# Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2021 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the NSC June Exam 2021, 12 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2021-mg/af182c4b-7179-41d6-8c9f-59ff5a421cc8
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2021
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2021-mg/af182c4b-7179-41d6-8c9f-59ff5a421cc8)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2021 · Afrikaans. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P3 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2021/42e929f2-d518-448d-9474-d880ba2834f8) — QP · 2021 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   GRAAD 12

                SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
           NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                            AFRIKAANS HUISTAAL V3

                                         2021

                                  NASIENRIGLYNE

                                                                             PUNTE: 80

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                            2                                        DBE/2021
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE
                        NASIONALE NASIENSIMBOLE
VERDUIDELIKING        SIMBOOL        BESKRYWING
Woordorde             (     )        Hakies en pyltjie
Woord(e) weggelaat               ^                    Weglaatteken
Spelfoute                                             Dubbelstreep onder die spelfout
Taalfoute                                             Enkelstreep onder die taalfout
Paragraafindeling                [                    Begin van 'n nuwe sin
Woord(-keuse)-foute              X                    Trek 'n X bo-oor die verkeerde woord.
                                                      Regmerkie bo goeie taalgebruik, idees of
Erkenning van taaljuweeltjies    
                                                      uitdrukkings
Onduidelik/onverstaanbaar        ʃ (in die kantlyn)   Kronkelstreep
Punktuasie                                           Omkring

Neem taalvariëteit in ag.

AFDELING A: OPSTEL

AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN
onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige tipe opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp
interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale
poging is, word die eerste opstel nagesien.

NASIENRIGLYNE

Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:

Voorbeeld:
Inhoud:                                                                           I = Kh = 22
Taal, styl en redigering:                                                         T = Kl = 10
Struktuur:                                                                        S =K = 4
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel).                 36

Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te wees).

DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

   Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit
    behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
   Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte
    bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings van
    die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.
   Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar
    standpunt insluit. In die geval van 'n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat die
    slot die skryfstuk saam, terwyl 'n argumenterende en beredeneerde opstel se slot die skrywer
    se finale standpunt/mening weerspieël.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           3                                         DBE/2021
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 1
Riglyne
Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar
interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande nasienriglyne) mag nie as bindend beskou
word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan, byvoorbeeld:
1.1     Hokaai, stop die lorrie!
        Die kandidaat sal die opstel as 'n verhalende opstel kan aanbied indien hy/sy letterlik
        skryf oor 'n weghollorrie wat tot stilstand moet kom. Hierdie onderwerp kan egter ook
        konnotatief     geïnterpreteer     word     as     die    inhoud      fokus      op     'n
        aksie/handeling/toestand/situasie wat buite beheer is en gekeer moet word. 'n
        Beskrywende opstel kan die oorsake/gevolge van 'n situasie wat handuit geruk het,
        beskryf. Die kandidaat kan ook in 'n bespiegelende opstel die redes waarom situasies
        dikwels buite beheer raak, aanspreek. 'n Argumen-terende/beredeneerde opstel kan
        argumente aanvoer waarom waarskuwings soos hierdie te alle tye in ag geneem moet
        word. Hierdie onderwerp leen hom dus tot 'n letterlike of figuurlike interpretasie. Enige
        ander tipe opstel oor hierdie onderwerp moet op meriete oorweeg word.                         [50]
1.2     Positiewe denke oor die lewe is noodsaaklik.
        Die onderwerp leen hom tot die skryf van 'n argumenterende of beredeneerde opstel
        indien die kandidaat hom/haar uitspreek oor waarom positiewe denke noodsaaklik vir die
        lewe is. In 'n bespiegelende opstel kan daar besin word of dit noodsaaklik is om positief
        oor die lewe te wees. In 'n verhalende opstel kan die kandidaat oor insidente skryf toe
        positiewe denke 'n noodsaaklikheid vir iemand was. Enige ander tipe opstel oor hierdie
        onderwerp moet op meriete oorweeg word.                                                       [50]
1.3     Dit was die moeilikste besluit wat ek moes neem.
        In 'n verhalende opstel kan 'n kandidaat vertel van insidente/'n sameloop van
        omstandighede wat hom/haar genoop het om ten koste van hom-/haarself die moeilikste
        besluit te neem. Die emosionele gewaarwordinge van die kandidaat voor en na die neem
        van die moeilike besluit wat radikale gevolge ingehou het, kan as inhoud vir 'n
        beskrywende opstel dien. Die lesse wat die kandidaat geleer het nadat hy/sy 'n moeilike
        besluit moes neem/geneem het, kan in 'n bespiegelende opstel aangebied word. In 'n
        argumen-terende/beredeneerde opstel kan die voor- en nadele wat moeilike
        besluitnemings-prosesse vir iemand inhou, teenoor mekaar opgeweeg word. Enige ander
        tipe opstel oor hierdie onderwerp moet op meriete oorweeg word.                               [50]
1.4     Toe begin die musiek speel ...
        As 'n verhalende opstel kan die kandidaat skryf oor 'n geleentheid waar die musiek net
        skielik begin speel het en wat die gevolg(e) daarvan was. Die verhaal kan die titel as slot
        hê met 'n klomp goed wat vooraf gebeur het. In 'n beskrywende opstel kan beskryf word
        watter emosies musiek wat speel op iemand het. By 'n bespiegelende opstel kan gekyk
        word na die moontlike invloed van musiek op 'n individu. Enige ander tipe opstel oor
        hierdie onderwerp moet op meriete oorweeg word.                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                            4                                           DBE/2021
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

