# Afrikaans HL Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 QP

> Grade 11 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2018, 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr11-nov2018-d/4421cb1b-234e-4ec1-9fb3-dd18cd614ec3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr11-nov2018-d/4421cb1b-234e-4ec1-9fb3-dd18cd614ec3)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018 · Afrikaans. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-memo/30ab9bff-a730-42e2-a934-2aa81e7b7336) — Memo · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                       NOVEMBER 2018

                  AFRIKAANS HUISTAAL V2

PUNTE:   80

TYD:     2½ uur

                               *IAFRHL2*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/NOVEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beant-
       woord.

 2.    Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die inhouds-
       opgawe op bladsy 4 en kies die tipe vraag wat jy wil doen. Neem die voorskrif-
       te by elke vraag in ag.

 3.    Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

       AFDELING A: Gedigte (30)
       AFDELING B: Prosa (25)
       AFDELING C: Drama (25)

 4.    Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B
       en EEN in AFDELING C.

 5.    AFDELING A: GEDIGTE
       Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
       Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.

       AFDELING B: ROMAN
       Beantwoord EEN vraag.

       AFDELING C: DRAMA
       Beantwoord EEN vraag.

       KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) en C (DRAMA)

       x   Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As
           jy die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele
           vraag in AFDELING C beantwoord. As jy egter die kontekstuele vraag in
           AFDELING B beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beant-
           woord. Gebruik die kontrolelys op bladsy 5 om jou te help.

 6.    LENGTE VAN ANTWOORDE

       x   Die lengte van die opstel vir die gedig is 200–250 woorde.
       x   Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 350–400 woorde elk.
       x   Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word bepaal deur
           die puntetoekenning van elke vraag. Beantwoord die vrae bondig en
           relevant.

 7.    Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

 8.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.

 9.    Beantwoord ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                  3

 10.    Voorgestelde tydsindeling:

        AFDELING A:       ongeveer 40 minute
        AFDELING B:       ongeveer 55 minute
        AFDELING C:       ongeveer 55 minute

 11.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                AFRIKAANS HUISTAAL V2           (EC/NOVEMBER 2018)

 INHOUDSOPGAWE

 AFDELING A: GEDIGTE

 Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
 VRAAGNOMMER                            VRAAG                  PUNTE       BLADSY
 1. Pa                                Opstelvraag                10           6

 2. Gestorwe planeet                      Kontekstuele vraag     10             7

 3. Vraag                                 Kontekstuele vraag     10             8

 4. Niks is waarna dit lyk nie            Kontekstuele vraag     10             9

                                                EN
 Ongesiene gedig: Verpligtend
 5. Wat die sterre sê                     Kontekstuele vraag     10            10

 AFDELING B: ROMAN

 Beantwoord EEN vraag.*
 6. Droomdelwers                             Opstelvraag         25            11

 7. Droomdelwers                          Kontekstuele vraag     25            11

 AFDELING C: DRAMA

 Beantwoord EEN vraag.
 8. My Japan                                 Opstelvraag         25            14

 9. My Japan                           Kontekstuele vraag     25   14
 *LET WEL:       Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
                 uit AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

                 Jy mag NIE TWEE opstelvrae of TWEE kontekstuele vrae
                 beantwoord NIE.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                       5

 KONTROLELYS

 Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae beant-
 woord het.

             AFDELING                VRAAG-        GETAL VRAE BEANTWOORD MERK
                                     NOMMER                                9
A: Gedigte
                                   1–4          2
(Voorgeskrewe gedigte)
A: Gedigte
                                    5           1
(Ongesiene gedig)
B: Roman
                                   6–7          1
(Opstel- of kontekstuele vraag)
C: Drama
                                   8–9          1
(Opstel- of kontekstuele vraag)
LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG uit
              AFDELING B en AFDELING C.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/NOVEMBER 2018)

 AFDELING A: GEDIGTE

 VOORGESKREWE GEDIGTE

 Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

 VRAAG 1: OPSTELVRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg.

