# Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2019 Memo

> Grade 11 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape November 2019, 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-memo-nov-2019/f9a9671f-5a24-4e6a-b25c-327ad80e428e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-memo-nov-2019/f9a9671f-5a24-4e6a-b25c-327ad80e428e)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019 · Afrikaans. Memorandum, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AFRIKAANS HL P3 GR11 QP NOV 2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-qp-nov-2019-d/621faa5a-85ea-491d-97c1-65c622ae079f) — QP · 2019 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 11

                       NOVEMBER 2019

                 AFRIKAANS HUISTAAL V3
                     NASIENRIGLYN

PUNTE:   100

                  Hierdie nasienriglyn bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               AFRIKAANS HUISTAAL V3                     (EC/NOVEMBER 2019)

 Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter
 wille van eenvoud en eenvormigheid.

       SIMBOOL              BESKRYWING                  VERDUIDELIKING
 0                       Sirkel                  Punktuasiefout
                         Dubbelstrepie onder     Spelfout
                         ŉ woord
                         Lang streep onder ŉ     Foutiewe woordgebruik
                         woord
                         Sirkel met pyltjie      Woordorde

 /\                      Weglaatteken            Woord weggelaat
 T                       Hoofletter T in         Tye verwar
                         kantlyn
 H                       Dubbele hh              Herhaling van gedagtes
 VR                      Vraestel                Dele saamgeflans uit vraestel
 ?                       Vraagteken              Baie verwarrend/sukkel om te
                                                 verstaan wat leerder skryf
 [                       Enkelhakie              Nuwe paragraaf
 E                       Letter “e” bo woord     Engelse woord gebruik

 ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

 AFDELING A: OPSTEL

 AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerder mag slegs
 oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel, toepaslik
 volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word
 nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die laaste poging
 van die eerste onderwerp nagesien.

 NASIENRIGLYNE

 Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:

 Voorbeeld:
 Inhoud:                                                 I = KL = 21
 Taal, styl en redigering:                               T = KL = 10
 Struktuur:                                              S=G = 3
 Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant            34
 (onder die opstel):
 Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die
 beplanningsgedeelte te wees).

 DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

 Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel
 word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)               AFRIKAANS HUISTAAL V3                                         3

 Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die
 hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die
 hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die
 samevatting van die hoofgedagte.

 Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of
 sy/haar standpunt insluit. In die geval van ŉ verhalende, beskrywende en
 bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ŉ argumenterende en
 beredenerende opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.

 VRAAG 1

 Riglyne

 Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die leerder se oogpunt en volgens
 sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande nasienriglyn) mag nie
 as bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige soort opstel aan, soos
 byvoorbeeld:

 1.1 Hoekom het dit met my gebeur?

       Die kandidaat kan die opstel as ŉ verhalende/beskrywende opstel aanbied. In
       ŉ verhalende opstel sal die fokus val op wat aanleiding tot die gebeurtenis
       gegee het. Die feit dat die persoon/karakter die gebeure bevraagteken, moet
       duidelik blyk. Die kandidaat kan ŉ verhaal vertel waarin dit duidelik is dat hy/sy
       worstel met die feit dat dit juis met hom/haar gebeur het. In ŉ beskrywende
       opstel kan die kandidaat beskryf wat gebeur het en waarom hy wonder oor
       die gebeure. Die verhaal/beskrywing kan ernstig of humoristies wees. In ŉ
       beredeneerde of argumenterende opstel kan die kandidaat argumenteer dat
       die mens nie altyd seker is hoekom spesifieke goed met sekere mense gebeur
       nie. Die kandidaat kan ook bespiegel waarom dit juis met hom/haar moes
       gebeur het.                                                                          [50]

 1.2 Agter tralies ...

       Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ŉ verhalende/ beskrywende opstel
       aanbied. In ŉ verhalende opstel kan die kandidaat die verhaal vertel van hoe
       hy/sy agter tralies beland het. Die kandidaat kan die verhaal vertel van hoe
       hy/sy gevange voel in ŉ plek of omstandighede. Die tralies kan ook verwys na
       beperkinge in ŉ persoon se lewe. Die verhaal kan oor byvoorbeeld diere in
       gevangenskap handel. In ŉ beskrywende opstel kan die plek/karakters agter
       die tralies beskryf word. Die kandidaat kan die verhaal ook uit die perspektief
       van gevange diere vertel. Die kandidaat kan ook bespiegel hoekom mense of
       diere agter tralies beland. In ŉ argumenterende/ beredeneerde opstel kan die
       kandidaat skryf oor die regverdigheid daarvan om mense of diere agter tralies
       te hou. Die kandidaat kan ook skryf hoe baie mense gevangenes van hulle
       eie omstandighede word.                                                              [50]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               AFRIKAANS HUISTAAL V3                     (EC/NOVEMBER 2019)

