# Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024, 30 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 30

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 30 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIORSERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2024

                  AFRIKAANS HUISTAAL V2

PUNTE:   80

TYD:     2½ uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 30 bladsye.

                    Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel
     beantwoord.

2.   Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
     inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die
     letterkundetekste wat jy in die klas bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die
     tekste wat jy gedoen het en kies die soort vraag wat jy wil beantwoord.

3.   Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

     AFDELING A: Gedigte        (30)
     AFDELING B: Roman          (25)
     AFDELING C: Drama          (25)

4.   Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B en
     EEN in AFDELING C.

     AFDELING A: GEDIGTE
     Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
     Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.

     AFDELING B: ROMAN
     Beantwoord EEN vraag.

     AFDELING C: DRAMA
     Beantwoord EEN vraag.

5.   KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA):

     •   Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer het.
     •   Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy
         die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag
         in AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B
         beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik
         die kontrolelys om jou te help.

6.   LENGTE VAN ANTWOORDE

     •   Die lengte van die opstel vir die gedig is 250 tot 300 woorde.
     •   Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400 tot 450 woorde elk.
     •   Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word deur die
         puntetoekenning van elke vraag bepaal. Beantwoord die vrae bondig en
         relevant.

7.   Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

8.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                3

9.     Beantwoord ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

10.    Voorgestelde tydsindeling:

       AFDELING A:      ongeveer 40 minute
       AFDELING B:      ongeveer 55 minute
       AFDELING C:      ongeveer 55 minute

11.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              AFRIKAANS HUISTAAL V2             (EC/SEPTEMBER 2024)

 AFDELING A: GEDIGTE

 Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
 VRAAGNOMMER                              VRAAG                PUNTE      BLADSY
 1.   “’n Paternoster vir Suid-Afrika”   Opstelvraag             10          6

 2.     “Op sy branderplank”              Kontekstuele vraag    10             8

 3.     “Susan Boyle”                     Kontekstuele vraag    10             9

 4.     “Briefie aan Madiba”              Kontekstuele vraag    10            10

                                         EN

 Ongesiene gedig: Verpligtend
 5.   “dekonstruksie”                     Kontekstuele vraag    10            11

 AFDELING B: ROMAN

 Beantwoord EEN vraag.*
 6.   onderwêreld                             Opstelvraag       25            13

 7.     onderwêreld                       Kontekstuele vraag    25            13

 8.     Manaka Plek van die Horings           Opstelvraag       25            16

 9.     Manaka Plek van die Horings       Kontekstuele vraag    25            16

 10.    Vatmaar                               Opstelvraag       25            19

 11.    Vatmaar                           Kontekstuele vraag    25            19

 12.     Die kwart-voor-sewe-lelie            Opstelvraag       25            22

 13.     Die kwart-voor-sewe-lelie        Kontekstuele vraag    25            22

 AFDELING C: DRAMA

 Beantwoord EEN vraag.*

 14.    Krismis van Map Jacobs                Opstelvraag       25            25

 15.    Krismis van Map Jacobs            Kontekstuele vraag    25            25

 16.    Mis                                   Opstelvraag       25            28

 17.    Mis                               Kontekstuele vraag    25            28

*LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEK KONTEKSTUELE VRAAG in
          AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                             5

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae
beantwoord het.

              AFDELING          VRAAG-            GETAL VRAE            MERK ✓
                                NOMMER           BEANTWOORD
A: Gedigte
(Voorgeskrewe gedigte)             1–4                   2
A: Gedigte
                                    5                    1
(Ongesiene gedig)
B: Roman
                                  6–13                   1
(Opstel of kontekstueel)
C: Drama
                                  14–17                  1
(Opstel of kontekstueel)

LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
         in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               AFRIKAANS HUISTAAL V2        (EC/SEPTEMBER 2024)

AFDELING A: GEDIGTE

VOORGESKREWE GEDIGTE

Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

VRAAG 1: OPSTELVRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

ŉ Paternoster vir Suid-Afrika – Lina Spies

1        Here, laat die name geheilig word
2        van al die kinders van die land –

3        van hulle
4            wat modderkoekies gebak het uit sy aarde,
5            dassies skrikgemaak het in sy klowe,
6            wol getrap het in sy krale.

7        Ek het asemloos toegekyk:
8            swart bolywe geboë oor magtelose diere
9            en skerp skêre wat my laat wag het,
10           bang vir die glip-slag, die bloed, die pyn.
11           Maar die swart versigtige hande
12           het selde dieper as die wit geknip
13           en ek kon die lootjies uitdeel
14           want die arbeider was sy loon waardig
15           volgens die aantal wat hy vrygemaak het
16           om ligvoets teen die somerheuwels uit te wei.

17       Maar die bale is lankal toegewerk en weggestuur,
18       die wololie van my voete afgewas,
19       my bene nie meer lam getrap nie.

20       Vergewe ons, die vergeetagtiges, die uitgerustes,
21       soos ons hulle vergewe, die luidrugtiges
22           wat nooit binne die kraal was nie,
23           wat nooit rietperd gery
24                en kaalvoet geloop het nie,

25       en Here, sien ons hande aan:
26       Kyk, om my wit pols is ŉ armband van gras;
27       my donker speelmaat het dit kunstig gevleg
28       soos ek nooit kon nie...

29       Aan U behoort die land
30           en die son
31               en die skape van sy weiding

Kopiereg voorbehou                                            Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   7

 32        Gee ons liefdevolle hande, Heer,
 33        en sny U self versigtig aan die belemmerende kleed

 34        dat daar nie onnodig bloed verspil nie
 35        en deel U self die lootjies uit

                                                        [Bron: Digby Vergenoeg, 1971]

 In hierdie gedig wat as ŉ gebed aangebied word, lê die klem op eenheid en
 verdeeldheid.

 Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 250 tot 300 woorde.                           [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                        (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Op sy branderplank – Petra Müller

1       Hy waag hom weer teen horisonne.
2       Die see gooi son in teen sy sonne, maar skuimskuddend
3       deur die teug vlug hy na vore, hys hom
4       lugtig teen die stroom uit, en kom
5       staan-staan strand toe, groen
6       deursigtig en ook reeds gebore.
                            *
7       Die seun het see in sy mond. Hy weet
8       nie of dit bloed of water is nie: uit
9       spoeg hy dit. Met sy sagte tongpunt voel
10      hy wortels van sy tande af, en proe die lug
11      wat sag van land en kruie om hom labberlag.
12      Hy lig hom van die seeplank af; afwesig
13      skud hy nou sy kop – ŉ blonde rob –
14      en snuit hom skoon
15      van wat hy was;

16      ŉ elegante, goed gesteelde lyf
17      wat eeue lank reeds
18      land toe dryf
                                                     [Bron: Nuwe Verseboek vir seniors]

2.1     Herlees die titel.

        Waarom voldoen strofe 2 nie aan die verwagting wat die titel by die leser
        skep nie?                                                                           (1)

2.2     Daar is ŉ milieuverskuiwing van strofe 1 na strofe 2. Verduidelik.                  (2)

2.3     Die gedig het ŉ letterlike en mitologiese interpretasie. Bewys die stelling
        deur na versreël 6 te verwys.                                                       (2)

2.4     Watter uitheffingstegnieke word ingespan om die metafoor in strofe 2 te
        beklemtoon?                                                                         (3)

2.5     Evalueer die geslaagdheid van die metafoor in strofe 2.                             (1)

2.6     Is die digsoort gepas as die inhoud van die gedig in ag geneem word?
        Verduidelik jou antwoord.                                                           (1)
                                                                                           [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     9

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Susan Boyle – Kobus Grobler

1       daar staan jy inskrywing 43212
2       voor die pilatusse van Britain’s got talent
3       aangeja soos ŉ skaap
4       misrabel vaal in die lig verguis
5       die monobrou en die kapsel raam
6       jou vertelsel van ŉ klein Nasaret
7       Simon spot, skares jou uit:
8       jy is die grap van die jaar

9       met die eerste woorde van I dreamed a dream
10      het jy van vernederende vooroordeel
11      hulle en miljoene ander op Youtube
12      in ongeloof laat aanskou
13      hoe jy jare se troeteltalent
14      aan die hele wêreld skenk

                                                      [Bron: Toulopers, verse vir tieners]

3.1     Die aangesprokene voel aanvanklik onbelangrik. Gee DRIE bewyse uit
        versreël 1–6 om die stelling te bewys.                                                (3)

3.2     Verduidelik waarom die onderstreepte woord in versreël 2 nie met ŉ
        hoofletter geskryf is nie, en verklaar die metafoor.                                  (2)

3.3     Identifiseer die klankeffek in versreël 7 en lewer kommentaar oor die
        effektiwiteit daarvan.                                                                (2)

3.4     Waarom kan reël 8 as ironies beskou word?                                             (1)

3.5     Herlees versreël 8.

        Daar is progressie in die skare se houding teenoor Susan Boyle. Haal die
        versreël in strofe 2 aan wat hierdie stelling bewys.                                  (1)

3.6     Pas die digsoort by die karakter van die aangesprokene? Motiveer.                     (1)
                                                                                             [10]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                            (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Briefie aan Madiba – Sandra O’Kelly

1       Liewe Madiba, ek skryf die vir jou.
2       Ek weet jy kry briefies soos my een aan jou.
3       Ons het nooit ontmoet nie, maar voordat jy groet.
4       Wil ek jou iets vra, dis iets wat ek moet.

5       Gee my jou boeie, ek wil dit dra.
6       Die merke op jou hande, jou vrese jou vrae
7       Ek sal dit oppas, dit altyd bewaar.
8       Eendag met liefde aan my kinders oordra.

9       Liewe Madiba, jy sal van my hou.
10      Ek’s lief vir my land en sy mense en sou
11      so graag wou kom kuier en net met jou praat.
12      Oor ditjies en datjies en goed uit my hart.

13      Gee my jou drome, ek wil dit sien.
14      Die prys so betaal om ander te dien.
15      Ek sal dit koester die wêreld sal weet.
16      Jou voorbeeld en liefde sal ons nooit vergeet.

17      Gee my jou ambag, ek wil dit leer.
18      Hoe ‘n leier en koning sy mense kan eer.
19      Ek sal dit beoefen, ek sal dit ken.
20      Die teerheid en liefde wat ander kan wen.

21      Gee my jou drome, ek wil dit sien.
22      Die prys so betaal om ander te dien.
23      Ek sal dit koester, die wêreld sal weet.
24      Jou voorbeeld en liefde sal ons nooit vergeet.

25      Liewe Madiba, ek skryf die vir jou.
26      Ek weet daar’s baie briefies soos my een aan jou.
27      Ons het nooit ontmoet nie, maar voordat jy groet.
28      Wil ek jou iets vra, dis iets wat ek moet.

                     [Bron: Sarah Theron se album Terug na jou, uitgegee deur Select Musiek.]

4.1    Wie is die spreker in die gedig en wat is die rede vir die korrespondensie?                (2)

4.2    Verduidelik waarom die aanspreekvorm in die brief ironies is.                              (1)

4.3    Hoe kontrasteer die rymskema in strofe 2 en 3 met die ander strofes in die
       gedig en waarom is hierdie afwyking in strofe 2 geslaagd?                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                           11

4.4     Die spreker wil Nelson Mandela se nalatenskap vereer. Bewys hierdie
        stelling deur DRIE frases uit die gedig aan te haal.                         (3)

4.5     Identifiseer die stylfiguur in versreël 10 en 11.                            (1)

4.6     Hoe sou jy die boodskap van die gedig op jou lewe van toepassing maak?      (1)
                                                                                   [10]

                                             EN

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                        (EC/SEPTEMBER 2024)

ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

dekonstruksie – Fanie Viljoen

1       ek kan ook gedigte skryf
2       my rekenaar kan hulle sommer uitrits:
3       reëls uitkots met versteekte boodskappe
4       koeplette
5       sonnette
6       kwatryne
7       en al daardie ander shit
8       ek en enjambement is beste buddies so
9       ek kan sinne laat oorloop van die een
10      reël
11      na die volgende
12      na die volgende
13      dat dit naderhand vloei soos verf in ‘n Pollock-skildery
14      ek kan selfs verwysings inslot oor goed waarvan die meeste
15      mense nog nooit in hulle lewe gehoor het nie
16      asof dit my gedig soveel beter gaan maak as mense moet
17      google
18      om die betekenis te begryp
19      maar ek gaan nie hierdie gedig skryf nie
20      dis hoekom hierdie reëls binne 3 sekondes gaan self-destruct
21      3
22      2
23      1

                                         [Bron: Nuwe stemme 5, Tafelberg-uitgewers, 2013]

5.1     Dui die toon van die spreker aan en motiveer of dit geregverdig is.                    (2)

5.2     Watter kritiek word daar deur die spreker oor tradisionele digters gelewer?            (3)

5.3     Verduidelik die ironie in versreël 4–6 wanneer die uiterlike bou van die gedig
        in ag geneem word.                                                                     (1)

5.4     Noem TWEE maniere hoe die spreker vir ons beklemtoon dat hy/sy
        enjambement met gemak kan gebruik.                                                     (2)

5.5     Gee ŉ rede waarom hierdie gedig as ŉ vrye vers getipeer kan word.                      (1)

5.6     Evalueer of die spreker se gedig vir jou beter is as die tipe gedigte wat deur
        hom/haar gekritiseer word. Motiveer.                                                  (1)
                                                                                             [10]

                                                             TOTAAL AFDELING A:                30

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  13

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer
het.

ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen

Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag).

VRAAG 6: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG

Greg het gedink hy is bulletproof, maar eintlik was hy net ŉ pion.

Bespreek die stelling in ŉ opstel van 400 tot 450 woorde.                                    [25]

VRAAG 7: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS A

Sy pa kyk na hom. ŉ Spiertjie ruk bo-kant sy oog. Die verstarde ooglede
beweeg nou.
Gaan sy pa huil? Hy het hom nog nooit sien huil nie.
Sy pa vou die pistool toe in die lap. Sy hande bewe.
“Gaan ... gaan slaap nou, my seun,” stamel hy en trek ŉ lessenaarlaai oop.             5
Tydsaam druk hy die pistool daarin. Daarna strek hy sy vingers uit na ŉ geel
koevert wat op die tafelblad lê. Maar voor hy dit kan raak vat, kyk hy op. Sy
gesig is natgehuil.
Die seun staan net daar, sy een hand steeds op die deurknop.
‘Dis oukei, ek belowe,” sê sy pa. “Ek ... ek sal nie ...” Die stilte word ŉ spons     10
wat die woorde moet indrink. “Jy moet nie vir jou ma vertel nie. Oukei? Dis
ons geheim.” Sy mondhoek trek skeef toe hy probeer glimlag. “Gaan slaap
nou.”
Die seun se hand gly van die deurhandvatsel af en val langs sy sy. Hy sê
steeds niks nie, maar binne in hom weerklink sy pa se stem.                           15
Toe hy omdraai en kamer toe stap, hoor hy sy pa sê: “Nag. Lekker slaap ...”
Sy pa sê sy naam, maar hy hoor dit nie. Sy naam los op in die donker.
Verdwyn.
Maar dit is goed so, want jare later sou hy vir homself ŉ ander naam kies.
Een waarmee hy die vrees kon uitdryf. ŉ Naam wat sê hoe dit voel om                   20
magteloos te wag vir antwoorde en net eggo’s uit die onderwêreld in ruil te
kry.
Ekk-0

7.1    7.1.1    Wie is die seun waarna daar in die bogenoemde teks verwys word?                  (1)

       7.1.2    Noem DRIE handelinge van die pa wat tot die seun se toenemende
                ontsteltenis bydra.                                                              (3)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/SEPTEMBER 2024)

7.2    Dui op ŉ handeling wat veronderstel is om die seun gerus te stel. Watter
       woorde is teenstrydig daarmee?                                                        (2)

7.3    As ŉ mens die rol van ŉ pa in ag neem, is sy versoek in reël 11 geregverdig?
       Motiveer jou antwoord met TWEE redes.                                                 (2)

7.4    Herlees reëls 17 en 20.

       Skuilname speel ŉ belangrike rol. Identifiseer DRIE ander karakters en hul
       skuilname in hierdie roman.                                                           (3)

7.5    Wat is die verband tussen die titel van die roman en die gebruik van
       skuilname?                                                                            (1)

7.6    Die onderstreepte woorde in reël 21 en 23 is ŉ deurlopende motief in die
       roman. Haal EEN woord uit die teks met dieselfde betekenis aan.                       (1)

                                         EN

TEKS B

Dis hoe vrees voel: Vuur blits deur jou hele lyf, elke senuwee ruk wakker,
adrenalien gooi jou gedagtes in snelrat, jou oë sper oop, jou asemhaling hou op en
jou borsholte pers saam. En jy hoor dit – jou eie hart. Klop. Klop. Klop.

Ek frons. Wat bedoel hy? Eckardt se stem klink anders as waaraan ek gewoond
is. Sy stem het die keer toe hy daardie vrou gebel het om my te wys hoe social              5
engineering werk, ook verander. Nou is die gemoedelikheid waarmee hy my met
die hacking gehelp het weg. En in die plek daarvan is daar ŉ selfversekerde
hardegat arrogansie.
Is dit hy?
“Vandag, Greg, gaan jy jou laaste hacking-les by my kry. Sorry om te sê, maar              10
hierdie een is ŉ ball breaker.” Hy glimlag weer skeef, maar die glimlag val gou
weg en sy gesig word hard. Dis nie die ou wat ek as my vriend leer ken het nie.
“Jy het toe die keylogger op jou laprop gekry, nie waar nie? Of moet ek sê iemand
ánders het dit gekry? Jy het nie ŉ clue gehad dat dit op was nie. Jy het nie gedink
dat hackers ook gehack kan word nie, nè!”                                                  15
“Wat bedoel jy?”
“Was dit nie in een van my lessies nie?” Eckardt trek sy mond sarkasties. “O, dis
reg ja. Ek het daardie een geskip. Hoekom dink jy het ek dit nie vir jou vertel nie,
Greg? Take a wild guess!”
“Ek ... ek weet nie ...”                                                                   20

