# Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2015 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the NSC June Exam 2015, 12 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-june-july-2015-memo/bf8c35d0-d11d-4de1-b157-00c447f077fb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-june-july-2015-memo/bf8c35d0-d11d-4de1-b157-00c447f077fb)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2015 · Afrikaans. Memorandum, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                            AFRIKAANS HUISTAAL V3

                                        2015

                                  MEMORANDUM

                                                                     PUNTE: 100

                      Hierdie memorandum bestaan uit 11 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                            2                                      DBE/2015
                                         SSE – Memorandum

ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE
AFDELING A: OPSTEL
AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN
onderwerp of prikkel skryf. Hy/sy mag enige soort opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die
onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is
wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien.

NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud:                                                                           I = Kh = 22
Taal, styl en redigering:                                                         T = Kl = 10
Struktuur:                                                                        S =K = 4
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel).                 36

Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).

DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

•     Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit
      behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
•     Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte
      bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings
      van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.
•     Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar
      standpunt insluit. In die geval van ’n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat
      die slot die skryfstuk saam, terwyl ’n argumenterende en beredeneerde opstel se slot die
      skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.

VRAAG 1

Riglyne
Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar
interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum) mag nie as bindend beskou
word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan, soos byvoorbeeld:

1.1       "Ek? Nooit weer nie!": Die kandidaat kan die opstel as ’n verhalende opstel aanbied.
          Verhale oor gebeurtenisse of ervarings of handelinge wat die kandidaat nooit weer wil
          ervaar of doen nie kan vertel word. As ’n kandidaat ’n beskrywende opstel aanpak,
          kan handelinge of gebeure beskryf word waarvan die kandidaat nie weer deel wil
          wees nie. As argumenterende of beredeneerde opstel kan die kandidaat argumente
          of redes aanvoer oor hoekom dieselfde keuses deur hom/haar nie weer in enige
          situasie gemaak moet word nie.                                                              [50]

1.2       Dít maak my knieë lam!: Indien die kandidaat die opstel as ’n verhalende skryfstuk
          aanbied, sal die fokus terugskouend op die redes daarvoor val. Die kandidaat kan ook
          op gevoelens ten opsigte van die dinge wat ’n effek op hom/haar het, fokus wat
          beskrywend van aard sal wees. Indien die kandidaat ’n argumenterende of
          beredeneerde opstel aanbied, moet die kandidaat op ’n subjektiewe wyse die leser
          van sy perspektief oor dit wat sy/haar knieë lam maak, oortuig.                             [50]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           3                                       DBE/2015
                                        SSE – Memorandum

1.3     Die gehamer aan my deur ruk my wakker ...: Hierdie onderwerp kan lei tot al die soorte
        opstelle. As ’n verhalende opstel kan die kandidaat verhalend skryf oor wat na die
        klop gebeur het. In ’n beskrywende opstel kan kandidate op onbedagsame mense
        fokus wat geen benul of agting vir ’n ander se tyd het nie of hulle kan die emosies wat
        dié klop ontketen het, beskryf of die koue kan in detail beskryf word en by die koue
        gevoel aansluit wat die klop veroorsaak het. By ’n argumenterende aanbieding kan
        die kandidaat oortuig waarom dit belangrik is om gehoor te gee aan die kloppe in die
        lewe. ’n Beredeneerde aanbieding kan op ongevoelige of onbedagsame mense en
        hulle nut in die lewe fokus. In ’n bespiegelende opstel kan oor die redes vir die klop
        bespiegel word.                                                                               [50]

1.4     Sien die probleme raak en maak ’n verskil: Die kandidaat kan ’n bespiegelende opstel
        skryf waarin die emosies en sinsbelewing van die mens t.o.v. probleme aangespreek
        word. Daar kan ook geargumenteer word of dit die mens se verantwoordelikheid is
        om as probleemoplosser bekend te staan. Die kandidaat kan die probleme wat hy/sy
        raaksien, beskryf. As verhaal kan die kandidaat skryf oor hoe die ingryping van ’n
        karakter ’n verskil in ’n ander karakter se lewe gemaak het.                                  [50]

