# Afrikaans HL Grade 11 Paper 3 Exemplar November 2022 Memo

> Grade 11 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Exemplar November Exam 2022, 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-memo-nov2022/5fbf119f-6607-4787-9b6a-4c83e47918a1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: Exemplar November Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 11 Paper 3 Exemplar November 2022 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-memo-nov2022/5fbf119f-6607-4787-9b6a-4c83e47918a1)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 11 · Exemplar November Exam · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      NASIONALE
                  SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                    NOVEMBER 2022

               AFRIKAANS HUISTAAL V3
                   NASIENRIGLYN
                   (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   100

                Hierdie nasienriglyn bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                    (EC/NOVEMBER 2022)

 ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

 Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter
 wille van eenvoud en eenvormigheid.

  VERDUIDELIKING                 SIMBOOL                 BESKRYWING
 Woordorde                                        Hakies en pyltjie
                             (      )
 Woord(e) weggelaat      ^                        Weglaatteken
 Taalfoute (ook                                   Dubbelstreep onder taalfout
 spelfoute)
 Paragraafindeling       [                        Begin van ŉ nuwe sin
 Woord(keuse)-foute      x                        Trek ŉ x bo die verkeerde
                                                  woord
 Erkenning van           √                        Regmerkie bo goeie
 taaljuweeltjies                                  taalgebruik, idees of
                                                  uitdrukkings
 Onduidelik/             ʃ (in die kantlyn)       Kronkelstreep
 Onverstaanbaar
 Punktuasie              o                        Omkring

 AFDELING A: OPSTEL

 AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerder mag
 slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel,
 toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale
 poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die
 eerste opstel nagesien.

 NASIENRIGLYNE

 Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:

 Voorbeeld:
  Inhoud:                                                          I = KH = 22
  Taal, styl en redigering:                                        T = KL = 10
  Struktuur:                                                       S= K = 4
 Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant                    36
 (onder die opstel):
 Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die
 beplanningsgedeelte te wees).

 DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

 Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel
 word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)             AFRIKAANS HUISTAAL V3                                        3

 Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die
 hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die
 hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik
 die samevatting van die hoofgedagte.

 Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening
 of sy/haar standpunt insluit. In die geval van ŉ verhalende, beskrywende en
 bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ŉ argumenterende en
 beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.

 VRAAG 1

 Riglyne

 Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die leerder se oogpunt
 en volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande
 memorandum) mag nie as bindend beskou word nie. Die leerder bied dus
 enige soort opstel aan, soos byvoorbeeld:

 1.1 Toe ek my oë oopmaak, sien ek dit ...

       Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ŉ verhalende/beskrywende
       opstel aanbied, maar ander aanbiedings is ook aanvaarbaar. In ŉ
       verhalende/beskrywende opstel sal die kandidaat die verhaal vertel van
       wat hy/sy gesien het nadat die oë geopen is. Dit moet duidelik uit die opstel
       blyk dat die kandidaat iets sien. Die opstel kan byvoorbeeld handel oor ŉ
       persoon wat in ŉ situasie was en dat die oë gesluit word. Na die opening kan
       dit wat gesien word positief of negatief wees. ŉ Verskeidenheid
       interpretasies is moontlik en die uiteindelike verloop van die gebeure kan
       ernstig, spannend of humoristies wees.                                          [50]

 1.2 Alles om my was swart.

       Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ŉ verhalende/beskrywende
       opstel aanbied. Die fokus sal op die verhaal of beskrywing van ŉ situasie
       wees. Die kandidaat kan ŉ spanningsverhaal, liefdesverhaal, komiese
       verhaal of enige ander toepaslike verhaallyn aanbied. In die verhaal sal daar
       gefokus word op die swart en wat aanleiding tot die swart (donkerte) gegee
       het. In die beskrywende opstel sal die kandidaat die swart of donker situasie
       beskryf. Die storielyn kan spannend, humoristies of ernstig wees. In ŉ
       bespiegelende opstel kan die kandidaat bespiegel of die swart ŉ goeie of
       slegte ding is. In ŉ figuurlike interpretasie sal die swart as donker
       geïnterpreteer word. Dit kan na ŉ situasie, persoon(e) of tydperk verwys.       [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                        (EC/NOVEMBER 2022)

