# Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2021 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021, 6 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2021/ff108b78-d3ed-481e-bcc0-ecd7d096a8be
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 6

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2021 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2021/ff108b78-d3ed-481e-bcc0-ecd7d096a8be)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2021

                 AFRIKAANS HUISTAAL V3

PUNTE:   100

TYD:     3 uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 AFRIKAANS HUISTAAL V3                  (EC/SEPTEMBER 2021)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    1.    Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings.

          AFDELING A: Opstel                                      (50)
          AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste (2 x 25)       (50)

    2.    Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B.

    3.    Skryf in die taal waarin jy geassesseer word.

    4.    Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

    5.    Jy moet jou werk beplan (bv. ŉ breinkaart/diagram/vloeidiagram/
          kernwoorde, ens.), taalversorg en proeflees. Die beplanning moet VOOR
          die finale produk gedoen word.

    6.    Alle beplanning moet duidelik aangedui word en daarna netjies
          deurgehaal word.

    7.    Jy moet jou tyd soos volg bestee:

          AFDELING A: ongeveer 90 minute
          AFDELING B: ongeveer 90 (2 x 45) minute

    8.    Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

    9.    Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde
          getel word NIE.

    10.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)          AFRIKAANS HUISTAAL V3                                            3

  AFDELING A: OPSTEL

  VRAAG 1

  Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ŉ OPSTEL van 400 tot 450
  woorde. Skryf die nommer en die titel/opskrif van jou opstel neer.

  1.1    Die dag wat alles vir altyd verander het ...                                  [50]

  1.2    Só het ek weer rigting gekry.                                                 [50]

  1.3    Mooi ... mooier ... mooiste ...                                               [50]

  1.4    Jongmense het groot opinies.                                                  [50]

  1.5.   ... en só het ek my (by)naam gekry.                                           [50]

  1.6    Bestudeer die prente hieronder en skryf ŉ OPSTEL oor EEN. Skryf die
         vraagnommer (1.6.1, 1.6.2 OF 1.6.3) en jou eie titel neer.

         1.6.1

                                                     [Bron: globalperspectives.info]   [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                           AFRIKAANS HUISTAAL V3                   (EC/SEPTEMBER 2021)

         1.6.2

                                                [Bron: instagram.tobiasvisuals]   [50]

         1.6.3

                                                             [Bron: signs.com]    [50]

                                                    TOTAAL AFDELING A:             50

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)            AFRIKAANS HUISTAAL V3                                          5

 AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

 VRAAG 2

 Kies TWEE van die volgende onderwerpe en skryf 180 tot 200 woorde oor elkeen.
 Skryf die nommer en die titel/opskrif van die teks wat jy gekies het, neer.

 2.1     INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF

         Jy het onlangs leer bestuur en besluit om jou broer/suster wat in ŉ ander
         stad studeer, se motor te ‘leen’ om na die plaaslike winkelsentrum te ry.
         By die huis het jy agtergekom dat daar ŉ groot skraapmerk aan die
         agterkant van die motor is. Jy weet jou broer/suster pas sy/haar motor
         baie goed op en jy is benoud oor sy/haar reaksie.

         Skryf ŉ VRIENDSKAPLIKE BRIEF aan hom/haar waarin jy die gebeure
         verduidelik en onderneem om die skade te herstel.                            [25]

 2.2     FORMELE BRIEF: BRIEF AAN DIE PERS

         Jy het onlangs die nuus gehoor dat jou dorp/stad se naam gaan verander.
         Jy stem glad nie saam met hierdie naamsverandering nie.

         Skryf ŉ BRIEF AAN DIE PERS waarin jy duidelik uiteensit waarom jy nie
         met die naamsverandering saamstem nie.                                      [25]

 2.3     TYDSKRIFARTIKEL

         Deesdae is min jongmense tevrede met hulself. Hulle is baie
         mededingend en raak gou moedeloos as hul sukkel om hul doelwitte te
         bereik.

         Skryf ŉ TYDSKRIFARTIKEL vir jongmense met die titel: Dit is oukei om
         nie perfek te wees nie.                                                     [25]

 2.4     HULDEBLYK

         Jou ouers is al 30 jaar getroud en vier eersdaags hul huweliksherdenking.
         Julle beplan ŉ familie-byeenkoms en jy gaan die huldeblyk aan jou ouers
         by hierdie geleentheid lewer.

         Skryf die HULDEBLYK aan jou ouers waarin jy hul bedank vir alles wat
         hulle vir julle as gesin en familie beteken het.                            [25]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                    (EC/SEPTEMBER 2021)

 2.5     DIALOOG

         Jy werk hard om die beste moontlike punte te kry, want jy wil na matriek
         verder gaan studeer. Julle bure het egter twee honde wat aanhoudend
         blaf en geraas maak. Jy sukkel om deur die dag te konsentreer en snags
         blaf hulle ook.

         Skryf die DIALOOG tussen jou en jul buurman waar jy hierdie probleem
         met hom bespreek en moontlike oplossings vir hierdie situasie gee.           [25]

 2.6     ONDERHOUD

         Aan die einde van verlede jaar was een van die matrikulante by julle skool
         onder die toppresteerders in die provinsie.

         Voer ŉ ONDERHOUD met hierdie matrikulant waarin jy hom/haar oor
         sy/haar suksesresep uitvra.                                                  [25]

                                                          TOTAAL AFDELING B:           50
                                                              GROOTTOTAAL:            100

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P1 QP GR12 SEPT 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-gr12-sept-2021/3d8a0765-43fa-465c-8b97-0c72f3e99464) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2021/42e929f2-d518-448d-9474-d880ba2834f8) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2021/54f8cdfd-5b2e-4cb9-a51e-0ac6aa4c408b) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/1a878435-bdd2-45da-8e0c-99f96c0bae42) — Afrikaans HL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2022/635d4025-2ec6-4a06-a793-dc0f35254a58) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2018/32d2c07a-21b1-4b79-b92f-17522a2bfc63) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