1.5     Lig die anker, span die seile ...
        Hierdie titel kan hom tot 'n verhalende opstel leen sou die kandidaat oor 'n spesifieke
        insident/insidente in sy lewe vertel wat bygedra het tot sy/haar grootwordproses. Op
        letterlike vlak kan die kandidaat oor 'n spesifieke vaart op 'n boot skryf. 'n Verhaal kan ook
        gebou word rondom die beëindiging van 'n verhouding of 'n verhuising na baie jare op 'n
        spesifieke plek. Indien die kandidaat byvoorbeeld oor sy/haar emosies skryf terwyl hy/sy
        voorberei om die grootmenslewe aan te pak, kan hierdie titel as 'n beskrywende opstel
        geassesseer word. 'n Bespiegelende opstel kan byvoorbeeld 'n bepeinsing wees oor die
        toekomsverwagtinge van iemand wat op die drumpel van die grootmenslewe staan terwyl
        'n argumenterende/beredeneerde opstel tot 'n gevolgtrekking kan kom, waarom dit vir
        sommige mense makliker as vir ander is om die uitdagings van 'n onbeskermde
        omgewing die hoof te bied. Hierdie onderwerp kan letterlik of figuurlik geïnterpreteer word.
        Enige ander tipe opstel oor hierdie onderwerp moet op meriete oorweeg word.                      [50]
1.6.1   Mensfigure met sosialemediasimbole
        Vir 'n verhalende opstel kan 'n kandidaat hierdie prikkel byvoorbeeld gebruik om oor
        spesifieke insidente te vertel waar sosialemediagebruik die lewens van mense beïnvloed
        het, terwyl 'n beskrywende opstel op die beskrywing/verduideliking van een of meer van
        die verskillende mediaplatforms kan konsentreer. Indien die kandidaat oor die invloed van
        sosialemediaplatforms op mense se lewens konsentreer, kan so 'n poging as 'n bespiege-
        lende opstel geassesseer word. 'n Argumenterende/beredeneerde opstel kan
        byvoorbeeld die voor- en nadele van sosialemediagebruik as inhoud bevat. Enige ander
        tipe opstel oor hierdie onderwerp moet op meriete oorweeg word.                                  [50]
1.6.2   Voëls in formasievlug
        'n Verhalende opstel kan die storie vertel van hoe die formasievoëls iemand lewenslesse
        geleer het./na geluk gelei het. In 'n beskrywende opstel kan die kandidaat sy/haar
        belewing van die voëls besing. Die kandidaat kan in 'n bespiegelende opstel oor die
        moontlikhede van orde en formaat in die lewe skryf. Wanneer geargumenteer/beredeneer
        word oor die noodsaaklikheid van orde/reëlmaat in 'n mens se lewe, kan die kandidaat
        hier 'n argumenterende/beredeneerde opstel skryf of standpunt inneem oor die voor- of
        nadele van reëlmaat. Enige ander tipe opstel oor hierdie onderwerp moet op meriete
        oorweeg word.                                                                                    [50]
1.6.3   A van harte
        Vir 'n verhalende opstel kan 'n kandidaat hierdie prikkel gebruik om oor spesifieke
        insidente te vertel waar die ontvangs van hierdie spesifieke speelkaart mense se lewens
        beïnvloed het. Die prikkel leen hom ook vir 'n (tong-in-die-kies) liefdesverhaal waar
        gefokus word op (jongmens-)liefde, terwyl iets wat tydens 'n kaartspel plaasgevind het ook
        aanvaar kan word. In 'n beskrywende opstel kan die inhoud op die verskillende
        speelkaarte van die lewe konsentreer. Indien die kandidaat oor die lewe as 'n metaforiese
        speelkaart besin, kan so 'n poging as 'n bespiegelende opstel geassesseer word. 'n
        Argumenterende/ beredeneerde opstel kan byvoorbeeld konsentreer of kaartspeletjies
        nog 'n doel dien. Daar kan ook beredeneer word of fortuinvertellery aanvaarbaar is al dan
        nie. Enige ander tipe opstel oor hierdie onderwerp moet op meriete oorweeg word.                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                             5                                           DBE/2021
                                        SS/NSS – Nasienriglyne