 1.3 Dit was tyd ...
      Die kandidaat kan die opstel as ŉ verhalende/beskrywende/
      bespiegelende/argumenterende of beredeneerde opstel aanbied. As
      verhalende opstel kan die kandidaat ŉ verhaal vertel waarin daar gebeure
      plaasvind en dat daar na afloop van die gebeure ŉ tyd aangebreek het om
      op te tree. Die verhalende/beskrywende opstel kan begin met die tyd wat
      aangebreek het en die gebeure wat daarna volg, kan beskryf word. In ŉ
      bespiegelende opstel kan die kandidaat bespiegel of die korrekte tyd
      aangebreek het. In ŉ argumenterende opstel kan die kandidaat argumente
      voorhou waarom die tyd aangebreek het of waarom die tyd reg is. In ŉ
      beredeneerde opstel kan die kandidaat redeneer of die optrede na die
      aanbreek van die tyd goed of sleg is.                                               [50]
 1.4 My taal, my trots?
      Die taal hoef nie noodwendig na Afrikaans te verwys nie. Die onderwerp leen
      hom tot die skryf van ŉ beredeneerde opstel waar die kandidaat redeneer
      of die spreker trots is op die taal wat hy praat. Die gevolgtrekking kan positief
      of negatief wees. Die onderwerp kan ook as ŉ argumenterende opstel
      aangebied word waar die kandidaat hom/haar uitspreek oor die feit dat die
      mens trots is op die taal wat hy praat. Die kandidaat kan ook argumenteer
      dat die mens nie meer trots is op die taal wat hy/sy praat nie. Taal kan ook
      figuurlik gesien word en hoef nie net na woorde te verwys nie. In ŉ
      beskrywende opstel kan die kandidaat beskryf hoekom iemand trots is op
      sy taal al dan nie. Die onderwerp kan ook as ŉ verhalende opstel aangebied
      word. Die kandidaat vertel ŉ storie waarin die trots vir die taal weerspieël
      word. Dit kan ook negatief aangebied word waarin die verhaal toon dat daar
      nie meer ŉ taaltrots is nie.                                                        [50]
 1.5 Covid-19
      Die kandidaat kan ŉ verhalende opstel skryf waarin hy/sy die verhaal vertel
      van ŉ sekere saak/persoon/gebeurtenis of situasie rondom Covid-19. In ŉ
      bespiegelende opstel kan die kandidaat verwys na die sameswering
      rondom die ontstaan van die virus. Die opstel kan feitlik aangebied word
      deur wetenskaplike feite en statistieke rondom Covid-19 te gee. In ŉ
      beskrywende opstel kan die kandidaat beskryf wat die impak van Covid-19
      is. In ŉ argumenterende opstel kan die kandidaat argumenteer dat Suid-
      Afrikaners/mense genoeg gehad het en hul stemme wil laat hoor. Dit kan
      positief of negatief t.o.v. inperking aangebied word. Die kandidaat kan ŉ
      beredeneerde opstel skryf waarin hy/sy die geldigheid van die maatreëls
      rondom Covid-19 bevraagteken.                                                       [50]

 1.6 Hart en oorfone
     Interpretasies kan lei tot ŉ verhalende, beskrywende, bespiegelende,
     argumenterende of beredeneerde opstel. Die kandidate kan ŉ verhalende
     opstel skryf waar die woord ‘musiek’ die sentrale tema vorm. Die verhaal kan
     ook handel oor iemand se liefde vir musiek. Die kandidaat kan ook die
     verhaal vertel van ŉ insident waar musiek ŉ belangrike rol in sy/haar lewe
     gespeel het. Die kandidaat kan ŉ beskrywende opstel van ŉ musiekkonsert
     skryf. Die opstel kan ook figuurlik geïnterpreteer word waar iets anders die
     musiek van die lewe is.                                                              [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)             AFRIKAANS HUISTAAL V3                                       5