 1.3 Die liefde loop soms met jou op vreemde paaie.

      Die kandidaat kan die opstel as ‘n verhalende/beskrywende opstel aanbied.
      Daar kan vertel word wat gebeur het dat die liefde die persoon op vreemde
      paaie gelei het. In ŉ verhalende opstel kan die verhaal vertel word van ŉ
      persoon wat die liefde op ŉ vreemde manier beleef het. Die onderwerp kan
      letterlik sowel as figuurlik geïnterpreteer word. Die kandidaat kan ook verwys
      na die besonderhede van sy lewe en presies hoe die liefde hom in verskillende
      rigtings geneem het. In ŉ beskrywende opstel kan die vreemde liefdespaaie
      beskryf word. Die onderwerp kan ook argumenterend/ beredeneerde
      aangebied word waar die kandidaat die leser oortuig dat die liefde soms met
      jou op vreemde paaie loop.                                                        [50]

 1.4 Tegnologie maak die mens ŉ eensame wese.

      Die onderwerp leen hom tot die skryf van ŉ argumenterende of beredeneerde
      opstel waar die kandidaat hom/haar uitspreek oor die rol wat tegnologie in die
      mens se lewe speel en hoe dit bydra tot die mens se eensaamheid. Die
      kandidaat kan argumenteer dat tegnologie kommunikasie negatief beïnvloed
      en die mens sodoende vereensaam. Die kandidaat kan ook skryf oor die feit
      dat tegnologie binne-in ons huise beskikbaar is en die mens nie eers die huis
      hoef te verlaat om dinge te doen nie. Die kandidaat kan ook bespiegel of
      tegnologie die mens wel ŉ eensame wese maak. Die kandidaat kan ook ŉ
      beskrywende opstel skryf waar beskryf word hoe die tegnologies
      vereensaamde mens lyk. In ŉ verhalende opstel kan die kandidaat die verhaal
      vertel van hoe iemand as gevolg van tegnologie vereensaam het.                    [50]

 1.5 Hoop

      Die onderwerp kan lei tot verskeie interpretasies wat onder andere verhalend,
      bespiegelend, mymerend, argumenterend of beskrywend kan wees. ŉ
      Verhaal sal kan handel oor ŉ gebeurtenis waar hoop ŉ belangrike rol gespeel
      het. Hoop kan ook beskryf word. Daar kan ook bespiegel word oor wat presies
      hoop is. In ŉ beredeneerde of argumenterende opstel kan die kandidaat
      argumenteer dat daar nie meer hoop vir ons land, mense of natuur is nie.          [50]

 1.6 1.6.1     Horlosie met geld

               Interpretasies kan lei tot ŉ verhalende, beskrywende, bespiegelende,
               argumenterende of beredeneerde opstel. Die kandidaat kan ŉ verhaal
               vertel met tyd en geld as tema. Daar kan ook verwys word na die
               uitdrukking tyd is geld. Daar kan ook die verhaal vertel word van
               iemand wat geld verloor het as gevolg van swak tydsberekening. Daar
               kan ook vertel word hoe die mens in vandag se lewe jaag met die doel
               om net meer geld of besittings bymekaar te maak. In ŉ beskrywende
               opstel kan die kandidaat die moderne samelewing, waarin tyd en geld
               ŉ groot rol speel, beskryf. In ŉ argumenterende of beredeneerde
               opstel kan die kandidaat argumenteer dat die mens se lewe beheer
               word deur tyd en geld.                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)              AFRIKAANS HUISTAAL V3                                       5

