# Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022, 31 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept2022/488865f5-4d27-4c62-987d-5e8813d764fe
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 31

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept2022/488865f5-4d27-4c62-987d-5e8813d764fe)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 31 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2022

                  AFRIKAANS HUISTAAL V2

PUNTE:   80

TYD:     2½ uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 31 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/SEPTEMBER 2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord.

2.   Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die inhouds-
     opgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste wat
     jy in die klas behandel het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy gedoen
     het en kies die soort vraag wat jy wil doen.

3.   Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

     AFDELING A: Gedigte        (30)
     AFDELING B: Prosa          (25)
     AFDELING C: Drama          (25)

4.   Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE uit AFDELING A, EEN uit AFDELING B
     en EEN uit AFDELING C.

     AFDELING A: GEDIGTE
     Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
     Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.

     AFDELING B: ROMAN
     Beantwoord EEN vraag.

     AFDELING C: DRAMA
     Beantwoord EEN vraag.

5.   KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA).

     •   Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer het.
     •   Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy
         die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag
         in AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B
         beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik
         die kontrolelys om jou te help.

6.   LENGTE VAN ANTWOORDE

     •   Die lengte van die opstel vir die gedig is 250–300 woorde.
     •   Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400–450 woorde elk.
     •   Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word deur die
         puntetoekenning van elke vraag bepaal. Beantwoord die vrae bondig en
         relevant.

7.   Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

8.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                   3

 9.    Beantwoord ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

 10. Voorgestelde tydsindeling:

       AFDELING A:       ongeveer 40 minute
       AFDELING B:       ongeveer 55 minute
       AFDELING C:       ongeveer 55 minute

 11. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  AFRIKAANS HUISTAAL V2               (EC/SEPTEMBER 2022)

INHOUDSOPGAWE

 AFDELING A: GEDIGTE
 Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
 VRAAGNOMMER                          VRAAG                    PUNTE        BLADSY
   1. “Reaksie”                      Opstelvraag                 10            6

 2. “ŉ brief van hulle vakansie”          Kontekstuele vraag    10              7

 3. “Twee kleuters in die
                                          Kontekstuele vraag    10              9
     Vondelpark”

 4. “Vincent van Gogh”                    Kontekstuele vraag    10             11

                                             EN
 Ongesiene gedig: Verpligtend
 5. “ Man wat doof word”                  Kontekstuele vraag    10             12
 AFDELING B: ROMAN

 Beantwoord EEN vraag.*
 6. Die kwart-voor-sewe-lelie                Opstelvraag        25             13

 7. Die kwart-voor-sewe-lelie             Kontekstuele vraag    25             13

 8. Manaka Plek van die Horings              Opstelvraag        25             16

 9. Manaka Plek van die Horings           Kontekstuele vraag    25             16

 10. Vatmaar                                 Opstelvraag        25             18

 11. Vatmaar                              Kontekstuele vraag    25             19

 12. Onderwêreld                             Opstelvraag        25             22

 13. Onderwêreld                          Kontekstuele vraag    25             22
 AFDELING C: DRAMA

 Beantwoord EEN vraag.*

 14. Krismis van Map Jacobs                  Opstelvraag        25             25

 15. Krismis van Map Jacobs               Kontekstuele vraag    25             25

 16. Mis                                     Opstelvraag        25             28

 17. Mis                                  Kontekstuele vraag    25             28

*LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in
          AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)             AFRIKAANS HUISTAAL V2                                        5

 KONTROLELYS

 Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae beantwoord
 het.

                AFDELING           VRAAG-              GETAL VRAE               MERK ✓
                                   NOMMER             BEANTWOORD
A: Gedigte
(Voorgeskrewe gedigte)           1–4                  2
A: Gedigte
                                  5                   1
(Ongesiene gedig)
B: Roman
                                 6–13                 1
(Opstel of kontekstueel)
C: Drama
                                14–17                 1
(Opstel of kontekstueel)
LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in
             AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                        (EC/SEPTEMBER 2022)

 AFDELING A: GEDIGTE

 VOORGESKREWE GEDIGTE

 Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

 VRAAG 1: OPSTELVRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg.

 Reaksie – Vernon February

 1      Ou Ghwarrie en tjy sê daai ding
 2      dat tjy nou gloe met hart en siel,
 3      is tjy oek nou een van hul kring
 4      en vyand vannie hotnotsriel?
 5      oe tjy sil nou met newwies
 6      en tjou beste sjute die dag deurbring,
 7      dit kan ek nog verdra,
 8      ma aai, wa’om
 9      daai Sunday-go-to-meeting-face, ou Ghwarrie?
 10     wiet, tjy praat mos nes daai seurtjie
 11     oppie draad
 12     dis justice, love en tjêritie,
 13     tjy sê my ek sil eendag brand
 14     ma waa’s daai love en tjêritie?
 15     Die teorie wêk olraait,
 16     en wat kry tjy ou maat,
 17     net hate en insults hier.
 18     Dan soebat tjy nog ek moet gloe
 19     Nei mattie, gee daai kan,
 20     Hou tjy tjou Sunday-go-to-meeting-face
 21     en ek my bottel jien.

                                                       [Bron: O snotverdriet, 1979]

 Bespreek in ŉ opstel van 250–300 woorde die stemming en kontras wat in die
 gedig voorkom, asook die geslaagdheid van die aanwending van streekstaal in
 Reaksie.                                                                               [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                              7

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

ŉ brief van hulle vakansie – Breyten Breytenbach
vir oubaas:

1         Noudat ek uitgeswel van lyf is kan ek treur
2         oor die eelte van my vader, die lugoë van my ma,
3         die skamel offerandes van hulle gebede as hulle my
4         op die knieë van hul Gij Here God lê;

5         noudat ek agter ŉ baard kou kan ek huil
6         as hulle snags my naam fluister met die ruite
7         donker knippende oë in die wind, oor die visolie
8         vir my griep, die ingelegde perskes (albertas) op die rak

9         In sy sestigste jaar swem my pa in Stilbaai se see
10        en stap myle ver oor die sand met sy reguit bene
11        in ŉ kortbroek en speel krieket op die duine
12        en eet alikruikels in die Sea View-losieshuis

