# Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2019 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the NSC June Exam 2019, 11 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2019-memo-1/e0a9f5a8-2c4f-4147-9eb9-7576a61834dc
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2019
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2019-memo-1/e0a9f5a8-2c4f-4147-9eb9-7576a61834dc)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2019 · Afrikaans. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                             AFRIKAANS HUISTAAL V3

                                          2019

                                   NASIENRIGLYNE

                                                                         PUNTE: 100

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 11 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                            2                                    DBE/2019
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

                             NASIONALE NASIENSIMBOLE
VERDUIDELIKING                 SIMBOOL            BESKRYWING
Woordorde                                         Hakies en pyltjie
                               (   )
Woord(e) weggelaat             ^                  Weglaatteken
Taalfoute (ook spelfoute)                         Dubbelstreep onder die taalfout
Paragraafindeling              [                  Begin van 'n nuwe sin
Woord(-keuse)-foute            X                  Trek 'n X bo-oor die verkeerde woord.
Erkenning van taaljuweeltjies                     Regmerkie bo goeie taalgebruik, idees
                               
                                                  of uitdrukkings
Onduidelik/Onverstaanbaar      ∫ (in die kantlyn) Kronkelstreep
Punktuasie                     O                  Omkring
AFDELING A: OPSTEL

AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN
onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige tipe opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die
onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is
wat die finale poging is, word die laaste poging van die eerste onderwerp nagesien.

NASIENRIGLYNE

Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:

Voorbeeld:
Inhoud:                                                                         I = Kh = 22
Taal, styl en redigering:                                                       T = Kl = 10
Struktuur:                                                                      S =K = 4
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel).               36

Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).

DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

   Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit
    behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
   Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte
    bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings
    van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.
   Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar
    standpunt insluit. In die geval van 'n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel
    vat die slot die skryfstuk saam, terwyl 'n argumenterende en beredeneerde opstel se slot
    die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                          3                                      DBE/2019
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 1
Riglyne
Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar
interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum) mag nie as bindend beskou
word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan, byvoorbeeld:
1.1       O, die skande!
          Die kandidaat kan hierdie onderwerp as 'n beskrywende opstel aanbied deur te
          beskryf hoe hy/sy in 'n groot verleentheid beland het en as gevolg daarvan
          verneder/in die skande gesteek is. 'n Verhalende opstel kan handel oor
          gebeure/handelinge van mense/die kandidaat wat tot groot skande/skaamte gelei
          het. In 'n bespiegelende opstel kan die kandidaat mymer oor aspekte van mense
          wat hulle verneder./skaam maak./tot skandes lei. Die kandidaat kan ook bespiegel
          oor die waarde/blywende aard/kortstondigheid van so 'n skande. As beredeneerde
          of argumenterende opstel kan die kandidaat redeneer/argumenteer oor skandes en
          die invloed daarvan op die eie en/of op ander mense se lewens.                            [50]
1.2       Om jou kanse aan te gryp ...
          Hierdie onderwerp kan deur die kandidaat as verhalende opstel aangebied word
          deur te fokus op een of ander gebeurtenis/'n reeks gebeurtenisse wat daarop dui dat
          dit een of ander gevolg het wanneer jy jou kanse aangryp. In 'n beskrywende opstel
          kan die kandidaat verskillende kanse/geleenthede wat vir jongmense/alle mense
          eers waarde kry/het indien dit aangegryp word, beskryf. In 'n argumenterende/
          beredeneerde opstel kan die kandidaat verskillende voor- en nadele van kanse/
          geleenthede teen mekaar opweeg en tot 'n gevolgtrekking kom. 'n Bespiegelende
          opstel kan die waarde/betekenis/invloed van kanse wat aangegryp word/nie
          aangegryp word nie, bepeins.                                                              [50]
1.3       'n Groener aarde is elkeen se plig.
          Hierdie onderwerp leen hom daartoe dat die kandidaat kan redeneer/argumenteer
          oor ander faktore/die mens se aandeel aan die aarde se vernietiging. Die kandidaat
          kan redeneer dat die mens se strewe na ontwikkeling die aarde verwoes in plaas
          daarvan om dit te bewaar. In 'n bespiegelende opstel kan die kandidaat mymer/
          besin oor die verantwoordelikheid van mense teenoor die aarde./die voortbestaan
          van volgende geslagte mense op die aarde./die invloed van nalatigheid op die aarde
          en uiteindelik op die mens. In 'n beskrywende opstel kan die kandidaat fokus op
          mense se doen en late en die invloed daarvan op die aarde. 'n Verhalende opstel
          kan handel oor positiewe/negatiewe gebeure wat hom/haar tot die insig gebring het
          dat 'n groener aarde ons elkeen se plig/verantwoordelikheid is.                           [50]
1.4       Jou naam is goud werd.
          Die kandidaat kan hierdie onderwerp aanpak deur te verhaal hoe hy/sy
          onverantwoordelik opgetree het en uiteindelik besef het dat sy/haar naam daaronder
          gely het. Die kandidaat kan verder verhaal wat hy/sy gedoen het om sy/ haar naam
          te probeer red. In 'n beskrywende opstel kan die kandidaat beskryf wat hy/sy
          gedoen het om sy/haar naam te benadeel en hoe sleg/onaangenaam dit is./was. Die
          kandidaat kan verder beskryf hoe hy/sy probeer het om die skade aan sy/haar naam
          te herstel. In 'n bespiegelende opstel kan die kandidaat besin oor die skandes en
          skades wat 'n invloed op 'n mens se naam het./die waarde van 'n goeie naam./die
          nadele verbonde aan 'n naam wat in oneer gebring is. In 'n argumenterende/
          beredeneerde opstel kan die kandidaat die belangrikheid van 'n goeie naam
          beredeneer/ argumenteer.                                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           4                                        DBE/2019
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

