# Afrikaans HL Grade 9 Paper 3 November EC 2018 Memo

> Grade 9 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the November EC 2018, 11 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr9-memo-nov2018/3bfcedf7-9180-41f2-b7db-079829fa0e89
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 9
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: November EC
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 9 Paper 3 November EC 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr9-memo-nov2018/3bfcedf7-9180-41f2-b7db-079829fa0e89)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 9 · November EC · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 9

                      NOVEMBER 2018

                AFRIKAANS HUISTAAL V3
                    NASIENRIGLYN

PUNTE:   45

                 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 11 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                        (EC/NOVEMBER 2018)

 Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van
 skryfwerk ter wille van eenvoud en eenvormigheid.

       SIMBOOL               BESKRYWING                  VERDUIDELIKING
 0                        Sirkel                   Punktuasiefout
                          Dubbelstrepie onder      Spelfout
                          ŉ woord
                          Lang streep onder ŉ      Foutiewe woordgebruik
                          woord
                          Sirkel met pyltjie       Woordorde

 /\                       Weglaatteken             Woord weggelaat
 T                        Hoofletter T in          Tye verwar
                          kantlyn
 H                        Dubbele hh               Herhaling van gedagtes
 VR                       Vraestel                 Dele saamgeflans met vraestel
                                                   gebruik
 ?                        Vraagteken               Baie verwarrend/sukkel om te
                                                   verstaan wat leerder skryf
 [                        Enkel hakie              Nuwe paragraaf
 E                        Letter “e” bo woord      Engelse woord gebruik

 ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

 AFDELING A: OPSTEL

 AFDELING A word volgens die rubriek uit 30 geassesseer. Die
 kandidaat mag slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag
 enige soort opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp
 interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien.
 Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel
 nagesien.

 NASIENRIGLYNE

 Dui aan die einde van die opstel die punte soos volg aan:

 VOORBEELD:
 Inhoud, beplanning en formaat:                            IBF – K4 = 8
 Taal, styl en redigering:                                TSR – K4 = 8
                                                          TOT.      = 16
 Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel).
 Dra die punt uit 30 oor na die BEGIN van die vraag (behoort by die
 beplanningsgedeelte te wees).

 LET WEL: Indien die punt 9½ sou wees, dra dit dan as 10 oor.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)               AFRIKAANS HUISTAAL V3                                        3

 DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

      Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp
       bekendgestel word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te
       wees.

      Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne
       gewoonlik die hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter
       ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings van die skrywer.
       Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die
       hoofgedagte.

      Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer
       se mening of sy/haar standpunt insluit. In die geval van ŉ
       verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat die slot die
       opstel saam, terwyl ŉ argumenterende en beredeneerde opstel se
       slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.

 VRAAG 1

 Riglyne

 Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se
 oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede
 (onderstaande nasienriglyn) mag nie as bindend beskou word nie. Die
 kandidaat bied dus enige soort opstel aan, soos byvoorbeeld:

 1.1     Dit is goed om op skool ŉ vaste verhouding op skool te hê ... of nie?

         Hierdie onderwerp leen hom tot die skryf van ŉ argumenterende of
         beredeneerde opstel waar die kandidaat hom/haar uitspreek of dit
         goed/nadelig is om ŉ vaste verhouding op skool te hê of nie. In ŉ
         beskrywende opstel kan die kandidaat gebeure beskryf/vertel waarom
         hy/sy ŉ mening daaroor het.                                                     [30]

 1.2     Aanhaling oor taal

         Hierdie onderwerp kan lei tot verskeie interpretasies wat onder andere
          verhalend of beskrywend kan wees. Die kandidaat kan enige prikkel in
          die aanhaling neem en daarop fokus. Verskeie maniere kan beskryf word
          hoe om die taal te bewaar of ŉ liefde vir die taal uit te beeld. Hierdie
          onderwerp leen hom ook tot die skryf van ŉ argumenterende of
          beredeneerde opstel waar die kandidaat bv. oor die
         voor-/nadele van Kaaps Afrikaans kan skryf.                                     [30]

