# Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2025, 31 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 31

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 31 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                       SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                         SEPTEMBER 2025

                     AFRIKAANS HUISTAAL V2

PUNTE:      80

TYD:        2½ uur

                      Hierdie vraestel bestaan uit 31 bladsye.

       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/SEPTEMBER 2025)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord.

2.   Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
     inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste
     wat jy in die klas bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy gedoen
     het en kies die soort vraag wat jy wil beantwoord.

3.   Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

     AFDELING A: Gedigte        (30)
     AFDELING B: Prosa          (25)
     AFDELING C: Drama          (25)

4.   Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE uit AFDELING A, EEN uit AFDELING B en
     EEN uit AFDELING C.

     AFDELING A: GEDIGTE
     Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
     Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.

     AFDELING B: ROMAN
     Beantwoord EEN vraag.

     AFDELING C: DRAMA
     Beantwoord EEN vraag.

5.   KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)

     •   Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer het.
     •   Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy
         die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag in
         AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B
         beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik die
         kontrolelys om jou te help.

6.   LENGTE VAN ANTWOORDE

     •   Die lengte van die opstel vir die gedig is 250 tot 300 woorde.
     •   Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400 tot 450 woorde elk.
     •   Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word deur die
         puntetoekenning van elke vraag bepaal. Beantwoord die vrae bondig en
         relevant.

7.   Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

8.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2025)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                3

9.     Beantwoord ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

10.    Voorgestelde tydsindeling:

       AFDELING A:        ongeveer 40 minute
       AFDELING B:        ongeveer 55 minute
       AFDELING C:        ongeveer 55 minute

11.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                          Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                                AFRIKAANS HUISTAAL V2              (EC/SEPTEMBER 2025)

 AFDELING A: GEDIGTE

 Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
 VRAAGNOMMER                           VRAAG                  PUNTE     BLADSY
 1. “27 April 1994”                   Opstelvraag               10         6

 2. “Vroue van Vermeer”                  Kontekstuele vraag    10            7

 3. “ŉ Paternoster vir Suid-Afrika”      Kontekstuele vraag    10            9

 4. “Die Bokser”                         Kontekstuele vraag    10           11

                                                EN
 Ongesiene gedig: Verpligtend

 5. My Blommenkie–lief                   Kontekstuele vraag    10           13

 AFDELING B: ROMAN

 Beantwoord EEN vraag.*
 6. onderwêreld                             Opstelvraag        25           14

 7. onderwêreld                          Kontekstuele vraag    25           14

 8. Manaka Plek van die Horings             Opstelvraag        25           17

 9. Manaka Plek van die Horings          Kontekstuele vraag    25           17

 10. Vatmaar                                Opstelvraag        25           20

 11. Vatmaar                             Kontekstuele vraag    25           20

 12. Die kwart-voor-sewe-lelie              Opstelvraag        25           23

 13. Die kwart-voor-sewe-lelie           Kontekstuele vraag    25           23

 AFDELING C: DRAMA

 Beantwoord EEN vraag.*

 14. Krismis van Map Jacobs                 Opstelvraag        25           26

 15. Krismis van Map Jacobs              Kontekstuele vraag    25           26

 16. Mis                                    Opstelvraag        25           29

 17. Mis                                 Kontekstuele vraag    25           29

* LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in
           AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2025)            AFRIKAANS HUISTAAL V2                              5

 KONTROLELYS

 Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae
 beantwoord het.

                AFDELING        VRAAG-            GETAL VRAE            MERK ✓
                                NOMMER           BEANTWOORD
A: Gedigte
(Voorgeskrewe gedigte)             1–4                  2
A: Gedigte
                                    5                   1
(Ongesiene gedig)
B: Roman
                                   6–13                 1
(Opstel of kontekstueel)
C: Drama
                                  14-17                 1
(Opstel of kontekstueel)

LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
         in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2025)

AFDELING A: GEDIGTE

VOORGESKREWE GEDIGTE

Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

VRAAG 1: OPSTELVRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg.

27 April 1994 – Vincent Oliphant

1    uiteindelik vou ek die verlede toe
2    knyp sy vlerk tussen duim en vinger vas
3    tot hy veilig deur ŉ gleuf in die geskiedenis glip
4    en anderkant
5    wonderbaarlik
6    vry
7    die duif van vrede sy blou vlerke sprei

8    sodat my nuutgebore stem na woorde smag
9    om ŉ lied vir my land
10   soos ŉ vlag aan die tong te sweef
11   bo die geruislose val van skanse van die vel

12   sodat ek vry uit die vervreemding tree
13   om in die oë van vergetenes en langverlorenes
14   uiteindelik myself te kan sien
15   soos iemand wat ek nooit geken het nie

16   om aan hulle die hand te gee
17   en te voel hoe vlees en vlees ontmoet

18   want een lyn van bloed loop deur die eeue
19   loop deur die ganse geskiedenis
20   loop deur elke uithoek van die land
21   loop deur my en loop deur jou
22   van Genesis tot nou
                                                            [Bron: Die sagte vlees, 1998]

Halfrym, tipografie en beeldspraak ondersteun die gedagte van vryheid.

Bespreek die stelling in ŉ opstel van 250 tot 300 woorde.                                   [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2025)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                7

 VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Vroue van Vermeer – T.T. Cloete

 1        Dit is meestal ŉ mooi jong vrou.
 2        Meestal is sy alleen binnenshuis,
 3        dalk met ŉ wit veraf brief wat sy vashou,
 4        naby, in ŉ gloeiende klein hand
 5        voor ŉ kleiner of groter oop
 6        venster. Daar kom ŉ ligte geruis
 7        van ŉ wêreld aan uit ŉ land-
 8        of groter wêreldkaart
 9        wat teen die muurvlak oorkant
 10       hang, daar waar seestrome en wind loop
 11       met haar land se ganse skeepvaart.
 12       Sy staan, sy sit, sy buk oor kant,
 13       sy droom of sluimer
 14       in lig wat in vlokkies of korrels brand
 15       of dof kaats in die ruimer
 16       ruimte van ŉ skildery of spieël of in ŉ wynhouer
 17       ivoor maak, of sy speel klavesimbaal
 18       of sy loer oor haar skouer
 19       en dra ŉ sonnende pêrel teen haar nek
 20       se skadu. En altyd is daar lig wat áfstraal
 21       ín in die liefs klein afgemete vertrek,
 22       oorvloedig, uit die oop grote
 23       universum en wat klein aardse geslote
 24       stilte in die onmeetlike laat asemhaal.
                                                                   [Bron: Driepas, 1989]

2.1 Kies die korrekte antwoord deur slegs die vraagnommer en die letter neer te
    skryf, byvoorbeeld. 2.1 E.

      Waarom kan hierdie gedig as ŉ kumulatiewe beeldgedig gesien word?

