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag).

VRAAG 12: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG

Die keuses wat Iris ná skool maak, dra tot haar ontwikkeling as 'n selfstandige vrou by.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde.                                        [25]

VRAAG 13: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS G

  "Vra eers vir Peter," het sy gesê. "Hy sê nooit iets nie."
  Ek wou hom juis nie vra nie, maar ons het ons almal na hom gewend.
"As ek kan kry wat ek wil hê," het hy slim geantwoord. "Dit sal my tevrede stel."
  "En wat wil jy hê?" het Bettie gevra.
  " 'n Hele lys goed, maar almal binne die perke van moontlikheid. Ek hoop nie op 'n             5
Nobel-prys nie."
  "En gaan jy vir ons vertel wat op jou lys is?" het Bettie gevra.
  "Nee."
  "Die lewe het geen sin nie," het sy verklaar met die selftevredenheid van iemand wat
dink hulle het pas iets oorspronkliks kwytgeraak.                                                10
  "Dis oor jy te veel wyn drink," het Brian gesê.
  "Dis omdat my lewe begrens word deur skroefsleutels en sweisapparate." Sy het haar
hand voor na agter deur haar hare getrek en onmiddellik gelyk soos 'n grys bosloerie.
  Ek het reggeskuif om te luister. Party van my vriendinne het soms sulke bewerings
gemaak – oor die lewe, nie die skroefsleutels nie – en Ma het altyd gesê dis deel van die        15
grootwordproses. Johanna het gereken dis die bogpraatjies van snuiters wat nog nie
eens die lewe beproef het nie, dan gee hulle al uitsluitsel daaroor. Bettie was die eerste
volwassene wat ek so hoor praat het.
(Kara het dit in haar nonperiode gesê, maar Elsa nooit nie. Vir Elsa was die lewe altyd
'n goed gemerkte, onlangse padkaart: Wie kan lees, kan dit volg.)                                20

13.1      "As ek kan kry wat ek wil hê," het hy slim geantwoord. "Dit sal my tevrede stel."
          (Reël 3)

          Wat, het Iris geweet, sou Peter eintlik wou antwoord as hulle alleen was?                   (1)

13.2      Verwys na Bettie se woorde in reël 9.

          13.2.1        Watter TWEE belangrike karaktereienskappe van Bettie kan uit
                        hierdie woorde afgelei word? Dink jy dat Brian die hoofoorsaak is van
                        Bettie se houding soos dit uit haar woorde blyk? Motiveer jou
                        antwoord.                                                                     (3)

          13.2.2        Op watter manier speel hierdie woorde 'n rol in Iris se gedagtes later
                        die aand EN hoe sou dít tot 'n antiklimaks aanleiding gee?                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 23

Afrikaans Huistaal/V2                         23                            DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

13.3      Verwys na Johanna se stelling in reël 16 en 17.

          Wie is Johanna? Noem EEN rol wat sy in Iris se lewe vervul. Dink jy hierdie
          stelling is tipies van die Johanna-karakter? Motiveer jou antwoord met TWEE
          feite uit die roman.                                                                        (4)

13.4      In reël 19 kom Kara se nonperiode ter sprake.

          Noem EEN rede waarom Iris jaloers was omdat Kara deur haar nonperiode
          gegaan het. Op watter wyse het Kara se lewe later gekontrasteer met dít wat
          van 'n non verwag word?                                                                     (2)

13.5      In reëls 15 tot 20 word vyf vrouens genoem.

          Watter EEN van hierdie vrouens het volgens jou die grootste invloed op Iris se
          lewensfilosofie gehad? Motiveer jou antwoord.                                               (1)