 1.3     Vertel die verhaal volledig na aanleiding van die gegewens.

         ŉ Verhaal sal op hierdie onderwerp as tema fokus. Die onderwerp kan
         ook tot ŉ spannende verhaal lei. Indien die kandidaat skryf oor die
         belewing van die persoon, kan dit as ŉ beskrywende opstel aanvaar word.         [30]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 AFRIKAANS HUISTAAL V3                    (EC/NOVEMBER 2018)

 1.4    Waarom hierdie op my wenslys is …

        Die kandidaat kan dit wat op sy/haar wenslys is, beskryf en motiveer
        waarom hy/sy dit graag wil hê. Die wenslys kan letterlike asook figuurlike
        aspekte insluit. ŉ Blote opnoem van verskeie dinge is nie aanvaarbaar nie.      [30]

 1.5    Die dorp/stad/woonbuurt waar ek bly, is voorwaar ŉ lekker plek.

        As verhaal kan die kandidaat skryf oor spesifieke gebeure wat die
        dorp/stad/woonbuurt ŉ lekker plek maak. As beskrywende opstel
        kan die kandidaat moontlike redes gee oor hoekom dit ŉ lekker plek
        is deur byvoorbeeld na die mense, vriende, besienswaardighede,
        goeie skole, die natuur ens. te verwys; hoe die ruimte ŉ verskil in
        sy/haar lewe gemaak het                                                         [30]

 1.6    1.6.1   Hart-hangertjie

                Die kandidaat kan ŉ verhalende opstel skryf waarin hy/sy vertel
                van ŉ ervaring waar die hangertjie ter sprake is of gebeurtenis
                waar dit as ŉ geskenk ontvang is. In ŉ beskrywende opstel kan
                die kandidaat skryf oor verskillende soorte harte, (letterlik en
                figuurlik). As beredenende opstel kan die kandidaat besin oor
                die waarde van liefde of verhoudings. Die kandidaat kan ook
                oor die waarde van harte/liefde om jou lewensuitkyk te
                verbreed, redeneer/argumenteer.                                         [30]

        1.6.2   Olifante

                Die kandidaat kan ŉ verhalende opstel skryf waarin hy/sy vertel
                van ŉ spesifieke gebeurtenis met ŉ olifant. In ŉ beskrywende
                opstel kan die kandidaat na die eienskappe en gewoontes van
                olifante verwys of ŉ wildkykrit beskryf waar olifante en ander diere
                besigtig is. Die kandidaat kan ook oor bv. die waarde van
                wildparke redeneer/argumenteer of bespiegel oor die abstrakte
                uitkyk oor die lewe deur na die groter geheel te kyk of om op die
                spesifieke te fokus.                                                    [30]

        1.6.3   Twee hande

                 As ŉ kandidaat ŉ beskrywende opstel aanpak, kan handelinge of
                 gebeure, wat die prikkel uitbeeld, beskryf word. ŉ Verhaal waarin
                 die hande ŉ rol speel, kan aangebied word. Die kandidaat kan
                 oor vriendskaplike/romantiese/enige ander verhoudings
                 argumenteer of na begrippe soos bv.ondersteuning verwys.               [30]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)             AFRIKAANS HUISTAAL V3                                          5

 SOORTE OPSTELLE:

 VERHALENDE OPSTEL

 Dit is ŉ interessante vertelling van ŉ storie of gebeurtenis (gewoonlik uit
 die verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.

 Hou die volgende in gedagte:

    Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word − dus ŉ storie of
     gebeurtenis.
    ŉ Sterk storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig. Dit is opreg
     en met entoesiasme geskryf.
    Die verlede tyd word gebruik, maar die teenwoordige tyd kan ook
     gebruik word om ŉ gevoel van die hede te skep.
    Die inleidingsparagraaf moet boeiend wees.
    Die verhaal kan uit eie ervaring geskryf word, of dit kan fiktief wees.
    ŉ Verrassende slot is effektief.
    Beskrywende elemente moet gebruik word.
    Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet
     aandag geniet.

