# Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2020 Memo

> Grade 11 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape November 2020, 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-memo-nov-2020-d/d11183d6-5fdd-4148-b1c0-cafef0a8db82
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2020 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-memo-nov-2020-d/d11183d6-5fdd-4148-b1c0-cafef0a8db82)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 11 · Eastern Cape November · 2020 · Afrikaans. Memorandum, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AFRIKAANS HL P3 GR11 QP NOV 2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-qp-nov-2020-d/279a85bd-fc36-442d-970d-462fe5b33332) — QP · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 QP NOV 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-qp-nov-2020/ad488968-98ae-45c9-b72c-ec327d9a517d) — QP · 2020 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 11

                       NOVEMBER 2020

                 AFRIKAANS HUISTAAL V3
                     NASIENRIGLYN

PUNTE:   100

                  Hierdie nasienriglyn bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 AFRIKAANS HUISTAAL V3                    (EC/NOVEMBER 2020)

 Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter wille
 van eenvoud en eenvormigheid.

  VERDUIDELIKING                  SIMBOOL                   BESKRYWING
 Woordorde                                         Hakies en pyltjie
                              (      )
 Woord(e) weggelaat       ^                        Weglaatteken
 Taalfoute (ook                                    Dubbelstreep onder taalfout
 spelfoute)
 Paragraafindeling        [                        Begin van ŉ nuwe sin
 Woord(keuse)-foute       x                        Trek ŉ x bo die verkeerde woord
 Erkenning van            √                        Regmerkie bo goeie taalgebruik,
 taaljuweeltjies                                   idees of uitdrukkings
 Onduidelik/              ʃ (in die kantlyn)       Kronkelstreep
 Onverstaanbaar
 Punktuasie               o                        Omkring

 ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

 AFDELING A: OPSTEL

 AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerder mag slegs oor
 EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel, toepaslik volgens hoe
 hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien
 dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien.

 NASIENRIGLYNE
 Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:

 Voorbeeld:
 Inhoud:                                                          I = KH = 22
 Taal, styl en redigering:                                        T = KL = 10
 Struktuur:                                                       S=K = 4
 Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant                    36
 (onder die opstel):
 Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die
 beplanningsgedeelte te wees).

 DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

 Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word.
            Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.

 Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die
          hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van
          die hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat
          gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.

 Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of
       sy/haar standpunt insluit. In die geval van ŉ verhalende, beskrywende en
       bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ŉ argumenterende
       en beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening
       weerspieël.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                    AFRIKAANS HUISTAAL V3                                     3

 VRAAG 1

 Riglyne
 Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die leerder se oogpunt en
 volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum)
 mag nie as bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige soort opstel aan,
 soos byvoorbeeld:

 1.1 Toe wéét ek, hier kom ŉ ding!

       Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ŉ verhalende opstel aanbied, maar
       ander aanbiedings is ook aanvaarbaar. In ŉ verhalende opstel sal die kandidaat
       die verhaal vertel van wat aanleiding gegee het tot hierdie besef. Dit moet
       duidelik uit die opstel blyk dat die kandidaat wéét wat tot die insident aanleiding
       gegee het. Die opstel kan byvoorbeeld handel oor ŉ persoon wat in ŉ situasie
       was en besef het daar kom moeilikheid/ŉ verrassing/iets positiefs/iets
       negatiefs. ŉ Verskeidenheid interpretasies is moontlik waar die kandidaat
       gebeure sien kom het en die uteindelike verloop van die gebeure kan ernstig,
       spannend of humoristies wees.                                                         [50]

