# Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2017 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the NSC June Exam 2017, 11 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2017-memo/8d004299-0884-48ae-94a7-fa262185f416
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2017-memo/8d004299-0884-48ae-94a7-fa262185f416)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P3 May June 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2017/7f504e9a-f69d-45ee-b1f6-ef529a4fd2da) — QP · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                             AFRIKAANS HUISTAAL V3

                                          2017

                                   NASIENRIGLYNE

                                                                        PUNTE: 100

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 11 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                            2                                     DBE/2017
                                         SSE – Memorandum

ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

AFDELING A: OPSTEL

AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN
onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige tipe opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die
onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is
wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien.

NASIENRIGLYNE

Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:

Voorbeeld:
Inhoud:                                                                         I = Kh = 22
Taal, styl en redigering:                                                       T = Kl = 10
Struktuur:                                                                      S =K = 4
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel).               36

Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).

DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

•     Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit
      behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
•     Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte
      bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings
      van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.
•     Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar
      standpunt insluit. In die geval van 'n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel
      vat die slot die skryfstuk saam, terwyl 'n argumenterende en beredeneerde opstel se slot
      die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.

VRAAG 1

Riglyne

Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar
interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum) mag nie as bindend beskou
word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan, soos byvoorbeeld:

1.1        'n Vrou/Man so na my hart ...
           Hierdie onderwerp kan tot verskeie interpretasies, wat onder andere beskrywend,
           verhalend, bespiegelend of argumenterend kan wees, lei. Die beskrywende
           opstel sal hierdie merkwaardige persoon se persoonlikheid, gewoontes en
           lewensbeskouing beskryf. 'n Verhaal sal op hierdie besondere persoon se
           lewensgebeure fokus. By 'n bespiegelende interpretasie kan die leerder die redes
           vir hierdie persoon se sukses bespreek. Indien die kandidaat 'n argumenterende
           opstel skryf, sal die kandidaat die redes aanvoer hoekom hy/sy meen hierdie
           persoon merkwaardig/interessant/goed is. Die onderwerp kan ook op ’n
           denkbeeldige persoon/die ideale persoon/iemand wat nog in die toekoms ontmoet
           word, dui.                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           3                                         DBE/2017
                                        SSE – Memorandum

1.2       Dis nie wat ek met dié woorde bedoel het nie!
          Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as 'n beskrywende opstel aanbied. Die
          fokus sal op die woorde/dade val wat nie bedoel is nie of verkeerdelik interpreteer is.
          In die vertel van die verhaal sal daar gekyk word na die gevolge van onbedoelde
          dade of woorde op ander karakters. Die kandidaat kan ook bespiegel wat die
          uitwerking van woorde wat nie bedoel word nie, op iemand is. Die woorde hoef nie in
          die skryfstuk genoem te word nie, 'n verwysing daarna is voldoende.                          [50]

1.3       Die aflaai van rolprente, reekse en musiek sonder om daarvoor te betaal, is
          oneties.
          Hierdie onderwerp is by uitstek 'n argumenterende of beredeneerde opstel waar
          die kandidaat hom of haar uitspreek ten gunste van of teen die stelling en die leser
          oortuig om sy of haar standpunt oor roofkyk of -luister te aanvaar. Die kandidaat kan
          moontlik ook redeneer of dit werklik so onwettig is. In 'n verhalende opstel sal die
          kandidaat die storie van iemand wat oor dié saak tronk toe is, vertel. 'n
          Beskrywende opstel kan handel oor die aflaaiproses van sulke materiaal en hoe
          nadelig dit is vir mense wat 'n bestaan uit die inkomste van verkope moet maak.              [50]

1.4       Dis 'n grys herfsoggend ...
          As 'n verhalende opstel kan die kandidaat verhalend skryf oor wat daardie grys
          herfsoggend gebeur het en veral fokus op die artikel waarna tevergeefs gesoek is. In
          'n beskrywende opstel kan die herfsoggend en die gebeure lewend word deurdat
          emosies en gebeure in detail beskryf word, eerder as wat ŉ storie oor karakters
          vertel word. In die bespiegelende opstel kan die redes vir die gebeure daardie
          oggend ondersoek word. In die argumenterende en beredeneerde opstel kan daar
          rondom die onnodigheid van misdaad in ons samelewing geargumenteer of
          beredeneer word. Die hele onderwerp moet in die kandidaat se opstel betrek word.             [50]

