# Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2019 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2019, 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2019-d/8cfb8d64-c90d-4948-8241-77d73f1d8009
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2019-d/8cfb8d64-c90d-4948-8241-77d73f1d8009)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Memorandum, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2019

                 AFRIKAANS HUISTAAL V3
                     NASIENRIGLYN

PUNTE:   100

                   Hierdie nasienriglyn bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 AFRIKAANS HUISTAAL V3                    (EC/SEPTEMBER 2019)

    Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk
    ter wille van eenvoud en eenvormigheid.

         SIMBOOL              BESKRYWING                 VERDUIDELIKING
    0                      Sirkel                  Punktuasiefout
                           Dubbelstrepie onder     Spelfout
                           ŉ woord
                           Lang streep onder ŉ     Foutiewe woordgebruik
                           woord
                           Sirkel met pyltjie      Woordorde

    /\                     Weglaatteken            Woord weggelaat
    T                      Hoofletter T in         Tye verwar
                           kantlyn
    H                      Dubbele hh              Herhaling van gedagtes
    VR                     Vraestel                Dele saamgeflans uit vraestel
    ?                      Vraagteken              Baie verwarrend/sukkel om te
                                                   verstaan wat leerder skryf
    [                      Enkelhakie              Nuwe paragraaf
    E                      Letter “e” bo woord     Engelse woord gebruik

    ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

    AFDELING A: OPSTEL

    AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerder mag
    slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel,
    toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale
    poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word
    die eerste opstel nagesien.

    NASIENRIGLYNE
    Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:

    Voorbeeld:
    Inhoud:                                                 I = KL = 21
    Taal, styl en redigering:                               T = KL = 10
    Struktuur:                                              S=G = 3
    Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant            34
    (onder die opstel):
    Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die
    beplanningsgedeelte te wees).

    DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

    Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel
    word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)             AFRIKAANS HUISTAAL V3                                        3

Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die
hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die
hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die
samevatting van die hoofgedagte.
Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of
sy/haar standpunt insluit. In die geval van ŉ verhalende, beskrywende en
bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ŉ argumenterende en
beredenerende opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.
VRAAG 1
Riglyne
Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die leerder se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande nasienriglyne) mag nie
as bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige soort opstel aan, soos
byvoorbeeld:
1.1     Groot mond ... groot moeilikheid!
        Die kandidaat kan die opstel as ŉ verhalende/beskrywende opstel aanbied.
        In ŉ verhalende opstel sal die fokus val op die feit dat die persoon/karakter in
        groot moeilikheid beland het as gevolg van iets wat hy/sy gesê het. In ŉ
        beskrywende opstel kan die kandidaat beskryf hoe iemand se karakter is
        wanneer hy bekend is vir sy groot mond. Die verhaal/beskrywing kan ernstig
        of humoristies wees. In ŉ beredenerende of argumenterende opstel kan die
        kandidaat argumenteer dat ŉ groot mond jou inderdaad in die moeilikheid kan
        laat beland. Die kandidaat kan ook bespiegel of ŉ groot mond jou wel in die
        moeilikheid sal laat beland en of ŉ mens maar eerder moet sê hoe jy voel.          [50]
1.2     Blink Stefaans
        Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ŉ verhalende/beskrywende
        opstel aanbied. Die fokus sal op die verhaal of beskrywing van Blink Stefaans
        val. In die vertel van die verhaal sal daar gefokus word op wat met Blink
        Stefaans gebeur het. In die beskrywende opstel sal die karakter van Blink
        Stefaans lewend word deur akkurate beskrywing. Die kandidaat kan ook
        bespiegel hoe Blink Stefaans aan sy naam gekom het. Die kandidaat kan ook
        ŉ argumenterende/beredenerende opstel skryf oor hoe rykdom ŉ mens kan
        beïnvloed. Die kandidaat kan ook skryf hoe baie mense ŉ front voorhou en
        voorgee om iets/iemand te wees wat hulle nie werklik is nie.                       [50]
1.3     Jý skryf die lied van jou lewe.
        Die kandidaat kan die opstel as ŉ verhalende/beskrywende opstel aanbied.
        Daar kan vertel word wat gebeur het dat die persoon die lied van sy lewe
        geskryf het. Die kandidaat kan ook beskryf hoe die persoon se lied van die
        lewe lyk en klink. Die onderwerp kan letterlik sowel as figuurlik geïnterpreteer
        word. Die kandidaat kan ook verwys na die besonderhede van sy lewe en wat
        presies die lied behels. Die onderwerp kan ook argumenterend/
        beredenerend aangebied word waar die kandidaat die leser oortuig dat elke
        mens self die lied van sy lewe skryf of dat die mens nie die lied van sy eie
        lewe skryf nie, maar dat ander faktore dit bepaal.                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                    (EC/SEPTEMBER 2019)