13        want hys ŉ bokser dokter boer
14        ŉ kaptein en ŉ held ŉ indoena tussen grysaards –
15        En as die reën soos ŉ gesluierde bruid oor die see kom
16        word die lieflinghond (Trixie) lam;

17        drie dae veg die veearts en buig dan die knie
18        en hulle dra die lyk terug na Kafferskuilrivier
19        die plaas van hulle jong liefde en plant die saad
20        ŉ soenoffer in die diep grond se skoot

21        want nou is hulle minnaars
22        stil bome in die najaar met die wind
23        strelende drome in die takke
24        onder komete leeftye lang wêrelde

25        My ooms sterf soos kapok in die son
26        hartaanval beroerte kanker en tering
27        en my pa word stiller en meer verskriklik
28        van dop tot dop

29        Hier waar die harde winters en nat somers
30        my lyf ongenaakbaar skil, treur ek oor
31        die soet hart van my moeder
32        my pa se stil en bitter krag
                                                      [Bron: die ysterkoei moet sweet, 1964]

2.1       Die vetgedrukte woord in reël 1 dui op tydsverloop. Hoe word die
          tydsverloop uitgehef?                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2022)

2.2   Herlees versreëls 9 tot 12.

      2.2.1    Benoem die stylfiguur.                                                  (1)

      2.2.2    Motiveer die funksionaliteit van hierdie stylfiguur.                    (1)

2.3   Wat word die vierreëlige strofes, soos in die gedig, genoem?                     (1)

2.4   Herlees versreëls 25.

      2.4.1    Benoem die beeldspraak en motiveer die geslaagdheid daarvan.            (2)

      2.4.2    Hoe skakel die beeldspraak met die tema van die gedig?                  (1)

2.5   Verduidelik die betekenis van versreël 28.                                       (1)

2.6   Wat is die funksie van die herhalings in versreëls 1 en 30? Lei die stemming
      van die gedig hieruit af.                                                        (2)
                                                                                      [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                         9

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Twee kleuters in die Vondelpark – Elisabeth Eybers

1        Twee kleuters in die Vondelpark bly staan
2        ŉ klein oneindigheid lank hand-in-hand.

3        Smetloos geteken dryf die dubbelswaan:
4        gesplete hart van hals en dubbelhals,
5        geskulpte vlerk met dubbelvlerk teenaan,
6        geslote snawel dynserig vervals
7        met eenkant lug en water anderkant.

8        Versadig van die roerlose gesig
9        pluk hy – die seuntjie – plotseling aan haar hand
10       vir verdergaan, sleep haar tot ewewig
11       as sy nog strompelend omkyk na die swaan.

12       Verby die bome druis die straatrumoer.

13       Van skopfiets tot trapfiets gepromoveer,
14       bromfiets tot motor, sal hy konstateer
15       – die wiel sy ordeteken – dat hy lid
16       is van die kollektiewe Lilliput.

17       Maar sý sien webbe onderwater roer.

18       Miskien is dit die laaste dag van staar
19       en grondlose verwondering. Wat sou
20       hý, weerloos wordend, wees oor dertig jaar?
21       ŉ Saaklike barbaar, ŉ fyn sadis,
22       ŉ doktrinêre Hollandse meneer?
23       En sý ŉ druk slagvaardige mevrou
24       met ŉ allure van dít-is-soos-dit-is?

25       Die swaan bly oor sy dubbelbeeld gekeer.

                                                        [Bron: Balans, Human & Rosseau]

3.1    Watter funksie verrig die herhaling van die titel in versreël 1?                      (1)

3.2    Benoem die halfrym in reëls 9 en 11 wat die hardhandige beweging van die
       seuntjie beklemtoon en haal die woord aan wat volmaakte harmonie
       suggereer.                                                                            (2)

3.3    Hoe word die eerste oorgang in die gedig beklemtoon?                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2022)

3.4   Herlees versreëls 13 tot 16.

      3.4.1    Waarvan is die wiel ŉ simbool en is die gebruik van ironie in
               versreël 13 gepas? Motiveer jou antwoord.                                    (2)

      3.4.2    Dink jy die gebruik van die parentese in versreël 15 is geslaagd?
               Staaf jou antwoord met EEN bewys.                                            (1)

3.5   Haal die metafoor in strofe 5 aan en verduidelik waarom dit gepas is.                 (2)

3.6   Wat is die tema van die gedig?                                                        (1)
                                                                                           [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                       11

 VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Vincent van Gogh – D.J. Opperman

 1       Jy het as ŉ miskende
 2       heilige vergeefs geveg teen die ellende
 3       en die onreg in die krotte van die myn,
 4       in agterbuurtes en op landerye; slegs die pyn
 5       en skriklike stryd van God
 6       leer ken, wat mens en boom verknot
 7       in Sy kramptrekke; maar eers toe jy die koringgerwe
 8       in aanbidding van die son kon verwe,
 9       boere, wasvrouens en gepynigde gesigte,
 10      die kantelende landskap in die snelle ligte
 11      geel en groen en blou – alles met koorsige gevlek
 12      tot branding van die skone kon verwerk,
 13      toe is Sy hartstog eers in jou volbring
 14      soos groen sipresse tot ŉ vlam verwring.

                                                            [Bron: Heilige beeste, 1945]

 4.1     Herlees versreëls 1 en 2.

         Benoem die eindrym waarmee die digter die konkrete met die abstrakte
         verbind?                                                                           (1)

 4.2     Herlees versreëls 1–4.

         Haal EEN woord aan om die mense se haglike omstandighede uit te lig.               (1)

 4.3     Benoem die stylfiguur in versreël 11 en spreek jou uit oor die
         geslaagdheid daarvan.                                                              (2)

 4.4     Tempo.

         4.4.1 Hoe verskil die tempo in die twee dele van die gedig?                        (1)

         4.4.2 Is die tempoverandering effektief? Motiveer jou antwoord.                    (1)

 4.5     Benoem die beeldspraak in versreël 14 en verduidelik dit in jou eie woorde.        (2)

 4.6     Deurlopende gedagte en die hoogtepunt.

         4.6.1 Wat dink jy is die deurlopende gedagte van hierdie gedig?                    (1)

         4.6.2 Hoekom kan ons beweer dat die hoogtepunt in die slotkoeplet is?              (1)
                                                                                           [10]

                                             EN

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (EC/SEPTEMBER 2022)

 ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)
 VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Man wat doof word – Peter Blum

 1      Hulle wil my nie kwes nie, maar ek kom agter
 2      dat hulle harder praat terwille van my;
 3      want sodra ek my rug draai, praat hul sagter;
 4      en my aandeel in die gesprek vergly

 5      in ŉ onbestemde ruising. Snags, by duister
 6      wanneer klein geluide groei, laat ek my streel
 7      deur water wat vérweg vloei, ŉ kraan wat fluister
 8      – en weet ek nie of ek dit my verbeel.

