# Afrikaans HL Grade 12 P3 Supplementary November 2016 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Supplementary November 2016, 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-feb-march-2016-memo/71fc1890-fb22-4af6-aeca-29f8c3d13022
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: Supplementary November
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P3 Supplementary November 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-feb-march-2016-memo/71fc1890-fb22-4af6-aeca-29f8c3d13022)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Supplementary November · 2016 · Afrikaans. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P3 Feb March 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-feb-march-2016/2f38ced4-0c76-42df-86de-e5c14d4b9568) — QP · 2016 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                             AFRIKAANS HUISTAAL V3

                             FEBRUARIE/MAART 2016

                                   MEMORANDUM

PUNTE: 100

                      Hierdie memorandum bestaan uit 11 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                            2                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                         NSS – Memorandum

ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

AFDELING A: OPSTEL

AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN
onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die
onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is
wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien.

NASIENRIGLYNE

Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:

Voorbeeld:
Inhoud:                                                                          I = Kl = 20
Taal, styl en redigering:                                                        T = Gh = 9
Struktuur:                                                                       S =K = 4
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel).                33

Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).

DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

•    Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit
     behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
•    Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte
     bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings
     van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.
•    Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar
     standpunt insluit. In die geval van ’n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat
     die slot die skryfstuk saam, terwyl ’n argumenterende en beredeneerde opstel se slot die
     skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.

VRAAG 1

Riglyne
Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die leerder se oogpunt en volgens sy/haar
interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum) mag nie as bindend beskou
word nie. Die leerder bied dus enige soort opstel aan, soos byvoorbeeld:

1.        ’n Reis om te onthou: Die kandidate kan die opstel as ’n beskrywende opstel
          aanbied. Indien die onderwerp handel oor ’n spesifieke reis, moet hierdie reis beskryf
          word. Die verhalende opstel sal fokus op waarom die reis onthou sal word. Hierdie
          onderwerp leen hom ook tot ’n bespiegelende opstel waar die kandidaat besin
          waarom die reis ’n indruk op hom/haar gemaak het. Die belangrikheid van reis kan
          beredeneer word. Die opstel kan ook voorsiening vir ’n geestelike reis maak.                [50]

2.        Die dag toe ek gewaag het … Indien die kandidaat die opstel as ’n verhalende
          skryfstuk aanbied, sal die fokus op die gebeure en gevolge van die waagstuk
          konsentreer. Die kandidaat kan ook sy/haar gevoelens tydens die waagstuk in ’n
          beskrywende opstel aanbied. Indien die kandidaat ’n argumenterende of
          beredeneerde opstel aanbied, moet die kandidaat op ’n subjektiewe wyse die leser
          van sy/haar perspektief oortuig dat dit die moeite werd is om kanse te waag al dan
          nie. Indien die kandidaat oor die sin van waagstukke besin, kan dit as bespiegelende
          opstel slaag.                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                          3                              DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                       NSS – Memorandum

3.       Kennis maak die verskil: Hierdie opstel kan tot ’n bespiegelende opstel lei indien die
         kandidaat oor die geldigheid al dan nie van die stelling wonder. Daar kan ook
         geargumenteer word dat onkunde soms beter as kennis is. Die kandidaat kan ook
         die verskillende soorte kennis soos byvoorbeeld emosionele of lewenskennis aanraak.
         As verhaal kan die kandidaat vertel hoe kennis hom/haar gered het omdat dit die
         verskil tussen lewe en dood beteken het.                                                    [50]

4.       Vriendskap is altyd ’n heerlike verantwoordelikheid ...: Hierdie opstel kan tot al die
         soorte opstelle lei. As ’n verhalende opstel kan die kandidaat verhalend skryf oor ’n
         insident wat die onderwerp na vore bring. In ’n beskrywende opstel kan verskillende
         soorte vriendskappe beskryf word. By ’n argumenterende aanbieding kan die
         kandidaat oortuig dat vriendskappe ’n verantwoordelikheid is en dit nie net sommer as
         vanselfsprekend aanvaar moet word nie. ’n Beredeneerde aanbieding kan argumente
         wat die teendeel bewys, aanraak. In ’n bespiegelende inhoud kan daar oor die
         universele begrip van vriendskap geskryf word.                                              [50]

