# Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2018 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the NSC June Exam 2018, 12 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2018-memo/af31df31-b309-4aa1-a07a-dca03e790996
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2018-memo/af31df31-b309-4aa1-a07a-dca03e790996)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P3 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2018/a2880343-bd5f-4f3a-ae57-86ba082a8a22) — QP · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                             AFRIKAANS HUISTAAL V3

                                          2018

                                   NASIENRIGLYNE

                                                                       PUNTE: 100

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 11 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           2                                       DBE/2018
                                        SSE – Nasienriglyne

ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

AFDELING A: OPSTEL

AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN
onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige tipe opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die
onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is
wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien.

NASIENRIGLYNE

Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:

Voorbeeld:
Inhoud:                                                                           I = Kh = 22
Taal, styl en redigering:                                                         T = Kl = 10
Struktuur:                                                                        S =K = 4
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel).                 36

Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).

DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

•     Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit
      behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
•     Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte
      bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings
      van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.
•     Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar
      standpunt insluit. In die geval van 'n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat
      die slot die skryfstuk saam, terwyl 'n argumenterende en beredeneerde opstel se slot die
      skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.

VRAAG 1

Riglyne

Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar
interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande nasienriglyne) mag nie as bindend beskou
word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan, byvoorbeeld:

1.1        Jy weet mos hoe mense is ...
           Die kandidaat kan hierdie onderwerp as 'n beskrywende opstel aanbied deur
           verskillende mense se doen en late te beskryf. Moontlikhede van sulke sake is
           avonture wat beleef word, snaakse/komiese situasies of ontnugtering wat deur
           mense te weeg gebring word. In 'n bespiegelende opstel kan die kandidaat mymer
           oor aspekte wat mense uniek maak. 'n Verhalende opstel kan handel oor
           gebeure/handelinge van mense wat groot avonture beleef. As beredeneerde of
           argumenterende opstel kan die kandidaat redeneer/argumenteer oor mense en/of
           die invloed wat mense op ander mense het.                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                          3                                        DBE/2018
                                       SSE – Nasienriglyne

1.2       Met bene uitgestrek, koppie koffie in die hand, begin hy/sy vertel ...
          Die onderwerp kan as verhalende opstel handel oor 'n besondere storie wat die
          skrywer daardie dag by iemand gehoor het. Kandidate kan 'n beskrywende opstel
          aanbied waarin iemand wat 'n interessante/ontstellende/insiggewende/nostalgiese
          storie vertel, beskryf word. In 'n bespiegelende opstel kan die kandidaat besin oor
          die feite/gegewens wat die man/vrou in sy/haar storie kwytgeraak het./die waarde
          van stories. Die belangrikheid van storievertelling of die nodigheid van mededeling
          van ervarings met jou geliefdes kan beredeneer/argumenteer word.                           [50]

1.3       Orgaanskenking kan 'n ander se lewe red.
          Hierdie onderwerp kan lei tot al die soorte opstelle. As 'n verhalende opstel kan die
          kandidaat skryf oor 'n voorval wat daartoe lei dat iemand dringend 'n orgaan van 'n
          skenker moet ontvang. In 'n beskrywende opstel kan die kandidaat skryf oor
          orgaanskenkings en die invloed wat dit op die orgaanskenker se familie of die
          ontvanger van die orgaan het. By 'n argumenterende/beredeneerde aanbieding
          kan die kandidaat die leser oortuig of hy/sy ten gunste of teen orgaanskenking is en
          dat dit wel lewens red./nie lewens red nie. In 'n bespiegelende opstel kan die
          kandidaat mymer oor die kans op lewe wat die ontvanger toeval.                             [50]

