# Afrikaans HL Grade 12 P3 Supplementary November 2017 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Supplementary November 2017, 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-feb-march-2017-memo/a439c31f-a9ef-42b4-920a-c5ad42bfbb59
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: Supplementary November
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P3 Supplementary November 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-feb-march-2017-memo/a439c31f-a9ef-42b4-920a-c5ad42bfbb59)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Supplementary November · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P3 Feb March 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-feb-march-2017/60537e99-e401-4b8c-87b0-63dfb08ba5b2) — QP · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                            AFRIKAANS HUISTAAL V3

                             FEBRUARIE/MAART 2017

                                  MEMORANDUM

PUNTE: 100

                      Hierdie memorandum bestaan uit 11 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                            2                             DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                         NSS – Memorandum

ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

AFDELING A: OPSTEL

AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN
onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige tipe opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die
onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is
wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien.

NASIENRIGLYNE

Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:

Voorbeeld:
Inhoud:                                                                           I = Kh = 22
Taal, styl en redigering:                                                         T = Kl = 10
Struktuur:                                                                        S =K = 4
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel).                 36

Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).

DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

     Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit
      behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
     Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte
      bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings
      van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.
     Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar
      standpunt insluit. In die geval van ’n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat
      die slot die skryfstuk saam, terwyl ’n argumenterende en beredeneerde opstel se slot die
      skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.

VRAAG 1

Riglyne

Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar
interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum) mag nie as bindend beskou
word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan, byvoorbeeld:

1.1        Die lewe is een groot avontuur.
           Die kandidaat kan hierdie onderwerp as ’n beskrywende opstel aanbied deur te
           beskryf wat die lewe avontuurlik maak. Moontlikhede van sulke sake is
           interessante/vreemde ouers, familie, onderwysers, vriende ... Dit kan ook handel oor
           ’n avontuur wat die kandidaat beleef het. In ’n bespiegelende opstel kan die
           kandidaat mymer oor aspekte wat die lewe avontuurlik maak. ’n Verhalende opstel
           kan handel oor gebeure/handelinge van mense wat groot avontuur in die
           kandidaat/verteller se lewe bewerkstellig. As beredeneerde of argumenterende
           opstel kan die kandidaat redeneer oor watter mense ’n belangrike rol in sy of haar
           lewe speel of ’n spesifieke persoon/groep uitsonder, bv. onderwysers.                      [50]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                          3                              DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                       NSS – Memorandum

1.2       Sy wys na die woorde op die bladsy voor haar. Dit kan nie waar wees nie ...
          Die kandidaat kan die opstel as ’n verhalende opstel aanbied. Die woorde kan as
          die inleiding of slot of in die verloop van die opstel gebruik word. Kandidate kan ’n
          verhaal skryf oor iets negatiefs of positiefs wat met die karakter gebeur het.
          Moontlikhede is slegte of goeie nuus oor ’n erfporsie, ’n matrieksertifikaat/
          graadbewys, ’n koerantberig, uitslae van mediese ondersoeke, ’n uitnodiging na ’n
          besondere geleentheid, ens. As die kandidaat ’n beskrywende opstel skryf, kan dit
          ook handel oor negatiewe of positiewe nuus, maar dan moet daar meer op die
          emosie as die verhaal gefokus word. Dit kan ook ’n bespiegelende opstel wees
          waarin daar gemymer word oor die woorde op die bladsy, moontlik ’n gedig, ’n
          vonnis, ’n uitnodiging, ens.                                                                [50]

1.3       Ouers verwag te veel van vandag se tieners.
          Hierdie onderwerp kan lei tot al die soorte opstelle. As ’n verhalende opstel kan die
          kandidaat skryf oor ’n voorval waar ouers te veel van hul tiener verwag het. In ’n
          beskrywende opstel kan die kandidaat skryf oor ’n situasie wat hy/sy waargeneem
          het waar ouers onnodige druk op hul tieners plaas. By ’n argumenterende/
          beredeneerde aanbieding kan die kandidaat die leser oortuig of hy/sy ten gunste of
          teen die stelling is. In ’n bespiegelende opstel kan die kandidaat mymer oor die
          onrealistiese verwagtinge van ouers vir hul tieners.                                        [50]