1.4   Ouers langs die sportveld – vreugde of fout?
      Die onderwerp leen hom tot die skryf van ŉ argumenterende of beredenerende
      opstel waar die kandidaat hom/haar uitspreek oor die rol wat ouers langs die
      sportveld speel. Dit kan positief of negatief wees. Die kandidaat kan
      argumenteer dat ouers glad nie langs die sportveld toegelaat moet word nie en
      dat hul byvoorbeeld tot die paviljoene beperk moet word. Die kandidaat kan ook
      skryf oor die ondersteunende rol wat ouers het wanneer kinders deelneem. Die
      kandidaat kan ook bespiegel oor die tipes ouers langs die sportveld. Die
      kandidaat kan ook ŉ beskrywende opstel skryf waar ouers langs die sportveld
      beskryf word. Die kandidaat kan ook verhalend skryf oor die insident wat
      aanleiding gegee het tot die vraag.                                                      [50]
1.5   “Die aand in Dorpstraat ...”
      Die onderwerp kan lei tot verskeie interpretasies wat onder andere verhalend,
      bespiegelend of beskrywend kan wees. ŉ Verhaal sal kan handel oor wat
      presies die aand in Dorpstraat gebeur het. (Dorpstraat hoef nie noodwendig in
      Stellenbosch te wees nie). Die kandidaat kan vertel van ŉ verhouding wat
      skeefgeloop het. Die kandidaat kan die verhaal vertel van ŉ persoon wat nie
      tevrede is met sy lewe/omstandighede nie en na meer in die lewe hunker. Die
      kandidaat kan ŉ beskrywende opstel aanbied waarin die straat en wat daar
      gebeur, beskryf word. Dit kan ook as ŉ bespiegelende opstel aangebied word
      waarin lewenskwessies bespreek word.                                                     [50]
1.6   1.6.1    Stopteken(s)
               Interpretasies kan lei tot ŉ verhalende, beskrywende, bespiegelende,
               argumenterende of beredenerende opstel. Die kandidate kan ŉ
               verhalende opstel skryf waar die woord ‘stop’ die sentrale tema vorm.
               Die verhaal kan ook handel oor hoe iets tot ŉ einde gekom het. Die
               kandidaat kan ook die verhaal vertel van ŉ insident waar ŉ stopteken
               verontagsaam is en wat daarna gebeur het. In ŉ beskrywende opstel
               kan beskryf word hoe die mens by verskillende plekke in sy lewe tot
               stilstand kom. In ŉ beredenerende of argumenterende opstel kan die
               kandidaat skryf oor die gevaar van die verontagsaming van
               verkeersreëls. By ŉ bespiegelende opstel kan die kandidaat bespiegel
               oor die belangrikheid van ‘stoptekens’ in ŉ gejaagde wêreld.                    [50]
      1.6.2    Kinders / Mense wat besig is met boeke en tegnologie
               Die kandidaat kan byvoorbeeld die fokus laat val op die kinders/mense
               rondom die tafel en hoe belangrik samewerking is. Die kandidaat kan ŉ
               verhalende opstel skryf waar die storie van een van die karakters se
               lewe vertel word en hoe dit skakel met die ander karakters. Die fokus
               kan ook val op die boek(e) of rekenaar / tablet en hoe dit skakel met die
               karakters self. Die kandidaat kan ‘n beskrywende opstel aanbied waar
               die fokus val op die karakters se interaksie met mekaar en hoe hulle
               boeke of tegnologie gebruik. Die opstel kan handel oor kommunikasie
               en hoe daar verskillende maniere van kommunikasie is. Die kandidaat
               kan ‘n argumenterende of beredenerende opstel aanbied waarin die
               belangrikheid van boeke teenoor tegnologie bespreek word. Daar kan
               ook bespiegel word of boeke dalk in die toekoms sal uitsterf en
               tegnologie dalk gaan oorneem. Die kandidaat kan ook skryf hoe
               tegnologie die mens se lewe oorneem en hoe ander dinge minder
               belangrik word.                                                                 [50]
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)             AFRIKAANS HUISTAAL V3                                      5