 BESKRYWENDE OPSTEL

 Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dit is moeilik om
 iets te beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in
 staat om die onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te
 beleef.

 Hou die volgende in gedagte:

    Waarneming met al vyf sintuie (sig, klank, gehoor, smaak en
     aanraking) en ŉ goeie woordeskat word vereis.
    Skep dus ŉ prentjie in woorde.
    Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
    Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
    Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word op ŉ oorspronklike wyse
     aangewend.
    Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet
     aandag geniet.

 ARGUMENTERENDE OPSTEL

 Die skrywer het ŉ spesifieke mening/opinie daaroor om sy/haar standpunt te
 motiveer. Die skrywer se mening moet deurgaans duidelik wees. Dit is ŉ
 subjektiewe (eensydige) opstel waarin die skrywer probeer om die leser te
 oortuig.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  AFRIKAANS HUISTAAL V3                    (EC/NOVEMBER 2018)

    Hou die volgende in gedagte:

     Begin met die skrywer se standpunt oor die onderwerp op ŉ
      oorspronklike en treffende wyse.
     Gee ŉ verskeidenheid argumente ter ondersteuning en uitbouing van ŉ
      standpunt.
     Fokus op punte vir of teen ŉ stelling.
     Druk subjektiewe en sterk menings uit.
     Gebruik ŉ verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke.
     Gebruik gevoelstaal wat emosioneel kan wees, maar nie kru taal nie.
     Sluit af met ŉ sterk slot, duidelike en oortuigende stelling wat die
      skrywer se mening reflekteer.
     Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet
      aandag geniet.

 BEREDENERENDE OPSTEL

    Dit is objektief en probeer ŉ gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ŉ
    argument gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder
    bespreking en bied teenstellende menings, onpartydig aan. Die skrywer mag tot
    ŉ spesifieke gevolgtrekking kom aan die einde van die opstel, maar die
    argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd wees.

 Hou die volgende in gedagte:

       Die opstel handel oor ŉ onderwerp waaroor reeds standpunt
        ingeneem word tydens die inleiding.
       BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
       ŉ Gevolgtrekking wat aansluit by die inleiding word in die
        slotparagraaf bereik.
       Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
       Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
       Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet
        aandag geniet.

                                                            TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)            AFRIKAANS HUISTAAL V3                                        7

 AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

 AFDELING B word volgens die rubriek uit 15 geassesseer. Slegs EEN
 teks word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is,
 word die eerste teks nagesien. Hier moet die formaat oorwegend korrek
 wees. Die opdrag moet uitgevoer word.

 NASIENRIGLYNE

 Dui aan die einde van die skryfstuk die punte soos volg aan:

 Voorbeeld:
 Inhoud, beplanning en formaat:           IBF − K5 = 7
 Taal, styl en redigering:                TSR = K3 = 2
                                          TOT.         9
 Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die
 teks). Dra die punt uit 15 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort
 by die beplanningsgedeelte te wees).

 LET WEL: Indien die punt 6½ sou wees, dra dan die punt as 7 oor.

 VRAAG 2

 2.1    INFORMELE BRIEF

        FOKUS: Die kandidaat moet sy gedrag verduidelik oor hoekom sy/haar
               ouers hom/haar so ervaar het dat die ouer ŉ opmerking maak
               en moedeloos klink. ŉ Kort verskoning moet aangebied word.

        TEKSSTRUKTUUR:

         Die skrywer se adres verskyn bo regs.
         Die datum waarop die brief geskryf word, word voluit geskryf
          en nie numeries nie.
         Na die skrywer se adres volg ŉ informele aanhef aan die
          linkerkant.
         Daar moet ŉ inleiding, liggaam en ŉ slot wees.
         Die taal, toon en styl is informeel van aard.
         Geen leestekens in die adresse, aanhef en slot nie.
         Sluit die brief informeel af en word gevolg deur die skrywer
          naam.                                                                     [15]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               AFRIKAANS HUISTAAL V3                       (EC/NOVEMBER 2018)

 2.2    PLAKKAAT

        FOKUS: Die kandidaat moet ŉ plakkaat maak om haar-/homself te
               bemark om ekstra klasse aan te bied.