1.4       Drup, drup, drup ... en daar val die reën!
          Die kandidaat kan 'n verhalende opstel aanbied wat handel oor die vreugde-
          volle/rampspoedige dag toe die reën uitsak. In 'n beskrywende opstel kan die
          gebeure van die dag/dae toe die reënbui uitsak, beskryf word. Indien die opstel
          bespiegelend aangebied word, kan die kandidaat bespiegel oor die moontlike
          invloed/betekenis van reën./water. Die kandidaat kan ook mymer oor die mens se
          afhanklikheid van water./die hoop en verwagting dat die reën wel sal kom en
          broodnodige watertekort aanvul. Die droogtetoestand in ons land en die bepaalde
          eise wat waterbeperkings aan die mens stel, kan onder die loep geneem word in 'n
          beredeneerde/argumenterende opstel.                                                        [50]

1.5       Dis die klein dingetjies wat saak maak.
          Die kandidaat kan 'n verhalende opstel aanbied wat handel oor gebeure waar die
          klein dingetjies in die lewe, soos spesiale oomblikke/optredes, 'n groot invloed op
          ander het. Indien die onderwerp beskrywend aangebied word, kan die kandidaat die
          klein dinge wat 'n groot verskil in 'n mens se lewe maak, beskryf. Hierdie onderwerp
          leen hom ook tot 'n bespiegelende opstel waarin die kandidaat besin oor die invloed
          van die kleiner/belangriker dinge op 'n mens se lewe sodat die mens moontlik insig
          verkry rondom dinge wat éintlik behoort saak te maak. Die kandidaat kan in
          'n beredeneerde/argumenterende opstel redeneer/argumenteer dat/of ons
          samelewing nog hoegenaamd ingestel is op die kleiner dinge soos respek/korrekte
          optrede/ sosiale verantwoordelikheid teenoor mense in jou gemeenskap.                      [50]

1.6.1     Hande vashou
          Interpretasies kan lei tot beskrywende, verhalende of selfs bespiegelende
          opstelle, bv. 'n beskrywing van die verhouding tussen geliefdes of 'n situasie wat
          aanleiding gegee het daartoe dat die twee persone hande vashou of mekaar lief het.
          Die opstel kan ook 'n gebroke verhouding, wat eens mooi was, beskryf. 'n Verhaal
          kan handel oor mense wat 'n romantiese oomblik beleef of mekaar ondersteun in 'n
          moeilike tyd. Hierdie onderwerp kan ook bespiegel oor die waarde van
          ondersteuning en liefde van jou naastes. In 'n argumenterende/beredeneerde
          opstel kan die kandidaat redeneer/argumenteer oor die uitdagings wat hedendaagse
          paartjies/verhoudings/ huwelike in die gesig staar.                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                            4                                           DBE/2018
                                         SSE – Nasienriglyne

1.6.2     Die kind wat visvang
          Interpretasies kan lei tot al die soorte opstelle. 'n Verhalende opstel kan die storie
          van iemand/'n kind wat oorleef danksy visvangs vertel. 'n Beskrywende opstel kan
          'n uitstappie om vis te vang en die moontlike genot wat visvang bring, beskryf. In 'n
          beskrywende opstel kan 'n kandidaat fokus op die mens/iemand se behoefte aan
          water/vis wanneer droogte/watertekort ondervind word. Die kandidate kan ook in die
          opstel fokus op eensaamheid/alleenheid/gevare van kinders alleen in die nag./onder
          die maan./sterre. 'n Bespiegelende opstel kan mymer oor die rustigheid of
          introspeksie wat die stilte van die water meebring. Daar kan ook bespiegel word oor
          die waarde daarvan om iemand eerder te leer visvang as om hom/haar daagliks 'n
          vis te gee. Die argumenterende en beredeneerde opstelle kan argumente aanvoer
          vir of teen visvang as ontspanning of die vegetariese leefwyse of selfs respek
          teenoor die natuur.                                                                             [50]