1.5     Moenie gaan waar paaie jou heen lei nie; ...: Hierdie onderwerp kan lei tot verskeie
        interpretasies wat onder andere verhalend, bespiegelend of argumenterend kan
        wees. ’n Verhaal sal op hierdie onderwerp as tema of lewensles fokus. By ’n
        bespiegelende interpretasie kan die leerder die wenslikheid van die rol van ’n
        toonaangewer bespreek. Indien die kandidaat skryf dat dit noodsaaklik is om jou eie
        paadjies te maak en die pas aan te gee, kan dit as ’n argumenterende opstel aanvaar
        word.                                                                                         [50]

1.6     1.6.1     Die dansers: Interpretasies kan lei tot beskrywende, verhalende of selfs
                  bespiegelende skryfstukke, bv. ’n beskrywing van verskillende dansstyle
                  kan aangebied word. ’n Verhaal kan handel oor hoe iemand deur dans ’n
                  lewensles geleer het/die lewe as pret leer ken het/na ernstige trauma ontdek
                  dat die lewe tog lekker is. Hierdie onderwerp kan ook bespiegel of dans
                  hoegenaamd nut in ’n mens se lewe het.                                              [50]

        1.6.2     Hande: Die kandidaat kan die verhaal van ’n verbond/ooreenkoms wat
                  tussen twee karakters aangegaan is, vertel, of besin hoe ooreenkomste/
                  saketransaksies/die tradisie om te groet menselewens beïnvloed het. Daar
                  kan ook hier oor vriendskap, en selfs liefdesverhoudings, geskryf word. As
                  beskrywende opstel kan die kandidaat verskillende mense se bedoelinge
                  t.o.v. ooreenkomste of ontmoetings beskryf. Indien die kandidaat
                  argumenteer oor die waarde wat dit het om vriendskappe te smee, kan die
                  skryfstuk as ’n argumenterende opstel slaag. Daar kan beredeneer word of
                  daar nog plek vir interpersoonlike kontak in die moderne tegnologiese era is.
                  ’n Bespiegelende opstel kan die goeie en slegte tye van die kandidaat se
                  ervaring van aanraking/dade/ooreenkomste/verhoudings bepeins.                       [50]

        1.6.3     Tekkie/Sportskoen: Hierdie onderwerp kan lei tot verhalende,
                  bespiegelende, beskrywende, beredeneerde en argumenterende
                  skryfstukke. Moontlikhede: ’n Verhaal kan handel oor ’n tekkie/sportskoen se
                  lewensverhaal. As bespiegelende opstel kan die kandidaat besin oor die
                  waarde van tekkies/sportskoene as modebykomstighede/vir suksesvolle
                  sportbeoefening. Verskillende soorte tekkies/ sportskoene kan beskryf word.
                  Die kandidaat kan ook beredeneer/argumenteer waarom tekkies/
                  sportskoene gemakliker as formele skoene is.                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                 4                   DBE/2015
                              SSE – Memorandum

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                             5                                          DBE/2015
                                          SSE – Memorandum

SOORTE OPSTELLE:

VERHALENDE OPSTEL

Dit is ’n interessante vertelling van ’n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan
vanuit enige perspektief geskryf word.

Hou die volgende in gedagte:

•   Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (’n storie of gebeurtenis).
•   ’n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
•   Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
•   Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud
    samehangend.
•   Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.
•   Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
•   ’n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied.
•   ’n Verrassende slot rond die inhoud af.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
•   Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.

BESKRYWENDE OPSTEL

Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie
eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so
lewendig soos hy/sy te beleef.

Hou die volgende in gedagte:

•   Waarnemings met al vyf sintuie en ’n goeie woordeskat word vereis.
•   Insig, begrip, ’n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem
    van waarnemings).
•   Tekste kan varieer van meer realisties tot ’n verdieping in die aanbieding.
•   Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
•   Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
•   Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
•   Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
•   Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die konnotasie en
    nie die denotasie van woorde nie.
•   Stylfigure kan gebruik word.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           6                                          DBE/2015
                                        SSE – Memorandum

BEREDENEERDE OPSTEL

Dis objektief en probeer om ’n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ’n argument te
gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied
teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ’n spesifieke gevolgtrekking aan
die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed
gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel.

Hou die volgende in gedagte:

•   Die opstel handel oor ’n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding,
    ingeneem word.
•   BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
•   Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
•   Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
•   ’n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot
    gee ’n sterk aanduiding van die skrywer se mening.
•   Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
•   Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
•   Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.