        TEKSSTRUKTUUR:

           Die opskrif moet duidelik uitstaan met die fokus op ekstra
            klasse.
           Die styl kan kort en kripties wees; volsinne is nie verpligtend
            nie.
           Die volgende inligting is noodsaaklik:
            Die vakke waarmee gehelp gaan word;
            Hoeveel die klasse gaan kos;
            Watter tye dit aangebied gaan word;
            Waar die aanbieding gaan plaasvind;
            Kontakpersoon se naam en telefoonnommer/adres.
           Die taal, styl en register kan formeel/informeel wees.
           Sinstruktuur (indien volsinne), spelling, leestekens en
            taalgebruik moet aandag geniet.                                             [15]

 2.3    INFORMELE TOESPRAAK/MONDELINGE AANBIEDING

        FOKUS: Die kandidaat moet namens sy/haar ouma en familie sy
               oupa, wat sewentig jaar word, geluk wens.

        TEKSSTRUKTUUR:

         Die openingsin is baie belangrik en moet die gehoor
          onmiddellik boei.
         Gee ŉ kort oorsig oor die oupa se lewe. Deel herinneringe,
          noem hoogtepunte/mooi eienskappe en beskryf sy rol in die
          familie se lewe.
         Bedank ook die oupa vir sy goedheid en omgee/noem waarom
          hy so spesiaal is.
         ŉ Treffende slot - noem ook bv. dat die oupa sy
          verjaardaggeleentheid moet geniet.
         Die taal, styl en register kan formeel/informeel wees.
         Sinstruktuur, spelling, leestekens taalgebruik en paragrafering
          moet aandag geniet.                                                           [15]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)            AFRIKAANS HUISTAAL V3                                          9

 2.4    DAGBOEKINSKRYWING

         FOKUS: Die kandidaat beskryf ŉ dag waarop hy/sy geboelie is en
                gee ook sy/haar emosies oor die gebeure. Detail oor wat
                gebeur het, kan beskryf word.

         TEKSSTRUKTUUR:

            ŉ Dagboek moet van ŉ datum voorsien word.
            Liewe Dagboek is opsioneel.
            Dit word in die eerstepersoon geskryf.
            Die dagboek word aan die einde van die dag geskryf – verlede
             tyd word vir die gebeure wat reeds plaasgevind het, gebruik.
            Die teenwoordige tyd kan vir die emosies wat ondervind word,
             gebruik word.
            Die taal, styl en register is informeel.
            Sinstruktuur, spelling, leestekens en taalgebruik moet
             aandag geniet.
            Een paragraaf is aanvaarbaar.                                            [15]

                                                        TOTAAL AFDELING B:             15
                                                            GROOTTOTAAL:               45

