# Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2022 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2022, 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2022/3eab821d-3328-4649-9b69-df2f8a598b74
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2022 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2022/3eab821d-3328-4649-9b69-df2f8a598b74)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2022/635d4025-2ec6-4a06-a793-dc0f35254a58) — QP · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2022

                 AFRIKAANS HUISTAAL V3
                     NASIENRIGLYN

PUNTE:   100

                    Hierdie nasienriglyn bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                    (EC/SEPTEMBER 2022)

 ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

 Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter
 wille van eenvoud en eenvormigheid.

      VERDUIDELIKING                 SIMBOOL               BESKRYWING
 Woordorde                                        Hakies en pyltjie
                                     (       )
 Woord(e) weggelaat              ^                Weglaatteken
 Spelfoute                                        Dubbelstreep onder die spelfout
 Taalfoute                                        Enkelstreep onder die taalfout
 Paragraafindeling               [                Begin van ŉ nuwe sin
 Woord(keuse)-foute                               Trek ŉ x bo-oor die verkeerde
                                 x
                                                  woord
                                                  Regmerkie bo goeie taalgebruik,
 Erkenning van taaljuweeltjies   √
                                                  idees of uitdrukkings
                                 ʃ (in die
 Onduidelik/Onverstaanbaar                        Kronkelstreep
                                 kantlyn)
 Punktuasie                      O                Omkring
 Neem taalvariëteit in ag.

 AFDELING A: OPSTEL

 AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerder mag slegs
 oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel, toepaslik
 volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word
 nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel
 nagesien.

 NASIENRIGLYNE

 Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:

 Voorbeeld:
 Inhoud:                                                           I = KH = 22
 Taal, styl en redigering:                                         T = KL = 10
 Struktuur:                                                        S= K = 4
 Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant                     36
 (onder die opstel):

 Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplannings-
 gedeelte te wees).

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)            AFRIKAANS HUISTAAL V3                                        3

 DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

 Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel
 word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
 Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die
 hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die
 hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die
 samevatting van die hoofgedagte.
 Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of
 sy/haar standpunt insluit. In die geval van ŉ verhalende, beskrywende en
 bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ŉ argumenterende en
 beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.

 VRAAG 1

 Riglyne

 Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die leerder se oogpunt en volgens
 sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum) mag nie
 as bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige soort opstel aan, soos
 byvoorbeeld:

 1.1 As ek toe geweet het wat ek nou weet, sou ek ...

       Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ŉ verhalende/beskrywende opstel
       aanbied,    maar ander aanbiedings is ook aanvaarbaar. In                   ŉ
       verhalende/beskrywende opstel sal die kandidaat die verhaal vanuit ŉ
       agternaperspektief vertel. Die fokus sal wees op hoe die kandidaat anders
       sou optree. Die fokus is op huidige kennis wat ŉ verandering in die verloop
       van ŉ situasie sou hê indien hierdie inligting vroeër bekend was. Die optrede
       na die verkryging van hierdie inligting kan positief of negatief wees. ŉ
       Verskeidenheid interpretasies is moontlik en die uiteindelike verloop van die
       gebeure kan ernstig, spannend of humoristies wees.                                [50]

 1.2 Almal verdien om met respek behandel te word.

       Die kandidaat kan die opstel as ŉ verhalende/beskrywende/bespiegelende/
       argumenterende of beredeneerde opstel aanbied. As verhalende opstel kan
       die kandidaat ŉ verhaal vertel waarin daar gebeure plaasgevind het waarin
       hy/sy met respek behandel is/nie behandel is nie. In ŉ bespiegelende opstel
       kan die kandidaat bespiegel of mense met respek behandel word al dan nie.
       Daar kan uitgebrei word op die redes wat hiertoe aanleiding gee. In ŉ
       argumenterende opstel kan die kandidaat argumente voorhou waarom mense
       met respek behandel word/moet word al dan nie. In ŉ beredeneerde opstel
       kan die kandidaat redeneer of daar respek verdien word al dan nie.                [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               AFRIKAANS HUISTAAL V3                     (EC/SEPTEMBER 2022)

