# Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2020 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2020, 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr-12-memo-sept2020/f9a99ac3-5b21-4159-aca7-7737a23ab5b0
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2020 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr-12-memo-sept2020/f9a99ac3-5b21-4159-aca7-7737a23ab5b0)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2020

                 AFRIKAANS HUISTAAL V3
                     NASIENRIGLYN

PUNTE:   100

                  Hierdie nasienriglyn bestaan uit 11 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                          (EC/SEPTEMBER 2020)

 Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter
 wille van eenvoud en eenvormigheid.

      VERDUIDELIKING                     SIMBOOL              BESKRYWING
 Woordorde                                             Hakies en pyltjie
                                     (             )
 Woord (e) weggelaat                        ^          Weglaatteken

 Taalfoute (ook spelfoute)                             Dubbelstreep onder die
                                                       taalfout
 Paragraafindeling                          [          Begin van ŉ nuwe sin

 Woord(keuse) -foute                        x          Trek ŉ x bo die verkeerde
                                                       woord
                                                       Regmerkie bo goeie
 Erkenning van taaljuweeltjies              √          taalgebruik, idees of
                                                       uitdrukkings

 Onduidelik/Onverstaanbaar                             Kronkelstreep

 Punktuasie                                            Omkring

 ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

 AFDELING A: OPSTEL

 AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerder mag slegs
 oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel, toepaslik
 volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word
 nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel
 nagesien.

 NASIENRIGLYNE
 Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:

 Voorbeeld:
 Inhoud:                                                         I = KH = 22
 Taal, styl en redigering:                                      T = KL = 10
 Struktuur:                                                      S=K = 4
 Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant                   36
 (onder die opstel).
 Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die
 beplanningsgedeelte te wees).

 DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

 Inleiding:    Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel
               word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)               AFRIKAANS HUISTAAL V3                                     3

Liggaam:      Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die
              hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van
              die hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat
              gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.
Slot:   Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of
        sy/haar standpunt insluit. In die geval van ŉ verhalende, beskrywende en
        bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ŉ
        argumenterende en beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale
        standpunt/mening weerspieël.
VRAAG 1
Riglyne
Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die leerder se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande nasienriglyne) mag nie as
bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige soort opstel aan, soos
byvoorbeeld:
1.1     Dit was nou ŉ fees!
        Die kandidaat kan die opstel as ŉ verhalende/beskrywende opstel aanbied.
        In ŉ verhalende opstel kan die verhaal vertel word van wat gebeur het dat dit
        ŉ fees was. Dit kan die verhaal vertel van feeste soos byvoorbeeld die KKNK
        of die Woordfees en die kandidaat kan vertel wat by die fees gebeur het. Dit
        kan enige fees wees, byvoorbeeld ŉ kunstefees, musiekfees, sangfees, ens.
        Dit kan ook die verhaal vertel van iets wat baie lekker, vrolik en vreugdevol
        was. Dit kan ook die verhaal van ŉ besondere geleentheid vertel. Dit kan ook
        die verhaal vertel van iets wat baie maklik was. In ŉ beskrywende opstel kan
        die fees of geleentheid beskryf word. ŉ Partytjie kan byvoorbeeld ook beskryf
        word. ŉ Feestelike maaltyd of lekker kos by ŉ geleentheid kan ook beskryf
        word. Die kandidaat kan ook bespiegel of dit werklik ŉ fees was.                 [50]
1.2     13 uur ...
        Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ŉ verhalende/beskrywende of
        bespiegelende opstel aanbied. By die verhalende opstel sal vertel word wat
        daartoe aanleiding gegee het dat 13 uur so belangrik is. Dit kan ook ŉ verhaal
        vertel waar tyd belangrik is. Die 13 uur kan ook die tydperk wees waarin iets
        plaasgevind het. Dit kan ŉ misdaad- of spanningsverhaal wees waar die 13
        uur ŉ sentrale rol speel. In ŉ beskrywende opstel kan tyd beskryf word. Die
        lewe van iemand wat besig is om te sterf en nog net soveel tyd oor het, kan
        beskryf word. Daar kan ook na die bygeloof rondom die syfer 13 verwys word.
        In ŉ bespiegelende opstel kan bespiegel word wat sal gebeur as die mens
        nog net soveel tyd tot sy beskikking het.                                        [50]
1.3     Sal jy my ooit kan vergewe?
        Die kandidaat kan die opstel as ŉ verhalende/beskrywende/bespiegelende/
        beredeneerde of argumenterende opstel aanbied. Daar kan vertel word wat
        gebeur het dat die persoon die vraag vra en of vergifnis moontlik is. Die
        verhaal kan handel oor ŉ vriendskap/verhouding of iets soortgelyk wat
        skeefgeloop het en die persoon besef hy/sy was verkeerd. In ŉ beskrywende
        opstel kan die gebeure beskryf word. In ŉ bespiegelende opstel kan die
        kandidaat bespiegel of vergifnis wel in sekere omstandighede moontlik is.        [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               AFRIKAANS HUISTAAL V3                      (EC/SEPTEMBER 2020)

