# Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2015 Memo

> Grade 11 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape November 2015, 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-memo-nov2015/7d4b1b21-740d-4404-bb09-ff5da688e020
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-memo-nov2015/7d4b1b21-740d-4404-bb09-ff5da688e020)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 11 · Eastern Cape November · 2015 · Afrikaans. Memorandum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AFRIKAANS HL P3 GR11 QP NOV2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-qp-nov2015/fe21b7b3-e60d-4392-92bc-69ee48201a7b) — QP · 2015 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                     NASIONALE
                 SENIOR SERTIFIKAAT

                        GRAAD 11

                  NOVEMBER 2015

           AFRIKAANS HUISTAAL V3
               MEMORANDUM

PUNTE:   100

               Hierdie memorandum bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               AFRIKAANS HUISTAAL V3                          (EC/NOVEMBER 2015)

ANALISE VAN VRAESTEL

AFDELING A           OPSTEL

1.1                  Verhalend/Beskrywend
1.2                  Beskrywend/Bespiegelend
1.3                  Beskrywend/Bespiegelend
1.4                  Argumenterend/Beredenerend
1.5                  Beskrywend/Bespiegelend
1.6                  Verhalend/Beskrywend/Bespiegelend/Beredenerend/
                     Argumenterend

AFDELING B           LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE
2.1                  Formele Brief
2.2                  Informele Toespraak
2.3                  Onderhoud
2.4                  Resensie
2.5                  Dekbrief en CV
2.6                  Informele Brief aan die Pers

ONTLEDING VAN VRAESTEL 3

DENKVLAK VAN DIE SKRYFSTUK

VLAK 1: 3 PUNTE
VLAK 2: 4–6 PUNTE
VLAK 3: 7–9 PUNTE

                            VLAK 1                VLAK 2                VLAK 3
O: Onderwerp          Kandidaat se eie    Kandidaat se eie en    Kandidaat en die wye
                      persoonlike en      onmiddellike           wêreld.
                      alledaagse          gemeenskap en
                      leefwêreld.         omgewing.
A: Aanbieding         Baie hulp;          Minder hulp;           Net die onderwerp,
                      riglyne,            minder riglyne,        min leiding
                      woordeskat in       minder woordeskat in
                      tekste,             tekste, uitdagender
                      antwoordblad,       antwoordblad.
                      ens.
U: Uitdaging          Skryf net woorde.   Skryfstukke wat hoër   Moeiliker skryfvorme
                                          skryfvaardighede
                                          vereis.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)               AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                    3

 AFDELING A: KREATIEWE TEKSTE (OPSTEL)

 VRAAG       OPSTEL                                O       A   U        TOTAAL         DENKVLAK
 1.1         Verhalend/Beskrywend                  1       1   1           3               1
 1.2         Beskrywend/Bespiegelend               1       2   2           5               2
 1.3         Beskrywend/Bespiegelend               2       2   2           6               2
 1.4         Beredenerend/Argumenterend            3       3   3           9               3
 1.5         Beskrywend/Bespiegelend               2       3   2           8               3
 1.6         Verhalend/Beskrywend/
             Bespiegelend/Beredenerend/            2       2       2         6             2
             Argumenterend

 AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE

 VRAAG       LANGER                           O      A         U       TOTAAL      DENKVLAK
             TRANSAKSIONELE
             TEKSTE
 2.1         Formele Brief                     2       2       2           6              2
 2.2         Informele Toespraak               1       1       1           3              1
 2.3         Onderhoud                         2       2       2           6              2
 2.4         Resensie                          2       2       3           7              3
 2.5         Dekbrief en CV                    2       3       3           8              3
 2.6         Informele Brief aan die Pers      3       2       3           8              3

 Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter wille
 van eenvoud en eenvormigheid:

          SIMBOOL                    BESKRYWING                            VERDUIDELIKING
 0                             Sirkel                                  Puntuasiefout
                               Dubbelstrepie onder ŉ                   Spelfout
                               woord
                               Langstreep onder ŉ woord                Foutiewe woord gebruik
                               Sirkel met pyltjie                      Woordorde