      A      Dit handel oor die hele oeuvre van Vermeer.
      B      Dit handel oor Vermeer.
      C      Die gedig is geïnspireer deur ŉ beeldende werk van Vermeer.
      D      Die gedig het baie beeldspraak.                                                   (1)

2.2 Motiveer waarom die gebruik van die titel so effektief in hierdie gedig is en
    verduidelik hoe hiérdie belangrikheid uitgehef word. Watter woord in versreël 1
    sluit by die titel aan?                                                                    (3)

2.3 Verduidelik die konnotatiewe betekenis van die onderstreepte woord in
    versreël 2 en dui die verband met die onderstreepte woorde in versreël 3 aan.              (2)

 Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2025)

2.4    Verduidelik die stylfiguur wat in versreël 6 voorkom.                              (1)

2.5    Benoem en verduidelik die betekenis van die beeldspraak in versreël 8.             (2)

2.6    Verwys na versreël 17 en 19.

       Wat sou jy sê is die doel om hierdie onderstreepte voorwerpe juis hiér te
       gebruik.                                                                          (1)
                                                                                        [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2025)                    AFRIKAANS HUISTAAL V2                                9

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

ŉ Paternoster vir Suid-Afrika – Lina Spies
1    Here, laat die name geheilig word
2    van al die kinders van die land –

3    van hulle
4       wat modderkoekies gebak het uit sy aarde,
5       dassies skrikgemaak het in sy klowe,
6       wol getrap het in sy krale.

7    Ek het asemloos toegekyk:
8        swart bolywe geboë oor magtelose diere
9        en skerp skêre wat my laat wag het,
10       bang vir die glip-slag, die bloed, die pyn.
11       Maar die swart versigtige hande
12       het selde dieper as die wit geknip
13       en ek kon die lootjies uitdeel
14       want die arbeider was sy loon waardig
15       volgens die aantal wat hy vrygemaak het
16       om ligvoets teen die somerheuwels uit te wei.

17   Maar die bale is lankal toegewerk en weggestuur,
18   die wololie van my voete afgewas,
19   my bene nie meer lam getrap nie.

20   Vergewe ons, die vergeetagtiges, die uitgerustes,
21   soos ons hule vergewe, die luidrugtiges
22      wat nooit binne die kraal was nie,
23      wat nooit rietperd gery
24         en kaalvoet geloop het nie,

25   en Here sien ons hande aan:
26   Kyk, om my wit pols is ŉ armband van gras;
27   my donker speelmaat het dit kunstig gevleg
28   soos ek nooit kon nie ...

29   Aan u behoort die land
30     en die son
31        en die skape van sy weiding

32   Gee ons liefdevolle hande, Heer,
33   en sny U self versigtig aan die belemmerende kleed
34   dat daar nie onnodige bloed verspil nie

35   en deel U self die lootjies uit
                                                       [Bron: Digby Vergenoeg, 1971]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 10

10                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/SEPTEMBER 2025)

 3.1 Waarom is dit korrek om te sê die titel plaas die leser in ŉ gewyde stemming
     en waarop dui die onbepaalde lidwoord in die titel?                                 (2)

 3.2 Op watter wyses beklemtoon die spreker wie die kinders is waarna in
     versreël 2 verwys word?                                                             (2)

 3.3 Kies die korrekte antwoord deur slegs die vraagnommer en die letter neer te
     skryf, byvoorbeeld 3.3 E.

      Benoem die stylfiguur in versreël 8.

      A     Metafoor
      B     Sinekdogee
      C     Klanknabootsing
      D     Kontras                                                                      (1)

 3.4 Haal die versreël aan wat daarop dui dat die pogings om swart-wit
     verhoudings te laat werk, vrugte afgewerp het.                                      (1)

 3.5 Waarom is dit funksioneel om die tempo in versreël 20 te verstadig en hoe
     word dit bewerkstellig?                                                             (3)

 3.6 Verwys na versreëls 26 tot 28.

      Is dit geregverdig om te sê dit is die antwoord op die verkryging van die
      lootjies in versreël 35? Motiveer jou antwoord.                                    (1)
                                                                                        [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2025)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  11

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Die bokser – Ernst van Heerden

1    Die grense van die klein kryt
2    is hellende onvastigheid,

3    waar wit bors fier teen wit bors staan
4    en skim teen skim die skynhou slaan;

5    die lyf word wiegend – ritmies, sterk –
6    tot skerm en liemaak ingeperk;

7    vier donker oë blits fel en woes,
8    wyl twee gedaantes mik en koes;

9    maar elk groteske vuis se smak
10   laat lis en weerstand verder knak ...

11   die liggaam is so rank gebou
12   en weerloos teen dié man se hou;

13   tog sal my mokerslag hom tref
14   waar hy hom vaag en grynsend hef,

15   sy beeld versplinter in die glas
16   waar netnou my gestalte was;

17   ŉ flikker-weerskyn word verskerf,
18   ŉ lyf stort soos ŉ koring-gerf ...

19   Wie is die man wat roerloos lê,
20   wie’t ŉ bekende naam gesê?

21   Waarom die skaar aan’t roep en fluit,
22   en waarom flakker ligte uit ...?
                                                            [Bron: Groot Verseboek, 1981]

4.1 Beantwoord die titel aan die leser se verwagting? Motiveer jou antwoord.                (1)

4.2 Kies die korrekte antwoord deur slegs die vraagnommer en die letter neer te
    skryf, byvoorbeeld 4.2 E.
     Verduidelik die stylfiguur in strofe 1.
     A        Dit dui op die tou van die kryt wat grense stel.
     B        Dit dui op die beperkte ruimte waarin die geveg plaasvind.
     C        ŉ Kryt is ŉ terrein van sekerheid, maar in versreël 2 is dit nou skuins
              en onvas.
     D        Die lewe perk jou soos ŉ kryt in.                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 12

12                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2025)

4.3   Hoe weet die leser die wending vind in versreël 9 plaas en waarom is dit juis
      híér so effektief?                                                                 (2)

4.4   Tot watter insig kom die mens in versreël 12?                                      (1)

4.5   Waarom kan gesê word dat die rympatroon en die strofebou effektief in die
      gedig meewerk?                                                                     (2)