 Pa – Marlise Joubert
 1      hy was nie ŉ man van staal nie

 2      waar die reën se blink some
 3      alkant oor die berge sleep
 4      hoor ek hom lag hoor ek hom praat
 5      waar die knettervuur van son
 6      die heuwels kaal skeer
 7      hoor ek hom ween hoor ek hom roep

 8      pa was nie ŉ man van staal nie
 9      pa was in murg en borsbeen
 10     ŉ doodgewone man

 11     ontslape vertoef hy soms in my drome
 12     dans rond in stiltes van my boord
 13     versteur deur die wilgertoiings
 14     ryg wingerdharte aanmekaar
 15     en hang dit elke dag
 16     voor my kamervenster oop

 17     op die lessenaar drup sy inkpen leeg
 18     glip die lig van ŉ lamp oor die laaste brief:
 19     ek was ŉ doodgewone man
 20     met borswonings van lag en van huil
 21     murgsag en in die liefde geskaad

 22     en my dood was soos dit ons aarde behaag
                                                                  [Uit: Lyfsange, 2001]

 Die gedig bevat die spreker se diep heimwee en herinneringe aan haar oorlede
 pa.

 Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 200–250 woorde.                                [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                        7

 VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Gestorwe planeet – Eveleen Castelyn

 1       Aerosolkannetjies pons gaatjies
 2       in die dun osoondoek rondom
 3       die aarde gespan –
 4       toe smelt die pole,
 5       seevlakke styg, uitgelate
 6       gifgasse klim van onder
 7       tot bo in die Hemel
 8       en die Here alleen weet
 9       wat het geword van die groen
 10      gordels reënwoude
 11      wat Hy geplant het.

 12      Stofgepoeierde karkasse draf
 13      oor die ver verlate vlaktes,
 14      in die skoot van die skatkamers
 15      edelgesteentes en minerale
 16      rus dromme kernkragafval
 17      TOT IN DOOMSDAY
 18      Tjernobil en Three Mile Island
 19      se halfleeftyd-uitstraling!

 20      Menslike faeces in die bergstrome:
 21      riviere mond uit in ŉ riool-
 22      oseaan, perdjies met blink
 23      gekamde olieswart kuiwe
 24      en skuimende rasende bekke
 25      slaan dood neer, gevrekte visse
 26      en voëls soos skulpe uitgespoel
 27      op die strande, sing die swanesang
 28      van ŉ verlore paradys – gestorwe
 29      planeet gemaak
 30      met mensehande!
                                                                  [Uit: Kubermens, 1999]

 2.1     Verklaar die funksie van die aandagstreep in versreël 3 en die
         enjambement in versreël 5–6.                                                       (2)

 2.2     Verduidelik hoe die titel van die gedig progressief deur die loop van die
         gedig ondersteun word, deur die probleem in elke strofe onderskeidelik te
         belig.                                                                             (3)

 2.3     Wat is die funksie van die hooflettergebruik in versreël 17?                       (1)

 2.4     Benoem en verduidelik die beeldspraak in versreël 22–25.                           (2)

 2.5     Watter stemming is oorheersend in die gedig?                                       (1)

 2.6     Wat is die tema van die gedig?                                                     (1)
                                                                                           [10]
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                         (EC/NOVEMBER 2018)

 VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Vraag – Lina Spies

 1      Verliefdheid – so is proefondervindelik vasgestel –
 2      duur ŉ jaar, hoogstens agtien maande;
 3      langer is die hartkloppings, die kortasemheid
 4      nie uit te hou nie. Verliefdheid is ŉ siektetoestand.
 5      Maar wat van wat daarop volg
 6      as dit nie afgestorwenheid is nie, maar liefde?
 7      Is dit draagliker omdat dit minder gerig is
 8      op die drif gehuisves in die lendene
 9      en meer op wat skuil in die buitekring van die sintuie,
 10     in die glim van ŉ lag en die opslag van ŉ oog,
 11     op dít wat jou aan ŉ geliefde bind
 12     met ŉ kragdraad so dun
 13     en so onbreekbaar soos ‘n haar?
                                                                  [Uit: Tydlose gety, 2002]

 3.1    Waarna verwys die titel?                                                               (2)

 3.2    Benoem die beeldspraak in versreël 4 en spreek jou uit oor die funksiona-
        liteit van die punt aan die einde van dié versreël.                                    (2)