1.5       Deur die hospitaalvenster ...
          Die kandidaat kan die opstel as 'n verhalende opstel aanbied. Die woorde kan as
          die inleiding of slot of in die verloop van die opstel gebruik word. Kandidate kan 'n
          verhaal skryf oor 'n gebeurtenis wat hy/sy deur die hospitaalvenster dophou./
          waargeneem het. Die kandidaat kan ook verhaal hoe hy/sy in die hospitaal beland
          het en nou deur die venster lê en kyk. In 'n beskrywende opstel kan die kandidaat
          sy waarneming gee van wat hy/sy sien/hoor deur deur die venster te kyk en na die
          buitekant te luister. In 'n beredeneerde/argumenterende opstel kan standpunt
          ingeneem word oor goeie/swak hospitaalsorg of die voor- en/of nadele verbonde
          daaraan om in die hospitaal versorg te word. Kandidate kan bespiegelend skryf oor
          die moontlikhede om te herstel of oor dit wat hy/sy die meeste van die normale lewe
          mis.                                                                                         [50]

1.6.1     Beeld wat sit
          Interpretasies kan lei tot 'n beskrywende, verhalende of selfs bespiegelende
          opstel, bv. 'n beskrywing van mense wat uniek is, of die wêreld uit 'n ander oogpunt
          benader of iemand wat 'n denker is. Beeldhoukuns/Kuns kan ook beskryf word. 'n
          Verhaal kan handel oor 'n karakter wat terugdink oor iets wat in die verlede gebeur
          het of droom oor iets wat iewers in die toekoms wag. Verhale oor armoede en
          swaarkry is ook aanvaarbaar. Hierdie onderwerp kan ook die feit dat daar van die
          mens verwag word om te hardloop/jaag/presteer/hard te werk om te oorleef sonder
          tyd om stil te word en oor die lewe te dink/daaroor te peins. In 'n argumenterende
          en beredeneerde opstel kan die kandidaat kwessies van kuns/die waarde van
          kuns/die enkeling teenoor die massa/die vreugde van ongekunsteldheid/die sin van
          die lewe/melancholie/swaarkry beredeneer.                                                    [50]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                             4                                          DBE/2017
                                          SSE – Nasienriglyne

1.6.2     Weegskaal
          In 'n verhalende opstel kan die kandidaat fokus op die lewensverhaal/ervarings van
          'n mens om balans in die lewe te vind. In 'n beskrywende opstel sal die
          belewenisse en/of emosies van 'n mens wat poog om 'n gebalanseerde lewe te lei,
          voorrang geniet. Wanneer beredeneer/geargumenteer word oor die onderwerp,
          kan die kandidaat fokus op die waarde van balans in die lewe/dat sekere sake
          belangriker as ander is om balans te vind. Wanneer die kandidaat peins oor die
          eienskappe en sin van 'n gebalanseerde lewensuitkyk, kan dit slaag as
          bespiegelende opstel.                                                                           [50]

1.6.3     Mense wat in 'n ry staan
          Interpretasies kan lei tot al die soorte opstelle. 'n Verhalende opstel kan die storie
          verhaal van mense wat wag om kaartjies te koop vir een of ander konsert/
          wedstryd/diens/of om die vliegtuig te bestyg. 'n Beskrywende/bespiegelende opstel
          kan handel oor die verskillende soorte mense in die ry./oor al die rompslomp in die
          openbare sektor./die feit dat die mens gesigloos geword het./lyftaal./bagasie wat
          mense saamdra. Kandidate kan ook die refleksie gebruik vir 'n opstel wat handel oor
          identiteit en mense se soeke na die eie ek. Kandidate kan swak diens, vermorsing
          van tyd, gesigloosheid van mense/voortdurende beweging/modes beredeneer of
          daaroor argumenteer.                                                                            [50]

SOORTE OPSTELLE:
VERHALENDE OPSTEL
Dit is 'n interessante vertelling van 'n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan
vanuit enige perspektief geskryf word.