4.6   Die vertellersperspektief in die gedig wissel.

      4.6.1    Verduidelik die stelling hierbo.                                          (2)

      4.6.2    Hoe dra die gebruik van die ellips in versreël 22 by om jou verduide-
               liking by VRAAG 4.6.1 te staaf?                                           (1)
                                                                                        [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2025)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                       13

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

My Blommenkie-lief – Christo du Plessis

1      In die Rosestad
2      het ek vir Rosalie ontmoet.
3      Haar donker aroma het my begroet -
4      Maar haar ouderdom sou ek nooit kon skat.
5      Aan Tafelberg se hange
6      het ek vir Heidelief gekry.
7      Haar lyf het my gevlei -
8      Maar haar oë was vol van vêr verlange.
9      In die digtheid van die Bosveld-tuin
10     het ek aan Doringrosie vasgehaak.
11     Sy het my met haar weligheid aangeraak -
12     Maar haar hart was begrawe onder seerkry se puin.
13     In die Hooglande met sy eie taal
14     het my Blommenkie-lief gewag vir my.
15     Sy het met haar rooi lippies gul gelag en was bly –
16     Want ek het haar as my deelgenoot gaan haal.
                                         [Bron: Vir vanaand sal ek net jou hand vashou, 2015]

5.1    Voltooi die onderstaande sin:
       Tipografies bestaan die gedig uit vier ...                                                (1)
5.2    Rosalie se swaar parfuum word in strofe 1 genoem.
       5.2.1     Watter halfrym versterk hierdie gedagte?                                        (1)
       5.2.2     Watter woord dui aan dat hierdie aroma nie ŉ indruk op die spreker
                 gemaak het nie?                                                                 (1)
5.3    Dink jy die rym in strofe 2 is gepas? Motiveer jou antwoord.                              (1)
5.4    Wat is die stemming na die wending in strofe 2?                                           (1)
5.5    Met watter woord in strofe 3 skakel “digtheid” (versreël 9) en wat word deur
       versreël 11 geïmpliseer?                                                                  (2)
5.6    Verwys na strofe 4.
       5.6.1     Hoe kontrasteer die dame in strofe 4 met die ander dames in die
                 gedig?                                                                          (1)
       5.6.2     Watter woord beklemtoon die progressie in die gedig en waarom is
                 dit korrek om te sê dit was ŉ wedersydse soektog?                               (2)
                                                                                                [10]

                                                                TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 14

14                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/SEPTEMBER 2025)

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer
het.

ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen

Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag).

VRAAG 6: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG

Die handeling van Greg ondersteun die tema van die ontwikkeling van ŉ
adolessent wat voor ŉ aantal uitdagings te staan kom op pad na selfbegrip en
volwassenheid.
Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 400 tot 450 woorde.                          [25]

VRAAG 7: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS A
    Ek spring uit die bed dat die beddegoed doer trek, gryp my badkamersakkie en
handdoek. Toe ruk ek die koshuiskamer se deur oop. In die gang loop ek my byna
kis teen iemand.
Thomas-Jean. TJ in kort.
    “Jy’s bietjie laat, bru,” sê hy.                                                     5
    “Ek weet. Dis Eckardt, die goorgat – hy’t my nie kom wakker maak nie. Kan nie
nou praat nie. Sien jou later, TJ!”
    Almal wat ek in die gang teëkom, is al aangetrek: swart broeke, baadjies. Wit
hemde, geel dasse. Die skoolwapen met die fakkel op die baadjies se sakke. Bo die
wapen is die skool se naam: Lawson Kollege, en onder die wapen die skool se             10
leuse: Lux hominum vita.
    Ek stamp my pad oop deur die bondelende klomp seuns wat op pad is na die
eetsaal.
    “Hei, buddy, lekker verslaap,” roep een.
    “Is jy nie aan diens by die graadagts nie?” vra een van die VRL’s.                  15
    Dit ook nog. Ek het vergeet. Ek hoop maar net hulle het nie die plek vanoggend
afgebreek nie. En dat almal uit die bed is.
    Nog ŉ paar ouens terg, ander wil groet, gesels, vra oor rugby of iets. Maar ek
mompel net onhoorbare verskonings. Die verdomde Eckardt, vloek ek weer sag. Ná
ŉ vinnige stort, skeer en tandeborsel, gaan trek ek aan. Toe sit ek af met die          20
koshuisgang, systap ŉ skoonmaker wat my verbaas agternakyk. Eckardt se kamer is
net ŉ kort entjie van myne af. Ek klop vinnig, pluk die deur oop voor hy kan
antwoord.

7.1   Wie is die ek-verteller in TEKS A en waarom is die keuse van dié soort
      verteller hier suksesvol?                                                           (2)

7.2   Is TJ se latere optrede in die verhaal regverdigbaar? Motiveer jou antwoord.        (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2025)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                 15

7.3    Verwys na reël 11: Lux hominum vita

       7.3.1    Gee die betekenis van dié leuse.                                          (1)

       7.3.2    Motiveer of die ek-verteller se besluit ten opsigte van dok Pienaar
                ŉ uitlewing van hierdie leuse is.                                         (1)

7.4    Verwys na reëls 11 tot 15.

       7.4.1    Watter gesindheid openbaar die medeleerders teenoor die ek-
                verteller?                                                                (1)

       7.4.2    Sou hierdie gesindheid van die medeleerders die ek-verteller se
                keuse by die rugby-oefening kon verduidelik? Motiveer jou
                antwoord.                                                                 (1)

       7.4.3    Waarom het die ek-verteller besluit om wel só by die rugby-
                oefening op te tree?                                                      (1)

       7.4.4    Motiveer of daar enige verband tussen hierdie optrede en die skool
                se leuse is.                                                              (1)

7.5    Verwys na reëls 18 tot 19.

       Watter ontdekking maak die ek-verteller in die kamer en watter emosie
       ervaar hy tydens die ontdekking? Watter gebeurtenis kon gelei het tot
       hierdie emosie?                                                                    (3)

                                            EN

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 16

16                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2025)

