# Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2021 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2021, 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2021/422df044-ad03-4426-a431-2fb0dca7974b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2021/422df044-ad03-4426-a431-2fb0dca7974b)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Memorandum, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2021/ff108b78-d3ed-481e-bcc0-ecd7d096a8be) — QP · 2021 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2021

                 AFRIKAANS HUISTAAL V3
                     NASIENRIGLYN

PUNTE:   100

                  Hierdie nasienriglyn bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                        (EC/SEPTEMBER 2021)

 Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter
 wille van eenvoud en eenvormigheid.

     VERDUIDELIKING                    SIMBOOL              BESKRYWING
 Woordorde                                           Hakies en pyltjie
                                   (             )
 Woord (e) weggelaat                      ^          Weglaatteken

                                                     Dubbelstreep onder die
 Taalfoute (ook spelfoute)
                                                     taalfout
 Paragraafindeling                        [          Begin van ŉ nuwe sin

 Woord(keuse) -foute                      x          Trek ŉ x bo die verkeerde
                                                     woord
                                                     Regmerkie bo goeie
 Erkenning van taaljuweeltjies            √          taalgebruik, idees of
                                                     uitdrukkings

 Onduidelik/Onverstaanbaar                           Kronkelstreep

 Punktuasie                                          Omkring

 ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

 AFDELING A: OPSTEL

 AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerder mag
 slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel,
 toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale
 poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die
 eerste opstel nagesien.

 NASIENRIGLYNE
 Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:

 Voorbeeld:
 Inhoud:                                                I = KH = 22
 Taal, styl en redigering:                              T = KL = 10
 Struktuur:                                             S=K = 4
 Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant          36
 (onder die opstel):
 Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die
 beplanningsgedeelte te wees).

 DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

 Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel
 word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)             AFRIKAANS HUISTAAL V3                                         3

Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die
hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die
hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die
samevatting van die hoofgedagte.

Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of
sy/haar standpunt insluit. In die geval van ŉ verhalende, beskrywende en
bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ŉ argumenterende en
beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.

VRAAG 1
Riglyne
Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die leerder se oogpunt en volgens
sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande nasienriglyne) mag
nie as bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige soort opstel aan, soos
byvoorbeeld:

1.1    Die dag wat alles vir altyd verander het ...

       Die kandidaat kan die opstel as ŉ verhalende/beskrywende opstel aanbied. In
       ŉ verhalende opstel kan die verhaal vertel word van wat gebeur het dat alles
       vir altyd verander het. Dit kan ook die verhaal wees waar die fokus val op die
       spesifieke dag wat alles verander het. Dit kan ook die verhaal vertel van wat
       met ŉ spesifieke persoon gebeur het dat alles vir altyd verander het. Die fokus
       val op die verander. Dit kan ŉ positiewe of negatiewe verandering wees. In ŉ
       beskrywende opstel kan hierdie spesifieke dag beskryf word asook die gebeure
       wat tot die verandering gelei het. In ŉ bespiegelende opstel kan die kandidaat
       bespiegel of alles wel vir altyd verander het.                                       [50]

1.2    Só het ek weer rigting gekry

       Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ŉ verhalende/beskrywende of
       bespiegelende opstel aanbied. By die verhalende opstel sal vertel word wat
       daartoe aanleiding gegee het dat die persoon weer rigting gekry het. Dit kan
       verwys na rigting waar iemand verdwaal het of waar iemand rigtingloos was en
       weer die pad gekry het. Dit kan ook ŉ verhaal vertel waar ŉ persoon weer
       figuurlik rigting in sy lewe gekry het deur ŉ ander koers in te slaan. In ŉ
       beskrywende opstel kan die kandidaat sy lewenspad beskryf en hoe hy/sy weer
       die regte pad gevind het. Die kandidaat kan ook die proses beskryf wat gelei
       het tot hierdie insig dat hy/sy op die regte pad is. In ŉ bespiegelende opstel kan
       die kandidaat bespiegel of dit die regte rigting is of nie.                          [50]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                     (EC/SEPTEMBER 2021)