Hou die volgende in gedagte:

•   Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word ('n storie of gebeurtenis).
•   'n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
•   Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
•   Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud
    samehangend.
•   Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.
•   Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
•   'n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied.
•   'n Verrassende slot rond die inhoud af.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
•   Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           5                                         DBE/2017
                                        NSS – Memorandum

BESKRYWENDE OPSTEL
Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie
eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so
lewendig soos hy/sy te beleef.
Hou die volgende in gedagte:

•   Waarnemings met al vyf sintuie en 'n goeie woordeskat word vereis.
•   Insig, begrip, 'n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem
    van waarnemings).
•   Tekste kan varieer van meer realisties tot 'n verdieping in die aanbieding.
•   Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
•   Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
•   Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
•   Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
•   Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die konnotasie en
    nie die denotasie van woorde nie.
•   Stylfigure kan gebruik word.
BEREDENEERDE OPSTEL
Dis objektief en probeer om 'n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van 'n argument te
gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied
teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot 'n spesifieke gevolgtrekking aan
die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed
gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel.
Hou die volgende in gedagte:

•   Die opstel handel oor 'n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding,
    ingeneem word.
•   BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
•   Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
•   Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
•   'n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot
    gee 'n sterk aanduiding van die skrywer se mening.
•   Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
•   Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
•   Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.
BESPIEGELENDE OPSTEL
Die skrywer oorweeg/deurdink 'n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en
gevoelens weer. Dit bespiegel oor 'n droom of wense/moontlikhede.
Hou die volgende in gedagte:

•   Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
•   Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.
•   Dis persoonlik van aard.
•   Daar is 'n definitiewe struktuur, maar 'n gevolgtrekking is nie nodig nie.
•   Dit hoef nie 'n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf
    word.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                            6                                           DBE/2017
                                         NSS – Memorandum

ARGUMENTERENDE OPSTEL

Die skrywer het 'n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te
motiveer.

Hou die volgende in gedagte:

•     Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
•     'n Eie mening word op 'n baie oorspronklike en treffende manier gegee.
•     'n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
•     Verdediging of aanval van 'n saak word enduit volgehou.
•     'n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
•     Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
•     Daar moet 'n duidelike en oortuigende slot wees.
•     Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

                                                                         TOTAAL AFDELING A:             50

AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien.
Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien.

NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:

Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat:                                                  I = K = 10
Taal, styl en redigering:                                                       T=G= 6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).             16
Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte
te wees).

VRAAG 2

2.1        INFORMELE BRIEF

           Die kandidaat skryf aan 'n geliefde waarin hy/sy die liefdesverhouding beëindig.

           Hou die volgende in gedagte:

           •    Gebruik informele taal, styl en register.
           •    Skryf in beskrywende, maar eenvoudige taal.
           •    Skryf logies en volgens 'n spesifieke doel.
           •    Skryfstukke moet 'n inleiding, liggaam/inhoud en slot hê.
           •    Skryfstukke moet die skrywer se adres en datum waarop die brief geskryf is,
                bevat.
           •    Na die skrywer se adres volg 'n informele aanhef.
           •    Sluit die brief informeel of semiformeel af, gevolg deur die skrywer se naam.           [25]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           7                                         DBE/2017
                                        SSE – Nasienriglyne

2.2       FORMELE BRIEF: BRIEF AAN DIE PERS

          Die brief het ten doel om die skrywer se positiewe ervaring oor 'n natuurreservaat
          aan ander lesers oor te dra.

          Hou die volgende in gedagte:

          •   Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res van die brief
              se formaat moet korrek wees soos vir formele briewe geld.
          •   Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel.
          •   Die aanhef of 'n bekendstelling is nie 'n vereiste nie, maar sal die waarde van die
              skryfstuk verhoog.
          •   Styl: Dit behoort saaklik, formeel, maar hoflik te wees. Eenvoudige, direkte taal is
              nodig.
          •   Struktuur: Die brief moet bestaan uit paragrawe waarin gefokus word op die
              positiewe wat tydens die besoek ervaar is.
          •   Die formele register moet gebruik word, soos benodig in persbriewe.
          •   Indien 'n skuilnaam gebruik word, moet die formaat steeds korrek wees.
          •   Die afsluiting is formeel en bevat die skrywer se voorletters, van en titel, waar
              nodig.                                                                                    [25]

2.3       HULDEBLYK

          Bring hulde aan jou ouma.

          Hou die volgende in gedagte:

          •   Die oorledene se naam en van, adres en ouderdom, datum van afsterwe, die plek
              waar die persoon oorlede is en die oorsaak van dood kan gegee word.
          •   Prestasies, hoogtepunte uit die oorledene se lewe en gemeenskaps-
              betrokkenheid kan ingesluit word.
          •   Die fokus behoort te wees op dit wat die ouma vir die skrywer beteken het.
          •   Gebeurtenisse/staaltjies/persoonlike herinneringe behoort ingesluit te wees en
              moet kan bydra/behoort by te dra tot die vertroosting van die familie.
          •   Moet waarderend wees.
          •   Iets persoonliks, soos 'n gedig, kan bygevoeg word.
          •   Taal, styl en register is formeel, opreg en uit die hart.
          •   Spreker kan eufemismes gebruik.                                                           [25]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                            8                                      DBE/2017
                                         SSE – Nasienriglyne

2.4       FORMELE TOESPRAAK:

          Die toespraak handel oor die uitdagings van die lewe./dat die lewe moeilik/uitdagend
          is.