 1.2 Afspraak in die park

       Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ‘n verhalende/beskrywende opstel
       aanbied. Die fokus sal op die verhaal of beskrywing van die afspraak in die park
       val. Die kandidaat kan ŉ spanningsverhaal, liefdesverhaal, komiese verhaal of
       enige ander toepaslike verhaallyn aanbied. In die verhaal sal daar gefokus
       word op die afspraak en die feit dat dit in ŉ park plaasvind. In die beskrywende
       opstel sal die kandidaat die afspraak in die park kan beskryf. Die kandidaat kan
       die mense/diere en die park beskryf waar hulle die afspraak nakom. Die
       storielyn kan spannend, humoristies of ernstig wees. In ŉ bespiegelende opstel
       kan die kandidaat bespiegel of die afspraak in die park ŉ goeie of slegte ding
       was. Die kandidaat kan ook ŉ argumenterende opstel skryf waar hy/sy
       argumenteer dat afsprake in parke gevaarlik is.                                       [50]

 1.3 Net in Suid-Afrika ...

       Die kandidaat kan die opstel as ‘n verhalende/beskrywende/bespiegelende/
       argumenterende of beredeneerde opstel aanbied. Die kandidaat kan ŉ verhaal
       vertel wat tipies eie aan Suid-Afrika is. Dit kan byvoorbeeld oor Suid-Afrika se
       mense, diere, musiek, natuurskoon ensovoorts handel. Die fokus val op die
       uniekheid van Suid-Afrika. In ŉ beskrywende opstel kan die dinge wat eie aan
       Suid-Afrika is, beskryf word. In ŉ bespiegelende opstel kan die kandidaat
       bespiegel hoekom hierdie dinge eie aan Suid-Afrika is. In ŉ argumenterende
       opstel kan die kandidaat argumenteer dat ons sekere dinge net in Suid-Afrika
       aantref en nêrens anders nie. In ŉ beredeneerde opstel kan die kandidaat
       redeneer of dinge net so in Suid-Afrika is en of dit ook elders in die wêreld
       aangetref word.                                                                       [50]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               AFRIKAANS HUISTAAL V3                       (EC/NOVEMBER 2020)

 1.4 Die mens is die taal wat hy praat.

      Die onderwerp leen hom tot die skryf van ŉ argumenterende of beredeneerde
      opstel waar die kandidaat hom/haar uitspreek oor die feit dat die mens die taal
      is wat hy praat. Dit kan positief of negatief wees. Die kandidaat kan
      argumenteer dat die mens se taal deel van sy/haar menswees is en hom/haar
      definieer. Taal kan ook figuurlik gesien word en hoef nie net na woorde te
      verwys nie. Die kandidaat kan ook ŉ beredeneerde opstel skryf waarin hy/sy
      aanvoer dat die mens juis nie die taal is wat hy praat nie. In ŉ beskrywende
      opstel kan die kandidaat beskryf hoe iemand se taal deel van sy menswees is.       [50]

 1.5 # genoeg is genoeg

      Die kandidaat kan ŉ verhalende opstel skryf waarin hy/sy die verhaal vertel van
      waar iemand genoeg gehad het van ŉ sekere ding/persoon/gebeurtenis of
      situasie. Die kandidaat kan ook verwys na die bewegings wat geassosieer
      word met die hutsmerk waarin mense in opstand kom teen sekere goed. In ŉ
      beskrywende opstel kan die kandidaat beskryf wat die hutsmerk beteken en
      hoe dit aansluit by die feit dat mense voel genoeg is genoeg. Die kandidaat
      kan argumenteer dat Suid-Afrikaners genoeg gehad het en hul stemme wil laat
      hoor. Die kandidaat kan ŉ beredeneerde opstel skryf waarin hy/sy die
      geldigheid van die stelling bevraagteken en redeneer oor die feit of genoeg ooit
      genoeg is vir mense.                                                               [50]

 1.6 1.6.1     Tas met aardbol
               Interpretasies kan tot ŉ verhalende, beskrywende, bespiegelende,
               argumenterende of beredeneerde opstel lei. Die kandidate kan ‘n
               verhalende opstel skryf waar die woord “reis” die sentrale tema vorm.
               Die verhaal kan ook handel oor hoe iemand se tas sy wêreld is. Die
               kandidaat kan ook die verhaal vertel van ‘n insident waar die tas ŉ
               belangrike rol in sy lewe en reise gespeel het. Die kandidaat kan ŉ
               beskrywende opstel oor reis skryf. Die opstel kan ook figuurlik
               geïnterpreteer word en die kandidaat kan skryf oor emosionele bagasie
               wat iemand saam met hom/haar oor die wêreld saamdra.                      [50]