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

10
                                               Downloaded from hlayiso.com       AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                                                                         (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 1: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [30]
      Prestasie               Kode 7                             Kode 6                               Kode 5                           Kode 4                           Kode 3                         Kode 2                      Kode 1
     aanduiders         Uitmuntende                        Verdienstelike                         Beduidende                       Voldoende                      Matige prestasie                  Basiese                   Ontoereikende
                                                                                                                                                                       40−49%                       prestasie                 prestasie
                        prestasie                          prestasie                              prestasie                        prestasie
     30 PUNTE                80−100%                             70−79%                               60−69%                          50−59%                                                          30−39%                       0−29%
                              16−18                               13−15                                10−12                             8−9                                  6−7                        4−5                          1−3
                     - Uitgebreide, gespesialiseerde     - Baie goeie kennis van               - Redelike kennis van           - Voldoende kennis van           - Matige kennis van vereistes      - Elementêre kennis       - Geen kennis van
 Inhoud en             kennis van vereistes van teks.      formaat van teks.                     vereistes van teks.             vereistes van teks.                van teks. Respons op             van vereistes van         vereistes van
 beplanning          - Toon grondige bewustheid van      - Toon breë bewustheid van            - Toon ’n algemene              - Toon enkele tekens van             geskrewe teks toon beperkte      teks.                     teks.
                       wyer konteks in skryfwerk.          wyer konteks in skryfwerk.            bewustheid van wyer             bewustheid van wyer                fokus.                         - Respons op              - Toon geen tekens
                     - Skryf gedissiplineerd – behou     - Skryf gedissiplineerd –               konteks in skryfwerk.           konteks in skryfwerk.          - Toon beperkte tekens van           geskrewe teks toon        van bewustheid
 18 PUNTE              fokus, geen afwykings van           behou fokus, geen                   - Skryfwerk behou fokus,        - Skryfwerk wyk van                  bewustheid van wyer konteks      beperkte fokus.           van wyer konteks
                       formaat.                            afwykings van formaat.                min afwykings van               onderwerp af, maar dit            in skryfwerk                    - Toon beperkte             in skryfwerk
                     - Inhoud en idees algeheel          - Inhoud en idees koherent              formaat.                        belemmer nie algehele          - Skryfwerk wyk van                  tekens van              - Skryfwerk wyk
                       koherent en hoogs uitgebreid;       en baie goed uitgebreid,            - Inhoud en idees koherent        betekenis                          onderwerp af, betekenis          bewustheid van wyer       van onderwerp af,
                       alle details ondersteun             alle details ondersteun               en uitgebreid, meeste         - Inhoud en idees                    plekplek vaag.                   konteks in skryfwerk      betekenis plek-
                       onderwerp.                          onderwerp                             details ondersteun              voldoende koherent,            - Idees en inhoud matig            - Skryfwerk wyk van         plek onduidelik.
                     - Bewyse van beplanning en/of       - Bewyse van beplanning en/of           onderwerp                       sommige details                    koherent, sommige details        onderwerp af,           - Inhoud en idees
                       eerste poging lei tot feitlike      eerste poging lei tot goed          - Bewyse van beplanning           ondersteun onderwerp.              ondersteun onderwerp.            betekenis plek-plek       nie koherent, baie
                       foutlose, gepaste aanbieding.       saamgestelde, gepaste                 en/of eerste poging lei tot   - Bewyse van beplanning          - Bewyse van beplanning              onduidelik. Inhoud        min details
                     - Formaat hoogs                       aanbieding.                           goeie, gepaste                  en/of eerste poging lei tot        en/of eerste poging lei tot      en idees nie altyd        ondersteun
                       geskik/uitmuntend.                - Nodige reëls vir formaat van          aanbieding.                     bevredigende, gepaste              matige, gepaste en               koherent, baie min        onderwerp.
                                                           teks baie goed                      - Nodige reëls vir formaat        aanbieding                         koherente aanbieding.            details ondersteun      - Beplanning en/of
                                                           toegepas/verdienstelik.               van teks                      - Vereistes van formaat          - Het matige idee van formaat        onderwerp                 eerste poging
                                                                                                 toegepas/verdienstelik.         voldoende toegepas.                van teks – sommige kritiese,   - Onvoldoende vir           onvoldoende.
                                                                                                                                                                    nalatige foute.                   Huistaalvlak t.s.v.    - Swak aanbieding.
                                                                                                                                                                                                      beplanning en/of         Formaat van teks
                                                                                                                                                                                                      eerste poging, swak      nie toegepas/
                                                                                                                                                                                                      aanbieding. Het vae       Ontoereikend
                                                                                                                                                                                                      idee van formaat van
                                                                                                                                                                                                      teks – kritiese,
                                                                                                                                                                                                      nalatige
                                                                                                                                                                                                      foute/elementêr.
                                   11−12                                 10                                   9                              7−8                               5−6                           3−4                     . 1−2
                     - Grammatikaal akkuraat en          - Baie goed saamgestel en             - Goed saamgestel en lees       - Samestelling voldoende,        - Samestellig basies. Verskeie     - Swak saamgestel         - Swak saamgestel
 Taal, styl en         briljant saamgestel.
                     - Woordeskat hoogs geskik vir
                                                           akkuraat.
                                                         - Woordeskat baie geskik vir
                                                                                                 maklik.
                                                                                               - Woordeskat geskik vir doel,
                                                                                                                                 foute belemmer nie vloei         foute.                             en moeilik om te          en baie moeilik om
                                                                                                                                 van teks.                      - Woordeskat beperk en nie           volg.                     te volg.
 redigering            doel, gehoor en opdrag              doel, gehoor en opdrag                gehoor en inhoud. Styl,       - Woordeskat voldoende vir         baie geskik vir doel, gehoor     - Woordeskat benodig      - Woordeskat
                       (inhoud)                            (inhoud).                             toon, register meestal          doel, gehoor en inhoud.          en inhoud.                         remediëring en is         benodig ernstige
                     - Styl, toon, register hoogs        - Geskikte styl, toon, register vir     geskik.                       - Styl, toon, register redelik   - Styl, toon en register pas nie     nie geskik vir doel,      remediëring en is
 12 PUNTE              geskik.                             vereistes van teks.                 - Meestal foutvry na              geskik.                          altyd by onderwerp nie.            gehoor en inhoud.         nie geskik vir doel,
                     - Feitlik foutvry na proeflees en   - Grootliks foutvry na proeflees        proeflees en redigering.      - ’n Paar foute na proeflees     - Verskeie foute na proeflees      - Styl, toon en             gehoor en inhoud
                       redigering.                         en redigering.                      - Lengte korrek                   en redigering.                   en redigering.                     register nie geskik.    - Styl, toon en
                     - Lengte korrek.                    - Lengte korrek.                                                           Lengte amper korrek.        - Lengte – te lank/kort.           - Besaai met foute na       register kom nie
                                                                                                                                                                                                     proeflees en              met onderwerp
                                                                                                                                                                                                     redigering.               ooreen.
                                                                                                                                                                                                   - Lengte – te lank/kort   - Besaai met foute
                                                                                                                                                                                                                               en verwar leser na
                                                                                                                                                                                                                               proeflees.
                                                                                                                                                                                                                             - Lengte ver te
                                                                                                                                                                                                                               lank/kort

