# Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape Prelim Exam 2024, 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      NASIONALE
                  SENIORSERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                  SEPTEMBER 2024

               AFRIKAANS HUISTAAL V3
                   NASIENRIGLYN

PUNTE:   100

                  Hierdie nasienriglyn bestaan uit 13 bladsye.

                 Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                   (EC/SEPTEMBER 2024)

ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter wille
van eenvoud en eenvormigheid.

      VERDUIDELIKING                  SIMBOOL               BESKRYWING
Woordorde                                         Hakies en pyltjie
                                      (       )
Woord(e) weggelaat                ^               Weglaatteken
Taalfoute                             _______     Enkelstreep onder die taalfout

Spelfoute                                         Dubbelstreep onder die spelfout
Paragraafindeling                 [               Begin van ŉ nuwe sin
Woord(keuse)-foute                X               Trek ŉ X bo-oor die verkeerde
                                                  woord
Erkenning van taaljuweeltjies     √               Regmerkie bo goeie taalgebruik,
                                                  idees of uitdrukkings
                                  ʃ (in die
Onduidelik/onverstaanbaar                         Kronkelstreep
                                  kantlyn)
Punktuasiefout                    O               Omkring foutiewe leesteken.
Punktuasie                        O               Plaas ŉ sirkel waar leesteken
                                                  moet wees.
Neem funksionele taalvariëteit    D               Skryf ŉ D vir “dialek” in die
in ag.                                            kantlynspasie

AFDELING A: OPSTEL

AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag
slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel,
toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale
poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die
eerste opstel nagesien.

NASIENRIGLYNE

Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:

Voorbeeld:
Inhoud:                                                           I = KH = 22
Taal, styl en redigering:                                         T = KL = 10
Struktuur:                                                        S= K = 4
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant                     36
(onder die opstel):

Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die
beplanningsgedeelte te wees).

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)             AFRIKAANS HUISTAAL V3                                      3

DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

•     Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel
      word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
•     Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die
      hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die
      hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik
      die samevatting van die hoofgedagte.
•     Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening
      of sy/haar standpunt insluit. In die geval van ŉ verhalende, beskrywende en
      bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ŉ argumenterende
      en beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening
      weerspieël.

VRAAG 1

RIGLYNE

Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die leerder se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande nasienriglyn)
mag nie as bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige soort opstel aan,
soos byvoorbeeld:

1.1     Skielik word alles om my donker ...

        Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ŉ verhalende/beskrywende
        opstel aanbied, maar ander aanbiedings is ook aanvaarbaar. In ŉ
        verhalende/beskrywende opstel sal die fokus op ŉ oomblik wees waar alles
        rondom die spreker donker geword het, hetsy as gevolg van beurtkrag/’n
        kragonderbreking/ŉ natuurverskynsel/dood of floute. Die verhaalgebeure
        moet opbou na die oomblik waar alles donker geword het. Die opstel kan
        begin met alles wat donker word en die gebeure wat volg of eindig met alles
        wat donker word na afloop van die gebeure. Figuurlike interpretasies van
        alles wat met donker geassosieer word, bv. depressie of onsekerhede is ook
        aanvaarbaar. Enige ander aanvaarbare interpretasie is toelaatbaar.              [50]

1.2     Graad 12: die jaar van keuses.

        As argumenterende of beredeneerde opstel kan die kandidaat redes
        aanvoer waarom graad 12 die jaar is waarin die meeste keuses gemaak word.
        Die kandidaat kan die opstel as ŉ beskrywende opstel aanbied deur situasies
        in ŉ graad 12-jaar te beskryf waar keuses gemaak moet word. As verhalende
        opstel kan die kandidaat ŉ verhaal vertel van ŉ graad 12-jaar waarin keuses
        gemaak is. In ŉ bespiegelende opstel kan die kandidaat bespiegel of graad
        12 die jaar van keuses is of wat die waarde van die keuses in graad 12 is.
        Enige ander aanvaarbare interpretasie is toelaatbaar.                           [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               AFRIKAANS HUISTAAL V3                    (EC/SEPTEMBER 2024)