5.       Ja, so gaan dit met ons dromers … Hierdie onderwerp kan tot verskeie interpretasies
         lei wat onder andere verhalend, bespiegelend of argumenterend kan wees. ’n
         Verhaal sal fokus op hierdie onderwerp as tema of lewensles. By ’n bespiegelende
         interpretasie kan die kandidaat die wenslikheid van drome bepeins. Indien die
         kandidaat skryf dat dit voordelig/goed/lekker/noodsaaklik is om te droom en daaruit
         iets te leer, kan dit as ’n argumenterende opstel aanvaar word.                             [50]

6.1      Gesig deur draad: Interpretasies kan lei tot beskrywende, verhalende,
         bespiegelende skryfstukke, bv. ’n beskrywing van die emosies wat iemand wat
         inperking beleef. ’n Verhaal kan handel oor hoe iemand se lewe verloop het wat tot
         sy/haar inperking gelei het. Hierdie onderwerp kan ook bespiegel of afsondering tot ’n
         mens se voordeel kan strek. ’n Argumenterende opstel kan fokus op die
         regverdigheid, al dan nie, van mense se vooroordele ten opsigte van iemand wat dit
         verkies om alleen te lewe.                                                                  [50]

6.2      Stukkende gloeilampie: Die kandidaat kan die verhaal vertel van iemand wie se lewe
         as gevolg van ’n spesifieke gebeurtenis skeefgeloop het/vernietig is. As beskrywende
         opstel kan die kandidaat verskillende mense beskryf wie se lewensdrome nie
         gerealiseer het nie. Indien die kandidaat argumenteer oor die belangrike redes
         waarom ’n mens nie sommer moet tou opgooi nie, kan die skryfstuk as ’n
         argumenterende opstel slaag. Daar kan beredeneer word of daar in die samelewing
         nut vir wanfunksionele praktyke is. ’n Bespiegelende opstel kan op die gebroke
         samelewing fokus waarin sommige mense hulself bevind. Eskom en beurtkrag kan
         ook as onderwerp beredeneer/beskryf word.                                                   [50]

6.3      Sport: Hierdie onderwerp kan tot ’n verhalende, bespiegelende, beskrywende,
         beredeneerde en argumenterende skryfstuk lei. Moontlikhede: ’n Verhaal kan oor ’n
         sportprestasie/’n sportman se lewensverhaal handel. As bespiegelende opstel kan
         die kandidaat oor die waarde van sport in ’n mens se lewe besin. Die ywerige
         sportentoesias se emosies, gedagtes, fisieke uitputting ens. kan beskryf word. Die
         kandidaat kan ook beredeneer/argumenteer dat sport ’n doel in die lewe het.                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                             4                                DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                          NSS – Memorandum

SOORTE OPSTELLE:

VERHALENDE OPSTEL

Dit is ’n interessante vertelling van ’n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan
vanuit enige perspektief geskryf word.

Hou die volgende in gedagte:

•   Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (’n storie of gebeurtenis).
•   ’n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
•   Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
•   Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud
    samehangend.
•   Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.
•   Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
•   ’n Treffende inleiding wat die leser boei moet aangebied word.
•   ’n Verrassende slot rond die inhoud af.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
•   Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.

BESKRYWENDE OPSTEL

Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie
eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so
lewendig soos hy/sy te beleef.

Hou die volgende in gedagte:

•   Waarnemings met al vyf sintuie en ’n goeie woordeskat word vereis.
•   Insig, begrip, ’n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem
    van waarnemings).
•   Tekste kan varieer van meer realisties tot ’n verdieping in die aanbieding.
•   Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
•   Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
•   Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
•   Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
•   Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die konnotasie en
    nie die denotasie van woorde nie.
•   Stylfigure kan gebruik word.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           5                              DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                        NSS – Memorandum

BEREDENEERDE OPSTEL

Dis objektief en probeer om ’n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ’n argument te
gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied
teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ’n spesifieke gevolgtrekking aan
die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed
gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel.