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2018)
                                                    Downloaded from hlayiso.com           AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                                                                                               11
VRAAG 2: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [15]
  Prestasie
  aanduiders                  Kode 7                               Kode 6                           Kode 5                          Kode 4                       Kode 3                          Kode 2                            Kode 1
   15 PUNTE
                      Uitmuntende                       Verdienstelike                        Beduidende                        Voldoende               Matige prestasie                   Basiese                        Ontoereikende
                      prestasie                         prestasie                             prestasie                         prestasie                                                  prestasie                      prestasie
                          80−100%                             70−79%                              60−69%                          50−59%                         40−49%                       30−39%                            0−29%
                              9                                   8                                   7                               6                             5                            4                                1–3
 Inhoud en       -    Uitgebreide, gespesialiseerde     - Baie goeie kennis van           - Redelike kennis van             - Voldoende kennis van      - Matige kennis van vereistes     - Elementêre kennis van     - Geen kennis van vereistes van
                      kennis van vereistes van teks       formaat van teks.                 vereistes van teks. Toon          vereistes van teks.         van teks. Respons op              vereistes van teks.         teks.
 beplanning      -    Toon                              - Toon breë bewustheid van          ’n algemene bewustheid          - Toon enkele tekens          geskrewe teks toon              - Respons op geskrewe       - Toon geen tekens van bewustheid
                      grondige bewustheid van wyer        wyer konteks in skryfwerk.        van wyer konteks in               van bewustheid van          beperkte fokus.                   teks toon beperkte          van wyer konteks in skryfwerk
                      konteks in skryfwerk.             - Skryf gedissiplineerd –           skryfwerk.                        wyer konteks in           - Toon beperkte tekens van          fokus.                    - Skryfwerk wyk van onderwerp af,
 9 PUNTE         -    Skryf gedissiplineerd – behou       behou fokus, geen               - Skryfwerk behou fokus,            skryfwerk                   bewustheid van wyer             - Toon beperkte tekens        betekenis plek-plek onduidelik.
                      fokus, geen afwykings van           afwykings van formaat.            min afwykings van               - Skryfwerk wyk van           konteks in skryfwerk.             van bewustheid van          Inhoud en idees nie koherent,
                      formaat.                          - Inhoud en idees koherent          formaat.                          onderwerp af, maar dit    - Skryfwerk wyk van                 wyer konteks in             baie min details ondersteun
                 -    Inhoud en idees algeheel            en baie goed uitgebreid,        - Inhoud en idees koherent          belemmer nie algehele       onderwerp af, betekenis           skryfwerk.                  onderwerp.
                      koherent en hoogs uitgebreid,       alle details ondersteun           en uitgebreid, meeste            betekenis                    plek-plek vaag. Idees en        - Skryfwerk wyk van         - Beplanning en/of eerste poging
                      alle details ondersteun             onderwerp                         details ondersteun             - Inhoud en idees              inhoud matig koherent,            onderwerp af,               onvoldoende.
                      onderwerp.                        - Bewyse van beplanning             onderwerp                        voldoende koherent,          sommige details ondersteun        betekenis plek-plek
                 -    Bewyse van beplanning en/of         en/of eerste poging lei tot     - Bewyse van beplanning            sommige details              onderwerp.                        onduidelik. Inhoud en
                      eerste poging lei tot feitlike      goed saamgestelde,                en/of eerste poging lei tot      ondersteun onderwerp.      - Bewyse van beplanning             idees nie altyd
                      foutlose, gepaste aanbieding.       gepaste aanbieding.               goeie, gepaste aanbieding.     - Bewyse van beplanning        en/of eerste poging lei tot       koherent, baie min
                 -    Formaat hoogs                     - Nodige reëls vir formaat        - Nodige reëls vir formaat van     en/of eerste poging lei      matige, gepaste en                details ondersteun
                      geskik/uitmuntend.                  van teks baie goed                teks toegepas/verdienstelik      tot bevredigende,            koherente aanbieding.             onderwerp.
                                                          toegepas/verdienstelik.                                            gepaste aanbieding.        - Het matige idee van             - Onvoldoende vir
                                                                                                                           - Vereistes van formaat        formaat van teks – sommige        Huistaalvlak t.s.v.
                                                                                                                             voldoende toegepas.          kritiese, nalatige foute.         beplanning en/of eerste
                                                                                                                                                                                            poging, swak
                                                                                                                                                                                            aanbieding.