7.7    Reël 1–3 is ŉ herhaling van ŉ teksgedeelte wat vroeër in die roman voorkom.
       Verduidelik die konteks waarin dit vroeër gebruik is en identifiseer in elk van
       die gevalle watter karakter die emosies beleef het.                                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                               15

7.8     In watter ruimte speel TEKS B af?                                             (1)

7.9     Herlees die onderstreepte woorde in reël 7 en 8.

        Identifiseer ŉ vorige keer wat Greg vir Eckardt só opgesom het en
        verduidelik hoe en waar ŉ vriendskap, ten spyte van die vooropgestelde
        idee, kon begin.                                                              (3)

7.10    Herlees reël 17.

        Verduidelik waarom die gebruik van die verkleinwoord wat Eckardt hier
        gebruik, gepas is.                                                            (1)

7.11    Verklaar die dramatiese ironie in TEKS B en gee die funksie daarvan.          (2)

7.12    Verwys na TEKS A en B. Watter ooreenkoms is daar in die atmosfeer en
        waarom sou ŉ mens kon sê dat TEKS A tot dié oomblik in TEKS B gelei
        het?                                                                         (2)
                                                                                    [25]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/SEPTEMBER 2024)

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag).

VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG

Newekarakters het ŉ invloed op die hoofkarakter.

Toon aan hoe Grace, Griesel du Pisani en Whitey vir Baas beïnvloed om tot die
insig te kom dat hy op Manaka moet bly.
Skryf ŉ opstel van 400 tot 450 woorde waarin jy dié stelling bespreek.                 [25]

VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS C

    “Dit sal goed wees as jy nou probeer slaap. Jy gaan gesond word.”
By die Plek van die Kremetartbome dra ouma Essie en haar dogter Miriam ŉ jong
vrou uit haar hut.
   “In die huis van die Profeet van die Bybel sal my kind miskien gesond word,” sê
Miriam.                                                                                5
Dit is nie vir hulle ŉ maklike werk om die vrou met die malaria uit te dra en haar
weer op die slee te laai nie. Ouma Essie is oud en Miriam het net een voet, maar
daar is niemand om te help nie. Die mans is by die khuta, die ander vrouens van
Mubuyu is op die lande en Sitali, die siek vrou se kind, moet voor die osse staan
                                                                                       10
dat hulle nie skrik nie. Die ander kinders is in die veld by die bokke en die paar
beeste. Sitali loop voor die osse uit. By ouma Essie se lapa gaan hy weer staan.
Ouma Essie en Miriam laai die vrou af en dra haar tot by die grootste van die
drie hutte se deur. Daar moet hulle haar eers op die grond neersit om binne vir
haar plek te maak. Die hut is baie vol. Die meubels wat ouma Essie gehad het
                                                                                       15
toe sy nog in die sendingstasie by Manaka gebly het, staan tot teen die grasdak
se nok gepak.
  “Jou broer moet van Lusaka af laat kom word,” sê ouma Essie vir haar
kleinseun,
meneer Kebbey, toe hy en sy pa van die khuta af terugkom.                              20
“Nee, my ma,” huil Miriam. “My kind sal lewe.”       “Jos moet laat kom word,” sê
ouma Essie.

9.1      Wie neem die versorgingsrol in reël 1 waar?                                    (1)

9.2      Waarom tree ouma Essie op Manaka as ‘die Profeet van die Bybel’ op?            (1)

9.3      Baas én Griesel kry albei malaria.

         In watter opsig hou Baas se malaria vir hom ŉ nadelige én ŉ voordelige
         gevolg in? Dink jy dis moontlik dat Griesel se malaria vir Baas positiewe
         gevolge het? Gee TWEE redes vir jou antwoord.                                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   17

9.4      Watter konfliksituasie het veroorsaak dat Miriam net een voet het? In watter
         opsig het dié konfliksituasie Grace se lewe verander?                               (2)

9.5      Watter tipe verteller is in reëls 11 tot 15 aan die woord? Watter nadeel het
         dié verteller in hierdie reëls?                                                     (2)

9.6      By watter geleentheid beteken meneer Kebbey vir Baas iets positiefs?
         Watter bewys bied die roman dat meneer Kebbey nie altyd kry waarvoor
         hy hom beywer nie?                                                                  (2)

9.7      Hoekom is dit vir die verloop van die roman belangrik dat meneer Jos hier
         aan die leser bekendgestel word?                                                    (1)

                                         EN

TEKS D

Ouma Essie het nog nie weer uit die bed opgestaan vandat sy van Ngweze
af teruggekom het nie, sê Grace, en vir meneer Kebbey het hulle nog nie
weer gesien nie. Miskien sal hulle hom môre sien wanneer die kombers van
die nuwe hoofindoena afgehaal word. Die seremonie sal by Mubuyu wees
omdat ouma Essie te swak is om Fumi toe te gaan.                                        5
    “Hoekom sal iemand nou skielik vir ouma Essie omgee?” vra Baas.
    “Dit is die woord wat ons van die khuta af gekry het,” sê Grace. “En meneer
Whitey was ook by Manaka toe jy in die veld was,” vertel sy. “Hy het met sy
trekker gekom om te hoor hoe dit gaan. Hy weet van die boot wat weg is. Hy sê
dat hy nie na die inhuldiging toe kom nie. Hy wil vervoer probeer kry om Mongue         10
toe te gaan. En ouma Essie het 'n boodskap gestuur dat meneer Baas die
seremonie moet bywoon.”
Die honde se kos is koud. Grace sit die bakke op die grond neer. Die nuwe
hondjie val die pap en sous grommend aan. Toe Longwane nader kom, flits die
tandjies voor haar neus verby. Grace skep vir die kleintjie sy kos in Brindle se bak    15
oor. Hy eet klaar en dwaal dag lank soos ŉ skaduwee al agter Baas en Lady oor
die leë werf aan.
  “Henna ngwenya! Dis ŉ kampioen,” sê meneer Johnnie vroegoggend onder die
worsboom langs die water waar Baas in sy ma se Bybel sit en lees.         Hy het die
buffel se horings met sy byltjie uitgekap …                                             20