1.4       Toe eindig dit in die hof.
          Die kandidate kan enige betekenis aan die woord hof koppel, bv. ’n geregshof,
          kerkhof, binnehof, ens. Die kandidaat kan ’n verhalende opstel aanbied wat handel
          oor bepaalde konflik wat in ’n geregshof geëindig het. Indien die onderwerp
          beskrywend aangebied word, kan die kandidaat fokus op grafstene in ’n kerkhof wat
          beskrywend van die oorledene se lewe kan wees. Hierdie onderwerp leen hom ook
          tot ’n bespiegelende opstel waarin die kandidaat besin oor die keuses in ons lewe
          wat ’n bepaalde uitkoms kan hê. Die hof wat die plig het om almal as gelyk voor die
          reg, te behandel, kan beredeneer word.                                                      [50]

1.5       die aardryk is vandag puur blou ...
          Kandidate kan ’n beskrywende opstel aanbied waarin een spesifieke dag/verskil-
          lende dae vol vreugde/geluk/hoop beskryf word. Kandidate kan ook op blou fokus en
          die rol van blou in die lewe beskryf. Die onderwerp kan as verhalende opstel handel
          oor hoe ’n bepaalde dag verander het om soveel hoop/geluk/vreugde te bring. In ’n
          bespiegelende opstel kan die kandidaat besin of dit moontlik is om hoop/vreugde te
          beleef te midde van ellende. Die belangrikheid van geluk en hoop teenoor die
          wanhoop van armoede en honger in Suid-Afrika kan beredeneer word.                           [50]

1.6.1     Kuiken broei uit
          Interpretasies kan lei tot beskrywende, verhalende of selfs bespiegelende
          opstelle, bv. ’n beskrywing van ’n letterlike hoenderboerdery/plaaslewe of ’n
          gebeurtenis wat nuwe lewe/geleenthede/verwagtinge suggereer. ’n Verhaal kan
          handel oor hoe iemand ’n kans op ’n nuwe geleentheid/begin gekry het of selfs ’n
          plaaslewestorie vertel. Hierdie onderwerp kan ook bespiegel oor verskillende
          verwagtinge/geleenthede/ideale. In ’n argumenterende/beredeneerde opstel kan
          die kandidaat redeneer oor die uitdagings wat ’n nuwe begin/geleentheid aan
          iemand bied.                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                             4                                DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                          NSS – Memorandum

1.6.2     Die hande met die geskenkpakkie
          Interpretasies kan lei tot al die soorte opstelle. ’n Verhalende opstel kan die storie
          van ’n misterieuse pakkie of geskenk vertel, of die verhaal van twee mense in
          besonderse omstandighede. Dit kan ook handel oor ’n figuurlike pakkie (bv.
          gesondheid) met ’n positiewe of negatiewe betekenis. ’n Beskrywende opstel kan ’n
          situasie of gebeurtenis beskryf waar geskenke gegee word, bv. Kersfees/’n
          verjaardag. ’n Bespiegelende opstel kan mymer oor die gee van geskenke, die
          waarde daarvan, die vreugdes wat dit bring en geskenke wat verwag en ontvang
          word. Die argumenterende en beredenerende opstelle kan argumente aanvoer vir
          of teen die gee van geskenke, die finansiële implikasie daarvan of watter geslag
          watter voorkeure by geskenke het.                                                               [50]