       1.6.3    Die robot
                ŉ Verhalende opstel kan byvoorbeeld die storie van die robot vertel. In
                ŉ beskrywende opstel kan verskillende robotte beskryf word. In ŉ
                argumenterende of beredenerende opstel kan standpunt ingeneem
                word dat robotte die mens in die werksplek gaan vervang. Die kandidaat
                kan ook ŉ opstel met ŉ wetenskaplike aanslag skryf. Die feit dat baie
                mense nie meer vir mekaar omgee en amper soos robotte funksioneer,
                kan ook in opstelvorm uitgebrei word.                                      [50]

                                                              TOTAAL AFDELING A:           50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                      (EC/SEPTEMBER 2019)

 SOORT OPSTELLE

 VERHALENDE OPSTEL

 Dit is ŉ interessante vertelling van ŉ storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die
 verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.

 Hou die volgende in gedagte:

    Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (ŉ storie of gebeurtenis).
    ŉ Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
    Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
    Die inhoud is boeiend en interessant, daarom is die inhoud samehangend.
    Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar dit kan fiktief wees.
    Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
    ŉ Treffende inleiding boei die leser.
    ŉ Verrassende slot rond die inhoud af.
    Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
     geniet.
    Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.

 BESKRYWENDE OPSTEL

 Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te
 beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die
 onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.

 Hou die volgende in gedagte:

    Waarnemings met al vyf sintuie en ŉ goeie woordeskat word vereis.
    Insig, begrip, ŉ eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net
     die opnoem van waarnemings).
    Tekste kan varieer van meer realisties tot ŉ verdieping in die aanbieding.
    Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
    Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
    Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
    Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
    Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
     geniet.
    Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die
     konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.
    Stylfigure kan gebruik word.

 BEREDENEERDE OPSTEL

 Dis objektief en probeer om ŉ gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ŉ
 argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp
 onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer
 mag tot ŉ spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die
 argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik
 ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)             AFRIKAANS HUISTAAL V3                                        7

 Hou die volgende in gedagte:
     BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
     Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
     Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
     ŉ Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding,
      gemaak. Die slot gee ŉ sterk aanduiding van die skrywer se mening.
     Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
     Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
     Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
      geniet.
     Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.
 BESPIEGELENDE OPSTEL
 Die skrywer oorweeg/deurdink ŉ idee/lewenswaarheid en gee sy/haar
 emosionele reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor ŉ droom of
 wense/moontlikhede.

 Hou die volgende in gedagte:

     Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
     Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar
     opgeweeg.
     Dis persoonlik van aard.
     Daar is ŉ definitiewe struktuur, maar ŉ gevolgtrekking is nie nodig nie.
     Dit hoef nie ŉ gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of
      ernstig geskryf word.
     Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
      geniet.

 ARGUMENTERENDE OPSTEL

 Die skrywer het ŉ spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar
 standpunt te motiveer.

 Hou die volgende in gedagte:

     Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
     ŉ Eie mening word op ŉ baie oorspronklike en treffende manier gegee.
     ŉ Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
     Verdediging of aanval van ŉ saak word enduit volgehou.
     ŉ Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
     Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
     Daar moet ŉ duidelike en oortuigende slot wees.
     Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
      geniet.

                                                          TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               AFRIKAANS HUISTAAL V3                     (EC/SEPTEMBER 2019)

 AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

 AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste
 word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste
 teks nagesien.

 RIGLYNE

 Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:

 Voorbeeld:
 Inhoud, beplanning en formaat:                                              IK = 10
 Taal, styl en redigering:                                                   TG = 6
 Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).      16

 Dra dan die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die
 beplanningsgedeelte te wees).