1.6.3     Drie jongmense wat dans/by 'n modevertoning
          Die kandidaat kan die verhaal van jongmense wat dans/partytjie hou vertel, of
          verhaal hoe oefening soos dans 'n positiewe rol in jou gesondheid/fiksheid kan
          speel. Die kandidaat kan ook skryf oor gebeure by 'n modevertoning. As
          beskrywende opstel kan die kandidaat verskillende dansgenres en die reëls van
          dans/-kompetisies beskryf./fokus op verskillende style tydens modevertonings.
          Indien die kandidaat argumenteer oor die plek van dans/kultuur/modelwerk in die
          skoolprogram, kan die opstel as 'n argumenterende opstel slaag. Daar kan
          beredeneer word of die danskultuur (bv. Hip Hop)/modelwerk/modevertonings
          positiewe sowel as negatiewe invloede in jongmense se lewens tot gevolg het. 'n
          Bespiegelende       opstel     kan      besin     oor    die    waarde     van
          dans/oefening/stokperdjies/modelwerk in 'n mens se lewe.

          Sien asb. na wat die kandidaat aanbied. Fotoverwringing mag kandidaat nie
          benadeel nie.                                                                                   [50]

SOORTE OPSTELLE:
VERHALENDE OPSTEL
Dit is 'n interessante vertelling van 'n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan
vanuit enige perspektief geskryf word.
Hou die volgende in gedagte:

•   Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word ('n storie of gebeurtenis).
•   'n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
•   Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
•   Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud
    samehangend.
•   Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.
•   Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
•   'n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied.
•   'n Verrassende slot rond die inhoud af.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
•   Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.
BESKRYWENDE OPSTEL
Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie
eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so
lewendig soos hy/sy te beleef.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           5                                        DBE/2018
                                        SSE – Nasienriglyne

Hou die volgende in gedagte:

•   Waarnemings met al vyf sintuie en 'n goeie woordeskat word vereis.
•   Insig, begrip, 'n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem
    van waarnemings).
•   Tekste kan varieer van meer realisties tot 'n verdieping in die aanbieding.
•   Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
•   Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
•   Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
•   Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
•   Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die konnotasie en
    nie die denotasie van woorde nie.
•   Stylfigure kan gebruik word.

BEREDENEERDE OPSTEL

Dis objektief en probeer om 'n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van 'n argument te
gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied
teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot 'n spesifieke gevolgtrekking aan
die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed
gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel.

Hou die volgende in gedagte:

•   Die opstel handel oor 'n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding,
    ingeneem word.
•   BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
•   Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
•   Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
•   'n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot
    gee 'n sterk aanduiding van die skrywer se mening.
•   Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
•   Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
•   Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.

BESPIEGELENDE OPSTEL

Die skrywer oorweeg/deurdink 'n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en
gevoelens weer. Dit bespiegel oor 'n droom of wense./moontlikhede.

Hou die volgende in gedagte:

•   Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
•   Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.
•   Dis persoonlik van aard.
•   Daar is 'n definitiewe struktuur, maar 'n gevolgtrekking is nie nodig nie.
•   Dit hoef nie 'n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf
    word.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                          6                                           DBE/2018
                                       SSE – Nasienriglyne

ARGUMENTERENDE OPSTEL

Die skrywer het 'n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te
motiveer.

Hou die volgende in gedagte:

•   Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
•   'n Eie mening word op 'n baie oorspronklike en treffende manier gegee.
•   'n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
•   Verdediging of aanval van 'n saak word enduit volgehou.
•   'n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
•   Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
•   Daar moet 'n duidelike en oortuigende slot wees.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

                                                                       TOTAAL AFDELING A:             50

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           7                                         DBE/2018
                                        SSE – Nasienriglyne

AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien.
Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat:                                                     I = K = 10
Taal, styl en redigering:                                                          T=G= 6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).                16
Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).
2.1       INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF
          Die kandidaat skryf 'n informele brief aan sy/haar ouers waarin hy/sy vertel van 'n
          troue wat hy/sy bygewoon het waar sake skeefgeloop het.
          Hou die volgende in gedagte:

          •   Informele taal, register en styl behoort gebruik te word.
          •   Beskrywende, maar eenvoudige taal behoort voor te kom.
          •   Die briefinhoud behoort logies en volgens bogenoemde doel uiteengesit te word.
          •   Briewe behoort 'n inleiding, liggaam/inhoud en slot te hê.
          •   Die skrywer se adres en datum waarop die brief geskryf word, moet gegee word.
          •   Na die skrywer se adres behoort die informele aanhef te volg.
          •   Die brief behoort informeel afgesluit te word.
          •   Die formaat van die brief is belangrik.                                                  [25]

2.2       FORMELE BRIEF: KLAGTE
          Die brief fokus op die klagte(-s) wat verband hou met dieregeluide as gevolg van
          plaasdiere wat op 'n dorpserf aangehou word.
          Hou die volgende in gedagte:

          •   Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res van die brief
              se formaat moet korrek wees soos wat dit vir formele briewe geld.
          •   Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel.
          •   Styl: Dit behoort saaklik, formeel, maar hoflik te wees.
          •   Eenvoudige, direkte taal is nodig.
          •   Struktuur: Die brief moet bestaan uit paragrawe waarin gefokus word op die
              ongerief/steurnis wat die plaasdiere se geluide veroorsaak en hoe dit die skrywer
              benadeel./beïnvloed.
          •   Die brief word aan die stadsklerk/munisipale bestuurder gerig.
          •   Die formele register moet gebruik word, soos bv. “u” in plaas van “jy”/“jou”.
          •   Die afsluiting is formeel en bevat die skrywer se voorletters, van en titel, waar
              nodig, bv.

          Die uwe

          P. van Zyl
          P. van Zyl                                                                                   [25]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                            8                                    DBE/2018
                                         SSE – Nasienriglyne

2.3       HULDEBLYK

          Bring hulde aan 'n kollega tydens sy/haar afskeidsfunksie.

          Hou die volgende in gedagte:

          •   Die persoon se naam en van, adres en ouderdom, die plek waar die kollega
              haar/hom tans bevind, behoort gegee te word.
          •   Prestasies, hoogtepunte uit die kollega se lewe en gemeenskapsbetrokkenheid
              kan ingesluit word.
          •   Die fokus behoort te wees op dit wat die kollega vir die skrywer/almal beteken
              het.
          •   Gebeurtenisse/Staaltjies/Persoonlike herinneringe behoort ingesluit te wees.
          •   Die huldeblyk moet waarderend wees.
          •   Iets persoonliks, soos 'n gedig, kan bygevoeg word.
          •   Taal, styl en register is formeel, opreg en uit die hart.                             [25]

2.4       FORMELE VERSLAG

          Die kandidaat stel, in opdrag van die bestuurder by die werk, 'n formele verslag op
          oor die uitdagings met vervoer wat die onderneming se personeel ervaar om
          daagliks by hul werkplek uit te kom.

          Hou die volgende in gedagte:

          • Gee presiese terugvoer oor gebeure.
          • Beplan, versamel en organiseer inligting; skryf oor feite.
          • Gebruik formele taal, register en styl.
          • Gebruik selfstandige naamwoorde/die derde persoon/feitelike beskrywings,
            tegniese woorde en frases.
          • Dit moet geskik wees om tydens 'n bestuursvergadering aan die bestuurspan,
            wat die uitdagings met vervoer na die werkplek ondersoek, voor te lê.                   [25]

2.5       DIALOOG

          Die dialoog word met 'n wêreldbekende sakeleier tydens 'n sakewerkswinkel gevoer.
          Die dialoog behoort te fokus op wenke om 'n nuwe besigheid te begin.