9.8     Wat gee en wat sê Baas later vir Whitey wat Whitey help met sy identiteit?
        Waarom wil Baas vir Whitey met sy identiteit help?                                   (3)

9.9     Gee ŉ rede vir ouma Essie se aandrang dat Baas (in reëls 10 en 11) die
        “seremonie moet bywoon”.                                                             (1)

9.10    Formuleer die boodskap van die roman na aanleiding van reël 17. Dink jy
        Baas se optrede in reël 17 lewer bewys daarvan dat sy konflik opgelos is?
        Gee TWEE redes vir jou antwoord.                                                     (3)

9.11    Wat doen Baas met Morena se horings? Gee TWEE redes vir Baas se
        handeling.                                                                           (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                (EC/SEPTEMBER 2024)

9.12    Herlees TEKS C reëls 13 tot 15 en TEKS D reël 6.

        Wat is die verband tussen Baas se vraag in TEKS D en ouma Essie se
        lewensomstandighede in TEKS C? Dink jy die nuwe hoofindoena gaan ouma
        Essie se omstandighede verander? Motiveer jou antwoord.                     (2)
                                                                                   [25]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

                         Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                    AFRIKAANS HUISTAAL V2                             19

VATMAAR – AHM Scholtz

Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag).

VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG

In die roman Vatmaar beleef Tant Wonnie en Oom Chai konflik as gevolg van hulle
interaksie met mense.

Skryf ŉ opstel van 400 tot 450 woorde waarin jy dié stelling bespreek.                    [25]

VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS E

... en gaan staan by die koppenent van die kis. Hy het in die swart gesig van sy
geliefde Ruth gekyk en in ŉ mooi, ryk stem gesing: Rock of Ages, cleft for me, Let
me hide myself in Thee ... Al vier verse.
Die kis is toegemaak en op Oom Flip se trollie getel en Ou Swaai het geweet sy
moet nie haastig wees nie, die hele Vatmaar loop agter haar aan.                          5
Langs die graf het Oom Chai met ŉ gebroke stem Nader my God by U begin sing.
Vatmaar het die woorde geken en dit gesing asof dit uit een hart kom en asof hulle
met die Hemelse Vader van Vatmaar praat. Daarna is die kis laat sak. Oom Chai
het ŉ paar handevol sand in die graf gegooi en in Engels gesê: Dust tot dust,
ashes tot                                                                                10
ashes – uit respek vir sy vriend se taal.
Terwyl die graf toegegooi word, het Oom Chai na Oupa Lewies se gesig gekyk, sy
hand gevat en hom weggelei. Hulle het mekaar omhels soos net tweelinge kan.
Albei het begin huil. Die trane het op die skouers van die twee grysaards gedrup
terwyl hulle so staan. Almal het stil geraak. Toe het die twee ou vriende hulle arms     15
laat sak en sonder om na te dink het elkeen sy kakiesakdoek uitgehaal en die
ander se gesig afgedroog. Die mense het dit alles doodstil staan en aankyk. Oom
Flip het met ŉ stadige skud van sy kop gesê: Die liefde ken nie grense nie.

11.1     Hoekom was die verhouding tussen Oupa Lewies en Ruth (reël 1 en 2) vir
         daardie tyd buitengewoon?                                                            (1)

11.2     Hoekom is Oupa Lewies en Ruth uiteindelik op Vatmaar gelukkig?                       (1)

11.3     Noem TWEE voordele wat sy verhouding met Oupa Lewies vir Oom Chai
         (reël 6) ná die Tweede Vryheidsoorlog ingehou het.                                   (2)

11.4     Oom Chai en Oupa Lewies ken mekaar van voor Vatmaar se ontstaan.

         11.4.1       Hoe dra Oupa Lewies tot Vatmaar se ontstaan by?                         (1)

         11.4.2       Watter rol speel Oom Chai in die totstandkoming van Vatmaar as
                      nedersetting?                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2024)

11.5    Oom Chai sing volgens reël 6 in Afrikaans.

        Noem TWEE voorbeelde van Oom Chai se betrokkenheid om die Vatmaar-
        kinders in Afrikaans op te voed.                                                      (2)

11.6    Oom Chai beleef konflik in Vatmaar.

        11.6.1       Watter besluit van Oom Chai veroorsaak dat hy die respek van die
                     Vatmaar-inwoners verloor?                                                (1)

        11.6.2       Noem TWEE voorbeelde van innerlike konflik wat Oom Chai ervaar as
                     gevolg van dié besluit?                                                  (2)

11.7    Die twee mans se wedersydse omgee in reëls 12 tot 14 is ŉ bewys van die
        gesindheid wat op Vatmaar heers.

        11.7.1       Noem TWEE voorbeelde van ander Vatmaar-inwoners se positiewe
                     optrede teenoor mekaar.                                                  (2)

        11.7.2       Word Settie September se dade teenoor Tant Wonnie deur omgee
                     gekenmerk? Gee DRIE redes vir jou antwoord.                              (3)

                                            EN
TEKS F

  Miesies Wingrove moet my verskoon, sê Tant Wonnie. Ek het op pad van die Pan
af gedink dit sal nou ordentlik wees om huur te betaal vir die dak oor my kop. Die
dak behoort aan julle en ek sê dankie met ŉ ope hart.
Toe haal sy ŉ kers uit en steek dit aan en vat die lantern, lig die glas op en blaas die
lig uit en gee dit vir Missus Wingrove: Asseblief, aanvaar dit as my dank.                    5
Dit was of die twee vroue se harte een was want hulle gevoelens was dieselfde. Ek
sê ook baie dankie, het Missus Wingrove gesê.
In haar enigheid het Suzan gedink: Die Here is goed, maar nou gee my Ma-Ma dan
weg wat Hy vir ons gegee het!
Suzan, sê Missus Wingrove, steek asseblief vir jou Antie die lamp op. Toe Suzan vir          10
haar die brandende lantern aangee, sê sy: Dankie. Vat dit vir jou my kind, ook met ŉ
ope hart.
Dankie, Antie Wingrove, het Suzan gesê en die lantern teruggehaak aan die draad
waar dit gehang het. Toe het sy die kers met haar vingers uitgesnuit. Want die
mense het gesê om ŉ kers met jou mond uit te blaas, is om die lig uit die huis uit te        15
blaas.
Sy het die vrou omhels en haar van haar stoel af opgelig en gesoen want sy was
baie klein.
Jy druk my wind uit, het Missus Wingrove laggend gesê.
Baie dankie, Antie, het Suzan weer gesê. Ek sal mooi agter dit kyk.