 /\                            Weglaatteken                            Woord weggelaat
 T                             Hoofletter T in kantlyn                 Tye verwar
 H                             Dubbele hh                              Herhaling van gedagtes
 VR                            Vraestel                                Dele saamgeflans met
                                                                       woorde in vraestel gebruik
 ?                             Vraagteken                              Baie verwarrend/sukkel
                                                                       om te verstaan wat leerder
                                                                       skryf
 [                             Enkelhakie                              Nuwe paragraaf
 E                             Letter “e” bo woord                     Engelse woord gebruik

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                           (EC/NOVEMBER 2015)

 ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

 AFDELING A: AFRIKAANS HUISTAAL KREATIEWE TEKS (OPSTEL)

 AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerders mag slegs
 oor EEN onderwerp of prikkel skryf en hy/sy mag enige tipe opstel, toepaslik
 volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word
 nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel
 nagesien.

 NASIENRIGLYNE:

 Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:
 Voorbeeld:

 Inhoud:                                   I = K4 – 22     I = K3 – 12
 Taal, styl en redigering:                 T = K3 – 7      T = K3 – 4
 Struktuur:                                S = K5 – 5      S = K4 – 4

 Skryf dan die totaal van die opstel in          33            20
 die regterkant (onder die opstel:)

 Dra die getal uit 50 oor na die BEGIN van die opstel
 (behoort by die beplanningsgedeelte te wees) langs die vraagnommer bo links.

 DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

  Inleiding:        Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekend gestel
                     word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
  Liggaam:          Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die
                     hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning
                     van die hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste
                     sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.
  Slot:             Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se
                     mening of sy/haar standpunt insluit. In die geval van ŉ verhalende,
                     beskrywende en bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk
                     saam, terwyl ŉ argumenterende, beredenerende en verklarende
                     opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)               AFRIKAANS HUISTAAL V3                                         5

 VRAAG 1

 RIGLYNE

 Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en
 volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum)
 mag nie as bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige tipe opstel aan,
 soos byvoorbeeld:

 1.1       Toe val my afspraak plat: Die onderwerp leen hom toe tot ŉ verhalende
           opstel waarin die leerder van die afspraak vertel wat om een of ander
           rede verkeerd afgeloop het. Dit kan ook ŉ beskrywende opstel wees
           indien die afspraak wat sleg verloop het, beskryf word. Die fokus val dan
           op die beskrywing.
 1.2       Oomblikke in die lewe wat uitstaan ...
           Leerders kan hierdie onderwerp op ŉ negatiewe of positiewe vlak
           interpreteer toe hy/sy vreugde of hartseer in die lewe ervaar het. Hier kan
           beskrywende opstelle verwag word. Die leerder kan ook bespiegel oor
           positiewe of negatiewe oomblikke en die gevoelens wat normaalweg
           daarmee gepaard gaan.
 1.3       Dinge wat uitkomkanse in die lewe bied: Die leerder kan hierdie
           onderwerp gebruik om dinge/persoon(e) te beskryf waarheen hy/sy
           sy/haar toevlug neem as dit moeilik gaan. Die leerder kan ŉ
           bespiegelende opstel aanbied waarin hy dinge/persone noem na wie jy
           onder moeilike omstandighede kan draai.
 1.4       Werkloosheid: Die leerder behoort standpunt in te neem en die stelling
           aan die hand van sinvolle argumente te bewys. Hierdie onderwerp leen
           hom veral tot die negatiewe gevolge van werkloosheid. Indien die leerder
           beide kante van die saak stel, sal die skryfstuk beredenerend aangebied
           word.
 1.5       Ek wil van rigting verander: Hierdie onderwerp leen hom uitstekend tot
           ŉ beskrywende/bespiegelende opstel toe. Leerders kan hierdie
           onderwerp wyd interpreteer. Die leerder moet fokus op waarom hy/sy
           van rigting wil verander en hoe die verandering sy/haar lewe positief gaan
           beïnvloed.
 1.6       1.6.1 Tiener/vrou wat vinger wys
                    Die leerder kan hierdie onderwerp wyd interpreteer. Verskillende
                    inhoude en tipes opstelle kan hier verwag word, bv. beskuldiging
                    oor iets wat die persoon verkeerd gedoen het, e.d.m.
           1.6.2 Bejaarde paartjie wat dans
                    Verskillende inhoude en tipes opstelle kan hier verwag word, bv.
                    bejaardes wat trou, spesiale geleentheid vier, e.d.m.
           1.6.3 Hand met sleutel en huis
                    Verskillende inhoude en tipes opstelle kan hier verwag word, bv.
                    ‘ŉ persoon se eerste huis, huis wat in ŉ kompetisie gewen is, die
                    huis as ŉ erfporsie, e.d.m.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               AFRIKAANS HUISTAAL V3                             (EC/NOVEMBER 2015)