1.3   Mooi ... mooier ... mooiste ...

      Die kandidaat kan die opstel as ŉ verhalende/beskrywende/bespiegelende/
      beredeneerde of argumenterende opstel aanbied. In ŉ verhalende opstel kan
      die kandidaat die verhaal vertel van hoe iemand mooi geword het (letterlik en
      figuurlik). Die kandidaat kan ook die verhaal vertel waar iets gebeur het wat
      aanleiding tot hierdie woorde gegee het. In ŉ beskrywende opstel kan die
      kandidaat beskryf wat vir hom/haar mooi, mooier en mooiste is. In ŉ
      beredeneerde opstel kan die kandidaat die konsep van ‘mooi’ beredeneer. In
      ŉ argumenterende opstel kan die kandidaat argumenteer dat daar nie iets soos
      mooi, mooier en mooiste bestaan nie.                                                 [50]

1.4   Jongmense het groot opinies

      Die onderwerp leen hom tot die skryf van ŉ verhalende, beskrywende,
      argumenterende of beredeneerde opstel. Die kandidaat kan die verhaal vertel
      van ŉ jongmens (jongmense) wat groot opinies het en wat gebeur het as gevolg
      van die opinies. In ŉ beskrywende opstel kan die verskillende tipes jongmense
      en die opinies wat hulle het, beskryf word. In ŉ argumenterende opstel kan die
      kandidaat argumenteer dat jongmense wel groot opinies het. Die kandidaat kan
      ook argumenteer dat jongmense nie groot opinies het nie.                             [50]

1.5   ... en só het ek my (by)naam gekry.

      Die onderwerp kan lei tot verskeie interpretasies wat hoofsaaklik verhalend en
      beskrywend sal wees. In ŉ verhalende opstel sal die kandidaat die verhaal
      vertel van hoe hy/sy hierdie (by)naam gekry het. Dit kan ook ŉ letterlike
      interpretasie wees waar ŉ persoon byvoorbeeld gedoop is en sy/haar naam
      gekry het. In ŉ beskrywende opstel sal die kandidaat sy/haar naam se
      betekenis kan gee en beskryf wat hierdie (by)naam se oorsprong is.                   [50]

1.6   1.6.1    Familie om tafel
               Die kandidaat kan die opstel verhalend, beskrywend, bespiegelend,
               beredeneerd of argumenterend aanbied. In ŉ verhalende opstel kan
               die kandidaat die verhaal vertel van die gesin/ familie rondom die tafel
               en die gebeure rondom die samekoms. Die kandidaat hoef nie
               noodwendig na die kos te verwys nie, maar dit moet duidelik wees dat
               die familie saamkuier. In ŉ beskrywende opstel kan die kandidaat die
               persone rondom die tafel beskryf. In ŉ argumenterende opstel kan die
               kandidaat argumenteer dat gesinne wat by ŉ tafel eet, gelukkiger
               gesinne is.                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)             AFRIKAANS HUISTAAL V3                                       5

       1.6.2    Twee pikkewyne
                Die opstel kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredeneerd of
                argumenterend aangebied word. In ŉ verhalende opstel kan die
                verhaal vertel word van die twee pikkewyne en wat aanleiding gegee
                het tot die feit dat die een pikkewyn sy vlerk beskermend om die ander
                pikkewyn vou. In ŉ beskrywende opstel kan die pikkewyne en hul
                gedrag/eienskappe/voorkoms beskryf word. In ŉ beredeneerde opstel
                kan die kandidaat die kwessie of diere emosies het, beredeneer. In ŉ
                argumenterende opstel kan die kandidaat argumenteer dat die mens
                besig is om pikkewyne uit te roei.                                        [50]