11.8     Reël 1 verwys na Tant Wonnie.

         11.8.1 Wat het gebeur wat dit nou vir Tant Wonnie moontlik gemaak het om
                huur te betaal?                                                               (1)
         11.8.2 Op watter TWEE maniere het Settie September se optrede Tant
                Wonnie bevoordeel?                                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                   AFRIKAANS HUISTAAL V2                                21

11.9     Watter voorwaarde stel Missus Wingrove vir Tant Wonnie se terugkoop van
         die huis?                                                                         (1)

11.10    Hoekom is Suzan se dankbaarheid in reëls 15 tot 18 ironies?                       (1)

11.11    Herlees TEKS E reël 15 en 16 asook TEKS F reël 8 en 9.

         11.11.1      Hoe geld Oom Flip se gedagte dat die liefde nie grense ken nie
                      vir Ma Khumalo en Kenny onderskeidelik?                              (2)

         11.11.2      Geld die tema van lyding sonder grense vir Suzan (reël 18) en
                      Harry Look onderskeidelik? Motiveer jou antwoord.                   (2)
                                                                                         [25]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                         (EC/SEPTEMBER 2024)

DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag).

VRAAG 12: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG

“Die lewe is nie ŉ storieboek nie.”
Die teendeel van die Engel se woorde bly vir lank in Iris se lewe waar.

Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 400 tot 450 woorde.                                    [25]

VRAAG 13: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS G

Daar was hierdie man, sien, ŉ oujongkêrel, ryk genoeg en aantreklik, ŉ Eduard
eintlik. Hy het nie vreeslik in meisies belanggestel nie, maar sy jonger broer het. Sy
naam was Peter. (My karakters het altyd Engelse of buitelandse name gehad en
die verhaal het ook êrens anders afgespeel. Selfs my vrugbare verbeelding kon nie
romanties raak onder Suid-Afrika se bakkende son en interne probleme nie.) Ek, of            5
liewers: sy, was nie een van Peter se meisies nie, sy was bloot ŉ goeie vriendin.
Die meisie by wie hy sy hart kon kom uitpraat. ŉ Maat. Maar op ŉ gegewe aand
kom hy by haar aan, baie laat. Hy het te veel gedrink, kan sy dadelik sien toe sy
eers wakker is. (Sy het al geslaap.)
“Wat makeer?” vra sy en begin koffie maak.                                                   10
Hy trek sy das los en val op haar bed neer. Terwyl hy haar vertel hoe sy meisie
hom teleurgestel het en hoe alles die afgelope weke met hom verkeerd gaan, moet
ek miskien ŉ bietjie agtergrond inskets.
Sy bly alleen in ŉ ateljee-tipe woonstel. Basies net een baie groot vertrek met ŉ
badkamer êrens op die agtergrond. Wat sy doen, weet ek nie. Iets vaags soos ŉ                15
proefleser, in elk geval iets wat sy by die huis kan doen. Miskien was sy selfs ŉ
skryfster. (Sy was my alter ego en ek was altyd besig om stories te versin.) Ek wou
nie tyd mors met wonder waar haar geld vandaan kom en hoe sy dit regkry om
brood en melk te koop nie.

13.1    Wanneer dink Iris die fiktiewe Peter uit en waarom leef dié karakter nie baie lank
        nie?                                                                                      (2)

13.2    Watter onregverdige aanname maak Iris oor die regte Peter wanneer sy hom
        ontmoet? Hoe bewys die regte Peter haar later verkeerd?                                   (2)

13.3    Hoe dra Iris se obsessie met haar naam by tot haar innerlike konflik oor die
        moontlike modelkontrak? Kan Iris se swak selfbeeld aan hierdie obsessie
        toegeskryf word? Motiveer jou antwoord.                                                   (2)

13.4    Waarheen gaan Iris en die werklike Peter uiteindelik vir ŉ sogenaamde
        romantiese vakansie? Op watter wyse ervaar Iris die milieu daar van die begin
        af as ŉ antiklimaks?                                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   23

13.5    Wat is die TWEE funksies van Iris se erkenning in die roman dat werklikheid
        en fiksie in haar lewe oorvleuel? Is die Engel vir Iris ŉ fiktiewe karakter?
        Motiveer jou antwoord.                                                                  (3)

13.6    Gee DRIE verskille       tussen   Iris   en   Greta,   haar   alter   ego,   se
        karaktereienskappe.                                                                     (3)

                                             EN

TEKS H

Die oomblik toe die seremonie verby was en die foto's geneem, het ek my trui weer
aangetrek. Peter het nie omgegee nie, maar Elsa het in my oor gesis dat ŉ bruid
nie ŉ trui dra nie en hoe kan die mense die mooi rok waardeer as ek dit toewikkel
in ŉ wolkombers?
Tydens die onthaal het ek opgekyk na die kerksaal se vensters waardeur die                5
winterson weldadig geskyn het en agter ŉ groot rangskikking bestaande uit buite-
seisoenlike blomme, het ek die Engel sien staan. Ek het vir hom geglimlag en hy
het vir my geknipoog en sy duim in die lug gehou.
“Die Engel is ook hier,” het ek vir Peter gefluister toe almal opstaan om op ons
gesondheid te drink.                                                                      10
“Het jy hom genooi?” het Peter gevra.
“Hy kom nie net op uitnodiging nie.”
“Van wie praat julle nou?” het my nuwe skoonpa gevra, wat aan my ander kant
gesit het. Die mense was aan die rondbeweeg en eet en onder die algemene
gedruis kon ons praat.                                                                    15
Ek het hom reguit in die oë gekyk. “Die Engel.”
“Is hy hier?” het die oom gevra en oor sy mond gevee.
“Ja.” Peter het nie saamgepraat nie omdat Ma hom aan die arm beetgehad het en
besig was om hom te vertel van Kara se Michel en hoeveel hy nou weeg.
“Waar?” het die oom gevra en bang rondgekyk.                                              20
“Agter die blomme. Daar by die venster.”
Hy het soontoe gekyk en gefrons. “Ek sien niks nie.”

