# Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2016 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the NSC June Exam 2016, 11 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2016-memo/286a319c-256a-4fcd-b924-7c2fce54b61b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2016-memo/286a319c-256a-4fcd-b924-7c2fce54b61b)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2016 · Afrikaans. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P3 May June 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2016/e6142ea4-cb8a-4b71-9341-44f4847a8b2d) — QP · 2016 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                            AFRIKAANS HUISTAAL V3

                                        2016

                                  MEMORANDUM

                                                                   PUNTE: 100

                      Hierdie memorandum bestaan uit 11 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                            2                                       DBE/2016
                                         SSE – Memorandum

ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

AFDELING A: OPSTEL

AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN
onderwerp of prikkel skryf. Hy/sy mag enige soort opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die
onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is
wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien.

NASIENRIGLYNE

Dui aan die einde van die opstel die punte soos volg aan:

Voorbeeld:
Inhoud:                                                                           I = Kh = 22
Taal, styl en redigering:                                                         T = Kl = 10
Struktuur:                                                                        S =K = 4
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel).                 36

Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).

DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

•     Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit
      behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
•     Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte
      bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings
      van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.
•     Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar
      standpunt insluit. In die geval van ’n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat
      die slot die opstel saam, terwyl ’n argumenterende en beredeneerde opstel se slot die
      skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.

VRAAG 1

Riglyne

Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar
interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum) mag nie as bindend beskou
word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan, soos byvoorbeeld:

1.1        Ek is na jare terug op die dorp ...
           Hierdie onderwerp kan lei tot verskeie interpretasies wat onder andere verhalend,
           bespiegelend of argumenterend kan wees. ’n Verhaal sal op hierdie onderwerp as
           tema fokus. By ’n bespiegelende interpretasie kan die leerder die wenslikheid van
           die terugkeer na die dorp bespreek. Indien die kandidaat skryf dat dit noodsaaklik is
           om terug te keer en onafgehandelde sake af te handel, kan dit as ’n
           argumenterende opstel aanvaar word.                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           3                                        DBE/2016
                                        SSE – Memorandum

1.2       Lillian is 16, beeldskoon en die Du Toits se enigste kind.
          Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ’n verhalende opstel aanbied. Die fokus
          sal op die karakter Lillian wees. In die vertel van die verhaal sal daar ook gekyk word
          na haar skoonheid en die feit dat sy die enigste kind was. Die kandidaat kan ook op
          gevoelens ten opsigte van die dinge wat ’n effek op hom/haar het, fokus in ’n opstel
          wat beskrywend van aard sal wees.                                                            [50]

1.3       Naskoolse opleiding: My reg of voorreg?
          Hierdie onderwerp leen hom tot die skryf van ’n argumenterende of beredeneerde
          opstel waar die kandidaat hom/haar uitspreek of dit sy of haar reg of voorreg is om
          naskoolse opleiding te ontvang en die leser oortuig om sy/haar standpunt te aanvaar.
          In ’n verhalende opstel sal die kandidaat die gebeure wat gelei het tot hierdie
          stelling, kan aanbied. Die emosies rondom naskoolse opleiding kan ook in ’n
          bespiegelende opstel bespreek word.                                                          [50]

1.4       Jy is brawer as wat jy glo, sterker as wat jy lyk, en slimmer as wat jy dink.
          Hierdie onderwerp kan lei tot al die soorte opstelle. In ’n verhalende opstel kan ’n
          gebeurtenis uit die werklikheid of die fantasiewêreld vertel word.            In ’n
          bespiegelende opstel kan die kandidaat sy of haar siening, idees, gedagtes en
          gevoelens oor die onderwerp gee. Dit kan humoristies of ernstig geskryf word. In ’n
          beskrywende opstel kom die atmosfeer en stemming duidelik na vore en word ’n
          prent met woorde geskep oor die aspekte (braaf, sterk en glo) in die onderwerp. As
          die onderwerp as ’n beredeneerde of argumenterende opstel aangebied word,
          moet ’n duidelike stelling geformuleer word, bv. Tieners is brawer as wat hul glo,
          sterker as wat hulle lyk en slimmer as wat hulle dink. Argumente moet dan vir die
          stelling aangevoer word. Beide kante van die saak moet in die beredeneerde opstel
          gestel word en slegs een kant van die saak in die argumenterende opstel.                     [50]