1.4   Suid-Afrika het nog ware superhelde.

      Die onderwerp leen hom tot die skryf van ŉ argumenterende of beredeneerde
      opstel waar die kandidaat hom/haar uitspreek oor die feit dat Suid-Afrika nog
      wel ware superhelde het. Die teendeel kan ook bewys word. Daar kan ook die
      verhaal vertel word van Suid-Afrika se superheld(e). Suid-Afrika se superhelde
      kan ook beskryf word.                                                               [50]

1.5   ... sonder jou liefde is die graaf te swaar

      Die onderwerp kan lei tot verskeie interpretasies wat onder andere verhalend,
      bespiegelend of beskrywend kan wees. Daar kan ŉ liefdesverhaal vertel word
      en hoe die persoon nou alleen is en sy/haar lewe sonder betekenis is omdat
      die geliefde nie meer daar is nie. Die liefde en hoe dit mens kan seermaak, kan
      ook beskryf word. Daar kan ook oor die liefde bespiegel word. Die jou hoef nie
      na ŉ persoon te verwys nie.                                                         [50]

1.6   1.6.1     Gesiggies met glimlag
                Interpretasies kan lei tot ŉ verhalende, beskrywende, bespiegelende,
                argumenterende of beredeneerde opstel. Die kandidate kan ŉ
                verhalende opstel skryf waar die woord “glimlag/lag” die sentrale tema
                vorm. Die verhaal kan ook handel oor hoe iets tot groot vreugde gelei
                het. Die kandidaat kan ook die verhaal vertel van ŉ insident waar ŉ
                tand verloor is en wat daarna gebeur het. Daar kan in ŉ verhaal na
                die tandmuis verwys word. ŉ Besoek aan die tandarts kan in
                verhaalvorm aangebied word. Tande kan ook beskryf word. Figuurlike
                interpretasies is ook moontlik, soos byvoorbeeld mense lyk baie keer
                gelukkig, maar soms is dit net ŉ front.                                   [50]

      1.6.2     Kruispad
                Die opstel kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredeneerd of
                argumenterend aangebied word. In ŉ verhalende opstel kan daar
                vertel word van keuses, besluite en wat daartoe gelei het dat die
                persoon die keuse of besluit moes maak. Daar kan ŉ verhaal vertel
                word waar paaie ŉ rol gespeel het. Daar kan ook die verhaal van ŉ
                plek vertel word of ŉ plek kan beskryf word. In ŉ argumenterende
                opstel kan die argument gegee word dat tieners hulle deesdae by
                kruispaaie bevind. Daar kan ook bespiegel word oor die paaie van die
                lewe.                                                                     [50]

      1.6.3     Die vrou
                Die opstel kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, argumenterend
                of beredeneerd wees. Die kandidaat kan die verhaal vertel van die
                vrou en wat met haar gebeur het. Die vrou kan ook beskryf word. In ŉ
                bespiegelende opstel kan die kandidaat bespiegel oor skoonheid,
                jeug, ouderdom, ens. Die kandidaat kan ook argumenteer dat vroue
                ŉ voorsprong bo mans het vanweë hul skoonheid.