 9      Vertroude stemme is nog helder en skoon
 10     – maar miskien net omdat ek die gehoorde
 11     kan takseer volgens toonkleur, en met ál

 12     my kennis ván, gevoel vír, die persoon;
 13     Omdat vertroudes kan klaarkom met min woorde?
 14     ook dáárom.
 15                       Later sal selfs dít wegval.
                                                            [Bron: nuwe stemme 3, 2005]

 5.1    Herlees die titel.
        Skryf die woord neer wat suggereer dat die man nog nie sy gehoor geheel
        en al verloor het nie.                                                             (1)

 5.2    Benoem die onderstreepte beeldspraak in versreël 7 en verduidelik dié
        beeldspraak.                                                                       (2)

 5.3    Wat wil die digter met die aandagstreep in strofe 2 bereik?                        (1)
 5.4    Herlees versreëls 9 tot 11.
        5.4.1 Wat word ŉ driereëlige strofe genoem?                                        (1)
        5.4.2 Waarom is die gebruik van die strofebou effektief indien jy die inhoud
              in gedagte hou?                                                              (1)
 5.5    Herlees versreëls 12 tot 15.
        5.5.1 Watter verstegniese middel word in die slotstrofe gebruik om die titel
              te beklemtoon?                                                               (1)
        5.5.2 Dink jy die gebruik van dié verstegniese middel is gepas? Motiveer
              jou antwoord met TWEE redes.                                                 (2)

 5.6    Gee die boodskap van die gedig.                                                    (1)
                                                                                          [10]
                                                            TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)             AFRIKAANS HUISTAAL V2                                         13

 AFDELING B: ROMAN

 Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer
 het.

 DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

 Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag).

 VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG

 Iris, Els en Johanna word allermins in Die kwart-voor-sewe-lelie as die tipiese
 heldin, ma en huishulp uitgebeeld.

 Skryf ŉ opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek.                      [25]

 VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS A

 Pa was minder tegemoetkomend toe hy terugkom en die storie hoor.
 Hy het beter slotte laat insit, sy bonusgeld bestee aan ŉ gesofistikeerde
 alarmstelsel wat Ma so dikwels per abuis laat afgaan het dat die polisie
 ons as ŉ gesin met ŉ hoë irritasiewaarde aangestip het.
     Maar ek dwaal af.                                                                    5
 Johanna het ook voor Claude geswik en Ma gevra om ŉ Franse kook–
 boek te koop sodat sy vir die man beter kos kan maak. Sy het ook teenoor
 my erken dat sy nie dink hy is familie nie.
    “My mense is ronder van gesig,” het sy gesê. “En korter in die lyf.”
     Elsa en Hannes was die enigste wat nie meegesleur was nie al het                    10
 Claude sjarmant deur die tuin gestap met klein Johan aan die hand.
    “Dit kan nooit werk nie,” het Elsa verklaar. “Die kultuurverskil is te
     groot.”
    “Nie regtig nie,” het ek gesê. “Sy vak is kunsgeskiedenis en dis hulle
     al twee se passie.”                                                                 15
    “Dis nie wat ek bedoel nie,” het sy kortaf gesê.
    “Hulle kan skaars met mekaar konverseer,” het Hannes gesê. (Hy het
     gehou van woorde soos konverseer, al het dit die res van ons
     hoendervleis gegee.) “Kara ken twee woorde Frans en hy drie woorde
     Engels.”                                                                            20
   “Die liefde ken geen taal nie,” het ek teatraal aangehaal.
   “Bly stil, Iris,” het Elsa gesnou. “Jy is te jonk om saam te praat.”
   “Hulle geniet mekaar,” was Ma se kalm siening. “Niemand het nog
    van trou gepraat nie.”
    Pa het onthuts opgekyk. “Trou!”                                                      25

 7.1    Teen watter agtergrond speel reëls 1 tot 4 af?                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                        (EC/SEPTEMBER 2022)

 7.2   Watter karaktertrek van Ma kom in reël 3 na vore? Noem EEN ander
       voorbeeld in die roman waar Ma tot die owerhede se irritasievlakke bygedra
       het.                                                                                (2)

 7.3   Watter soort verteller is in reël 5 aan die woord? Sê waarom hierdie soort
       verteller juis hier funksioneel is.                                                 (2)

 7.4   Herlees reëls 6 tot 8.

       7.4.1   Hoekom was Johanna aanvanklik skepties oor Claude?                          (1)

       7.4.2   Waarmee word hier ligtelik gespot?                                          (1)

       7.4.3   Noem enige TWEE voorbeelde, buiten Johanna se opmerking oor
               Claude, uit die roman waar daar nog spottenderwys na hierdie
               kwessie gekyk word.                                                         (2)

 7.5   Watter karaktertrek van Elsa kom duidelik in reëls 12 tot 13 na vore? Dink jy
       Elsa se lewensbeskouing het later in die roman verander? Motiveer jou
       antwoord.                                                                           (2)

 7.6   Verklaar die ironie in Hannes se bydrae tot die gesprek in reël 17.                 (1)

 7.7   Herlees reël 22.
       7.7.1 Elsa se opmerking bevestig Iris as buitestander. Waarom sou haar
             posisie in die gesin dit ook bevestig?                                        (1)
       7.7.2 Noem enige TWEE ander voorbeelde in die roman waar Iris in haar
             huisgesin soos die buitestander voel.                                         (2)
                                            EN
 TEKS B