1.5       Lag is die beste medisyne.
          Die kandidaat kan die opstel as ’n verhalende opstel aanbied. Verhale oor
          gebeurtenisse of ervarings of handelinge wat die kandidaat vreugde verskaf/snaaks
          was, kan vertel word. As ’n kandidaat ’n beskrywende opstel aanpak, kan
          handelinge of gebeure wat humoristies is, beskryf word. As argumenterende of
          beredeneerde opstel kan die kandidaat argumente of redes aanvoer waarom lag die
          beste medisyne is, al dan nie.                                                               [50]

1.6.1     Kraan met water
          Interpretasies kan lei tot ’n beskrywende, verhalende of selfs bespiegelende
          opstel, bv. ’n beskrywing van die waarde van water in ’n gemeenskap. ’n Verhaal
          kan handel oor die sukkelbestaan sonder water. Hierdie onderwerp kan ook
          bespiegel oor die feit dat water ’n kosbare hulpbron is. In ’n argumenterende en
          beredeneerde opstel kan die kandidaat argumenteer of beredeneer rondom
          kwessies van waterbesparing, die moontlikheid dat water ’n geskilpunt kan word of
          swak munisipale dienste.                                                                     [50]

1.6.2     Man met oop arms
          In ’n verhalende opstel kan die kandidaat fokus op die lewensverhaal/emosies/geluk/
          vryheid/toekoms/ervarings van ’n mens. In ’n beskrywende opstel sal die verlange
          belewenisse en/of emosies van ’n mens wat smag na vryheid/geluk/geleenthede/
          toekoms/sukses onder die vergrootglas geplaas word. Wanneer beredeneer/
          geargumenteer word oor die onderwerp, kan die kandidaat fokus op die waarde van
          sukses/vryheid/geleenthede in ’n mens se lewe. Wanneer die kandidaat peins oor die
          eienskappe en sin van vryheid/geluk/geleenthede/sukses/toekoms, kan dit slaag as
          bespiegelende opstel.                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                             4                                          DBE/2016
                                          SSE – Memorandum

1.6.3     Houtvuur
          Die kandidaat kan ’n verhalende opstel skryf waarin hy/sy vertel van ’n ervaring in
          die veld toe hy/sy self moes vuur maak of van ’n kampvuurkuier./kampvuur wat ’n
          groot brand veroorsaak het. In ’n beskrywende opstel kan die kandidaat skryf oor
          verskillende soorte vure, letterlik en figuurlik. As bespiegelende opstel kan die
          kandidaat besin oor die waarde van kuiers om ’n kampvuur en/of die buitelewe. Die
          kandidaat kan ook oor die waarde van buitelewe-uitstappies redeneer.                            [50]

SOORTE OPSTELLE:

VERHALENDE OPSTEL

Dit is ’n interessante vertelling van ’n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan
vanuit enige perspektief geskryf word.

Hou die volgende in gedagte:

•   Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (’n storie of gebeurtenis).
•   ’n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
•   Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
•   Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud
    samehangend.
•   Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.
•   Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
•   ’n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied.
•   ’n Verrassende slot rond die inhoud af.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
•   Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.

BESKRYWENDE OPSTEL

Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie
eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so
lewendig soos hy/sy te beleef.

Hou die volgende in gedagte:

•   Waarnemings met al vyf sintuie en ’n goeie woordeskat word vereis.
•   Insig, begrip, ’n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem
    van waarnemings).
•   Tekste kan varieer van meer realisties tot ’n verdieping in die aanbieding.
•   Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
•   Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
•   Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
•   Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
•   Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die konnotasie en
    nie die denotasie van woorde nie.
•   Stylfigure kan gebruik word.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           5                                          DBE/2016
                                        SSE – Memorandum

BEREDENEERDE OPSTEL

Dis objektief en probeer om ’n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ’n argument te
gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied
teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ’n spesifieke gevolgtrekking aan
die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed
gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel.

Hou die volgende in gedagte:

•   Die opstel handel oor ’n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding,
    ingeneem word.
•   BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
•   Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
•   Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
•   ’n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot
    gee ’n sterk aanduiding van die skrywer se mening.
•   Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
•   Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
•   Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.