      1.6.2    Drie figure met die nommer 10
               Die kandidaat kan ŉ verhalende opstel skryf oor byvoorbeeld ŉ
               kompetisie of wedstryd waar die persoon baie goed gevaar het. Die
               verhaal kan ook handel oor hoe hard ŉ persoon moes werk om sukses
               in sy/haar lewe te behaal. In ŉ beskrywende opstel kan die kandidaat
               ŉ kompetisie of wedstryd beskryf. In ŉ bespiegelende opstel kan die
               kandidaat bespiegel of perfektheid (volmaaktheid) bereikbaar is. Daar
               kan ook bespiegel word of perfektheid tot iemand se geluk bydra. In ŉ
               argumenterende opstel kan die kandidaat argumenteer dat perfektheid
               mense gelukkig maak. In ŉ beredeneerde opstel kan die kandidaat
               redeneer dat gesonde kompetisie goed is. Daar kan ook
               geargumenteer word dat wenners gelukkiger as ander mense is.              [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                   AFRIKAANS HUISTAAL V3                                 5

       1.6.3    Die verskillende sportsoorte
                In ŉ verhalende opstel kan die storie van die persoon wat die sport
                beoefen, vertel word. Daar hoef nie net op een sportsoort gefokus te
                word nie, aangesien daar ŉ verskeidenheid sportsoorte uitgebeeld
                word. Die verhaal kan vertel word van hoe sport iemand se lewe
                verander het. In ŉ beskrywende opstel kan die kandidaat die sportman
                of sportvrou beskryf. Die sportsoort self kan ook beskryf word. In ŉ
                argumenterende opstel kan die kandidaat argumenteer sport is
                noodsaaklik vir die mens se welstand. Daar kan ook geargumenteer
                word gesonde wedywering in sport is goed. In ŉ beredeneerde opstel
                kan die kandidaat redeneer dat sport iemand se karakter bou en ander
                kere weer iemand se lelike kant uitbring.                               [50]

                                                             TOTAAL AFDELING A:          50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                        (EC/NOVEMBER 2020)

 SOORT OPSTELLE

 VERHALENDE OPSTEL

 Dit is ŉ interessante vertelling van ’n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die
 verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.

 Hou die volgende in gedagte:

 x   Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (ŉ storie of gebeurtenis).
 x   ŉ Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
 x   Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
 x   Die inhoud is boeiend en interessant, daarom is die inhoud samehangend.
 x   Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar dit kan fiktief wees.
 x   Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
 x   ŉ Treffende inleiding boei die leser.
 x   ŉ Verrassende slot rond die inhoud af.
 x   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
     geniet.
 x   Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.

 BESKRYWENDE OPSTEL

 Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf
 wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat
 beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.

 Hou die volgende in gedagte:

 x   Waarnemings met al vyf sintuie en ŉ goeie woordeskat word vereis.
 x   Insig, begrip, ŉ eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net
     die opnoem van waarnemings).
 x   Tekste kan varieer van meer realisties tot ŉ verdieping in die aanbieding.
 x   Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
 x   Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
 x   Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
 x   Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
 x   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
     geniet.
 x   Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die
     konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.
 x   Stylfigure kan gebruik word.

 BEREDENEERDE OPSTEL

 Dis objektief en probeer om ’n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ’n
 argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder
 bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ’n
 spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente
 vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die
 ontwikkeling van die opstel.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                  AFRIKAANS HUISTAAL V3                                   7

 Hou die volgende in gedagte:
 x    BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
 x    Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
 x    Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
 x    ’n Gevolgtrekking kan in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak
      word. Die slot gee ’n sterk aanduiding van die skrywer se mening.
 x    Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
 x    Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
 x    Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
      geniet.
 x    Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.