13.7    Iris en Peter se troue is die bewys van nog ŉ vooropgestelde idee wat Iris
        laat vaar het. Bewys die stelling.                                                      (1)

13.8    Hoekom is Iris se voorkoms by haar eie troue ironies?                                   (1)

13.9    In reëls 5 tot 7 staan die Engel op die agtergrond. Hoe sluit dit by die slot
        van die roman aan?                                                                      (1)

13.10   Noem TWEE insidente vóór die troue en TWEE insidente ná die troue as
        bewys dat die Engel nie ŉ ware beskermengel was nie.                                    (4)

13.11   Herlees reël 17 en 18.

        Speel die Engel ŉ raadgewende rol in Iris en haar skoonpa se verhouding?
        Motiveer jou antwoord.                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
24                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                        (EC/SEPTEMBER 2024)

13.12   Herlees reëls 14 tot 16 van TEKS G asook reëls 5 tot 7 van TEKS H.

        Hoekom skep Iris fantasiekarakters in TEKS G? Is dit oortuigend dat Iris van
        Greta ontslae raak, terwyl die Engel in TEKS H steeds deel van Iris se lewe bly?
        Motiveer jou antwoord deur na Greta en die Engel te verwys.                          (3)
                                                                                            [25]

                                                               TOTAAL AFDELING B:             25

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                   AFRIKAANS HUISTAAL V2                                 25

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer
het.
KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF VRAAG 15 (kontekstuele vraag).

VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG

Dit is nodig vir karakters in ŉ drama om te verander en as mens te groei. Ons sien
dit veral in die lewens van Antie Grootmeisie, Cavernelis, Cyril en Richie.

Bespreek die stelling in ŉ opstel van 400 tot 450 woorde.                                   [25]
VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS I

                      MAP se ma besoek hom in die tronk. Ons sien vir Map aan die
                      een kant van die dik glas wat gevangenes van hul besoekers skei;
                      Antie Grootmeisie, teenoor hom, aan die anderkant. Grys mure
                      van die tronk rondom. Antie Grootmeisie praat nie. Map is al een
                      wat praat, dán huiwerend, dán met drif.                               5
                      Stilte.
MAP:                  Ek is nog ôrait, Ma ... ‘is Map ... ‘is Johnnie ...
                      Sy kyk na hom, knik.
MAP:                  Hoe gaan ‘it moet Ma?
                      Sy knik dat dit “goed gaan”.                                          10
MAP:                  En moet Blanchie? Sy kom ook nie meer nie ... ek wiet sy’t ook
                      altyd skelm gekom, sonner lat haar mense wiet ...
                      Antie Grootmeisie kyk na hom, vol ontsteltenis.
MAP:                  ... maar ek verkwalik haar nie ... Die social worker het weer moet
                      my gepraat, sy’s nogal vrinnelik ...                                  15
                      Sy kyk na hom.
MAP:                  Miss Africa ... ŉ Mens kan nogal moet haar praat.
                      Sy kyk vraend op.
                      Antie Grootmeisie knik.
MAP:                  Sy sê parole is nou due vir my, ek kom yt op die sewende wat          20
                      nou kom, annermaand ...
                      Antie Grootmeisie kyk lewendig op.
MAP:                  Annermaand!
                      Sy knik opgewonde.
                      Parole, Ma ...                                                        25
                      Sy knik weer.
                      Ek is jammer oor dit alles, Ma ... Ek het al gesê ... Ek het vir Ma
                      al gesê, ek is jammer oor dit alles ... Ek het ge-change hierso in
                      die tronk in. Ma wiet self. (Driftig.) Ek is jammer, maar Ma moet
                      my glo, Ma móét my gló! Ek het ge-change hierso ...                   30
                      Sy skud haar kop hewig om te kenne te gee dat sy “glo”.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
 26                                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                        (EC/SEPTEMBER 2024)

15.1     Vir watter misdaad is Map in die tronk en wat het daartoe aanleiding gegee?             (2)

15.2     Waarom praat Antie Grootmeisie nie in TEKS I nie, maar wel in die ontknoping
         van die drama?                                                                          (2)

15.3     Ten spyte van Antie Grootmeisie se stilswye neem sy tog deel aan die
         gesprek. Bewys hierdie stelling met VIER redes.                                         (4)

15.4     Evalueer hoe Antie Grootmeisie se stilswye tot Map se karakterontwikkeling
         bydra.                                                                                  (1)

15.5     Herlees reël 8.

         Die tweeledigheid van karakters kan regdeur die drama bespeur word.
         Evalueer die korrektheid van die stelling deur na Map, Blanchie en Cavernelis
         in jou motivering te verwys.                                                            (3)

15.6     Herlees reël 11.

         Waarom het Blanchie opgehou om vir Map in die tronk te kom kuier?                       (1)

15.7     Verklaar die titel van die drama in jou eie woorde en verduidelik ook hoe reël
         21–22 daarby aansluit.                                                                  (3)