 As een van my karakters gepraat het, het mense geluister en gereageer.
 Dis waarom ek hulle dialoog gepoleer en verfyn het. Hulle het nie “Ha!”
 gesê en hulle neuse rooi gesnuif nie. Greta sou ook nie gedreig het om by
 ŉ vlak waterval af te spring nie.
     Maar my onmiddellike probleem was Peter en Eduard. Die twee was                       5
 besig om te oorvleuel, veral in die koue nagte onder die dik donskombers.
 Eduard was ŉ adolessente skim, moes ek teësinnig toegee, Peter was
 werklikheid en die Engel het êrens tussen die twee ingepas. My lewe was
 bevolk met mense wat óf te veel óf te min ektoplasma gehad het. En
 aangesien die Engel nooit saans voor my slaapkamerdeur uitgekamp het                     10
 en gewaarsku het teen onheilighede het ek Ouma se weergawe van
 die gebeure bevraagteken. Sy kon die Engel meer mag toegeëien het as
 wat hy in werklikheid gehad het of anders is hy, soos ons, deur die evo-
 lusieproses van die twintigste eeu gestoot en het anderkant uitgekom met ŉ
 verslapte sin vir verantwoordelikheid.                                                   15
    “Waarmee is jy nou besig?” het Peter gevra. “Frederik?”
    “Ek dink sommer.”
    “Dink aan my.”

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      15

    “Sekerlik,” het ek gesê en my neus tussen sy borshare ingewoel.
 Ek weet nie hoe laat dit was toe ek wakker geword het nie. Peter het vas                    20
 geslaap, sy arm swaar oor my bors en eers wou ek net omdraai en weer
 slaap behalwe dat daar ŉ hand op my ander skouer was, en ŉ koue hand
 daarby. Ek kon niks sien nie, daarvoor was dit te donker.

 7.8    In watter ruimte bevind Iris haar in hierdie gedeelte?                                (1)

 7.9    Herlees reël 5.

        7.9.1    Watter bydrae lewer die fiktiewe en die werklike Peter tot Iris se
                 lewe?                                                                        (1)

        7.9.2    Watter uiteindelike gevolg het die werklike Peter op Iris se
                 lewenskoers?                                                                 (2)

 7.10 Die intrige van die roman speel op twee vlakke af. Motiveer waar jy die Engel
      sou plaas.                                                                              (1)

 7.11 Herlees reëls 9 tot 12.

        7.11.1        Hoe ondersteun die onderstreepte gedeelte in reëls 9 tot 12 die
                      motto van die roman?                                                    (1)

        7.11.2        Noem enige EEN ander rol wat Die Engel in Iris se lewe speel.           (1)

        7.11.3        Motiveer waarom dit korrek is om te sê dat Iris, vanweë die rol van
                      die Engel, in TEKS B ŉ ander lewensbenadering as in reël 21 van
                      TEKS A het.                                                             (1)

 7.12 Wie se koue hand het Iris in reël 22 gevoel en wat was die rede dat dié hand
      op Iris se skouer rus?                                                                 (2)
                                                                                            [25]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                  (EC/SEPTEMBER 2022)

 MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

 Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag).

 VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG

 In die roman, Manaka Plek van die Horings, is Ouma Essie ŉ invloedryke karakter
 wat die Christelike geloof op Manaka verseker.

 Skryf ŉ opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek.                       [25]

 VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS C

    Oom Scholtzie en Nanna draai ongemaklik terug na hulle voertuie.
    “Jammer dat ek so afgegaan het teenoor jou,” sê Baas vir Grace, “maar
      nou is alles reg en ek wil jou baie mooi vra om huis toe te gaan.”
  “Dit is iets wat ek graag sal wil doen. Maar die Here wil nie hê ek moet
   verskonings gebruik om weg te kom van iemand af wat my nodig het nie. Hy              5
    wil ook nie hê ek moet weghardloop van my kans af om ŉ werk te kry net
    omdat iemand my wegjaag nie.”
    “Daar is niks wat ek kan doen om jou aan ŉ werk te help nie.”
    “Om my te help om ŉ werk te kry, en om die pad vir die sendelinge oop te
      maak, is miskien party van die werke waarvoor die Here jou na Manaka toe           10
      gestuur het. Miskien is dit ook hoe Hy die eerste sendeling gestuur het om
      Manaka te begin, lank voor my oupagrootjie se tyd. Dit is hoe dit is.”
      Baas laat haar toe om hom tussen die stukke hout uit te help
     “Ek het vir jou ŉ belt gemaak.” Sy het die biesies klaar gevleg. “Gebruik
      dit in die plek van die haakspeld. Nou kan jy weer die ou man teen jou muur        15
      gaan ophang. Dit sal nog ŉ lang ruk wees voor jou klere weer pas.”
   Baas sak teen die hardekoolknoets op die houthoop neer. “Wat weet jy
 van die sendeling wat Manaka begin het?”

 9.1    Gee TWEE redes vir Oom Scholtzie en Nanna se ongemak in reël 1.                      (2)

 9.2    Hoekom is Baas se optrede in reël 2 tot 3 tiperend van sy karakter?                  (1)

 9.3    Is die TWEE redes wat Grace in reël 4 tot 7 aanbied, geloofwaardig?
        Motiveer jou antwoord deur na albei redes te verwys.                                 (2)

 9.4    Herlees reëls 9 tot 13.

        9.4.1   Hoe voel Baas oor elkeen van die twee aspekte waarna Grace
                verwys?                                                                      (2)

        9.4.2   Hoekom reageer Baas so bedaard op haar woorde?                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                        17

 9.5    Dink jy dat die betekenis van Grace se naam in TEKS C deur haar dade
        ondersteun word? Motiveer jou antwoord.                                           (1)

 9.6    Watter ander belt/lyfband/gordel speel ŉ rol in Baas se geestelike groei?         (1)

 9.7    Herlees reël 15 en 18.

        9.7.1    Wat is die verband tussen Baas en die onderstreepte woorde in
                 reël 15 en reël 18?                                                      (1)

        9.7.2    In watter TWEE opsigte dra die onderstreepte woorde tot Baas se
                 innerlike konflik op Manaka by?                                          (2)