                Daar kan ook geargumenteer word dat vroue nog steeds anders as
                mans behandel word.                                                       [50]

                                                             TOTAAL AFDELING A:                50

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)               AFRIKAANS HUISTAAL V3                                       5

 SOORT OPSTELLE

 VERHALENDE OPSTEL

 Dit is ŉ interessante vertelling van ŉ storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die
 verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.

 Hou die volgende in gedagte:

     Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (ŉ storie of gebeurtenis).
     ŉ Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
     Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
     Die inhoud is boeiend en interessant, daarom is die inhoud samehangend.
     Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar dit kan fiktief wees.
     Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
     ŉ Treffende inleiding boei die leser.
     ŉ Verrassende slot rond die inhoud af.
     Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
      geniet.
     Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.

 BESKRYWENDE OPSTEL

 Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf
 wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat
 beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.

 Hou die volgende in gedagte:

     Waarnemings met al vyf sintuie en ŉ goeie woordeskat word vereis.
     Insig, begrip, ŉ eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net
      die opnoem van waarnemings).
     Tekste kan varieer van meer realisties tot ŉ verdieping in die aanbieding.
     Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
     Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
     Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
     Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
     Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
      geniet.
     Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die
      konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.
     Stylfigure kan gebruik word.

 BEREDENEERDE OPSTEL

 Dis objektief en probeer om ŉ gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ŉ
 argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder
 bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ŉ
 spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente
 vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die
 ontwikkeling van die opstel.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 AFRIKAANS HUISTAAL V3                     (EC/SEPTEMBER 2020)

 Hou die volgende in gedagte:
       BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
       Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
       Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
       ŉ Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding,
        gemaak. Die slot gee ŉ sterk aanduiding van die skrywer se mening.
       Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
       Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
       Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
        geniet.
       Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.

 BESPIEGELENDE OPSTEL
 Die skrywer oorweeg/deurdink ŉ idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele
 reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor ŉ droom of wense/moontlikhede.

 Hou die volgende in gedagte:

       Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
       Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar
       opgeweeg.
       Dis persoonlik van aard.
       Daar is ’n definitiewe struktuur, maar ŉ gevolgtrekking is nie nodig nie.
       Dit hoef nie ŉ gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of
        ernstig geskryf word.
       Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
        geniet.

 ARGUMENTERENDE OPSTEL

 Die skrywer het ’n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar
 standpunt te motiveer.

 Hou die volgende in gedagte:

       Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
       ŉ Eie mening word op ŉ baie oorspronklike en treffende manier gegee.
       ŉ Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
       Verdediging of aanval van ŉ saak word enduit volgehou.
       ŉ Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
       Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
       Daar moet ŉ duidelike en oortuigende slot wees.
       Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
        geniet.

                                                            TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)              AFRIKAANS HUISTAAL V3                                        7

 AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

 AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word
 nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks
 nagesien.

 NASIENRIGLYNE

 Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:

 Voorbeeld:
 Inhoud, beplanning en formaat:                                              IK = 10
 Taal, styl en redigering:                                                   TG = 6
 Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).      16

 Dra dan die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die
 beplanningsgedeelte te wees).

 VRAAG 2

 2.1    INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF

        Die kandidaat skryf ŉ brief aan sy/haar ouers en vertel wat hy/sy gedoen
        het. Daar moet redes gegee word vir die verkeerde optrede en ook om
        verskoning gevra word.

