# Afrikaans HL Grade 12 P3 Supplementary November 2018 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Supplementary November 2018, 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-feb-march-2018-memo/2668b8b3-d1d2-4e7a-a5c7-8223113dac1c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: Supplementary November
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P3 Supplementary November 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-feb-march-2018-memo/2668b8b3-d1d2-4e7a-a5c7-8223113dac1c)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Supplementary November · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                             AFRIKAANS HUISTAAL V3

                              FEBRUARIE/MAART 2018

                                   NASIENRIGLYNE

PUNTE: 100

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                            2                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                         NSS – Nasienriglyne

ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

AFDELING A: OPSTEL

AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN
onderwerp of prikkel skryf. Hy/sy mag enige soort opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die
onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is
wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien.

NASIENRIGLYNE

Dui aan die einde van die opstel die punte soos volg aan:

Voorbeeld:
Inhoud:                                                                         I = Kh = 22
Taal, styl en redigering:                                                       T = Kl = 10
Struktuur:                                                                      S =K = 4
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel).               36

Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).

DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

   Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit
    behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
   Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte
    bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings
    van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.
   Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar
    standpunt insluit. In die geval van 'n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat
    die slot die opstel saam, terwyl 'n argumenterende en beredeneerde opstel se slot die
    skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                          3                              DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                       NSS – Nasienriglyne

VRAAG 1
RIGLYNE

Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar
interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum) mag nie as bindend beskou
word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan, soos byvoorbeeld:

1.1       Dít sal ek beslis nie mis nie.
          Die kandidaat kan die opstel as 'n verhalende opstel oor 'n spesiale
          funksie/konsert/geleentheid wat hy/sy nie sou wou misloop nie, aanbied. 'n Verhaal
          kan ook aangebied word oor 'n insident wat baie sleg afgeloop het, iets waaraan die
          kandidaat nie herinner wil word nie. As 'n beskrywende opstel kan die fokus val op
          mense, emosies, insidente wat die kandidaat graag sal wil vergeet. As
          argumenterende/beredeneerde opstel kan die kandidaat argumente of redes
          aanvoer oor die noodsaaklikheid van negatiewe ervarings, mislukkings,
          teleurstellings en konflik, waaraan hy/sy nie graag herinner wil word nie, maar tog
          nodig gehad het om te kan groei. As bespiegelende opstel kan 'n kandidaat besin
          oor die besluit om slegte ervarings agter te laat.                                         [50]

1.2       In die kollig
          Indien die kandidaat die opstel as 'n verhalende opstel aanbied, sal die kandidaat
          vertel hoe die individu daarin geslaag het om sy/haar oomblikke in die kollig te
          geniet./hoe hy/sy in die kollig beland het. Die kandidaat kan in 'n beskrywende
          opstel fokus op gevoelens wat deur die kollig meegebring word en/of op insidente
          wat lewe in die kollig positief/negatief maak. Indien die kandidaat 'n
          argumenterende of beredeneerde opstel aanbied, moet die kandidaat kyk na die
          positiewe of negatiewe van ŉ goeie selfbeeld/narsisme en as bespiegelende opstel
          kan die karaktereienskappe van narsiste/voor- en/of nadele van 'n lewe in die kollig
          onder die loep kom.                                                                        [50]

1.3       Van alle waardes wat die mens behoort te hê, is respek die belangrikste!
          Hierdie onderwerp kan lei tot verskeie interpretasies wat onder andere verhalend,
          bespiegelend of argumenterend kan wees. 'n Verhaal sal op hierdie onderwerp as
          tema of lewensles fokus na aanleiding van 'n bepaalde gebeurtenis. By 'n
          bespiegelende interpretasie kan die kandidaat verskillende waardes teen mekaar
          opweeg./besin oor die belangrikheid van respek in ons samelewing. In 'n
          argumenterende opstel kan die kandidaat argumenteer dat enige ander waarde
          belangriker is.                                                                            [50]

1.4       Ons taal het in dié grond geweek ...
          Die onderwerp vra vir 'n opstel wat sal handel oor een of ander aspek van Afrikaans
          as taal. In 'n beskrywende opstel kan die kandidaat fokus op interessante
          woorde./gebruik van woorde./insidente a.g.v. taal. In 'n verhalende opstel kan die
          kandidaat vertel hoe hy/sy geleer het om waardering vir die taal te ontwikkel./hoe
          Afrikaans ontwikkel het. In 'n bespiegelende opstel kan die kandidaat besin oor die
          mooiste woorde in Afrikaans./die waarde van Afrikaans in die nuwe Suid-Afrika./oor
          die gevare wat die taal tans bedreig. In 'n argumenterende/beredeneerde opstel
          kan die kandidaat skryf oor die stryd om die behoud van Afrikaans en /of die
          toekoms van Afrikaans.                                                                     [50]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           4                              DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                        NSS – Nasienriglyne