          Hou die volgende in gedagte:

          •   Twee mense voer die gesprek.
          •   Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word en vanuit
              die spreker se perspektief.
          •   Elke spreekbeurt word op 'n nuwe reël begin.
          •   Gebruik 'n dubbelpunt na die naam van elke spreker.
          •   Ekstra inligting word tussen hakies, voordat die spreker praat, aangedui.
          •   'n Scenario (kan), voordat die dialoog begin, gegee word.
          •   Vrae kan fokus op (bv.) grondbeginsels wat respekteer moet word, slaggate wat
              vermy behoort te word, werwing van personeel, verskaffers van voorraad en
              verborge kostes.                                                                      [25]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                         9                                       DBE/2018
                                      SSE – Nasienriglyne

2.6       FORMELE TOESPRAAK

          Die leerder spreek die matrikulante by 'n laaste saalbyeenkoms toe oor die lewe wat
          net is wat jy daarvan maak.

          Hou die volgende in gedagte:

          •   By hierdie toespraak moet die gehoor formeel gegroet word:
              Geagte Matrikulante ...
          •   Die styl moet by die geleentheid en die gehoor pas.
          •   Skryf weldeurdagte idees en vermy clichés.
          •   Gebruik kort sinne met eenvoudige idees en bekende voorbeelde.
          •   Die inleiding moet die gehoor se aandag prikkel.
          •   Die inhoud van die toespraak moet in paragrawe aangebied word.
          •   Die slot moet die gehoor tot nadenke stem.                                            [25]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:                50
                                                                      GROOTTOTAAL:                  100

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Huistaal/V3
                                     Downloaded from hlayiso.com            10                                                                        DBE/2018
                                                                     SSE – Nasienriglyne

LET WEL:

• Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in 'n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
  toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie.

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
       Kriteria                            Uitsonderlik                Knap                   Gemiddeld              Elementêr                 Onvoldoende
 INHOUD &                                     28–30                    22–24                    16–18                  10–12                        4–6
 BEPLANNING                          -Respons is              -Respons baie goed;      -Respons bevredigend    -Wisselvallige            -Respons heeltemal
                                     uitsonderlik/treffend    getuig van vaardigheid   -Idees redelik          samehang in respons       irrelevant
 (Respons en idees)                  en bo verwagting         -Idees heeltemal         samehangend en          -Idees onduidelik, nie    -Idees deurmekaar en
 Organisering van idees              -Idees is intelligent,   relevant, interessant    oortuigend              oorspronklik nie          nie op onderwerp
 vir beplanning;                     volwasse en              en lewer bewys van       -Redelike organisasie   -Min bewys van            gefokus nie

                          Hoë vlak
 Bewustheid van doel,                stem leser tot           volwassenheid            en redelik              organisasie en            -Vaag en herhalend
 gehoor en konteks                   nadenke                  -Organisasie baie        samehangend,            samehang                  -Geen organisasie nie
                                     -Uitsonderlike           goed en                  insluitend inleiding,                             en is onsamehangend
 30 PUNTE                            organisasie en           samehangend,             liggaam en
                                     samehang, insluitend     insluitend inleiding,    samevatting/slot
                                     inleiding, liggaam en    liggaam en
                                     samevatting/slot         samevatting/slot
                                              25–27                    19–21                    13–15                    7–9                       0–3
                                     -Respons uitmuntend,     -Respons goed; getuig    -Respons                -Respons is grootliks     -Geen poging
                                     maar uitsonderlik        van vaardigheid          bevredigend, maar       irrelevant.               aangewend om in
                                     treffende eienskappe     -Idees relevant,         verval soms in          -Idees begin los staan    ooreenstemming met
                                     van 'n opstel ontbreek   interessant              onduidelikheid          en kan verwarrend         onderwerp te wees nie
                                     -Idees intelligent en    -Organisasie goed en     -Idees redelik          wees                      -Heeltemal irrelevant

                          Lae vlak
                                     volwasse                 samehangend,             samehangend en          -Skaars 'n bewys van      en ontoepaslik
                                     -Knap organisasie en     insluitend inleiding,    oortuigend              organisasie en            -Deurmekaar en geen
                                     samehang, insluitend     liggaam en               -'n Mate van            samehang                  fokus nie
                                     inleiding, liggaam en    samevatting/slot         organisasie en
                                     samevatting/slot                                  samehang, insluitend
                                                                                       inleiding, liggaam en
                                                                                       samevatting/slot