SOORTE OPSTELLE:
VERHALENDE OPSTEL
Dit is 'n interessante vertelling van 'n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan
vanuit enige perspektief geskryf word.

Hou die volgende in gedagte:

   Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word ('n storie of gebeurtenis).
   'n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
   Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
   Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud
    samehangend.
   Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.
   Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
   'n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied.
   'n Verrassende slot rond die inhoud af.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
   Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.

BESKRYWENDE OPSTEL

Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie
eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so
lewendig soos hy/sy te beleef.

Hou die volgende in gedagte:

   Waarnemings met al vyf sintuie en 'n goeie woordeskat word vereis.
   Insig, begrip, 'n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem
    van waarnemings).
   Tekste kan varieer van meer realisties tot 'n verdieping in die aanbieding.
   Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
   Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
   Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
   Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
   Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word hoofsaaklik gedoen deur die
    konnotasie en nie met die denotasie van woorde nie.
   Stylfigure kan gebruik word.

BEREDENEERDE OPSTEL

Dis objektief en probeer om 'n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van 'n argument te
gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied
teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot 'n spesifieke gevolgtrekking aan
die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed
gebalanseerd en duidelik in die ontwikkeling van die opstel ontleed wees.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           6                                  DBE/Maart 2017
                                               NSS

Hou die volgende in gedagte:

   Die opstel handel oor 'n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding,
    ingeneem word.
   BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
   Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
   Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
   'n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot
    gee 'n sterk aanduiding van die skrywer se mening.
   Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
   Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
   Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.

BESPIEGELENDE OPSTEL

Die skrywer oorweeg/deurdink 'n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en
gevoelens weer. Dit bespiegel oor drome of wense/moontlikhede.

Hou die volgende in gedagte:

   Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
   Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.
   Dis persoonlik van aard.
   Daar is 'n definitiewe struktuur, maar 'n gevolgtrekking is nie nodig nie.
   Dit hoef nie 'n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf
    word.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

ARGUMENTERENDE OPSTEL

Die skrywer het 'n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te
motiveer.

Hou die volgende in gedagte:

   Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
   'n Eie mening word op 'n baie oorspronklike en treffende manier gegee.
   'n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
   Verdediging of aanval van 'n saak word enduit volgehou.
   'n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
   Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
   Daar moet 'n duidelike en oortuigende slot wees.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

                                                                        TOTAAL AFDELING A:          50

Kopiereg voorbehou

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           7                                       DBE/2021
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien.
Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat:                                                     I = K = 10
Taal, styl en redigering:                                                          T=G= 6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).                16
Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).
2.1    INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF
       Die kandidaat skryf 'n informele brief aan sy/haar ouma/oupa waarin hy/sy vertel van
       die werk wat hy/sy by die Dierebeskermingsvereniging gedoen het waarvoor hy/sy
       vereer is.
       Hou die volgende in gedagte:

           Informele taal, register en styl behoort gebruik te word.
           Beskrywende, maar eenvoudige taal behoort voor te kom.
           Die briefinhoud behoort logies en volgens bogenoemde doel uiteengesit te word.
           Briewe behoort 'n inleiding, liggaam/inhoud en slot te hê.
           Die skrywer se adres en datum waarop die brief geskryf word, moet gegee word.
           Na die skrywer se adres behoort die informele aanhef te volg.
           Die brief behoort informeel afgesluit te word.
           Die formaat van die brief is belangrik.                                                [25]

2.2    FORMELE BRIEF: GELUKWENSING
       Die brief fokus op die gelukwensing aan die skoolhoof oor die besondere eer om as die
       beste hoërskool in die land aangewys te word.
       Hou die volgende in gedagte:

           Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res van die brief se
            formaat moet korrek wees soos wat dit vir formele briewe geld.
           Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel.
           Styl: Dit behoort saaklik, formeel, maar hoflik te wees.
           Eenvoudige, direkte taal is nodig.
           Struktuur: Die brief moet bestaan uit paragrawe waarin gefokus word op die
            besondere eer wat die skool te beurt geval het en waarom die skool die toekenning
            verdien.
           Die brief word aan die skoolhoof gerig.
           Die formele register moet gebruik word, soos bv. “u” in plaas van “jy”/“jou”.
           Die afsluiting is formeel en bevat die skrywer se voorletters, van en titel, waar
            nodig, bv.