BESPIEGELENDE OPSTEL

Die skrywer oorweeg/deurdink ’n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en
gevoelens weer. Dit bespiegel oor ’n droom of wense/moontlikhede.

Hou die volgende in gedagte:
• Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
• Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.
• Dis persoonlik van aard.
• Daar is ’n definitiewe struktuur, maar ’n gevolgtrekking is nie nodig nie.
• Dit hoef nie ’n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf
   word.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

ARGUMENTERENDE OPSTEL

Die skrywer het ’n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te
motiveer.

Hou die volgende in gedagte:

•   Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
•   ’n Eie mening word op ’n baie oorspronklike en treffende manier gegee.
•   ’n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
•   Verdediging of aanval van ’n saak word enduit volgehou.
•   ’n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
•   Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
•   Daar moet ’n duidelike en oortuigende slot wees.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

                                                                       TOTAAL AFDELING A:             50

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                            7                                        DBE/2015
                                         SSE – Memorandum

AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien.
Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien.

NASIENRIGLYNE

Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:

Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat:                                                     I = K = 10
Taal, styl en redigering:                                                          T=G= 6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).                 16

Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte
te wees).

VRAAG 2
2.1       VERSOEKBRIEF

          Die brief fokus op die agteruitgang van die wyk waarin die skrywer bly. Probleme wat
          ervaar word, moet genoem word. ’n Versoek om die probleme op te los moet ook
          aan die raadslid gerig word.

          Hou die volgende in gedagte:

           •   Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res van die brief
               se formaat moet korrek wees soos vir formele briewe geld.
           •   Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel.
           •   Styl: Dit behoort saaklik, formeel maar hoflik te wees. Eenvoudige, direkte taal is
               nodig.
           •   Struktuur: Die brief moet bestaan uit paragrawe waarin gefokus word op die
               probleme wat ervaar word omdat die buurt verval. ’n Versoek om sodanige
               probleme reg te stel, moet gerig word.
           •   Die doel van die brief is om te vra dat iets aan die agteruitgang van die
               woonbuurt gedoen moet word.
           •   Die formele register moet gebruik word, soos bv. “u” in plaas van “jy”/“jou”.
           •   Die afsluiting is formeel en bevat die skrywer se voorletters, van en titel, waar
               nodig, bv.

          Die uwe

          P. van Zyl
          P. van Zyl                                                                                    [25]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           8                                       DBE/2015
                                        SSE – Memorandum

2.2       HULDEBLYK

          Bring hulde aan ’n neef/niggie.

          Hou die volgende in gedagte:

           •   Die oorledene se naam en van, adres en ouderdom, datum van afsterwe, die
               plek waar die persoon oorlede is en die oorsaak van dood behoort gegee te
               word.
           •   Prestasies, hoogtepunte uit die oorledene se lewe en gemeenskapsbetrokken-
               heid kan ingesluit word.
           •   Die fokus behoort te wees op dit wat die neef/niggie vir die skrywer beteken het.
           •   Gebeurtenisse/staaltjies/persoonlike herinneringe behoort ingesluit te wees en
               moet kan bydra/behoort by te dra tot die vertroosting van die familie.
           •   Moet waarderend wees.
           •   Iets persoonliks, soos ’n gedig, kan bygevoeg word.
           •   Taal, styl en register is formeel, opreg en uit die hart.
           •   Spreker kan eufemismes gebruik.                                                        [25]

2.3       KOERANTBERIG

          Die koerantberig fokus op die chaos wat tydens die besoek van die sirkus ontstaan
          het toe ’n wilde dier uit sy veiligheidshok ontsnap het.

          Hou die volgende in gedagte:

           •   Feite moet kortliks en akkuraat gegee word.
           •   Belangrikste feite moet gegee word sonder om die leser te verloor.
           •   Feite moet akkuraat, sonder ’n verdraaiing van die waarheid, wees.
           •   Subtitels kan gebruik word.
           •   Belangrikste feite word in die eerste paragraaf vermeld: wie, wat, waar, wanneer,
               waarom, hoe en in watter mate.
           •   Die res van die paragrawe is ’n uitbreiding van die inleidende gegewens.               [25]

2.4       RESENSIE

          Die resensie fokus op enige Afrikaanse televisieprogram.