1.5       Die lekkerste lekker
          Indien die kandidaat die opstel as 'n verhalende opstel aanbied, kan hy/sy vertel wat
          hy/sy ervaar het as die lekkerste lekker: dit kan slegs een insident/saak wees, of die
          opstel kan op verskillende goed fokus. In 'n beskrywende opstel kan die kandidaat
          verskillende goed/sake/insidente/woorde/mense wat vir hom/haar groot lekkerte
          veroorsaak het, beskryf. In 'n argumenterende/beredeneerde opstel moet die
          kandidaat redeneer oor die meriete van lekker goed/lekker insidente/boeke ens.
          teenoor negatiewe goed. Hy/Sy kan ook redeneer oor die voor- en/of nadele
          verbonde aan lekker dinge. In 'n bespiegelende opstel kan/mag die kandidaat
          lewensvraagstukke wat met vreugdes/blydskap/sukses/ens. verband hou, bepeins.               [50]

1.6.1     Oupa en Ouma/Twee ouer mense
          Interpretasies kan lei tot beskrywende, verhalende of selfs bespiegelende
          opstelle, bv. 'n beskrywing van die verhouding tussen die oupa en ouma./van die
          invloed wat grootouers op kinders het. 'n Verhaal kan handel oor alles wat by die
          oupa en ouma/ouer mense/gebeur het./hoe die een weggeval en die ander moes
          leer om alleen voort te gaan. Hierdie onderwerp kan ook bespiegel of daar in die
          ouderdom steeds vreugde te vind is. In 'n argumenterende opstel kan
          geargumenteer word dat kinders vir die versorging van hulle bejaarde ouers
          verantwoordelik is.                                                                         [50]

1.6.2     Die blom wat deur die beton groei
          'n Verhalende opstel kan 'n storie vertel van geluk wat oor 'n lang tyd gekom het of
          van die einde van 'n tydperk van swaarkry. Beskrywend of bespiegelend kan daar
          gekyk word na die kontras of ironie in die uitbeelding, van die blom se groei as teken
          van hoop ten spyte van seer of hindernisse in die lewe. Kandidate kan argumenteer
          of redeneer of die blom die reg het om hier oor te neem of liewers uitgespit moet
          word.                                                                                       [50]

1.6.3     Die man wat op boeke staan
          Hierdie onderwerp kan lei tot verhalende, bespiegelende, beskrywende,
          beredeneerde en argumenterende opstelle. 'n Verhaal kan handel oor twee mans
          wat vasgevang is en plan gemaak het om uitkoms te vind. As bespiegelende opstel
          kan die kandidaat die waarde van boeke en lees ondersoek.
          Lees/Leeservarings/Lesers kan beskryf word. Die kandidaat kan ook
          beredeneer/argumenteer waarom lees horisonne verbreed en die mens ŉ
          voorsprong bo ander bied.                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                             5                                DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                          NSS – Nasienriglyne

SOORTE OPSTELLE:

VERHALENDE OPSTEL

Dit is 'n interessante vertelling van 'n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan
vanuit enige perspektief geskryf word.

Hou die volgende in gedagte:

   Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word ('n storie of gebeurtenis).
   'n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
   Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
   Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud
    samehangend.
   Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.
   Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
   'n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied.
   'n Verrassende slot rond die inhoud af.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
   Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.

BESKRYWENDE OPSTEL

Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie
eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so
lewendig soos hy/sy te beleef.

Hou die volgende in gedagte:

   Waarnemings met al vyf sintuie en 'n goeie woordeskat word vereis.
   Insig, begrip, 'n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem
    van waarnemings).
   Tekste kan varieer van meer realisties tot 'n verdieping in die aanbieding.
   Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
   Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
   Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
   Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
   Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die konnotasie en
    nie die denotasie van woorde nie.
   Stylfigure kan gebruik word.

BEREDENEERDE OPSTEL

Dis objektief en probeer om 'n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van 'n argument te
gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied
teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot 'n spesifieke gevolgtrekking aan
die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed
gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel.