1.3   Is dit vir die jeug noodsaaklik om te stem?

      As argumenterende opstel kan die kandidaat redes aanvoer waarom dit vir
      die jeug nodig/nie nodig is om te stem nie. Daar moet ŉ samevatting in die
      slot wees. Die kandidaat kan die opstel as ŉ beskrywende opstel aanbied
      deur situasies te beskryf waarin stemreg belangrik/onbelangrik is/was. As
      verhalende opstel kan die kandidaat ŉ verhaal vertel waarin stemreg
      noodsaaklik/nie noodsaaklik was nie. In ŉ bespiegelende opstel kan die
      kandidaat bespiegel of stemreg noodsaaklik is al dan nie. As beredeneerde
      opstel word beide kante beredeneer met ŉ gevolgtrekking in die slot. Enige
      ander aanvaarbare interpretasie is toelaatbaar.                            [50]

1.4   “Haai Sonneblom, ek wag vir jou op die horison.
      Mag dit lank vat voor jy agterkom hoe mooi jy skyn, my sonneblom.”

      As verhalende/beskrywende opstel kan die kandidaat die verhaal vertel of
      die gebeure beskryf wat aanleiding daartoe gegee het dat hy/sy hierdie
      aanhaling sê. In ŉ bespiegelende opstel kan die kandidaat bespiegel oor
      nederigheid/ŉ goeie selfbeeld. In ŉ argumenterende opstel kan redes
      voorgehou word waarom dit belangrik is om nederig te bly. Die kandidaat kan
      ook die teendeel hiervan ontgin m.a.w. dat dit nie nodig is om hoogmoedig te
      wees/te weet dat jy mooi is nie. As beredeneerde opstel kan beide kante van
      ŉ goeie selfbeeld/hoogmoed beredeneer word. Enige ander aanvaarbare
      interpretasie is toelaatbaar.                                                     [50]

1.5   Die belangrikste les wat ek geleer het.

      Die kandidaat sal hierdie opstel hoofsaaklik as ŉ verhalende/beskrywende
      opstel aanbied. Die fokus van die verhaal is op ŉ belangrike les wat die
      spreker geleer het. In ŉ bespiegelende opstel kan die kandidaat bespiegel
      oor die belangrikheid van lesse wat hy/sy geleer het. In ŉ argumenterende
      opstel kan die kandidaat argumente voorhou oor watter les die belangrikste
      is. ŉ Beredeneerde opstel weeg die twee kante op. Was dit ŉ belangrike
      les, al dan nie. Kom tot ŉ gevolgtrekking in die slot. Enige ander aanvaarbare
      interpretasie is toelaatbaar.                                                     [50]

1.6   Tweegesig

      Die kandidate kan ŉ verhalende opstel skryf waarin die verhaal vertel word
      van ŉ persoon wat voorgegee het om iets te wees wat hy/sy nie is nie/iets
      mooi gesê het, maar ŉ slegte bedoeling daarmee gehad het. In ŉ
      beskrywende opstel kan woorde/gedrag of die impak van voorgee beskryf
      word. In ŉ argumenterende opstel kan argumente aangevoer word waarom
      mense soms tweegesig is. As beredeneerde opstel kan die leerder
      beredeneer dat dit soms nodig is om tweegesig te wees, maar dat dit nie
      wenslik is nie. Enige ander aanvaarbare interpretasie is toelaatbaar.             [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)           AFRIKAANS HUISTAAL V3                                        5

1.7 Springbok en Protea

     As verhalende opstel kan die kandidaat ŉ verhaal vertel waarin hy/sy
     Springbok-/Proteakleure verwerf het. Dit kan ook na ŉ gebeurtenis verwys
     waar die spreker met ŉ springbok te doen gekry het. Opstelle wat fokus op jag,
     ŉ besoek aan ŉ wildtuin, fauna en flora van ons land, verwoesting van die
     natuur of volhoubaarheid is ook aanvaarbaar. In ŉ beskrywende opstel kan
     die springbok/protea as nasionale simbole beskryf word, ook ander soos vis,
     boom, ens. ŉ Argumenterende opstel kan argumente voorhou waarom die
     protea/springbok belangrike simbole in Suid-Afrika of enige ander land is. In ŉ
     beredeneerde opstel kan die leerder beredeneer waarom nasionale simbole
     nodig is al dan nie. Enige aanvaarbare interpretasie is toelaatbaar.               [50]