1.5       My vuurtjie brand, my kersie gee sy lig ...
          Die kandidaat kan 'n verhalende opstel aanbied waarin hy/sy vertel hoe die
          veiligheid en huislike warmte van sy/haar huis deur 'n aand van storms bedreig word.
          In 'n beskrywende opstel kan die kandidaat die storm buite beskryf en dit vergelyk
          met die veilige huislikheid/vrede binne die huis. In 'n bespiegelende opstel kan die
          kandidaat bespiegel oor die waarde van storms in 'n mens se lewe wanneer die huis
          (ouers) veiligheid bied./jou voorberei op die lewe./oor die nadele verbonde aan
          storms wanneer die huis (ouers) kinders nie op die storms van die lewe voorberei
          nie./wanneer ouers soos helikopters oor hulle kinders hang. In 'n
          argumenterende/beredeneerde opstel kan die kandidaat redeneer oor die
          belangrikheid van stabiele huise teenoor al die gebroke gesinne wat ons tyd
          kenmerk. Storms kan letterlik/figuurlik interpreteer word.                                   [50]
1.6.1     Maskers
          Interpretasies kan lei tot beskrywende, verhalende of selfs bespiegelende opstelle,
          bv. 'n beskrywing van net een masker/verskillende maskers waaragter mense
          wegkruip. 'n Verhaal kan handel oor 'n toneelstuk wat die kandidaat
          bygewoon het./waarin hy/sy opgetree het. Die opstel kan ook fokus op 'n verhaal van
          iemand wat sielsongelukkig is, maar altyd 'n gelukkige gesig/masker vertoon. Hierdie
          onderwerp kan bespiegel oor die waarde van kultuuraktiwiteite./die geneigdheid van
          mense om nie hulle ware kleure te wys nie, maar eerder agter 'n masker/maskers
          wegkruip. In 'n argumenterende/beredeneerde opstel kan die kandidaat redeneer/
          argumenteer dat die balans tussen sport en kultuur in skoolgemeenskappe ontbreek.            [50]
1.6.2     Kinders wat met 'n hond speel
          Die kandidaat kan van 'n hond wat vir 'n kind/kinders baie belangrik is/was, vertel./
          kan verhaal hoe 'n hond bygedra het dat 'n kind/kinders gered word./gevind word. As
          beskrywende opstel kan die kandidaat verskillende honderasse beskryf, of
          beskryf hoe sy/haar hond 'n verskil in sy/haar lewe maak./hoe kinders wat honde het,
          kan speel./ontwikkel. Indien die kandidaat argumenteer/redeneer oor die
          voordele/nadele van honde as troeteldiere, kan die opstel as 'n
          argumenterende/beredeneerde opstel slaag. Daar kan beredeneer word of daar
          nog plek en/of tyd in ons huidige samelewing vir troeteldiere is. 'n Bespiegelende
          opstel kan besin oor diere wat respekteer moet word of hoe menselewens deur 'n
          hond/troeteldiere beïnvloed kan word. In al die soorte opstelle kan die fokus ook net
          op die twee kinders val, sonder melding van die hond. Die speelsituasie kan ook die
          fokus wees.                                                                                  [50]
1.6.3     Potlood, skerpmaker en uitveër
          In 'n beskrywende opstel kan die kandidaat skryf oor o.a. die foute wat 'n skrywer/
          mens tydens skryfwerk/die lewe maak en hoe dit, danksy uitveërs/vergifnis/liefde
          reggestel kan word. In 'n verhalende opstel kan die kandidaat vertel van foute/'n fout
          wat hy/sy neergeskryf/gemaak het en die vreugde omdat dit met behulp van 'n
          uitveër/vergifnis/begrip/liefde reggestel kon word. Die kandidaat kan fokus op iets wat
          foutloos is/was – dat hy/sy nie nodig gehad het om foute reg te maak nie. In
          verhalende en beskrywende opstelle kan die prikkel figuurlik interpreteer word:
          foute wat mense in die lewe maak en/of die pogings wat ons aanwend om dit reg te
          stel. Die kandidaat kan ook vertel/beskryf hoe dit soms onmoontlik is om foute uit te
          vee./te verander. In 'n bespiegelende opstel kan die kandidaat besin oor die waarde
          van foute in 'n mens se lewe. Hy/sy kan redeneer/argumenteer dat sekere foute
          makliker uitgevee kan word as ander. Die kandidaat kan in al die soorte opstelle ook
          aandag gee aan die invloed/weelde van 'n (letterlike én figuurlike) skerpmaker:
          mense word skerp gemaak vir 'n bepaalde doel, net soos potlode skerp gemaak
          word om netjies te kan skryf. 'n Kandidaat kan ook skryf oor die ellende van 'n
          rekenaarlêer wat uitgevee/uitgewis is.                                                       [50]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                             5                                         DBE/2019
                                        SS/NSS – Nasienriglyne