          Hou die volgende in gedagte:

          •    Die styl is formeel. Gee aandag aan: wanneer, waar, hoekom, wie en wat.
          •    Inleiding moet belangstelling wek.
          •    Ontwikkel weldeurdagte idees en vermy clichés.
          •    Kort sinne met eenvoudige idees en bekende voorbeelde word gebruik.
          •    Slot moet die gehoor tot nadenke stem; is nie noodwendig 'n samevatting van
               die toespraak nie.
          •    Klem behoort te val op die probleme/uitdagings van die lewe.                           [25]

2.5       KOERANTBERIG

          Die koerantberig fokus op die watertekort wat die gemeenskap noop om saam te
          staan met die gevolg dat almal tot 'n hegte eenheid saamgebind word.

          Hou die volgende in gedagte:

          •    Feite moet kortliks en akkuraat gegee word.
          •    Belangrikste feite moet gegee word sonder om die leser te verloor.
          •    Feite moet akkuraat, sonder 'n verdraaiing van die waarheid, wees.
          •    Subtitels kan gebruik word.
          •    Belangrikste feite word in die eerste paragraaf vermeld: wie, wat, waar, wanneer,
               waarom, hoe en in watter mate.
          •    Die res van die paragrawe is 'n uitbreiding van die inleidende gegewens.               [25]

2.6       RESENSIE

          Die kandidaat gee 'n individuele respons op 'n nuwe eetplek wat in sy/haar
          omgewing
          geopen het.

          Hou die volgende in gedagte:

           •   Resensies gee die resensent se mening oor die eetplek.
           •   Goeie resensies probeer om regverdig, maar eerlik te wees.
           •   Humor kan in resensies gebruik word.
           •   'n Resensie is gewoonlik subjektief; twee resensente mag oor dieselfde
               onderwerp verskil.
           •   Gee toepaslike feite, byvoorbeeld die naam van die eetplek, die
               kwaliteit van diens, die pryse van geregte en atmosfeer (waar van
               toepassing).
           •   Resensies word nie altyd volgens 'n vaste formaat geskryf nie.
           •   Dit is nie nodig om spesifieke aspekte van die spyskaart/geregte in
               besonderhede te bespreek nie.                                                          [25]
                                                                 TOTAAL AFDELING B:                   50
                                                                      GROOTTOTAAL:                    100

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Huistaal/V3
                                           Downloaded from hlayiso.com             9                                                                                   DBE/2017
                                                                           SSE – Nasienriglyne

LET WEL:

•    Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
•    Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
•    Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in 'n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die
     omskrywings.
•    Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie.

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
          Kriteria                               Uitsonderlik                Knap                     Gemiddeld                   Elementêr                   Onvoldoende
    INHOUD &                                        28–30                    22–24                      16–18                       10–12                          4–6
    BEPLANNING                             -Respons is              -Respons baie goed;        -Respons bevredigend         -Wisselvallige              -Respons heeltemal
                                           uitsonderlik/treffend    getuig van vaardigheid     -Idees redelik               samehang in respons         irrelevant
    (Respons en idees)                     en bo verwagting         -Idees heeltemal           samehangend en               -Idees onduidelik, nie      -Idees deurmekaar en
    Organisering van idees                 -Idees is intelligent,   relevant, interessant      oortuigend                   oorspronklik nie            nie op onderwerp
    vir beplanning;                        volwasse en              en lewer bewys van         -Redelike organisasie        -Min bewys van              gefokus nie