                                                 EN

TEKS H

  Hy het gesug en 'n seepbel tussen sy bakhande geblaas. "Jou familie stel darem hoë
eise aan my."
  "Net omdat Pa jou gevra het om sy varkhokke te ontwerp? Wat van jou pa wat wou hê
ek moet kom dolosse gooi om uit te vind waarom die een wyfie haar eiers uit die nes
gooi?"                                                                                  5
  "Jou bonatuurlike gawes is geboekstaaf; ek is nie 'n huweliksraadgewer nie."
  Ek was geneig om saam te stem, maar Hannes en Peter is een Saterdag die veld in,
kwansuis om droë hout op te tel vir Elsa se kaggel en wat tussen hulle gesê is – indien
enigiets – het ek nooit gehoor nie. Nie een van die betrokke partye het ooit weer iets
gesê nie. Of die harige student van die verhoog afgeskuif is, weet ons nie. Die toekoms 10
sal ons leer.
  "Miskien het sy student hom laat blom," het ek vir Peter gesê. "Miskien is dit waarna
hy gesoek het."
  "Hannes is nie so behep met sy blomtyd soos jy nie," was al wat hy wou sê.
  "Het Hannes toe sy stuk laat staan?" het Johanna by my probeer uitvis.                15
  Ek het net my skouers opgehaal.

Nog twee karakters wat van die verhoog af verdwyn het, was Eduard en Greta.
Af en toe, wanneer ek langs dokter Anders gestaan en instrumente aangee het, het ek
nog met hulle lewe gespeel, maar die vlam was weg.
Hulle het dieselfde romantiese ontknopings te dikwels ondergaan, hulle fut was uit. 20

13.6      In reël 1 en 2 voel Peter dat Iris se familie hoë eise aan hom stel.

          Wat is in hierdie geval die "hoë eise" wat Iris se familie aan hom stel?                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 24

Afrikaans Huistaal/V2                            24                          DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

13.7      Verwys na reël 6.

          13.7.1        Waarna verwys Peter as hy sê dat Iris se "bonatuurlike gawes" bewys
                        is?                                                                         (1)

          13.7.2        Watter afleiding maak Peter se pa oor Iris na aanleiding van hierdie
                        "bonatuurlike gawes"? Watter gevolg het die pa se siening op Iris se
                        hantering van hom enersyds, en die pa se hantering van Iris
                        andersyds?                                                                  (3)

13.8      Verwys na reëls 17 tot 20.

          13.8.1        Watter TWEE funksies het Iris se fantasieë in haar lewe vervul EN
                        watter invloed het dit op haar keuse van werk gehad?                        (3)

          13.8.2        Hoe het die Eduard-en-Greta-storie EN die Peter-en-Iris-verhouding
                        mekaar wedersyds beïnvloed? Verwys in jou antwoord afsonderlik
                        na elkeen se invloed op die ander.                                          (2)

13.9      Herlees reël 19 en 20 van TEKS G EN reëls 7 tot 11 van TEKS H.

          Wat word omtrent die verhouding tussen Elsa en Hannes geïmpliseer as in
          reël 8 van "Elsa se kaggel" gepraat word? Dink jy dat die beeld wat in TEKS G
          gebruik word om Elsa te karakteriseer, steeds vir haar geldig is ten tye van die
          gebeure in TEKS H? Motiveer jou antwoord.                                                 (2)
                                                                                                    [25]

                                                                    TOTAAL AFDELING B:              25

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 25

Afrikaans Huistaal/V2                        25                           DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF VRAAG 15 (kontekstuele vraag).

VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG

Bespreek, in 'n opstel van 400 tot 450 woorde, die verskillende rolle wat Map in die
drama Krismis van Map Jacobs vervul.                                                                  [25]

VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS I

MAUD:             Hierdie klomp skorriemorrie, layabouts, loafers, Cyril en Richie, en wat
                  hulle name ook al is, ek het vir hulle hier deur die venster dopgehou
                  daar onder, hulle't weer vir Blanchie gemoveer vanoggend … Die
                  skuim … Vir haar name geskree … Jy weet, Cavernelis-darling, I can't
                  take it, I can't take it anymore …                                              5
CAVERNELIS: (skielik opstandig en bitter. Skielik ook lyk hy sterk. Maar hy praat sag)
                  Die vuilgoed. Ons sake is nie hulle besigheid nie … Blanchie se sake,
                  dit het niks met hulle te make nie! Dis hoekom ek vir jou sê ons moet
                  úit hier …
MAUD:             Maar dis precisely omdat ons wil úit, lat hulle vir ons moveer … "O",       10
                  skree hulle vir Blanchie, "jy's al weer op pad …", en hulle lag hulle
                  disgusting soorte gelag …
CAVERNELIS: Maud! Stop dit!
MAUD:             But it's true …
CAVERNELIS: Stop, sê ek!                                                                      15
MAUD:             Cavernelis!
CAVERNELIS: Die vullis!
MAUD:             Ek sê vir jou, we must get óút of here, óút, óút …
CAVERNELIS: Maar dis mos hoekom …
MAUD:             Ja, hoekom jy jou vrek werk by die polony factory, week in en week uit,     20
                  en dan elke aand ook nog, en weekends ook nog canvass, canvass,
                  canvass, met die soft goods … En dan spot hulle vir jou, lag hulle vir
                  jou, wiet jy dit, oor die soft goods, petticoats en panties, lag hulle,
                  ha-ha-ha-ha-ha … (Sy lag soos "hulle" lag.) Soft goods, petticoats en
                  panties, ha-ha-ha … ha-ha-ha. Dáár gaan die man moet die suitcase           25
                  vol bra'tjies en bloomertjies!
Sy lag en lag, histerie in haar stem.
CAVERNELIS: Hulle kan gaan … kan gaan kak!
MAUD:             Moenie so praat nie, Cavernelis-darling! … Petticoats en panties! (Lag
                  en lag.)                                                                    30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 26

Afrikaans Huistaal/V2                            26                            DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

15.1      Watter geskiedkundige era is daarvoor verantwoordelik dat die Cavernelis-
          gesin hulle teen hulle sin in hierdie township bevind?                                          (1)

15.2      Verwys na Maud se woorde in reëls 1 tot 5.

          15.2.1        Wat is die funksie van die gebruik van die woord "weer" (reël 3) binne
                        die konteks van hierdie gesprek? Dink jy Maud probeer Cavernelis
                        met hierdie woord manipuleer? Motiveer jou antwoord.                              (2)

          15.2.2        Watter afleiding kan oor Maud se houding gemaak word as sy na
                        Cyril en Richie as "skuim" verwys in reël 4?                                      (1)

15.3      "… Vir haar name geskree …" (Reël 4)

          Watter name het Cyril en Richie moontlik vir Blanchie geskree EN wat word
          deur die feit dat hulle vir haar name skree enersyds oor Blanchie en andersyds
          oor Cyril en Richie geïmpliseer? Dink jy hierdie optrede teenoor Blanchie is
          geregverdig? Motiveer jou antwoord.                                                             (4)

15.4      Verwys na die neweteks in reël 6.

          Van watter belang is die inskrywings in die neweteks vir die karakterisering van
          Cavernelis? Verwys na EEN van hierdie inskrywings in jou antwoord.                              (1)

15.5      Cavernelis verwys in reël 7 afsonderlik na "ons sake" EN "Blanchie se sake".

          Die leser sou kon aflei dat Cavernelis vir Blanchie uitsluit by die "ons sake" op
          grond van die feit dat hy afsonderlik na "Blanchie se sake" verwys. Wat behels
          Blanchie se sake en die "ons sake" afsonderlik? Ná watter gebeurtenis het
          Blanchie begin saamwerk aan Cavernelis en Maud se einddoel?                                     (3)

15.6      Verwys na reëls 13 tot 19.

          Dink jy dit is geloofwaardig dat Cavernelis in reël 13 en reël 17 op een manier
          reageer en in reël 19 dan heeltemal anders? Motiveer jou antwoord deur na
          beide reaksies afsonderlik te verwys.                                                           (2)

15.7      Verwys na: " Moenie so praat nie, Cavernelis-darling! …" (Reël 29)

          Verduidelik die ironie in Maud se woorde.                                                       (1)

                                                    EN

TEKS J

TOMMY:
Kom nou, mense,
Tommy Sobotker
at your service!
Don't be nervous!
Tommy Sobotker                                                                                        5
at your service!
En dan sien hy vir Map wat in die deur van Antie Grootmeisie se "council-hys" staan. Hy
raak stil, en kyk en kyk.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 27