 TEKS B

    “Ma, sal Ma na Pa kyk? Ek moet vir inspekteur Cele bel.” Dis nie oor my pa dat ek
 nou vir haar wil kontak nie. Sy, sersant Botha en die ander polisie-eenhede wat betrokke
 gaan raak, sal mettertyd van hom uitvind. Ek kan dit nie keer nie. “Ek moet haar vertel
 van Ekk-0.”
   Buite die motor gly die landskap geruisloos verby in die donker. Greg se selfoon breek         5
   die stilte. Private number, lees die selfoonskerm.
    “Greg, hallo?” Hy luister. En druk dit dan net dood.
    “Wie was dit?” vra sy ma moeg.
    “Iemand van die koerant.”
 Sy sug. Greg draai om in sy sitplek, kyk na die motor wat hulle volg.                            10
 Sy pa. Sy gesig skaars sigbaar in die donker. Hy draai weer terug. Dit is nog ver
 Johannesburg toe. Die motorligte vloei helder oor die teerpad.
    Lux hominum vita.
    Greg leun met sy kop teen die passasiersvenster. Sy tong voel dik in sy mond.
    “Ek is toe nie so bullet-proof soos ek gedink het nie,” sê hy sag.                            15
    ŉ Hand op sy skouer. Sy ma s’n.
    Nou eers kan hy huil. Vir sy pa, en ook vir John.
 Die selfoon lui weer. Die joernalis het nog nie die boodskap gekry dat hy nie met haar wil
 praat nie. “Net asseblief een ding, Greg,” hoor hy haar sê, “die ou na wie die polisie
 soek – ek het twee name hier: Eckardt Wilken en Ekko-0. Is dit sy regte naam?                    20

7.6    Teen watter agtergrond speel hierdie uittreksel af?                                     (1)

7.7    Om watter redes sou ons kon sê die milieu in TEKS B is ook ŉ geestesruimte?             (2)

7.8    “Ek kan dit nie keer nie.” (Reël 3)

       7.8.1   Waarna verwys Greg hier?                                                        (1)

       7.8.2   Waaroor het Greg konflik beleef?                                                (1)

       7.8.3   Waarom sou hierdie woorde as ironies beskou kon word?                           (1)

7.9    Wat impliseer reël 11?                                                                  (1)

7.10 Verwys na reël 15.

       Om watter rede sou Greg gedink het hy is “bullet-proof” en watter optrede van
       hom het die teendeel bewys? Wat verklap hierdie reël oor Greg se karakter?              (3)

7.11 Watter handeling van mnr. Owen laat Greg toe om nou oor John te huil?                     (1)

7.12 Hoe verskil TEKS A en TEKS B ten opsigte van die ontwikkelingslyn van die
     roman?                                                                                    (2)
                                                                                              [25]

  Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2025)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                               17

 MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

 Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag).

 VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG

 In Barotseland kom Baas, die swerwer, tot rus en groei tot iemand wat vir ander
 omgee.

 Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 400 tot 450 woorde.                              [25]

 VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS C

 “Lyk my jy weet ook van alles, Riekert. Ek is nuuskierig. Wat weet jy nog van
 my?” Baas leun teen die bakkie.
 “Moenie my verkeerd verstaan nie, Baas. Ek probeer glad nie insinueer dat jy
 finansiële probleme het nie. Ek sê net as jy my dalk eendag nodig kry, vra maar
 daar by Kubu Lodge. Hulle sal weet waar ek is. En, soos ek gesê het, ek betaal          5
 goeie pryse. Jy lê hier teen Angola, man. Noudat ou Savimbi se Unitatjies
 honger word, kom hierdie klippies by die honderde oor die grens. Dis makliker
 as maroelas optel.”
 “Nog iets?” vra Baas, sy een arm op die oop deur, die ander arm op die Land
 Rover se dak.                                                                          10
 “Jy laat my skoon vasgekeer voel, ou maat.” Riekert stryk met sy plat hand oor
 sy kop. “Lyk my jy en hierdie hond van jou is ewe wantrouig. Moet nou nie
 koppig wees nie, man. Hierdie rivier is nie elke ou se maat nie. En die Zambezi
 Joy is gedaan. Jy mors jou tyd. Sy sal nooit weer water toe gaan nie. Dink mooi:
 Hierdie soort klippies is dalk net wat jy nodig het om ŉ nuwe begin te maak. Ons       15
 weet almal jy wil ŉ toerbesigheid begin. In jou kop lyk dit miskien na ŉ wenner,
 maar op die ou end loop jy met ŉ bondeltjie op jou rug uit Barotseland weg.”
 “Of ek sit met ŉ splinternuwe boot met ŉ splinternuwe naam,” glimlag Baas.
 “Geheimsinnig oor die nuwe naam?”

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 18

18                                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/SEPTEMBER 2025)

9.1     Hoekom is Riekert se teenwoordigheid op Manaka onwelkom?                              (1)

9.2     Riekert verwys in reël 4 na Baas se “finansiële probleme”.

        Gee redes vir hierdie “probleme”. Wat was die uiteindelike gevolg vir Baas
        as jy die tema van omgee/Ubuntu/mededeelsaamheid in gedagte hou?                      (3)

9.3     Herlees reëls 3 tot 11.

        9.3.1        Van watter karaktereienskap van Baas is Riekert bewus?                   (1)

        9.3.2        Hoe ondersteun Grace se siening van Baas dié karaktereienskap?           (1)

        9.3.3        Dink jy Baas se reaksie op Riekert se voorstel is realisties?
                     Motiveer jou antwoord uit die roman.                                     (1)

9.4     Hoekom is Baas “wantrouig” teenoor Riekert en hoe loop Riekert se
        plannetjies op Manaka uiteindelik skeef?                                              (2)

9.5     Herlees die onderstreepte sin in reël 16.

        9.5.1         Hoekom wou Baas ŉ toerbesigheid begin?                                  (1)

        9.5.2         Slaag Baas in sy doel? Motiveer jou antwoord uit die roman.             (1)

9.6     Wat is die boot se nuwe naam?                                                         (1)

9.7     Motiveer waarom die latere antwoord wat Riekert self op sy vraag in
        reël 19 gee, ongeregverdig is.                                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 19

(EC/SEPTEMBER 2025)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  19

 TEKS D

 Baas bly staan. Watter soort boodskap sal ŉ mens nou los as jy self nie eens
 weet hoekom jy gekom het nie?
 Hy maak die agterklap oop en laat die trop honde afspring. Hulle loop hulle
 draaie en spring weer op. Hy maak die klap toe en skakel die Land Rover se
 ligte af.                                                                                  5
 In Whitey se tent trek hy ŉ vuurhoutjie. Daar is ŉ paraffienlampie op ŉ groen
 trommel langs ŉ kampbed. Hy steek dit aan. Op die trommel lê ŉ Bybel. Baas
 gaan lê op die bed, sy hande in die lug; seer van die warm planke wat hy moet
 buig om by die kromming van sy boot se romp aan te pas. Iewers roep ŉ
 dikkop. Het Whitey ook ŉ ashoop? Wat gebeur nou daar by die Plek van die                  10
 Kremetartbome? tuimel sy gedagtes.
 In Whitey se Bybel lees hy die tekste wat Ouma Essie vir hom gegee het toe
 sy hom kom roep het om die kerk se balke te gaan haal.
 Hy ryg die tent weer toe en ry terug. Op pad wag hy vir die dag om te breek.
 Ligdag loop hy en die honde die kop uit na die boom toe waar die vlakvark                 15
 Longwane gegaffel het. Dit is die kremetart waar Whitey se oupa in sy jong
 dae nog ŉ uitgekerfde naam in die bas kon lees. Hy loop teen die
 skuinsgroeiende stam uit en kry die knopperige riwwe.
 Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie ...