                                Hoë vlak
    Bewustheid van doel,                   stem leser tot           volwassenheid              en redelik                   organisasie en              -Vaag en herhalend
    gehoor en konteks                      nadenke                  -Organisasie baie          samehangend,                 samehang                    -Geen organisasie nie
                                           -Uitsonderlike           goed en                    insluitend inleiding,                                    en is onsamehangend
    30 PUNTE                               organisasie en           samehangend,               liggaam en
                                           samehang, insluitend     insluitend inleiding,      samevatting/slot
                                           inleiding, liggaam en    liggaam en
                                           samevatting/slot         samevatting/slot
                                                    25–27                    19–21                      13–15                         7–9                         0–3
                                           -Respons uitmuntend,     -Respons goed; getuig      -Respons                     -Respons is grootliks       -Geen poging
                                           maar uitsonderlik        van vaardigheid            bevredigend, maar            irrelevant.                 aangewend om in
                                           treffende eienskappe     -Idees relevant,           verval soms in               -Idees begin los staan      ooreenstemming met
                                           van 'n opstel ontbreek   interessant                onduidelikheid               en kan verwarrend           onderwerp te wees nie
                                           -Idees intelligent en    -Organisasie goed en       -Idees redelik               wees                        -Heeltemal irrelevant

                                Lae vlak
                                           volwasse                 samehangend,               samehangend en               -Skaars 'n bewys van        en ontoepaslik
                                           -Knap organisasie en     insluitend inleiding,      oortuigend                   organisasie en              -Deurmekaar en geen
                                           samehang, insluitend     liggaam en                 -'n Mate van                 samehang                    fokus nie
                                           inleiding, liggaam en    samevatting/slot           organisasie en
                                           samevatting/slot                                    samehang, insluitend
                                                                                               inleiding, liggaam en
                                                                                               samevatting/slot

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Huistaal/V3
                                      Downloaded from hlayiso.com              10                                                                              DBE/2017
                                                                        SSE – Nasienriglyne

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg)
        Kriteria                            Uitsonderlik                   Knap                   Gemiddeld                  Elementêr                 Onvoldoende
 TAAL, STYL &                                  14–15                       11–12                      8–9                        5–6                         0–3
 REDIGERING                           -Toon, register, styl en   -Toon, styl, register en   -Toon, register, styl en   -Toon, register, styl en   -Taal onverstaanbaar
                                      woordeskat hoogs           woordeskat baie            woordeskat gepas vir       woordeskat minder          -Toon, register, styl en
 Toon, register, styl en              gepas vir doel, gehoor     gepas vir doel, gehoor     doel, gehoor en            gepas vir doel, gehoor     woordeskat nie gepas
 woordeskat is geskik                 en konteks                 en konteks                 konteks                    en konteks                 vir doel, gehoor en
 vir doel/effek en                    -Taalgebruik getuig        -Taalgebruik effektief     -Gepaste taalgebruik       -Taalgebruik baie          konteks nie

                           Hoë vlak
 konteks;                             van vertroue,              en 'n deurlopende          om betekenis oor te        basies                     -Woordeskat so
 Woordkeuse;                          indrukwekkend              gepaste toon word          dra                        -Toon en woordkeuse        beperk dat dit
 Taalgebruik en                       -Toon retories treffend    gebruik                    -Toon is gepas             skaars toepaslik           onmoontlik is om sin
 konvensies,                          en effektief               -Grammatika en             -Retoriese middele         -Baie beperkte             te maak
 punktuasie,                          -Grammatika en             spelling grootliks         gebruik om betekenis       woordeskat
 grammatika, spelling                 spelling feitlik foutvry   foutvry                    te versterk
                                      -Knap gedaan               -Baie goed gedoen
 15 PUNTE                                        13                         10                         7                          4
                                      -Taalgebruik               -Taalgebruik toepaslik     -Voldoende                 -Taalgebruik
                                      uitstekend en toon is      en oor die algemeen        taalgebruik, maar          onvoldoende
                                      retories effektief         effektief                  teenstrydighede word       -Weinig indien enige

                           Lae vlak
                                      -Grammatika en             -Toon gepas en             opgemerk                   sinsverskeidenheid
                                      spelling feitlik foutvry   effektief                  -Toon oor die              -Woordeskat baie
                                      -Baie goed tot knap        -Enkele foute in           algemeen gepas en          beperk
                                      gedaan                     grammatika en              beperkte gebruik van
                                                                 spelling                   retoriese middele
                                                                 -Goed gedoen
 STRUKTUUR                                       5                           4                        3                           2                        0–1
                                      -Uitstekende               -Logiese ontwikkeling      -Relevante detail          -Sommige punte             -Noodsaaklike punte
 Kenmerke van teks;                   ontwikkeling van           van details                ontwikkel                  geldig                     ontbreek
 Paragraafontwikkeling                onderwerp                  -Samehangend               -Sinne en paragrawe        -Sinne en paragrawe        -Sinne en paragrawe
 en sinskonstruksie                   -Uitsonderlike detail      -Sinne en paragrawe        goed gekonstrueer          foutief                    foutief
                                      -Sinne en paragrawe        logies en toon variasie    -Opstel maak nog sin       -Opstel maak nog           -Opstel maak nie sin
 5 PUNTE                              uitsonderlik                                                                     effens sin                 nie
                                      gekonstrueer