1.6.3     ’n Man wat op ’n bank sit
          Die kandidaat kan die verhaal van ’n persoon se lewe wat tot ’n bepaalde gevolg
          gelei het, vertel, of besin hoe menselewens deur eksterne faktore beïnvloed kan
          word. Daar kan ook oor medemenslikheid geskryf word. As beskrywende opstel kan
          die kandidaat verskillende mense se bedoelinge t.o.v. ooreenkomste/ontmoetings
          met die persoon beskryf. Indien die kandidaat argumenteer oor die moontlikheid om
          straatmense op te hef, kan die opstel as ’n argumenterende opstel slaag. Daar kan
          beredeneer word of daar nog plek vir medemenslikheid in die moderne, gejaagde
          era is. ’n Bespiegelende opstel kan die goeie en slegte tye van die kandidaat se
          ervaring van aanraking met straatmense bepeins.                                                 [50]

SOORTE OPSTELLE:

VERHALENDE OPSTEL

Dit is ’n interessante vertelling van ’n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan
vanuit enige perspektief geskryf word.

Hou die volgende in gedagte:

   Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (’n storie of gebeurtenis).
   ’n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
   Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
   Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud
    samehangend.
   Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.
   Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
   ’n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied.
   ’n Verrassende slot rond die inhoud af.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
   Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.

BESKRYWENDE OPSTEL

Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie
eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so
lewendig soos hy/sy te beleef.

Hou die volgende in gedagte:

   Waarnemings met al vyf sintuie en ’n goeie woordeskat word vereis.
Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           5                              DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                        NSS – Memorandum

   Insig, begrip, ’n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem
    van waarnemings).
   Tekste kan varieer van meer realisties tot ’n verdieping in die aanbieding.
   Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
   Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
   Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
   Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
   Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die konnotasie en
    nie die denotasie van woorde nie.
   Stylfigure kan gebruik word.

BEREDENEERDE OPSTEL

Dis objektief en probeer om ’n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ’n argument te
gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied
teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ’n spesifieke gevolgtrekking aan
die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed
gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel.

Hou die volgende in gedagte:

   Die opstel handel oor ’n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding,
    ingeneem word.
   BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
   Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
   Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
   ’n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot
    gee ’n sterk aanduiding van die skrywer se mening.
   Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
   Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
   Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.

BESPIEGELENDE OPSTEL

Die skrywer oorweeg/deurdink ’n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en
gevoelens weer. Dit bespiegel oor ’n droom of wense/moontlikhede.

Hou die volgende in gedagte:

   Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
   Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.
   Dis persoonlik van aard.
   Daar is ’n definitiewe struktuur, maar ’n gevolgtrekking is nie nodig nie.
   Dit hoef nie ’n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf
    word.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                            6                              DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                         NSS – Memorandum

ARGUMENTERENDE OPSTEL

Die skrywer het ’n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te
motiveer.

Hou die volgende in gedagte:

     Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
     ’n Eie mening word op ’n baie oorspronklike en treffende manier gegee.
     ’n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
     Verdediging of aanval van ’n saak word enduit volgehou.
     ’n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
     Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
     Daar moet ’n duidelike en oortuigende slot wees.
     Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

                                                                         TOTAAL AFDELING A:             50

AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien.
Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien.

NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:

Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat:                                                     I = K = 10
Taal, styl en redigering:                                                          T=G= 6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).                16
Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).

2.1        KLAGTEBRIEF

           Die brief fokus op probleme, o.a. onveilige toerusting en ’n onversorgde terrein by ’n
           plaaslike privaatpretpark.

           Hou die volgende in gedagte:

               Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res van die brief
                se formaat moet korrek wees soos wat dit vir formele briewe geld.
               Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel.
               Styl: Dit behoort saaklik, formeel, maar hoflik te wees.
               Eenvoudige, direkte taal is nodig.
               Struktuur: Die brief moet bestaan uit paragrawe waarin gefokus word op die
                probleme wat dit vir ondersteuners onaangenaam/onveilig/ongesond maak.
               Die doel van die brief is om te kla oor omstandighede, toerusting, diens en/of
                higiëne by ’n plaaslike pretpark.
               Die formele register moet gebruik word, soos bv. “u” in plaas van “jy”/“jou”.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                          7                              DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                       NSS – Memorandum

             Die afsluiting is formeel en bevat die skrywer se voorletters, van en titel, waar
              nodig, bv.