                                         EN
 TEKS D

 Toe Baas by sy slaaphut ingaan, stuit sy oupagrootjie se oë hom. Iemand
 het die toutjie ingeryg en die portret weer teen die muur gehang. Hy gaan
 behoedsaam nader en soek tussen die hoekige lyne van die gesig en in die
 helder oë na iets wat hy dalk deur al die jare misgekyk het. Daar is niks nuuts nie.
 Hy wig die vyfrandmunt wat Riekert vir ouma Essie gestuur het voor sy                    5
 oupagrootjie se bors tussen die glas en die raam in. “Jy wen, Baas Dennis,”
 sê hy.
 Onder die Land Rover word Baas weer naar. Sy balans is nog aangetas
 In die hoofpad ratel ŉ groot voertuig tussen die klipkoppe tot stilstand.
 Iemand kom van die kerk se kant af in die Manaka-pad langs gestap. Hy                   10
 struikel oor ŉ klip. Dit is die lang man met die blou oorpak. Hy hurk by die
 Land Rover, sy hand op die agterwiel.
    “Howzit?” Whitey loer onder die bakkie in.
    “Aan die gang,” sê Baas. Hy lê op sy sy.
    “Ek het gedink ek sal maar daar bo stilhou, hier is dalk nie draaiplek by            15
     jou kamp nie. Die mense in Ngweze het ŉ boodskap gestuur. Hulle sê hulle
     kry nie die onderdele vir jou boot nie.”
    “Ek het dit nie meer nodig nie. Maar dankie.”
 Baas rol onder die voertuig uit en gaan sit met opgetrekte bene langs die
 voorwiel.                                                                               20
 Grace bring koffie. Oor haar skouer hang die geel oliebaadjie waarin die
 patrone en die hondekos toegedraai was …

 9.8    Wie is die ‘iemand’ wat die portret weer teen die muur gehang het?                (1)

 9.9    Watter tipe konflik ervaar Baas in TEKS D en waaroor handel hierdie konflik?      (2)

 9.10 Hoekom is die gebruik van die alomteenwoordige verteller in reël 6 tot 12
      effektief? Gee TWEE redes vir jou antwoord.                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2022)

 9.11 Baas se boot.

        9.11.1       Wie veroorsaak dat Baas se boot verdwyn?                               (1)

        9.11.2       Wat doen Whitey om Baas te help om sy boot te vind?                    (1)

        9.11.3       Is Whitey se betrokkenheid by Baas teen die einde van die roman
                     oortuigend? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                               (1)

 9.12 Volgens die onderstreepte woorde in TEKS D gaan Baas weg.

        9.12.1       Noem TWEE optredes van Baas wat bewys dat hy, net soos die
                     ou man teen die muur (TEKS C), op Manaka gaan bly?                     (2)

        9.12.2       Wie het, na jou mening, die grootste invloed op Baas se besluit om
                     te bly?                                                                (1)

        9.12.3       Motiveer jou keuse by VRAAG 9.12.2.                                   (1)
                                                                                          [25]

 VATMAAR – AHM Scholtz

 Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag).

 VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG

 Oom Flip vat die tema van die roman saam as hy sê: “Die liefde ken nie grense nie.”
 Skryf ŉ opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek.                       [25]

                                            OF

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  19

 VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS E

    Die Sondag na die pensioendag was ons weer by Ta Vuurmaak se cabin
 en hy het ons meer van sy waarheid oor Vatmaar vertel:
    Terwyl ek in die Pan, soos Du Toitspan genoem is, was om twak,
 vuurhoutjies en ander dinge te koop, het Ta Vuurmaak gesê, loop ek een
 van ons boys wat aan die Queen behoort het, raak. Hy het my vertel dat                    5
 Chai ŉ witman se werk gekry het. Ek het toe by die dorpsraadkantoor gaan
 wag tot dit tyd vir Chai was om te tjaila.
    Toe hy my sien, gee hy my twee pond om te koop wat ek nodig het en
 terug te gaan en ons aardse besittings verder op te pas.
    Daai Saterdagmiddag het Chai my by my kaija kom sien. Hy het ŉ bottel                 10
 sjerrie saamgebring en hy het my vertel hoe hy aan die plan vir Vatmaar
 gekom het. Vatmaar was die naam wat ek aan sy en Corporal Lewis se
 gesteelde goed gegee het. Nou het hy sommer die plek ook so genoem.
    Chai het glo een nag terwyl hy wakker gelê het, die plan gekry vir wat die Engelse
 ŉ settlement noem. In sy gedagtes het hy die plek naby die vlei                          15
 gesien.
    Ek het met George daaroor gepraat, het Chai gesê, en hy het gesê hy sal graag
 op sy eie saam met Ruth wou bly, opsy van sy en haar mense. Want sy gaan ŉ
 bybie kry. George het weer met sy army-captain gaan praat.

 11.1     Verteller.

          11.1.1       Watter soort verteller kom in TEKS E voor?                         (1)

          11.1.2       Waarom is dié soort verteller nie effektief nie?                   (1)

          11.1.3       Haal TWEE opeenvolgende woorde uit reël 1 tot 2 aan wat hierby
                       aansluit.                                                           (1)

 11.2     Waarom kan Ta Vuurmaak as die ‘vader’ van Vatmaar beskou word?                   (1)

 11.3     Ta Vuurmaak sê dat een karakter skelm-slim is.

          11.3.1       Na watter karakter verwys Ta Vuurmaak?                              (1)

          11.3.2       Waarom noem hy hierdie karakter ‘skelm-slim’?                       (1)

          11.3.3       Hoe tree Ta Vuurmaak, as een van die Cape Boys, ‘skelm-slim’
                       op?                                                                 (1)

 11.4     Oom Chai trou later in die roman.

        11.4.1         Watter tipe konflik ervaar Oom Chai in sy huwelik?                  (1)

        11.4.2         Wat is die oorsaak van hierdie konflik?                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2022)

        11.4.3       Dink jy dit was vir Oom Chai nodig om met Bettie te trou? Gee
                     TWEE redes vir jou antwoord.                                           (2)