1.8 Pyltjies op en af

     Die kandidaat kan ŉ verhalende opstel skryf oor dit wat hom/haar sukses laat
     bereik het, maar ook laat misluk het. Die verhaal kan ook handel oor hoe hard
     ŉ persoon moes werk om dit te kry en hoe maklik dit was om dit te verloor. In
     ŉ beskrywende opstel kan die kandidaat die harde werk om sukses te behaal
     en dit wat jou kan laat misluk, beskryf. In ŉ bespiegelende opstel kan die
     kandidaat bespiegel oor wat dit is wat jou suksesvol maak of jou laat misluk.
     In ŉ argumenterende opstel kan die kandidaat argumenteer dat sukses nooit
     volkome bereikbaar is nie. As beredeneerde opstel kan die kandidaat
     beredeneer wat sukses waarborg of nie waarborg nie. Enige ander
     aanvaarbare interpretasie is toelaatbaar.                                          [50]

                                                           TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               AFRIKAANS HUISTAAL V3                   (EC/SEPTEMBER 2024)

SOORT OPSTELLE:

VERHALENDE OPSTEL

Dit is ŉ interessante vertelling van ŉ storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die
verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.

Hou die volgende in gedagte:

•   Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (ŉ storie of gebeurtenis).
•   ’n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
•   Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
•   Die inhoud is boeiend en interessant, daarom is die inhoud samehangend.
•   Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar dit kan fiktief wees.
•   Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
•   ŉ Treffende inleiding boei die leser.
•   ŉ Verrassende slot rond die inhoud af.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
    geniet.
•   Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.

BESKRYWENDE OPSTEL

Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te
beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die
onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.

Hou die volgende in gedagte:

•   Waarnemings met al vyf sintuie en ŉ goeie woordeskat word vereis.
•   Insig, begrip, ŉ eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net
    die opnoem van waarnemings).
•   Tekste kan varieer van meer realisties tot ŉ verdieping in die aanbieding.
•   Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
•   Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
•   Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
•   Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
    geniet.
•   Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die
    konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.
•   Stylfigure kan gebruik word.

BEREDENEERDE OPSTEL

Dis objektief en probeer om ŉ gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ŉ
argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder
bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ŉ
spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente
vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die
ontwikkeling van die opstel.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)           AFRIKAANS HUISTAAL V3                                      7

Hou die volgende in gedagte:

•   BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
•   Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
•   Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
•   ŉ Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat by die inleiding aansluit,
    gemaak. Die slot gee ŉ sterk aanduiding van die skrywer se mening.
•   Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
•   Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
    geniet.
•   Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.

BESPIEGELENDE OPSTEL

Die skrywer oorweeg/deurdink ŉ idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele
reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor ŉ droom of wense/moontlikhede.

Hou die volgende in gedagte:

•   Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
•   Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar
    opgeweeg.
•   Dis persoonlik van aard.
•   Daar is ŉ definitiewe struktuur, maar ŉ gevolgtrekking is nie nodig nie.
•   Dit hoef nie ŉ gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of
    ernstig geskryf word.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
    geniet.

ARGUMENTERENDE OPSTEL

Die skrywer het ŉ spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt
te motiveer.

Hou die volgende in gedagte:

•   Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
•   ŉ Eie mening word op ŉ baie oorspronklike en treffende manier gegee.
•   ŉ Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
•   Verdediging of aanval van ŉ saak word enduit volgehou.
•   ŉ Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
•   Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
•   Daar moet ŉ duidelike en oortuigende slot wees.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
    geniet.

                                                        TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                    (EC/SEPTEMBER 2024)

AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word
nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks
nagesien.

RIGLYNE
Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:

Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat:                                            I = K = 10
Taal, styl en redigering:                                                 T=G=6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).       16

Dra dan die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die
beplanningsgedeelte te wees).