          Die uwe

          P. van Zyl
          P. van Zyl                                                                                  [25]

2.2       INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF

          Die kandidaat skryf ’n informele brief aan ’n graad 11-leerder waarin hy/sy hom/haar
          raad gee oor hoe om hul graad 12-jaar ten volle te geniet.

          Hou die volgende in gedagte:

             Informele taal, register en styl behoort gebruik te word.
             Beskrywende, maar eenvoudige taal behoort voor te kom.
             Die briefinhoud behoort logies en volgens bogenoemde doel uiteengesit te word.
             Briewe behoort ’n inleiding, liggaam/inhoud en slot te hê.
             Die skrywer se adres en datum waarop die brief geskryf word, moet gegee word.
             Na die skrywer se adres behoort die informele aanhef te volg.
             Die brief behoort informeel afgesluit te word.
             Die formaat van die brief is belangrik.                                                 [25]

2.3       HULDEBLYK

          Bring hulde aan ’n gunstelingtannie tydens haar spesiale verjaarsdagviering.

          Hou die volgende in gedagte:

           Die persoon se naam en van, adres en ouderdom, die plek waar die tannie haar
            tans bevind behoort gegee te word.
           Prestasies, hoogtepunte uit die persoon se lewe en gemeenskapsbetrokkenheid
            kan ingesluit word.
           Die fokus behoort te wees op dit wat die tannie vir die skrywer beteken het.
           Gebeurtenisse/Staaltjies/Persoonlike herinneringe behoort ingesluit te wees.
           Die huldeblyk moet waarderend wees.
           Iets persoonliks, soos ’n gedig, kan bygevoeg word.
           Taal, styl en register is formeel, opreg en uit die hart.                                 [25]

2.4       FORMELE VERSLAG

          Die hoofleier word deur die skoolhoof versoek om ’n verslag saam te stel vir die
          dagbestuur van die skool. Die verslag fokus op boeliegedrag onder leerlinge wat
          toenemend op die skoolterrein voorkom.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           8                              DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                        NSS – Memorandum

          Hou die volgende in gedagte:

           Die verslag moet presiese inligting oor boeliery en die omvang daarvan gee.
           Die leerder behoort bewys te lewer dat hy/sy die agtergrond, doel en omvang in
            ag geneem het, die inhoudsgedeelte behoort feitlike inligting te verskaf (Wie?
            Hoekom? Waar? Wanneer? Wat? Hoe?) en in die samevatting of slot behoort
            die leerder aanbevelings, verwysings en/of aanhangsels te noem.
           Feite moet gegee word.
           Semiformele of formele taal, register en styl behoort gebruik te word.
           Die verslag behoort teenwoordige tyd en die derdepersoon te gebruik.
           Tegniese woorde en frases kan gebruik word.
           Die verslag is kort en bondig.
           Taal en styl behoort onpersoonlik te wees.                                                 [25]

2.5       KOERANTBERIG

          Die koerantberig fokus op ’n storm (letterlik/figuurlik) wat mense koue rillings gegee
          het/groot skade aangerig en/of die mense geskok gelaat het/met verwondering
          vervul het. Die kandidate gebruik die kop, soos op die vraestel aangedui, vir die
          berig.