                                            EN

 TEKS F

   Toe vertel Oom Chai breedvoerig wat in Mister Walker se kantoor gebeur het, en
 hoe hulle die brief gekry het. Hy het die brief hoog in die lug gehou en gesê: Nou
 sal ons eerbare George Lewis die brief vir ons voorlees.
    Almal was stil, iets ongewoons vir die mense van Vatmaar wat daarvan
 gehou het om te wys hulle lewe nog.                                                        5
    Oupa Lewies het klaar gelees en almal was vir ŉ rukkie stil. Toe sê
 oom Flip: Mag ek iets vra?
    Ja! sê Oom Chai.
    Ek het nie verstaan wat onse wit broer gelees het nie. Kan jy wat Chai is
 dit nie asseblief in onse taal verduidelik nie?                                           10
    Oom Chai het die brief toe oorgesit in die taal van Vatmaar, Afrikaans.
    Nou verstaan ons, het almal soos een man gesê.
   Daar was ŉ lang stilte. Toe sê ŉ mooi ligtekopvrou: Dis beter so. Ons kan nie
 verwag om die kerksaal en sy staanplek verniet te kry nie. Ons is nie daaraan
 gewoond om dinge vir niks te kry nie. Ons het nog altyd gewerk vir wat ons wil hê.        15
    Wonnie, sê Oom Chai, nou het jy gepraat. En aan die ander: Laat ons
 luister na hierdie moeder van Vatmaar. Kom staan hier by ons.
     Tant Wonnie het haar van haar twee dogtertjies losgemaak en by die
 twee mans gaan staan. Toe sê sy met ŉ glimlag vir die mense: Ons gaan
 ons eie hoekerf koop. Sy het na die heel voorste erf gewys en gesê: Daar                  20
 oorkant, daai erf met die klippe op wat niemand wil hê nie.

 11.5 Wanneer het Oom Chai en George Lewis ontmoet?                                         (1)

 11.6 Oom Chai en George Lewis ontvang ŉ brief van die Du Toitspan-dorpsraad.

        11.6.1       Waarom is die briefinhoud vir die Vatmaar-gemeenskap ŉ
                     teleurstelling?                                                        (1)

        11.6.2   Watter rede gee die dorpsraad in dié brief aan die Vatmaar-
                 gemeenskap vir hulle besluit?                               (1)

        11.6.3   Stem die gemeenskap se reaksie in TEKS F ooreen met Vatmaar
                 se siening van die Agtste Gebod (Jy mag nie steel nie)? Motiveer
                 jou antwoord.                                                    (1)

 11.7 Een van die aktuele probleme wat in Vatmaar voorkom, is ongeletterdheid.
      Hoe dra Elsa en Oom Chai onderskeidelik by om dié aktuele probleem op te
      los?                                                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     21

 11.8     Herlees reëls 13 tot 15.

          11.8.1       Watter karaktereienskap van Tant Wonnie kan jy na aanleiding
                       van haar woorde in reël 13 tot 15 aflei?                             (1)

          11.8.2       Gee TWEE voorbeelde uit die roman waar Tant Wonnie dieselfde
                       eienskap openbaar.                                                   (2)

 11.9     Dink jy dat Tant Wonnie as die ‘moeder van Vatmaar’ beskou kan word?
          Motiveer jou antwoord.                                                            (1)

 11.10    Herlees reël 21.

          11.10.1      Hoe sluit dié reël by die inwoners van die Vatmaar-nedersetting
                       aan?                                                                 (1)

          11.10.2      Noem EEN ander vroulike karakter in Vatmaar op wie dié woorde
                       van toepassing is.                                                   (1)

          11.10.3      Gee ook die rede waarom die woorde op hierdie karakter van
                       toepassing is.                                                       (1)

          11.10.4      Waarom kan dié reël op Corporal Lewis en Ruth van toepassing
                       gemaak word?                                                        (1)
                                                                                          [25]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2022)

 ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen

 Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag).

 VRAAG 12: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG

 In die roman Onderwêreld is die hoofkarakter ŉ slagoffer van sy omstandighede en
 daarom begaan hy verskeie oortredings wat amper tot sy ondergang gelei het.

 Bespreek dié stelling in ŉ opstel van 400–450 woorde.                                   [25]

 VRAAG 13: ONDERWêRELD – KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS G

 <10>Log File: Toets vir idiote</h10>                                                      1
                Dis die dag ná ek gesien het hoe Eckardt die reisagent se
 systems hack. En die eerste oggend dat Eckardt my kom wakker maak.
     “Terwyl Zeus, die heerser van Olimpus, slapend gevou lê in Hipnos se vlerke,
 strand sy seun, Herakles, se skip vandag weer op Kos,” sê hy toe hy aan                   5
 die deur klop.
     “Wat de hel?” vra ek deur die slaap.
     “Never mind. Roer jou gat en staan op,” antwoord hy.
     Ek maak een oog oop, lig myself op my elmboë. Eckardt is in sy oefenklere.
     Sweet glim op sy lyf. “Is jy simpel? Het jy al gaan draf?” vra ek.                   10
     “Altyd. Enigste tyd om helder te dink, so vroeg in die môre. Toe, roer jou,
 dis byna tyd vir brekfis.”
     Die dag sleep om. Pouse moet ek, in opdrag van Dok, die VRL aanvat oor “hul
 betreurenswaardige dissipline”. Meneer Andersen daag halfpad deur die
 vergadering op. Spioeneer op ons, asof ons dit nie weet nie.                             15
      “Wil Meneer nog iets byvoeg?” vra ek toe ek klaar my preek afgesteek het.
      Hy skud sy kop en loop.
      “Good show,” sê Kwanele toe hy ook loop, sy houding uitdagend. Ek gluur
 hom agterna.
      Ek kry vir Eckardt op pad na die Engelsklas. “Jy onthou nog van jou                 20
 belofte van gisteraand, nè!” herinner ek hom.
      “Ek het nie vergeet nie,” sê hy. Die terreinbestuurder loop verby ons. Hy kyk in
 ons rigting. Eckardt knik sy kop uit hoflikheid, maar praat nie verder
 totdat hy buite hoorafstand is nie. “Dink solank aan ŉ lekker
 catchy nick.”                                                                            25

 13.1    Herlees reël 1.

         13.1.1      Verduidelik die hoofstuktitel.                                       (1)

         13.1.2      Hoe gebruik die skrywer die hoofstuktitel om die spanning te
                     verhoog?                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      23

 13.2   Herlees reël 4 en 5.
        13.2.1        Van wie is Zeus en Herakles in die onderwêreld simbolies?               (2)

        13.2.2        Dink jy dié karakters pas in die roman? Motiveer jou antwoord.          (1)
 13.3   Herlees reël 13 en 14.
        Motiveer waarom die prekery van Greg aan die VRL ironies is.                          (1)
 13.4   Herlees reëls 15 tot 19.