Hou die volgende in gedagte:

•   Die opstel handel oor ’n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding,
    ingeneem word.
•   BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
•   Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
•   Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
•   ’n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot
    gee ’n sterk aanduiding van die skrywer se mening.
•   Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
•   Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
•   Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.

BESPIEGELENDE OPSTEL

Die skrywer oorweeg/deurdink ’n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en
gevoelens weer. Dit bespiegel oor ’n droom of wense/moontlikhede.

Hou die volgende in gedagte:
• Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
• Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.
• Dis persoonlik van aard.
• Daar is ’n definitiewe struktuur, maar ’n gevolgtrekking is nie nodig nie.
• Dit hoef nie ’n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf
   word.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

ARGUMENTERENDE OPSTEL

Die skrywer het ’n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te
motiveer.

Hou die volgende in gedagte:

•   Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
•   ’n Eie mening word op ’n baie oorspronklike en treffende manier gegee.
•   ’n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
•   Verdediging of aanval van ’n saak word enduit volgehou.
•   ’n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
•   Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
•   Daar moet ’n duidelike en oortuigende slot wees.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

                                                                       TOTAAL AFDELING A:             50

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                            6                               DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                         NSS – Memorandum

AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien.
Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien.

NASIENRIGLYNE

Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:

Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat:                                                     I = K = 11
Taal, styl en redigering:                                                          T=G= 6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).                 17

Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte
te wees).

VRAAG 2

1.        VRIENDSKAPLIKE/INFORMELE BRIEF

          Die brief se inhoud fokus op bemoediging aan die vriend/vriendin.

          Hou die volgende in gedagte:
          • Gebruik informele taal, register en styl.
          • Skryf in beskrywende, maar eenvoudige taal.
          • Skryf logies en volgens ’n spesifieke doel.
          • Daar moet ’n inleiding, liggaam en slot wees.
          • Die adres en die datum moet bo-aan verskyn.
          • Na die skrywer se adres volg ’n informele aanhef.
          • Sluit die brief informeel/semi-formeel af, gevolg deur die skrywer se naam.                 [25]

2.        FORMELE BRIEF: BRIEF AAN DIE PERS

          In die brief aan die pers moet die skrywer se reaksie oor die aanklag wat in die sms
          gemaak is dat die jeug nie opgewasse is vir die eise van die toekoms nie, duidelik
          uiteengesit word. Die skrywer moet duidelik aantoon of hy/sy saamstem al dan nie
          en redes aanbied.

          Hou die volgende in gedagte:
           •   Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res van die brief
               se formaat moet korrek wees volgens die vereistes wat vir formele briewe geld.
           •   Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel.
           •   Styl: Dit behoort saaklik, formeel maar hoflik te wees. Eenvoudige, direkte taal is
               nodig.
           •   Struktuur: Die brief moet uit paragrawe bestaan waarin op die skrywer se reaksie
               gefokus word.
           •   Die doel van die brief is om die skrywer se reaksie op die beskuldiging te gee.
           •   Die formele register moet gebruik word, soos bv. “u” in plaas van “jy”/“jou”.
           •   Die afsluiting is formeel en bevat die skrywer se voorletters, van en titel,
               byvoorbeeld:
          Die uwe
          P. van Zyl
          P. van Zyl                                                                                    [25]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           7                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                        NSS – Memorandum

3.        HULDEBLYK

          Die huldeblyk bring hulde aan ’n gunstelingonderwyser wat aftree.

          Hou die volgende in gedagte:

          •    Die onderwyser se naam en van, adres en ouderdom, datum van aftrede, plek
               waar die persoon aftree, oorsaak van aftrede, duur van betrokkenheid by die
               skool behoort gegee te word.
          •    Prestasies, hoogtepunte en gemeenskapsbetrokkenheid kan ingesluit word.
          •    Die fokus hier behoort te wees wat die onderwyser vir die leerders beteken het.
          •    Gebeurtenisse en staaltjies/persoonlike herinneringe behoort ingesluit te wees.
          •    Die trant moet waarderend wees.
          •    Iets persoonliks, soos ’n gedig, kan bygevoeg word.
          •    Die taal, styl en register is formeel, opreg en uit die hart.
          •    Die spreker kan eufemismes gebruik.                                                   [25]

4.        RESENSIE

          Die resensie fokus op die kandidaat se gunstelingboek vir plasing in die maandblad.