 TIPES OPSTELLE:

 VERHALENDE OPSTEL

 Dit is ŉ interessante vertelling van ŉ storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die
 verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.

 Hou die volgende in gedagte:

       Dit gaan oor iets wat gebeur het en vertel word (ŉ storie/gebeurtenis).
       ŉ Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
       Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
       Die verlede tyd word gewoonlik gebruik, maar die teenwoordige tyd kan
        gebruik word om ŉ gevoel van die hede te skep.
       Die inhoud is boeiend, interessant, dit oortuig en ontwikkel logies; dus is die
        inhoud samehangend.
       Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.
       Karakterisering oortuig en die atmosfeer/agtergrond is geslaagd.
       ŉ Kort, treffende inleiding wat die leser boei.
       Die slot moet ongewoon, interessant en onvoorspelbaar wees.
       Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik, paragrafering moet aandag
        geniet.

 BESKRYWENDE OPSTEL

 Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te
 beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die
 onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.

 Hou die volgende in gedagte:

       Waarnemings met al vyf sintuie en ŉ goeie woordeskat word vereis.
       Insig, begrip, ŉ eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net
        die opnoem van waarnemings).
       Tekste kan varieer van meer realisties na ŉ verdieping in die aanbieding.
       Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
       Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
       Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
       Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word op ŉ oorspronklike wyse
        aangewend.
       Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik, paragrafering moet aandag
        geniet.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)              AFRIKAANS HUISTAAL V3                                          7

 BEREDENERENDE OPSTEL

 Dis objektief en probeer om ŉ gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ŉ
 argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder
 bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ŉ
 spesifieke gevolgtrekking kom aan die einde van die opstel, maar die argumente
 vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik in die ontwikkeling
 van die opstel ontleed wees.

 Hou die volgende in gedagte:

  Die opstel handel oor ŉ onderwerp waaroor alreeds in die inleiding, standpunt
   ingeneem word.
  BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
  Die inhoud moet oortuig en ontwikkel logies en helder.
  ŉ Gevolgtrekking word in die slotparagraaf bereik wat aansluit by die inleiding.
  Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik, paragrafering moet aandag
   geniet.

 BESPIEGELENDE OPSTEL

 Die skrywer oorweeg, deurdink ŉ idee/lewensverhaal en gee sy/haar emosionele
 reaksies en gevoelens weer. Bespiegel oor ŉ droom of wense.

 Hou die volgende in gedagte:

     Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
     Die onderwerp word bepeins, oordink.
     Verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.
     ŉ Eie logiese en sistematiese mening word gevorm.
     Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik, paragrafering moet aandag
      geniet.

 ARGUMENTERENDE/BETOGENDE OPSTEL

 Die skrywer het ŉ spesifieke mening/opinie en argumenteer daaroor om sy/haar
 standpunt te motiveer. Dit is ŉ subjektiewe opstel.

 Hou die volgende in gedagte:

     Dit is subjektief en definitiewe opinies moet gestel word.
     ŉ Eie mening word op ŉ baie oorspronklike wyse en treffende manier gegee.
     ŉ Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
     Daar moet op argumente vir/teen die standpunt gekonsentreer word.
     ŉ Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
     Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
     Daar moet ŉ duidelik en oortuigende slot wees.
     Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik, paragrafering moet aandag
      geniet.

