# Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2020 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020, 6 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr-12-qp-sept2020/d6a9b65f-f429-4194-863b-85c28df769ac
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 6

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2020 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr-12-qp-sept2020/d6a9b65f-f429-4194-863b-85c28df769ac)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AFRIKAANS HL P3 GR 12 MEMO SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr-12-memo-sept2020/f9a99ac3-5b21-4159-aca7-7737a23ab5b0) — Memo · 2020 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2020

                  AFRIKAANS HUISTAAL V3

PUNTE:   100

TYD:     2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               AFRIKAANS HUISTAAL V3                    (EC/SEPTEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings.

        AFDELING A: Opstel                                              (50 punte)
        AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste (2 x 25)               (50 punte)

 2.     Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B.

 3.     Skryf in die taal waarin jy geassesseer word.

 4.     Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

 5.     Jy moet jou werk beplan (bv. ŉ breinkaart/diagram/vloeidiagram/
        kernwoorde, ens.), proeflees en redigeer. Die beplanning moet VOOR die
        finale produk gedoen word.

 6.     Alle beplanning moet duidelik aangedui word en daarna netjies
        deurgehaal word.

 7.     Jy moet jou tyd soos volg bestee:

        AFDELING A: ongeveer 80 minute
        AFDELING B: ongeveer 70 (2 x 35) minute

 8.     Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in
        hierdie vraestel gebruik is.

 9.     Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde
        getel word NIE.

 10.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)           AFRIKAANS HUISTAAL V3                                           3

 AFDELING A: OPSTEL

 VRAAG 1

 Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ŉ OPSTEL van 400–450 woorde.
 Skryf die nommer en die titel/opskrif van jou opstel neer.

 1.1     Dit was ŉ fees!                                                                [50]

 1.2     13 uur ...                                                                     [50]

 1.3
         Sal jy my ooit kan vergewe?                                                    [50]

 1.4     Suid-Afrika het nog ware superhelde.                                           [50]

 1.5                    … sonder jou liefde is die
                        graaf te swaar vir my en val
                        die geil reëns van die berge
                        sonder doel.
                                           D.J. Opperman                                [50]

 1.6     Bestudeer die prente hieronder en skryf ŉ OPSTEL oor EEN. Skryf die
         vraagnommer (1.6.1, 1.6.2 OF 1.6.3) en jou eie titel neer.

         1.6.1

                                                    [Bron: https://myklaskamer.com ]    [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                           AFRIKAANS HUISTAAL V3                      (EC/SEPTEMBER 2020)

         1.6.2

                                                                                     [50]
                                             [Bron: https://blog.uav4africa.co.za]

         1.6.3

                                                                                     [50]
                                                        [Bron: www.art-portraits]

                                                    TOTAAL AFDELING A:                50

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)            AFRIKAANS HUISTAAL V3                                          5

 AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

 VRAAG 2

 Kies TWEE van die volgende onderwerpe en skryf 180–200 woorde oor elkeen.
 Skryf die nommer en die titel/opskrif van die teks wat jy gekies het, neer.

 2.1     INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF

         Jy het onlangs iets gedoen wat jou ouers nie sou goedkeur nie. Jy voel
         baie skaam daaroor en wil hulle om verskoning vra.

         Skryf ŉ VRIENDSKAPLIKE BRIEF aan jou ouers en vertel hulle wat jy
         gedoen het. Gee redes waarom jy dit gedoen het en vra dan om
         verskoning.                                                                   [25]

 2.2     FORMELE BRIEF: KLAGTEBRIEF

         Julle graadgroep het verlede jaar besluit om matriekbaadjies te laat
         maak. Aan die begin van hierdie jaar het die maatskappy wat die
         baadjies gemaak het, dit laat aflewer, maar die baadjies was van swak
         gehalte en die kleure was verkeerd.

         Skryf ŉ KLAGTEBRIEF aan die bestuurder van die maatskappy waarin jy
         duidelik uiteensit wat presies verkeerd is met die baadjies en watter
         optrede jy van die maatskappy verwag. Gebruik die volgende adres:
         Die Bestuurder, Action Clothing, Posbus 2630, Kaapstad, 8000.                [25]

 2.3     INFORMELE VERSLAG

         Die nuwe graad agts by julle skool gaan elke jaar op ŉ kamp waar hulle
         aan verskillende aktiwiteite deelneem en inligting kry oor hoe die skool
         funksioneer.

         Jy dien op die graad 8-komitee en het daarom ook die kamp bygewoon.
         Skryf ŉ INFORMELE VERSLAG vir die graadhoof van die graad agts oor
         die kamp.                                                                    [25]

 2.4     HULDEBLYK

         Jy is deel van ŉ baie suksesvolle sportspan en ook die kaptein. Die
         afrigter van die span het onlangs besluit om te emigreer.

         Skryf ŉ HULDEBLYK oor jou afrigter wat jy tydens ŉ spesiale
         geleentheid gaan lewer.                                                      [25]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              AFRIKAANS HUISTAAL V3                   (EC/SEPTEMBER 2020)

2.5   DIALOOG

      Jy stap elke middag huis toe en sien gereeld ŉ man wat by die verkeerslig
      bedel. Jy besluit op ŉ dag dat jy graag meer van hierdie man se
      omstandighede wil uitvind en hom wil motiveer om sy lewe te verander.

      Skryf die DIALOOG wat tussen jou en die man plaasvind.                        [25]

2.6   TYDSKRIFARTIKEL

      Daar is geen groter armoede as eensaamheid nie, het moeder Teresa
      gesê.

      Skryf ŉ TYDSKRIFARTIKEL met die volgende opskrif: Eensaamheid – die
      epidemie van ons tyd.                                                         [25]

                                                        TOTAAL AFDELING B:           50
                                                            GROOTTOTAAL:            100

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 QP SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-qp-sept2020/54595e79-3d93-4ae2-b134-974b78fd2965) — Afrikaans HL · QP · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/1a878435-bdd2-45da-8e0c-99f96c0bae42) — Afrikaans HL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2022/635d4025-2ec6-4a06-a793-dc0f35254a58) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2021/ff108b78-d3ed-481e-bcc0-ecd7d096a8be) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2018/32d2c07a-21b1-4b79-b92f-17522a2bfc63) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 QP GR12 SEPT2013](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-qp-gr12-sept2013/e3904837-182b-48a9-a4cd-c079b3ff377d) — Afrikaans HL · QP · 2013 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