 BESPIEGELENDE OPSTEL

 Die skrywer oorweeg/deurdink ’n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele
 reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor ’n droom of wense/moontlikhede.

 Hou die volgende in gedagte:

 x    Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
 x    Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar
 x    opgeweeg.
 x    Dis persoonlik van aard.
 x    Daar is ’n definitiewe struktuur, maar ’n gevolgtrekking is nie nodig nie.
 x    Dit hoef nie ’n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of
      ernstig geskryf word.
 x    Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
      geniet.

 ARGUMENTERENDE OPSTEL

 Die skrywer het ’n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt
 te motiveer.

 Hou die volgende in gedagte:

 x    Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
 x    ’n Eie mening word op ŉ baie oorspronklike en treffende manier gegee.
 x    ’n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
 x    Verdediging of aanval van ’n saak word enduit volgehou.
 x    ’n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
 x    Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
 x    Daar moet ’n duidelike en oortuigende slot wees.
 x    Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
      geniet.

                                                              TOTAAL AFDELING A:           50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               AFRIKAANS HUISTAAL V3                       (EC/NOVEMBER 2020)

 AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

 AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste
 word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste
 teks nagesien.

 NASIENRIGLYNE

 Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:

 Voorbeeld:
 Inhoud, beplanning en formaat:                                              IK = 10
 Taal, styl en redigering:                                                   TG = 6
 Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).      16

 Dra dan die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die
 beplanningsgedeelte te wees).

 VRAAG 2

 2.1 INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF

      In die brief spreek die kandidaat sy kommer uit oor die betrokke familielid wat
      gereeld woedend raak oor klein dingetjies. Dit moet duidelik uit die brief blyk
      dat die skrywer wil help. Daarom gee hy/sy voorstelle en wenke hoe die
      familielid moontlike probleemsituasies kan hanteer. Dit moet duidelik blyk wie
      die familielid is en die skrywer moet moontlike probleemsituasies identifiseer
      en praktiese en uitvoerbare voorstelle en wenke gee.

      Hou die volgende in gedagte:

      x   Gebruik informele taal, register en styl.
      x   Die skrywer moet verwys na twee aspekte naamlik die uitspreek van
          kommer en die voorstelle vir die hantering van probleemsituasies wat
          moontlik woede kan ontlok.
      x   Beskrywende, maar eenvoudige taal behoort voor te kom.
      x   Die briefinhoud behoort logies en volgens bogenoemde doel uiteengesit te
          word.
      x   Briewe behoort ŉ inleiding, liggaam/inhoud en slot te hê.
      x   Die skrywer se adres en datum waarop die brief geskryf word, moet in die
          korrekte formaat/in korrekte spelling (AWS p. 55 reël 9.14) gegee word.
      x   Na die skrywer se adres behoort die informele aanhef te volg.
      x   Die brief behoort informeel afgesluit te word.
      x   Die formaat van die brief is belangrik.                                          [25]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                  AFRIKAANS HUISTAAL V3                                   9

 2.2 FORMELE BRIEF AAN DIE PERS

       Die brief het ten doel om die skrywer se mening te gee dat Suid-Afrikaners
       baie meer aandag sal moet gee aan die herwinning van water. Dit moet
       duidelik blyk dat die skrywer kennis het oor die herwinning van water. Die
       skrywer moet ook voorstelle doen hoe Suid-Afrikaners water kan herwin.

       Hou die volgende in gedagte:

       x Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res van die
         brief se formaat moet korrek wees soos vir formele briewe geld.
       x Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel.
       x Styl: Dit behoort saaklik, formeel, maar hoflik te wees. Eenvoudige, direkte
         taal is nodig.
       x Struktuur: Die brief moet bestaan uit paragrawe waarin gefokus word op
         die herwinning van water.
       x Duidelike, praktiese voorstelle hoe water herwin kan word, moet ook
         gegee word.
       x Die formele register moet gebruik word, soos benodig in persbriewe.
       x Indien ŉ skuilnaam gebruik word, moet die formaat steeds korrek wees.
       x Die afsluiting is formeel en korrek.                                            [25]