 VRAAG 2

 2.1    INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF

        Die brief fokus op die oorreding van die vriend/vriendin om van sy/haar
        besluit aangaande die dra van ŉ ongewone uitrusting na die
        matriekafskeid, af te sien. Daar moet ook na die moontlike negatiewe
        gevolge van só ŉ besluit verwys word.

        Hou die volgende in gedagte:

           Gebruik informele taal, register en styl.
           Die skrywer moet verwys na die twee aspekte van oorreding en die
            moontlike negatiewe gevolge.
           Beskrywende, maar eenvoudige taal behoort voor te kom.
           Die briefinhoud behoort logies en volgens bogenoemde doel
            uiteengesit te word.
           Briewe behoort ŉ inleiding, liggaam/inhoud en slot te hê.
           Die skrywer se adres en datum waarop die brief geskryf word, moet in
            die korrekte formaat/in korrekte spelling (AWS bl. 55 reël 9.14) gegee
            word.
           Na die skrywer se adres behoort die informele aanhef te volg.
           Die brief behoort informeel afgesluit te word.
           Die formaat van die brief is belangrik.                                      [25]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)             AFRIKAANS HUISTAAL V3                                        9

 2.2     KOERANTBERIG

         Die koerantberig handel oor ŉ jong vrou van die Oos-Kaap wat ten spyte
         van haar siekte, uitblink.

         Hou die volgende in gedagte:

            Gee feite kortliks en akkuraat.
            Strewe om die belangrikste feite te gee sonder om die leser te verloor.
            Som akkuraat op sonder om die waarheid te verdraai.
            Gee ŉ saaklike, bondige, maar treffende titel. Subtitels kan ook gegee
             word.
            Vermeld die belangrikste feite alreeds in die eerste paragraaf: wie, wat,
             waar, wanneer, waarom, hoe en in watter mate.                               [25]

 2.3     HULDEBLYK

         Die kandidaat bring hulde aan ŉ goeie vriend/vriendin wat onverwags in ŉ
         fratsongeluk oorlede is. Die kandidaat kan verwys na sy/haar verbintenis
         met die oorledene en wat hul verhouding so besonders gemaak het.

         Hou die volgende in gedagte:

            Die volgende belangrike inligting word in ŉ huldeblyk gegee:
            Oorledene se naam en van.
            Die volgende inligting kan gegee word: adres, ouderdom, datum van
             afsterwe, plek waar die persoon oorlede is, oorsaak van dood, name
             van gesinslede agtergelaat.
            Gebeure en staaltjies oor die vriendskap.
            Persoonlike herinneringe kan gegee word.
            Die leser moet ŉ duidelike beeld van die oorledene kan vorm.
            Die styl moet by die geleentheid en gehoor pas.
            Vermy oordrewe sentimentaliteit.
            Gebruik kort, bondige sinne.                                                [25]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              AFRIKAANS HUISTAAL V3                   (EC/SEPTEMBER 2019)

 2.4    FORMELE BRIEF: BRIEF AAN DIE PERS

        Die brief word aan die redakteur van Die Burger gerig en moet handel oor
        die skrywer se standpunt aangaande die hoë sterftesyfer op Suid-
        Afrikaanse paaie. Die skrywer se standpunt rondom die kwessie moet
        duidelik blyk.

        Hou die volgende in gedagte:

           Die formaat van die brief moet korrek wees: adres van sender, datum,
            adres van ontvanger, aanhef, opskrif/doel, paragrawe, afsluiting.
           Die brief aan die pers word altyd aan die redakteur gerig.
           Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel.
           Die styl behoort saaklik, formeel, maar hoflik te wees. Eenvoudige,
            direkte taal is nodig.
           Die struktuur moet bestaan uit paragrawe waarin gefokus word op die
            standpunt rondom padsterftes op Suid-Afrikaanse paaie.
           Die formele register moet gebruik word, soos in persbriewe benodig.
           Indien ŉ skuilnaam gebruik word, moet die formaat steeds korrek
            wees.
           Die afsluiting is formeel en bevat die skrywer se voorletters, van en
            titel, waar nodig.                                                         [25]

 2.5    ONDERHOUD

        Die onderhoud moet met ŉ bekende televisiepersoonlikheid gevoer word.
        Dit moet duidelik blyk dat die onderhoudvoerder opgewonde is om die
        onderhoud met die persoon te voer. Die onderhoudvoerder moet ook
        verwys na die besonderse indruk wat die televisiepersoonlikheid op die
        persoon gemaak het.