          Hou die volgende in gedagte:

          •    Regverdige, eerlike evaluering van die werk is noodsaaklik.
          •    Daar is nie (meer) ’n vaste formaat nie; die resensent bepaal waarop hy/sy wil
               fokus.
          •    Dit gee ’n individuele respons op die boek.
          •    Dit verskaf die resensent se mening: daarom is dit gewoonlik subjektief.
          •    Dit gee toepaslike feite bv. naam van die boek, die skrywer en die storielyn.         [25]

5.        GESKREWE ONDERHOUD

          Die onderhoud word met ’n nasionale sportpersoon, wat reeds in die buiteland
          deelgeneem het, gevoer.

          Hou die volgende in gedagte:

          •     Gepaste vrae vorm deel van die onderhoud.
          •     Die name van die sprekers word aan die linkerkant van die bladsy geskryf.
          •     Elke nuwe spreekbeurt word op ’n nuwe reël geskryf.
          •     Gesproke Afrikaans moet omgeskakel word in geskrewe Afrikaans.                       [25]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                          8                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                       NSS – Memorandum

6.        KOERANTARTIKEL

          Die koerantartikel fokus op mense se eetgewoontes. Die skrywer kan ’n objektiewe
          standpunt vir of teen die onderwerp inneem.

          Hou die volgende in gedagte:

          •    Stel feite kortliks en akkuraat.
          •    Belangrike en relevante feite moet objektief gegee word.
          •    ’n Subtitel kan ook gegee word.
          •    Menings van kundiges oor hierdie onderwerp kan deel van die artikel se inhoud
               vorm.                                                                               [25]

                                                                    TOTAAL AFDELING B:             50
                                                                        GROOTTOTAAL:               100

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Huistaal/Vraestel 3
                                       Downloaded from hlayiso.com              9                                                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                                        NSS – Memorandum

LET WEL:

• Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ’n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
  toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in ’n hoë en lae vlak beïnvloed nie.

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
       Kriteria                              Uitsonderlik                Knap                   Gemiddeld              Elementêr                Onvoldoende
 INHOUD &                                       28–30                    22–24                    16–18                  10–12                       4–6
 BEPLANNING                            -Respons is              -Respons baie goed;      -Respons bevredigend    -Wisselvallige           -Respons heeltemal
                                       uitsonderlik/treffend    getuig van vaardigheid   -Idees redelik          samehang in respons      irrelevant
 (Respons en idees)                    en bo verwagting         -Idees heeltemal         samehangend en          -Idees onduidelik, nie   -Idees deurmekaar en
 Organisering van idees                -Idees is intelligent,   relevant, interessant    oortuigend              oorspronklik nie         nie op onderwerp

                            Hoë vlak
 vir beplanning;                       volwasse en              en lewer bewys van       -Redelike organisasie   -Min bewys van           gefokus nie
 Bewustheid van doel,                  stem leser tot           volwassenheid            en redelik              organisasie en           -Vaag en herhalend
 gehoor en konteks                     nadenke                  -Organisasie baie        samehangend,            samehang                 -Geen organisasie nie
                                       -Uitsonderlike           goed en                  insluitend inleiding,                            en is onsamehangend
 30 PUNTE                              organisasie en           samehangend,             liggaam en
                                       samehang, insluitend     insluitend inleiding,    samevatting/slot
                                       inleiding, liggaam en    liggaam en
                                       samevatting/slot         samevatting/slot
                                                25–27                    19–21                    13–15                    7–9                      0–3
                                       -Respons uitmuntend,     -Respons goed; getuig    -Respons                -Respons is grootliks    -Geen poging
                                       maar uitsonderlik        van vaardigheid          bevredigend, maar       irrelevant.              aangewend om in
                                       treffende eienskappe     -Idees relevant,         verval soms in          -Idees begin los staan   ooreenstemming met
                                       van ’n opstel ontbreek   interessant              onduidelikheid          en kan verwarrend        onderwerp te wees nie