        Hou die volgende in gedagte:

           Gebruik informele taal, register en styl.
           Beskrywende, maar eenvoudige taal behoort voor te kom.
           Die briefinhoud behoort logies en volgens bogenoemde doel uiteengesit
            te word.
           Briewe behoort ŉ inleiding, liggaam/inhoud en slot te hê.
           Die skrywer se adres en datum waarop die brief geskryf word, moet in
            die korrekte formaat/in korrekte spelling (AWS p. 55 reël 9.14) gegee
            word.
           Na die skrywer se adres behoort die informele aanhef te volg.
           Die brief behoort informeel afgesluit te word.
           Die formaat van die brief is belangrik.                                        [25]

 2.2    FORMELE BRIEF: KLAGTEBRIEF

        Die klagtebrief word aan die bestuurder van Action Clothing gerig. Die
        kandidaat moet duidelik uiteensit wat met die baadjies verkeerd is en waarom
        die gehalte swak is. Daar moet ook uitgebrei word wat presies met
        die kleure verkeerd is en waarom dit onaanvaarbaar is. Die kandidaat moet
        ook duidelik maak watter optrede van die maatskappy verwag word.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                      (EC/SEPTEMBER 2020)

        Hou die volgende in gedagte:
         Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die kandidaat
          moet die adres gebruik wat voorsien is.
         Die res van die brief se formaat moet korrek wees soos wat dit vir formele
          briewe geld.
         Die inhoud is baie belangrik; so ook die styl, struktuur en doel.
         Styl: dit behoort saaklik, formeel, maar hoflik te wees.
         Eenvoudige, direkte taal is nodig.
         Struktuur: die brief moet bestaan uit paragrawe waarin gefokus word op ŉ
          uiteensetting van wat presies verkeerd is met die baadjies en watter
          optrede van die maatskappy verwag word.
         Die brief word aan die bestuurder gerig.
         Die formele register moet gebruik word, soos bv. “u” in plaas van “jy” en
          “jou”.
         Die afsluiting is formeel en bevat die skrywer se voorletters, van en titel,
          handtekening en korrekte afsluiting.                                             [25]
 2.3    INFORMELE VERSLAG
        Jy dien op die graad 8-komitee en het die graad agts na die graad 8-kamp
        vergesel. Jy skryf ŉ verslag oor die kamp aan die graad 8-graadhoof.
        Hou die volgende in gedagte:
         Skryf ŉ bondige, interessante inleiding wat die doel van die verslag
          weergee.
         Paragrawe moet volgens die logiese verloop van die gebeure wees.
         Verskaf kortliks inligting oor die vrae: Wie? Wat? Waar? Wanneer?
         Daar word op die vrae uitgebrei.
         Daar moet verslag gegee word van die sukses van die kamp.
         Enige probleme en voorstelle moet in die verslag genoem word.
         Aanbevelings is altyd deel van die verslag.                                      [25]
 2.4    HULDEBLYK
        Die kandidaat bring hulde aan die afrigter van sy/haar sportspan wat
        onlangs besluit het om te emigreer. Die huldeblyk gaan tydens ŉ spesiale
        geleentheid gelewer word. Dit is belangrik om daarop te let dat die afrigter
        nie dood is nie.
        Hou die volgende in gedagte:
         Die volgende belangrike inligting word in die huldeblyk gegee:
         Die persoon se naam en van.
         Persoonlike inligting soos jare se ervaring as afrigter, spanne afgerig en
          ander hoogtepunte kan gegee word.
         Gebeure en staaltjies kan vertel word.
         Persoonlike herinneringe kan gegee word.
         Die leser moet ŉ duidelike beeld van die afrigter kan vorm.
         Die plek waarheen hy emigreer, kan ook genoem word.
         Die styl moet by die geleentheid en gehoor pas.
         Vermy oordrewe sentimentaliteit.
         Gebruik kort, bondige sinne.                                                     [25]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)               AFRIKAANS HUISTAAL V3                                      9

 2.5     DIALOOG

         Die gesprek vind plaas tussen die betrokke persoon en die bedelaar. Die
         gesprek behoort ŉ ernstige ondertoon te bevat. Konflik kan voorkom, maar
         dit is duidelik dat die betrokkene meer van die bedelaar se omstandighede
         wil uitvind en hom aanmoedig om sy lewe te verander.