        Hou die volgende in gedagte:

           Die onderhoud mag as ŉ artikel of dialoog aangebied word.
           Vraag en antwoord moet duidelik onderskei kan word.
           Elke spreekbeurt word op ŉ nuwe reël begin. (Dialoogformaat)
           Die verskil tussen gesproke en geskrewe Afrikaans is belangrik –
            daarom moet die redigering versigtig gedoen word.
           ŉ Inleidende sin/paragraaf/scenario behoort waarde tot die skryfstuk
            toe te voeg.
           In hierdie geval voer die onderhoudvoerder die onderhoud met ŉ
            bekende televisiepersoonlikheid.
           In die slotparagraaf/laaste spreekbeurt behoort die onderhoud
            saamgevat te word.                                                         [25]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)             AFRIKAANS HUISTAAL V3                                      11

 2.6     RESENSIE

         Die resensie is ŉ verslag van die rolprent. Dit moet handel oor ŉ plaaslike
         rolprent. Dit moet duidelik blyk dat die resensent verras is deur die gehalte
         van die rolprent.

         Hou die volgende in gedagte:

            Resensies gee die resensent se mening oor die werk. In dié geval is
             dit duidelik positief.
            Goeie resensies probeer om regverdig, maar eerlik te wees.
            Humor kan in resensies gebruik word.
            ŉ Resensie is gewoonlik subjektief: twee resensente mag oor dieselfde
             onderwerp verskil.
            Gee toepaslike feite, byvoorbeeld die titel van die rolprent, regisseur,
             akteur(s), kamerawerk, musiek en ander belangrike inligting.
            Die resensent skryf iets oor die inhoud van die rolprent, maar die
             ontknoping van die rolprent word nie gegee nie.
            Die slotpragraaf gee die resensent se laaste
             indrukke/gevolgtrekking/samevatting en aanbeveling.                          [25]

                                                             TOTAAL AFDELING B:            50
                                                                 GROOTTOTAAL:             100

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                                                                     AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                                                   (EC/SEPTEMBER 2019)

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
LET WEL:
   Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
   Punte van 0−50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
   Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ŉ hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
   Struktuur word nie deur die verdeling in ŉ hoë en lae vlak beïnvloed nie.
      Kriteria                               Uitsonderlik                                    Knap                                   Gemiddeld                         Elementêr                       Onvoldoende
 INHOUD EN                                          28−30                                       22−24                                     16−18                           10−12                              4−6
 BEPLANNING                        - Respons is uitsonderlik/treffend      -   Respons baie goed; getuig van           -   Respons bevredigend                - Wisselvallige samehang in       - Respons heeltemal
                                     en bo verwagting                          vaardigheid                             -   Idees redelik samehangend en         respons                           irrelevant

                        Hoë vlak
 (Respons en                       - Idees is intelligent, volwasse en     -   Idees heeltemal relevant, interessant       oortuigend                         - Idees onduidelik, nie           - Idees deurmekaar en nie
 idees)                              stem leser tot nadenke                    en lewer bewys van volwassenheid        -   Redelike organisasie en redelik      oorspronklik nie                  op onderwerp gefokus nie
 Organisering van                  - Uitsonderlike organisasie en          -    Organisasie baie goed en                   samehangend, insluitend            - Min bewys van organisasie       - Vaag en herhalend
 idees vir                           samehang insluitend inleiding,            samehangend, insluitend inleiding,          inleiding, liggaam en                en samehang                     - Geen organisasie nie en
 beplanning;                         liggaam en samevatting/slot.              liggaam en samevatting/slot                 samevatting/slot                                                       is onsamehangend
 Bewustheid van                                     25−27                                       19−21                                     13−15                            7−9                               0−3
 doel, gehoor en                   - Respons uitmuntend, maar              -   Respons goed; getuig van                -   Respons bevredigend, maar          - Respons is grootliks            - Geen poging aangewend
 konteks                             uitsonderlik treffende eienskappe         vaardigheid                                 verval soms in onduidelikheid        irrelevant                        om in ooreenstemming