Kopiereg voorbehou                                                                                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Huistaal/V3
                                      Downloaded from hlayiso.com              11                                                                               DBE/2018
                                                                        SSE – Nasienriglyne

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg)
        Kriteria                            Uitsonderlik                   Knap                   Gemiddeld                  Elementêr                  Onvoldoende
 TAAL, STYL &                                  14–15                       11–12                      8–9                        5–6                          0–3
 REDIGERING                           -Toon, register, styl en   -Toon, styl, register en   -Toon, register, styl en   -Toon, register, styl en    -Taal onverstaanbaar
                                      woordeskat hoogs           woordeskat baie            woordeskat gepas vir       woordeskat minder           -Toon, register, styl en
 Toon, register, styl en              gepas vir doel, gehoor     gepas vir doel, gehoor     doel, gehoor en            gepas vir doel, gehoor      woordeskat nie gepas
 woordeskat is geskik                 en konteks                 en konteks                 konteks                    en konteks                  vir doel, gehoor en
 vir doel/effek en                    -Taalgebruik getuig        -Taalgebruik effektief     -Gepaste taalgebruik       -Taalgebruik baie           konteks

                           Hoë vlak
 konteks;                             van vertroue,              en 'n deurlopende          om betekenis oor te        basies                      -Woordeskat so
 Woordkeuse;                          indrukwekkend              gepaste toon word          dra                        -Toon en woordkeuse         beperk dat dit
 Taalgebruik en                       -Toon retories treffend    gebruik                    -Toon is gepas             skaars toepaslik            onmoontlik is om sin
 konvensies,                          en effektief               -Grammatika en             -Retoriese middele         -Baie beperkte              te maak
 punktuasie,                          -Grammatika en             spelling grootliks         gebruik om betekenis       woordeskat
 grammatika, spelling                 spelling feitlik foutvry   foutvry                    te versterk
                                      -Knap gedaan               -Baie goed gedoen
 15 PUNTE                                        13                         10                         7                          4
                                      -Taalgebruik               -Taalgebruik toepaslik     -Voldoende                 -Taalgebruik
                                      uitstekend en toon is      en oor die algemeen        taalgebruik, maar          onvoldoende
                                      retories effektief         effektief                  teenstrydighede word       -Weinig indien enige

                           Lae vlak
                                      -Grammatika en             -Toon gepas en             opgemerk                   sinsverskeidenheid
                                      spelling feitlik foutvry   effektief                  -Toon oor die              -Woordeskat baie
                                      -Baie goed tot knap        -Enkele foute in           algemeen gepas en          beperk
                                      gedaan                     grammatika en              beperkte gebruik van
                                                                 spelling                   retoriese middele
                                                                 -Goed gedoen
 STRUKTUUR                                       5                           4                        3                           2                         0–1
                                      -Uitstekende               -Logiese ontwikkeling      -Relevante detail          -Sommige punte              -Noodsaaklike punte
 Kenmerke van teks;                   ontwikkeling van           van details                ontwikkel                  geldig                      ontbreek
 Paragraafontwikkeling                onderwerp                  -Samehangend               -Sinne en paragrawe        -Sinne en paragrawe         -Sinne en paragrawe
 en sinskonstruksie                   -Uitsonderlike detail      -Sinne en paragrawe        goed gekonstrueer          foutief                     foutief
                                      -Sinne en paragrawe        logies en toon variasie    -Opstel maak nog sin       -Opstel maak nog            -Opstel maak nie sin
 5 PUNTE                              uitsonderlik                                                                     effens sin                  nie
                                      gekonstrueer

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Afrikaans Huistaal/V3
                                   Downloaded from hlayiso.com         12                                                                           DBE/2018
                                                                SSE – Nasienriglyne