VRAAG 2

2.1   E-POS

      Die informele e-pos word aan ŉ vriend/vriendin geskryf. Die fokus van die e-
      pos is tweeledig. In die e-pos moet die spreker die vriend/vriendin probeer
      oorreed om terug te keer Suid-Afrika toe en melding maak van alles wat Suid-
      Afrika vir hom/haar kan bied.

      Hou die volgende in gedagte:

      •    Die skryfstyl is informeel, maar korrekte taal word vereis.
      •    Die formaat moet voorsiening maak vir twee e-posadresse asook die
           onderwerp soos in die vraestel aangetoon.
      •    Die informele e-pos is gewoonlik onderhoudende kommunikasie tussen
           twee partye wat mekaar betreklik goed ken.
      •    Die e-pos moet ŉ aanhef hê, bv. Goeiemôre/Dag Sarel
      •    Die onderwerp behoort in die eerste paragraaf vermeld te word: Die klem
           behoort op die oortuiging te val.
      •    In die liggaam van die e-pos word daar uitgebrei op die redes waarom
           Suid-Afrika baie kan bied.
      •    Die slot is net so belangrik as die inleiding. Daar is ŉ paar
           standaardmaniere om die e-pos mee af te sluit: Groete./Vriendelike
           groete./Alles van die beste./Beste wense.
      •    Bogenoemde kan as ŉ paragraaf in ‘n aparte reël geskryf word. Dit kan
           ook deel van die slot wees
      •    Die e-pos word deur die naam (en van) van die skrywer afgesluit.              [25]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)            AFRIKAANS HUISTAAL V3                                          9

2.2    FORMELE BRIEF: BEDANKING

       Hierdie formele brief word aan die bestuurder van ŉ bekende maatskappy
       gerig waarin die briefskrywer dankie sê vir die studiebeurs wat hy/sy ontvang
       het asook die bestuurder inlig oor wat hy/sy beplan om te studeer.

       Hou die volgende in gedagte:

       •    Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res van
            die brief se formaat moet korrek wees soos vir formele briewe geld.
       •    Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel.
       •    Styl: Dit behoort saaklik, formeel, maar hoflik te wees. Eenvoudige,
            direkte taal is nodig.
       •    Struktuur: Die brief moet bestaan uit paragrawe waarin gefokus word op
            die dank en waardering vir die beurs asook die studieplanne van die
            spreker.
       •    Die formele register moet gebruik word soos benodig in formele
            korrespondensie. Die aanspreekvorm “u” word dus gebruik.
       •    Die afsluiting is formeel en korrek.

            Die uwe/Vriendelike groete/Groete
            AMarais
            A. Marais                                                                  [25]

2.3    HULDEBLYK

       Bring hulde aan ŉ onderwyser wat skielik oorlede is.

       Hou die volgende in gedagte

       •    Die oorledene se naam en van, adres en ouderdom, datum van
            afsterwe, die plek waar die persoon oorlede is en die oorsaak van die
            dood behoort gegee te word.
       •    Prestasies, hoogtepunte uit die oorledene se lewe en
            gemeenskapsbetrokkenheid kan ingesluit word.
       •    Die fokus behoort te wees op dit wat die onderwyser vir die spreker en
            die skool beteken het.
       •    Gebeurtenisse/staaltjies en herinneringe kan tot die sukses van die
            huldeblyk bydra.
       •    Taal, styl en register is formeel, opreg en uit die hart.
       •    Eufemismes kan gebruik word.                                               [25]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               AFRIKAANS HUISTAAL V3                     (EC/SEPTEMBER 2024)

2.4   INFORMELE VERSLAG

      Die verslag fokus op die terugvoer van ŉ fondsinsamelingsfunksie wat
      onlangs by die skool gehou is.