SOORTE OPSTELLE:
VERHALENDE OPSTEL
Dit is 'n interessante vertelling van 'n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan
vanuit enige perspektief geskryf word.
Hou die volgende in gedagte:

   Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word ('n storie of gebeurtenis).
   'n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
   Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
   Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud
    samehangend.
   Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.
   Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
   'n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied.
   'n Verrassende slot rond die inhoud af.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
   Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.
BESKRYWENDE OPSTEL
Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie
eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so
lewendig soos hy/sy te beleef.
Hou die volgende in gedagte:

   Waarnemings met al vyf sintuie en 'n goeie woordeskat word vereis.
   Insig, begrip, 'n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem
    van waarnemings).
   Tekste kan varieer van meer realisties tot 'n verdieping in die aanbieding.
   Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
   Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
   Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
   Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
   Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die konnotasie en
    nie die denotasie van woorde nie.
   Stylfigure kan gebruik word.
BEREDENEERDE OPSTEL
Dis objektief en probeer om 'n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van 'n argument te
gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied
teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot 'n spesifieke gevolgtrekking aan
die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed
gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel.
Hou die volgende in gedagte:

   Die opstel handel oor 'n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding,
    ingeneem word.
   BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
   Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
   Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
   'n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot
    gee 'n sterk aanduiding van die skrywer se mening.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           6                                        DBE/2019
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

   Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
   Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
   Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.
BESPIEGELENDE OPSTEL
Die skrywer oorweeg/deurdink 'n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en
gevoelens weer. Dit bespiegel oor 'n droom of wense/moontlikhede.
Hou die volgende in gedagte:

   Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
   Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.
   Dis persoonlik van aard.
   Daar is 'n definitiewe struktuur, maar 'n gevolgtrekking is nie nodig nie.
   Dit hoef nie 'n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf
    word.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
ARGUMENTERENDE OPSTEL

Die skrywer het 'n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te
motiveer.