       1.6.3    Hollywood
                Die opstel kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, argumenterend
                of beredeneerd wees. Die kandidaat kan die verhaal vertel van hoe
                hy/sy in Hollywood beland het. Die kandidaat kan ook die verhaal vertel
                van iemand wat baie graag beroemd wil wees en daarna streef om ŉ
                Hollywood-ster te word. Die kandidaat kan ŉ beredeneerde opstel skryf
                oor die invloed wat Hollywood het op baie beroemde mense. In ŉ
                argumenterende opstel kan die kandidaat argumenteer dat Hollywood
                net ŉ plek is vir die mense wat werklik talent het. In ŉ beskrywende
                opstel kan die kandidaat Hollywood en alles wat daarmee saamgaan,
                beskryf.                                                                  [50]

                                                              TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               AFRIKAANS HUISTAAL V3                    (EC/SEPTEMBER 2021)

 SOORT OPSTELLE

 VERHALENDE OPSTEL

 Dit is ŉ interessante vertelling van ŉ storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die
 verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.

 Hou die volgende in gedagte:

    Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (ŉ storie of gebeurtenis).
    ŉ Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
    Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
    Die inhoud is boeiend en interessant, daarom is die inhoud samehangend.
    Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar dit kan fiktief wees.
    Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
    ŉ Treffende inleiding boei die leser.
    ŉ Verrassende slot rond die inhoud af.
    Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
     geniet.
    Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.

 BESKRYWENDE OPSTEL

 Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te
 beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die
 onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.

 Hou die volgende in gedagte:

    Waarnemings met al vyf sintuie en ŉ goeie woordeskat word vereis.
    Insig, begrip, ŉ eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net
     die opnoem van waarnemings).
    Tekste kan varieer van meer realisties tot ŉ verdieping in die aanbieding.
    Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
    Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
    Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
    Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
    Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
     geniet.
    Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die
     konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.
    Stylfigure kan gebruik word.

 BEREDENEERDE OPSTEL
 Dis objektief en probeer om ŉ gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ŉ
 argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp
 onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer
 mag tot ŉ spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die
 argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik
 ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)             AFRIKAANS HUISTAAL V3                                        7

 Hou die volgende in gedagte:
     BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
     Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
     Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
     ’n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding,
      gemaak. Die slot gee ŉ sterk aanduiding van die skrywer se mening.
     Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
     Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
     Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
      geniet.
     Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.

 BESPIEGELENDE OPSTEL

 Die skrywer oorweeg/deurdink ŉ idee/lewenswaarheid en gee sy/haar
 emosionele reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor ŉ droom of
 wense/moontlikhede.

 Hou die volgende in gedagte:

     Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
     Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar
     opgeweeg.
     Dis persoonlik van aard.
     Daar is ŉ definitiewe struktuur, maar ŉ gevolgtrekking is nie nodig nie.
     Dit hoef nie ŉ gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of
      ernstig geskryf word.
     Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
      geniet.

 ARGUMENTERENDE OPSTEL

 Die skrywer het ’n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar
 standpunt te motiveer.

 Hou die volgende in gedagte:

     Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
     ŉ Eie mening word op ŉ baie oorspronklike en treffende manier gegee.
     ŉ Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
     Verdediging of aanval van ŉ saak word enduit volgehou.
     ŉ Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
     Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
     Daar moet ŉ duidelike en oortuigende slot wees.
     Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
      geniet.

                                                          TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               AFRIKAANS HUISTAAL V3                     (EC/SEPTEMBER 2021)

 AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

 AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word
 nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks
 nagesien.

 NASIENRIGLYNE

 Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:

 Voorbeeld:
 Inhoud, beplanning en formaat:                                              IK = 10
 Taal, styl en redigering:                                                   TG = 6
 Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).      16

 Dra dan die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die
 beplanningsgedeelte te wees).

 VRAAG 2

 2.1     INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF

         Die brief fokus op die kandidaat se verduideliking van die situasie en wat
         moontlik kon gebeur het dat die motor ŉ skraapmerk op het. Die brief moet
         aan die broer/suster gerig word. Die brief moet dit ook duidelik stel dat die
         kandidaat onderneem om die skade aan die motor te herstel.

