# Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2019 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the NSC June Exam 2019, 6 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2019/2042135a-a383-4afb-b165-c3d2419b9f9d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 6

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2019/2042135a-a383-4afb-b165-c3d2419b9f9d)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 GRAAD 12

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                            AFRIKAANS HUISTAAL V3

                                         2019

                                                                        PUNTE: 100

                                                                       TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                         2                                    DBE/2019
                                           SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

          AFDELING A: Opstel                                         (50)
          AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste        (2 x 25)   (50)

2.        Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B.

3.        Skryf in die taal waarin jy geassesseer word.

4.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

5.        Jy moet jou werk beplan (bv. gebruik 'n breinkaart/diagram/vloeidiagram/
          kernwoorde), taalversorg en proeflees. Die beplanning moet VOOR die finale
          produk gedoen word.

6.        Alle beplanning moet duidelik aangedui en daarna netjies deurgehaal word.

7.        Jy moet jou tyd soos volg bestee:

          AFDELING A: ongeveer 80 minute
          AFDELING B: ongeveer 70 (2 x 35) minute

8.        Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

9.        Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel
          word NIE.

10.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                          3                                               DBE/2019
                                            SS/NSS

AFDELING A: OPSTEL

VRAAG 1

Kies EEN van die volgende onderwerpe en skryf 'n opstel van 400–450 woorde.
Skryf die nommer en die titel/opskrif van jou opstel neer.

1.1       O, die skande!                                                                                   [50]

1.2       Om jou kanse aan te gryp ...                                                                     [50]

1.3       'n Groener aarde is elkeen se plig.                                                              [50]

1.4       Jou naam is goud werd.                                                                           [50]

1.5
             My vuurtjie brand, my kersie gee sy lig.
                Ek hoor dan maar hoe loei die storm daar buite,
                Ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite;
             Hier binne is dit veilig, warm en dig.
                                                        – HA Fagan                                         [50]

1.6       Bestudeer die prente hieronder en skryf 'n OPSTEL oor EEN. Skryf die
          vraagnommer (1.6.1, 1.6.2 OF 1.6.3) en jou eie titel neer.

          1.6.1

                                    [Uit: https://interestingliterature.files.wordpress.com.jpg]           [50]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                      4                                           DBE/2019
                                        SS/NSS

         1.6.2

                                   [Uit: https://thegraphicsfairy.com/wp-content]                    [50]

         1.6.3

                          [Uit: https://png.pngtree.com/element_origin_min_pic]                      [50]

                                                                  TOTAAL AFDELING A:                 50

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                          5                                 DBE/2019
                                            SS/NSS

AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

VRAAG 2

Kies TWEE van die volgende onderwerpe en skryf 180 tot 200 woorde oor elkeen.
Skryf die nommer en die titel/opskrif van die teks wat jy gekies het, neer.

2.1       INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF

          Jy het 'n groot verleentheid met 'n eerste afspraak beleef.

          Skryf 'n informele brief aan jou vriend/vriendin om hom/haar van die
          verleentheid, en hoe jy die verleentheid hanteer het, te vertel.                     [25]

2.2       FORMELE BRIEF: GELUKWENSING

          As die bestuurder van 'n toermaatskappy het jy 'n kompetisie gereël waarin 'n
          oorsese reis gewen kon word.

          Skryf 'n formele brief aan die wenner van hierdie kompetisie waarin jy
          hom/haar gelukwens en meer inligting oor die prys gee.                               [25]

2.3       HULDEBLYK

          Jou neef/niggie is na 'n lang siekbed oorlede.

          Jy lewer die huldeblyk tydens die roudiens/gedenkdiens wat vir jou neef/
          niggie gehou word.

          Skryf die huldeblyk.                                                                 [25]

2.4       KOERANTBERIG

          Die redakteur van jou dorp se gemeenskapskoerant het jou gevra om 'n berig
          te skryf oor jou dorp wat tydens 'n landwye kompetisie as dorp van die jaar
          aangewys is.

          Skryf die koerantberig. Verskaf jou eie opskrif.                                     [25]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                        6                                  DBE/2019
                                          SS/NSS

2.5       TOESPRAAK

          Jul skoolhoof nooi jou om by die ouervergadering die skool se ouers toe te
          spreek oor die onderwerp:

          Tieners wéét wat die lewe van hulle verwag.

          Skryf die toespraak.                                                             [25]

2.6       RESENSIE

          Die redakteur van 'n gesinstydskrif vra jou om 'n Afrikaanse boek oor aktuele
          tienerprobleme te resenseer.

          Skryf die resensie.                                                              [25]

                                                              TOTAAL AFDELING B:           50
                                                                  GROOTTOTAAL:             100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 May June 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2019/367ff59a-d2b3-4a61-9ec2-462562ce9a61) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2022/c6956443-8f83-4967-aec5-c587b7e618da) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2021/42e929f2-d518-448d-9474-d880ba2834f8) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2018/a2880343-bd5f-4f3a-ae57-86ba082a8a22) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2017/7f504e9a-f69d-45ee-b1f6-ef529a4fd2da) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2016/e6142ea4-cb8a-4b71-9341-44f4847a8b2d) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