1.7    Rekenaar en tegnologiese uitvloeisels
       Die kandidaat kan ŉ verhalende opstel skryf oor byvoorbeeld die verkryging
       van ŉ rekenaar en die impak wat dit op sy/haar lewe gemaak het. Die
       verhaal kan ook handel oor hoe hard ŉ persoon moes werk om sukses in
       sy/haar lewe te behaal. In ŉ beskrywende opstel kan die kandidaat
       kommunikasie met tegnologie beskryf. In ŉ bespiegelende opstel kan die
       kandidaat bespiegel wat die impak of gebrek aan tegnologie op die mens
       het. Daar kan ook bespiegel word of dit tot iemand se geluk bydra. In ŉ
       argumenterende opstel kan die kandidaat argumenteer dat tegnologie
       goed of sleg is. In ŉ beredeneerde opstel kan die kandidaat beide kante van
       die bogenoemde saak beredeneer. Daar kan ook geargumenteer word dat
       mense wat tegnologies vaardig is, gelukkiger as ander mense is.                [50]

1.8    Die verskillende sportsoorte
       In ŉ verhalende opstel kan die storie van die persoon wat die sport beoefen,
       vertel word. Daar hoef nie net op een sportsoort gefokus te word nie,
       aangesien daar ŉ verskeidenheid sportsoorte uitgebeeld word. Die verhaal
       kan vertel word van hoe sport iemand se lewe verander het. In ŉ
       beskrywende opstel kan die kandidaat die sportman of sportvrou beskryf.
       Die sportsoort self kan ook beskryf word. In ŉ argumenterende opstel kan
       die kandidaat argumenteer sport is noodsaaklik vir die mens se welstand.
       Daar kan ook geargumenteer word gesonde wedywering in sport is goed. In
       ŉ beredeneerde opstel kan die kandidaat redeneer dat sport iemand se
       karakter bou en ander kere weer iemand se lelike kant uitbring.                [50]

                                                          TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               AFRIKAANS HUISTAAL V3                    (EC/NOVEMBER 2022)

 SOORT OPSTELLE:

 VERHALENDE OPSTEL

 Dit is ŉ interessante vertelling van ŉ storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die
 verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.

 Hou die volgende in gedagte:

 •   Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (’n storie of gebeurtenis).
 •   ’n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
 •   Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
 •   Die inhoud is boeiend en interessant, daarom is die inhoud samehangend.
 •   Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar dit kan fiktief wees.
 •   Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
 •   ŉ Treffende inleiding boei die leser.
 •   ŉ Verrassende slot rond die inhoud af.
 •   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
     geniet.
 •   Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.

 BESKRYWENDE OPSTEL

 Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te
 beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die
 onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.

 Hou die volgende in gedagte:

 •   Waarnemings met al vyf sintuie en ŉ goeie woordeskat word vereis.
 •   Insig, begrip, ŉ eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net
     die opnoem van waarnemings).
 •   Tekste kan varieer van meer realisties tot ŉ verdieping in die aanbieding.
 •   Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
 •   Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
 •   Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
 •   Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
 •   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
     geniet.
 •   Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die
     konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.
 •   Stylfigure kan gebruik word.

 BEREDENEERDE OPSTEL

 Dis objektief en probeer om ŉ gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ŉ
 argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp
 onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer
 mag tot ŉ spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die
 argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed
 wees in die ontwikkeling van die opstel.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)              AFRIKAANS HUISTAAL V3                                        7

 Hou die volgende in gedagte:
 •    BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
 •    Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
 •    Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
 •    ŉ Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding,
      gemaak. Die slot gee ŉ sterk aanduiding van die skrywer se mening.
 •    Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
 •    Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
 •    Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
      geniet.
 •    Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.