                                                                                                                                                                                            Het vae idee van
                                                                                                                                                                                            formaat van teks –
                                                                                                                                                                                            kritiese, nalatige
                                                                                                                                                                                            foute/elementêr.
                                   6                                    5                              4                                3                             2                              1½                                 1
 Taal, styl en   -    Grammatikaal akkuraat en                                            - Goed saamgestel en lees        - Samestelling                                                 - Swak saamgestel en
                      briljant saamgestel.
                                                        - Baie goed saamgestel en           maklik.                          voldoende, foute
                                                                                                                                                        - Samestellig basies.               moeilik om te volg.
                                                                                                                                                                                                                      -    Swak aanbieding. Formaat van
 redigering                                               akkuraat.                                                                                        Verskeie foute.                                                 teks nie
                 -    Woordeskat hoogs geskik vir                                         - Woordeskat geskik vir doel,      belemmer nie vloei van                                       - Woordeskat benodig
                                                                                                                                                                                                                           toegepas/ontoereikend.
                      doel, gehoor en opdrag            - Woordeskat baie geskik vir        gehoor en inhoud. Styl,          teks.                      - Woordeskat beperk en nie          remediëring en is nie
                                                                                                                                                                                                                      -    Swak saamgestel en baie
                      (inhoud)                            doel, gehoor en opdrag            toon, register meestal         - Woordeskat voldoende          baie geskik vir doel, gehoor     geskik vir doel, gehoor
                                                                                                                                                                                                                           moeilik om te volg.
 6 PUNTE         -    Styl, toon, register hoogs          (inhoud)                          geskik.                          vir doel, gehoor en           en inhoud.                       en inhoud nie.
                                                                                                                                                                                                                      -    Woordeskat benodig ernstige
                      geskik.                                                             - Meestal foutvry na proeflees     inhoud.                                                      - Styl, toon en register
                 -    Feitlik foutvry na proeflees en
                                                        - Geskikte styl, toon, register     en redigering.                 - Styl, toon, register
                                                                                                                                                        - Styl, toon en register pas        nie geskik.
                                                                                                                                                                                                                           remediëring en is nie geskik vir
                                                          vir vereistes van teks.                                                                          nie altyd by onderwerp nie.                                     doel, gehoor en inhoud nie.
                      redigering.                                                         - Lengte korrek.                   redelik geskik.                                              - Besaai met foute na
                                                                                                                                                           Verskeie foute na proeflees                                -    Styl, toon en register kom nie
                 -    Lengte korrek                     - Grootliks foutvry na                                             - ’n Paar foute na
                                                                                                                                                           en redigering.                   proeflees                      met onderwerp ooreen.
                                                          proeflees en redigering.                                           proeflees en redigering.                                       en redigering.            -    Besaai met foute en verwar
                                                        - Lengte korrek.                                                   - Lengte amper korrek        - Lengte – te lank/kort.            Lengte – te lank/kort.         leser na proeflees.
                                                                                                                                                                                                                      -    Lengte ver te lank/kort.