      Hou die volgende in gedagte:

      •    Die informele verslag het ŉ bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek
           moet wees.
      •    Die aanslag is informeel, dog saaklik.
      •    Die doel van die verslag moet duidelik wees, nl. om verslag te lewer oor
           die fondsinsamelingsfunksie.
      •    Die skrywer lewer objektief verslag oor die funksie.
      •    Die verslag word in die verlede tyd geskryf as daar na die funksie
           verwys word.
      •    Die verslag word in die eerstepersoon gedoen.
      •    Feite moet akkuraat, bondig en objektief aangebied word.
      •    Aan die einde van die verslag moet daar ook ŉ aanbeveling/
           aanbevelings vir ŉ volgende fondsinsamelingsfunksie wees.                      [25]

2.5   ONDERHOUD

      Die onderhoud is tussen die kandidaat en nuwe skoolhoof. Die onderhoud
      fokus op dit wat die skoolhoof beplan om by die skool te verander.

      Hou die volgende in gedagte:

      •    Die onderhoud behoort in vraag-en-antwoordmetode of dialoogvorm
           geskryf te word.
      •    Die doel van die onderhoud is om inligting in te win oor watter verandering
           die nuwe skoolhoof vir die skool beplan.
      •    Die slot vat die kern van die onderhoud saam.
      •    Die leser se belangstelling moet geprikkel word.
      •    Die toon, styl en woordkeuse moet respekvol wees en by die aard van
           die onderhoud pas.                                                             [25]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)            AFRIKAANS HUISTAAL V3                                      11

 2.6    INFORMELE TOESPRAAK

        Die inhoud van die toespraak fokus op die jeug wat goed genoeg is.

        Hou die volgende in gedagte:

        •   Die toespraak word tydens ŉ informele geleentheid gelewer.
        •   Die jeug moet aangespreek word, bv. Goeiedag Seuns en Dogters.
        •   Die teikengehoor moet in gedagte gehou word.
        •   Die inleidingsin moet sterk en prikkelend wees.
        •   Die onderwerp kan reeds in die eerste paragraaf genoem word.
        •   Die onderwerp word in die daaropvolgende paragrawe uitgebrei.
        •   Die toespraak moet motiverend van aard wees.
        •   In die slotparagraaf word die argumente treffend en bondig saamgevat.      [25]

                                                         TOTAAL AFDELING B:             50
                                                             GROOTTOTAAL:              100

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                                                                                         AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                              (EC/SEPTEMBER 2024)

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
LET WEL:
•   Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
•   Punte van 0−50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
•   Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ŉ hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
•   Struktuur word nie deur die verdeling in ŉ hoe en lae vlak beïnvloed nie.
      Kriteria                               Uitsonderlik                                    Knap                                   Gemiddeld                         Elementêr                       Onvoldoende
 INHOUD EN                                          28−30                                       22−24                                     16−18                           10−12                               4−6
 BEPLANNING                        - Respons is uitsonderlik/treffend      -   Respons baie goed; getuig van           -   Respons bevredigend                - Wisselvallige samehang in       - Respons heeltemal
                                     en bo verwagting                          vaardigheid                             -   Idees redelik samehangend en         respons                            irrelevant

                        Hoë vlak
 (Respons en                       - Idees is intelligent, volwasse en     -   Idees heeltemal relevant, interessant       oortuigend                         - Idees onduidelik, nie           - Idees deurmekaar en nie
 idees)                              stem leser tot nadenke                    en lewer bewys van volwassenheid        -   Redelike organisasie en redelik      oorspronklik nie                   op onderwerp gefokus nie
 Organisering van                  - Uitsonderlike organisasie en          -    Organisasie baie goed en                   samehangend, insluitend            - Min bewys van organisasie       - Vaag en herhalend
 idees vir                           samehang insluitend inleiding,            samehangend, insluitend inleiding,          inleiding, liggaam en                en samehang                     - Geen organisasie nie en
 beplanning;                         liggaam en samevatting/slot.              liggaam en samevatting/slot                 samevatting/slot                                                        is onsamehangend
 Bewustheid van                                     25−27                                       19−21                                     13−15                            7−9                                0−3
 doel, gehoor en                   - Respons uitmuntend, maar              -   Respons goed; getuig van                -   Respons bevredigend, maar          - Respons is grootliks            - Geen poging aangewend
 konteks                             uitsonderlik treffende eienskappe         vaardigheid                                 verval soms in onduidelikheid        irrelevant                         om in ooreenstemming