 3.3    Watter woord dui die wending in die gedig aan?                                         (1)

 3.4    Verduidelik tot watter gevolgtrekking ten opsigte van die liefde die para-
        doks in versreël 12 die spreker lei.                                                   (1)

 3.5    Herlees versreël 12 en 13.

        Waarom is dit korrek om te beweer dat die vergelyking ironies is?                      (1)

 3.6    Wat is die tema en moontlike boodskap van die gedig? Sê ook watter
        stemming is oorheersend in die gedig.                                                  (3)
                                                                                              [10]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                        9

 VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Niks is waarna dit lyk nie – Johan Myburg
 1       Ek ry deur sagte suurveld
 2       vlak voor Stutterheim, verlustig my
 3       aan plomp skape wat soos in Bach
 4       se skaapkoraal rustig wei

 5       in heuwels gras. Die veld is egalig groen
 6       en wuif gifgeel plate
 7       voorjaarblomme. Alles dui,
 8       bo alle twyfel, op ŉ uitermate

 9       goeie jaar. By die afklim vir ŉ foto
 10      van dié idilliese toneel lyk
 11      gras geler, minder geil,
 12      meer pollerig en oorbewei, blyk

 13      skape vrotpoterig kruppel
 14      met klitsgras vasgewoel in wol;
 15      lê half verskuil in gras die halfgevrete
 16      karkas van ŉ skaap, vol

 17      vretende organismes. Hand oor die neus
 18      vlieg ek om, hoor ŉ gesis
 19      en trap ŉ adder wat verraderlik bruin
 20      in die voetpad pof net-net mis.
                                                                       [Uit: Kamermusiek]

 4.1     Wie is die spreker in hierdie gedig?                                                (1)

 4.2     Hoe word strofes wat uit vier versreëls bestaan, genoem?                            (1)

 4.3     Gee ŉ voorbeeld van intertekstualiteit uit hierdie gedig en motiveer waar-
         om dit hier funksioneel is.                                                         (2)

 4.4     Verklaar die ironiese wending in hierdie gedig volledig.                            (1)

 4.5     Hierdie gedig word deur halfrym baie sterk klankmatig ondersteun.
         Verklaar die funksie van die s-alliterasie en w-alliterasie in versreël 14 en
         die r-alliterasie in versreël 19 onderskeidelik.                                    (3)

 4.6     Wat is die oorheersende stemming en tema van hierdie gedig?                         (2)
                                                                                            [10]

                                                EN

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                         (EC/NOVEMBER 2018)

 ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)
 VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 wat die sterre sê – Han#kass’o
 1       die sterre vat jou hart
 2       want die sterre is vir jou nie bietjie honger nie!
 3       die sterre verruil jou hart vir ŉ ster se hart
 4       die sterre vat jou hart en voer jou ŉ ster se hart
 5       dan word jy nooit weer honger nie
 6       want die sterre sê: 'tsau! tsau!'
 7       en die boesmans sê die sterre vervloek die springbok se oë
 8       die sterre sê: 'tsau!' hulle sê: 'tsau! tsau!'
 9       hulle vloek die springbok se oë
 10      ek het groot geword luisterend na die sterre
 11      die sterre sê: 'tsau! tsau!'
 12      en dis altyd somer wanneer jy die sterre hoor 'tsau' sê

                                                      [Uit die sterre sê 'tsau', Kwela boeke, 2004]

 5.1     Die titel skep afwagting oor die woorde wat die sterre moontlik gaan sê.
         Watter woorde is dit?                                                                 (1)

 5.2     Benoem die beeldspraak in versreël 1 en sê wat versreël 2 impliseer.                  (2)

 5.3     Hoe kontrasteer versreël 2 met versreël 5?                                            (1)

 5.4     Skryf EEN woord uit versreël 4 neer wat moontlik die onwilligheid van die
         mens/aangesprokene om sy hart prys te gee, aandui.                                    (1)

 5.5     Motiveer waarom dit korrek is om te beweer “tsau!” (versreël 6 en 8) ŉ
         positiewe emotiewe waarde het. Noem die maniere waarop “tsau” in
         versreël 8 beklemtoon word.                                                           (3)

 5.6     Die spreker ken die betekenis van die woord “tsau”.

         Wie is die spreker in die gedig en waarom kan die stelling as geloofwaar-
         dig beskou word?                                                                      (2)
                                                                                              [10]

                                                            TOTAAL AFDELING A:                  30

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      11

 AFDELING B: ROMAN

 Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag.

