# Afrikaans HL Grade 6 Paper 2 November 2017 Question Paper

> Grade 6 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the November Exam 2017, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp/5b2d9c76-28b9-4ebd-b4e7-da6f75334555
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 6
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 6](https://www.hlayiso.com/library/grade-6) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-6/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 6 Paper 2 November 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp/5b2d9c76-28b9-4ebd-b4e7-da6f75334555)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 6 · November Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AFRIKAANS HL P2 MEMO NOVEMBER 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-memo-november-2017/7871f2a1-b789-457c-bee9-08c9365615ab) — Memo · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                   INTERMEDIÊRE FASE

                            GRAAD 6

                      NOVEMBER 2017

                 AFRIKAANS HUISTAAL V2

PUNTE:   40

TYD:     1 uur

NAAM:

                                *6AFHL2*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/NOVEMBER 2017)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.      Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

         AFDELING A:          KYK- EN LEESBEGRIP           (25 punte)

         AFDELING B:          TAAL                         (15 punte)

 2.      Beantwoord al die vrae.

 3.      Vul die antwoorde op die vraestel in.

 4.      Skryf netjies met blou of swart ink.

 5.      Lees die instruksies by AL die vrae deeglik deur voordat jy dit
         beantwoord.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                           3

 AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP

 VRAAG 1: ’N KORTVERHAAL

 Lees die onderstaande leesstuk deeglik deur en beantwoord die onderstaande
 vrae.

                             VLIEG, AREND, VLIEG, HOOG!

 1 Vroeg een oggend gaan ŉ boer uit om te gaan soek na sy verlore kalf. Die
   wagtertjies het sonder die kalf opgedaag en gedurende die nag het ŉ
   geweldige storm gewoed.

 2 Vroegmôre begin die man in die vallei rondsoek. Hy soek orals in berge, oor
   heuwels en tussen ruwe rotswande. Hy roep na die kalf, maar die kranse eggo
   sy stem. Terwyl hy soek, ontdek hy ŉ bloedjong arendskuiken. Hy neem die
   kuiken huis toe.

 3 “Die arend is die koning van die voëls,” sệ die man, “maar ons gaan hom leer
   om ŉ hoender te wees.” Die arend het toe tussen die hoenders gewoon en hul
   gewoontes aangeleer. Almal het na die vreemde voël gekyk en sy andersheid
   opgemerk.

 4 Op ŉ dag kom ŉ vriend van die boer inloer. Terwyl hy sit, sien die vriend die
   vreemde voël tussen die ander hoenders, “Haai,” sệ hy, “dis nie ŉ hoender nie.
   Dis mos ŉ arend! Natuurlik is dit ŉ hoender,” sệ die boer glimlaggend. “Kyk hy
   loop, eet en drink soos ŉ hoender.”

 5 “Ek sal jou wys dis ŉ arend,” sệ die vriend. Hy vang die voël, lig dit bokant sy
   kop en sệ: “Vlieg, Arend, Vlieg, Hoog! Jy behoort in die lug, nie op die grond
   nie.” Die arend lig sy kop op, laat dit weer sak en spring af om rond te skrop vir
   kos.

 6 Die tweede dag is die besoeker terug, vasbeslote om die dier te leer vlieg. Hy
   neem die voël op teen die dak en beveel dit om te vlieg. Weer eens skarrel die
   voël uit sy hande en seil na die hoenders. Die mense lag vir die besoeker.

 7 Vroeg die derde dag, voor dagbreek, kom haal die vriend weer die arend. Hy
   plaas hom op ŉ rotslys en sệ: “Kyk na die son, Arend. As dit opkom, styg saam
   daarmee op. Jy behoort nie op die grond nie.”

 8 Op daardie oomblik verskyn die son se eerste strale. Dis doodstil. Niks roer nie.
   Die arend sprei sy vlerke sywaarts, leun vorentoe, laat los die rots en word deur
   die wind omhoog gedra, hoër tot waar hy in die skitterende son verdwyn – om
   nooit weer op die grond tussen hoenders te leef nie.
            [Verwerk en verkort uit die Millenniumreeks “Afrikaans Huistaal Graad 6,” L. Moolman]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                   (EC/NOVEMBER 2017)

 Omkring die korrekte antwoord.