                        Lae vlak
                                     van ŉ opstel ontbreek                 -   Idees relevant, interessant             -   Idees redelik samehangend en       - Idees begin los staan en          met onderwerp te wees
                                   - Idees intelligent en volwasse         -   Organisasie goed en samehangend,            oortuigend                           kan verwarrend wees               nie
 30 PUNTE                          - Knap organisasie en samehang,             insluitend inleiding, liggaam en        -   ŉ Mate van organisasie en          - Skaars ŉ bewys van              - Heeltemal irrelevant en
                                     insluitend inleiding, liggaam en          samevatting/slot                            samehang, insluitend inleiding,      organisasie en samehang           ontoepaslik
                                     samevatting/slot                                                                      liggaam en samevatting/slot                                          - Deurmekaar en geen
                                                                                                                                                                                                  fokus nie
 TAAL, STYL EN                                     14−15                                     11−12                                     8−9                                  5−6                              0−3
 REDIGERING                        - Toon, register, styl en               - Toon, register, styl en woordeskat        - Toon, register, styl en woordeskat   - - Toon, register, styl en       - Taal onverstaanbaar
                                     woordeskat hoogs gepas vir              baie gepas vir doel, gehoor en            - gepas vir doel, gehoor en konteks      woordeskat minder gepas         - Toon, register, styl en
 Toon, register, styl                doel, gehoor en konteks.                konteks.                                  - Gepaste taalgebruik om                 vir doel, gehoor en konteks       woordeskat nie gepas vir

                        Hoë vlak
 en woordeskat is                  - Taalgebruik getuig van vertroue,      - Taalgebruik effektief en ŉ                  betekenis oor te dra                   nie                               doel, gehoor en konteks
 geskik vir                          indrukwekkend                           deurlopende gepaste toon word             - Toon is gepas                        - Taalgebruik baie basies         - Woordeskat so beperk dat
 doel/effek en                     - Toon retories treffend en effektief     gebruik.                                  - Retoriese middele gebruik om         - Toon en woordkeuse skaars         dit onmoontlik is om sin te
 konteks;                          - Grammatika en spelling feitlik        - Grammatika en spelling grootliks            betekenis te versterk                  toepaslik                         maak
 Woordkeuse;                         foutvry                                 foutvry                                                                          - Baie beperkte woordeskat
 Taalgebruik en                    - Knap gedaan                           - Baie goed gedoen
 konvensies,                                          13                                       10                                       7                                   4
 punktuasie,                       - Taalgebruik uitstekend en toon is     - Taalgebruik toepaslik en oor die          - Voldoende taalgebruik, maar          - Taalgebruik onvoldoende

                        Lae vlak
 grammatika,                         retories effektief                      algemeen effektief                          teenstrydighede word opgemerk        - Weinig indien enige
 spelling.                         - Grammatika en spelling feitlik        - Toon gepas en effektief                   - Toon oor die algemeen gepas en         sinsverskeidenheid
                                     foutvry                               - Enkele foute in grammatika en               beperkte gebruik van retoriese       - Woordeskat baie beperk
 15 PUNTE                          - Baie goed tot knap gedaan               spelling.                                   middele
                                                                           - Goed gedoen
 STRUKTUUR                                          5                                           4                                       3                                   2                               0-1
                                   - Uitstekende ontwikkeling van          - Logiese ontwikkeling van details.         - Relevante detail ontwikkel.          - Sommige punte geldig.           - Noodsaaklike punte
 Kenmerke van                        onderwerp                             - Samehangend                               - Sinne en paragrawe goed.             - Sinne en paragrawe foutief.       ontbreek.
 teks;                             - Uitsonderlike detail                  - Sinne en paragrawe logies en toon           gekonstrueer.                        - Opstel maak nog effens sin.     - Sinne en paragrawe
 Paragraafontwik-                  - Sinne en paragrawe uitsonderlik         variasie.                                 - Opstel maak nog sin.                                                     foutief.
 keling en                           gekonstrueer                                                                                                                                               - Opstel maak nie sin nie.
 sinskonstruksie
 5 PUNTE