Hou die volgende in gedagte:

   Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
   'n Eie mening word op 'n baie oorspronklike en treffende manier gegee.
   'n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
   Verdediging of aanval van 'n saak word enduit volgehou.
   'n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
   Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
   Daar moet 'n duidelike en oortuigende slot wees.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

                                                                        TOTAAL AFDELING A:           50

AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien.
Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien.

NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:

Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat:                                                    I = K = 10
Taal, styl en redigering:                                                         T=G= 6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).               16
Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                            7                                       DBE/2019
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

2.1       INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF
           Die kandidaat skryf 'n informele brief aan sy/haar vriend/vriendin waarin hy/sy vertel
           van 'n groot verleentheid wat met 'n eerste afspraak beleef is; die kandidaat skryf
           ook hoe hy/sy die verleentheid hanteer het.
          Hou die volgende in gedagte:
             Informele taal, register en styl behoort gebruik te word.
             Beskrywende, maar eenvoudige taal behoort voor te kom.
             Die briefinhoud behoort logies en volgens bogenoemde doel uiteengesit te word.
             Briewe behoort 'n inleiding, liggaam/inhoud en slot te hê.
             Die skrywer se adres en datum waarop die brief geskryf word, moet gegee word.
             Na die skrywer se adres behoort die informele aanhef te volg.
             Die brief behoort informeel afgesluit te word.
             Die formaat van die brief is belangrik.                                                  [25]
2.2       FORMELE BRIEF: GELUKWENSING
          Die brief fokus op die gelukwensing aan 'n persoon wat 'n oorsese reis in 'n
          kompetisie gewen het. Inligting oor die aard van die wenprys moet in die brief vervat
          word.
          Hou die volgende in gedagte:
              Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res van die brief
               se formaat moet korrek wees soos wat dit vir formele briewe geld.
              Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel.
              Styl: Dit behoort saaklik, formeel, maar hoflik te wees.
              Eenvoudige, direkte taal is nodig.
              Struktuur: Die brief moet bestaan uit paragrawe waarin gefokus word op die
               gelukwensing en die aard van die wenprys.
              Die doel van die brief is om die wenner van 'n oorsese reis geluk te wens en
               bykomende inligting oor die prys te verskaf.
              Die formele register moet gebruik word, soos bv. “u” in plaas van “jy”/“jou”.
              Die afsluiting is formeel en bevat die skrywer se voorletters, van en titel, waar
               nodig, bv.
          Die uwe/Vriendelike groete/Groete
          P. van Zyl
          P. van Zyl
                                                                                                       [25]
2.3       HULDEBLYK
          Die kandidaat bring hulde tydens 'n roudiens/gedenkdiens aan sy/haar neef/niggie
          wat na 'n lang siekbed oorlede is.
          Hou die volgende in gedagte:

             Die neef/niggie se naam en van, adres en ouderdom asook inligting oor die
              siekbed kan gegee word.
             Prestasies, hoogtepunte uit die neef/niggie se lewe kan ingesluit word.
             Die fokus behoort op hulde aan/dankbaarheid teenoor die neef/niggie te val.
             Gebeurtenisse/Staaltjies/Persoonlike herinneringe behoort ingesluit te wees.
             Die huldeblyk moet waarderend wees.
             Iets persoonliks, soos 'n gedig, kan bygevoeg word.
             Taal, styl en register is formeel, opreg en uit die hart.                                [25]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           8                                       DBE/2019
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

2.4       KOERANTBERIG

          Lesers van die koerant word met so 'n berig ingelig oor die dorp wat tydens 'n land-
          wye kompetisie as dorp van die jaar aangewys is. Die opskrif moet gepas wees.

          Hou die volgende in gedagte:

             Inligting oor die dorp as dorp van die jaar moet uitgelig word.
             Gee die feite kortliks en akkuraat.
             Strewe daarna om die belangrikste feite te gee sonder om die leser te verloor;
              som akkuraat op sonder om die waarheid te verdraai.
             Gee 'n saaklike, bondige, maar treffende titel. Subtitels kan ook gegee word.
             Vermeld die belangrikste feite alreeds in die eerste paragraaf: wie, wat, waar,
              wanneer, waarom, hoe en in watter mate.                                                 [25]

2.5       TOESPRAAK

          Die kandidaat spreek die ouers by 'n ouervergadering toe oor tieners wat wéét wat
          die lewe van hulle verwag.