 DROOMDELWERS – Esta Steyn

 Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag).

 VRAAG 6: DROOMDELWERS – OPSTELVRAAG

 Die ruimtes in hierdie roman dra soms positief en soms negatief tot Leendra van
 Hellberg se gemoedstoestand by.

 Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 350–400 woorde.                                 [25]

 VRAAG 7: DROOMDELWERS – KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
 TEKS A

 1         “Lyk soos ŉ blêrrie elektriese fout,” sê hy vir die vrou. “Ek sal die kar by
 2         die garage moet kry. Ons moet die goed uit die kar uit kry.”
 3            Die vrou kyk hom onseker aan. Maar die man is weer uit en hy dra ŉ
 4         klomp goed van die kar af tot op die stoep. Twee koffers, ŉ rol bedde-
 5         goed en ŉ boks. “Het djy daar vir my iets?” vra hy vir die vrou. Sy maak
 6         haar beursie oop en haal honderd rand uit.
 7            “Wat kan ek hiermee maak? Djy’t nie ŉ clue wat spare parts kos nie.”
 8            Sy haal nog ŉ honderd rand uit, maar hy bly vir haar kyk totdat sy ŉ
 9         laaste vyftigrand uit die beursie haal. “Djulle sal oukei wees?” vra hy.
 10           “Moet ons nie liewer saamgaan nie, Johnny?”
 11           “Nou maak op djou mind. Djy’t gekerm om uit te klim. Nou kerm djy
 12        weer om in te klim.”
 13           Toe kom Gerald nader en hy kyk na die jong vrou met die hartseer
 14        bruin oë. “Is daar iets wat ek kan doen?”
 15           “Dis Tommie. Hy’t koors,” sê die vrou sag.
 16           “Ek is die pastoor hier. Ons huis is net langs die kerk. Julle kan solank
 17        by ons kom wag.”
 18           “Nou toe,” sê Johnny verlig vir sy vrou, “daar hoor djy wat sê die pries-
 19        ter. Ek sal vir djulle daar kom kry, wanneer die kar klaar is. Oukei?”
 20           Sy kyk hom bekommerd agterna wanneer hy uitstap.
 21           Gerald steek sy hand na die vrou uit. “Ek is Gerald Killian.”

 7.1       In watter breër verhaalruimte speel die gebeure in hierdie uittreksel af?        (1)

 7.2       Wie is die vrou na wie in reël 3 verwys word? Verduidelik haar rol ten
           opsigte van versoening in die verhaal.                                           (3)

 7.3       Watter karaktertrek van Johnny kom duidelik in reël 7 na vore?                   (1)

 7.4       Gerald het vantevore ook ŉ helpende hand uitgereik.

           Motiveer dié stelling met ŉ voorbeeld uit die roman.                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                   (EC/NOVEMBER 2018)

 7.5     Wat was Tommy se uiteindelike lot en noem wie dit vir hom draagliker
         gemaak het?                                                                     (2)

 7.6     Herlees reël 16–17.

         Verduidelik hoe hierdie aanbod innerlike konflik by Gerald veroorsaak het
         en hoe hierdie aanbod sy verhouding met die Vlaktevleiers beïnvloed het.        (2)

 7.7     Herlees reël 19.

         Watter aktuele onderwerp word met Johnny se terugkeer aangespreek?              (1)

