# Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2017 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the NSC June Exam 2017, 6 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2017/7f504e9a-f69d-45ee-b1f6-ef529a4fd2da
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 6

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2017/7f504e9a-f69d-45ee-b1f6-ef529a4fd2da)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P3 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2017-memo/8d004299-0884-48ae-94a7-fa262185f416) — Memo · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                           AFRIKAANS HUISTAAL V3

                                        2017

                                                                  PUNTE: 100

                                                                  TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                          2                                  DBE/2017
                                              SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

          AFDELING A: Opstel                                        (50)
          AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste         (2 x 25) (50)

2.        Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B.

3.        Skryf in die taal waarin jy geassesseer word.

4.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

5.        Jy moet jou werk beplan (bv. deur 'n breinkaart/diagram/vloeidiagram/
          kernwoorde te gebruik) en jou werk taalversorg en proeflees. Die beplanning
          moet VOOR die finale produk gedoen word.

6.        Alle beplanning moet duidelik aangedui word en daarna netjies deurgehaal
          word.

7.        Jy moet jou tyd soos volg bestee:

          AFDELING A: ongeveer 80 minute
          AFDELING B: ongeveer 70 (2 x 35) minute

8.        Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

9.        Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel
          word NIE.

10.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                         3                                          DBE/2017
                                             SSE

AFDELING A: OPSTEL

VRAAG 1

Kies EEN van die volgende onderwerpe en skryf 'n opstel van 400–450 woorde.
Skryf die nommer en die titel/opskrif van jou opstel neer.

1.1       'n Vrou/Man so na my hart ...                                                                [50]

1.2       Dis nie wat ek met dié woorde bedoel het nie!                                                [50]

1.3       Die aflaai van rolprente, reekse en musiek, sonder
          om daarvoor te betaal, is oneties.                                                           [50]

1.4       Dis 'n grys herfsoggend. Skielik gebeur die ondenkbare. Ek soek
          in my tas ... agter die wasgoedmandjie ... maar alles tevergeefs ...                         [50]

1.5       Deur die hospitaalvenster ...                                                                [50]

1.6       Kies EEN van die volgende visuele prikkels en skryf 'n opstel daaroor. Skryf
          die nommer en jou eie titel/opskrif neer.

          1.6.1

                            [Bron: http://postsfromthepath.com/wordpress/media]                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                     4                                         DBE/2017
                                         SSE

        1.6.2

                                                                 [Bron: https://www.um.edu.mt]    [50]

          1.6.3

                           [Bron: http://photos1.blogger.com/blogger/6101/1769/1600/arniston1]    [50]

                                                               TOTAAL AFDELING A:                 50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                         5                                      DBE/2017
                                             SSE

AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

VRAAG 2

Kies TWEE van die volgende onderwerpe en skryf 180–200 woorde oor elkeen. Skryf
die nommer en die titel/opskrif van die teks wat jy gekies het, neer.

2.1       INFORMELE BRIEF

          Jy wil die liefdesverhouding tussen jou en 'n geliefde beëindig.

          Skryf 'n informele brief aan dié persoon en gee die redes waarom jy die
          verhouding beëindig.                                                                     [25]

2.2       FORMELE BRIEF: BRIEF AAN DIE PERS

          Jy het onlangs 'n positiewe ervaring by een van ons land se natuurreservate
          gehad.

          Skryf 'n formele brief aan die REIS-tydskrif waarin jy jou positiewe ervaring
          aan ander lesers oordra.

          Rig jou brief aan:

          Die Redakteur
          REIS
          Posbus 740
          KAAPSTAD
          8000                                                                                     [25]

2.3       HULDEBLYK

          Jou ouma is onlangs na 'n kort siekbed oorlede.

          Skryf 'n huldeblyk wat jy tydens jou ouma se begrafnis sal lewer.                        [25]

2.4       FORMELE TOESPRAAK

          Jy is genooi om die jeugleiers in jou gemeenskap toe te spreek. Skryf die
          toespraak oor die tema hieronder.

                                    Die lewe is g'n grap nie.                                      [25]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                       6                                  DBE/2017
                                           SSE

2.5       KOERANTBERIG

          Jy is 'n verslaggewer by 'n koerant. Skryf 'n koerantberig oor die onderwerp
          hieronder.

                           Gemeenskap verenig danksy watertekort                          [25]

2.6       RESENSIE

          Die plaaslike koerant het jou gevra om 'n nuwe eetplek wat in julle omgewing
          geopen het, te besoek en om ná jou besoek aan dié eetplek 'n resensie vir
          hulle kosblad te skryf.

          Skryf die resensie.                                                             [25]

                                                              TOTAAL AFDELING B:          50
                                                                  GROOTTOTAAL:            100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P3 Nov 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2017/4577c737-2595-4437-bfdb-6520a8a9afe6) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Feb March 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-feb-march-2017/60537e99-e401-4b8c-87b0-63dfb08ba5b2) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2022/c6956443-8f83-4967-aec5-c587b7e618da) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2021/42e929f2-d518-448d-9474-d880ba2834f8) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2018/a2880343-bd5f-4f3a-ae57-86ba082a8a22) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2016/e6142ea4-cb8a-4b71-9341-44f4847a8b2d) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