         Hou die volgende in gedagte:

           Gebruik informele taal, register en styl.
           Die skrywer moet sy/haar broer/suster gerusstel oor die motor en aanbied
            om die skade te herstel.
           Beskrywende, maar eenvoudige taal behoort voor te kom.
           Die briefinhoud behoort logies en volgens bogenoemde doel uiteengesit
            te word.
           Briewe behoort ŉ inleiding, liggaam/inhoud en slot te hê.
           Die skrywer se adres en datum waarop die brief geskryf word, moet in die
            korrekte formaat/in korrekte spelling (AWS, bl. 55, reël 9.14) gegee word.
           Na die skrywer se adres behoort die informele aanhef te volg.
           Die brief behoort informeel afgesluit te word.
           Die formaat van die brief is belangrik.                                       [25]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)             AFRIKAANS HUISTAAL V3                                          9

 2.2     FORMELE BRIEF: BRIEF AAN DIE PERS

         Die brief aan die pers word aan die koerant geskryf en handel oor sy/haar
         dorp of stad se naamsverandering. Dit moet duidelik uit die brief blyk dat die
         kandidaat glad nie saamstem met die naamsverandering nie. Die nuwe naam
         moet duidelik in die brief genoem word en dan moet die kandidaat redes
         verskaf hoekom die naam onaanvaarbaar is.

         Hou die volgende in gedagte:

            Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die
             kandidaat moet die adres gebruik wat voorsien is.
            Die res van die brief se formaat moet korrek wees soos wat dit vir
             formele briewe geld.
            Die inhoud is baie belangrik; so ook die styl, struktuur en doel.
            Styl: dit behoort saaklik, formeel, maar hoflik te wees.
            Eenvoudige, direkte taal is nodig.
            Struktuur: die brief moet bestaan uit paragrawe waarin gefokus word op
             die naamsverandering en waarom die kandidaat nie saamstem met
             hierdie naamsverandering nie.
            Die brief word aan die redakteur gerig.
            Die formele register moet gebruik word, soos bv. “u” in plaas van “jy” en
             “jou”.
            Die afsluiting is formeel en bevat die skrywer se voorletters, van en titel,
             handtekening en korrekte afsluiting.                                            [25]

 2.3     TYDSKRIFARTIKEL

         Die kandidaat skryf ŉ artikel vir ŉ tydskrif en dit handel oor die feit dat dit
         oukei is om nie perfek te wees nie. Die redes waarom die kandidaat só dink,
         moet duidelik na vore kom. Die artikel moet motiverend van aard wees en
         jongmense gerusstel dat dit nie altyd moontlik is om perfek te wees nie.

        Hou die volgende in gedagte:
         Persoonlike ervarings van die skrywer kom na vore. Hierdie skryfstuk
          behoort op die feit dat dit oukei is om nie perfek te wees nie, te fokus. Die
          kandidaat moet ook daarna verwys dat dit aanvaarbaar is om nie perfek
          te wees nie.
         Die opskrif moet boeiend en interessant wees.
         Dis ŉ persoonlike styl wat direk tot die leser spreek.
         Voorbeelde van moontlike situasies waar dit oukei is om nie perfek te
          wees nie, kan gegee word.
         Daar is geen vaste formaat vir tydskrifartikels nie: dit kan dus subopskrifte
          en/of kolomme hê.                                                                  [25]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              AFRIKAANS HUISTAAL V3                    (EC/SEPTEMBER 2021)

 2.4    HULDEBLYK

        Die kandidaat bring hulde aan sy/haar ouers wat hul huweliksherdenking vier.
        Die kandidaat moet ook sy/haar ouers bedank vir alles wat hulle vir die gesin
        en familie beteken het.

        Hou die volgende in gedagte:

           Die volgende belangrike inligting word in die huldeblyk gegee :
           Die ouers se naam en van.
           Gebeure en staaltjies kan vertel word.
           Persoonlike herinneringe kan gegee word.
           Die leser moet ŉ duidelike beeld van die ouers kan vorm.
           Die styl moet by die geleentheid en gehoor pas.
           Vermy oordrewe sentimentaliteit.
           Gebruik kort, bondige sinne.                                                 [25]

 2.5    DIALOOG

        Die gesprek vind plaas tussen die kandidaat en sy/haar buurman. Die
        probleem met die blaffende honde word bespreek en moontlike oplossings
        vir die situasie moet gegee word. Dit moet duidelik blyk dat die blaffery ŉ
        negatiewe invloed op die kandidaat het .