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
           Kriteria                  Uitsonderlik                  Knap                    Gemiddeld                   Elementêr               Onvoldoende
 INHOUD,                                 13–15                    10–12                       7–9                         4–6                       0–3
 BEPLANNING &                 -Respons uitsonderlik,     -Respons baie goed en      -Respons voldoende         -Basiese respons toon      -Respons toon geen
 FORMAAT                      bo verwagting              demonstreer goeie          en toon voldoende          geringe kennis van         kennis van kenmerke
                              -Idees intelligent en      kennis van kenmerke        kennis van kenmerke        kenmerke van die soort     van die soort teks nie
 Respons en idees;            volwasse                   van die soort teks         van die soort teks         teks                       -Betekenis onduidelik
 Organisering van idees vir   -Grondige kennis van       -Behou fokus – geen        -Nie heeltemal gefokus     -Aanduiding van fokus,     met groot afwyking
 beplanning;                  kenmerke van die soort     afwyking nie               nie – enkele afwykings     maar met afwykings         -Geen samehang in
 Doel, gehoor,                teks                       -Samehang in inhoud        -Redelike samehang in      -Inhoud en idees nie       idees en inhoud nie
 kenmerke/konvensies          -Skryfwerk behou           en idees; baie goed        inhoud en idees            altyd samehangend nie      -Baie min detail
 en konteks                   fokus                      uitgebrei met detail wat   -Sommige detail            -Min detail ondersteun     ondersteun die
                              -Samehang in inhoud        die onderwerp              ondersteun die             die onderwerp              onderwerp
 15 PUNTE                     en idees                   ondersteun                 onderwerp                  -Nodige reëls van          -Nodige reëls van
                              -Idees behoorlik           -Gepaste formaat met       -Formaat oorwegend         formaat vaagweg            formaat nie toegepas
                              uitgebrei met detail wat   onbeduidende foute         gepas, maar met            toegepas                   nie
                              die onderwerp                                         enkele foute               -Kritiese foute begaan
                              ondersteun
                              -Gepaste en akkurate
                              formaat
 TAAL, STYL &                            9–10                       7–8                        5–6                        3–4                        0–2
 REDIGERING                   -Toon, register, styl en   -Toon, register, styl en   -Toon, register, styl en   -Toon, register, styl en   -Toon, register, styl en
                              woordeskat hoogs           woordeskat baie geskik     woordeskat is geskik       woordeskat minder          woordeskat stem nie
 Toon, register, styl,        geskik vir doel, gehoor    vir doel, gehoor en        vir doel, gehoor en        geskik vir doel, gehoor    ooreen met doel,
 doel/effek, gehoor en        en konteks                 konteks                    konteks                    en konteks                 gehoor en konteks nie
 konteks;                     -Grammatika akkuraat       -Grammatika oor die        -Enkele                    -Grammatika                -Besaai met foute en
 Taalgebruik en konvensies;   en goed gekonstrueer       algemeen korrek en         grammatikafoute            onakkuraat met etlike      verward
 Woordkeuse;                  -Feitlik foutloos          goed gekonstrueer          -Voldoende                 foute                      -Woordeskat nie geskik
 Punktuasie en spelling                                  -Baie goeie                woordeskat                 -Basiese woordeskat        vir doel nie
                                                         woordeskat                 -Foute belemmer nie        -Betekenis belemmer        -Betekenis ernstig
 10 PUNTE                                                -Oorwegend foutloos        betekenis nie                                         belemmer

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2018-memo/ec966033-9c89-4162-a085-348fa5019f1d) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2018-memo/89172392-378e-4868-8b19-5f1762563210) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2018 Memo FINAL](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2018-memo-final/8030a9f3-454f-4188-95d0-c070eac72914) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2017-memo/8d004299-0884-48ae-94a7-fa262185f416) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2016-memo/286a319c-256a-4fcd-b924-7c2fce54b61b) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P3 June July 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-june-july-2015-memo/bf8c35d0-d11d-4de1-b157-00c447f077fb) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