                                              EN
 TEKS B

 1       Teen die skemeraand sit Mario by Samuel by die staanplek in die Klein-
 2       kloof. Samuel het ŉ vuurtjie aangesteek en ŉ paar tjoppies braai geurig op
 3       die kole. Samuel sit ŉ CD op en klassieke musiek begin deur die klo-
 4       we weergalm. Mario kyk na Samuel se ernstige gesig in die lig van die
 5       vlamme.
 6          “The Van Hellberg girl ... you know her well?”
 7          Samuel kyk nie na hom nie. “Not too well,” sê hy ontwykend.
 8          “I like her,” sê Mario.
 9          “Why?”
 10         Mario se donker oë is die ene passie. “Sammy boy, she is extremely
 11      rare ... scarso. And complicated. She carries a lot of sorrow inside. Like
 12      Verde dolorosa.”
 13         Samuel kyk hom peinsend aan.
 14         Mario se stem raak sag: “We’ll be mining our dreams upon the place of
 15      her grief. So we shall name the new granite ‘Dream Dolorosa’.”
 16         Samuel kyk in die vuur. “Dream Dolorosa ... perfect.”

 17      Rebekka en Tommie het drie dae lank by ons gebly. Hulle het innie sitka-
 18      mer geslaap. Al twee Rebekka se oë was toegeswel gewies. Haar lippe
 19      oek. Sy’t sleg gelyk. Daar was blou merke op haar arms.

 20      Gerald kyk af op die slapende Rebekka. Sy lê in ŉ klein bondeltjie op die
 21      rusbank. Hy sit die koppie tee op ŉ tafeltjie neer en trek die kombers oor
 22      haar rug. Hy kyk na haar opgeswelde gesig. Twee emosies oorweldig
 23      hom. ŉ Oneindig diep deernis; ook ŉ wraaksugtige woede. As hy ooit weer
 24      vir Johnny Cupido sien ... die hemel behoed hom.

 7.8      Watter stemming word in reëls 1–5 geskep?                                     (1)

 7.9      Om watter redes antwoord Samuel in reël 7 ontwykend?                          (2)

 7.10     Mario se koms na Vlaktevlei het ŉ positiewe invloed op Leendra se
          verhouding met Samuel en op die Vlaktevleiers.

          Evalueer die korrektheid van hierdie stelling.                                (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     13

 7.11     Herlees reëls 14 en 15.

          Hoe sluit hierdie reëls by die titel aan? Na watter ruimte en hartseer
          verwys Mario?                                                                    (3)

 7.12     Wat het die onderstreepte karakter in reël 3 (Teks A) en die
          onderstreepte karakters in reël 1 (Teks B) in gemeen? Watter karakter
          maak ŉ einde aan Leendra se innerlike konflik en watter aandeel het die
          vrou in Teks A in die versoening tussen Gerald en Jamaina? Motiveer
          watter een van hierdie drie karakters het volgens jou die meeste
          opgeoffer?                                                                       (4)
                                                                                          [25]

                                                            TOTAAL AFDELING B:             25

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/NOVEMBER 2018)

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord in hierdie afdeling slegs EEN vraag.

MY JAPAN – Schalk Schoombee

Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag).

VRAAG 8: MY JAPAN – OPSTELVRAAG

Die ruimtes in hierdie roman dra soms positief en soms negatief tot Ilse se
gemoedstoestand by.

Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 350–400 woorde.                                  [25]

VRAAG 9: MY JAPAN – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS C

1           ENGELA:      Ek’s twee voet langer as almal om my. Eers was die
2                        kinders bang vir my, nou kan hulle nie ophou om aan my te
3                        vat nie!

4           ILSE:        (lag) Ek sal nie omgee nie.

5           ENGELA:      Hulle is behep met etiket.

6           ILSE:        Soos?

7                        Elzette gaan af na regs.

8                        Die groep agter vorm klein formele groepies en beeld uit
9                        waaroor Engela praat. Hulle gebruik wasgoed en lakens
10                       om klein tablo’s te skep.

11          ENGELA:      Daar’s subteks in alles, dinge wat nie gesê word nie. Jy kan
12                       nie jou eie eetstokkies regop in die taai rys staanmaak nie,
13                       behalwe by ŉ begrafnis, want dit beteken iemand is dood.
14                       Als is formeel: daar’s gedragskodes vir hoe jy jouself
15                       voorstel, hoe laag jy buig, wanneer jy nie buig nie. Jy gooi
16                       nie te veel sojasous in die bakkie as jy soesji eet nie, want
17                       dan kan jy die smaak van die soesji oorweldig en die sjef
18                       beledig.