                                                            TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                             AFRIKAANS HUISTAAL V3                              (EC/NOVEMBER 2015)

 AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE
 AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste
 moet nagesien word. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die
 eerste teks nagesien.
 NASIENRIGLYNE:
 Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:
 Voorbeeld:

 Inhoud, beplanning en formaat             I = K4 – 11
 Taal, styl en redigering                  T = K3 – 5
                                                   16
 Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).
 Dra die getal uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (die begin van die
 afdeling).
 VRAAG 2
 2.1    FORMELE BRIEF
        In hierdie brief word ontevredenheid uitgespreek oor die stygende
        elektrisiteitskoste. Die kandidaat moet wenke gee oor hoe om die hoë koste
        te verminder.
        Hou die volgende in gedagte:
          Die formaat van die brief moet korrek wees: adres van die sender,
           datum, adres van die ontvanger, aanhef, inhoudsopskrif/doel, paragrawe
           en afsluiting.
          Daar word nie ŉ reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.
          Die datum word voluit geskryf: 24 Oktober 2015. Die adres van die
           ontvanger van die brief word links in blokvorm geskryf.
          Geen leestekens word in die adresse gebruik nie.
          ŉ Reël word tussen die adres van die afsender en die aanhef van die
           brief oopgelaat.
          Die doel van die brief word in hoofletters geskryf OF dit kan in kleinletters
           geskryf en dan onderstreep word.
          Geen leestekens word na “Die uwe” gebruik nie.
          Die brief word deur die persoon wat die korrespondensie rig,
           onderteken/korrespondente kan ook hul noemnaam en van gee.
          Die hoedanigheid van die sender word onder die handtekening
           uitgeskryf.
          Die taalstyl, toon en register is formeel.
          Skryf nugter en saaklik. Geen mooiskrywery nie.
          Indien die titel en van van die aangesprokene bekend is, spreek die
           persoon aan as Geagte meneer/mnr. Basson.                                        [25]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)               AFRIKAANS HUISTAAL V3                                            9

 2.2    INFORMELE TOEPSRAAK

        Hierdie TOESPRAAK fokus op die verbetering van tieners se selfbeeld.

        Hou die volgende in gedagte:

         Die toespraak word voor die tyd voorberei en gelewer om die gehoor te
          oortuig, in te lig, geluk te wens of te bedank.
         In hierdie toespraak moet inligting/wenke om tieners se selfbeeld te
          verbeter, beklemtoon word.
         Die titel/opskrif is kort en treffend en moet by die onderwerp pas.
         ŉ Interessante inleiding is belangrik om die gehoor se aandag te trek.
         Die openingsin is belangrik, bv. Geagte tieners.
         Elke paragraaf handel oor ŉ nuwe feit.
         Inhoud is logies en georden.
         Onderwerp, taal; styl en register moet by die gehoor pas.
         Interessante voorbeelde, staaltjies en grappies maak die toespraak
          lewendig.
         Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik, paragrafering moet
          aandag geniet.                                                                   [25]

 2.3    ONDERHOUD

        Dis die kommunikasie/gesprekvoering tussen die sportjoernalis en die atleet
        wat vir die nasionale skolespan gekies is.

        Hou die volgende in gedagte:

           Die geskrewe onderhoud gaan oor die werklikheid.
           Die onderhoud word beplan deur vrae te vra.
           Die titel is ŉ goeie weerspieëling van die onderwerp.
           Vrae moet duidelik en kort wees.
           Relevante antwoorde moet verskaf word en moenie Ja/Nee of te lank
            wees nie.
           Skryf die name van die sprekers aan die linkerkant, gevolg deur die
            dubbelpunt.
           Elke nuwe spreekbeurt word op ŉ nuwe reël geskryf.
           Geen aanhalingstekens word gebruik nie.
           Ekstra inligting word tussen hakies, voordat die spreker praat, geskryf.
           Die onderhoud kan in dialoogvorm aangebied word.
           Die slotparagraaf vat die onderhoud saam.
           Die taal en styl moet by die onderwerp pas.
           Gebruik leestekens om emosie aan te dui.                                       [25]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                            AFRIKAANS HUISTAAL V3                             (EC/NOVEMBER 2015)