 9.8      Watter soort verteller is in reëls 1 tot 2 aan die woord en wat is sy funksie
          hier?                                                                                  (2)

 9.9      Is daar ŉ verband tussen Whitey, die uitgekerfde naam in die kremetart en
          Baas? Gee TWEE redes vir jou antwoord.
          Is daar ŉ vroeër optrede van Baas in die roman wat hierdie verband
          bevestig? Motiveer jou antwoord.                                                       (3)

 9.10     Aan watter “familiekwaal” ly Whitey?                                                   (1)

 9.11     Ouma Essie voer ŉ soortgelyke rede aan vir Meneer Johnnie (TEKS C) en
          Baas (TEKS D) se koms na Manaka.

          Wat is dié soortgelyke rede? Noem DRIE bewyse uit die roman dat Baas sy
          regmatige plek op Manaka inneem.                                                       (4)

 9.12     Reël 19 (TEKS D) verteenwoordig die godsdienstema in die roman.

          9.12.1      Gee ŉ ander tema wat in die roman voorkom.                                 (1)

          9.12.2      Watter boodskap word aan die leser oorgedra, deur die tema wat
                      jy genoem het?                                                          (1)
                                                                                             [25]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 20

20                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/SEPTEMBER 2025)

VATMAAR – AHM Scholtz
Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag).

VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG
In die roman Vatmaar beleef Tant Wonnie en Oom Chai konflik as gevolg van hulle
interaksie met mense.
Bespreek die stelling in ŉ opstel van 400 tot 450 woorde.                                 [25]

VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS E

Die Du Toitspan-hospitaal het ŉ brief vir die dorpsraad geskryf waarin hulle sê
hulle sal een of twee keer ŉ week ŉ verpleegster Vatmaar toe kan stuur, op een
voorwaarde: Die dorpsraad moet betaal vir die transport, of dit nou ŉ kapkar of ŉ
mouterkar is. Net vir ŉ bicycle of ŉ gewone perdekar hoef hulle nie te betaal nie.
Die dorpsraad het die hospitaal-superintendent bedank en die voorwaarde                    5
aanvaar.
Dit was weer ŉ plesierige Mister Burns wat vir Kenny kom sê het: Here is the letter
from the town council. The clinic will be opened, not this Saturday but the next. Get
ready for the celebration, for there is a time to mourn and a time to be merry.
Kenny vra toe die domanie om op die agenda van die diens te sit dat die kliniek die       10
volgende Saterdag deur die burgermeester van die Pan en sy raadslede oop
verklaar sal word, en dat hulle baie bly sal wees as die hele Vatmaar na die
feesvieringe kan kom.
Kenny het vir Sus Bet geld gegee en haar gevra om die beste khadie te maak wat
sy nog ooit gemaak het. Sy het gesê: Op een voorwaarde, dat Vatmaar se mense              15
nie van die khadie drink nie. Laat dit net vir die mense van die Pan wees.
Fair enough, sê Kenny.
Ek verwag dat jy dit so sal hou, het Sus Bet gesê.
Die gemmerbier sou deur Nurse-sister Gous gemaak word, en sy moes ook sorg
vir genoeg vier-gelling-paraffienblikke vir die bier.                                     20

11.1 Die Kliniek.

      11.1.1    Waarom was die oprigting van die kliniek so belangrik vir Kenny?           (2)

      11.1.2    Watter raadslid het ŉ groot rol gespeel om die kliniek tot stand te
                bring?                                                                     (1)

11.2 Die oprigting van die kliniek was vir Kenny ŉ “time to be merry” (reël 9).

      Gee nog TWEE redes waarom dit vir Kenny ŉ “time to be merry” kan wees.               (2)

11.3 Waarom het Kenny juis vir Sus Bet gevra om die khadie te maak?                        (1)

11.4 Hoe sluit Sus Bet se woorde en/of handeling op die delwerye by die titel van
     die roman aan?                                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 21

(EC/SEPTEMBER 2025)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                 21

11.5      Noem karaktereienskappe van Sus Bet wat jy uit die roman kan aflei en
          gee ŉ voorbeeld van elke karaktereienskap uit die roman.                         (4)

11.6      Herlees reël 16 tot 18.

          Hoekom, dink jy, stel Sus Bet hierdie voorwaarde?                                (2)

TEKS F

God, my God, het hy nou op sy bicycle gesit en dink. Ek dank U dat U weer die
liefde in my hart herstel het. Laat my tog hierdie meisie aanvaar soos sy is, dat ek
haar nie sal probeer verander nie. Want sy is onskuldig en rein in denke en dade.
Laat my tog nooit die oorsaak wees van enigiets wat haar sal seermaak nie. Sy is
myne en ek behoort aan haar. En gee dat ons U in ons saamwees sal eer, my God.              5
Voor sononder daardie middag het hy gesê: Suzan, ons moet die lamp by die kliniek
gaan regmaak. Ek sal vir Heinrich dra, dan bring jy vir my die sak met die
lampsakkies en die Instructions.
Hulle is eers na Nurse-sister Gous. Ja, sê sy, ek het al gewonder wanneer julle twee
kom want die mense sê daar moet ŉ sakkie in die lamp kom en jy het nie vir my so           10
iets gegee nie.
Kenny tik met sy hand op sy sak. Hier is hulle, Suster.
Toe hulle naby die kliniek kom, kyk die vroedvrou skierlik rond en sê: Ek ruik rook, ŉ
groot veldvuur wat die Augustus-wind dié kant toe waai.
Nooit het dit in haar kop opgekom dat dit die eerste gebou in die geskiedenis van          15
Vatmaar is wat besig is om in vlamme op te gaan nie.
By die kliniek vra Kenny: Hoe gaan dit hier, Suster?
Doodgoed, sê sy. Party mense kom sit sommer net hier op die bankies en vergeet
van die wêreld.