          Hou die volgende in gedagte:

          •    Regverdige, eerlike evaluering van die program is noodsaaklik.
          •    Daar is nie (meer) ’n vaste formaat nie; die resensent bepaal waarop hy/sy wil
               fokus.
          •    Dit gee ’n individuele respons op die program.
          •    Dit verskaf die resensent se mening: daarom is dit gewoonlik subjektief.
          •    Dit gee toepaslike feite bv. naam van die televisieprogram, regisseur,
               akteur(s)/aanbieder(s) ens.                                                            [25]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           9                                      DBE/2015
                                        SSE – Memorandum

2.5       TOESPRAAK:

          Die toespraak handel oor die genot wat bord-/kaartspeletjies aan gesinne verskaf.

          Hou die volgende in gedagte:

          •     Die kandidaat besluit self oor die styl wat gebruik gaan word. Gee aandag aan:
                wanneer, waar, hoekom, wie en wat?
          •     Inleiding moet belangstelling wek.
          •     Ontwikkel weldeurdagte idees en vermy clichés.
          •     Kort sinne met eenvoudige idees en bekende voorbeelde word gebruik.
          •     Slot moet die gehoor tot nadenke stem; is nie noodwendig ’n samevatting van
                die toespraak nie.
          •     Klem behoort te val op genot en hoekom gesinne dit geniet om hierdie speletjies
                te gebruik.                                                                          [25]

2.6       DIALOOG:

          Die dialoog fokus op hoekom jy dié persoon ’n vorige keer geïgnoreer het en
          hoekom jy wel besluit om op die sms te reageer.

          Hou die volgende in gedagte:

          •    Twee mense voer ’n gesprek met mekaar.
          •    Spreekbeurte vind plaas in orde waarin die gesprek gevoer word en vanuit die
               spreker se perspektief.
          •    Elke nuwe spreekbeurt word op ’n volgende reël geskryf.
          •    Gebruik ’n dubbelpunt na die naam van elke spreker.
          •    Ekstra inligting word tussen hakies, voordat die spreker praat, aangedui,
               byvoorbeeld: Anna (met dringendheid).
          •    ’n Scenario kan, voordat die dialoog geskryf word, geskets word.                      [25]

                                                                      TOTAAL AFDELING B:             50
                                                                          GROOTTOTAAL:               100

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Huistaal/V3
                                     Downloaded from hlayiso.com             10                                                                     DBE/2015
                                                                      SSE – Memorandum

LET WEL:

• Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ’n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
  toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in ’n hoë en lae vlak beïnvloed nie.

       ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
       Kriteria                            Uitsonderlik                Knap                   Gemiddeld              Elementêr                Onvoldoende
 INHOUD &                                     28–30                    22–24                    16–18                  10–12                       4–6
 BEPLANNING                          -Respons is              -Respons baie goed;      -Respons bevredigend    -Wisselvallige           -Respons heeltemal
                                     uitsonderlik/treffend    getuig van vaardigheid   -Idees redelik          samehang in respons      irrelevant
 (Respons en idees)                  en bo verwagting         -Idees heeltemal         samehangend en          -Idees onduidelik, nie   -Idees deurmekaar en
 Organisering van idees              -Idees is intelligent,   relevant, interessant    oortuigend              oorspronklik nie         nie op onderwerp
 vir beplanning;                     volwasse en              en lewer bewys van       -Redelike organisasie   -Min bewys van           gefokus nie

                          Hoë vlak
 Bewustheid van doel,                stem leser tot           volwassenheid            en redelik              organisasie en           -Vaag en herhalend
 gehoor en konteks                   nadenke                  -Organisasie baie        samehangend,            samehang                 -Geen organisasie nie
                                     -Uitsonderlike           goed en                  insluitend inleiding,                            en is onsamehangend
 30 PUNTE                            organisasie en           samehangend,             liggaam en
                                     samehang, insluitend     insluitend inleiding,    samevatting/slot
                                     inleiding, liggaam en    liggaam en
                                     samevatting/slot         samevatting/slot
                                              25–27                    19–21                    13–15                    7–9                      0–3
                                     -Respons uitmuntend,     -Respons goed; getuig    -Respons                -Respons is grootliks    -Geen poging
                                     maar uitsonderlik        van vaardigheid          bevredigend, maar       irrelevant.              aangewend om in
                                     treffende eienskappe     -Idees relevant,         verval soms in          -Idees begin los staan   ooreenstemming met
                                     van ’n opstel ontbreek   interessant              onduidelikheid          en kan verwarrend        onderwerp te wees nie
                                     -Idees intelligent en    -Organisasie goed en     -Idees redelik          wees                     -Heeltemal irrelevant