Hou die volgende in gedagte:

   Die opstel handel oor 'n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding,
    ingeneem word.
   BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                          6                               DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                       NSS – Nasienriglyne

   Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
   Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
   'n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot
    gee 'n sterk aanduiding van die skrywer se mening.
   Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
   Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
   Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.

BESPIEGELENDE OPSTEL

Die skrywer oorweeg/deurdink 'n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en
gevoelens weer. Dit bespiegel oor 'n droom of wense/moontlikhede.

Hou die volgende in gedagte:
 Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
 Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.
 Dis persoonlik van aard.
 Daar is 'n definitiewe struktuur, maar 'n gevolgtrekking is nie nodig nie.
 Dit hoef nie 'n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf
   word.
 Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

ARGUMENTERENDE OPSTEL

Die skrywer het 'n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te
motiveer.

Hou die volgende in gedagte:

   Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
   'n Eie mening word op 'n baie oorspronklike en treffende manier gegee.
   'n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
   Verdediging of aanval van 'n saak word enduit volgehou.
   'n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
   Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
   Daar moet 'n duidelike en oortuigende slot wees.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

                                                                     TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                            7                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                         NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word
nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien.

RIGLYNE

Dui aan die einde van die skryfstuk die punte soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat:                                                    I = K = 10
Taal, styl en redigering:                                                         T=G= 6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).               16
Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).

VRAAG 2

Kies TWEE van die volgende opdragte en skryf skryfstukke van 180–200 woorde elk.

2.1       INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF

          Hierdie brief word aan 'n familielid van die skrywer gerig en is 'n dankiesê vir die
          moeite gedoen om die notas per pos aan te stuur. Die briefskrywer behoort te
          verwys na die belangrikheid van die eksamennotas, die rede hoekom dit daar
          agtergebly het en die manier waarop dit by die skrywer uitgekom het.

          Hou in gedagte:

             Die formaat is informeel.
             Daar moet 'n adres van die afsender, datum, 'n aanhef, 'n inleiding en 'n gepaste
              afsluiting wees.
             Die inhoud moet handel oor die hulp wat ontvang is.
             Die styl is logies en volgens 'n spesifieke doel.
             Die struktuur moet goeie paragraafbou insluit.
             Eenvoudige, beskrywende taal is nodig.
             Die hele skryfstuk moet aan die vereistes vir die skryf van 'n informele brief
              voldoen.
             Die brief moet informeel afgesluit word, gevolg deur die skrywer se naam.                [25]

2.2       HULDEBLYK

          Bring hulde aan 'n gestorwe neef/niggie.

          Hou die volgende in gedagte:

             Die oorledene se naam en van, adres en ouderdom, datum van afsterwe, die
              plek waar die persoon oorlede is en die oorsaak van dood behoort gegee te
              word.
             Prestasies, hoogtepunte uit die oorledene se lewe en gemeenskaps-
              betrokkenheid kan ingesluit word.
             Die fokus behoort te wees op die positiewe gesindheid van die neef/niggie/wat
              die neef/niggie vir die skrywer beteken het.
             Gebeurtenisse/staaltjies/persoonlike herinneringe behoort ingesluit te wees en
              moet kan bydra/behoort by te dra tot die vertroosting van die familie.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                             8                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                          NSS – Nasienriglyne

             Moet waarderend wees.
             Iets persoonliks, soos 'n gedig, kan bygevoeg word.
             Taal, styl en register is formeel, opreg en uit die hart.
             Spreker kan eufemismes gebruik.                                                         [25]

2.3       RESENSIE

          Die resensie handel oor 'n nuwe Afrikaanse film wat oor 'n morele (of sosiale)
          kwessie handel. Die resensent fokus op aspekte wat belangrik is: o.a. milieu, intrige,
          karakterisering, hoofkarakters/filmsterre, fotografie, musiek. Die resensent moet 'n
          waardeoordeel oor die fliek uitspreek.

          Hou in gedagte:
           Die detail van die fliek soos vereis in resensies.
           Die formaat van die resensie moet in ag geneem word.
           Die resensent moet 'n evaluering van die fliek met die oog op tieners se
            voorkeure/afkeure aanbied.
           Register kan informeel wees om te pas by die leesgehoor.
           Dit is die respons van die resensent en gewoonlik subjektief.
           Dit gee al die toepaslike feite wat die leser nodig mag kry.                              [25]

2.4       FORMELE BRIEF: AANSOEK

          Hierdie formele brief word aan die voorsitter van die vlooimark gerig. Daar word
          aansoek gedoen om 'n stalletjie by die maandelikse vlooimark/markdag en die
          wins sal aan die plaaslike kinderhuis geskenk word.