 2.4    RESENSIE
        Hierdie resensie gee ŉ individuele respons op ŉ rolprent of DVD. Die fokus
        van die resensie moet by die opskrif aansluit, nl. vriendskap.
          Resensies word nie altyd volgens ŉ vaste formaat geskryf nie.
          Goeie resensies probeer om regverdig en eerlik te wees.
          Humor kan in die resensie gebruik word.
          Die resensie moet van ŉ treffende opskrif voorsien word.
          Aandag moet aan al vier aspekte van ŉ resensie gegee word: inhoud,
           styl, struktuur en oordeel.
          Basiese, toepaslike feite soos die naam van die regisseur, akteurs, titel
           van die rolprent/DVD, produksiemaatskappy, die verkoopprys (waar van
           toepassing) moet verskaf word.
          Inligting moet logies georden wees net een punt. Die resensie word deur
           die skrywer se laaste indrukke en aanbevelings afgesluit.
          Die taal, styl en register moet by die resensie pas.                            [25]
 2.5    DEKBRIEF EN CV
        Hier moet aansoek gedoen word om een van die poste.
        Hou die volgende in gedagte:
         ŉ Dekbrief vergesel die CV.
         In ŉ dekbrief stel jy jouself bekend en verduidelik kortliks waarom jy
          aansoek vir die pos doen.
         Rig die brief, indien moontlik, aan ŉ spesifieke persoon.
         Skryf in die teenwoordige tyd.
         Skryf nugter, saaklik en op die punt af.
         Die taal, styl, toon en register is formeel.
         Die formaat van die brief moet korrek wees: adres van die sender,
          datum, adres van die ontvanger, aanhef, inhoudsopskrif/doel, paragrawe
          en afsluiting.
         Daar word nie ŉ reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.
         Die datum word voluit geskryf: 24 Oktober 2015. Die adres van die
          ontvanger van die brief word links in blokvorm geskryf.
         Geen leestekens word in die adresse gebruik nie.
         ŉ Reël word tussen die adres van die afsender en die aanhef van die
          brief oopgelaat.
         Die doel van die brief word in hoofletters geskryf OF dit kan in kleinletters
          geskryf en dan onderstreep word.
         Geen leestekens word na “Die uwe” gebruik nie.
         Die aansoeker onderteken die brief.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)               AFRIKAANS HUISTAAL V3                                         11

         Die aansoeker se naam en van volg na die handtekening.
         ŉ CV bevat besonderhede oor ŉ persoon se loopbaan, kwalifikasies en
          prestasies.
         Die inhoud moet logies, kort en bondig, en volgens ŉ patroon wees, bv.
          persoonlike besonderhede, kwalifikasies, leierskap, werksondervinding en
          verwysings.
         ŉ CV word puntsgewys geskryf.

 2.6    INFORMELE BRIEF AAN DIE PERS

        In hierdie brief aan die pers moet die leerder sy mening lug oor die moontlike
        verandering aan die Kinderwet wat tug tuis sal verbied.

        Hou die volgende in gedagte:

           Die inhoud van sulke skryfstukke is baie belangrik.
           Die briefskrywer moet ŉ definitiewe standpunt inneem.
           Die inhoud moet ondubbelsinnig, saaklik en bondig wees.
           Die saak waaroor die brief handel, moet duidelik gestel word.
           Die saak moet logies, objektief en beredeneerd, sonder om
            emosioneel betrokke te raak, gestel word.
           Skryf in eenvoudige, direkte taal.
           Gebruik ŉ informele register.
           Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik, paragrafering moet aandag
            geniet.
           Die formaat van die brief moet korrek wees:
                  Die adres van die sender kom regs, boaan, in blokvorm.
                  Daar word nie ŉ reël tussen die poskode en die datum oopgelaat
                     nie.
                  Die datum word voluit geskryf.
                  ŉ Reël word tussen die adres van die sender en die ontvanger
                     oopgelaat.
                  Geen leestekens word in die adresse gebruik nie.
                  Die brief aan die pers word altyd aan die redakteur gerig.
                  Die doel van die brief word in hoofletters geskryf, OF dit kan in
                     kleinletters geskryf en dan onderstreep word. Dit moet die
                     essensie van die brief saamvat. Sluit af met ŉ treffende
                     slotparagraaf.
                  Die brief word afgesluit met “Die uwe” – geen leestekens word na
                     “Die uwe” gebruik nie.
                  Wanneer ŉ skuilnaam gebruik word, word dit eerste aangebring en
                     dan die sender se regte naam en handtekening.
                  Let op die streep wat onder die skuilnaam getrek word.                  [25]