          Hou die volgende in gedagte:

              Feite moet kortliks en akkuraat gegee word.
              Belangrikste feite moet gegee word sonder om leser te verloor.
              Opsomming moet akkuraat wees sonder om die waarheid te verdraai.
              Feite moet saaklik en op formele wyse gestel word.
              Subtitels kan gebruik word.
              Belangrikste feite word in die eerste paragraaf vermeld: wie, wat, waar, wanneer,
               waarom, hoe en in watter mate.
              Die res van die paragrawe is ’n uitbreiding van die inleidende gegewens.                [25]

2.6       FORMELE TOESPRAAK

          Die leerder spreek die teenwoordiges (ouers en beheerliggaam) by die oueraand van
          die skool toe oor al die veranderinge wat by die snoepie plaasgevind het en dra die
          leerders se klagtes daaroor oor.

          Hou die volgende in gedagte:

             By hierdie toespraak moet die gehoor formeel gegroet word: Geagte Voorsitter,
              Skoolhoof en Ouers ...
             Die styl moet by die geleentheid en die gehoor pas.
             Skryf weldeurdagte idees en vermy clichés.
             Gebruik kort sinne met eenvoudige idees en bekende voorbeelde.
             Die inleiding moet die gehoor se aandag prikkel.
             Die inhoud van die toespraak moet in paragrawe aangebied word.
             Die slot moet die gehoor tot nadenke stem.                                               [25]

                                                                       TOTAAL AFDELING B:              50
                                                                           GROOTTOTAAL:                100

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Huistaal/V3
                                     Downloaded from hlayiso.com             9                                                              DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                                        NSS – Memorandum

LET WEL:

 Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
 Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
 Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ’n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
  toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
 Struktuur word nie deur die verdeling in ’n hoë en lae vlak beïnvloed nie.

       ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
       Kriteria                            Uitsonderlik                 Knap                  Gemiddeld              Elementêr                 Onvoldoende
 INHOUD &                                     28–30                    22–24                    16–18                  10–12                       4–6
 BEPLANNING                          -Respons is              -Respons baie goed;      -Respons bevredigend    -Wisselvallige            -Respons heeltemal
                                     uitsonderlik/treffend    getuig van vaardigheid   -Idees redelik          samehang in respons       irrelevant
 (Respons en idees)                  en bo verwagting         -Idees heeltemal         samehangend en          -Idees onduidelik, nie    -Idees deurmekaar en
 Organisering van idees              -Idees is intelligent,   relevant, interessant    oortuigend              oorspronklik nie          nie op onderwerp

                          Hoë vlak
 vir beplanning;                     volwasse en              en lewer bewys van       -Redelike organisasie   -Min bewys van            gefokus nie
 Bewustheid van doel,                stem leser tot           volwassenheid            en redelik              organisasie en            -Vaag en herhalend
 gehoor en konteks                   nadenke                  -Organisasie baie        samehangend,            samehang                  -Geen organisasie nie
                                     -Uitsonderlike           goed en                  insluitend inleiding,                             en is onsamehangend
 30 PUNTE                            organisasie en           samehangend,             liggaam en
                                     samehang, insluitend     insluitend inleiding,    samevatting/slot
                                     inleiding, liggaam en    liggaam en
                                     samevatting/slot         samevatting/slot
                                              25–27                    19–21                    13–15                    7–9                       0–3
                                     -Respons uitmuntend,     -Respons goed; getuig    -Respons                -Respons is grootliks     -Geen poging
                                     maar uitsonderlik        van vaardigheid          bevredigend, maar       irrelevant.               aangewend om in
                                     treffende eienskappe     -Idees relevant,         verval soms in          -Idees begin los staan    ooreenstemming met
                                     van ’n opstel ontbreek   interessant              onduidelikheid          en kan verwarrend         onderwerp te wees nie

                          Lae vlak
                                     -Idees intelligent en    -Organisasie goed en     -Idees redelik          wees                      -Heeltemal irrelevant
                                     volwasse                 samehangend,             samehangend en          -Skaars ’n bewys van      en ontoepaslik
                                     -Knap organisasie en     insluitend inleiding,    oortuigend              organisasie en            -Deurmekaar en geen
                                     samehang, insluitend     liggaam en               -’n Mate van            samehang                  fokus nie
                                     inleiding, liggaam en    samevatting/slot         organisasie en
                                     samevatting/slot                                  samehang, insluitend
                                                                                       inleiding, liggaam en
                                                                                       samevatting/slot