         Hou die volgende in gedagte:

            Twee mense voer ŉ gesprek waar die een ŉ bedelaar is.
            Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word en
             vanuit die spreker se perspektief.
            Elke nuwe spreekbeurt word op ŉ volgende reël geskryf.
            Gebruik ŉ dubbelpunt na die naam van elke spreker.
            Ekstra inligting word tussen hakies, voordat die spreker praat, aangedui.
            ŉ Scenario kan geskep word voordat die dialoog geskryf word.                 [25]

 2.6     TYDSKRIFARTIKEL

         Die tydskrifartikel handel oor eensaamheid wat die epidemie van ons tyd is.

         Hou die volgende in gedagte:

            Persoonlike ervarings van die skrywer kom na vore. Hierdie skryfstuk
             behoort op eensaamheid te fokus. Die kandidaat moet ook daarna
             verwys dat eensaamheid algemeen voorkom.
            Die opskrif moet boeiend en interessant wees.
            Dis ŉ persoonlike styl wat direk tot die leser spreek.
            Voorbeelde van eensaamheid en watter gevolge dit het, behoort
             ingesluit te word.
            Daar is geen vaste formaat vir tydskrifartikels nie: dit kan dus
             subopskrifte en/of kolomme hê.                                               [25]

                                                             TOTAAL AFDELING B:            50
                                                                 GROOTTOTAAL:             100

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                                                                     AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                                                   (EC/SEPTEMBER 2020)

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
LET WEL:
   Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
   Punte van 0−50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
   Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ŉ hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
   Struktuur word nie deur die verdeling in ŉ hoë en lae vlak beïnvloed nie.
      Kriteria                               Uitsonderlik                                    Knap                                   Gemiddeld                         Elementêr                       Onvoldoende
 INHOUD EN                                          28−30                                       22−24                                     16−18                           10−12                               4−6
 BEPLANNING                        - Respons is uitsonderlik/treffend      -   Respons baie goed; getuig van           -   Respons bevredigend                - Wisselvallige samehang in       - Respons heeltemal

                        Hoë vlak
                                     en bo verwagting                          vaardigheid                             -   Idees redelik samehangend en         respons                            irrelevant
 (Respons en                       - Idees is intelligent, volwasse en     -   Idees heeltemal relevant, interessant       oortuigend                         - Idees onduidelik, nie           - Idees deurmekaar en nie
 idees)                              stem leser tot nadenke                    en lewer bewys van volwassenheid        -   Redelike organisasie en redelik      oorspronklik nie                   op onderwerp gefokus nie
 Organisering van                  - Uitsonderlike organisasie en          -    Organisasie baie goed en                   samehangend, insluitend            - Min bewys van organisasie       - Vaag en herhalend
 idees vir                           samehang insluitend inleiding,            samehangend, insluitend inleiding,          inleiding, liggaam en                en samehang                     - Geen organisasie nie en
 beplanning;                         liggaam en samevatting/slot.              liggaam en samevatting/slot                 samevatting/slot                                                        is onsamehangend
 Bewustheid van                                     25−27                                       19−21                                     13−15                            7−9                                0−3
 doel, gehoor en                   - Respons uitmuntend, maar              -   Respons goed; getuig van                -   Respons bevredigend, maar          - Respons is grootliks            - Geen poging aangewend
 konteks                             uitsonderlik treffende eienskappe         vaardigheid                                 verval soms in onduidelikheid        irrelevant                         om in ooreenstemming