BESPIEGELENDE OPSTEL

Die skrywer oorweeg/deurdink ’n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en
gevoelens weer. Dit bespiegel oor ’n droom of wense/moontlikhede.

Hou die volgende in gedagte:
• Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
• Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.
• Dis persoonlik van aard.
• Daar is ’n definitiewe struktuur, maar ’n gevolgtrekking is nie nodig nie.
• Dit hoef nie ’n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf
   word.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

ARGUMENTERENDE OPSTEL

Die skrywer het ’n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te
motiveer.

Hou die volgende in gedagte:

•   Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
•   ’n Eie mening word op ’n baie oorspronklike en treffende manier gegee.
•   ’n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
•   Verdediging of aanval van ’n saak word enduit volgehou.
•   ’n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
•   Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
•   Daar moet ’n duidelike en oortuigende slot wees.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

                                                                       TOTAAL AFDELING A:             50
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                            6                                        DBE/2016
                                         SSE – Memorandum

AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien.
Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien.

NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die skryfstuk die punte soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat:                                                    I = K = 10
Taal, styl en redigering:                                                         T=G= 6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).               16
Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).

VRAAG 2

Kies TWEE van die volgende opdragte en skryf skryfstukke van 180–200 woorde elk.

2.1       INFORMELE BRIEF

          Die kandidaat bedank sy/haar beste vriend/vriendin vir sy/haar ondersteuning tydens
          die afgelope paar jaar.

          Hou die volgende in gedagte:

           •   Die kandidaat gebruik informele taal, register en styl.
           •   Skryf in beskrywende, maar eenvoudige taal.
           •   Die kandidaat behoort logies en volgens ’n spesifieke doel te skryf.
           •   Briewe moet ’n inleiding, liggaam/inhoud en slot hê.
           •   Briewe moet die skrywer se adres en die datum waarop die brief geskryf is,
               onder die adres bevat.
           •   Na die skrywer se adres volg ’n informele aanhef.
           •   Die brief sluit informeel of semiformeel af, gevolg deur die skrywer se naam.
           •   Die formaat is belangrik.

2.2       FORMELE BRIEF: AANSOEK
          Die brief handel oor die aansoek om ’n geadverteerde betrekking. Die kandidaat
          moet aansoek doen by Radio FM soos in die advertensie vermeld. Die brief behoort
          te bevestig dat die aansoeker aan die vereistes, soos uiteengesit in die advertensie,
          voldoen. Die kandidaat behoort haar/hom ook bereid te verklaar om vir die stemtoets
          beskikbaar te wees.

          Hou in gedagte:

          •    Die formaat is formeel.
          •    Daar moet twee adresse, ’n aanhef, ’n inhoudsopskrif en ’n gepaste afsluiting
               wees.
          •    Die inhoud moet handel oor die aansoek by ’n radiostasie.
          •    Die styl is saaklik, maar hoflik.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                            7                                          DBE/2016
                                         SSE – Memorandum

          •    Die struktuur moet goeie paragraafbou insluit.
          •    Eenvoudige, direkte taal is nodig, maar in ’n formele register.
          •    Die brief moet formeel afgesluit word en die skrywer se titel, voorletters en van
               moet gegee word.                                                                          [25]

2.3       RESENSIE

          Die kandidaat gee ’n individuele respons op ’n gewilde TV-program vir die TV Plus-
          tydskrif. Toepaslike feite, byvoorbeeld die naam van die TV-program/regisseur/
          genre/akteurs ens. word in die resensie aangebied.

          Hou die volgende in gedagte:

           •   Resensies word nie altyd volgens ’n vaste formaat geskryf nie.
           •   Goeie resensies probeer om regverdig, maar eerlik/subjektief te wees.
           •   Humor kan in resensies gebruik word.
           •   Gee die resensent se mening oor ’n werk.
           •   Die resensent is gewoonlik subjektief.                                                    [25]

2.4       NOTULE

          Skryf die notule van die personeelvergadering van Checkers.