          Hou in gedagte:
           Die formaat is formeel.
           Daar moet twee adresse, 'n aanhef, 'n inhoudsopskrif en 'n gepaste afsluiting
            wees.
           Die inhoud moet handel oor die aansoek om 'n stalletjie te verkry ten einde die
            winste aan die plaaslike kinderhuis te skenk.
           Die styl is saaklik, maar hoflik.
           Die struktuur moet goeie paragraafbou insluit.
           Eenvoudige, direkte taal is nodig, maar in 'n formele register.
           Die hele skryfstuk moet aan die vereistes vir die skryf van 'n formele brief
            voldoen.
           Die brief moet formeel afgesluit word en die skrywer se titel, voorletters en van
            moet gegee word.                                                                          [25]

2.5       DIALOOG

          Die gesprek vind plaas tussen twee vriende oor een van die vriende se oneerlikheid
          tydens die afgelope eksamen. Die gesprek behoort 'n ernstige ondertoon te bevat;
          konflik kan ter sprake kom.

          Hou in gedagte:

             Twee mense voer 'n gesprek.
             Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word en vanuit die
              spreker se perspektief.
             Elke nuwe spreekbeurt word op 'n volgende reël geskryf.
             Gebruik 'n dubbelpunt na die naam van elke spreker.
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           9                               DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                        NSS – Nasienriglyne

             Ekstra inligting word tussen hakies, voordat die spreker praat, aangedui, bv.
              Piet: (apologeties) of Piet (apologeties):
             'n Scenario kan geskep word voordat die dialoog geskryf word.                            [25]

2.6       FORMELE TOESPRAAK

          Die leerder spreek die konferensiegangers by die toerismekonferensie toe. Die
          toespraak se kern moet handel oor jongmense van die gemeenskap se rol met
          betrekking tot die bevordering van toerisme. Die inhoud behoort positief te wees.

          Hou in gedagte:

             By hierdie toespraak moet die gehoor formeel gegroet word: Geagte Voorsitter/
              Geagte Dames en Here
             Die styl moet pas by die geleentheid en die gehoor.
             Skryf weldeurdagte idees en vermy clichés.
             Gebruik kort sinne met eenvoudige idees en bekende voorbeelde.
             Die inleiding moet die gehoor se aandag prikkel.
             Die inhoud van die toespraak moet in paragrawe aangebied word.
             Die slot moet die gehoor tot nadenke stem.                                               [25]

                                                                      TOTAAL AFDELING B:               50
                                                                          GROOTTOTAAL:                 100

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Huistaal/V3
                                     Downloaded from hlayiso.com                10                                                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                                         NSS – Nasienriglyne

LET WEL:

 Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
 Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
 Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in 'n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
  toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
 Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie.

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
       Kriteria                            Uitsonderlik                Knap                   Gemiddeld              Elementêr                Onvoldoende
 INHOUD &                                     28–30                    22–24                    16–18                  10–12                       4–6
 BEPLANNING                          -Respons is              -Respons baie goed;      -Respons bevredigend    -Wisselvallige           -Respons heeltemal
                                     uitsonderlik/treffend    getuig van vaardigheid   -Idees redelik          samehang in respons      irrelevant
 (Respons en idees)                  en bo verwagting         -Idees heeltemal         samehangend en          -Idees onduidelik, nie   -Idees deurmekaar en
 Organisering van idees              -Idees is intelligent,   relevant, interessant    oortuigend              oorspronklik nie         nie op onderwerp

                          Hoë vlak
 vir beplanning;                     volwasse en              en lewer bewys van       -Redelike organisasie   -Min bewys van           gefokus nie
 Bewustheid van doel,                stem leser tot           volwassenheid            en redelik              organisasie en           -Vaag en herhalend
 gehoor en konteks                   nadenke                  -Organisasie baie        samehangend,            samehang                 -Geen organisasie nie
                                     -Uitsonderlike           goed en                  insluitend inleiding,                            en is onsamehangend
 30 PUNTE                            organisasie en           samehangend,             liggaam en
                                     samehang, insluitend     insluitend inleiding,    samevatting/slot
                                     inleiding, liggaam en    liggaam en
                                     samevatting/slot         samevatting/slot
                                              25–27                    19–21                    13–15                    7–9                      0–3
                                     -Respons uitmuntend,     -Respons goed; getuig    -Respons                -Respons is grootliks    -Geen poging
                                     maar uitsonderlik        van vaardigheid          bevredigend, maar       irrelevant.              aangewend om in
                                     treffende eienskappe     -Idees relevant,         verval soms in          -Idees begin los staan   ooreenstemming met
                                     van 'n opstel ontbreek   interessant              onduidelikheid          en kan verwarrend        onderwerp te wees nie