        Hou die volgende in gedagte:

           Twee mense voer ŉ gesprek waar die een die buurman is.
           Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word en
            vanuit die spreker se perspektief.
           Elke nuwe spreekbeurt word op ŉ volgende reël geskryf.
           Gebruik ŉ dubbelpunt na die naam van elke spreker.
           Ekstra inligting word tussen hakies, voordat die spreker praat, aangedui.
           ŉ Scenario kan geskep word voordat die dialoog geskryf word.                 [25]

 2.6    ONDERHOUD

        Die kandidaat voer ŉ onderhoud met een van die vorige jaar se
        toppresteerders by sy/haar skool.

        Hou die volgende in gedagte:

           Vraag en antwoord moet duidelik onderskei word.
           Die onderhoud mag in dialoog- of artikelformaat geskryf word.
           Elke spreekbeurt word op ŉ nuwe reël begin.
           Die verskil tussen gesproke en geskrewe Afrikaans is belangrik –
            daarom moet die redigering versigtig gedoen word.
           In hierdie geval moet die onderhoudvoerder se vrae oor die
            toppresteerder se suksesresep te handel.                                     [25]

                                                            TOTAAL AFDELING B:             50
                                                                GROOTTOTAAL:              100

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

11
                                                       Downloaded from hlayiso.com    AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                                                    (EC/SEPTEMBER 2021)

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
LET WEL:
   Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
   Punte van 0−50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
   Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ŉ hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
   Struktuur word nie deur die verdeling in ŉ hoë en lae vlak beïnvloed nie.
      Kriteria                               Uitsonderlik                                    Knap                                   Gemiddeld                         Elementêr                       Onvoldoende
 INHOUD EN                                          28−30                                       22−24                                     16−18                           10−12                               4−6
 BEPLANNING                        - Respons is uitsonderlik/treffend      -   Respons baie goed; getuig van           -   Respons bevredigend                - Wisselvallige samehang in       - Respons heeltemal

                        Hoë vlak
                                     en bo verwagting                          vaardigheid                             -   Idees redelik samehangend en         respons                            irrelevant
 (Respons en                       - Idees is intelligent, volwasse en     -   Idees heeltemal relevant, interessant       oortuigend                         - Idees onduidelik, nie           - Idees deurmekaar en nie
 idees)                              stem leser tot nadenke                    en lewer bewys van volwassenheid        -   Redelike organisasie en redelik      oorspronklik nie                   op onderwerp gefokus nie
 Organisering van                  - Uitsonderlike organisasie en          -    Organisasie baie goed en                   samehangend, insluitend            - Min bewys van organisasie       - Vaag en herhalend
 idees vir                           samehang insluitend inleiding,            samehangend, insluitend inleiding,          inleiding, liggaam en                en samehang                     - Geen organisasie nie en
 beplanning;                         liggaam en samevatting/slot.              liggaam en samevatting/slot                 samevatting/slot                                                        is onsamehangend
 Bewustheid van                                     25−27                                       19−21                                     13−15                            7−9                                0−3
 doel, gehoor en                   - Respons uitmuntend, maar              -   Respons goed; getuig van vaardigheid    -   Respons bevredigend, maar          - Respons is grootliks            - Geen poging aangewend
 konteks                             uitsonderlik treffende eienskappe     -   Idees relevant, interessant                 verval soms in onduidelikheid        irrelevant                         om in ooreenstemming