          Hou die volgende in gedagte:

             By hierdie toespraak moet die gehoor formeel gegroet word: Geagte Ouers/
              Geagte Dames en Here ...
             Die styl moet by die geleentheid en die gehoor pas.
             Skryf weldeurdagte idees en vermy clichés.
             Gebruik kort sinne met eenvoudige idees en bekende voorbeelde.
             Die inleiding moet die gehoor se aandag prikkel.
             Die inhoud van die toespraak moet in paragrawe aangebied word.
             Die slot moet die gehoor tot nadenke stem.                                              [25]

2.6       RESENSIE

          Die kandidaat skryf 'n resensie vir 'n gesinstydskrif oor 'n boek wat aktuele
          tienerprobleme/-kwessies belig.

          Hou die volgende in gedagte:

             Resensies word nie altyd volgens 'n vaste formaat geskryf nie. Dit is nie nodig
              om spesifieke aspekte van die boek te bespreek nie. Oor die algemeen bepaal
              resensente wat hulle wil resenseer en wie daarby betrokke is.
             'n Goeie resensie probeer om regverdig, maar eerlik te wees; 'n swak resensie is
              bloot persoonlike dwepery of galbrakery.
             Humor kan in resensies gebruik word, met in agneming dat stylverskille sal
              voorkom.
             Die resensie gee 'n individuele respons op die boek.
             Die resensie gee 'n mening oor die werk wat gewoonlik subjektief is.
             Dit gee toepaslike feite, byvoorbeeld, die naam van die skrywer, die titel van die
              boek, die naam van die uitgewer, die verkoopprys.
             Die resensie kan lesers aanbeveel om die boek te lees.                                  [25]

                                                                       TOTAAL AFDELING B:             50
                                                                           GROOTTOTAAL:               100

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Huistaal/V3
                                     Downloaded from hlayiso.com                    9                                                                 DBE/2019
                                                                      SS/NSS – Nasienriglyne

LET WEL:

 Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
 Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
 Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in 'n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
  toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
 Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie.

       ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
       Kriteria                            Uitsonderlik                Knap                   Gemiddeld              Elementêr                 Onvoldoende
 INHOUD &                                     28–30                    22–24                    16–18                  10–12                        4–6
 BEPLANNING                          -Respons is              -Respons baie goed;      -Respons bevredigend    -Wisselvallige            -Respons heeltemal
                                     uitsonderlik/treffend    getuig van vaardigheid   -Idees redelik          samehang in respons       irrelevant
 (Respons en idees)                  en bo verwagting         -Idees heeltemal         samehangend en          -Idees onduidelik, nie    -Idees deurmekaar en
 Organisering van idees              -Idees is intelligent,   relevant, interessant    oortuigend              oorspronklik nie          nie op onderwerp

                          Hoë vlak
 vir beplanning;                     volwasse en              en lewer bewys van       -Redelike organisasie   -Min bewys van            gefokus nie
 Bewustheid van doel,                stem leser tot           volwassenheid            en redelik              organisasie en            -Vaag en herhalend
 gehoor en konteks                   nadenke                  -Organisasie baie        samehangend,            samehang                  -Geen organisasie nie
                                     -Uitsonderlike           goed en                  insluitend inleiding,                             en is onsamehangend
 30 PUNTE                            organisasie en           samehangend,             liggaam en
                                     samehang, insluitend     insluitend inleiding,    samevatting/slot
                                     inleiding, liggaam en    liggaam en
                                     samevatting/slot         samevatting/slot
                                              25–27                    19–21                    13–15                    7–9                       0–3
                                     -Respons uitmuntend,     -Respons goed; getuig    -Respons                -Respons is grootliks     -Geen poging
                                     maar uitsonderlik        van vaardigheid          bevredigend, maar       irrelevant.               aangewend om in
                                     treffende eienskappe     -Idees relevant,         verval soms in          -Idees begin los staan    ooreenstemming met
                                     van 'n opstel ontbreek   interessant              onduidelikheid          en kan verwarrend         onderwerp te wees nie