 BESPIEGELENDE OPSTEL

 Die skrywer oorweeg/deurdink ŉ idee/lewenswaarheid en gee sy/haar
 emosionele reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor ŉ droom of
 wense/moontlikhede.

 Hou die volgende in gedagte:

 •    Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
 •    Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar
      opgeweeg.
 •    Dis persoonlik van aard.
 •    Daar is ŉ definitiewe struktuur, maar ŉ gevolgtrekking is nie nodig nie.
 •    Dit hoef nie ŉ gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of
      ernstig geskryf word.
 •    Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
      geniet.

 ARGUMENTERENDE OPSTEL

 Die skrywer het ŉ spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar
 standpunt te motiveer.

 Hou die volgende in gedagte:

 •    Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
 •    ŉ Eie mening word op ŉ baie oorspronklike en treffende manier gegee.
 •    ŉ Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
 •    Verdediging of aanval van ŉ saak word enduit volgehou.
 •    ŉ Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
 •    Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
 •    Daar moet ŉ duidelike en oortuigende slot wees.
 •    Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
      geniet.

                                                          TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                       (EC/NOVEMBER 2022)

 AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

 AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste
 word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste
 teks nagesien.

 NASIENRIGLYNE

 Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:

 Voorbeeld:
 Inhoud, beplanning en formaat:                                              IK = 10
 Taal, styl en redigering:                                                   TG = 6
 Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).      16

 Dra dan die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die
 beplanningsgedeelte te wees).

 VRAAG 2

 2.1     INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF

         In die brief spreek die kandidaat sy kommer uit oor die betrokke bejaarde
         familielid wat alleen bly. Dit moet duidelik uit die brief blyk dat die skrywer
         bekommerd is. Daarom gee hy/sy die versekering dat hulle mekaar
         binnekort weer gaan sien. Dit moet duidelik blyk wie die familielid is en die
         skrywer moet moontlike probleme wat die familielid dalk mag ervaar,
         identifiseer. Hierdie probleme kan medies van aard wees. Die probleme kan
         ook ŉ moontlike tekort aan voedsel asook eensaamheid insluit.

         Hou die volgende in gedagte:

         •    Gebruik informele taal, register en styl.
         •    Die skrywer moet verwys na twee aspekte naamlik die uitspreek van
              kommer en die vertroosting dat hulle mekaar binnekort gaan sien.
         •    Beskrywende, maar eenvoudige taal behoort voor te kom.
         •    Die briefinhoud behoort logies en volgens bogenoemde doel
              uiteengesit te word.
         •    Briewe behoort ŉ inleiding, liggaam/inhoud en slot te hê.
         •    Die skrywer se adres en datum waarop die brief geskryf word, moet
              in die korrekte formaat/in korrekte spelling (AWS bl. 55 reël 9.14)
              gegee word.
         •    Na die skrywer se adres behoort die informele aanhef te volg.
         •    Die brief behoort informeel afgesluit te word.
         •    Die formaat van die brief is belangrik.                                       [25]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)              AFRIKAANS HUISTAAL V3                                      9

 2.2     FORMELE BRIEF AAN DIE PERS

         Die brief het ten doel om die skrywer se mening te gee dat Suid-Afrikaners
         etlike probleme tydens beurtkrag ervaar. Dit moet duidelik blyk dat die
         skrywer kennis van hierdie probleme het. Die brief moet op die negatiewe
         ervarings van Suid-Afrikaners fokus.

         Hou die volgende in gedagte:

         •     Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res
               van die brief se formaat moet korrek wees soos vir formele briewe
               geld.
         •     Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel.
         •     Styl: Dit behoort saaklik, formeel, maar hoflik te wees. Eenvoudige,
               direkte taal is nodig.
         •     Struktuur: Die brief moet bestaan uit paragrawe waarin gefokus word
               op die impak van beurtkrag.
         •     Die formele register moet gebruik word, soos benodig in persbriewe.
         •     Indien ŉ skuilnaam gebruik word, moet die formaat steeds korrek
               wees.
         •     Die afsluiting is formeel en korrek.                                    [25]

 2.3     HULDEBLYK

         Bring hulde aan die leerder wat na ŉ lang siekbed oorlede is. Die leerder
         het sy stryd teen kanker verloor.