 2.3 HULDEBLYK

       Bring hulde aan die skrywer en digter Adam Small

       Hou die volgende in gedagte:

       x Die oorledene se naam en van, adres en ouderdom, datum van afsterwe,
         die plek waar die persoon oorlede is en die oorsaak van die dood behoort
         gegee te word.
       x Prestasies, hoogtepunte uit die oorledene se lewe en
         gemeenskapsbetrokkenheid kan ingesluit word.
       x Die fokus behoort te wees op dit wat Adam Small vir die letterkunde
         beteken het.
       x Gebeurtenisse/staaltjies en herinneringe kan bydra tot die sukses van die
         huldeblyk.
       x Taal, styl en register is formeel, opreg en uit die hart.
       x Eufemismes kan gebruik word.                                                   [25]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               AFRIKAANS HUISTAAL V3                       (EC/NOVEMBER 2020)

 2.4 TYDSKRIFARTIKEL

      Die artikel word vir ŉ tienertydskrif geskryf en gaan oor die dinge wat tieners
      laat uitrafel

      Hou die volgende in gedagte:

       x   Inligting oor wat tieners laat uitrafel moet beklemtoon word.
       x   Daar is ŉ ooreenkoms tussen ŉ feitelike opstel en ŉ artikel.
       x   Bedrywende vorm kom ook in die artikel voor.
       x   Die styl moet maklik verstaanbaar en interessant wees. Die teikengroep
           moet in gedagte gehou word: in hierdie geval ŉ tienertydskrif.
       x   Die artikel kan in kolomme (in paragraafvorm) aangebied word.
       x   Dit kan ook in gewone paragrawe geskryf word.
       x   Aanhalings kan gebruik word.
       x   Die tema of onderwerp moet interessant aangebied word.
       x   Die titel/opskrif is kort/kragtig en treffend en moet by die onderwerp pas.
       x   ŉ Subtitel kan ook gegee word.
       x   Die inleidingsparagraaf moet die inhoud ontsluit. Dit moet ook kort en
           kragtig wees en die leser dadelik in die prentjie bring.
       x   Die meeste/belangrikste feite kan in die eerste paragraaf gegee word. Die
           wie/wat/waar/wanneer/waarom/hoe is opsioneel/kan gebruik word.
       x   Die wat, waar en wanneer word in die volgende paragrawe uitgebrei, soos
           van toepassing.
       x   Meer inligting – die hoe en hoekom – word nou gegee.
       x   Die res van die inligting word daarna in dalende orde van belangrikheid
           gegee.
       x   Die slotparagraaf bevat die gevolgtrekking waartoe gekom word.                 [25]

 2.5 DIALOOG

      Die dialoog word in die ry by ŉ winkelsentrum gevoer. Dit is belangrik dat die
      gesprek ŉ onverwagse wending aanneem.

       x Twee mense voer ŉ gesprek.
       x Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word en
         vanuit die spreker se perspektief.
       x Elke nuwe spreekbeurt word op ŉ volgende reël geskryf.
       x Gebruik ŉ dubbelpunt na die naam van elke spreker.
       x Ekstra inligting word tussen hakies aangedui.
       x ŉ Scenario kan geskep word voordat die dialoog geskryf word.                     [25]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                  AFRIKAANS HUISTAAL V3                                11

 2.6 ONDERHOUD

       Die onderhoud moet met ‘n verpleegster van ŉ plaaslike hospitaal gevoer
       word. Dit moet duidelik blyk dat die onderhoudvoerder beïndruk is met die
       verpleegster se positiwiteit en vrolikheid ten spyte van moeilike
       werksomstandighede.