                        Lae vlak
                                     van ŉ opstel ontbreek                 -   Idees relevant, interessant             -   Idees redelik samehangend en       - Idees begin los staan en           met onderwerp te wees
                                   - Idees intelligent en volwasse         -    Organisasie goed en samehangend,           oortuigend                           kan verwarrend wees                nie
 30 PUNTE                          - Knap organisasie en samehang,             insluitend inleiding, liggaam en        -   ŉ Mate van organisasie en          - Skaars ŉ bewys van              - Heeltemal irrelevant en
                                     insluitend inleiding, liggaam en          samevatting/slot                            samehang, insluitend inleiding,      organisasie en samehang            ontoepaslik
                                     samevatting/slot)                                                                     liggaam en samevatting/slot                                          - Deurmekaar en geen
                                                                                                                                                                                                   fokus nie
 TAAL, STYL EN                                     14−15                                     11−12                                     8−9                                  5−6                               0−3
 REDIGERING                        - Toon, register, styl en               - Toon, register, styl en woordeskat        - Toon, register, styl en woordeskat   - Toon, register, styl en         - Taal onverstaanbaar
                                     woordeskat hoogs gepas vir              baie gepas vir doel, gehoor en            - gepas vir doel, gehoor en konteks      woordeskat minder gepas         - Toon, register, styl en

                        Hoë vlak
 Toon, register, styl                doel, gehoor en konteks.                konteks.                                  - Gepaste taalgebruik om                 vir doel, gehoor en konteks        woordeskat nie gepas vir
 en woordeskat is                  - Taalgebruik getuig van vertroue,      - Taalgebruik effektief en ŉ                  betekenis oor te dra                 - Taalgebruik baie basies            doel, gehoor en konteks
 geskik vir                          indrukwekkend                           deurlopende gepaste toon word             - Toon is gepas                        - Toon en woordkeuse skaars          nie
 doel/effek en                     - Toon retories treffend en effektief     gebruik − gepas, konstant;                - Retoriese middele gebruik om           toepaslik                       - Woordeskat so beperk dat
 konteks;                          - Grammatika en spelling feitlik        - Grammatika en spelling grootliks            betekenis te versterk                - Baie beperkte woordeskat           dit onmoontlik is om sin te
 Woordkeuse;                         foutvry                                 foutvry                                                                                                               maak
 Taalgebruik en                    - Knap gedaan                           - Baie goed gedoen
 konvensies,                                          13                                       10                                       7                                   4
 punktuasie,                       - Taalgebruik uitstekend en toon is     - Taalgebruik toepaslik en oor die          - Voldoende taalgebruik, maar          - Taalgebruik onvoldoende

                        Lae vlak
 grammatika,                         retories effektief                      algemeen effektief                          teenstrydighede word opgemerk        - Weinig indien enige
 spelling.                         - Grammatika en spelling feitlik        - Toon gepas en effektief                   - Toon oor die algemeen gepas en         sinsverskeidenheid
                                     foutvry                               - Enkele foute in grammatika en               beperkte gebruik van retoriese       - Woordeskat baie beperk
 15 PUNTE                          - Baie goed tot knap gedaan               spelling.                                   middele
                                                                           - Goed gedoen
 STRUKTUUR                                          5                                           4                                       3                                   2                               0-1
                                   - Uitstekende ontwikkeling van          - Logiese ontwikkeling van details.         - Relevante detail ontwikkel.          - Sommige punte geldig.           - Noodsaaklike punte
 Kenmerke van                        onderwerp                             - Samehangend                               - Sinne en paragrawe goed.             - Sinne en paragrawe foutief.       ontbreek.
 teks;                             - Uitsonderlike detail                  - Sinne en paragrawe logies en toon           gekonstrueer.                        - Opstel maak nog effens sin.     - Sinne en paragrawe
 Paragraafontwikke                 - Sinne en paragrawe uitsonderlik         variasie.                                 - Opstel maak nog sin.                                                     foutief.
 ling en                             gekonstrueer                                                                                                                                               - Opstel maak nie sin nie.
 sinskonstruksie
 5 PUNTE

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                                                  AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                                                  11