                            Lae vlak
                                       -Idees intelligent en    -Organisasie goed en     -Idees redelik          wees                     -Heeltemal irrelevant
                                       volwasse                 samehangend,             samehangend en          -Skaars ’n bewys van     en ontoepaslik
                                       -Knap organisasie en     insluitend inleiding,    oortuigend              organisasie en           -Deurmekaar en geen
                                       samehang, insluitend     liggaam en               -’n Mate van            samehang                 fokus nie
                                       inleiding, liggaam en    samevatting/slot         organisasie en
                                       samevatting/slot                                  samehang, insluitend
                                                                                         inleiding, liggaam en
                                                                                         samevatting/slot

Kopiereg voorbehou                                                                                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Huistaal/V3
                                      Downloaded from hlayiso.com                10                                                                  DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                                          NSS – Memorandum

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg)
        Kriteria                            Uitsonderlik                   Knap                   Gemiddeld                   Elementêr               Onvoldoende
 TAAL, STYL &                                  14–15                       11–12                      8–9                         5–6                       0–3
 REDIGERING                           -Toon, register, styl en   -Toon, styl, register en   -Toon, register, styl en   -Toon, register, styl en   -Taal onverstaanbaar
                                      woordeskat hoogs           woordeskat baie            woordeskat gepas vir       woordeskat nie gepas       -Toon, register, styl en
 Toon, register, styl en              gepas vir doel, gehoor     gepas vir doel, gehoor     doel, gehoor en            vir doel, gehoor en        woordeskat minder
 woordeskat is geskik                 en konteks                 en konteks                 konteks                    konteks nie                gepas vir doel, gehoor

                           Hoë vlak
 vir doel/effek en                    -Taalgebruik getuig        -Taalgebruik effektief     -Gepaste taalgebruik       -Taalgebruik baie          en konteks
 konteks;                             van vertroue,              en ’n deurlopende          om betekenis oor te        basies                     -Woordeskat so
 Woordkeuse;                          indrukwekkend              gepaste toon word          dra                        -Toon en woordkeuse        beperk dat dit
 Taalgebruik en                       -Toon retories treffend    gebruik                    -Toon is gepas             skaars toepaslik           onmoontlik is om sin
 konvensies,                          en effektief               -Grammatika en             -Retoriese middele         -Baie beperkte             te maak
 punktuasie,                          -Grammatika en             spelling grootliks         gebruik om betekenis       woordeskat
 grammatika, spelling                 spelling feitlik foutvry   foutvry                    te versterk
                                      -Knap gedaan               -Baie goed gedoen
 15 PUNTE                                        13                         10                         7                          4
                                      -Taalgebruik               -Taalgebruik toepaslik     -Voldoende                 -Taalgebruik
                                      uitstekend en toon is      en oor die algemeen        taalgebruik, maar          onvoldoende
                                      retories effektief         effektief                  teenstrydighede word       -Weinig indien enige

                           Lae vlak
                                      -Grammatika en             -Toon gepas en             opgemerk                   sinsverskeidenheid
                                      spelling feitlik foutvry   effektief                  -Toon oor die              -Woordeskat baie
                                      -Baie goed tot knap        -Enkele foute in           algemeen gepas en          beperk
                                      gedaan                     grammatika en              beperkte gebruik van
                                                                 spelling                   retoriese middele
                                                                 -Goed gedoen
 STRUKTUUR                                       5                           4                         3                         2                         0–1
                                      -Uitstekende               -Logiese ontwikkeling      -Relevante detail          -Sommige punte             -Noodsaaklike punte
 Kenmerke van teks;                   ontwikkeling van           van details                ontwikkel                  geldig                     ontbreek
 Paragraafontwikkeling                onderwerp                  -Samehangend               -Sinne en paragrawe        -Sinne en paragrawe        -Sinne en paragrawe
 en sinskonstruksie                   -Uitsonderlike detail      -Sinne en paragrawe        goed gekonstrueer          foutief                    foutief
                                      -Sinne en paragrawe        logies en toon variasie    -Opstel maak nog           -Opstel maak nog sin       -Opstel maak nie sin
 5 PUNTE                              uitsonderlik                                          effens sin                                            nie
                                      gekonstrueer