                                                      TOTAAL AFDELING B (2 x 25):           50
                                                                GROOTTOTAAL:               100

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                                                 AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                                          (EC/NOVEMBER 2015)

LET WEL:
   • Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
   • Die punte van 0–50 vir die nasien van die opstel is in vyf kategorieë verdeel.
   • Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in ŉ hoë en lae subkategorie verdeel. In elke sub-kategorie word die verspreiding van
     punte aangedui.
   • Die verdeling van punte in ŉ hoë en lae subkategorie beïnvloed nie die punt wat vir Struktuur toegeken word nie.
 AANHANGSEL D: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR HUISTAAL [50 PUNTE]
    Kriteria       Uitsonderlik      Knap           Gemiddeld                                                                  Elementêr                Onvoldoende
 INHOUD EN                                      27–30                      22–23                      15–17                        9–11                        3–5
 BEPLANNING                              - Uitstaande en           - Goed saamgestelde       - Bevredigende respons      - Idees is                   - Idees is deurmekaar

                     Hoë subkategorie
 (Respons op en                           treffende respons;         respons.                - Idees is oortuigend en      onoorspronklik en            en ongefokus.
 idees in teks.)                          bo verwagting.           - Idees oortuigend,         redelik samehangend.        onduidelik.                - Ontoepaslike
 Organisering van                        - Intelligent, stem         interessant, toon       - Organisasie (inleiding,   - Samehang is                  respons.
                                          leser tot nadenke,         bewyse van                liggaam en                  inkonsekwent.              - Vaag en herhalend.
 idees
                                          volwasse idees.            volwassenheid.            samevatting/slot) is      - Geringe bewys van          - Ongeorganiseerd en
 Bewus van doel,                                                   - Organisasie               redelik en                  organisasie (inleiding,      onsamehangend.
                                        - Organisasie
 gehoor en                                (inleiding, liggaam en     (inleiding, liggaam       samehangend.                liggaam en
 konteks van teks.                        samevatting/slot) is       en samevatting/slot)                                  samevatting/slot) en
                                          uitsonderlik en            is baie goed en                                       samehang.
 30 PUNTE                                 samehangend.               samehangend.
                                                24–26                      18–21                      12–14                         6–8                        0–2
                                        - Uitmuntende               - Goed saamgestelde      - Bevredigende              - Grootliks ontoepaslike     - Idees is ontoepaslik
                                          respons, maar               respons.                 respons, maar soms is       respons.                     en nie geskik nie.

                     Lae subkategorie
                                          uitstaande en             - Toepaslike en            daar mistastings.         - Idees is                   - Geen respons op
                                          treffende eienskappe        interessante idees.    - Idees is redelik            onsamehangend en             teks.
                                          ontbreek.                 - Organisasie              samehangend en              verwarrend.                - Ongefokus en
                                         - Volwasse en                (inleiding, liggaam      oortuigend.               - Weinig bewyse van            verwarrend.
                                          intelligente idees.         en samevatting/slot)   - In ŉ mate bewus van         organisasie (inleiding).
                                        - Organisasie                 is goed en               organisasie (inleiding,
                                          (inleiding, liggaam en      samehangend.             liggaam en
                                          samevatting/slot) is                                 samevatting/slot) en
                                          knap en                                              samehang.
                                          samehangend.

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                                                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                                            13

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg)

       Kriteria                                        Uitsonderlik                         Knap                      Gemiddeld                   Elementêr             Onvoldoende
 TAAL, STYL EN                                             14–15                            10–11                         6–7                         2–3                      0
 REDIGERING                                   - Toon, register, styl,          - Toon, register, styl,        - Toon, register, styl,     - Toon, register, styl,  - Taal is
                                                woordeskat hoogs gepas           woordeskat baie gepas          woordeskat                    woordeskat is nie       onverstaanbaar.