         Hou die volgende in gedagte

         •   Die oorledene se naam en van, adres en ouderdom, datum van
             afsterwe, die plek waar die persoon oorlede is en die oorsaak van die
             dood behoort gegee te word.
         •   Prestasies, hoogtepunte uit die oorledene se lewe en gemeenskaps-
             betrokkenheid kan ingesluit word.
         •   Die fokus behoort te wees op dit wat die leerder vir die skool,
             medeskolier en gemeenskap beteken het.
         •   Gebeurtenisse/staaltjies en herinneringe kan bydra tot die sukses van
             die huldeblyk.
         •   Taal, styl en register is formeel, opreg en uit die hart.
         •   Eufemismes kan gebruik word.                                          [25]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               AFRIKAANS HUISTAAL V3                      (EC/NOVEMBER 2022)

2.4    TYDSKRIFARTIKEL

       Die artikel word vir ŉ tienertydskrif geskryf en handel oor die grense wat vir
       tieners gestel moet word. Hierdie grense moet positief ervaar en verwelkom
       word.

       Hou die volgende in gedagte:

       •    Die grense wat gestel moet word, moet beklemtoon word.
       •    Daar is ŉ ooreenkoms tussen ŉ feitelike opstel en ŉ artikel.
       •    Bedrywende vorm kom ook in die artikel voor.
       •    Die styl moet maklik verstaanbaar en interessant wees. Die
            teikengroep moet in gedagte gehou word – in hierdie geval ŉ
            tienertydskrif.
       •    Die artikel kan in kolomme (in paragraafvorm) aangebied word.
       •    Dit kan ook in gewone paragrawe geskryf word.
       •    Aanhalings kan gebruik word.
       •    Die tema of onderwerp moet interessant aangebied word.
       •    Die titel/opskrif is kort/kragtig en treffend en moet by die onderwerp
            pas.
       •    ŉ Subtitel kan ook gegee word.
       •    Die inleidingsparagraaf moet die inhoud ontsluit. Dit moet ook kort en
            kragtig wees en die leser dadelik in die prentjie bring.
       •    Die meeste/belangrikste feite kan in die eerste paragraaf gegee word.
            Die wie/wat/waar/wanneer/waarom/hoe is opsioneel/kan gebruik
            word.
       •    Die wat, waar en wanneer word in die volgende paragrawe uitgebrei,
            soos van toepassing.
       •    Meer inligting – die hoe en hoekom – word nou gegee.
       •    Die res van die inligting word daarna in dalende orde van
            belangrikheid gegee.
       •    Die slotparagraaf bevat die gevolgtrekking waartoe gekom word.              [25]

2.5    DIALOOG

       Die dialoog word by die winkel gevoer. Die gesprek handel oor die produk
       wat nie meer vars is nie. Die gesprek mag nie kru en beledigend wees nie,
       maar moet hoflik bly.

       •    Twee mense voer ŉ gesprek.
       •    Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word
            en vanuit die spreker se perspektief.
       •    Elke nuwe spreekbeurt word op ŉ volgende reël geskryf.
       •    Gebruik ŉ dubbelpunt na die naam van elke spreker.
       •    Ekstra inligting word tussen hakies aangedui.
       •    ŉ Scenario kan geskep word voordat die dialoog geskryf word.                [25]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)             AFRIKAANS HUISTAAL V3                                     11

2.6     ONDERHOUD

        Die onderhoud moet met die leerder wat die kompetisie gewen het, gevoer
        word. Dit moet duidelik blyk dat die onderhoudvoerder opgewonde oor die
        prys is.