                        Lae vlak
                                     van ŉ opstel ontbreek                 -    Organisasie goed en samehangend,       -   Idees redelik samehangend en       - Idees begin los staan en           met onderwerp te wees
                                   - Idees intelligent en volwasse             insluitend inleiding, liggaam en            oortuigend                           kan verwarrend wees                nie
 30 PUNTE                          - Knap organisasie en samehang,             samevatting/slot                        -   ŉ Mate van organisasie en          - Skaars ŉ bewys van              - Heeltemal irrelevant en
                                     insluitend inleiding, liggaam en                                                      samehang, insluitend inleiding,      organisasie en samehang            ontoepaslik
                                     samevatting/slot)                                                                     liggaam en samevatting/slot                                          - Deurmekaar en geen
                                                                                                                                                                                                   fokus nie
 TAAL, STYL EN                                     14−15                                     11−12                                     8−9                                  5−6                               0−3
 REDIGERING                        - Toon, register, styl en               - Toon, register, styl en woordeskat        - Toon, register, styl en woordeskat   - - Toon, register, styl en       - Taal onverstaanbaar
                                     woordeskat hoogs gepas vir              baie gepas vir doel, gehoor en            - gepas vir doel, gehoor en konteks      woordeskat minder gepas         - Toon, register, styl en

                        Hoë vlak
 Toon, register, styl                doel, gehoor en konteks.                konteks.                                  - Gepaste taalgebruik om                 vir doel, gehoor en konteks        woordeskat nie gepas vir
 en woordeskat is                  - Taalgebruik getuig van vertroue,      - Taalgebruik effektief en ŉ                  betekenis oor te dra                   nie                                doel, gehoor en konteks
 geskik vir                          indrukwekkend                           deurlopende gepaste toon word             - Toon is gepas                        - Taalgebruik baie basies         - Woordeskat so beperk dat
 doel/effek en                     - Toon retories treffend en effektief     gebruik − gepas, konstant;                - Retoriese middele gebruik om         - Toon en woordkeuse skaars          dit onmoontlik is om sin te
 konteks;                          - Grammatika en spelling feitlik        - Grammatika en spelling grootliks            betekenis te versterk                  toepaslik                          maak
 Woordkeuse;                         foutvry                                 foutvry                                                                          - Baie beperkte woordeskat
 Taalgebruik en                    - Knap gedaan                           - Baie goed gedoen
 konvensies,                                          13                                       10                                       7                                   4
 punktuasie,                       - Taalgebruik uitstekend en toon is     - Taalgebruik toepaslik en oor die          - Voldoende taalgebruik, maar          - Taalgebruik onvoldoende

                        Lae vlak
 grammatika,                         retories effektief                      algemeen effektief                          teenstrydighede word opgemerk        - Weinig indien enige
 spelling.                         - Grammatika en spelling feitlik        - Toon gepas en effektief                   - Toon oor die algemeen gepas en         sinsverskeidenheid
                                     foutvry                               - Enkele foute in grammatika en               beperkte gebruik van retoriese       - Woordeskat baie beperk
 15 PUNTE                          - Baie goed tot knap gedaan               spelling.                                   middele
                                                                           - Goed gedoen
 STRUKTUUR                                          5                                          4                                        3                                   2                               0-1
                                   - Uitstekende ontwikkeling van          - Logiese ontwikkeling van details.         - Relevante detail ontwikkel.          - Sommige punte geldig.           - Noodsaaklike punte
 Kenmerke van                        onderwerp                             - Samehangend                               - Sinne en paragrawe goed.             - Sinne en paragrawe foutief.       ontbreek.
 teks;                             - Uitsonderlike detail                  - Sinne en paragrawe logies en toon           gekonstrueer.                        - Opstel maak nog effens sin.     - Sinne en paragrawe
 Paragraaf-                        - Sinne en paragrawe uitsonderlik         variasie.                                 - Opstel maak nog sin.                                                     foutief.
 ontwikkeling en                     gekonstrueer                                                                                                                                               - Opstel maak nie sin nie.
 sinskonstruksie
 5 PUNTE

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

12
                                       Downloaded from hlayiso.com         AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                      (EC/SEPTEMBER 2021)

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]

