# Afrikaans HL Grade 12 P3 Supplementary November 2018 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the Supplementary November 2018, 6 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-feb-march-2018/94fc5a77-d91a-466b-9d86-44e7bb11e92c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Supplementary November
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 6

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P3 Supplementary November 2018 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-feb-march-2018/94fc5a77-d91a-466b-9d86-44e7bb11e92c)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Supplementary November · 2018 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                            AFRIKAANS HUISTAAL V3

                             FEBRUARIE/MAART 2018

PUNTE: 100

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                          2                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

          AFDELING A: Opstel                                       (50)
          AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste        (2 x 25) (50)

2.        Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B.

3.        Skryf in die taal waarin jy geassesseer word.

4.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

5.        Jy moet jou werk beplan (bv. 'n breinkaart/diagram/vloeidiagram/kernwoorde,
          ens.), redigeer en proeflees. Die beplanning moet VOOR die finale produk
          gedoen word.

6.        Alle beplanning moet duidelik aangedui word en daarna netjies deurgehaal
          word.

7.        Jy moet jou tyd soos volg bestee:

          AFDELING A: ongeveer 80 minute
          AFDELING B: ongeveer 70 (2 x 35) minute

8.        Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

9.        Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel
          word NIE.

10.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                   3                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                       NSS

AFDELING A: OPSTEL

VRAAG 1

Kies EEN van die volgende onderwerpe en skryf 'n OPSTEL van 400–450 woorde.
Skryf die nommer van jou opstel neer.

1.1       Dít sal ek beslis nie mis nie.                                                      [50]

1.2       In die kollig                                                                       [50]

1.3                     Van alle waardes wat die mens behoort
                           te hê, is respek die belangrikste!                                 [50]

1.4
                          Ons taal het in dié grond geweek
                             Oor baie dae, baie nagte,
                               soos in die winter reën
                                                               [Bron: Mure, WEG Louw]         [50]

1.5       Die lekkerste lekker                                                                [50]

1.6       Bestudeer die prente hieronder en skryf 'n OPSTEL oor EEN. Skep jou
          eie titel. Skryf die nommer en jou eie titel neer.

          1.6.1

                                              [Bron: http://unswoc.org/wordpress]             [50]
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3              4                                 DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                  NSS

          1.6.2

                                [Bron: http://www.sarahjennings/files/wordpress.com]        [50]

          1.6.3

                               [Bron: https://www.facebook.com/hastagshare/photos]          [50]

                                                         TOTAAL AFDELING A:                 50

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                        5                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

VRAAG 2

Kies TWEE van die volgende onderwerpe en skryf 180–200 woorde oor elk. Skryf elke
keer die nommer van die teks neer.

2.1       INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF

          'n Familielid wat ver van jou af bly, het jou 'n groot guns bewys deur jou
          eksamennotas wat jy by hul huis vergeet het, vir jou per pos aan te stuur.

          Skryf 'n VRIENDSKAPLIKE BRIEF aan die familielid waarin jy hom/haar vir
          die moeite bedank.                                                                    [25]

2.2       HULDEBLYK

          Jou gunstelingneef/-niggie is onlangs onverwags oorlede. Jy sal hom/haar
          altyd onthou vir sy/haar positiewe gesindheid.

          Skryf 'n HULDEBLYK om sy/haar nagedagtenis tydens die begrafnisdiens te
          eer.                                                                                  [25]

2.3       RESENSIE

          Jy het 'n vertoning van 'n nuwe Afrikaanse film, wat oor 'n morele (of sosiale)
          kwessie handel, bygewoon.

          Skryf 'n RESENSIE vir die tienerbylaag van 'n koerant.                                [25]

2.4       FORMELE BRIEF: AANSOEK

          Jy doen aansoek om 'n gratis stalletjie by die maandelikse vlooimark/markdag
          in jou omgewing te kry. Jy beplan om die wins aan die plaaslike kinderhuis te
          skenk.

          Skryf die AANSOEKBRIEF aan die voorsitter van die vlooimark/markdag.                  [25]

2.5       DIALOOG

          Die eksamentoesighouer het jou beste vriend(-in) betrap toe hy/sy oneerlik in
          die eksamen was.

          Skryf die DIALOOG wat ná afloop van die eksamen tussen jou en jou
          vriend(-in) plaasgevind het.                                                          [25]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                      6                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                          NSS

2.6       FORMELE TOESPRAAK

          Jy is die skole se verteenwoordiger in die plaaslike toerismeraad en word
          gevra om by die jaarlikse streekskonferensie die konferensiegangers toe te
          spreek. Jou onderwerp is:

          Jongmense, hul gemeenskap en toerisme

          Skryf jou TOESPRAAK.                                                             [25]

                                                            TOTAAL AFDELING B:             50
                                                                GROOTTOTAAL:               100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 Feb March 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2018/bcd42fc0-41e4-42c1-a659-fcbdbdae1e58) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Feb March 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-feb-march-2018/10c5efc1-0ed4-4215-a6dc-32da1ca6faed) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2018/32d2c07a-21b1-4b79-b92f-17522a2bfc63) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2018/a2880343-bd5f-4f3a-ae57-86ba082a8a22) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2018/31afda0e-922d-4d84-9a6e-0d9fb2cbbb1d) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Feb March 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-feb-march-2017/60537e99-e401-4b8c-87b0-63dfb08ba5b2) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