                        Lae vlak
                                     van ŉ opstel ontbreek                 -   Idees relevant, interessant             -   Idees redelik samehangend en       - Idees begin los staan en           met onderwerp te wees
                                   - Idees intelligent en volwasse         -    Organisasie goed en samehangend,           oortuigend                           kan verwarrend wees                nie
 30 PUNTE                          - Knap organisasie en samehang,             insluitend inleiding, liggaam en        -   ŉ Mate van organisasie en          - Skaars ŉ bewys van              - Heeltemal irrelevant en
                                     insluitend inleiding, liggaam en          samevatting/slot                            samehang, insluitend inleiding,      organisasie en samehang            ontoepaslik
                                     samevatting/slot)                                                                     liggaam en samevatting/slot                                          - Deurmekaar en geen
                                                                                                                                                                                                   fokus nie
 TAAL, STYL EN                                     14−15                                     11−12                                     8−9                                  5−6                               0−3
 REDIGERING                        - Toon, register, styl en               - Toon, register, styl en woordeskat        - Toon, register, styl en woordeskat   - - Toon, register, styl en       - Taal onverstaanbaar
                                     woordeskat hoogs gepas vir              baie gepas vir doel, gehoor en            - gepas vir doel, gehoor en konteks      woordeskat minder gepas         - Toon, register, styl en
 Toon, register, styl                doel, gehoor en konteks.                konteks.                                  - Gepaste taalgebruik om                 vir doel, gehoor en konteks        woordeskat nie gepas vir

                        Hoë vlak
 en woordeskat is                  - Taalgebruik getuig van vertroue,      - Taalgebruik effektief en ŉ                  betekenis oor te dra                   nie                                doel, gehoor en konteks
 geskik vir                          indrukwekkend                           deurlopende gepaste toon word             - Toon is gepas                        - Taalgebruik baie basies         - Woordeskat so beperk dat
 doel/effek en                     - Toon retories treffend en effektief     gebruik − gepas, konstant;                - Retoriese middele gebruik om         - Toon en woordkeuse skaars          dit onmoontlik is om sin te
 konteks;                          - Grammatika en spelling feitlik        - Grammatika en spelling grootliks            betekenis te versterk                  toepaslik                          maak
 Woordkeuse;                         foutvry                                 foutvry                                                                          - Baie beperkte woordeskat
 Taalgebruik en                    - Knap gedaan                           - Baie goed gedoen
 konvensies,                                          13                                       10                                       7                                   4
 punktuasie,                       - Taalgebruik uitstekend en toon is     - Taalgebruik toepaslik en oor die          - Voldoende taalgebruik, maar          - Taalgebruik onvoldoende

                        Lae vlak
 grammatika,                         retories effektief                      algemeen effektief                          teenstrydighede word opgemerk        - Weinig indien enige
 spelling.                         - Grammatika en spelling feitlik        - Toon gepas en effektief                   - Toon oor die algemeen gepas en         sinsverskeidenheid
                                     foutvry                               - Enkele foute in grammatika en               beperkte gebruik van retoriese       - Woordeskat baie beperk
 15 PUNTE                          - Baie goed tot knap gedaan               spelling.                                   middele
                                                                           - Goed gedoen
 STRUKTUUR                                          5                                          4                                        3                                   2                               0–1
                                   - Uitstekende ontwikkeling van          - Logiese ontwikkeling van details.         - Relevante detail ontwikkel.          - Sommige punte geldig.           - Noodsaaklike punte
 Kenmerke van                        onderwerp                             - Samehangend                               - Sinne en paragrawe goed.             - Sinne en paragrawe foutief.       ontbreek.
 teks;                             - Uitsonderlike detail                  - Sinne en paragrawe logies en toon           gekonstrueer.                        - Opstel maak nog effens sin.     - Sinne en paragrawe
 Paragraafontwikke                 - Sinne en paragrawe uitsonderlik         variasie.                                 - Opstel maak sin.                                                         foutief.
 ling en                             gekonstrueer                                                                                                                                               - Opstel maak nie sin nie.
 sinskonstruksie
 5 PUNTE

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                                                Blaai om asseblief