11.7      Watter morele kwessie het konflik vir Vatmaar se gemeenskap na Tant
          Wonnie se begrafnis veroorsaak?                                                  (1)

11.8      Hoe het die milieu ŉ invloed op Kenneth en Suzan se hantering van hierdie
          konflik gehad?                                                                   (1)

11.9      Watter handeling van Suzan versterk die tema van liefde?                         (1)
11.10     Na watter kliniek word hier verwys? Dra die oprigting van die kliniek by tot
          Kenneth se berusting? Gee TWEE redes om jou antwoord te motiveer.                (3)
11.11     Waarom is reëls 4 tot 5 (TEKS F) ironies ten opsigte van Kenneth en
          Kaaitjie?                                                                        (1)
11.12     Waarom ervaar Suzan konflik oor die gebou (reëls 15 tot 16) wat
          afgebrand het?                                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 22

22                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2025)

11.13    Kenneth se ouers was vantevore nie tevrede met sy keuse vir ŉ
         lewensmaat nie.

         11.13.1     Waaroor was hulle ontevrede?                                     (1)

         11.13.2     Waarom kan Kenneth vir Suzan nou met ŉ geruste hart na
                     sy ouers neem om te ontmoet?                                     (1)

         11.13.3     Waarom is dit gepas dat Kenneth Suzan my als noem?              (1)
                                                                                    [25]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 23

(EC/SEPTEMBER 2025)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                 23

DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag)

VRAAG 12: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG

In Die kwart-voor-sewe-lelie is die Engel een van die karakters in Iris se lewe.

Bespreek die rol wat die Engel in Iris se lewe speel in ŉ opstel van 400 tot 450
woorde.                                                                                   [25]

VRAAG 13: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS G

Peter het verkies om te swyg.
“Jy hoor wel van my,” het Joe gesê, aan sy voorkop geraak en vertrek. Ek was
eintlik spyt, want sonder sy weerligafleidende effek was ek uitgelewer aan hierdie
vreemdeling met wie ek veronderstel was om ŉ kamer te deel.
“Hoe gaan dit met jou studie?” het ek beleef gevra.                                       5
“Goed.”
“Is jy amper klaar?”
“In Mei.”
“O. En dan?”
                                                                                         10
“Dan gaan ek huis toe.”
Ek het sy leë koppie gevat en dit in die badkamer uitgespoel. “Die mense hou nie
eintlik van ons nie,” het ek gesê toe ek terugkom. “Van Suid-Afrikaners.”
“Nee,” het hy saamgestem. “Nie eintlik nie.”
“Hy’s moeg,” het die Engel skielik agter my gesê.
Ek het soos gewoonlik omgedraai al het ek geweet daar gaan niks te siene wees            15
nie.
“Wat is dit nou?” het Peter gevra en oor sy gesig gevryf.
“Niks nie. Ek dag ek hoor ... Jy’s seker moeg?”
“Nogal. Ek het heelnag op die lughawe gesit omdat hulle gesê het daar’s ŉ kans
dat die vliegtuig gisteraand al sou vertrek.”                                              20
“Dan wil jy seker nou slaap?”
Hy het op die rand van die bed gaan sit. “Tensy jy iets anders beplan het.”
“Ek wou gaan eet het. Daar’s ŉ plek net ŉ paar tree van hier.” ...
“Maak my wakker wanneer jy terugkom,” het hy gesê en lankuit oor die bed geval.
Sy kaal rug het my week gemaak en ek het skielik onthou waarom ek altyd antwoord           25
op sy roepstem. “En moet om hemelsnaam nie met vreemde mense praat nie.”

13.1    In watter ruimte bevind Iris haar in TEKS G?                                       (1)

13.2    Watter karaktereienskap van Peter kan ons aflei uit die gebeure wat
        TEKS G onmiddellik voorafgaan?                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 24

24                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/SEPTEMBER 2025)

13.3 Watter bydrae lewer Joe tot Iris se lewensfilosofie? Wat is Peter se reaksie op
     dié bydrae?                                                                           (2)

13.4 Noem TWEE afleidings wat jy oor die verhouding tussen Peter en Iris na
     aanleiding van hulle gesprek in reëls 5 tot 10 kan maak.                              (2)

13.5 Iris en haar gesin behandel alle rasse gelyk.

      Motiveer dié stelling met DRIE voorbeelde uit die roman.                             (3)

13.6 Verwys na reël 15.

      13.6.1    Watter rol van die Engel kom hier na vore?                                 (1)

      13.6.2    Noem nog TWEE rolle wat die Engel in Iris se lewe vervul.                  (2)

      13.6.3    Dink jy die Engel se optrede in reël 15 sluit by die motto van die
                roman aan? Motiveer jou antwoord.                                          (1)

13.7 Gehoorsaam Iris Peter se versoek in reël 26 nadat die gesprek plaasgevind
     het. Motiveer jou antwoord.                                                           (1)

                                             EN

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 25

(EC/SEPTEMBER 2025)                   AFRIKAANS HUISTAAL V2                              25

TEKS H

“Nee,” het ek gesê.
Dié keer was dit ŉ regte hospitaal. Geen katte nie en al vier beddens in die saal
beset.
Links van my was ŉ gebreekte heup, oorkant my ŉ gebreekte sleutelbeen en ŉ
rugwerwelprobleem. Vir die Engel was daar geen lêplek nie. Hy was ook nie op         5
die vliegtuig nie en ek het gewonder of hy agtergebly het om sy wakende oog oor
Peter of Bettie te hou.
Frederik het my hand vasgehou en ek het hom maar laat begaan.
Ek was skaars weer op die been en aan dokter Anders se sy, toe Elsa haar
dramatiese aankondiging maak: Sy het besluit enigste kinders is nie die ideaal       10
wat sy ons altyd voorgehou het nie, groot gesinne is meer dinamies en verrykend.
(Dit was kort ná die geboorte van Michel, Kara en Claude se eersteling, ŉ blonde
kind met pikswart ogies en ŉ olyfkleurige vel soos sy mooi pa.) Haar dokter het sy
kop geskud en gesê sterilisasie is onomkeerbaar, maar hulle kon tog diverse
dinge probeer en kyk wat gebeur. ŉ Drieling was die gevolg. Selfs Johanna het        15
nie geweet wat om te sê nie en Pa het in aller yl van sy plaas teruggekeer om sy
prokureur te gaan spreek en sy testament te hersien. Al drie was seuns en sou
aan ŉ stukkie grond gehelp moes word.
“Die dokter is te slim,” het Ma gesê. “Wie sou dit kon raai?”
“Slim?” het Johanna gesê. Sy en Ma het gebrei dat die rook uit hul penne slaan,      20
...