        Hou die volgende in gedagte:

        •    Die onderhoud mag as ŉ artikel of dialoog aangebied word.
        •    Vraag en antwoord moet duidelik onderskei kan word.
        •    Elke spreekbeurt word op ŉ nuwe reël begin. (Dialoogformaat)
        •    Die verskil tussen gesproke en geskrewe Afrikaans is belangrik –
             daarom moet die redigering versigtig gedoen word.
        •    ŉ Inleidende sin/paragraaf/scenario behoort waarde tot die skryfstuk
             toe te voeg.
        •    In hierdie geval voer die onderhoudvoerder die onderhoud met ŉ
             leerder wat ŉ prys gewen het.
        •    In die slotparagraaf/laaste spreekbeurt behoort die onderhoud
             saamgevat te word.                                                       [25]

                                                          TOTAAL AFDELING B:           50
                                                              GROOTTOTAAL:            100

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                                                                     AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                                                    (EC/NOVEMBER 2022)

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
LET WEL:
•   Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
•   Punte van 0−50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
•   Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ŉ hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
•   Struktuur word nie deur die verdeling in ŉ hoe en lae vlak beïnvloed nie.
      Kriteria                               Uitsonderlik                                    Knap                                   Gemiddeld                         Elementêr                       Onvoldoende
 INHOUD EN                                          28−30                                       22−24                                     16−18                           10−12                               4−6
 BEPLANNING                        - Respons is uitsonderlik/treffend      -   Respons baie goed; getuig van           -   Respons bevredigend                - Wisselvallige samehang in       - Respons heeltemal

                        Hoë vlak
                                     en bo verwagting                          vaardigheid                             -   Idees redelik samehangend en         respons                            irrelevant
 (Respons en                       - Idees is intelligent, volwasse en     -   Idees heeltemal relevant, interessant       oortuigend                         - Idees onduidelik, nie           - Idees deurmekaar en nie
 idees)                              stem leser tot nadenke                    en lewer bewys van volwassenheid        -   Redelike organisasie en redelik      oorspronklik nie                   op onderwerp gefokus nie
 Organisering van                  - Uitsonderlike organisasie en          -    Organisasie baie goed en                   samehangend, insluitend            - Min bewys van organisasie       - Vaag en herhalend
 idees vir                           samehang insluitend inleiding,            samehangend, insluitend inleiding,          inleiding, liggaam en                en samehang                     - Geen organisasie nie en
 beplanning;                         liggaam en samevatting/slot.              liggaam en samevatting/slot                 samevatting/slot                                                        is onsamehangend
 Bewustheid van                                     25−27                                       19−21                                     13−15                            7−9                                0−3
 doel, gehoor en                   - Respons uitmuntend, maar              -   Respons goed; getuig van                -   Respons bevredigend, maar          - Respons is grootliks            - Geen poging aangewend
 konteks                             uitsonderlik treffende eienskappe         vaardigheid                                 verval soms in onduidelikheid        irrelevant                         om in ooreenstemming

                        Lae vlak
                                     van ŉ opstel ontbreek                 -   Idees relevant, interessant             -   Idees redelik samehangend en       - Idees begin los staan en           met onderwerp te wees
                                   - Idees intelligent en volwasse         -    Organisasie goed en samehangend,           oortuigend                           kan verwarrend wees                nie
 30 PUNTE                          - Knap organisasie en samehang,             insluitend inleiding, liggaam en        -   ŉ Mate van organisasie en          - Skaars ŉ bewys van              - Heeltemal irrelevant en
                                     insluitend inleiding, liggaam en          samevatting/slot                            samehang, insluitend inleiding,      organisasie en samehang            ontoepaslik
                                     samevatting/slot)                                                                     liggaam en samevatting/slot                                          - Deurmekaar en geen
                                                                                                                                                                                                   fokus nie
 TAAL, STYL EN                                     14−15                                     11−12                                     8−9                                  5−6                               0−3
 REDIGERING                        - Toon, register, styl en               - Toon, register, styl en woordeskat        - Toon, register, styl en woordeskat   - - Toon, register, styl en       - Taal onverstaanbaar
                                     woordeskat hoogs gepas vir              baie gepas vir doel, gehoor en            - gepas vir doel, gehoor en konteks      woordeskat minder gepas         - Toon, register, styl en