Kopiereg voorbehou                                                                                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Huistaal/V3
                                      Downloaded from hlayiso.com               10                                                                    DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                                         NSS – Memorandum

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg)
        Kriteria                            Uitsonderlik                    Knap                  Gemiddeld                  Elementêr                 Onvoldoende
 TAAL, STYL &                                  14–15                       11–12                      8–9                         5–6                       0–3
 REDIGERING                           -Toon, register, styl en   -Toon, styl, register en   -Toon, register, styl en   -Toon, register, styl en    -Taal onverstaanbaar
                                      woordeskat hoogs           woordeskat baie            woordeskat gepas vir       woordeskat nie gepas        -Toon, register, styl en
 Toon, register, styl en              gepas vir doel, gehoor     gepas vir doel, gehoor     doel, gehoor en            vir doel, gehoor en         woordeskat minder
 woordeskat is geskik                 en konteks                 en konteks                 konteks                    konteks nie                 gepas vir doel, gehoor

                           Hoë vlak
 vir doel/effek en                    -Taalgebruik getuig        -Taalgebruik effektief     -Gepaste taalgebruik       -Taalgebruik baie           en konteks
 konteks;                             van vertroue,              en ’n deurlopende          om betekenis oor te        basies                      -Woordeskat so
 Woordkeuse;                          indrukwekkend              gepaste toon word          dra                        -Toon en woordkeuse         beperk dat dit
 Taalgebruik en                       -Toon retories treffend    gebruik                    -Toon is gepas             skaars toepaslik            onmoontlik is om sin
 konvensies,                          en effektief               -Grammatika en             -Retoriese middele         -Baie beperkte              te maak
 punktuasie,                          -Grammatika en             spelling grootliks         gebruik om betekenis       woordeskat
 grammatika, spelling                 spelling feitlik foutvry   foutvry                    te versterk
                                      -Knap gedaan               -Baie goed gedoen
 15 PUNTE                                        13                          10                        7                          4
                                      -Taalgebruik               -Taalgebruik toepaslik     -Voldoende                 -Taalgebruik
                                      uitstekend en toon is      en oor die algemeen        taalgebruik, maar          onvoldoende
                                      retories effektief         effektief                  teenstrydighede word       -Weinig indien enige

                           Lae vlak
                                      -Grammatika en             -Toon gepas en             opgemerk                   sinsverskeidenheid
                                      spelling feitlik foutvry   effektief                  -Toon oor die              -Woordeskat baie
                                      -Baie goed tot knap        -Enkele foute in           algemeen gepas en          beperk
                                      gedaan                     grammatika en              beperkte gebruik van
                                                                 spelling                   retoriese middele
                                                                 -Goed gedoen
 STRUKTUUR                                       5                            4                        3                         2                          0–1
                                      -Uitstekende               -Logiese ontwikkeling      -Relevante detail          -Sommige punte              -Noodsaaklike punte
 Kenmerke van teks;                   ontwikkeling van           van details                ontwikkel                  geldig                      ontbreek
 Paragraafontwikkeling                onderwerp                  -Samehangend               -Sinne en paragrawe        -Sinne en paragrawe         -Sinne en paragrawe
 en sinskonstruksie                   -Uitsonderlike detail      -Sinne en paragrawe        goed gekonstrueer          foutief                     foutief
                                      -Sinne en paragrawe        logies en toon variasie    -Opstel maak nog           -Opstel maak nog sin        -Opstel maak nie sin
 5 PUNTE                              uitsonderlik                                          effens sin                                             nie
                                      gekonstrueer

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Huistaal/V3
                                   Downloaded from hlayiso.com        11                                                             DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                                      NSS – Memorandum