1.3 ŉ Gebrek aan kennis lei tot ŉ donker toekoms.
     Die kandidaat kan die opstel as ŉ verhalende/beskrywende/bespiegelende/
     argumenterende of beredeneerde opstel aanbied. As verhalende/ beskrywende
     opstel kan die kandidaat ŉ verhaal vertel waarin die gebrek aan kennis in
     daardie situasie negatiewe gevolge gehad het. In ŉ bespiegelende opstel kan
     die kandidaat bespiegel of die gebrek aan kennis werklik ŉ negatiewe impak
     het of hoe dit ŉ mens kan beïnvloed. Boekkennis kan hier met vaardighede
     vergelyk word. In ŉ argumenterende opstel kan die kandidaat argumente
     voorhou waarom kennis benodig word om ŉ positiewe toekoms te verseker.
     Die kandidaat kan ook argumente voorhou oor watter negatiewe impak die
     gebrek aan kennis op jou toekoms het. Die fokus kan op matriekleerders en hul
     toekoms wees. In ŉ beredeneerde opstel kan die kandidaat redeneer of die
     gebrek aan kennis op sekere terreine wel ŉ negatiewe impak op die toekoms
     het al dan nie.                                                                      [50]
1.4 Die liefde vergaan nooit nie.

     Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ŉ verhalende/beskrywende opstel
     aanbied. Die fokus sal op die verhaal of beskrywing van ŉ situasie wees. Die
     kandidaat kan ŉ spanningsverhaal, liefdesverhaal, komiese verhaal of enige
     ander toepaslike verhaallyn aanbied. In die verhaal sal daar gefokus word op
     die liefde wat ewigdurend is of altyd oorwin. In ŉ bespiegelende opstel kan die
     kandidaat bespiegel of die liefde werklik ewigdurend is. In ŉ argumenterende
     opstel kan redes voorgehou word waarom die liefde nie vergaan nie terwyl ŉ
     beredeneerde opstel redeneer dat dit wel so is, maar dat daar uitsonderings
     kan wees. Die kandidaat kan ook die teendeel hiervan ontgin m.a.w. dat die
     liefde tog verganklik is.                                                            [50]
1.5 Op daardie oomblik was sy/hy die held.
     Die kandidaat sal hierdie opstel hoofsaaklik as ŉ verhalende/beskrywende opstel
     aanbied. Die fokus van die verhaal is op ŉ situasie waarin ŉ sentrale figuur tot
     die redding van ŉ persoon of situasie gekom het en dus as die held beskou
     word. In ŉ bespiegelende opstel kan die kandidaat bespiegel of die persoon
     werklik as die held in die situasie beskou kan word. In ŉ argumenterende opstel
     kan die kandidaat argumente voorhou waarom die persoon as die held beskou
     kan word. In ŉ beredeneerde opstel kan die kandidaat redeneer dat die
     persoon nie as die held voorkom nie, maar wel een is. Die teendeel hiervan
     kan ook beredeneer word.                                                             [50]
1.6 1.6.1    Figuur op die rots

             Interpretasies kan lei tot ŉ verhalende, beskrywende, bespiegelende,
             argumenterende of beredeneerde opstel. Die kandidate kan ŉ
             verhalende/beskrywende opstel skryf waarin ŉ kruin bereik word. Dit
             kan letterlik of figuurlik wees. Die opstel kan ook handel oor iemand wat
             vryheid ervaar. Die fokus kan ook op die beskrywing van ŉ natuurramp,
             die herstel van die natuur of dankbaarheid vir byvoorbeeld welkome
             reën wees. Daar kan ook op die bewaring van die natuur of aarde
             gefokus word. Daar kan ook op die bewondering van die natuur gefokus
             word. Die figuur kan enige geslag of ras verteenwoordig.                     [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)            AFRIKAANS HUISTAAL V3                                        5

     1.6.2    Kop in die hande

              Die kandidaat kan die opstel as ŉ verhalende/beskrywende/
              bespiegelende/argumenterende of beredeneerde opstel aanbied. As
              verhalende opstel kan die kandidaat ŉ verhaal vertel waarin daar ŉ
              gebeurtenis/gebeure plaasgevind het wat tot innerlike konflik lei. In ŉ
              beskrywende opstel kan die gedagtes beskryf word waarmee die
              kandidaat worstel. ŉ Argumenterende opstel kan argumente voorhou
              waarom innerlike konflik tot nadeel van die persoon se fisiese en/of
              geestelike welstand strek. ŉ Beredeneerde opstel kan die voor- en
              nadele van ŉ besluit/saak opweeg.                                           [50]