       1.6.2    Meisie met die vraagtekens

                Die onderwerp kan lei tot ŉ verskeidenheid van opstelle naamlik
                verhalend, beskrywend, argumenterend of beredeneerd. In ŉ
                verhalende opstel kan die meisie se verhaal vertel word. Die
                kandidaat kan byvoorbeeld vertel hoe die meisie geboelie is. Sy kan
                ook die slagoffer van ander se negatiewe kritiek wees. Dit kan ook ŉ
                verhaal wees wat vertel presies wat in die meisie se lewe skeefgeloop
                het. Dit kan ook ŉ verhaal van mishandeling wees. In ŉ beskrywende
                opstel kan die omstandighede van die meisie beskryf word. Daar kan
                ook beskryf word hoe mense ander mense kritiseer en in hulle lewens
                inmeng. In ŉ beredeneerde opstel kan geredeneer word of die mens
                wel ŉ slagoffer van ander se kritiek is.                                 [50]

       1.6.3    Die wolf/hond

                 ŉ Verhalende opstel kan byvoorbeeld die storie van die wolf/hond
                vertel. Die wolf/hond kan ook figuurlik geïnterpreteer word en die
                verhaal vertel van iemand wat soos ŉ dier opgetree het. In ŉ
                beskrywende opstel kan verskillende tipes wolwe/honde beskryf
                word. In ŉ argumenterende of beredeneerde opstel kan standpunt
                ingeneem word dat die mens die wolf uitroei. Die kandidaat kan ook
                ŉ opstel met ŉ wetenskaplike aanslag skryf. Die wetenskap gebruik
                wolwe vir verskillende eksperimente. In ŉ argumenterende of
                beredeneerde opstel kan die kandidaat argumenteer dat die
                mensdom soos wolwe optree. Die gedrag en gewoontes van die dier
                kan ook beskryf word.                                                    [50]

                                                            TOTAAL AFDELING A:           50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                       (EC/NOVEMBER 2019)

 SOORT OPSTELLE

 VERHALENDE OPSTEL

 Dit is ŉ interessante vertelling van ’n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die
 verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.

 Hou die volgende in gedagte:

    Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (’n storie of gebeurtenis).
    ’n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
    Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
    Die inhoud is boeiend en interessant, daarom is die inhoud samehangend.
    Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar dit kan fiktief wees.
    Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
    ’n Treffende inleiding boei die leser.
    ’n Verrassende slot rond die inhoud af.
    Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
     geniet.
    Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.

 BESKRYWENDE OPSTEL

 Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te
 beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die
 onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.

 Hou die volgende in gedagte:

    Waarnemings met al vyf sintuie en ’n goeie woordeskat word vereis.
    Insig, begrip, ’n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net
     die opnoem van waarnemings).
    Tekste kan varieer van meer realisties tot ’n verdieping in die aanbieding.
    Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
    Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
    Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
    Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
    Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
     geniet.
    Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die
     konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.
    Stylfigure kan gebruik word.

 BEREDENEERDE OPSTEL

 Dis objektief en probeer om ’n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ’n
 argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder
 bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ’n
 spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente
 vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in
 die ontwikkeling van die opstel.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)             AFRIKAANS HUISTAAL V3                                       7

 Hou die volgende in gedagte:
     BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
     Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
     Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
     ’n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding,
      gemaak. Die slot gee ’n sterk aanduiding van die skrywer se mening.
     Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
     Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
     Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
      geniet.
     Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.
 BESPIEGELENDE OPSTEL
 Die skrywer oorweeg/deurdink ’n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar
 emosionele reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor ’n droom of
 wense/moontlikhede.

 Hou die volgende in gedagte:

     Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
     Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar
     opgeweeg.
     Dis persoonlik van aard.
     Daar is ’n definitiewe struktuur, maar ’n gevolgtrekking is nie nodig nie.
     Dit hoef nie ’n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of
      ernstig geskryf word.
     Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
      geniet.

 ARGUMENTERENDE OPSTEL

 Die skrywer het ’n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar
 standpunt te motiveer.

 Hou die volgende in gedagte:

     Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
     ’n Eie mening word op ŉ baie oorspronklike en treffende manier gegee.
     ’n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
     Verdediging of aanval van ’n saak word enduit volgehou.
     ’n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
     Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
     Daar moet ’n duidelike en oortuigende slot wees.
     Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
      geniet.

                                                          TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                      (EC/NOVEMBER 2019)

 AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

 AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste
 word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die laaste
 teks nagesien.