                        Hoë vlak
 Toon, register, styl                doel, gehoor en konteks.                konteks.                                  - Gepaste taalgebruik om                 vir doel, gehoor en konteks        woordeskat nie gepas vir
 en woordeskat is                  - Taalgebruik getuig van vertroue,      - Taalgebruik effektief en ŉ                  betekenis oor te dra                   nie                                doel, gehoor en konteks
 geskik vir                          indrukwekkend                           deurlopende gepaste toon word             - Toon is gepas                        - Taalgebruik baie basies         - Woordeskat so beperk dat
 doel/effek en                     - Toon retories treffend en effektief     gebruik − gepas, konstant;                - Retoriese middele gebruik om         - Toon en woordkeuse skaars          dit onmoontlik is om sin te
 konteks;                          - Grammatika en spelling feitlik        - Grammatika en spelling grootliks            betekenis te versterk                  toepaslik                          maak
 Woordkeuse;                         foutvry                                 foutvry                                                                          - Baie beperkte woordeskat
 Taalgebruik en                    - Knap gedaan                           - Baie goed gedoen
 konvensies,                                          13                                       10                                       7                                   4
 punktuasie,                       - Taalgebruik uitstekend en toon is     - Taalgebruik toepaslik en oor die          - Voldoende taalgebruik, maar          - Taalgebruik onvoldoende

                        Lae vlak
 grammatika,                         retories effektief                      algemeen effektief                          teenstrydighede word opgemerk        - Weinig indien enige
 spelling.                         - Grammatika en spelling feitlik        - Toon gepas en effektief                   - Toon oor die algemeen gepas en         sinsverskeidenheid
                                     foutvry                               - Enkele foute in grammatika en               beperkte gebruik van retoriese       - Woordeskat baie beperk
 15 PUNTE                          - Baie goed tot knap gedaan               spelling.                                   middele
                                                                           - Goed gedoen
 STRUKTUUR                                          5                                          4                                        3                                   2                               0-1
                                   - Uitstekende ontwikkeling van          - Logiese ontwikkeling van details.         - Relevante detail ontwikkel.          - Sommige punte geldig.           - Noodsaaklike punte
 Kenmerke van                        onderwerp                             - Samehangend                               - Sinne en paragrawe goed.             - Sinne en paragrawe foutief.       ontbreek.
 teks;                             - Uitsonderlike detail                  - Sinne en paragrawe logies en toon           gekonstrueer.                        - Opstel maak nog effens sin.     - Sinne en paragrawe
 Paragraafontwikke                 - Sinne en paragrawe uitsonderlik         variasie.                                 - Opstel maak sin.                                                         foutief.
 ling en                             gekonstrueer                                                                                                                                               - Opstel maak nie sin nie.
 sinskonstruksie
 5 PUNTE

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2021)                                                   AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                                                  13

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]