19          ILSE:        Engela, probeer jy my miskien afsit?

20                       Die skoolklok lui en die leerlinge verdaag.

21          ENGELA:      Ek wil nie hê jy moet ŉ prentjie van Japan in jou kop kry wat
22                       nie waar is nie.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   15

23          ILSE:        Jy maak my net meer vasberade om te gaan.

24          ENGELA:      (lag) Ek was net so! Haai wag, ek moet gaan! Pas jou op.

25          ILSE:        Skype jou weer.

26                       Engela gaan links af. Geluid van wind wat opsteek en die
27                       wasgoed aan die draad begin wapper – die effek word
28                       verkry deur die katrolle weerskante heen en weer te
29                       manipuleer.

30          ILSE:        (tik op haar rekenaar) Dit was ŉ donker, stormagtige nag. ŉ
31                       Winderige nag ...

9.1      Ilse kla net voor hierdie uittreksel by Engela oor iemand wat in haar pad
         staan om Japan toe te gaan en hierdie persoon se drome is nie hare nie.
         Wie is hierdie persoon en wat is hierdie persoon se drome?                        (2)

9.2      Verklaar dat Elzette in hierdie drama ŉ voorbeeld van ŉ buitestander is.          (1)

9.3      Herlees reël 7–10.

         Wat is die funksie van die toneelaanwysings hier? Verklaar ook die rol wat
         die wasgoed en lakens in hierdie drama speel en verduidelik wat ŉ tablo is
         waarna hier verwys word.                                                          (3)

9.4      Maak die onderstreepte woorde in reël 11 op Ilse se verhouding met haar
         ma van toepassing deur TWEE redes te verskaf vir die wankelrige ma-
         dogter-verhouding. Noem hoe die spanning tussen die twee eindelik
         opgelos word.                                                                     (3)

9.5       Herlees reël 21–22.

          Verklaar die implikasie van Japan op konnotatiewe vlak vir Ilse. Is Ilse se
          gevoel jeens Japan geregverdig? Motiveer kortliks en gee TWEE redes dat
          die Japan-toe-gaan vir Ilse op konnotatiewe vlak tog positief is.                (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/NOVEMBER 2018)

 TEKS D

 1            OKIKU en ILSE:         Drie!

 2            GEESTE:                Drie!

 3            OKIKU en ILSE en       Vier!
              LUKAS

 4            GEESTE:                Vier!

 5            OKIKU en ILSE en       Vyf!
              LUKAS en MARIOKA
              SAN

 6            GEESTE:                Vyf!

 7            OKIKU en ILSE en       Ses!
              LUKAS en MARIOKA
              SAN en JUN

 8            GEESTE:                Ses!

 9                                   Die ma kom van regs af opgestruikel,
 10                                  windverwaaid, tot voor op die verhoog.

 11           MA:                    Waar, waar’s hy? Danie! Ek was oral, in elke
 12                                  straat op, by elke huis, die parkie! Ilse, luister
 13                                  jy?

 14           ILSE:                  Kannie nou nie, Ma!

 15           OKIKU:                 Sewe!

 16           GEESTE:                Sewe!

 17           MA:                    Die wind het my kind weggewaai!

 18           ILSE:                  Ek’s ook jou kind, ek’s nog hier!

 19           OKIKU:                 Agt!

 20           GEESTE:                Agt!

 21                                  Agter op die verhoog verskyn Danie met ŉ
 22                                  hoepel wat hy stadig oor sy kop laat sak.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     17

 23          MA:                      Al plek waar ek nog nie gekyk het nie ... nee,
 24                                   nee ... die stormwaterpyp!

 25                                   Danie word weggespoel, weggesleep deur die
 26                                   drie geeste.