13.8    Waarom is Iris nóú in die hospitaal?                                             (1)

13.9    Dr. Anders se van is sprekend van Iris se anderste verhouding met mans.

        Gee DRIE redes waarom haar verhoudings met Peter én Frederik anders
        is.                                                                              (3)

13.10   Verwys na reëls 5 tot 6.

        Hoekom sou die Engel moontlik ŉ wakende oog oor Bettie moet hou?
        Dink jy Peter sou daarvan hou dat die Engel ŉ wakende oog oor hóm
        hou? Motiveer jou antwoord.                                                      (2)

13.11   Verwys na reëls 8 tot 15.

        Watter ironiese wending ondergaan Elsa en Kara onderskeidelik in die             (2)
        roman?

13.12   In reël 15 tree Johanna teenstrydig met haar karakter op.

        13.12.1       Waarin is dié teenstrydigheid geleë?                               (1)

        13.12.2       Noem TWEE maniere hoe Johanna as karakter vir Iris ten
                      opsigte van haar lewensfilosofie ondersteun.                     (2)
                                                                                      [25]

                                                             TOTAAL AFDELING B:          25

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 26

26                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2025)

AFDELING C: DRAMA
Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer
het.
KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small
Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF VRAAG 15 (kontekstuele vraag).

VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG
Antie Grootmeisie en Blanchie het ŉ invloed op Map Jacobs, terwyl Blanchie en Maud
Cavernelis beïnvloed.
Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 400 tot 450 woorde.                           [25]
VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS I

             Lig vóór en op die trap van die woonstelblok waar die Cavernelisse
             woon. Dis ŉ Sondag, nog taamlik lank voor Kerstyd, maar die
             Kersorkes van die buurt is alreeds aan’t oefen met die oog op “die
             end van die jaar”. Daar is Danny Delcarme, Boytjie Louw, Oompie
             Paulsen, Kaffi’tjie Arries, Freddy la Vita en Bêrend Oliphant.            5
             Die straat is vol mense, onder andere Cyril en Richie wat, met die
             bord oor ŉ groot konka opgestel, kerrim speel; en Tommy Sobotker,
             die “man moet die trinkets” – Tommy smous jare al met klein
             goetertjies (ringetjies en “bangles” en wat dies meer), en doen veral
             goeie sake met die kinders van die buurt. Sy ware karwei hy meestal       10
             in ŉ vlak handkarretjie, netjies met vakkies toegerus.
             Die musiek van die orkes klink op. Nuuskieriges van oral af. Die
             saxofoon klim bo die ander instrumente uit. Die straat bly besig.
             Dan het die orkes sy eerste lied klaar, en stem vir die volgende.
             Stemme uit die skare word gehoor.                                         15
EEN:         Hê, watte’ band is dit dié?

TWEE:        (wil antwoord, maar weet ook nie en vra eers ŉ ander) Hoe call hulle
             nou weer vir hulle?
DRIE:        (wat weet) ‘Is die Star of the Redemption, man!

TWEE:        O! (Dan aan EEN.) ‘Is die Star of the Redemption! Hulle practise al vir   20
             Krismis! Dan loep hulle mos!
EEN:         Star of the wát?!

DRIE:        Redemption, man!
‘N ANDER: Star of the Redemption ...
EEN:         O! Maar hulle practise darem vroeg al vi’jaar!                            25
DRIE:        Well, Oompie Paulsen wil hê al die koppe moet hulle kant toe kom
             vi’jaar ...

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 27

(EC/SEPTEMBER 2025)                   AFRIKAANS HUISTAAL V2                               27

STEM:                 Seker so ...
                      Die orkes speel. Die mense praat.
                      Die lig verander. Blanchie verskyn, mooi aangetrek, op pad uit.    30
                      Ons sien vir Maud by ŉ venster bo, van waar sy na onder loer.

15.1    Wat noem ons die teksgedeelte vanaf reëls 1 tot 15 en verduidelik waarom
        die insluiting daarvan noodsaaklik vir die leser is.                               (2)

15.2    Wat is die sosio-politieke konteks waarteen die drama afspeel en die
        gevolge daarvan vir die karakters?                                                 (3)

15.3    Herlees reëls 6 tot 7.

        Verduidelik hoe die speletjie wat Cyril en Richie speel werk en hoe dit
        simbolies aansluit by die sosio-politieke konteks waarin die karakters
        hulself bevind.                                                                    (2)

15.4    Watter verband is daar met die naam van die orkes in TEKS I en die titel
        van die drama en verduidelik ook die ironie wat in die orkes se naam
        opgesluit lê as ons die inhoud van die drama in gedagte hou.                       (2)

15.5    Die taalgebruik in die drama is karakteriserend. Noem DRIE eienskappe
        van die taalgebruik wat dit as ‘Kaaps’ tipeer.                                     (3)

15.6    Verklaar wat met die woorde in reëls 26 tot 27 bedoel word.                        (1)

15.7    Herlees reël 30 en 31.
        Is die veranderende lig in die drama geslaagd of nie geslaagd nie?
        Motiveer jou antwoord.                                                             (1)

                                               EN

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 28

28                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (EC/SEPTEMBER 2025)

TEKS J

               Die orkeslede stem in, behalwe Boytjie natuurlik.

MIRIAM:        (besig met Boytjie) Hoe lyk ‘it, mister Louw, gaat julle wen vi’jaar?

BOYTJIE:       Met ŉ meisie soos jy wat onse klere help maak, hoe kan ons
               annerste?
               Hulle lag.                                                                 5

BOYTJIE:       (laf) Eina, Miriam, man, jy kielie ŉ mens!

MIRIAM:        (giggel) Ag, moenie spót nie, mister Louw...

OOMPIE         Hê, Miriam, moenie lat hy beginne vlerksleep nie gehoor, Boytjie
PAULSEN:       Louw is ŉ vinnige man, en voor jy wiet ...
               Almal lag                                                                  10

BOYTJIE:       Aag, Oompie Paulsen, Oompie Paulsen práát sommer maar...
               Miriam giggel, en werk maar aan. Die orkes bly aan die stem.