                          Lae vlak
                                     -Idees intelligent en    -Organisasie goed en     -Idees redelik          wees                     -Heeltemal irrelevant
                                     volwasse                 samehangend,             samehangend en          -Skaars 'n bewys van     en ontoepaslik
                                     -Knap organisasie en     insluitend inleiding,    oortuigend              organisasie en           -Deurmekaar en geen
                                     samehang, insluitend     liggaam en               -'n Mate van            samehang                 fokus nie
                                     inleiding, liggaam en    samevatting/slot         organisasie en
                                     samevatting/slot                                  samehang, insluitend
                                                                                       inleiding, liggaam en
                                                                                       samevatting/slot

Kopiereg voorbehou                                                                                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Huistaal/V3
                                      Downloaded from hlayiso.com                   11                                                               DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                                             NSS – Nasienriglyne

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg)
        Kriteria                            Uitsonderlik                   Knap                   Gemiddeld                  Elementêr                 Onvoldoende
 TAAL, STYL &                                  14–15                       11–12                      8–9                        5–6                         0–3
 REDIGERING                           -Toon, register, styl en   -Toon, styl, register en   -Toon, register, styl en   -Toon, register, styl en   -Taal onverstaanbaar
                                      woordeskat hoogs           woordeskat baie            woordeskat gepas vir       woordeskat minder          -Toon, register, styl en
 Toon, register, styl en              gepas vir doel, gehoor     gepas vir doel, gehoor     doel, gehoor en            gepas vir doel, gehoor     woordeskat nie gepas
 woordeskat is geskik                 en konteks                 en konteks                 konteks                    en konteks                 vir doel, gehoor en

                           Hoë vlak
 vir doel/effek en                    -Taalgebruik getuig        -Taalgebruik effektief     -Gepaste taalgebruik       -Taalgebruik baie          konteks nie
 konteks;                             van vertroue,              en 'n deurlopende          om betekenis oor te        basies                     -Woordeskat so
 Woordkeuse;                          indrukwekkend              gepaste toon word          dra                        -Toon en woordkeuse        beperk dat dit
 Taalgebruik en                       -Toon retories treffend    gebruik                    -Toon is gepas             skaars toepaslik           onmoontlik is om sin
 konvensies,                          en effektief               -Grammatika en             -Retoriese middele         -Baie beperkte             te maak
 punktuasie,                          -Grammatika en             spelling grootliks         gebruik om betekenis       woordeskat
 grammatika, spelling                 spelling feitlik foutvry   foutvry                    te versterk
                                      -Knap gedaan               -Baie goed gedoen
 15 PUNTE                                        13                         10                         7                          4
                                      -Taalgebruik               -Taalgebruik toepaslik     -Voldoende                 -Taalgebruik
                                      uitstekend en toon is      en oor die algemeen        taalgebruik, maar          onvoldoende
                                      retories effektief         effektief                  teenstrydighede word       -Weinig indien enige

                           Lae vlak
                                      -Grammatika en             -Toon gepas en             opgemerk                   sinsverskeidenheid
                                      spelling feitlik foutvry   effektief                  -Toon oor die              -Woordeskat baie
                                      -Baie goed tot knap        -Enkele foute in           algemeen gepas en          beperk
                                      gedaan                     grammatika en              beperkte gebruik van
                                                                 spelling                   retoriese middele
                                                                 -Goed gedoen
 STRUKTUUR                                       5                           4                        3                           2                        0–1
                                      -Uitstekende               -Logiese ontwikkeling      -Relevante detail          -Sommige punte             -Noodsaaklike punte
 Kenmerke van teks;                   ontwikkeling van           van details                ontwikkel                  geldig                     ontbreek
 Paragraafontwikkeling                onderwerp                  -Samehangend               -Sinne en paragrawe        -Sinne en paragrawe        -Sinne en paragrawe
 en sinskonstruksie                   -Uitsonderlike detail      -Sinne en paragrawe        goed gekonstrueer          foutief                    foutief
                                      -Sinne en paragrawe        logies en toon variasie    -Opstel maak nog sin       -Opstel maak nog           -Opstel maak nie sin
 5 PUNTE                              uitsonderlik                                                                     effens sin                 nie
                                      gekonstrueer