 27          OKIKU:                   (sag) Nege.

 28          GEESTE:                  (fluisterend) Nege!

 29          OKIKU:                   AAAAAAEEEEEEEUUUUUEEEEEEEEEEE!

 30                                   Die geeste weeklaag saam, dis ŉ onheilige en
 31                                   bloedstollende lawaai, aangevul met wind en
 32                                   donderweer-effekte en weerlig wat blits. Hulle
 33                                   maal om Tessan wat sy ore toedruk en vooroor
 34                                   val. Die ma doen presies wat die Samoerai
 35                                   doen, druk haar ore toe en val vooroor. Sy
 36                                   bewe soos ŉ riet.

 37          ILSE:                    Wat word van hom? Tessan Aoyama?

 38          MARIOKA SAN:             Hy val in die kas en al de borde breek. Ure later
 39                                   kry die buurvrou hom langs die put met die
 40                                   tiende bord in sy hande vasgeklem. Die bord
 41                                   wat hy weggesteek het. Sy probeer dit uit sy
 42                                   hande vat. Maar hy klou! Hy kan nie, mag nie
 43                                   die laaste bord laat gaan nie ...

 44          OKIKU:                   Tien!

 45          GEESTE:                  Tien!

 46                                   Geluid van ŉ enkele bord wat breek. Die geluid
 47                                   eggo spookagtig. Tessan val vooroor in die put
 48                                   en verdrink. Met ŉ groot sug verlaat die geeste
 49                                   die verhoog, ook Okiku en Tessan.

 9.6      Verklaar wie Tessan en Okiku in die Griekse volksverhaal is.                       (2)

 9.7      Watter visuele impak het die woorde in reël 21–22 om die terugflitsende
          gebeure te ondersteun?                                                             (1)

 9.8      Gee die funksie van die ellips/beletselteken in reël 23–24.                        (1)

 9.9      Hoe verskil die rol van die verteller in die vraag (reël 19 van TEKS C) van
          die vraag in reël 37 van TEKS D?                                                   (1)

 9.10     Watter woorde in hierdie uittreksel is die hoogtepunt/klimaks van die
          drama? Hoekom word juis hierdie woorde as die hoogtepunt/klimaks
          beskou en verduidelik die simboliek ten opsigte van Ilse se ma.                      (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/NOVEMBER 2018)

 9.11     Marioka San en Jun trek aan die begin van hierdie toneel vir Ilse die
          kimono aan. Hoe ondersteun die aantrek van die kimono Ilse se gevoelens
          in hierdie uittreksel simbolies en watter verreikende gevolge hou die uittrek
          van die kimono kort na dié uittreksel vir Ilse in?                                    (2)

 9.12     Wat dink jy is die tema en boodskap van hierdie drama?                            (2)
                                                                                           [25]

                                                              TOTAAL AFDELING C:                25
                                                                  GROOTTOTAAL:                  80

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com

         

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com



### Page 23

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com



## Related documents

- [AFRIKAANS HL P2 QP GR11 NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr11-nov2018/ed790c5d-1cfd-4305-a799-6e65f0636659) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 QP GR11 NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-qp-gr11-nov2018/00d22fc1-516f-4571-b23f-714743c44124) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 QP GR11 NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-qp-gr11-nov2018-d/713f8d6d-e05a-4bfd-b484-c520c599bc44) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 GR11 QP NOV 2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-gr11-qp-nov-2019-d/382e5356-2a84-44dc-9c6f-a7e99677346e) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-v1-memo/81c65aff-c39f-4a47-8bd3-25ae6f2b47a6) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo/d90f92e2-e49d-4102-be74-0d886b0ac7f7) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 11 Afrikaans HL

- [Gr11-Afr-HT-studiegids LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-afr-ht-studiegids-lr/2b9b2077-8262-449a-b0c2-0a2c24f6c066) — Guide · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/c7331d9c-fb08-4e50-a5fa-5194e10abedf) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/5169c337-6d70-4178-bd0f-5faa5fe965d4) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P3 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-3-afrikaans/d9c49a75-8852-4349-9c83-f93cd7d0edb8) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-1-afrikaans/4b4f5755-8780-46c0-939e-18488a8db73e) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-2-afrikaans/c1c25cf5-d38e-4cb8-93e6-6f12c024cc2c) — Memo · 2026 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