        13.4.1        Verskil Greg se houding van Kwanele s’n? Motiveer jou antwoord.         (1)

        13.4.2        Wat veroorsaak die konflik tussen Greg en Kwanele?                      (1)

 13.5   Herlees reël 24 en 25.

        13.5.1        Waarna verwys Eckardt?                                                  (1)

        13.5.2        Hoe is die skuinsgedrukte woorde op Eckardt van toepassing?             (1)

        13.5.3        By watter tema van die roman sluit hierdie reëls aan?                   (1)

        13.5.4        Gee nog EEN voorbeeld uit die roman waar dié tema voorkom.              (1)

                                                 EN
 TEKS H

 Ek weet hy het met ŉ “Colin” gepraat. Maar wie dit is, weet ek nie.                          1
 “Die ou is van die CCU. Die Computer Crimes Unit. Hy het laat vanmiddag
 deurgekom van Gauteng af. En toe het hy daardie laptop van jou begin
 deursoek. Gekyk wat jy met hom aanvang.”
     Hy sou nie veel kon sien nie, weet ek. Waar ek kon, het ek altyd deur                    5
 ander rekenaars in Amerika of China ge-hack. Dit maak dit moeiliker om jou te
 trace, het Eckardt my geleer. Iemand wat dit wou probeer, sou eers ŉ
 administrator van die Internet Service Provider in die ander land
 moes oorreed om ondersoek in te stel. Hulle sou ook die telefoonmaat –
 skappy sover moes kry om die oproep te trace. Dis nie so maklik met al                      10
 die privacy wette nie. Jy sal ŉ goeie rede moet hê om die lasbriewe in die
 hande te kry.
     Buiten hiervoor het ek in elk geval my internet history ge-delete. En
 Sure Delete, ŉ program wat ek gebruik het, het gesorg dat niemand die
 deleted files weer kan opdiep uit die computer se hardeskyf nie. “Nie                       15
 heeltemal foolproof nie,” het Eckardt gesê, “maar iemand wat dit pro-
 beer kry, sal die regte equipment moet hê, ook baie tyd en geld.”
    “Ja?” vra ek vir sersant Botha. “En wat het hy gekry wat ek nie al-
 reeds vir julle vertel het nie, sersant?”
    Sersant Botha bly eers ŉ ruk stil. Toe sê hy: “ŉ Keylogger.”                             20
    Wat? wil ek skree.
    “Jy weet wat dit is, nè, Greg?”

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
24                                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                           (EC/SEPTEMBER 2022)

 13.6    Teen watter agtergrond speel hierdie uittreksel af?                                      (1)

 13.7    Verteller.

         13.7.1       Watter tipe verteller vind ons in hierdie uittreksel?                       (1)

         13.7.2       Gee EEN voordeel en EEN nadeel van die sodanige verteller in
                      hierdie uittreksel.                                                         (2)

 13.8    Noem EEN karaktereienskap van Greg wat in die onderstreepte woorde
         in reël 18 en 19 na vore kom.                                                            (1)

 13.9    Kies uit die onderstaande antwoorde (A–D) die regte definisie van ŉ
         ‘keylogger’. Skryf slegs die korrekte letter neer.

         A     ŉ Rekenaarprogram wat jou persoonlike inligting uitwis.

         B     Die basiese kode waarmee programme geskryf en in stand gehou
               word.

         C     ŉ Rekenaarprogram wat jou stelsel teen virusse beskerm.

         D     ŉ Rekenaarprogram wat registreer                 watter   sleutels     op    ŉ
               rekenaartoetsbord gedruk word.                                                     (1)

 13.10   Vroeër in die roman het Greg self ook op dok. Pienaar se rekenaar ŉ
         ‘keylogger’ geïnstalleer.

         13.10.1       Watter tegniek het hy gebruik om die ‘keylogger’ te installeer?            (1)

         13.10.2       Sou hierdie optrede as geregverdig gesien kon word, in die lig
                       van Greg se posisie in die skool?                                          (1)

 13.11   Dramatiese wending.

         13.11.1       In watter reëls is daar ŉ dramatiese wending in TEKS H?                    (1)

         13.11.2       Tot watter insig kom Greg aan die einde van TEKS H?                        (1)

 13.12   Greg.

         13.12.1       Dink jy daar is ŉ verskil in Greg se selfvertroue in TEKS G en
                       die aan die einde van TEKS H? Motiveer jou antwoord.                       (1)

         13.12.2       Wat gebeur ná hierdie uittreksel in die roman en wat dink jy is
                       die boodskap in hierdie uittreksels?                                       (2)
                                                                                                 [25]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:               25

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)             AFRIKAANS HUISTAAL V2                                         25

 AFDELING C: DRAMA

 Beantwoord in hiedie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer
 het.

 KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

 Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF vraag 15 (kontekstuele vraag).

 VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG

 Die inwoners van die Kaapse Vlakte se lot is lewenslange gevangenisstraf.

 Bespreek hierdie stelling deur te verwys na die redes vir die inwoners van die
 Vlakte, Die Cavernelis-gesin en Map Jacobs se gevangennisstraf en dui aan of
 ontsnapping vir hulle moontlik is in ŉ opstel van 400–450 woorde.                       [25]

 VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS I

 RICHIE:                 Hel, wiet jy hoe bly was ek, ek was nie daai aand saam
                         nie!
                         Hulle speel.
 CYRIL:                  Jy beter watch jou kinnertjies daarso!
                         Maud Cavernelis verskyn by haar venster, bo.                     5
 CYRIL:                  (bewus van haar; aan Richie): Ky’ da’ da’ ... Al weer
                         afgelyster, of course. Spy op ŉ mens! Loer deur die
                         gidyne! Ba! Betere mense kamma as ons!
 RICHIE:                 Los die vrou af, man!
 CYRIL:                  Wat voor lyster sy ons af?                                      10
 MAUD:                   Nee, nie afgelyster nie, julle! Nie ge-spy nie. Net maar
                         gehóór. Julle monde ... is so groot en julle skree so hard,
                         en sulke ...
 CYRIL:                  Sê maar stront, missies Cavernelis, sê maar stront ...
                         Moenie mooie woorde soek nie! Ons verstaan!                     15
 MAUD:                   Onbeskof!
 CYRIL:                  Praat maar Ingils oek, missies Cavernelis. Missies
                         Cavernelis prefer mos Ingils! ‘Is mos ŉ superior language
                         like!
 RICHIE:                 Los die vrou af, man                                            20
 CYRIL:                  Okay, ons sil vi’ ons behave, antie ... O sorry, missies
                         Cavernelis is mos nie my antie nie! Maar ons sil vi’ ons
                         behave!
 MAUD:                   Julle beter! ‘Cause julle groot monde briek die hele
                         Sondag af, het julle nie eers respect vir die Sondag nie?       25