                           Hoë subkategorie
 TAAL, STYL EN                                  vir doel, gehoor en              vir doel, gehoor en            is gepas vir doel, gehoor     gepas vir doel,      - Toon, register, styl
 REDIGERING                                     konteks.                         konteks.                       en konteks.                   gehoor en konteks       en woordeskat is
 Toon, register, styl en                      - Taalgebruik is uitsonderlik,   - Taalgebruik is effektief;    - Taalgebruik is gepas; dra     nie. Taalgebruik is     nie gepas vir doel,
 woordeskat is geskik                           treffend en met                  toon                           betekenis oor; toon is        basies.                 gehoor en konteks
 vir doel/effek en                              selfvertroue.                    gepas, konstant; retories      gepas; retoriese middels - Toon en taalgebruik        nie.
 konteks                                      - Toon pakkend; retories           effektief.                     versterk betekenis.           is ontoepaslik.       - Woordeskat is so
 Woordkeuse,                                    effektief.                     - Grammatika en spelling is    - Foute in grammatika;      - Woordeskat is             beperk dat dit
 taalgebruik en                               - Grammatika en spelling           feitlik foutvry.               spelling.                     beperk.                 moeilik is om opstel
 konvensies,                                    feitlik foutvry.               - Samestelling is knap.        - Samestelling is redelik                               te verstaan.
 punktuasie,                                                                                                    na goed.
 grammatika en spelling                                  13–12                             9–8                            5–4                         1–0
                                              - Toon, register, styl en        - Toon, register, styl,        - Toon, register, styl,     - Toon, register, styl,

                           Lae subkategorie
 15 PUNTE                                       woordeskat is uitstekend         woordeskat baie gepas          woordeskat                   woordeskat is nie
                                                en retories effektief.           vir doel, gehoor en            is gepas vir doel, gehoor    gepas vir doel,
                                              - Taalgebruik is treffend en       konteks.                       en konteks.                  gehoor en konteks
                                                met selfvertroue. Toon         - Taalgebruik is effektief;    - Taalgebruik is gepas;        nie.
                                                pakkend; retories                toon                           soms inkonsekwent.        - Taalgebruik is basies.
                                                effektief.                       gepas; retories effektief.   - Toon is gepas; beperkte   - Weinig of geen
                                              - Grammatika en spelling is      - Grammatika en spelling is      gebruik van retoriese        sinsverskeidenheid.
                                                feitlik foutvry.                 feitlik foutvry.               middels.                  - Woordeskat is
                                              - Samestelling is baie knap.     - Samestelling is knap.                                    beperk.
 STRUKTUUR                                                  5                               4                               3                           2                      1
 Kenmerke van teks                            - Uitstaande ontwikkeling        - Logiese ontwikkeling van     - Toepaslike idees          -- Sommige geldige       - Nodige idees
 Paragraafontwikkeling                           van onderwerp.                  besonderhede.                  ontwikkel.                   idees.                   ontbreek.
 en sinskonstruksie                           - Uitsonderlike                  - Samehangend.                 - Sinne, paragrawe          - Sinne en paragrawe     - Sinne en paragrawe
                                                 besonderhede.                 - Sinne, paragrawe logies        ontwikkel.                   het foute.               wemel van foute.
 5 PUNTE                                      - Samestelling van sinne en        en verskillend.              - Opstel verstaanbaar.      - Opstel maak tog sin    - Opstel maak nie sin
                                                paragrawe uitstaande.                                                                        t.s.v. baie foute.       nie.
 VERSPREIDING
 VAN PUNTE                                               40–50                           30–39                          20–29                      10–19                     0–9

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                                            AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                                                       (EC/NOVEMBER 2015)

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]