     1.6.3    Die verskillende sportsoorte

              In ŉ verhalende opstel kan die storie van die persoon wat die sport
              beoefen, vertel word. Daar hoef nie net op een sportsoort gefokus te
              word nie aangesien daar ŉ verskeidenheid sportsoorte uitgebeeld
              word. Die verhaal kan vertel word hoe sport iemand se lewe verander
              het. In ŉ beskrywende opstel kan die kandidaat die sportman of
              sportvrou beskryf. Die sportsoort self kan ook beskryf word. In ŉ
              argumenterende opstel kan die kandidaat argumenteer sport is
              noodsaaklik vir die mens se welstand. Daar kan ook geargumenteer
              word dat gesonde wedywering in sport goed is. In ŉ beredeneerde
              opstel kan die kandidaat redeneer dat sport iemand se karakter bou
              en ander kere weer iemand se lelike kant uitbring.                         [50]

                                                            TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               AFRIKAANS HUISTAAL V3                    (EC/SEPTEMBER 2022)

 SOORT OPSTELLE:

 VERHALENDE OPSTEL

 Dit is ŉ interessante vertelling van ŉ storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die
 verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.

 Hou die volgende in gedagte:

 •   Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (’n storie of gebeurtenis).
 •   ’n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
 •   Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
 •   Die inhoud is boeiend en interessant, daarom is die inhoud samehangend.
 •   Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar dit kan fiktief wees.
 •   Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
 •   ŉ Treffende inleiding boei die leser.
 •   ŉ Verrassende slot rond die inhoud af.
 •   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
     geniet.
 •   Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.

 BESKRYWENDE OPSTEL

 Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te
 beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die
 onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.

 Hou die volgende in gedagte:

 •   Waarnemings met al vyf sintuie en ŉ goeie woordeskat word vereis.
 •   Insig, begrip, ŉ eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net
     die opnoem van waarnemings).
 •   Tekste kan varieer van meer realisties tot ŉ verdieping in die aanbieding.
 •   Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
 •   Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
 •   Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
 •   Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
 •   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
     geniet.
 •   Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die
     konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.
 •   Stylfigure kan gebruik word.

 BEREDENEERDE OPSTEL

 Dis objektief en probeer om ŉ gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ŉ
 argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp
 onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer
 mag tot ŉ spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die
 argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik
 ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)             AFRIKAANS HUISTAAL V3                                        7

 Hou die volgende in gedagte:
 •    BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
 •    Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
 •    Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
 •    ŉ Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding,
      gemaak. Die slot gee ŉ sterk aanduiding van die skrywer se mening.
 •    Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
 •    Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
 •    Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
      geniet.
 •    Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.

 BESPIEGELENDE OPSTEL

 Die skrywer oorweeg/deurdink ŉ idee/lewenswaarheid en gee sy/haar
 emosionele reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor ŉ droom of
 wense/moontlikhede.

 Hou die volgende in gedagte:

 •    Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
 •    Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar
      opgeweeg.
 •    Dis persoonlik van aard.
 •    Daar is ŉ definitiewe struktuur, maar ŉ gevolgtrekking is nie nodig nie.
 •    Dit hoef nie ŉ gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of
      ernstig geskryf word.
 •    Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
      geniet.

 ARGUMENTERENDE OPSTEL

 Die skrywer het ŉ spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar
 standpunt te motiveer.

 Hou die volgende in gedagte:

 •    Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
 •    ŉ Eie mening word op ŉ baie oorspronklike en treffende manier gegee.
 •    ŉ Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
 •    Verdediging of aanval van ŉ saak word enduit volgehou.
 •    ŉ Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
 •    Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
 •    Daar moet ŉ duidelike en oortuigende slot wees.
 •    Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
      geniet.

                                                          TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                    (EC/SEPTEMBER 2022)

AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste
word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste
teks nagesien.

NASIENRIGLYNE

Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:

Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat:                                            I = K = 10
Taal, styl en redigering:                                                  T=G=6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).       16

Dra dan die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die
beplanningsgedeelte te wees).

VRAAG 2

2.1    INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF

       Die fokus van die brief is tweeledig. In die brief wens die kandidaat sy
       oupa/ouma geluk met sy/ haar verjaarsdag. Die skrywer kan in sy/haar brief
       na sy oupa as sy pa of na sy ouma as sy ma verwys. Daar moet ook
       genoem en uitgebrei word wat die planne vir die eerskomende vakansie is.