                          Lae vlak
                                     volwasse                 samehangend,             samehangend en          -Skaars ’n bewys van     en ontoepaslik
                                     -Knap organisasie en     insluitend inleiding,    oortuigend              organisasie en           -Deurmekaar en geen
                                     samehang, insluitend     liggaam en               -’n Mate van            samehang                 fokus nie
                                     inleiding, liggaam en    samevatting/slot         organisasie en
                                     samevatting/slot                                  samehang, insluitend
                                                                                       inleiding, liggaam en
                                                                                       samevatting/slot

Kopiereg voorbehou                                                                                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Huistaal/V3
                                      Downloaded from hlayiso.com              11                                                                              DBE/2015
                                                                        SSE – Memorandum

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg)
        Kriteria                            Uitsonderlik                   Knap                   Gemiddeld                   Elementêr               Onvoldoende
 TAAL, STYL &                                  14–15                       11–12                      8–9                         5–6                       0–3
 REDIGERING                           -Toon, register, styl en   -Toon, styl, register en   -Toon, register, styl en   -Toon, register, styl en   -Taal onverstaanbaar
                                      woordeskat hoogs           woordeskat baie            woordeskat gepas vir       woordeskat nie gepas       -Toon, register, styl en
 Toon, register, styl en              gepas vir doel, gehoor     gepas vir doel, gehoor     doel, gehoor en            vir doel, gehoor en        woordeskat minder
 woordeskat is geskik                 en konteks                 en konteks                 konteks                    konteks nie                gepas vir doel, gehoor
 vir doel/effek en                    -Taalgebruik getuig        -Taalgebruik effektief     -Gepaste taalgebruik       -Taalgebruik baie          en konteks

                           Hoë vlak
 konteks;                             van vertroue,              en ’n deurlopende          om betekenis oor te        basies                     -Woordeskat so
 Woordkeuse;                          indrukwekkend              gepaste toon word          dra                        -Toon en woordkeuse        beperk dat dit
 Taalgebruik en                       -Toon retories treffend    gebruik                    -Toon is gepas             skaars toepaslik           onmoontlik is om sin
 konvensies,                          en effektief               -Grammatika en             -Retoriese middele         -Baie beperkte             te maak
 punktuasie,                          -Grammatika en             spelling grootliks         gebruik om betekenis       woordeskat
 grammatika, spelling                 spelling feitlik foutvry   foutvry                    te versterk
                                      -Knap gedaan               -Baie goed gedoen
 15 PUNTE                                        13                         10                         7                          4
                                      -Taalgebruik               -Taalgebruik toepaslik     -Voldoende                 -Taalgebruik
                                      uitstekend en toon is      en oor die algemeen        taalgebruik, maar          onvoldoende
                                      retories effektief         effektief                  teenstrydighede word       -Weinig indien enige

                           Lae vlak
                                      -Grammatika en             -Toon gepas en             opgemerk                   sinsverskeidenheid
                                      spelling feitlik foutvry   effektief                  -Toon oor die              -Woordeskat baie
                                      -Baie goed tot knap        -Enkele foute in           algemeen gepas en          beperk
                                      gedaan                     grammatika en              beperkte gebruik van
                                                                 spelling                   retoriese middele
                                                                 -Goed gedoen
 STRUKTUUR                                       5                           4                         3                         2                         0–1
                                      -Uitstekende               -Logiese ontwikkeling      -Relevante detail          -Sommige punte             -Noodsaaklike punte
 Kenmerke van teks;                   ontwikkeling van           van details                ontwikkel                  geldig                     ontbreek
 Paragraafontwikkeling                onderwerp                  -Samehangend               -Sinne en paragrawe        -Sinne en paragrawe        -Sinne en paragrawe
 en sinskonstruksie                   -Uitsonderlike detail      -Sinne en paragrawe        goed gekonstrueer          foutief                    foutief
                                      -Sinne en paragrawe        logies en toon variasie    -Opstel maak nog           -Opstel maak nog sin       -Opstel maak nie sin
 5 PUNTE                              uitsonderlik                                          effens sin                                            nie
                                      gekonstrueer