 NASIENRIGLYNE

 Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:

 Voorbeeld:
 Inhoud, beplanning en formaat:                                              IK = 10
 Taal, styl en redigering:                                                   TG = 6
 Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).      16

 Dra dan die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die
 beplanningsgedeelte te wees).

 VRAAG 2

 2.1 INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF

      Die brief fokus op die feit dat die kandidaat se vriend/vriendin in ŉ ernstige
      ongeluk betrokke was en nog ŉ rukkie in die hospitaal moet bly.
      Die kandidaat moet die vriend/vriendin bemoedig en raad gee hoe om die
      situasie te hanteer.

      Hou die volgende in gedagte:

        Gebruik informele taal, register en styl.
        Beskrywende, maar eenvoudige taal behoort voor te kom.
        Die briefinhoud behoort logies en volgens bogenoemde doel uiteengesit
         te word.
        Briewe behoort ŉ inleiding, liggaam/inhoud en slot te hê.
        Die skrywer se adres en datum waarop die brief geskryf word, moet in die
         korrekte formaat/in korrekte spelling (AWS p. 55 reël 9.14) gegee word.
        Na die skrywer se adres behoort die informele aanhef te volg.
        Die brief behoort informeel afgesluit te word.
        Die formaat van die brief is belangrik.                                          [25]

 2.2 DIALOOG

      Die dialoog is ŉ gesprek tussen die kandidaat en sy/haar vriendin. Die
      kandidaat moet die vriend/vriendin duidelik laat verstaan dat die gewoonte
      om laat te kom, nie meer aanvaarbaar is nie. Die kandidaat moet ook
      voorstelle maak wat die vriend/vriendin kan doen om die laatkommery te
      stop.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)             AFRIKAANS HUISTAAL V3                                       9

       Hou die volgende in gedagte

        Twee of meer mense voer ŉ gesprek met mekaar.
        Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word en
         vanuit die spreker se perspektief.
        Elke nuwe spreekbeurt word op ŉ volgende reël geskryf.
        Gebruik ŉ dubbelpunt na die naam van elke spreker.
        Ekstra inligting word tussen hakies, voordat die spreker praat, aangedui,
         byvoorbeeld: Anna: (met dringendheid)
        Skets ŉ scenario voordat die dialoog geskryf word.                             [25]

 2.3 HULDEBLYK

       Die kandidaat bring hulde aan sy/haar graad 1-juffrou wat onlangs oorlede
       is. Die kandidaat kan verwys na sy/haar verbintenis met die oorledene en
       wat hul verhouding so besonders gemaak het.

       Hou die volgende in gedagte:

        Die volgende belangrike inligting word in ŉ huldeblyk gegee:
         o Oorledene se naam en van.
         o Die volgende inligting kan gegee word: adres, ouderdom, datum van
             afsterwe, plek waar die persoon oorlede is, oorsaak van dood, name
             van gesinslede agtergelaat.
         o Gebeure en staaltjies oor die vriendskap.
         o Persoonlike herinneringe kan gegee word.
        Die leser moet ŉ duidelike beeld van die oorledene kan vorm.
        Die styl moet by die geleentheid en gehoor pas.
        Vermy oordrewe sentimentaliteit.
        Gebruik kort, bondige sinne.
        Die inhoud van die huldeblyk moet in paragrawe aangebied word.                 [25]

 2.4 FORMELE BRIEF : DANKIESÊBRIEF

       Die brief word aan die bestuurder van ŉ supermark gerig. Die
       supermarkgroep word bedank vir hulle ondersteuning met die Filantrope se
       projekte.

       Hou die volgende in gedagte:

        Die formaat van die brief moet korrek wees : adres van sender, datum,
         adres van ontvanger, aanhef, opskrif/doel, paragrawe, afsluiting.
        Die formele brief word aan die bestuurder gerig.
        Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel.
        Die styl behoort saaklik, formeel, maar hoflik te wees. Eenvoudige, direkte
         taal is nodig.
        Indien ŉ skuilnaam gebruik word, moet die formaat steeds korrek wees,
         maar dit is onwaarskynlik dat ŉ skuilnaam in die geval gebruik sal word.
        Die afsluiting is formeel en bevat die skrywer se voorletters, van en titel,
         waar nodig.                                                                    [25]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              AFRIKAANS HUISTAAL V3                     (EC/NOVEMBER 2019)

 2.5 RESENSIE

      Die resensie word vir die skoolkoerant geskryf en moet oor die nuutste
      aksiefliek gaan.