       Hou die volgende in gedagte:

       •    Gebruik informele taal, register en styl.
       •    Die skrywer moet verwys na twee aspekte naamlik die gelukwense,
            asook die uitbreiding van die vakansieplanne.
       •    Beskrywende, maar eenvoudige taal behoort voor te kom.
       •    Die briefinhoud behoort logies en volgens bogenoemde doel
            uiteengesit te word.
       •    Briewe behoort ŉ inleiding, liggaam/inhoud en slot te hê.
       •    Die skrywer se adres en datum waarop die brief geskryf word, moet
            in die korrekte formaat/in korrekte spelling (AWS bl. 55 reël 9.14)
            gegee word.
       •    Na die skrywer se adres behoort die informele aanhef te volg.
       •    Die brief behoort informeel afgesluit te word.
       •    Die formaat van die brief is belangrik.                                    [25]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)            AFRIKAANS HUISTAAL V3                                          9

2.2    FORMELE BRIEF AAN DIE PERS

       Die brief het ten doel om die skrywer se mening te gee rondom die inenting
       teen Covid-19. Die briefskrywer kan ten gunste daarvan wees of daarteen
       gekant wees. Die skrywer kan ook bloot lig op die voor- en nadele daarvan
       werp. Dit moet duidelik blyk dat die skrywer kennis van hierdie saak het. Die
       brief moet op die inenting fokus.

       Hou die volgende in gedagte:

       •    Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res van
            die brief se formaat moet korrek wees soos vir formele briewe geld.
       •    Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel.
       •    Styl: Dit behoort saaklik, formeel, maar hoflik te wees. Eenvoudige,
            direkte taal is nodig.
       •    Struktuur: Die brief moet bestaan uit paragrawe waarin gefokus word
            op die inenting teen Covid-19.
       •    Die formele register moet gebruik word, soos benodig in persbriewe.
       •    Indien ŉ skuilnaam gebruik word, moet die formaat steeds korrek wees.
       •    Die afsluiting is formeel en korrek.                                       [25]

2.3    HULDEBLYK

       Bring hulde aan die leerder wat in ŉ motorongeluk oorlede is. Die leerder
       kon die bestuurder van die motor of ŉ passasier gewees het. Indien die
       leerder ŉ voetganger was of die ongeluk met ŉ motorfiets was, neem dit
       waarde van die skryfstuk weg.

       Hou die volgende in gedagte:

       •    Die oorledene se naam en van, adres en ouderdom, datum van
            afsterwe, die plek waar die persoon oorlede is en die oorsaak van die
            dood behoort gegee te word.
       •    Prestasies, hoogtepunte uit die oorledene se lewe en
            gemeenskapsbetrokkenheid kan ingesluit word.
       •    Die fokus behoort te wees op dit wat die leerder vir die skool,
            medeskoliere en gemeenskap beteken het.
       •    Gebeurtenisse/staaltjies en herinneringe kan bydra tot die sukses van
            die huldeblyk.
       •    Taal, styl en register is formeel, opreg en uit die hart.
       •    Eufemismes kan gebruik word.                                          [25]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              AFRIKAANS HUISTAAL V3                      (EC/SEPTEMBER 2022)

2.4   TYDSKRIFARTIKEL

      Die artikel word vir ŉ tienertydskrif geskryf en handel oor tieners wat nie meer
      veilig in hul omgewing voel nie. Die omgewing kan na hul huis, woonbuurt,
      skool, dorp of land verwys.

      Hou die volgende in gedagte:

      •   Dit wat hulle onveilig laat voel, moet beklemtoon word.
      •   Daar is ŉ ooreenkoms tussen ŉ feitelike opstel en ŉ artikel.
      •   Die bedrywende vorm kom ook in die artikel voor.
      •   Die teikengroep moet in gedagte gehou word: in hierdie geval ŉ
          tienertydskrif.
      •   Die artikel kan in kolomme (in paragraafvorm) aangebied word.
      •   Dit kan ook in gewone paragrawe geskryf word.
      •   Aanhalings kan gebruik word.
      •   Die tema of onderwerp moet interessant aangebied word.
      •   Die titel/opskrif is kort/kragtig en treffend en moet by die onderwerp pas.
      •   ŉ Subtitel kan ook gegee word.
      •   Die inleidingsparagraaf moet die inhoud ontsluit. Dit moet ook kort en
          kragtig wees en die leser dadelik in die prentjie bring.
      •   Die meeste/belangrikste feite kan in die eerste paragraaf gegee word. Die
          wie/wat/waar/wanneer/waarom/hoe is opsioneel/kan gebruik word.
      •   Die wat, waar en wanneer word in die volgende paragrawe uitgebrei, soos
          van toepassing.
      •   Meer inligting – die hoe en hoekom – word nou gegee.
      •   Die res van die inligting word daarna in dalende orde van belangrikheid
          gegee.
      •   Die slotparagraaf bevat die gevolgtrekking waartoe gekom word.                  [25]

2.5   TOESPRAAK

      Die fokus van die toespraak is op die aanvaarding van die liggaam.

      •    Die klem van die toespraak is die aanvaarding van die eie liggaam.
      •    Die styl is informeel.
      •    Gee aandag aan: wanneer, waar, hoekom, wie en wat.
      •    Die inleiding moet belangstelling wek.
      •    Ontwikkel weldeurdagte idees
      •    Kort sinne met eenvoudige idees en voorbeelde word gebruik.
      •    Die slot moet die gehoor tot nadenke stem.
      •    Die slot hoef nie noodwendig ŉ samevatting van die toespraak te wees
           nie.                                                                           [25]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)            AFRIKAANS HUISTAAL V3                                    11

 2.6     ONDERHOUD

         Die onderhoud moet met die rolmodel gevoer word. Die fokus moet op die
         redes vir die sukses wees.

         Hou die volgende in gedagte:

         •     Die onderhoud mag as ŉ artikel of dialoog aangebied word.
         •     Vraag en antwoord moet duidelik onderskei kan word.
         •     Elke spreekbeurt word op ŉ nuwe reël begin. (Dialoogformaat)
         •     Die verskil tussen gesproke en geskrewe Afrikaans is belangrik –
               daarom moet die redigering versigtig gedoen word.
         •     ŉ Inleidende sin/paragraaf/scenario behoort waarde tot die skryfstuk
               toe te voeg.
         •     In hierdie geval voer die onderhoudvoerder die onderhoud met ŉ
               rolmodel wat sy/haar suksesresep deel.
         •     In die slotparagraaf/laaste spreekbeurt behoort die onderhoud
               saamgevat te word.                                                      [25]

                                                           TOTAAL AFDELING B:           50
                                                               GROOTTOTAAL:            100

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                                                                     AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                                                  (EC/SEPTEMBER 2022)

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
LET WEL:
•   Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
•   Punte van 0−50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
•   Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ŉ hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
•   Struktuur word nie deur die verdeling in ŉ hoe en lae vlak beïnvloed nie.
      Kriteria                               Uitsonderlik                                    Knap                                   Gemiddeld                         Elementêr                     Onvoldoende
 INHOUD EN                                          28−30                                       22−24                                     16−18                           10−12                             4−6
 BEPLANNING                        - Respons is uitsonderlik/treffend      -   Respons baie goed; getuig van           -   Respons bevredigend                - Wisselvallige samehang in     - Respons heeltemal

                        Hoë vlak
                                     en bo verwagting                          vaardigheid                             -   Idees redelik samehangend en         respons                          irrelevant
 (Respons en                       - Idees is intelligent, volwasse en     -   Idees heeltemal relevant, interessant       oortuigend                         - Idees onduidelik, nie         - Idees deurmekaar en nie
 idees)                              stem leser tot nadenke                    en lewer bewys van volwassenheid        -   Redelike organisasie en redelik      oorspronklik nie                 op onderwerp gefokus nie
 Organisering van                  - Uitsonderlike organisasie en          -    Organisasie baie goed en                   samehangend, insluitend            - Min bewys van organisasie     - Vaag en herhalend
 idees vir                           samehang insluitend inleiding,            samehangend, insluitend inleiding,          inleiding, liggaam en                en samehang                   - Geen organisasie nie en
 beplanning;                         liggaam en samevatting/slot.              liggaam en samevatting/slot                 samevatting/slot                                                      is onsamehangend
 Bewustheid van                                     25−27                                       19−21                                     13−15                            7−9                              0−3
 doel, gehoor en                   - Respons uitmuntend, maar              -   Respons goed; getuig van                -   Respons bevredigend, maar          - Respons is grootliks          - Geen poging aangewend
 konteks                             uitsonderlik treffende eienskappe         vaardigheid                                 verval soms in onduidelikheid        irrelevant                       om in ooreenstemming