      Kriteria                       Uitsonderlik                            Knap                       Gemiddeld                        Elementêr                    Onvoldoende
 INHOUD,                                12–15                                9–11                         6–8                               4–5                           0–3
 BEPLANNING EN          - Uitstaande en treffende                  - Baie goeie respons; toon   - Respons voldoende; toon        - Respons basies; toon           - Respons toon geen kennis
 FORMAAT                  respons; bo verwagting                      ’n goeie kennis van         kennis van kenmerke van          geringe kennis van                van kenmerke van teks
                       - Intelligente en volwasse idees               kenmerke van teks.          teks.                            kenmerke van teks.                nie.
 Respons en idees;      - Grondige kennis van kenmerke             - Behou fokus – geen         - Toon tekens dat fokus behou    - Behou nie fokus nie; wyk af     - Betekenis is onduidelik.
 organisering van         van teks                                    afwyking                    word; enkele afwykings         - Inhoud en idees nie altyd       - Geen samehang in idees
                        - Skryfstuk behou fokus.                   - Inhoud en idees            - Inhoud en idees redelik          samehangend nie.                  en inhoud nie.
 idees vir beplanning;
                        - Inhoud en idees samehangend                 samehangend, uitgebreid     samehangend                    - Baie min details ondersteun    - Geen details ondersteun
 doel, gehoor,          - Idees uitgebreid en behou fokus             en details ondersteun     - Sommige details ondersteun       die onderwerp.                    die onderwerp.
 kenmerke/konvensies - Gepaste en akkurate formaat                    onderwerp.                  die onderwerp.                 - Onseker van formaat van         - Formaat van teks nie
 en konteks                                                        - Gepaste formaat; geringe   - Formaat oorwegend gepas,         teks; enkele, kritiese,           toegepas nie.
                                                                      afwykings                   maar afwykings kom voor.         nalatige foute.
 15 PUNTE

 TAAL, STYL EN                            8–10                                6–7                            4–5                             2–3                             0–1
 REDIGERING                  - Toon, register, styl, woordeskat,   - Toon, register, styl,      - Toon, register, styl,          - Toon, register, styl,          - Toon, register, styl,
                               hoogs geskik vir doel, gehoor         woordeskat, baie geskik      woordeskat, geskik vir doel,     woordeskat, pas nie altyd by     woordeskat, nie geskik vir
 Toon, register, styl,         en konteks.                           vir doel, gehoor en          gehoor en konteks.               doel, gehoor en konteks nie.     doel, gehoor en konteks.
 doel/effek, gehoor en      - Grammatika akkuraat; struktuur         konteks.                   - Enkele grammatikafoute         - Grammatika onakkuraat met      - Besaai met foute
 konteks;                      baie goed.                          - Grammatika in die          - Foute belemmer nie betekenis     baie foute                     - Betekenis onduidelik
 taalgebruik en              - Feitlik foutloos.                     algemeen korrek;             nie.                           - Betekenis onduidelik
 konvensies;                                                         struktuur goed.
 woordkeuse;                                                       - Feitlik foutloos
 punktuasie en
 spelling

 10 PUNTE
 VERSPREIDING
                                          20–25                             15–19                          10–14                             5–9                             0–4
 VAN PUNTE

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P3 GR11 MEMO NOV 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-memo-nov-2020/fac0bbfb-2db1-4969-bc69-6b016e2f249f) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 MEMO NOV 2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-memo-nov-2020-d/d11183d6-5fdd-4148-b1c0-cafef0a8db82) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 QP MEMO NOV 2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-qp-memo-nov-2020-d/3e6509ed-5ffa-4b06-b795-66a0aad91045) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 MEMO NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-memo-nov-2019/f9a9671f-5a24-4e6a-b25c-327ad80e428e) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo/d90f92e2-e49d-4102-be74-0d886b0ac7f7) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 MEMO GR11 2013](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo-gr11-2013/0b9f55df-c378-4838-8729-dc5d0aecb07d) — Afrikaans HL · Memo · 2013 · Afr

## More from Grade 11 Afrikaans HL

- [Gr11-Afr-HT-studiegids LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-afr-ht-studiegids-lr/2b9b2077-8262-449a-b0c2-0a2c24f6c066) — Guide · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/4cc70ac7-f749-4802-8e1b-8cec773c7368) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/a7e90129-8e5a-43be-963d-f02b31d0b7a4) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P3 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/df1906ad-6c91-4938-9533-c5ba7baa3444) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-1-afrikaans/9892ea43-cb95-460f-8521-db662ba8b5c9) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-2-afrikaans/58fc56f1-3f43-4541-9fa9-c8cf9faa560a) — QP · 2026 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