      Hou die volgende in gedagte:

        Resensies gee die resensent se mening oor die werk.
        Goeie resensies probeer om regverdig, maar eerlik te wees.
        Humor kan in resensies gebruik word.
        ŉ Resensie is gewoonlik subjektief: twee resensente mag oor dieselfde
         onderwerp verskil.
        Gee toepaslike feite, byvoorbeeld die titel van die rolprent, regisseur,
         akteur(s), kamerawerk, musiek en ander belangrike inligting.
        Die resensent skryf iets oor die inhoud van die rolprent, maar die
         ontknoping van die rolprent word nie gegee nie.
        Die slotparagraaf gee die resensent se laaste
         indrukke/gevolgtrekking/samevatting en aanbeveling.                            [25]

 2.6 TOESPRAAK

      Die kandidaat is die kaptein van die sportspan. Hy/Sy gee ŉ
      motiveringstoespraak.

      Hou die volgende in gedagte:

        Die kandidaat besluit self oor die styl wat gebruik gaan word. Gee
         aandag aan wanneer, waar, hoekom (doel), wie (sportspan) en wat.
        Die inleiding moet belangstelling wek.
        Ontwikkel weldeurdagte idees en vermy clichés.
        Kort sinne met eenvoudige idees word gebruik.
        Die klem behoort te val op die motivering van die span omdat die
         opponente elke jaar die liga wen.                                              [25]

                                                           TOTAAL AFDELING B:            50
                                                               GROOTTOTAAL:             100

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2019)
                                                       Downloaded from hlayiso.com     AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                                                                          11
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
LET WEL:
   Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
   Punte van 0−50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
   Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ŉ hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
   Struktuur word nie deur die verdeling in ŉ hoë en lae vlak beïnvloed nie.
      Kriteria                               Uitsonderlik                                    Knap                                   Gemiddeld                         Elementêr                       Onvoldoende
 INHOUD EN                                          28−30                                       22−24                                     16−18                           10−12                               4−6
 BEPLANNING                        - Respons is uitsonderlik/treffend      -   Respons baie goed; getuig van           -   Respons bevredigend                - Wisselvallige samehang in       - Respons heeltemal

                        Hoë vlak
                                     en bo verwagting                          vaardigheid                             -   Idees redelik samehangend en         respons                            irrelevant
 (Respons en                       - Idees is intelligent, volwasse en     -   Idees heeltemal relevant, interessant       oortuigend                         - Idees onduidelik, nie           - Idees deurmekaar en nie
 idees)                              stem leser tot nadenke                    en lewer bewys van volwassenheid        -   Redelike organisasie en redelik      oorspronklik nie                   op onderwerp gefokus nie
 Organisering van                  - Uitsonderlike organisasie en          -    Organisasie baie goed en                   samehangend, insluitend            - Min bewys van organisasie       - Vaag en herhalend
 idees vir                           samehang insluitend inleiding,            samehangend, insluitend inleiding,          inleiding, liggaam en                en samehang                     - Geen organisasie nie en
 beplanning;                         liggaam en samevatting/slot               liggaam en samevatting/slot                 samevatting/slot                                                        is onsamehangend
 Bewustheid van                                     25−27                                       19−21                                     13−15                            7−9                                0−3
 doel, gehoor en                   - Respons uitmuntend, maar              -   Respons goed; getuig van                -   Respons bevredigend, maar          - Respons is grootliks            - Geen poging aangewend
 konteks                             uitsonderlik treffende eienskappe         vaardigheid                                 verval soms in onduidelikheid        irrelevant                         om in ooreenstemming