                          Lae vlak
                                     -Idees intelligent en    -Organisasie goed en     -Idees redelik          wees                      -Heeltemal irrelevant
                                     volwasse                 samehangend,             samehangend en          -Skaars 'n bewys van      en ontoepaslik
                                     -Knap organisasie en     insluitend inleiding,    oortuigend              organisasie en            -Deurmekaar en geen
                                     samehang, insluitend     liggaam en               -'n Mate van            samehang                  fokus nie
                                     inleiding, liggaam en    samevatting/slot         organisasie en
                                     samevatting/slot                                  samehang, insluitend
                                                                                       inleiding, liggaam en
                                                                                       samevatting/slot

Kopiereg voorbehou                                                                                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Huistaal/V3
                                      Downloaded from hlayiso.com               10                                                                             DBE/2019
                                                                       SS/NSS – Nasienriglyne

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg)
        Kriteria                            Uitsonderlik                   Knap                   Gemiddeld                  Elementêr                 Onvoldoende
 TAAL, STYL &                                  14–15                       11–12                      8–9                        5–6                         0–3
 REDIGERING                           -Toon, register, styl en   -Toon, styl, register en   -Toon, register, styl en   -Toon, register, styl en   -Taal onverstaanbaar
                                      woordeskat hoogs           woordeskat baie            woordeskat gepas vir       woordeskat minder          -Toon, register, styl en
 Toon, register, styl en              gepas vir doel, gehoor     gepas vir doel, gehoor     doel, gehoor en            gepas vir doel, gehoor     woordeskat nie gepas
 woordeskat is geskik                 en konteks                 en konteks                 konteks                    en konteks nie             vir doel, gehoor en

                           Hoë vlak
 vir doel/effek en                    -Taalgebruik getuig        -Taalgebruik effektief     -Gepaste taalgebruik       -Taalgebruik baie          konteks
 konteks;                             van vertroue,              en 'n deurlopende          om betekenis oor te        basies                     -Woordeskat so
 Woordkeuse;                          indrukwekkend              gepaste toon word          dra                        -Toon en woordkeuse        beperk dat dit
 Taalgebruik en                       -Toon retories treffend    gebruik                    -Toon is gepas             skaars toepaslik           onmoontlik is om sin
 konvensies,                          en effektief               -Grammatika en             -Retoriese middele         -Baie beperkte             te maak
 punktuasie,                          -Grammatika en             spelling grootliks         gebruik om betekenis       woordeskat
 grammatika, spelling                 spelling feitlik foutvry   foutvry                    te versterk
                                      -Knap gedaan               -Baie goed gedoen
 15 PUNTE                                        13                         10                         7                          4
                                      -Taalgebruik               -Taalgebruik toepaslik     -Voldoende                 -Taalgebruik
                                      uitstekend en toon is      en oor die algemeen        taalgebruik, maar          onvoldoende
                                      retories effektief         effektief                  teenstrydighede word       -Weinig indien enige

                           Lae vlak
                                      -Grammatika en             -Toon gepas en             opgemerk                   sinsverskeidenheid
                                      spelling feitlik foutvry   effektief                  -Toon oor die              -Woordeskat baie
                                      -Baie goed tot knap        -Enkele foute in           algemeen gepas en          beperk
                                      gedaan                     grammatika en              beperkte gebruik van
                                                                 spelling                   retoriese middele
                                                                 -Goed gedoen
 STRUKTUUR                                       5                           4                        3                           2                        0–1
                                      -Uitstekende               -Logiese ontwikkeling      -Relevante detail          -Sommige punte             -Noodsaaklike punte
 Kenmerke van teks;                   ontwikkeling van           van details                ontwikkel                  geldig                     ontbreek
 Paragraafontwikkeling                onderwerp                  -Samehangend               -Sinne en paragrawe        -Sinne en paragrawe        -Sinne en paragrawe
 en sinskonstruksie                   -Uitsonderlike detail      -Sinne en paragrawe        goed gekonstrueer          foutief                    foutief
                                      -Sinne en paragrawe        logies en toon variasie    - Opstel maak nog sin      - Opstel maak nog          -Opstel maak nie sin
 5 PUNTE                              uitsonderlik                                                                     effens sin                 nie
                                      gekonstrueer