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afr HL P3 QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-qp/89135dcd-929c-4972-b83c-50d559ebc69b) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [AFR HL P2 GR9 MEMO NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr9-memo-nov2018-d/ac850d25-e019-431c-bf33-6c1537ad845f) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [AFRHL P3 GR9 NOV2017 MEMO FINAL](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-gr9-nov2017-memo-final/2f975cfb-078b-4aad-9c70-40c375c03932) — Afrikaans HL · Memo · 2017
- [AFRHL P3 GR9 NOV2016 MEMO FINAL](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-gr9-nov2016-memo-final/7a835eda-902d-422f-810c-15654c05ed9f) — Afrikaans HL · Memo · 2016
- [AFR HL P3 GR9 NOV2014 MEMO](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-gr9-nov2014-memo/6b1d1bdc-f036-45e5-b1db-689982152329) — Afrikaans HL · Memo · 2014 · Afr
- [Afr HL P2 QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-qp/27c7a315-b8ea-4616-be77-964cb8a0c2fe) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 9 Afrikaans HL

- [CAPS SP HOME AFRIKAANS GR 7-9 web](https://www.hlayiso.com/library/caps-sp-home-afrikaans-gr-7-9-web/adabb4d3-1fb8-4825-a189-492d2a06c071) — CAPS · Afr
- [Grade 9 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/57f32853-152b-4ab1-ad5b-9bc8b118c11f) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/9504f0ad-d64b-4bf2-b62f-50bb73174e75) — QP · 2026 · Afr
- [Afrikaans HL Test](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-test/5b589ff6-d200-4ffb-a54f-99c66ebc6b95) — QP · 2023 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans HL Test](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-test/269c40e7-6e0c-45f3-b89d-36b552d77cae) — QP · 2022 · Afr
- [AFR HL P2 GR9 QP NOV2019 Final D](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr9-qp-nov2019-final-d/2b55fa78-6667-4cc7-b837-ddd46df19eeb) — QP · 2019 · Afr

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