       Hou die volgende in gedagte:

       x Die onderhoud mag as ŉ artikel of dialoog aangebied word.
       x Vraag en antwoord moet duidelik onderskei kan word.
       x Elke spreekbeurt word op ŉ nuwe reël begin. (Dialoogformaat)
       x Die verskil tussen gesproke en geskrewe Afrikaans is belangrik – daarom
         moet die redigering versigtig gedoen word.
       x ‘n Inleidende sin/paragraaf/scenario behoort waarde tot die skryfstuk toe te
         voeg.
       x In hierdie geval voer die onderhoudvoerder die onderhoud met ŉ
         verpleegster wat ŉ besondere indruk op die onderhoudvoerder gemaak het.
       x In die slotparagraaf/laaste spreekbeurt behoort die onderhoud saamgevat
         te word.                                                                     [25]

                                                            TOTAAL AFDELING B:           50
                                                                GROOTTOTAAL:            100

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

12                                                                                     AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                                                    (EC/NOVEMBER 2020)

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
LET WEL:
x   Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
x   Punte van 0−50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
x   Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ŉ hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
x   Struktuur word nie deur die verdeling in ŉ hoë en lae vlak beïnvloed nie.
      Kriteria                               Uitsonderlik                                    Knap                                   Gemiddeld                         Elementêr                       Onvoldoende
 INHOUD EN                                          28−30                                       22−24                                     16−18                           10−12                               4−6
 BEPLANNING                        - Respons is uitsonderlik/treffend      -   Respons baie goed; getuig van           -   Respons bevredigend                - Wisselvallige samehang in       - Respons heeltemal
                                     en bo verwagting                          vaardigheid                             -   Idees redelik samehangend en         respons                            irrelevant
 (Respons en                       - Idees is intelligent, volwasse en     -   Idees heeltemal relevant, interessant       oortuigend                         - Idees onduidelik, nie           - Idees deurmekaar en nie
 idees)                 Hoë vlak     stem leser tot nadenke                    en lewer bewys van volwassenheid        -   Redelike organisasie en redelik      oorspronklik nie                   op onderwerp gefokus nie
 Organisering van                  - Uitsonderlike organisasie en          -    Organisasie baie goed en                   samehangend, insluitend            - Min bewys van organisasie       - Vaag en herhalend
 idees vir                           samehang insluitend inleiding,            samehangend, insluitend inleiding,          inleiding, liggaam en                en samehang                     - Geen organisasie nie en
 beplanning;                         liggaam en samevatting/slot.              liggaam en samevatting/slot                 samevatting/slot                                                        is onsamehangend
 Bewustheid van                                     25−27                                       19−21                                     13−15                            7−9                                0−3
 doel, gehoor en                   - Respons uitmuntend, maar              -   Respons goed; getuig van                -   Respons bevredigend, maar          - Respons is grootliks            - Geen poging aangewend
 konteks                             uitsonderlik treffende eienskappe         vaardigheid                                 verval soms in onduidelikheid        irrelevant                         om in ooreenstemming
                                     van ŉ opstel ontbreek                 -   Idees relevant, interessant             -   Idees redelik samehangend en       - Idees begin los staan en           met onderwerp te wees
