# Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2019 QP

> Grade 11 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the Eastern Cape November 2019, 8 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-qp-nov-2019-d/621faa5a-85ea-491d-97c1-65c622ae079f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2019 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-qp-nov-2019-d/621faa5a-85ea-491d-97c1-65c622ae079f)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019 · Afrikaans. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AFRIKAANS HL P3 GR11 MEMO NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-memo-nov-2019/f9a9671f-5a24-4e6a-b25c-327ad80e428e) — Memo · 2019 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 11

                      NOVEMBER 2019

                  AFRIKAANS HUISTAAL V3

PUNTE:   100

TYD:     2½ uur

                             *IAFRHL3*

                     Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 AFRIKAANS HUISTAAL V3                (EC/NOVEMBER 2019)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings.

      AFDELING A: Opstel                                         (50 punte)
      AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste (2 x 25)          (50 punte)

 2.   Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B.

 3.   Skryf in die taal waarin jy geassesseer word.

 4.   Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

 5.   Jy moet jou werk beplan (bv. ŉ breinkaart/diagram/vloeidiagram/
      kernwoorde, ens.), proeflees en redigeer. Die beplanning moet VOOR die
      finale produk gedoen word.

 6.   Alle beplanning moet duidelik aangedui word en daarna netjies deurgehaal
      word.

 7.   Jy moet jou tyd soos volg bestee:

      AFDELING A: ongeveer 80 minute
      AFDELING B: ongeveer 70 (2 x 35) minute

 8.   Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

 9.   Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel
      word NIE.

 10. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                AFRIKAANS HUISTAAL V3                                           3

 AFDELING A: OPSTEL

 VRAAG 1

 Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ŉ OPSTEL van 350–400 woorde.
 Skryf die vraagnommer en die titel/opskrif van jou opstel neer.

 1.1 Hoekom het dit met my gebeur?                                                           [50]

 1.2 Agter tralies ...                                                                       [50]

 1.3 Die liefde loop soms met jou op vreemde paaie.                                          [50]

 1.4 Tegnologie maak die mens ŉ eensame wese.                                                [50]

 1.5 Skryf ŉ opstel wat gebaseer is op die volgende uittreksel. Voorsien jou eie
     titel.

               Hoop, wat is hoop?
               Dis die wens dat die son weer opkom
               Hoop, wat is hoop?
               Dis dat vrede by ons uitkom.

                                             Lirieke: Bring die hoop weer terug – Jo Black   [50]

 1.6 Bestudeer die prente hieronder en skryf ŉ OPSTEL oor EEN. Skep jou eie
     titel. Skryf die nommer (1.6.1, 1.6.2 OF 1.6.3) en jou eie titel neer.

       1.6.1

                                                              [Bron: https://www.inc.com]    [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                           AFRIKAANS HUISTAAL V3                    (EC/NOVEMBER 2019)

      1.6.2

                                                         [Bron: www.shutterstock]   [50]

      1.6.3

                                                    [Bron: www.burkemuseum.org]     [50]

                                                     TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                   AFRIKAANS HUISTAAL V3                                      5

 AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

 VRAAG 2

 Kies TWEE van die volgende opdragte en skryf 180–200 woorde oor elk.
 Skryf die nommer en die titel/opskrif van die teks wat jy gekies het, neer.

 2.1 INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF

       Jou vriend/vriendin was onlangs in ŉ ernstige ongeluk betrokke. Hy/Sy moet
       nog vir drie weke in die hospitaal bly.

       Skryf ŉ brief waarin jy jou vriend/vriendin bemoedig en raad gee hoe om die
       situasie te hanteer.                                                               [25]

 2.2 DIALOOG

       Jou beste vriend/vriendin maak ŉ gewoonte daarvan om laat te kom. Dit het
       al tot vele rusies gelei, maar nog steeds kom hy/sy laat.

       Skryf die dialoog tussen jou en jou vriend/vriendin waar jy hom /haar baie
       duidelik laat verstaan dat jy hierdie gedrag nie meer gaan duld nie. Gee ook
       voorstelle wat hy/sy kan doen om betyds te wees.                                   [25]

 2.3 HULDEBLYK

       Jou graad 1-juffrou is onlangs oorlede. Jy het groot bewondering vir haar
       gehad en het altyd seker gemaak dat jy nog kontak met haar het.

       Die laerskool het jou gevra om ŉ huldeblyk tydens die saalopening te lewer.

       Skryf die huldeblyk.                                                               [25]

 2.4 FORMELE BRIEF: DANKIESÊBRIEF

       Jy is in beheer van julle skool se filantrope. Julle was gedurende die jaar by
       verskeie projekte betrokke en julle plaaslike supermark het ruim donasies
       geskenk vir julle projekte.

       Bedank die supermarkgroep vir hulle ondersteuning.                                 [25]

 2.5 RESENSIE

       Jy is die resensent vir julle skoolkoerant.

       Skryf ŉ resensie vir dié koerant oor die nuutste aksiefliek wat jy onlangs
       gaan kyk het.                                                                      [25]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              AFRIKAANS HUISTAAL V3                     (EC/NOVEMBER 2019)

 2.6 TOESPRAAK

      Jy is die kaptein van ŉ sportspan. Julle volgende wedstryd is teen ŉ skool
      wat elke jaar die liga wen. Jy besluit jy gaan jou span motiveer.

      Skryf ŉ toespraak wat jy by julle spanbousessie gaan lewer.
                                                                                       [25]

                                                          TOTAAL AFDELING B:            50
                                                              GROOTTOTAAL:             100

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com



## Related documents

- [AFRIKAANS HL P1 QP NOV 2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-nov-2019-d/af17b42a-bf7d-411a-bd91-82a3e48685f9) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 GR11 QP NOV 2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-gr11-qp-nov-2019-d/382e5356-2a84-44dc-9c6f-a7e99677346e) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 QP NOV 2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-qp-nov-2020-d/279a85bd-fc36-442d-970d-462fe5b33332) — Afrikaans HL · QP · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 QP NOV 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-qp-nov-2020/ad488968-98ae-45c9-b72c-ec327d9a517d) — Afrikaans HL · QP · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 QP GR11 NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-qp-gr11-nov2018/00d22fc1-516f-4571-b23f-714743c44124) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 QP GR11 NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-qp-gr11-nov2018-d/713f8d6d-e05a-4bfd-b484-c520c599bc44) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 11 Afrikaans HL

- [Gr11-Afr-HT-studiegids LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-afr-ht-studiegids-lr/2b9b2077-8262-449a-b0c2-0a2c24f6c066) — Guide · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/c7331d9c-fb08-4e50-a5fa-5194e10abedf) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/5169c337-6d70-4178-bd0f-5faa5fe965d4) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P3 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-3-afrikaans/d9c49a75-8852-4349-9c83-f93cd7d0edb8) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-1-afrikaans/4b4f5755-8780-46c0-939e-18488a8db73e) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-2-afrikaans/c1c25cf5-d38e-4cb8-93e6-6f12c024cc2c) — Memo · 2026 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
