# Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024, 6 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 6

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIORSERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2024

                 AFRIKAANS HUISTAAL V3

PUNTE:   100

TYD:     3 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.

                   Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  AFRIKAANS HUISTAAL V3            (EC/SEPTEMBER 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

      AFDELING A: Opstel                                     (50)
      AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste (2 x 25)      (50)

2.    Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B.

3.    Skryf in die taal waarin jy geassesseer word.

4.    Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

5.    Jy moet jou werk beplan (bv. deur ŉ breinkaart/diagram/vloeidiagram/
      kernwoorde te gebruik), taalversorg en proeflees. Die beplanning moet
      VOOR die finale produk gedoen word.

6.    Alle beplanning moet duidelik aangedui word en daarna netjies deurgehaal
      word.

7.    Jy moet jou tyd soos volg bestee:

      AFDELING A: ongeveer 100 minute
      AFDELING B: ongeveer 80 (2 x 40) minute

8.    Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

9.    Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel
      word NIE.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)         AFRIKAANS HUISTAAL V3                                        3

AFDELING A: OPSTEL

VRAAG 1

Kies EEN van die volgende onderwerpe/prente en skryf ŉ OPSTEL van 400 tot 450
woorde. Skryf die nommer en die titel/opskrif van jou opstel neer.

1.1     Skielik word alles om my donker ...                                         [50]

1.2     Graad 12: die jaar van keuses.                                              [50]

1.3     Is dit vir die jeug noodsaaklik om te stem?                                 [50]

1.4     “Haai Sonneblom, ek wag vir jou op die horison.
        Mag dit lank vat voor jy agterkom hoe mooi jy skyn, my
        sonneblom.” - Droomsindroom                                                 [50]

1.5     Die belangrikste les wat ek geleer het.                                     [50]

Bestudeer die prente hieronder en skryf ŉ OPSTEL oor EEN. Skryf die
vraagnommer (1.6, 1.7 OF 1.8) en jou eie titel neer.

1.6

                                                           [Bron: www.vhv.rs.com]   [50]

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

                        Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                        AFRIKAANS HUISTAAL V3                    (EC/SEPTEMBER 2024)

1.7

                                                 [Bron: https://za.pinterest.com]   [50]

1.8

                                          [Bron: https://www.shutterstock.com]      [50]

                                                 TOTAAL AFDELING A:                  50

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

                     Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)            AFRIKAANS HUISTAAL V3                                        5

AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

VRAAG 2

Kies TWEE van die volgende onderwerpe en skryf 180 tot 200 woorde oor elkeen.
Skryf die nommer en die titel/opskrif van die teks wat jy gekies het, neer.

2.1      E-POS

         Jou beste vriend/vriendin het onlangs geëmigreer.

          Van
          Aan
          Onderwerp
          Boodskap:

         Gebruik bostaande formaat en stuur ŉ E-POS aan hom/haar waarin jy
         hom/haar probeer oorreed om terug te kom Suid-Afrika toe. Maak ook in
         jou e-pos melding van wat Suid-Afrika alles vir hom/haar kan bied.           [25]

2.2      FORMELE BRIEF

         Jy is deur ŉ bekende maatskappy as die ontvanger van ŉ studiebeurs
         aangewys.

         Skryf ŉ BEDANKINGSBRIEF aan die maatskappy waarin jy hulle vir die
         beurs bedank en oor jou studieplanne inlig.                                  [25]

2.3      HULDEBLYK

         Jou gunstelingonderwyser is skielik oorlede.

         Skryf ŉ HULDEBLYK oor hierdie onderwyser wat jy tydens die gedenkdiens
         by die skool gaan lewer.                                                     [25]

2.4      INFORMELE VERSLAG

         Jy was deel van die reëlingskomitee vir ŉ fondsinsamelingsfunksie by jou
         skool.

         Skryf na afloop van die funksie ŉ VERSLAG vir die beheerliggaam.             [25]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              AFRIKAANS HUISTAAL V3                 (EC/SEPTEMBER 2024)

2.5     ONDERHOUD

        Jou skool het ŉ nuwe skoolhoof wat veranderinge by die skool wil maak.

        Voer ŉ ONDERHOUD met hom/haar vir die skoolkoerant oor sy/haar
        planne vir die skool.                                                       [25]

2.6     INFORMELE TOESPRAAK

        Jy is gevra om ŉ toespraak met die volgende opskrif vir jou gemeenskap
        se jeug te lewer:

        Jy is goed genoeg.

        Skryf die TOESPRAAK.                                                        [25]

                                                        TOTAAL AFDELING B:           50
                                                            GROOTTOTAAL:            100

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Afrikaans HL · Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0d3edb3f-1c44-4a82-a9fa-7832a4161288) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/1a878435-bdd2-45da-8e0c-99f96c0bae42) — Afrikaans HL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2022/635d4025-2ec6-4a06-a793-dc0f35254a58) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [Afrikaans HT GR. 12 V 2 JUNIE 2023 FINAAL](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-ht-gr-12-v-2-junie-2023-finaal/4cfda32a-8937-4c06-b165-cdfa2820cd2d) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2023/570bfb5d-f864-4400-8cd2-30d4b1b647c7) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 MEMO GR12 SEPT 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-memo-gr12-sept-2022/3073e906-8969-412a-869e-48eff08f4ccc) — Memo · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2022/3eab821d-3328-4649-9b69-df2f8a598b74) — Memo · 2022 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2022/b6902408-ac2a-4a7c-a4f3-5057a283114e) — QP · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