          Hou die volgende in gedagte:

           •   Die notule moet ’n personeellid, wat nie teenwoordig was nie, ’n idee gee van
               wat by die personeelvergadering gebeur het.
           •   Alle besluite moet genotuleer word.
           •   Die notule word altyd in die teenwoordige tyd geskryf.
           •   Die notule stem puntsgewys ooreen met die agenda.
           •   Taal en styl is formeel.
           •   Die naam van die personeelvergadering, datum van die vergadering en plek van
               die vergadering word boaan die notule geskryf.
           •   Elke notule bevat ’n opening en verwelkoming, ’n lys verteenwoordigers, ’n lys
               afwesiges, die notule van die vorige vergadering wat gelees en goedgekeur moet
               word en dan sake uit die vorige notule.
           •   Die notule moet deur die voorsitter en die sekretaris/sekretaresse onderteken
               word.                                                                                     [25]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           8                                            DBE/2016
                                        SSE – Memorandum

2.5       DIALOOG
          In die gesprek tussen twee vriende/vriendinne druk hulle ontsteltenis uit oor ’n
          bakleiery.

          Hou die volgende in gedagte:

          •   Twee mense voer ’n gesprek.
          •   Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word en vanuit
              die spreker se perspektief.
          •   Elke nuwe spreekbeurt word op ’n volgende reël geskryf.
          •   Gebruik ’n dubbelpunt na die naam van elke spreker.
          •   Ekstra inligting word tussen hakies aangedui, bv.
              Anna: (met dringendheid) Ek sal dit .../ Anna (met dringendheid): Ek sal dit ...
          •   ’n Scenario kan geskep word voordat die dialoog geskryf word.                             [25]

2.6       HULDEBLYK
          Die kandidaat bring hulde aan ’n geliefde familielid wat onlangs oorlede is.

          Hou die volgende in gedagte:

          • Die oorledene se naam en van, adres, ouderdom, datum van dood, plek waar die
            persoon oorlede is, oorsaak van dood, duur van siekte en name van gesinslede
            wat agtergelaat word, kan gegee word.
          • Prestasies/hoogtepunte/opleiding/gemeenskapsbetrokkenheid kan gegee word.
          • Gebeurtenisse en staaltjies oor die oorledene; persoonlike herinneringe van
            familie en vriende kan gegee word. Die leser moet ŉ duidelike beeld van die
            oorledene kan vorm en familie kan ook vertroos word.
          • ’n Persoonlike boodskap soos ’n gedig kan bygevoeg word.
          • Die taal, styl en register is formeel.
          • Gebruik eufemismes waar van toepassing.                                                     [25]

                                                                        TOTAAL AFDELING B:              50
                                                                            GROOTTOTAAL:                100

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Huistaal/V3
                                     Downloaded from hlayiso.com             9                                                                      DBE/2016
                                                                     SSE – Memorandum
LET WEL:

• Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ’n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
  toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in ’n hoë en lae vlak beïnvloed nie.

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
       Kriteria                            Uitsonderlik                Knap                   Gemiddeld              Elementêr                Onvoldoende
 INHOUD &                                     28–30                    22–24                    16–18                  10–12                       4–6
 BEPLANNING                          -Respons is              -Respons baie goed;      -Respons bevredigend    -Wisselvallige           -Respons heeltemal
                                     uitsonderlik/treffend    getuig van vaardigheid   -Idees redelik          samehang in respons      irrelevant
 (Respons en idees)                  en bo verwagting         -Idees heeltemal         samehangend en          -Idees onduidelik, nie   -Idees deurmekaar en
 Organisering van idees              -Idees is intelligent,   relevant, interessant    oortuigend              oorspronklik nie         nie op onderwerp
 vir beplanning;                     volwasse en              en lewer bewys van       -Redelike organisasie   -Min bewys van           gefokus nie

                          Hoë vlak
 Bewustheid van doel,                stem leser tot           volwassenheid            en redelik              organisasie en           -Vaag en herhalend
 gehoor en konteks                   nadenke                  -Organisasie baie        samehangend,            samehang                 -Geen organisasie nie
                                     -Uitsonderlike           goed en                  insluitend inleiding,                            en is onsamehangend
 30 PUNTE                            organisasie en           samehangend,             liggaam en
                                     samehang, insluitend     insluitend inleiding,    samevatting/slot
                                     inleiding, liggaam en    liggaam en
                                     samevatting/slot         samevatting/slot
                                              25–27                    19–21                    13–15                    7–9                      0–3
                                     -Respons uitmuntend,     -Respons goed; getuig    -Respons                -Respons is grootliks    -Geen poging
                                     maar uitsonderlik        van vaardigheid          bevredigend, maar       irrelevant.              aangewend om in
                                     treffende eienskappe     -Idees relevant,         verval soms in          -Idees begin los staan   ooreenstemming met
                                     van ’n opstel ontbreek   interessant              onduidelikheid          en kan verwarrend        onderwerp te wees nie
                                     -Idees intelligent en    -Organisasie goed en     -Idees redelik          wees                     -Heeltemal irrelevant