                        Lae vlak
                                     van ŉ opstel ontbreek                 -   Idees relevant, interessant             -   Idees redelik samehangend en       - Idees begin los staan en         met onderwerp te wees
                                   - Idees intelligent en volwasse         -    Organisasie goed en samehangend,           oortuigend                           kan verwarrend wees              nie
 30 PUNTE                          - Knap organisasie en samehang,             insluitend inleiding, liggaam en        -   ŉ Mate van organisasie en          - Skaars ŉ bewys van            - Heeltemal irrelevant en
                                     insluitend inleiding, liggaam en          samevatting/slot                            samehang, insluitend inleiding,      organisasie en samehang          ontoepaslik
                                     samevatting/slot)                                                                     liggaam en samevatting/slot                                        - Deurmekaar en geen
                                                                                                                                                                                                 fokus nie
 TAAL, STYL EN                                     14−15                                     11−12                                     8−9                                  5−6                             0−3
 REDIGERING                        - Toon, register, styl en               - Toon, register, styl en woordeskat        - Toon, register, styl en woordeskat   - - Toon, register, styl en     - Taal onverstaanbaar
                                     woordeskat hoogs gepas vir              baie gepas vir doel, gehoor en            - gepas vir doel, gehoor en konteks      woordeskat minder gepas       - Toon, register, styl en

                        Hoë vlak
 Toon, register, styl                doel, gehoor en konteks.                konteks.                                  - Gepaste taalgebruik om                 vir doel, gehoor en konteks      woordeskat nie gepas vir
 en woordeskat is                  - Taalgebruik getuig van vertroue,      - Taalgebruik effektief en ŉ                  betekenis oor te dra                   nie                              doel, gehoor en konteks
 geskik vir                          indrukwekkend                           deurlopende gepaste toon word             - Toon is gepas                        - Taalgebruik baie basies       - Woordeskat so beperk dat
 doel/effek en                     - Toon retories treffend en effektief     gebruik − gepas, konstant;                - Retoriese middele gebruik om         - Toon en woordkeuse skaars        dit onmoontlik is om sin te
 konteks;                          - Grammatika en spelling feitlik        - Grammatika en spelling grootliks            betekenis te versterk                  toepaslik                        maak
 Woordkeuse;                         foutvry                                 foutvry                                                                          - Baie beperkte woordeskat
 Taalgebruik en                    - Knap gedaan                           - Baie goed gedoen
 konvensies,                                          13                                       10                                       7                                   4
 punktuasie,                       - Taalgebruik uitstekend en toon is     - Taalgebruik toepaslik en oor die          - Voldoende taalgebruik, maar          - Taalgebruik onvoldoende

                        Lae vlak
 grammatika,                         retories effektief                      algemeen effektief                          teenstrydighede word opgemerk        - Weinig indien enige
 spelling.                         - Grammatika en spelling feitlik        - Toon gepas en effektief                   - Toon oor die algemeen gepas en         sinsverskeidenheid
                                     foutvry                               - Enkele foute in grammatika en               beperkte gebruik van retoriese       - Woordeskat baie beperk
 15 PUNTE                          - Baie goed tot knap gedaan               spelling.                                   middele
                                                                           - Goed gedoen
 STRUKTUUR                                          5                                          4                                        3                                   2                             0-1
                                   - Uitstekende ontwikkeling van          - Logiese ontwikkeling van details.         - Relevante detail ontwikkel.          - Sommige punte geldig.         - Noodsaaklike punte
 Kenmerke van                        onderwerp                             - Samehangend                               - Sinne en paragrawe goed.             - Sinne en paragrawe foutief.     ontbreek.
 teks;                             - Uitsonderlike detail                  - Sinne en paragrawe logies en toon           gekonstrueer.                        - Opstel maak nog effens sin.   - Sinne en paragrawe
 Paragraaf-                        - Sinne en paragrawe uitsonderlik         variasie.                                 - Opstel maak sin.                                                       foutief.
 ontwikkeling en                     gekonstrueer                                                                                                                                             - Opstel maak nie sin nie.
 sinskonstruksie
 5 PUNTE