                                                                                         Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                                                  AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                                                      13

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]

      Kriteria                   Uitsonderlik                       Knap                       Gemiddeld                      Elementêr                 Onvoldoende
 INHOUD,                            13−15                           10−12                        7−9                             4−6                        0−3
 BEPLANNING EN           - Respons uitsonderlik, bo        - Respons baie goed          - Respons voldoende en        - Basiese respons
 FORMAAT                   verwagting
                         - Idees intelligent en volwasse
 Respons op en idees;    - Grondige kennis van             - Demonstreer goeie          - Toon voldoende kennis       - Toon geringe kennis van     - Respons toon geen
 Organisering van          kenmerke van die soort            kennis van kenmerke          van kenmerke van die          kenmerke van die soort        kennis van kenmerke
                           teks.                             van die soort teks.          soort teks.                   teks.                         van die soort teks nie.
 idees vir beplanning;
                         - Skryfstuk behou fokus.          - Behou fokus − geen         - Nie heeltemal gefokus nie   - Aanduiding van fokus,       - Betekenis onduidelik
 Doel, gehoor,
                                                             afwyking nie.                − enkele afwykings.           maar met afwykings.           met groot afwyking.
 kenmerke/konvensies     - Samehang in inhoud.             - Samehang in inhoud.        - Redelike samehang in        - Inhoud en idees nie altyd   - Geen samehang in
 en konteks                Idees behoorlik uitgebrei.        Idees baie goed              inhoud en idees.              samehangend nie.              idees en inhoud nie.
                                                             uitgebrei.
 15 PUNTE                - Detail wat die onderwerp        - Detail wat die onderwerp   - Sommige detail              - Min detail ondersteun die   - Baie min detail
                           ondersteun.                       ondersteun.                  ondersteun die onderwerp.     onderwerp.                    ondersteun die
                                                                                                                                                      onderwerp.
                         - Gepaste en akkurate             - Gepaste formaat met        - Formaat oorwegend           - Nodige reëls van formaat    - Nodige reëls van
                           formaat.                          onbeduidende foute.          gepas, maar met enkele        vaagweg toegepas.             formaat nie toegepas
                                                                                          foute.                      - Kritiese foute begaan         nie.
 TAAL, STYL EN                        9−10                              7− 8                        5− 6                            3− 4                       0− 2
 REDIGERING              - Toon, register, styl en         - Toon, register, styl en    - Toon, register, styl en     - Toon, register, styl en     - Toon, register, styl en
                           woordeskat hoogs geskik vir       woordeskat, baie geskik      woordeskat, geskik vir        woordeskat minder geskik      woordeskat stem nie
 Toon, register, styl,     doel, gehoor en konteks.          vir doel, gehoor en          doel, gehoor en konteks.      vir doel, gehoor en           ooreen met doel,
 doel/effek, gehoor en                                       konteks.                                                   konteks.                      gehoor en konteks nie.
 konteks;.               - Grammatika akkuraat en          - Grammatika oor die         - Enkele grammatikafoute.     - Grammatika onakkuraat       - Besaai met foute en
                           goed gekonstrueer.                algemeen korrek en                                         met etlike foute.             verward.
 Taalgebruik en
                                                             goed gekonstrueer.
 konvensies;
                                                           - Baie goeie woordeskat.     - Voldoende woordeskat.       - Basiese woordeskat.         - Woordeskat nie geskik
 Woordkeuse;                                                                                                                                          vir doel nie.
 Punktuasie en           - Feitlik foutloos.               - Oorwegend foutloos.        - Foute belemmer nie          - Betekenis belemmer.         - Betekenis ernstig
 spelling                                                                                 betekenis nie.                                              belemmer.

 10 PUNTE

Kopiereg voorbehou

                                                                   Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2020 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2020-memo/3616620c-736f-4168-94a2-f6f69f2a226d) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2019-d/8cfb8d64-c90d-4948-8241-77d73f1d8009) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2018 Memo FINAL](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2018-memo-final/8030a9f3-454f-4188-95d0-c070eac72914) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0d3edb3f-1c44-4a82-a9fa-7832a4161288) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