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
26                                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/SEPTEMBER 2022)

 CYRIL:                   Monde? Sê maar bekke, missies Cavernelis! En Sondag?
                          Missies Cavernelis praat van die Sondag? En wat van
                          missies Cavernelis se step-daughtertjie Blanchie miskien?
                          Het sy oek respect vir die Sondag? Nei, because her daddy
                          stuur vir haar yt op die lonely hearts biesigheit, even op die      30
                          Sondag!

 15.1   Herlees reëls 1 tot 2.

        15.1.1       Na watter aand verwys Richie en wat kan die gehoor uit sy woorde
                     aflei?                                                                     (2)

        15.1.2       Hoe pas die gebeure van daardie aand in by die politieke en
                     maatskaplike milieu waarteen hierdie drama afspeel?                        (2)

 15.2   Herlees reël 3 en 4.

        15.2.1   Wat speel Cyril en Richie?                                                     (1)

        15.2.2   Dink jy die gebruik van personifikasie in hierdie reëls is gepas?
                 Motiveer jou antwoord.                                                         (1)

        15.2.3   Waarvan is hierdie spel ŉ simbool in die drama?                                (1)

 15.3   Herlees reël 5.

        15.3.1   Wat word hierdie skuinsgedrukte woorde genoem?                                 (1)

        15.3.2   Gee EEN funksie van dié kursiefgedrukte woorde.                                (1)

 15.4   Maud.

        15.4.1   Hoe kry die dramaturg dit reg om die gehoor daarvan bewus te
                 maak dat Maud nie in die township pas nie?                                     (2)

        15.4.2   Verklaar Maud se afsydige houding in die township.                             (1)

 15.5   Blanchie is Cavernelis se dogter.

        15.5.1   Wat beteken Blanchie se naam?                                                  (1)

        15.5.2   Gee TWEE redes hoekom dit ironies is, veral as jy dink aan die
                 latere gebeure in die drama.                                                   (2)

 15.6   Watter karaktereienskap van Cyril kan uit die dialoog tussen Cyril en Maud
        afgelei word?                                                                           (1)

                                                EN

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 27

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                          27

 TEKS J

 MAUD:                       Het jy regtig gedink jy belong dáár ...(Bekyk die               1
                             briefie.) God, the audacity, still to write “Dear”! “Dear
                             Miss Cavernelis” ...”!! (Dan aan Blanchie.) You and
                             your friends across the colour line ... You and the
                             Sunday newspapers ... You and your daddy ... Yes,               5
                             you and your daddy! All for the money, all for the
                             money, the money ... We’ve got
                             to get the hell out of this township ... Right? ... Right?
                             ... So sê jou daddy ... vir jare al ... As if we can! As if
                             we cán! Fóóls! Bloody stupid fools! Jus’ look at us             10
                             now, kyk nou ... hoe humiliate julle vir
                             ons!!!
 BLANCHIE:                   (huil nou weer, skreeu nou): Aw, shut up you! Shut
                             up! Shut up! Shut up! Shut up, you! (Sy kry Maud
                             beet, pluk haar rond.) Shut up! Jy wil nét so hierso yt,        15
                             soes Daddy!
 CAVERNELIS:                 So what do you talk?!
                             hulpeloos eenkant, lees weer die brief.
 MAUD:                       (bitsig): You little ... little bitch ... You ... (Hulle pluk
                             aan mekaar, albei ewe hulpeloos en stukkend.) ...               20
                             Dink because jy’s jou daddy se kind by sy ... eerste
                             vrou ... en ek is ... I’m just your step-ma ... I’m just ...
                             Auntie Maud ... to you ... you can. you can ... pull me
                             around!! ... You little ... jintoe!!
                             Dan klap Blanchie vir Maud.                                     25
 BLANCHIE:                   You ... You ...
 MAUD:                       Little ... teef! ... (Lê haar naels in Blanchie.)
 BLANCHIE:                   (skreeu): “Bitch”? ... “Jintoe”? “Teef”! ... Oh, my God
                             ... Antie Maud ... Antie Maud ... How can you
                              ...                                                            30
 CAVERNELIS:                 Blanchie ... Maudie ...
 BLANCHIE:                   (skielik, bitter, huilend, skreeuend): ‘Is alles Daddy se
                             skuld!
                             Die woorde bly hang, klokhelder in die lug. En
                             Cavernelis versteen, totaal geskok.                             35

 15.7     Waar in die struktuur van die drama pas TEKS J in? Motiveer jou antwoord.               (2)

 15.8     Watter konflik kom in TEKS J voor en hoe verskil dit van die konflik in
          TEKS I?                                                                                 (2)

 15.9     Herlees reëls 17 tot 21.

          Het die dramaturg die dramatiese doelstelling in hierdie gedeelte bereik?
          Motiveer jou antwoord.                                                                  (1)

 15.10    Herlees reël 32 en 33.

          Motiveer of hierdie stelling van Blanchie waar of onwaar is.                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2022/635d4025-2ec6-4a06-a793-dc0f35254a58) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2022/b6902408-ac2a-4a7c-a4f3-5057a283114e) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2022/5354dd07-46df-4f34-b294-d451ae648a12) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 MEMO GR12 SEPT 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-memo-gr12-sept-2022/3073e906-8969-412a-869e-48eff08f4ccc) — Afrikaans HL · Memo · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2022/3eab821d-3328-4649-9b69-df2f8a598b74) — Afrikaans HL · Memo · 2022 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2022/c6956443-8f83-4967-aec5-c587b7e618da) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