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                                                  AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                                                  13

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
      Kriteria                   Uitsonderlik                       Knap                       Gemiddeld                     Elementêr                  Onvoldoende
 INHOUD,                            13−15                           10−12                        7−9                            4−6                         0−3
 BEPLANNING EN           - Respons uitsonderlik, bo        - Respons baie goed en       - Respons voldoende en        - Basiese respons, toon       - Respons toon geen
 FORMAAT                   verwagting                        demonstreer goeie            toon voldoende kennis van     geringe kennis van            kennis van kenmerke
                         - Idees intelligent en volwasse     kennis van kenmerke          kenmerke van die soort        kenmerke van die soort        van die soort teks nie.
 Respons en idees;       - Grondige kennis van               van die soort teks           teks                          teks.                       - Betekenis onduidelik
 Organisering van          kenmerke van die soort teks     - Behou fokus − geen         - Nie heeltemal gefokus nie   - Aanduiding van fokus,         met groot afwyking.
                         - Skryfstuk behou fokus.            afwyking nie                 − enkele afwykings            maar met afwykings          - Geen samehang in
 idees vir beplanning;
                         - Samehang in inhoud en           - Samehang in inhoud en      - Redelike samehang in        - Inhoud en idees nie altyd     idees en inhoud nie.
 Doel, gehoor,             idees                             idees; baie goed             inhoud en idees.              samehangend nie             - Baie min detail
 kenmerke/konvensies     - Idees behoorlik uitgebrei         uitgebrei met detail wat   - Sommige detail              - Min detail ondersteun die     ondersteun die
 en konteks                met detail wat die                die onderwerp                ondersteun die onderwerp.     onderwerp.                    onderwerp.
                           onderwerp ondersteun              ondersteun                 - Formaat oorwegend           - Nodige reëls van formaat    - Nodige reëls van
 15 PUNTE                - Gepaste en akkurate             - Gepaste formaat met          gepas, maar met enkele        vaagweg toegepas.             formaat nie toegepas
                           formaat                           onbeduidende foute           foute.                      - Kritiese foute begaan.        nie.
 TAAL, STYL EN                          9−10                            7−8                         5−6                             3−4                         0−2
 REDIGERING              - Toon, register, styl en         - Toon, register, styl en    - Toon, register, styl en     - Toon, register, styl en     - Toon, register, styl en
                           woordeskat hoogs geskik vir       woordeskat, baie geskik      woordeskat, geskik vir        woordeskat minder geskik      woordeskat stem nie
 Toon, register, styl,     doel, gehoor en konteks           vir doel, gehoor en          doel, gehoor en konteks       vir doel, gehoor en           ooreen met doel,
 doel/effek, gehoor en   - Grammatika akkuraat en            konteks                    - Enkele grammatikafoute.       konteks                       gehoor en konteks nie
 konteks;                  goed gekonstrueer               - Grammatika oor die         - Voldoende woordeskat        - Grammatika onakkuraat       - Besaai met foute en
                         - Feitlik foutloos                  algemeen korrek en         - Foute belemmer nie            met etlike foute              verward
 Taalgebruik en
                                                             goed gekonstrueer;           betekenis nie               - Basiese woordeskat          - Woordeskat nie geskik
 konvensies;                                               - Baie goeie woordeskat                                    - Betekenis belemmer            vir doel nie
 Woordkeuse;                                               - Oorwegend foutloos                                                                     - Betekenis ernstig
 Punktuasie en                                                                                                                                        belemmer
 spelling

 10 PUNTE

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P3 GR 12 MEMO SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr-12-memo-sept2020/f9a99ac3-5b21-4159-aca7-7737a23ab5b0) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 MEMO GR12 2013](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo-gr12-2013/7ffde639-95e1-45e0-834e-5f09f0180807) — Afrikaans HL · Memo · 2013 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — Afrikaans HL · QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/1a878435-bdd2-45da-8e0c-99f96c0bae42) — Afrikaans HL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2022/635d4025-2ec6-4a06-a793-dc0f35254a58) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2021/ff108b78-d3ed-481e-bcc0-ecd7d096a8be) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