 1.1    Wie is die hoofkarakter in die storie?

        A       Die voëls
        B       Die arend
        C       Die boer
        D       Die boer se vriend                                                      (1)

 1.2    Watter woord beskryf die boer se vriend se karakter die beste?
        Hy het baie ... met die voël gehad.

        A       liefde
        B       deursettingsvermoë
        C       ongeduld
        D       betroubaarheid                                                          (1)

 1.3    In paragraaf 3 word daar na die arend verwys as die …

        A       koning van die voëls.
        B       koning van die diere.
        C       koningin van die voëls.
        D       oerwoud se koning.                                                      (1)

 1.4    Waarna het die boer in paragraaf 1 gaan soek?

                                                                                        (1)

 1.5    Verduidelik die betekenis van die frase in paragraaf 2:
        “Die kranse eggo sy stem.”

                                                                                        (1)

 1.6    Na hoeveel dae het die arend uiteindelik leer vlieg?

                                                                                        (1)

 1.7    Haal ŉ sin uit die leesstuk uit paragraaf 8 aan wat dieselfde beteken as
        “die sonsopkoms”.

                                                                                        (1)

 1.8    Voltooi die onderstaande sin deur na die teks te verwys.

        As die boer se vriend nie die arend leer vlieg het nie, sou die arend …

                                                                                        (2)

 1.9    Watter les kan ons as mense uit hierdie storie leer?

                                                                                        (1)
                                                                                       [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                         5

 VRAAG 2: ADVERTENSIE

 Lees die onderstaande advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat daarop
 volg.

 Al gehoor hoe die tonge deesdae klap in Afrikaans????
 Άl meer monde proe hom. Ja, hy laat die tonge dans.
 Dis oor hy so lekker sệ. Nes die lippe dit wil hệ. Aldag, al meer spesiaal.
 Hiert jou lostong reënboogtaal!
 Klik op www.atkv.org.za of skakel (011) 886 4888
                                                           [Verwerk uit Afrikaans Ons Taal]

 2.1    Watter organisasie adverteer hier?

                                                                                              (1)

 2.2    Skryf die webtuiste neer waar jy die inligting kan vind.

                                                                                              (1)

 2.3    Omkring die korrekte antwoord: Die akroniem ATKV verwys na …

        A       Afrikaanse Kultuur- en Taalvereniging.
        B       Afrikaanse Vereniging van Kultuur.
        C       Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging.
        D       Afrika se Taal en Kulture.                                                    (1)

 2.4.   Haal ŉ woord uit die leesstuk aan wat dieselfde beteken as “trippel.”

                                                                                              (1)

 2.5    Beantwoord die vraag in ’n volsin.

        Wat belowe die advertensie jou indien jy Afrikaans sou praat?

                                                                                              (1)
                                                                                              [5]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                         (EC/NOVEMBER 2017)

 VRAAG 3: GEDIG
 Lees die onderstaande gedig deeglik deur en beantwoord die onderstaande vrae.
                                     ’N SPROKIE

 Ek ken ŉ mooi klein sprokie,
 Wat so na waarheid klink-
 Dis dat die tortel altyd                   1
 Sy water troebel drink.
 Kom hy by helder plassies,
 Dan sal hy drinkend neig,                   2
 As eers, na sagte roering,
 Die modderwolkies styg.
 Daarom sing hy so droewig
 Van donker-voël-leed;
                                             3
 Daarom tooi hy hom stemmig
 Met dowwe verekleed.
 So is daar somber siele
 Waar hy my aan laat dink,                   4
 Wat soos die tortel, troebel
 Die lewenswater drink.
 Vir alle lewensliefheid,
 vir vreugdesang bevrees,                    5
 drink hulle geen genoeëns–
 of dit moet troebel wees!
                                                     [Uit L.J. du Plessis: Totius en sy verse]

 Omkring die korrekte antwoord:
 3.1    Die gedig bestaan uit … versreëls.
        A      vyf
        B      twintig
        C      vier
        D      vyf en twintig                                                                    (1)
 3.2    Die digter van hierdie gedig is …
        A      Totius.
        B      L.J. du Plessis.
        C      Totius en sy verse.
        D      J. Totius.                                                                        (1)
 3.3    Waaroor handel die bostaande gedig?
                                                                                                 (1)
 3.4    Van watter dier word hier in die sprokie vertel?
                                                                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                               7

 Omkring die korrekte antwoord.

 3.5 Van watter beeldspraak maak die digter gebruik in strofe 1, versreël 3.

       “Dis dat die tortel altyd”

       A      alliterasie
       B      assonansie
       C      personifikasie
       D      vergelyking                                                              (1)

 3.6 Voltooi die volgende sin:

       Die tortelduif sing droewig ...