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                                                  AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                                                  13

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]

      Kriteria                   Uitsonderlik                       Knap                       Gemiddeld                     Elementêr                  Onvoldoende
 INHOUD,                            13−15                           10−12                        7−9                            4−6                         0−3
 BEPLANNING EN           - Respons uitsonderlik, bo        - Respons baie goed en       - Respons voldoende en        - Basiese respons toon        - Respons toon geen
 FORMAAT                   verwagting                        demonstreer goeie            toon voldoende kennis van     geringe kennis van            kennis van kenmerke
                         - Idees intelligent en volwasse     kennis van kenmerke          kenmerke van die soort        kenmerke van die soort        van die soort teks nie.
 Respons op en idees;    - Grondige kennis van               van die soort teks           teks                          teks.                       - Betekenis onduidelik
 Organisering van          kenmerke van die soort teks     - Behou fokus − geen         - Nie heeltemal gefokus nie   - Aanduiding van fokus,         met groot afwyking.
                         - Skryfstuk behou fokus.            afwyking nie                 − enkele afwykings            maar met afwykings          - Geen samehang in
 idees vir beplanning;
                         - Samehang in inhoud en           - Samehang in inhoud en      - Redelike samehang in        - Inhoud en idees nie altyd     idees en inhoud nie.
 Doel, gehoor,             idees                             idees; baie goed             inhoud en idees.              samehangend nie             - Baie min detail
 kenmerke/konvensies     - Idees behoorlik uitgebrei         uitgebrei met detail wat   - Sommige detail              - Min detail ondersteun die     ondersteun die
 en konteks                met detail wat die                die onderwerp                ondersteun die onderwerp.     onderwerp.                    onderwerp.
                           onderwerp ondersteun              ondersteun                 - Formaat oorwegend           - Nodige reëls van formaat    - Nodige reëls van
 15 PUNTE                - Gepaste en akkurate             - Gepaste formaat met          gepas, maar met enkele        vaagweg toegepas.             formaat nie toegepas
                           formaat                           onbeduidende foute           foute.                      - Kritiese foute begaan.        nie.
 TAAL, STYL EN                          9−10                            7− 8                        5− 6                            3− 4                        0− 2
 REDIGERING              - Toon, register, styl en         - Toon, register, styl en    - Toon, register, styl en     - Toon, register, styl en     - Toon, register, styl en
                           woordeskat hoogs geskik vir       woordeskat, baie geskik      woordeskat, geskik vir        woordeskat minder geskik      woordeskat stem nie
 Toon, register, styl,     doel, gehoor en konteks           vir doel, gehoor en          doel, gehoor en konteks       vir doel, gehoor en           ooreen met doel,
 doel/effek, gehoor en   - Grammatika akkuraat en            konteks                    - Enkele grammatikafoute.       konteks                       gehoor en konteks nie
 konteks;.                 goed gekonstrueer               - Grammatika oor die         - Voldoende woordeskat        - Grammatika onakkuraat       - Besaai met foute en
                         - Feitlik foutloos                  algemeen korrek en         - Foute belemmer nie            met etlike foute              verward
 Taalgebruik en
                                                             goed gekonstrueer;           betekenis nie               - Basiese woordeskat          - Woordeskat nie geskik
 konvensies;                                               - Baie goeie woordeskat                                    - Betekenis belemmer            vir doel nie
 Woordkeuse;                                               - Oorwegend foutloos                                                                     - Betekenis ernstig
 Punktuasie en                                                                                                                                        belemmer
 spelling

 10 PUNTE

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2019-d/8cfb8d64-c90d-4948-8241-77d73f1d8009) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 MEMO GR12 2013](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo-gr12-2013/7ffde639-95e1-45e0-834e-5f09f0180807) — Afrikaans HL · Memo · 2013 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2022/c6956443-8f83-4967-aec5-c587b7e618da) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — Afrikaans HL · QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/1a878435-bdd2-45da-8e0c-99f96c0bae42) — Afrikaans HL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2021/ff108b78-d3ed-481e-bcc0-ecd7d096a8be) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