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Afrikaans Huistaal/V3
                               Downloaded from hlayiso.com                12                                                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                                   NSS – Nasienriglyne

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
           Kriteria                 Uitsonderlik              Knap                  Gemiddeld                Elementêr             Onvoldoende
 INHOUD,                                13–15                 10–12                    7–9                      4–6                     0–3
 BEPLANNING &                 -Respons                -Respons baie goed      -Respons voldoende      -Basiese respons         -Respons toon geen
 FORMAAT                      uitsonderlik, bo        en demonstreer goeie    en toon voldoende       toon geringe kennis      kennis van kenmerke
                              verwagting              kennis van kenmerke     kennis van kenmerke     van kenmerke van die     van die soort teks nie
 Respons en idees;            -Idees intelligent en   van die soort teks      van die soort teks      soort teks               -Betekenis onduidelik
 Organisering van idees vir   volwasse                -Behou fokus – geen     -Nie heeltemal          -Aanduiding van          met groot afwyking
 beplanning;                  -Grondige kennis van    afwyking nie            gefokus nie – enkele    fokus, maar met          -Geen samehang in
 Doel, gehoor,                kenmerke van die        -Samehang in inhoud     afwykings               afwykings                idees en inhoud nie
 kenmerke/konvensies          soort teks              en idees; baie goed     -Redelike samehang      -Inhoud en idees nie     -Baie min detail
 en konteks                   -Skryfwerk behou        uitgebrei met detail    in inhoud en idees      altyd samehangend        ondersteun die
                              fokus                   wat die onderwerp       -Sommige detail         nie                      onderwerp
 15 PUNTE                     -Samehang in inhoud     ondersteun              ondersteun die          -Min detail              -Nodige reëls van
                              en idees                -Gepaste formaat met    onderwerp               ondersteun die           formaat nie toegepas
                              -Idees behoorlik        onbeduidende foute      -Formaat oorwegend      onderwerp                nie
                              uitgebrei met detail                            gepas, maar met         -Nodige reëls van
                              wat die onderwerp                               enkele foute            formaat vaagweg
                              ondersteun                                                              toegepas
                              -Gepaste en akkurate                                                    -Kritiese foute begaan
                              formaat
 TAAL, STYL &                            9–10                   7–8                     5–6                    3–4                       0–2
 REDIGERING                   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl    -Toon, register, styl
                              en woordeskat hoogs     en woordeskat baie      en woordeskat is        en woordeskat            en woordeskat stem
 Toon, register, styl,        geskik vir doel,        geskik vir doel,        geskik vir doel,        minder geskik vir        nie ooreen met doel,
 doel/effek, gehoor en        gehoor en konteks       gehoor en konteks       gehoor en konteks       doel, gehoor en          gehoor en konteks
 konteks;                     -Grammatika             -Grammatika oor die     -Enkele                 konteks                  nie
 Taalgebruik en konvensies;   akkuraat en goed        algemeen korrek en      grammatikafoute         -Grammatika              -Besaai met foute en
 Woordkeuse;                  gekonstrueer            goed gekonstrueer       -Voldoende              onakkuraat met etlike    verward
 Punktuasie en spelling       -Feitlik foutloos       -Baie goeie             woordeskat              foute                    -Woordeskat nie
                                                      woordeskat              -Foute belemmer nie     -Basiese woordeskat      geskik vir doel nie
 10 PUNTE                                             -Oorwegend foutloos     betekenis nie           -Betekenis belemmer      -Betekenis ernstig
                                                                                                                               belemmer

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 Feb March 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2018-memo/774b795c-7467-46ef-bbf8-49299197af1c) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2018 Memo FINAL](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2018-memo-final/8030a9f3-454f-4188-95d0-c070eac72914) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Feb March 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-feb-march-2017-memo/a439c31f-a9ef-42b4-920a-c5ad42bfbb59) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Feb March 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2018/bcd42fc0-41e4-42c1-a659-fcbdbdae1e58) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Feb March 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-feb-march-2018/10c5efc1-0ed4-4215-a6dc-32da1ca6faed) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2018/32d2c07a-21b1-4b79-b92f-17522a2bfc63) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