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Huistaal/V3
                               Downloaded from hlayiso.com           11                                                                        DBE/2017
                                                              SSE – Nasienriglyne

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
           Kriteria                 Uitsonderlik              Knap                  Gemiddeld                Elementêr             Onvoldoende
 INHOUD,                                13–15                 10–12                    7–9                      4–6                     0–3
 BEPLANNING &                 -Respons                -Respons baie goed      -Respons voldoende      -Basiese respons         -Respons toon geen
 FORMAAT                      uitsonderlik, bo        en demonstreer goeie    en toon voldoende       toon geringe kennis      kennis van kenmerke
                              verwagting              kennis van kenmerke     kennis van kenmerke     van kenmerke van die     van die soort teks nie
 Respons en idees;            -Idees intelligent en   van die soort teks      van die soort teks      soort teks               -Betekenis onduidelik
 Organisering van idees vir   volwasse                -Behou fokus – geen     -Nie heeltemal          -Aanduiding van          met groot afwyking
 beplanning;                  -Grondige kennis van    afwyking nie            gefokus nie – enkele    fokus, maar met          -Geen samehang in
 Doel, gehoor,                kenmerke van die        -Samehang in inhoud     afwykings               afwykings                idees en inhoud nie
 kenmerke/konvensies          soort teks              en idees; baie goed     -Redelike samehang      -Inhoud en idees nie     -Baie min detail
 en konteks                   -Skryfwerk behou        uitgebrei met detail    in inhoud en idees      altyd samehangend        ondersteun die
                              fokus                   wat die onderwerp       -Sommige detail         nie                      onderwerp
 15 PUNTE                     -Samehang in inhoud     ondersteun              ondersteun die          -Min detail              -Nodige reëls van
                              en idees                -Gepaste formaat met    onderwerp               ondersteun die           formaat nie toegepas
                              -Idees behoorlik        onbeduidende foute      -Formaat oorwegend      onderwerp                nie
                              uitgebrei met detail                            gepas, maar met         -Nodige reëls van
                              wat die onderwerp                               enkele foute            formaat vaagweg
                              ondersteun                                                              toegepas
                              -Gepaste en akkurate                                                    -Kritiese foute begaan
                              formaat
 TAAL, STYL &                           9–10                    7–8                     5–6                    3–4                       0–2
 REDIGERING                   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl    -Toon, register, styl
                              en woordeskat hoogs     en woordeskat baie      en woordeskat is        en woordeskat            en woordeskat stem
 Toon, register, styl,        geskik vir doel,        geskik vir doel,        geskik vir doel,        minder geskik vir        nie ooreen met doel,
 doel/effek, gehoor en        gehoor en konteks       gehoor en konteks       gehoor en konteks       doel, gehoor en          gehoor en konteks
 konteks;                     -Grammatika             -Grammatika oor die     -Enkele                 konteks                  nie
 Taalgebruik en konvensies;   akkuraat en goed        algemeen korrek en      grammatikafoute         -Grammatika              -Besaai met foute en
 Woordkeuse;                  gekonstrueer            goed gekonstrueer       -Voldoende              onakkuraat met etlike    verward
 Punktuasie en spelling       -Feitlik foutloos       -Baie goeie             woordeskat              foute                    -Woordeskat nie
                                                      woordeskat              -Foute belemmer nie     -Basiese woordeskat      geskik vir doel nie
 10 PUNTE                                             -Oorwegend foutloos     betekenis nie           -Betekenis belemmer      -Betekenis ernstig
                                                                                                                               belemmer

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2017-memo/a6422696-4ee3-497e-a363-2d437719558c) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2017-memo/fe0661a7-8373-4100-ac07-707ad6445899) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Feb March 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-feb-march-2017-memo/a439c31f-a9ef-42b4-920a-c5ad42bfbb59) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2016-memo/286a319c-256a-4fcd-b924-7c2fce54b61b) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P3 June July 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-june-july-2015-memo/bf8c35d0-d11d-4de1-b157-00c447f077fb) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2017/4577c737-2595-4437-bfdb-6520a8a9afe6) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