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Afrikaans Huistaal/V3
                               Downloaded from hlayiso.com           12                                                                        DBE/2015
                                                              SSE – Memorandum

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
         Kriteria                   Uitsonderlik              Knap                  Gemiddeld                Elementêr             Onvoldoende
 INHOUD,                                13–15                 10–12                    7–9                      4–6                     0–3
 BEPLANNING &                 -Respons                -Respons baie goed      -Respons voldoende      -Basiese respons         -Respons toon geen
 FORMAAT                      uitsonderlik, bo        en demonstreer goeie    en toon voldoende       toon geringe kennis      kennis van kenmerke
                              verwagting              kennis van kenmerke     kennis van kenmerke     van kenmerke van die     van die soort teks nie
 Respons en idees;            -Idees intelligent en   van die soort teks      van die soort teks      soort teks               -Betekenis onduidelik
 Organisering van idees vir   volwasse                -Behou fokus – geen     -Nie heeltemal          -Aanduiding van          met groot afwyking
 beplanning;                  -Grondige kennis van    afwyking nie            gefokus nie – enkele    fokus, maar met          -Geen samehang in
 Doel, gehoor,                kenmerke van die        -Samehang in inhoud     afwykings               afwykings                idees en inhoud nie
 kenmerke/konvensies          soort teks              en idees; baie goed     -Redelike samehang      -Inhoud en idees nie     -Baie min detail
 en konteks                   -Skryfwerk behou        uitgebrei met detail    in inhoud en idees      altyd samehangend        ondersteun die
                              fokus                   wat die onderwerp       -Sommige detail         nie                      onderwerp
 15 PUNTE                     -Samehang in inhoud     ondersteun              ondersteun die          -Min detail              -Nodige reëls van
                              en idees                -Gepaste formaat met    onderwerp               ondersteun die           formaat nie toegepas
                              -Idees behoorlik        onbeduidende foute      -Formaat oorwegend      onderwerp                nie
                              uitgebrei met detail                            gepas, maar met         -Nodige reëls van
                              wat die onderwerp                               enkele foute            formaat vaagweg
                              ondersteun                                                              toegepas
                              -Gepaste en akkurate                                                    -Kritiese foute begaan
                              formaat
 TAAL, STYL &                           9–10                    7–8                     5–6                    3–4                       0–2
 REDIGERING                   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl    -Toon, register, styl
                              en woordeskat hoogs     en woordeskat baie      en woordeskat is        en woordeskat            en woordeskat stem
 Toon, register, styl,        geskik vir doel,        geskik vir doel,        geskik vir doel,        minder geskik vir        nie ooreen met doel,
 doel/effek, gehoor en        gehoor en konteks       gehoor en konteks       gehoor en konteks       doel, gehoor en          gehoor en konteks
 konteks;                     -Grammatika             -Grammatika oor die     -Enkele                 konteks                  nie
 Taalgebruik en konvensies;   akkuraat en goed        algemeen korrek en      grammatikafoute         -Grammatika              -Besaai met foute en
 Woordkeuse;                  gekonstrueer            goed gekonstrueer       -Voldoende              onakkuraat met etlike    verward
 Punktuasie en spelling       -Feitlik foutloos       -Baie goeie             woordeskat              foute                    -Woordeskat nie
                                                      woordeskat              -Foute belemmer nie     -Basiese woordeskat      geskik vir doel nie
 10 PUNTE                                             -Oorwegend foutloos     betekenis nie           -Betekenis belemmer      -Betekenis ernstig
                                                                                                                               belemmer

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P2 June July 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-june-july-2015-memo/8da47c41-e534-4c6b-97f6-361042b9ed60) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2015-memo/52b78479-1bf7-40f2-9439-b5b527824bc5) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2017-memo/8d004299-0884-48ae-94a7-fa262185f416) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2016-memo/286a319c-256a-4fcd-b924-7c2fce54b61b) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P1 June July 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-june-july-2015/37fb3790-ac90-40b8-8e30-19a5b23e458e) — Afrikaans HL · QP · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2022/c6956443-8f83-4967-aec5-c587b7e618da) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