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
      Kriteria                   Uitsonderlik                       Knap                       Gemiddeld                     Elementêr                  Onvoldoende
 INHOUD,                            13−15                           10−12                        7−9                            4−6                         0−3
 BEPLANNING EN           - Respons uitsonderlik, bo        - Respons baie goed en       - Respons voldoende en        - Basiese respons toon        - Respons toon geen
 FORMAAT                   verwagting                        demonstreer goeie            toon voldoende kennis van     geringe kennis van            kennis van kenmerke
                         - Idees intelligent en volwasse     kennis van kenmerke          kenmerke van die soort        kenmerke van die soort        van die soort teks nie.
 Respons en idees;       - Grondige kennis van               van die soort teks           teks                          teks.                       - Betekenis onduidelik
 Organisering van          kenmerke van die soort teks     - Behou fokus − geen         - Nie heeltemal gefokus nie   - Aanduiding van fokus,         met groot afwyking.
                         - Skryfstuk behou fokus.            afwyking nie                 − enkele afwykings            maar met afwykings          - Geen samehang in
 idees vir beplanning;
                         - Samehang in inhoud en           - Samehang in inhoud en      - Redelike samehang in        - Inhoud en idees nie altyd     idees en inhoud nie.
 Doel, gehoor,             idees                             idees; baie goed             inhoud en idees.              samehangend nie             - Baie min detail
 kenmerke/konvensies     - Idees behoorlik uitgebrei         uitgebrei met detail wat   - Sommige detail              - Min detail ondersteun die     ondersteun die
 en konteks                met detail wat die                die onderwerp                ondersteun die onderwerp.     onderwerp.                    onderwerp.
                           onderwerp ondersteun              ondersteun                 - Formaat oorwegend           - Nodige reëls van formaat    - Nodige reëls van
 15 PUNTE                - Gepaste en akkurate             - Gepaste formaat met          gepas, maar met enkele        vaagweg toegepas.             formaat nie toegepas
                           formaat                           onbeduidende foute           foute.                      - Kritiese foute begaan.        nie.
 TAAL, STYL EN                          9−10                            7−8                         5−6                             3−4                         0−2
 REDIGERING              - Toon, register, styl en         - Toon, register, styl en    - Toon, register, styl en     - Toon, register, styl en     - Toon, register, styl en
                           woordeskat hoogs geskik vir       woordeskat, baie geskik      woordeskat, geskik vir        woordeskat minder geskik      woordeskat stem nie
 Toon, register, styl,     doel, gehoor en konteks           vir doel, gehoor en          doel, gehoor en konteks       vir doel, gehoor en           ooreen met doel,
 doel/effek, gehoor en   - Grammatika akkuraat en            konteks                    - Enkele grammatikafoute.       konteks                       gehoor en konteks nie
 konteks;                  goed gekonstrueer               - Grammatika oor die         - Voldoende woordeskat        - Grammatika onakkuraat       - Besaai met foute en
                         - Feitlik foutloos                  algemeen korrek en         - Foute belemmer nie            met etlike foute              verwarrend
 Taalgebruik en
                                                             goed gekonstrueer;           betekenis nie               - Basiese woordeskat          - Woordeskat nie geskik
 konvensies;                                               - Baie goeie woordeskat                                    - Betekenis belemmer            vir doel nie
 Woordkeuse;                                               - Oorwegend foutloos                                                                     - Betekenis ernstig
 Punktuasie en                                                                                                                                        belemmer
 spelling

 10 PUNTE

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P3 Nov 2020 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2020-memo/3616620c-736f-4168-94a2-f6f69f2a226d) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2019-d/8cfb8d64-c90d-4948-8241-77d73f1d8009) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 MEMO GR12 2013](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo-gr12-2013/7ffde639-95e1-45e0-834e-5f09f0180807) — Afrikaans HL · Memo · 2013 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 QP SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-qp-sept2020/54595e79-3d93-4ae2-b134-974b78fd2965) — Afrikaans HL · QP · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — Afrikaans HL · QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/1a878435-bdd2-45da-8e0c-99f96c0bae42) — Afrikaans HL · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