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Huistaal/V3
                               Downloaded from hlayiso.com             11                                                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                                NSS – Memorandum

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
         Kriteria                   Uitsonderlik              Knap                  Gemiddeld                Elementêr             Onvoldoende
 INHOUD,                                13–15                 10–12                    7–9                      4–6                     0–3
 BEPLANNING &                 -Respons                -Respons baie goed      -Respons voldoende      -Basiese respons         -Respons toon geen
 FORMAAT                      uitsonderlik, bo        en demonstreer goeie    en toon voldoende       toon geringe kennis      kennis van kenmerke
                              verwagting              kennis van kenmerke     kennis van kenmerke     van kenmerke van die     van die soort teks nie
 Respons en idees;            -Idees intelligent en   van die soort teks      van die soort teks      soort teks               -Betekenis onduidelik
 Organisering van idees vir   volwasse                -Behou fokus – geen     -Nie heeltemal          -Aanduiding van          met groot afwyking
 beplanning;                  -Grondige kennis van    afwyking nie            gefokus nie – enkele    fokus, maar met          -Geen samehang in
 Doel, gehoor,                kenmerke van die        -Samehang in inhoud     afwykings               afwykings                idees en inhoud nie
 kenmerke/konvensies          soort teks              en idees; baie goed     -Redelike samehang      -Inhoud en idees nie     -Baie min detail
 en konteks                   -Skryfwerk behou        uitgebrei met detail    in inhoud en idees      altyd samehangend        ondersteun die
                              fokus                   wat die onderwerp       -Sommige detail         nie                      onderwerp
 15 PUNTE                     -Samehang in inhoud     ondersteun              ondersteun die          -Min detail              -Nodige reëls van
                              en idees                -Gepaste formaat met    onderwerp               ondersteun die           formaat nie toegepas
                              -Idees behoorlik        onbeduidende foute      -Formaat oorwegend      onderwerp                nie
                              uitgebrei met detail                            gepas, maar met         -Nodige reëls van
                              wat die onderwerp                               enkele foute            formaat vaagweg
                              ondersteun                                                              toegepas
                              -Gepaste en akkurate                                                    -Kritiese foute begaan
                              formaat
 TAAL, STYL &                           9–10                    7–8                     5–6                    3–4                       0–2
 REDIGERING                   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl    -Toon, register, styl
                              en woordeskat hoogs     en woordeskat baie      en woordeskat is        en woordeskat            en woordeskat stem
 Toon, register, styl,        geskik vir doel,        geskik vir doel,        geskik vir doel,        minder geskik vir        nie ooreen met doel,
 doel/effek, gehoor en        gehoor en konteks       gehoor en konteks       gehoor en konteks       doel, gehoor en          gehoor en konteks
 konteks;                     -Grammatika             -Grammatika oor die     -Enkele                 konteks                  nie
 Taalgebruik en konvensies;   akkuraat en goed        algemeen korrek en      grammatikafoute         -Grammatika              -Besaai met foute en
 Woordkeuse;                  gekonstrueer            goed gekonstrueer       -Voldoende              onakkuraat met etlike    verward
 Punktuasie en spelling       -Feitlik foutloos       -Baie goeie             woordeskat              foute                    -Woordeskat nie
                                                      woordeskat              -Foute belemmer nie     -Basiese woordeskat      geskik vir doel nie
 10 PUNTE                                             -Oorwegend foutloos     betekenis nie           -Betekenis belemmer      -Betekenis ernstig
                                                                                                                               belemmer

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 Feb March 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2016-memo/ec5253b7-0b0a-4d47-8896-0899c013fb83) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Feb March 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-feb-march-2016-memo/5bb7960d-f331-44be-9676-13d3f2b334bd) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2016-memo/286a319c-256a-4fcd-b924-7c2fce54b61b) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Feb March 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-feb-march-2017-memo/a439c31f-a9ef-42b4-920a-c5ad42bfbb59) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Feb March 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2016/e869ab9c-69d1-47c4-b2b7-6c2c5fecf6f1) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2016/e6142ea4-cb8a-4b71-9341-44f4847a8b2d) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