       A      oor sy broer se leed.
       B      die mens se leed.
       C      van donker-voël-leed.
       D      die modderwolkies.                                                       (1)

 3.7 Voltooi die onderstaande sin:

       As die tortelduif hom stemmig tooi, bedek hy hom met _______________            (1)

 3.8 Die tortelduif ervaar sekere menslike emosies in die gedig.

       Stem jy saam?

       Gee ŉ rede vir jou antwoord.

                                                                                       (2)

 3.9 Kies die korrekte woord uit die gedig wat rym met:

       Leed – _______________________________________________________                   (1)
                                                                                       [10]

                                                            TOTAAL AFDELING A:          25

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                   (EC/NOVEMBER 2017)

 AFDELING B: TAAL IN KONTEKS

 VRAAG 4: WOORDSTRUKTURE

 Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande teks gebaseer.

 “SWEEF SOOS ŉ AREND SO HOOG, HOOG IN DIE LUG.’’ Dit is die woorde wat
 die sanger sing. As jy ŉ arend sien sweef, lyk hy so grasieus asof die wêreld aan
 hom behoort.

 4.1 Gee die meervoude van die onderstreepte woorde.

      Het jy die foto van die arend gesien?

      foto–    _____________________

      arend– _____________________                                                     (2)

 4.2 Skryf die getal 27 uit in woorde. Daar was 27 hoenders en een arend.

      27 – _________________________________________________________                   (1)

 4.3 Wat beteken die volgende idiomatiese uitdrukking?

      Hulle is voëls van eenderse vere.

                                                                                       (1)

 4.4 Gee die vroulike vorm van die woorde tussen hakies:

      4.4.1    Die (sanger) sing ŉ lied oor arende. _________________________          (1)

      4.4.2    Die (akteur) hou nie van hoenders nie. _______________________          (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                9

 4.5 Gee die afkorting vir die onderstaande woorde tussen hakies.

       Die arende sweef (met behulp van) hul vlerke.

                                                                                      (1)

 4.6 Omkring die korrekte spelling van die woord tussen hakies.

       4.6.1    Arende sweef hoog in die (lug / lig).                                 (1)

       4.6.2    Die arend het die boer se (pad / pat) geken.                          (1)

 4.7 Gebruik die woord (plaas) in ŉ duidelike sin om ŉ ander betekenis as in die
     sin hieronder te wys.

       Die arend vlieg hoog oor die (plaas).

                                                                                       (1)
                                                                                      [10]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                 (EC/NOVEMBER 2017)

 VRAAG 5: VISUELE TEKS

     Vakansieoorde! Glip weg vir ŉ lekker sakpasvakansie. Kom en bespreek nou!
        ATKV-Oorde is die perfekte wegbreekplek vir jou gesin. Opwindend …

 5.1   Gee die antoniem (teenoorgestelde) van die woord tussen hakies.

       Die ATKV bied (duur) vakansies aan.
                                                                                       (1)

 5.2   Verdeel die woord in hakies in lettergrepe.

       Dit is die beste (vakansieoorde) in die hele land.
                                                                                       (1)

 5.3   Sệ watter soort bywoord die onderstaande woord tussen hakies is.
       [Bywoord van tyd, wyse, manier of plek]

       Kom en bespreek (nou) vir ŉ lekker vakansie.

                                                                                       (1)

 5.4   Sệ watter soort sin die volgende sinne is:

            Stelsin             Vraagsin                    Bevelsin    Uitroepsin

       5.4.1   Waar is die groot, mooi oorde geleë?

                                                                                       (1)

       5.4.2   Glip weg vir ŉ sakpas vakansie!

                                                                                       (1)

 5.5   Gee die intensiewe vorm van die woord tussen hakies.

       Die vakansie is (baie goedkoop).

                                                                                       (1)

 5.6   Skryf die regte vorm van die byvoeglike naamwoord tussen hakies neer.

       Daar is (hoog) berge by die vakansieoord.

       ______________________________________________________________                  (1)
                                                                                       [7]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      11

 VRAAG 6: STROKIESPRENT

 Lees die strokiesprent en beantwoord die onderstaande vrae oor die strokiesprent.

                                                          [Verkry uit Afrikaans My Taal graad 7]

 6.1   Vul die ontbrekende versamelnaam in.

       6.1.1    Die ____________ olifante staan langs die pad.                              (1)

       6.1.2    Hulle sien ook ŉ __________________voëls in die wildtuin.                   (1)

 6.2   Verbind die TWEE enkelvoudige sinne met die voegwoord tussen hakies.

       Hy kon nie die leeu afneem nie. Hy het nie ŉ film gehad nie. (omdat)

                                                                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                   (EC/NOVEMBER 2017)

 6.3   Vul die korrekte voorsetsel in.

       Hulle reis ________________ motor deur die wildtuin.                               (1)

 6.4   Skryf die onderstaande sin oor in die ontkennende vorm.

       Was jy al ooit in die Krugerwildtuin?