                          Lae vlak
                                     volwasse                 samehangend,             samehangend en          -Skaars ’n bewys van     en ontoepaslik
                                     -Knap organisasie en     insluitend inleiding,    oortuigend              organisasie en           -Deurmekaar en geen
                                     samehang, insluitend     liggaam en               -’n Mate van            samehang                 fokus nie
                                     inleiding, liggaam en    samevatting/slot         organisasie en
                                     samevatting/slot                                  samehang, insluitend
                                                                                       inleiding, liggaam en
                                                                                       samevatting/slot

Kopiereg voorbehou                                                                                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Huistaal/V3
                                      Downloaded from hlayiso.com              10                                                                              DBE/2016
                                                                        SSE – Memorandum

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg)
        Kriteria                            Uitsonderlik                   Knap                   Gemiddeld                   Elementêr               Onvoldoende
 TAAL, STYL &                                  14–15                       11–12                      8–9                         5–6                       0–3
 REDIGERING                           -Toon, register, styl en   -Toon, styl, register en   -Toon, register, styl en   -Toon, register, styl en   -Taal onverstaanbaar
                                      woordeskat hoogs           woordeskat baie            woordeskat gepas vir       woordeskat nie gepas       -Toon, register, styl en
 Toon, register, styl en              gepas vir doel, gehoor     gepas vir doel, gehoor     doel, gehoor en            vir doel, gehoor en        woordeskat minder
 woordeskat is geskik                 en konteks                 en konteks                 konteks                    konteks nie                gepas vir doel, gehoor
 vir doel/effek en                    -Taalgebruik getuig        -Taalgebruik effektief     -Gepaste taalgebruik       -Taalgebruik baie          en konteks

                           Hoë vlak
 konteks;                             van vertroue,              en ’n deurlopende          om betekenis oor te        basies                     -Woordeskat so
 Woordkeuse;                          indrukwekkend              gepaste toon word          dra                        -Toon en woordkeuse        beperk dat dit
 Taalgebruik en                       -Toon retories treffend    gebruik                    -Toon is gepas             skaars toepaslik           onmoontlik is om sin
 konvensies,                          en effektief               -Grammatika en             -Retoriese middele         -Baie beperkte             te maak
 punktuasie,                          -Grammatika en             spelling grootliks         gebruik om betekenis       woordeskat
 grammatika, spelling                 spelling feitlik foutvry   foutvry                    te versterk
                                      -Knap gedaan               -Baie goed gedoen
 15 PUNTE                                        13                         10                         7                          4
                                      -Taalgebruik               -Taalgebruik toepaslik     -Voldoende                 -Taalgebruik
                                      uitstekend en toon is      en oor die algemeen        taalgebruik, maar          onvoldoende
                                      retories effektief         effektief                  teenstrydighede word       -Weinig indien enige

                           Lae vlak
                                      -Grammatika en             -Toon gepas en             opgemerk                   sinsverskeidenheid
                                      spelling feitlik foutvry   effektief                  -Toon oor die              -Woordeskat baie
                                      -Baie goed tot knap        -Enkele foute in           algemeen gepas en          beperk
                                      gedaan                     grammatika en              beperkte gebruik van
                                                                 spelling                   retoriese middele
                                                                 -Goed gedoen
 STRUKTUUR                                       5                           4                        3                           2                        0–1
                                      -Uitstekende               -Logiese ontwikkeling      -Relevante detail          -Sommige punte             -Noodsaaklike punte
 Kenmerke van teks;                   ontwikkeling van           van details                ontwikkel                  geldig                     ontbreek
 Paragraafontwikkeling                onderwerp                  -Samehangend               -Sinne en paragrawe        -Sinne en paragrawe        -Sinne en paragrawe
 en sinskonstruksie                   -Uitsonderlike detail      -Sinne en paragrawe        goed gekonstrueer          foutief                    foutief
                                      -Sinne en paragrawe        logies en toon variasie    -Opstel maak nog sin       -Opstel maak nog           -Opstel maak nie sin
 5 PUNTE                              uitsonderlik                                                                     effens sin                 nie
                                      gekonstrueer