                                   - Idees intelligent en volwasse         -    Organisasie goed en samehangend,           oortuigend                           kan verwarrend wees                nie
 30 PUNTE               Lae vlak   - Knap organisasie en samehang,             insluitend inleiding, liggaam en        -   ŉ Mate van organisasie en          - Skaars ŉ bewys van              - Heeltemal irrelevant en
                                     insluitend inleiding, liggaam en          samevatting/slot                            samehang, insluitend inleiding,      organisasie en samehang            ontoepaslik
                                     samevatting/slot)                                                                     liggaam en samevatting/slot                                          - Deurmekaar en geen
                                                                                                                                                                                                   fokus nie
 TAAL, STYL EN                                     14−15                                     11−12                                     8−9                                  5−6                               0−3
 REDIGERING                        - Toon, register, styl en               - Toon, register, styl en woordeskat        - Toon, register, styl en woordeskat   - - Toon, register, styl en       - Taal onverstaanbaar
                                     woordeskat hoogs gepas vir              baie gepas vir doel, gehoor en            - gepas vir doel, gehoor en konteks      woordeskat minder gepas         - Toon, register, styl en
 Toon, register, styl                doel, gehoor en konteks.                konteks.                                  - Gepaste taalgebruik om                 vir doel, gehoor en konteks        woordeskat nie gepas vir
 en woordeskat is                  - Taalgebruik getuig van vertroue,      - Taalgebruik effektief en ŉ                  betekenis oor te dra                   nie                                doel, gehoor en konteks
 geskik vir             Hoë vlak     indrukwekkend                           deurlopende gepaste toon word             - Toon is gepas                        - Taalgebruik baie basies         - Woordeskat so beperk dat
 doel/effek en                     - Toon retories treffend en effektief     gebruik − gepas, konstant;                - Retoriese middele gebruik om         - Toon en woordkeuse skaars          dit onmoontlik is om sin te
 konteks;                          - Grammatika en spelling feitlik        - Grammatika en spelling grootliks            betekenis te versterk                  toepaslik                          maak
 Woordkeuse;                         foutvry                                 foutvry                                                                          - Baie beperkte woordeskat
 Taalgebruik en                    - Knap gedaan                           - Baie goed gedoen
 konvensies,                                          13                                       10                                       7                                   4
 punktuasie,                       - Taalgebruik uitstekend en toon is     - Taalgebruik toepaslik en oor die          - Voldoende taalgebruik, maar          - Taalgebruik onvoldoende
 grammatika,                         retories effektief                      algemeen effektief                          teenstrydighede word opgemerk        - Weinig indien enige
 spelling.                         - Grammatika en spelling feitlik        - Toon gepas en effektief                   - Toon oor die algemeen gepas en         sinsverskeidenheid
                        Lae vlak     foutvry                               - Enkele foute in grammatika en               beperkte gebruik van retoriese       - Woordeskat baie beperk
                                                                                                                                                                                                                                 Downloaded from hlayiso.com