       ________________________________________________                                   (1)

 6.5   Skryf die sin oor vanaf die teenwoordige tyd na die verlede tyd.
       Hulle het ŉ groot motor waarmee hulle ry.

       _________________________________________________                                  (1)

 6.6   Skryf die sin oor vanaf die toekomende tyd na die teenwoordige tyd.
       Die oom sal die leeus daar agter die berg skiet.

       _________________________________________________                                  (1)

 6.7   Skryf die sin oor vanaf die direkte rede na die indirekte rede:
       Die vrou sệ: “Ek moet vandag nog ŉ draai gaan loop.”

       _________________________________________________                                  (2)

 6.8   Sệ watter woordsoort die onderstreepte woorde is:

                         Lidwoord; Werkwoord; Byvoeglike naamwoord;
                       Bywoord; Voornaamwoord; Selfstandige naamwoord

       Wynand skiet ŉ groot olifant in die wildpark.

       6.8.1   wildpark ________________________________                                  (1)

       6.8.2   skiet       ________________________________                               (1)

 6.9   Kritiese Taalbewustheid

       Omkring die korrekte antwoord.
       Indien iemand jou vra hoe dit met jou gaan, is die beste antwoord …
       A       Hi!
       B       Totsiens!
       C       Hoezit?
       D       Goed dankie.                                                               (1)
                                                                                          [13]

                                                                 AFDELING B: 30÷2         15
                                                                  GROOTTOTAAL:            40

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P3 MEMO NOV2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo-nov2017/cf555b7a-c965-4ecc-ad4a-b424c70f4bf0) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Gr6 AFRHL P2 N16 QP](https://www.hlayiso.com/library/gr6-afrhl-p2-n16-qp/bcff5e11-c51c-4168-95f5-47931999d11d) — Afrikaans HL · QP · 2016
- [AFR HL P2 GR6 QP NOV2014](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr6-qp-nov2014/7adea8c2-6023-48a6-929e-eeb1f475e839) — Afrikaans HL · QP · 2014 · Afr
- [AFR HL P2 GR6 MEMO NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr6-memo-nov2018-d/53d742d1-9f86-4ef1-bdb9-284e38c4be6e) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Gr6 AFRHL P2 N16 MEMO](https://www.hlayiso.com/library/gr6-afrhl-p2-n16-memo/23f3439d-5d22-4ac4-a5d8-6485c8745872) — Afrikaans HL · Memo · 2016
- [AFR HL P2 GR6 MEMO NOV2014](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr6-memo-nov2014/a9363d5e-5051-4ac1-82a2-d04ef04df28a) — Afrikaans HL · Memo · 2014 · Afr

## More from Grade 6 Afrikaans HL

- [Afrikaans HL MG June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-6-afrikaans-hl-2024-north-west-june-exam-question-paper-afrikaans/fa8f3827-b75a-4391-9e2d-f02a26b61f28) — Memo · 2024 · Afr
- [AFR HL P3 GR6 MEMO NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-gr6-memo-nov2018/633a64e4-5a21-406a-85df-29790cc7931a) — Memo · 2018 · Afr
- [Gr6 AFRHL P3 N16 Memo](https://www.hlayiso.com/library/gr6-afrhl-p3-n16-memo/0dcad7cf-b7d9-4420-be0d-9bb2b9e4c6d0) — Memo · 2016
- [Gr6 AFRHL P3 N16 QP](https://www.hlayiso.com/library/gr6-afrhl-p3-n16-qp/040b2769-a6b4-4c66-991b-b7a173f2c2cc) — QP · 2016
- [2014 ANA Grade 6 Afrikaans HL Memo](https://www.hlayiso.com/library/2014-ana-grade-6-afrikaans-hl-memo/5b0a3d35-8a87-436e-848d-f4d5e8aca86e) — Memo · 2014 · Afr
- [2014 ANA Grade 6 Afrikaans HL Test](https://www.hlayiso.com/library/2014-ana-grade-6-afrikaans-hl-test/56a66d8e-e2d8-4354-ae12-dfbc9a51c55d) — QP · 2014 · Afr

## Collection

- [Grade 6 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-6/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