      Kriteria                   Uitsonderlik                       Knap                       Gemiddeld                     Elementêr                  Onvoldoende
 INHOUD,                            13−15                           10−12                        7−9                            4−6                         0−3
 BEPLANNING EN           - Respons uitsonderlik, bo        - Respons baie goed en       - Respons voldoende en        - Basiese respons toon        - Respons toon geen
 FORMAAT                   verwagting                        demonstreer goeie            toon voldoende kennis van     geringe kennis van            kennis van kenmerke
                         - Idees intelligent en volwasse     kennis van kenmerke          kenmerke van die soort        kenmerke van die soort        van die soort teks nie.
 Respons op en idees;    - Grondige kennis van               van die soort teks           teks                          teks.                       - Betekenis onduidelik
 Organisering van          kenmerke van die soort teks     - Behou fokus − geen         - Nie heeltemal gefokus nie   - Aanduiding van fokus,         met groot afwyking.
                         - Skryfstuk behou fokus.            afwyking nie                 − enkele afwykings            maar met afwykings          - Geen samehang in
 idees vir beplanning;
                         - Samehang in inhoud en           - Samehang in inhoud en      - Redelike samehang in        - Inhoud en idees nie altyd     idees en inhoud nie.
 Doel, gehoor,             idees                             idees; baie goed             inhoud en idees.              samehangend nie             - Baie min detail
 kenmerke/konvensies     - Idees behoorlik uitgebrei         uitgebrei met detail wat   - Sommige detail              - Min detail ondersteun die     ondersteun die
 en konteks                met detail wat die                die onderwerp                ondersteun die onderwerp.     onderwerp.                    onderwerp.
                           onderwerp ondersteun              ondersteun                 - Formaat oorwegend           - Nodige reëls van formaat    - Nodige reëls van
 15 PUNTE                - Gepaste en akkurate             - Gepaste formaat met          gepas, maar met enkele        vaagweg toegepas.             formaat nie toegepas
                           formaat                           onbeduidende foute           foute.                      - Kritiese foute begaan.        nie.
 TAAL, STYL EN                          9−10                            7− 8                        5− 6                            3− 4                        0− 2
 REDIGERING              - Toon, register, styl en         - Toon, register, styl en    - Toon, register, styl en     - Toon, register, styl en     - Toon, register, styl en
                           woordeskat hoogs geskik vir       woordeskat, baie geskik      woordeskat, geskik vir        woordeskat minder geskik      woordeskat stem nie
 Toon, register, styl,     doel, gehoor en konteks           vir doel, gehoor en          doel, gehoor en konteks       vir doel, gehoor en           ooreen met doel,
 doel/effek, gehoor en   - Grammatika akkuraat en            konteks                    - Enkele grammatikafoute.       konteks                       gehoor en konteks nie
 konteks;.                 goed gekonstrueer               - Grammatika oor die         - Voldoende woordeskat        - Grammatika onakkuraat       - Besaai met foute en
                         - Feitlik foutloos                  algemeen korrek en         - Foute belemmer nie            met etlike foute              verward
 Taalgebruik en
                                                             goed gekonstrueer;           betekenis nie               - Basiese woordeskat          - Woordeskat nie geskik
 konvensies;                                               - Baie goeie woordeskat                                    - Betekenis belemmer            vir doel nie
 Woordkeuse;                                               - Oorwegend foutloos                                                                     - Betekenis ernstig
 Punktuasie en                                                                                                                                        belemmer
 spelling

 10 PUNTE

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P1 GR11 MEMO NOV2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr11-memo-nov2022/1e04650c-e834-47e3-9aee-a606654beb99) — Afrikaans HL · Memo · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 GR11 MEMO NOV 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-gr11-memo-nov-2022/2a2b4d80-efc5-40e2-8a57-4a658d180039) — Afrikaans HL · Memo · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR11 QP NOV2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr11-qp-nov2022/5e051ad5-1be1-4608-ba05-076b372ab1d9) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 QP NOV2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-qp-nov2022/db69133f-90ec-41ee-b649-4f7f8d832779) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 MEMO NOV 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-memo-nov-2020/fac0bbfb-2db1-4969-bc69-6b016e2f249f) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 MEMO NOV 2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-memo-nov-2020-d/d11183d6-5fdd-4148-b1c0-cafef0a8db82) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Afrikaans HL

- [Gr11-Afr-HT-studiegids LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-afr-ht-studiegids-lr/2b9b2077-8262-449a-b0c2-0a2c24f6c066) — Guide · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/4cc70ac7-f749-4802-8e1b-8cec773c7368) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/a7e90129-8e5a-43be-963d-f02b31d0b7a4) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P3 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/df1906ad-6c91-4938-9533-c5ba7baa3444) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-1-afrikaans/9892ea43-cb95-460f-8521-db662ba8b5c9) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-2-afrikaans/58fc56f1-3f43-4541-9fa9-c8cf9faa560a) — QP · 2026 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