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
         Kriteria                   Uitsonderlik               Knap                 Gemiddeld                Elementêr             Onvoldoende
 INHOUD,                                13–15                 10–12                    7–9                      4–6                     0–3
 BEPLANNING &                 -Respons                -Respons baie goed      -Respons voldoende      -Basiese respons         -Respons toon geen
 FORMAAT                      uitsonderlik, bo        en demonstreer goeie    en toon voldoende       toon geringe kennis      kennis van kenmerke
                              verwagting              kennis van kenmerke     kennis van kenmerke     van kenmerke van die     van die soort teks nie
 Respons en idees;            -Idees intelligent en   van die soort teks      van die soort teks      soort teks               -Betekenis onduidelik
 Organisering van idees vir   volwasse                -Behou fokus – geen     -Nie heeltemal          -Aanduiding van          met groot afwyking
 beplanning;                  -Grondige kennis van    afwyking nie            gefokus nie – enkele    fokus, maar met          -Geen samehang in
 Doel, gehoor,                kenmerke van die        -Samehang in inhoud     afwykings               afwykings                idees en inhoud nie
 kenmerke/konvensies          soort teks              en idees; baie goed     -Redelike samehang      -Inhoud en idees nie     -Baie min detail
 en konteks                   -Skryfwerk behou        uitgebrei met detail    in inhoud en idees      altyd samehangend        ondersteun die
                              fokus                   wat die onderwerp       -Sommige detail         nie                      onderwerp
 15 PUNTE                     -Samehang in inhoud     ondersteun              ondersteun die          -Min detail              -Nodige reëls van
                              en idees                -Gepaste formaat met    onderwerp               ondersteun die           formaat nie toegepas
                              -Idees behoorlik        onbeduidende foute      -Formaat oorwegend      onderwerp                nie
                              uitgebrei met detail                            gepas, maar met         -Nodige reëls van
                              wat die onderwerp                               enkele foute            formaat vaagweg
                              ondersteun                                                              toegepas
                              -Gepaste en akkurate                                                    -Kritiese foute begaan
                              formaat
 TAAL, STYL &                            9–10                  7–8                     5–6                     3–4                      0–2
 REDIGERING                   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl    -Toon, register, styl
                              en woordeskat hoogs     en woordeskat baie      en woordeskat is        en woordeskat            en woordeskat stem
 Toon, register, styl,        geskik vir doel,        geskik vir doel,        geskik vir doel,        minder geskik vir        nie ooreen met doel,
 doel/effek, gehoor en        gehoor en konteks       gehoor en konteks       gehoor en konteks       doel, gehoor en          gehoor en konteks
 konteks;                     -Grammatika             -Grammatika oor die     -Enkele                 konteks                  nie
 Taalgebruik en konvensies;   akkuraat en goed        algemeen korrek en      grammatikafoute         -Grammatika              -Besaai met foute en
 Woordkeuse;                  gekonstrueer            goed gekonstrueer       -Voldoende              onakkuraat met etlike    verward
 Punktuasie en spelling       -Feitlik foutloos       -Baie goeie             woordeskat              foute                    -Woordeskat nie
                                                      woordeskat              -Foute belemmer nie     -Basiese woordeskat      geskik vir doel nie
 10 PUNTE                                             -Oorwegend foutloos     betekenis nie           -Betekenis belemmer      -Betekenis ernstig
                                                                                                                               belemmer

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 Feb March 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2017-memo/12b9d119-2e97-47a3-ad9f-b1556ca44258) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2017-memo/8d004299-0884-48ae-94a7-fa262185f416) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2017-memo/fe0661a7-8373-4100-ac07-707ad6445899) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Feb March 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2017/4b510bf1-897d-48b4-97b1-3bb8f71ded49) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Feb March 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-feb-march-2017/773c90b1-cfa7-4a66-b158-b5ebce5dc8d1) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2017/7f504e9a-f69d-45ee-b1f6-ef529a4fd2da) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