Afrikaans Huistaal/V2                          27                           DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

TOMMY:         (fluisterend) Map … Jacobs. Maar dis mos … Map … Ek mien dis mos …
               Map Jacobs!                                                                      10
Stilte.
TOMMY:         'Is mos … Map … van Antie Grootmeisie … Jacobs … Reg? (Hy sluk.)
               Maar … (Hy lyk verward.)
MAP:           (starend) Hello, Tommy! Nei, die twaalf jaar is nog nie verby nie … Ek is
               yt op parole …                                                                   15
TOMMY:         … Jy's …ýt? … Regtig? Hel, ek het gedink miskien is 'ít nie waar nie! …
MAP:           Op parole …
TOMMY:         Ja … ek siet … Ek siet mos, siet ek? … (Stap nader aan Map, kyk.)
MAP:           Na sewe jaar …
TOMMY:         … Sewe … Hél …                                                                   20
MAP:           Dis Tommy Sobotker, ja?
TOMMY:         'Is Tommy Sobotker, ja … Map … Jacobs … die einste! Tommy Sobotker
               … (Praat dan vinniger, bewoë amper.) … het gehoor, lat jy miskien … ek
               mien Johnnie Jacobs, lat hy ytkom … maar … Hél, hierso stáán Map
               Jacobs … ek mien Johnnie … hierso staan hy voor my, en ek siet hom               25
               moet my eie oë same … Map Jacobs …
MAP:           Dis ek, ja …
TOMMY:         (sit sy karretjie neer – dit val eintlik uit sy hande) So jy's … by die hys …
               (Oor na Map, en val Map om die hals.) Jy's by die hys! Map … Jacobs!
               Stilte.                                                                          30
TOMMY:         Ek het … gedink, well, ek siet jou só lank nie weer nie … Ek het … daar
               gesit destyds in die koort, die hele tyd … en toe hulle jou, well, sentence,
               die dag … twaalf jare … ek het my asem opgehou … ek siet jou só lank
               nie weer nie, dink ek … en hierso … hierso staan … Map Jacobs van Antie
               Grootmeisie … Hél …                                                              35

15.8      Verwys na reëls 1 tot 6.

          15.8.1        Waarmee is Tommy Sobotker hier besig?                                        (1)

          15.8.2        Gee EEN karaktereienskap van Tommy Sobotker wat van Cyril en
                        Richie verskil.                                                              (1)

15.9      Verwys na reël 7 en 8.

          Watter TWEE rolle speel Antie Grootmeisie in Map se lewe?                                  (2)

15.10     Waarom was Map in die tronk? In watter opsig was dit vir Map enersyds
          voordelig en andersyds nadelig dat hy in die tronk was?                                    (3)

15.11     Verwys na reëls 22 tot 26.

          Verklaar hoekom Tommy onseker is oor hoe hy vir Map moet aanspreek.
          Watter ander karakter in die drama verkies ook om hom eerder Johnnie te
          noem?                                                                                      (2)

15.12     Verwys na reël 25 en 26 van TEKS I EN reël 28 van TEKS J.

          Watter ooreenkoms bestaan tussen Cavernelis se "suitcase" en Tommy se
          "karretjie"?                                                                              (1)
                                                                                                    [25]
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0d3edb3f-1c44-4a82-a9fa-7832a4161288) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2023/570bfb5d-f864-4400-8cd2-30d4b1b647c7) — Afrikaans HL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2022/b6902408-ac2a-4a7c-a4f3-5057a283114e) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans HT GR. 12 V 2 JUNIE 2023 FINAAL](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-ht-gr-12-v-2-junie-2023-finaal/4cfda32a-8937-4c06-b165-cdfa2820cd2d) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/1a878435-bdd2-45da-8e0c-99f96c0bae42) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 MEMO GR12 SEPT 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-memo-gr12-sept-2022/3073e906-8969-412a-869e-48eff08f4ccc) — Memo · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