                                                 EN

TEKS J

MAP:                  Ma! Die band nét so, oompie Paulsen-hulle. .. even húlle, net so,
                      dieselfde ... Map Jacobs, obviously, sal die band nou ŉ naam
                      gee, so steer ma’ clear van Map Jacobs af, nou ... allerhande
                      ekskusies ... die membership is al vol, die vorms vir die end
                      vannie jaar se competitions is al ingevul ... (Lag.) Even die            5
                      verskoning: Ons het al klaar ŉ sax, as ons net gewiét het jy kom
                      ýt, ou Map, maar ons het nie gewiet nie ... Very sympathetic,
                      almal!
                      Stilte dan –
MAP:                  Ma! Tommy Sobotker vertel vir my van Blanchie ... van daai wit           10
                      varke wat haar verlei ... vir Blanchie, Ma ... wat het moet ons
                      gebeur, Ma, moet my en moet haar? (Bewoë.) Ons was same op
                      skool, in die Elsiesrivier ... alles het mooi gelyk, ek het gehou van
                      haar en sy’t gehou van my, en toe ... kom al die dinge wat gebeur
                      het ... Wat het moet ons gebéúr, Ma? (Huil amper; dan driftig.)          15
                      Lyster julle ammal! (Hy spreek die straat aan.) Ek mind nie wat
                      Blanchie gedoen het meanwhile nie, ek mind van niks, even as it
                      waar is sy het ŉ abortion gehad van ŉ wit vark of van enige
                      iemand ... Here Jesus, wie is ekke om te mind! Apostel George, ja,
                      jy sê vir my, wie is ekke om te mind, ek is soes niks, soes niets ...
                      soes niks ... Niets... (Die straat raas.) ‘Is net ... Hoekô avoid jy vir 20
                      my, Blanchie?... Hoekô avoid sy vir my?... (Dan sagter.) Here! Ma!
                      Apostel George! Hoekô avoid sy vir my ... Ek wil so graag net moet
                      haar práát, net vir haar sê, ek is sorry ... Blanchie ... Ek het shit
                      aangevang ...                                                            25

 Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

                               Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 27

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                             27

15.8    Wat het aanleiding gegee tot Map se ontsteltenis in TEKS J?                 (1)

15.9    Wat is die naam van die orkes waarna Map in reël 1–8 verwys en waarom
        kan hul naam hier as ironies gesien word?                                   (2)

15.10   Herlees die onderstreepte woorde in reël 16 en 21.

        Wat word hierdie teksgedeeltes genoem en waarom word daar
        deurlopend na die straat in Map se monoloog verwys?                         (2)

15.11   Sou jy vir Blanchie kon vergewe as jy Map was? Motiveer.                    (1)

15.12   Kontrasteer Map se gemoedstoestand in onderskeidelik in TEKS I en
        TEKS J en verduidelik hoe elke teks se milieu daartoe bydra.               (3)
                                                                                  [25]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 28

Downloaded from hlayiso.com
28                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2024)

MIS – Reza de Wet

Beantwoord ÓF VRAAG 16 (opstelvraag) ÓF VRAAG 17 (kontekstuele vraag).

VRAAG 16: MIS – OPSTELVRAAG

Meisie se karakterontwikkeling dra by tot haar uiteindelike lot.

Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 400 tot 450 woorde.                            [25]

VRAAG 17: MIS – KONTEKSTUELE VRAAG.

Lees die onderstaande uittreksels en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS K

                     GERTIE volg MIEM. Hulle verdwyn deur die gangdeur. Die
                     KONSTABEL sit. Doodstil. MEISIE is ongemaklik en vroetel met
                     haar hande.
MEISIE:              (na ŉ stilte) Ek is jammer.
KONSTABEL:           En waaroor, Juffrou?                                                  5
MEISIE:              Ek weet nie wat om te sê nie. Ek is nie gewoond aan mense nie.
KONSTABEL:           Werklik Juffrou? Kry u nie besoekers nie? En ... waarom nie? So
                     ŉ aantreklike, jong dame?
MEISIE:              Ek weet ... nie. (Kort stilte) Ek dink dis oor die mis.
KONSTABEL:           Die mis, Juffrou?                                                    10
MEISIE:              Daar’s baie mis op die werf. Groot hope mis. Soos hooimiede.
                     Alle soorte. Beesmis. Perdemis. Varkmis. Aan die begin van elke
                     maand bring die boere hulle mis. Lorries en waens vol mis. Aan
                     die einde van die maand word dit in sakke gesit (Wys na die
                     sakke) en ons verkoop dit. Vir bemesting (Kort stilte) My ma sê      15
                     dit hou ons aan die lewe. Die mis. (Skielik hard, byna histeries)
                     Maar dit stink! (Skielik skaam) U ... ruik dit seker ook?
KONSTABEL:           Dit pla my nie, Juffrou.
MEISIE:              Vanaand ruik dit nie so sterk nie, want dis koud en alles is toe.
                     Maar in die somer is dit baie erg. Die stank ... en die vieslike     20
                     vlieë. Swerms vlieë. En brommers. Groot, blink brommers.
                     (Stilte) Ek ... het roosbome voor my venster geplant. (Stilte) En
                     dis hoekom ... niemand wil kom kuier nie. Dit ruik so aaklig. En
                     wie sou nou tee wou drink? Die vlieë het mis aan hulle pote.
                     Hulle loop op die tertjies en val in die melk. (Kort stilte. Sy      25
                     glimlag) Laas jaar het Danie Venter kom kuier. Een Sondag. Die
                     wind het reg gewaai. Die wind het die vlieë weggewaai en die
                     huis het geruik na rose.

17.1    Op watter dag speel die drama af?                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans HL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0d3edb3f-1c44-4a82-a9fa-7832a4161288) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Afrikaans HL · Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Afrikaans HL · Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2023/570bfb5d-f864-4400-8cd2-30d4b1b647c7) — Afrikaans HL · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [Afrikaans HT GR. 12 V 2 JUNIE 2023 FINAAL](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-ht-gr-12-v-2-junie-2023-finaal/4cfda32a-8937-4c06-b165-cdfa2820cd2d) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/1a878435-bdd2-45da-8e0c-99f96c0bae42) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 MEMO GR12 SEPT 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-memo-gr12-sept-2022/3073e906-8969-412a-869e-48eff08f4ccc) — Memo · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2022/3eab821d-3328-4649-9b69-df2f8a598b74) — Memo · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2022/635d4025-2ec6-4a06-a793-dc0f35254a58) — QP · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