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Huistaal/V3
                                   Downloaded from hlayiso.com                11                                                               DBE/2019
                                                                     SS/NSS – Nasienriglyne

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
           Kriteria                 Uitsonderlik              Knap                  Gemiddeld                Elementêr             Onvoldoende
 INHOUD,                                13–15                 10–12                    7–9                      4–6                     0–3
 BEPLANNING &                 -Respons                -Respons baie goed      -Respons voldoende      -Basiese respons         -Respons toon geen
 FORMAAT                      uitsonderlik, bo        en demonstreer goeie    en toon voldoende       toon geringe kennis      kennis van kenmerke
                              verwagting              kennis van kenmerke     kennis van kenmerke     van kenmerke van die     van die soort teks nie
 Respons en idees;            -Idees intelligent en   van die soort teks      van die soort teks      soort teks               -Betekenis onduidelik
 Organisering van idees vir   volwasse                -Behou fokus – geen     -Nie heeltemal          -Aanduiding van          met groot afwyking
 beplanning;                  -Grondige kennis van    afwyking nie            gefokus nie – enkele    fokus, maar met          -Geen samehang in
 Doel, gehoor,                kenmerke van die        -Samehang in inhoud     afwykings               afwykings                idees en inhoud nie
 kenmerke/konvensies          soort teks              en idees; baie goed     -Redelike samehang      -Inhoud en idees nie     -Baie min detail
 en konteks                   -Skryfwerk behou        uitgebrei met detail    in inhoud en idees      altyd samehangend        ondersteun die
                              fokus                   wat die onderwerp       -Sommige detail         nie                      onderwerp
 15 PUNTE                     -Samehang in inhoud     ondersteun              ondersteun die          -Min detail              -Nodige reëls van
                              en idees                -Gepaste formaat met    onderwerp               ondersteun die           formaat nie toegepas
                              -Idees behoorlik        onbeduidende foute      -Formaat oorwegend      onderwerp                nie
                              uitgebrei met detail                            gepas, maar met         -Nodige reëls van
                              wat die onderwerp                               enkele foute            formaat vaagweg
                              ondersteun                                                              toegepas
                              -Gepaste en akkurate                                                    -Kritiese foute begaan
                              formaat
 TAAL, STYL &                            9–10                   7–8                     5–6                    3–4                       0–2
 REDIGERING                   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl    -Toon, register, styl
                              en woordeskat hoogs     en woordeskat baie      en woordeskat is        en woordeskat            en woordeskat stem
 Toon, register, styl,        geskik vir doel,        geskik vir doel,        geskik vir doel,        minder geskik vir        nie ooreen met doel,
 doel/effek, gehoor en        gehoor en konteks       gehoor en konteks       gehoor en konteks       doel, gehoor en          gehoor en konteks
 konteks;                     -Grammatika             -Grammatika oor die     -Enkele                 konteks                  nie
 Taalgebruik en konvensies;   akkuraat en goed        algemeen korrek en      grammatikafoute         -Grammatika              -Besaai met foute en
 Woordkeuse;                  gekonstrueer            goed gekonstrueer       -Voldoende              onakkuraat met etlike    verward
 Punktuasie en spelling       -Feitlik foutloos       -Baie goeie             woordeskat              foute                    -Woordeskat nie
                                                      woordeskat              -Foute belemmer nie     -Basiese woordeskat      geskik vir doel nie
 10 PUNTE                                             -Oorwegend foutloos     betekenis nie           -Betekenis belemmer      -Betekenis ernstig
                                                                                                                               belemmer

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P2 May June 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2019-memo/669ef435-fb0c-4809-bd37-e82d905f388f) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2019-d/8cfb8d64-c90d-4948-8241-77d73f1d8009) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2017-memo/8d004299-0884-48ae-94a7-fa262185f416) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2016-memo/286a319c-256a-4fcd-b924-7c2fce54b61b) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P3 June July 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-june-july-2015-memo/bf8c35d0-d11d-4de1-b157-00c447f077fb) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2019/367ff59a-d2b3-4a61-9ec2-462562ce9a61) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