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Huistaal/V3
                               Downloaded from hlayiso.com           11                                                                        DBE/2016
                                                              SSE – Memorandum

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
           Kriteria                 Uitsonderlik              Knap                  Gemiddeld                Elementêr             Onvoldoende
 INHOUD,                                13–15                 10–12                    7–9                      4–6                     0–3
 BEPLANNING &                 -Respons                -Respons baie goed      -Respons voldoende      -Basiese respons         -Respons toon geen
 FORMAAT                      uitsonderlik, bo        en demonstreer goeie    en toon voldoende       toon geringe kennis      kennis van kenmerke
                              verwagting              kennis van kenmerke     kennis van kenmerke     van kenmerke van die     van die soort teks nie
 Respons en idees;            -Idees intelligent en   van die soort teks      van die soort teks      soort teks               -Betekenis onduidelik
 Organisering van idees vir   volwasse                -Behou fokus – geen     -Nie heeltemal          -Aanduiding van          met groot afwyking
 beplanning;                  -Grondige kennis van    afwyking nie            gefokus nie – enkele    fokus, maar met          -Geen samehang in
 Doel, gehoor,                kenmerke van die        -Samehang in inhoud     afwykings               afwykings                idees en inhoud nie
 kenmerke/konvensies          soort teks              en idees; baie goed     -Redelike samehang      -Inhoud en idees nie     -Baie min detail
 en konteks                   -Skryfwerk behou        uitgebrei met detail    in inhoud en idees      altyd samehangend        ondersteun die
                              fokus                   wat die onderwerp       -Sommige detail         nie                      onderwerp
 15 PUNTE                     -Samehang in inhoud     ondersteun              ondersteun die          -Min detail              -Nodige reëls van
                              en idees                -Gepaste formaat met    onderwerp               ondersteun die           formaat nie toegepas
                              -Idees behoorlik        onbeduidende foute      -Formaat oorwegend      onderwerp                nie
                              uitgebrei met detail                            gepas, maar met         -Nodige reëls van
                              wat die onderwerp                               enkele foute            formaat vaagweg
                              ondersteun                                                              toegepas
                              -Gepaste en akkurate                                                    -Kritiese foute begaan
                              formaat
 TAAL, STYL &                           9–10                    7–8                     5–6                    3–4                       0–2
 REDIGERING                   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl    -Toon, register, styl
                              en woordeskat hoogs     en woordeskat baie      en woordeskat is        en woordeskat            en woordeskat stem
 Toon, register, styl,        geskik vir doel,        geskik vir doel,        geskik vir doel,        minder geskik vir        nie ooreen met doel,
 doel/effek, gehoor en        gehoor en konteks       gehoor en konteks       gehoor en konteks       doel, gehoor en          gehoor en konteks
 konteks;                     -Grammatika             -Grammatika oor die     -Enkele                 konteks                  nie
 Taalgebruik en konvensies;   akkuraat en goed        algemeen korrek en      grammatikafoute         -Grammatika              -Besaai met foute en
 Woordkeuse;                  gekonstrueer            goed gekonstrueer       -Voldoende              onakkuraat met etlike    verward
 Punktuasie en spelling       -Feitlik foutloos       -Baie goeie             woordeskat              foute                    -Woordeskat nie
                                                      woordeskat              -Foute belemmer nie     -Basiese woordeskat      geskik vir doel nie
 10 PUNTE                                             -Oorwegend foutloos     betekenis nie           -Betekenis belemmer      -Betekenis ernstig
                                                                                                                               belemmer

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2016-memo/f5c157e4-66bd-4457-8073-3afef745981a) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2016-memo/5497b749-e408-4f00-b341-25758bcc85a8) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2017-memo/8d004299-0884-48ae-94a7-fa262185f416) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 June July 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-june-july-2015-memo/bf8c35d0-d11d-4de1-b157-00c447f077fb) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2016/a2cdc682-5344-4fe5-ba51-f1d2b0dfdb02) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Feb March 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-feb-march-2016/2f38ced4-0c76-42df-86de-e5c14d4b9568) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