      Kriteria                   Uitsonderlik                       Knap                       Gemiddeld                     Elementêr                  Onvoldoende
 INHOUD,                            13−15                           10−12                        7−9                            4−6                         0−3
 BEPLANNING EN           - Respons uitsonderlik, bo        - Respons baie goed en       - Respons voldoende en        - Basiese respons toon        - Respons toon geen
 FORMAAT                   verwagting                        demonstreer goeie            toon voldoende kennis van     geringe kennis van            kennis van kenmerke
                         - Idees intelligent en volwasse     kennis van kenmerke          kenmerke van die soort        kenmerke van die soort        van die soort teks nie.
 Respons op en idees;    - Grondige kennis van               van die soort teks           teks                          teks.                       - Betekenis onduidelik
 Organisering van          kenmerke van die soort teks     - Behou fokus − geen         - Nie heeltemal gefokus nie   - Aanduiding van fokus,         met groot afwyking.
                         - Skryfstuk behou fokus.            afwyking nie                 − enkele afwykings            maar met afwykings          - Geen samehang in
 idees vir beplanning;
                         - Samehang in inhoud en           - Samehang in inhoud en      - Redelike samehang in        - Inhoud en idees nie altyd     idees en inhoud nie.
 Doel, gehoor,             idees                             idees; baie goed             inhoud en idees.              samehangend nie             - Baie min detail
 kenmerke/konvensies     - Idees behoorlik uitgebrei         uitgebrei met detail wat   - Sommige detail              - Min detail ondersteun die     ondersteun die
 en konteks                met detail wat die                die onderwerp                ondersteun die onderwerp.     onderwerp.                    onderwerp.
                           onderwerp ondersteun              ondersteun                 - Formaat oorwegend           - Nodige reëls van formaat    - Nodige reëls van
 15 PUNTE                - Gepaste en akkurate             - Gepaste formaat met          gepas, maar met enkele        vaagweg toegepas.             formaat nie toegepas
                           formaat                           onbeduidende foute           foute.                      - Kritiese foute begaan.        nie.
 TAAL, STYL EN                          9−10                            7− 8                        5− 6                            3− 4                        0− 2
 REDIGERING              - Toon, register, styl en         - Toon, register, styl en    - Toon, register, styl en     - Toon, register, styl en     - Toon, register, styl en
                           woordeskat hoogs geskik vir       woordeskat, baie geskik      woordeskat, geskik vir        woordeskat minder geskik      woordeskat stem nie
 Toon, register, styl,     doel, gehoor en konteks           vir doel, gehoor en          doel, gehoor en konteks       vir doel, gehoor en           ooreen met doel,
 doel/effek, gehoor en   - Grammatika akkuraat en            konteks                    - Enkele grammatikafoute.       konteks                       gehoor en konteks nie
 konteks;.                 goed gekonstrueer               - Grammatika oor die         - Voldoende woordeskat        - Grammatika onakkuraat       - Besaai met foute en
                         - Feitlik foutloos                  algemeen korrek en         - Foute belemmer nie            met etlike foute              verwarrend
 Taalgebruik en
                                                             goed gekonstrueer;           betekenis nie               - Basiese woordeskat          - Woordeskat nie geskik
 konvensies;                                               - Baie goeie woordeskat                                    - Betekenis belemmer            vir doel nie
 Woordkeuse;                                               - Oorwegend foutloos                                                                     - Betekenis ernstig
 Punktuasie en                                                                                                                                        belemmer
 spelling

 10 PUNTE

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P3 GR 12 MEMO SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr-12-memo-sept2020/f9a99ac3-5b21-4159-aca7-7737a23ab5b0) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2019-d/8cfb8d64-c90d-4948-8241-77d73f1d8009) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 MEMO GR12 2013](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo-gr12-2013/7ffde639-95e1-45e0-834e-5f09f0180807) — Afrikaans HL · Memo · 2013 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 QP GR12 SEPT 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-gr12-sept-2021/3d8a0765-43fa-465c-8b97-0c72f3e99464) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2021/42e929f2-d518-448d-9474-d880ba2834f8) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2021/54f8cdfd-5b2e-4cb9-a51e-0ac6aa4c408b) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