                        Lae vlak
                                     van ŉ opstel ontbreek                 -   Idees relevant, interessant             -   Idees redelik samehangend en       - Idees begin los staan en           met onderwerp te wees
                                   - Idees intelligent en volwasse         -    Organisasie goed en samehangend,           oortuigend                           kan verwarrend wees                nie
 30 PUNTE                          - Knap organisasie en samehang,             insluitend inleiding, liggaam en        -   ŉ Mate van organisasie en          - Skaars ŉ bewys van              - Heeltemal irrelevant en
                                     insluitend inleiding, liggaam en          samevatting/slot                            samehang, insluitend inleiding,      organisasie en samehang            ontoepaslik
                                     samevatting/slot)                                                                     liggaam en samevatting/slot                                          - Deurmekaar en geen
                                                                                                                                                                                                   fokus nie
 TAAL, STYL EN                                     14−15                                     11−12                                     8−9                                  5−6                               0−3
 REDIGERING                        - Toon, register, styl en               - Toon, register, styl en woordeskat        - Toon, register, styl en woordeskat   - - Toon, register, styl en       - Taal onverstaanbaar
                                     woordeskat hoogs gepas vir              baie gepas vir doel, gehoor en            - gepas vir doel, gehoor en konteks      woordeskat minder gepas         - Toon, register, styl en

                        Hoë vlak
 Toon, register, styl                doel, gehoor en konteks                 konteks                                   - Gepaste taalgebruik om                 vir doel, gehoor en konteks        woordeskat nie gepas vir
 en woordeskat is                  - Taalgebruik getuig van vertroue,      - Taalgebruik effektief en ŉ                  betekenis oor te dra                   nie                                doel, gehoor en konteks
 geskik vir                          indrukwekkend                           deurlopende gepaste toon word             - Toon is gepas                        - Taalgebruik baie basies         - Woordeskat so beperk dat
 doel/effek en                     - Toon retories treffend en effektief     gebruik − gepas, konstant;                - Retoriese middele gebruik om         - Toon en woordkeuse skaars          dit onmoontlik is om sin te
 konteks;                          - Grammatika en spelling feitlik        - Grammatika en spelling grootliks            betekenis te versterk                  toepaslik                          maak
 Woordkeuse;                         foutvry                                 foutvry                                                                          - Baie beperkte woordeskat
 Taalgebruik en                    - Knap gedaan                           - Baie goed gedoen
 konvensies,                                          13                                       10                                       7                                   4
 punktuasie,                       - Taalgebruik uitstekend en toon is     - Taalgebruik toepaslik en oor die          - Voldoende taalgebruik, maar          - Taalgebruik onvoldoende

                        Lae vlak
 grammatika,                         retories effektief                      algemeen effektief                          teenstrydighede word opgemerk        - Weinig indien enige
 spelling.                         - Grammatika en spelling feitlik        - Toon gepas en effektief                   - Toon oor die algemeen gepas en         sinsverskeidenheid
                                     foutvry                               - Enkele foute in grammatika en               beperkte gebruik van retoriese       - Woordeskat baie beperk
 15 PUNTE                          - Baie goed tot knap gedaan               spelling                                    middele
                                                                           - Goed gedoen
 STRUKTUUR                                          5                                          4                                        3                                   2                               0-1
                                   - Uitstekende ontwikkeling van          - Logiese ontwikkeling van details.         - Relevante detail ontwikkel           - Sommige punte geldig            - Noodsaaklike punte
 Kenmerke van                        onderwerp                             - Samehangend                               - Sinne en paragrawe goed              - Sinne en paragrawe foutief        ontbreek
 teks;                             - Uitsonderlike detail                  - Sinne en paragrawe logies en toon           gekonstrueer                         - Opstel maak nog effens sin      - Sinne en paragrawe
 Paragraafontwikke                 - Sinne en paragrawe uitsonderlik         variasie                                  - Opstel maak nog sin                                                      foutief
 ling en                             gekonstrueer                                                                                                                                               - Opstel maak nie sin nie
 sinskonstruksie
 5 PUNTE

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

12
                                       Downloaded from hlayiso.com         AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                      (EC/SEPTEMBER 2019)

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]