 15 PUNTE                          - Baie goed tot knap gedaan               spelling.                                   middele
                                                                           - Goed gedoen
 STRUKTUUR                                          5                                          4                                        3                                   2                               0-1
                                   - Uitstekende ontwikkeling van          - Logiese ontwikkeling van details.         - Relevante detail ontwikkel.          - Sommige punte geldig.           - Noodsaaklike punte
 Kenmerke van                        onderwerp                             - Samehangend                               - Sinne en paragrawe goed.             - Sinne en paragrawe foutief.       ontbreek.
 teks;                             - Uitsonderlike detail                  - Sinne en paragrawe logies en toon           gekonstrueer.                        - Opstel maak nog effens sin.     - Sinne en paragrawe
 Paragraafontwikke                 - Sinne en paragrawe uitsonderlik         variasie.                                 - Opstel maak sin.                                                         foutief.
 ling en                             gekonstrueer                                                                                                                                               - Opstel maak nie sin nie.
 sinskonstruksie
 5 PUNTE

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2020)                                                   AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                                                  13

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
      Kriteria                   Uitsonderlik                       Knap                       Gemiddeld                     Elementêr                  Onvoldoende
 INHOUD,                            13−15                           10−12                        7−9                            4−6                         0−3
 BEPLANNING EN           - Respons uitsonderlik, bo        - Respons baie goed en       - Respons voldoende en        - Basiese respons toon        - Respons toon geen
 FORMAAT                   verwagting                        demonstreer goeie            toon voldoende kennis van     geringe kennis van            kennis van kenmerke
                         - Idees intelligent en volwasse     kennis van kenmerke          kenmerke van die soort        kenmerke van die soort        van die soort teks nie.
 Respons op en idees;    - Grondige kennis van               van die soort teks           teks                          teks.                       - Betekenis onduidelik
 Organisering van          kenmerke van die soort teks     - Behou fokus − geen         - Nie heeltemal gefokus nie   - Aanduiding van fokus,         met groot afwyking.
                         - Skryfstuk behou fokus.            afwyking nie                 − enkele afwykings            maar met afwykings          - Geen samehang in
 idees vir beplanning;
                         - Samehang in inhoud en           - Samehang in inhoud en      - Redelike samehang in        - Inhoud en idees nie altyd     idees en inhoud nie.
 Doel, gehoor,             idees                             idees; baie goed             inhoud en idees.              samehangend nie             - Baie min detail
 kenmerke/konvensies     - Idees behoorlik uitgebrei         uitgebrei met detail wat   - Sommige detail              - Min detail ondersteun die     ondersteun die
 en konteks                met detail wat die                die onderwerp                ondersteun die onderwerp.     onderwerp.                    onderwerp.
                           onderwerp ondersteun              ondersteun                 - Formaat oorwegend           - Nodige reëls van formaat    - Nodige reëls van
 15 PUNTE                - Gepaste en akkurate             - Gepaste formaat met          gepas, maar met enkele        vaagweg toegepas.             formaat nie toegepas
                           formaat                           onbeduidende foute           foute.                      - Kritiese foute begaan.        nie.
 TAAL, STYL EN                          9−10                            7− 8                        5− 6                            3− 4                        0− 2
 REDIGERING              - Toon, register, styl en         - Toon, register, styl en    - Toon, register, styl en     - Toon, register, styl en     - Toon, register, styl en
                           woordeskat hoogs geskik vir       woordeskat, baie geskik      woordeskat, geskik vir        woordeskat minder geskik      woordeskat stem nie
 Toon, register, styl,     doel, gehoor en konteks           vir doel, gehoor en          doel, gehoor en konteks       vir doel, gehoor en           ooreen met doel,
 doel/effek, gehoor en   - Grammatika akkuraat en            konteks                    - Enkele grammatikafoute.       konteks                       gehoor en konteks nie
 konteks;.                 goed gekonstrueer               - Grammatika oor die         - Voldoende woordeskat        - Grammatika onakkuraat       - Besaai met foute en
                         - Feitlik foutloos                  algemeen korrek en         - Foute belemmer nie            met etlike foute              verwarrend
 Taalgebruik en
                                                             goed gekonstrueer;           betekenis nie               - Basiese woordeskat          - Woordeskat nie geskik
 konvensies;                                               - Baie goeie woordeskat                                    - Betekenis belemmer            vir doel nie
 Woordkeuse;                                               - Oorwegend foutloos                                                                     - Betekenis ernstig
 Punktuasie en                                                                                                                                        belemmer
 spelling
                                                                                                                                                                                 Downloaded from hlayiso.com

 10 PUNTE

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P3 GR11 MEMO NOV 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-memo-nov-2020/fac0bbfb-2db1-4969-bc69-6b016e2f249f) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 QP MEMO NOV 2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-qp-memo-nov-2020-d/3e6509ed-5ffa-4b06-b795-66a0aad91045) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 MEMO NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-memo-nov-2019/f9a9671f-5a24-4e6a-b25c-327ad80e428e) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo/d90f92e2-e49d-4102-be74-0d886b0ac7f7) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 MEMO NOV2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-memo-nov2015/7d4b1b21-740d-4404-bb09-ff5da688e020) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 MEMO GR11 2013](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo-gr11-2013/0b9f55df-c378-4838-8729-dc5d0aecb07d) — Afrikaans HL · Memo · 2013 · Afr

## More from Grade 11 Afrikaans HL

- [Gr11-Afr-HT-studiegids LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-afr-ht-studiegids-lr/2b9b2077-8262-449a-b0c2-0a2c24f6c066) — Guide · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/4cc70ac7-f749-4802-8e1b-8cec773c7368) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/a7e90129-8e5a-43be-963d-f02b31d0b7a4) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P3 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/df1906ad-6c91-4938-9533-c5ba7baa3444) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-1-afrikaans/9892ea43-cb95-460f-8521-db662ba8b5c9) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-2-afrikaans/58fc56f1-3f43-4541-9fa9-c8cf9faa560a) — QP · 2026 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