MIRIAM:        (terwyl sy bly werk) En mister Jacobs, waar is hy? Boeta het gesê ek
               moet seker maak of ek mister Jacobs se measurements ook moet
               niem... Mister Johnnie Jacobs ...Ek het hom nog nooit selwers ge-      15
               meet nie... Boeta het gesê hy het al previously in die band gespeel...
               ŉ Stilte en erns kom oor die groep wat so pas nog gelag het. Al die
               instrumente stil, behalwe ŉ enkele banjo wat halfhartig ingestem
               word. Niemand antwoord Miriam nie, en sy kyk vraend op. Oompie
               Paulsen gee die teken en die orkes begin hard speel. Lig doof uit.     20

15.8     Identifiseer die karakteriseringstegniek wat gebruik word om aan die leser
         insig oor Boytjie Louw se karakter te gee. Bewys jou antwoord met ŉ
         aanhaling uit die teks.                                                              (2)
15.9     Verskeie karakters in die drama probeer van die realiteit van hul
         omstandighede ontvlug – net so is die geval met die orkes en hul musiek.
         Bewys hierdie stelling deur na TWEE ander karakters en hul manier van
         ontvlugting te verwys.                                                               (4)
15.10    Haal ŉ sin uit uittreksel J aan waarin dramatiese ironie voorkom.
         Verduidelik waarom jou aanhaling korrek is. Waarom wou hulle nie vir
         Map sy plek in die Kersorkes teruggee nie?                                           (3)
15.11    Verduidelik Oompie Paulsen se optrede in reël 19 en 20.                              (1)
15.12    Watter ooreenkoms is daar in die atmosfeer van TEKS I en TEKS J
         reëls 1 tot 15?                                                                    (1)
                                                                                           [25]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 29

(EC/SEPTEMBER 2025)                    AFRIKAANS HUISTAAL V2                                 29

MIS – Reza de Wet
Beantwoord ÓF VRAAG 15 (opstelvraag) ÓF VRAAG 16 (kontekstuele vraag)
VRAAG 16: MIS – OPSTELVRAAG
Miem verhoed Meisie om as karakter te groei terwyl Konstabel tot Meisie
se karakterontwikkeling bydra.
Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 400 tot 450 woorde.                                [25]
VRAAG 17: MIS ‒ KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die onderstaande uittreksels en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS K

MIEM:                 Ek het ŉ gevoel... hoe sou ek nou sê... (klop met haar vuis teen
                      haar bors) ŉ gevoel hier diep, diep binne-in my. (Onheilspellend)
                      Vannag sak die donker magte oor ons dorpie neer!
GERTIE:               Wat ŉ aaklikgheid! As daar iets gebeur, moet die kerkklok lui.

MIEM:                 Is dit waar?                                                          5

GERTIE:               Ja, die wyksusters het vanmiddag vir almal laat weet. En dan
                      moet ons ons kerk toe haas om daar bymekaar te kom.
                      Daar is ŉ harde klop aan die deur.

MIEM:                 (fluister waarskuwend) Bly doodstil.
                      MEISIE kom nader en staan bang agter haar ma se stoel. Daar           10
                      is weer ŉ klop.
MIEM:                 Wie is dit?

KONSTABEL:            Konstabel Van der Riet, Mevrou.

MIEM:                 Konstabel Van der Riet. Ek ken nie so ŉ konstabel nie.

KONSTABEL:            Ek weet, Mevrou. Ek kom van elders. Deel van die ontplooide           15
                      waakeenheid. En ek is hierheen gestuur. Julle bly so
                      afgesonderd. Dit kan gevaarlik wees.
                      MIEM, MEISIE en GERTIE kyk na mekaar.
MIEM:                 Verskoon my tog, Konstabel, maar vannag moet ŉ mens
                      versigtig wees. (loer deur die sleutelgat) Dis waar! Hy is ŉ          20
                      konstabel. Dis hoekom wagter nie geblaf het nie!
                      GERTIE loer ook deur die sleutelgat.
GERTIE:               (bewonderend) Selfs in die donker kan ek sien hy het ŉ goeie
                      houding. Regop rug. Skouers terug. So ŉ man kan ŉ mens
                      vertrou.                                                              25

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 30

30                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (EC/SEPTEMBER 2025)

MIEM:          Net ŉ oomblik, Konstabel. Ek sukkel net bietjie met die slot. (Sluit die
               deur oop.) So ja. (Maak die deur oop.) Kom gerus binne.
               Die KONSTABEL kom binne. Hy dra ŉ donker ronde brilletjie en ŉ
               helm. In die een hand hou hy ŉ wit kierie vas en in die ander ŉ groot
               leersak of ‘Gladstone bag’. Daar heers ŉ doodse stilte terwyl MIEM,          30
               MEISIE en GERTIE hom sprakeloos aankryk. Deur die oop deur kan
               die sirkusmusiek gehoor word.

17.1     Is Miem se woorde in die eerste spreekbeurt ŉ voorbode of
         bygelowigheid? Motiveer jou antwoord.                                               (2)

17.2     Watter verhouding het Gertie met Meisie en Miem onderskeidelik en
         waarom bevind sy haarself in hulle huis?                                            (3)

17.3     Herlees reël 4.

         Wat verwag die vroue kan moontlik op hierdie aand gebeur en waarom
         het Gertie dan eintlik geen rede om te vrees nie, maar Miem wel?                    (3)

17.4     Herlees reël 8.

         Evalueer of die vroue se reaksie op dié handeling geloofwaardig is al
         dan nie. Motiveer jou antwoord.                                                     (1)

17.5     Verduidelik waarom die onderstreepte stelling in reël 21 ironies is.                (1)

17.6     Herlees reëls 28 tot 30.

         Noem twee rekwisiete wat tot die vroue se sprakeloosheid bydra en
         verduidelik die simboliek van elk van hierdie items.                                (3)

17.7     Evalueer die geslaagdheid van die sirkusmusiek wat hoorbaar is
         wanneer Konstabel die huis betree. Motiveer jou antwoord met TWEE
         redes.                                                                              (2)

                                             EN

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Afrikaans HL · Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/1a878435-bdd2-45da-8e0c-99f96c0bae42) — Afrikaans HL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2022/635d4025-2ec6-4a06-a793-dc0f35254a58) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 QP GR12 SEPT 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-gr12-sept-2021/3d8a0765-43fa-465c-8b97-0c72f3e99464) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2021/ff108b78-d3ed-481e-bcc0-ecd7d096a8be) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 QP SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-qp-sept2020/54595e79-3d93-4ae2-b134-974b78fd2965) — Afrikaans HL · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0d3edb3f-1c44-4a82-a9fa-7832a4161288) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HT GR. 12 V 2 JUNIE 2023 FINAAL](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-ht-gr-12-v-2-junie-2023-finaal/4cfda32a-8937-4c06-b165-cdfa2820cd2d) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