      Kriteria                   Uitsonderlik                       Knap                       Gemiddeld                     Elementêr                  Onvoldoende
 INHOUD,                            13−15                           10−12                        7−9                            4−6                         0−3
 BEPLANNING EN           - Respons uitsonderlik, bo        - Respons baie goed en       - Respons voldoende en        - Basiese respons, toon       - Respons toon geen
 FORMAAT                   verwagting                        demonstreer goeie            toon voldoende kennis van     geringe kennis van            kennis van kenmerke
                         - Idees intelligent en volwasse     kennis van kenmerke          kenmerke van die soort        kenmerke van die soort        van die soort teks nie
 Respons en idees;       - Grondige kennis van               van die soort teks           teks                          teks                        - Betekenis onduidelik
 Organisering van          kenmerke van die soort teks     - Behou fokus − geen         - Nie heeltemal gefokus nie   - Aanduiding van fokus,         met groot afwyking
                         - Skryfstuk behou fokus             afwyking nie                 − enkele afwykings            maar met afwykings          - Geen samehang in
 idees vir beplanning;
                         - Samehang in inhoud en           - Samehang in inhoud en      - Redelike samehang in        - Inhoud en idees nie altyd     idees en inhoud nie
 Doel, gehoor,             idees                             idees; baie goed             inhoud en idees               samehangend nie             - Baie min detail
 kenmerke/konvensies     - Idees behoorlik uitgebrei         uitgebrei met detail wat   - Sommige detail              - Min detail ondersteun die     ondersteun die
 en konteks                met detail wat die                die onderwerp                ondersteun die onderwerp      onderwerp                     onderwerp
                           onderwerp ondersteun              ondersteun                 - Formaat oorwegend           - Nodige reëls van formaat    - Nodige reëls van
 15 PUNTE                - Gepaste en akkurate             - Gepaste formaat met          gepas, maar met enkele        vaagweg toegepas.             formaat nie toegepas
                           formaat                           onbeduidende foute           foute                       - Kritiese foute begaan         nie
 TAAL, STYL EN                          9−10                            7− 8                        5− 6                            3− 4                        0− 2
 REDIGERING              - Toon, register, styl en         - Toon, register, styl en    - Toon, register, styl en     - Toon, register, styl en     - Toon, register, styl en
                           woordeskat hoogs geskik vir       woordeskat, baie geskik      woordeskat, geskik vir        woordeskat minder geskik      woordeskat stem nie
 Toon, register, styl,     doel, gehoor en konteks           vir doel, gehoor en          doel, gehoor en konteks       vir doel, gehoor en           ooreen met doel,
 doel/effek, gehoor en   - Grammatika akkuraat en            konteks                    - Enkele grammatikafoute        konteks                       gehoor en konteks nie
 konteks;.                 goed gekonstrueer               - Grammatika oor die         - Voldoende woordeskat        - Grammatika onakkuraat       - Besaai met foute en
                         - Feitlik foutloos                  algemeen korrek en         - Foute belemmer nie            met etlike foute              verwarrend
 Taalgebruik en
                                                             goed gekonstrueer;           betekenis nie               - Basiese woordeskat          - Woordeskat nie geskik
 konvensies;                                               - Baie goeie woordeskat                                    - Betekenis belemmer            vir doel nie
 Woordkeuse;                                               - Oorwegend foutloos                                                                     - Betekenis ernstig
 Punktuasie en                                                                                                                                        belemmer
 spelling

 10 PUNTE

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P1 MEMO NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-memo-nov-2019/cc69d4d1-16aa-4b0a-9f2f-f5f2b5556419) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 GR11 MEMO NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-gr11-memo-nov-2019/389a192b-7bf5-435c-8167-2f2c2d34294a) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 MEMO NOV 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-memo-nov-2020/fac0bbfb-2db1-4969-bc69-6b016e2f249f) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 MEMO NOV 2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-memo-nov-2020-d/d11183d6-5fdd-4148-b1c0-cafef0a8db82) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 QP MEMO NOV 2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-qp-memo-nov-2020-d/3e6509ed-5ffa-4b06-b795-66a0aad91045) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo/d90f92e2-e49d-4102-be74-0d886b0ac7f7) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 11 Afrikaans HL

- [Gr11-Afr-HT-studiegids LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-afr-ht-studiegids-lr/2b9b2077-8262-449a-b0c2-0a2c24f6c066) — Guide · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/4cc70ac7-f749-4802-8e1b-8cec773c7368) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/a7e90129-8e5a-43be-963d-f02b31d0b7a4) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P3 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/df1906ad-6c91-4938-9533-c5ba7baa3444) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-1-afrikaans/9892ea43-cb95-460f-8521-db662ba8b5c9) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-2-afrikaans/58fc56f1-3f43-4541-9fa9-c8cf9faa560a) — QP · 2026 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