       Die uwe/Vriendelike groete/Met agting/Met agting en vriendelike groete/Groete

       P. van Zyl
       P. van Zyl                                                                                  [25]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           8                                        DBE/2021
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

2.3    HULDEBLYK

       Bring hulde aan 'n jeugleier in die gemeenskap wat onverwags oorlede is.

       Hou die volgende in gedagte:

           Die jeugleier se naam en van behoort gegee te word.
           Sy/haar prestasies en hoogtepunte uit sy/haar gemeenskapswerk behoort ingesluit te
            word.
           Die fokus behoort te wees op dit wat die persoon vermag het.
           Gebeurtenisse/staaltjies/persoonlike inligting behoort ingesluit te wees.
           Die huldeblyk moet waarderend wees.
           Iets persoonliks, soos 'n gedig, kan bygevoeg word.
           Taal, styl en register is formeel, opreg en uit die hart.
                                                                                                    [25]
2.4    RESENSIE

       Die resensie handel oor die nuwe restaurant, Lekkereet.

       Hou die volgende in gedagte:

            Gee 'n individuele respons oor die restaurant .
            Gee jou mening oor die restaurant na aanleiding van atmosfeer, bediening en gehalte
             van die disse.
            Dit is gewoonlik subjektief.
           Toepaslike feite, byvoorbeeld die naam van die restaurant, adres en tye moet gegee
            word.
           'n Oorspronklike opskrif behoort verskaf te word.                                       [25]

2.5    TOESPRAAK

       Die gas/Jy spreek die skool, tydens 'n saalbyeenkoms, oor respek toe.

       Hou die volgende in gedagte:

        By hierdie toespraak moet die gehoor formeel gegroet word:
         Meneer Visagie, onderwysers en leerders ...
        Die styl moet by die geleentheid en die gehoor pas.
        Skryf weldeurdagte idees en vermy clichés.
        Gebruik kort sinne met eenvoudige idees en bekende voorbeelde.
        Die inleiding moet die gehoor se aandag prikkel.
        Die inhoud van die toespraak moet in paragrawe aangebied word.
        Die slot moet die gehoor tot nadenke stem.                                                 [25]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                            9                                          DBE/2021
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

2.6    NOTULE VAN 'N VERGADERING

       Die kandidaat skryf slegs die notule van die nuwe sake wat tydens die beplannings-
       vergadering bespreek is.

       Hou die volgende in gedagte:

           Die notule moet 'n komiteelid, wat nie teenwoordig was nie, 'n idee gee van wat by
            die beplanningsvergadering gebeur het.
           Alle besluite wat in verband met punte 4.1 tot 4.6 geneem is, moet genotuleer word.
           Die notule word in die teenwoordige tyd geskryf.
           Die notule stem puntsgewys ooreen met die agenda.
           Die taal en styl is formeel.
           Die naam van die beplanningsvergadering, datum van die vergadering en plek van
            die vergadering word boaan die notule geskryf.
           Hierdie notule hoef nie die volgende in te sluit nie: 'n opening en verwelkoming, 'n lys
            van teenwoordige lede, 'n lys afwesiges, die notule van die vorige vergadering wat
            gelees en goedgekeur is, dan sake uit die vorige notule en die notule hoef nie deur
            die voorsitter en die sekretaris/sekretaresse onderteken te word nie.                      [25]

                                                                  GROOTTOTAAL AFDELING B:              50
                                                                           GROOTTOTAAL:                100

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Huistaal/V3
                                     Downloaded from hlayiso.com           10                                                                         DBE/2021
                                                                    SS/NSS – Nasienriglyne

LET WEL:
 Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
 Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
 Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in 'n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
  toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
 Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie.
       ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
       Kriteria                            Uitsonderlik                Knap                   Gemiddeld              Elementêr                 Onvoldoende
 INHOUD &                                     28–30                    22–24                    16–18                  10–12                        4–6
 BEPLANNING                          -Respons is              -Respons baie goed;      -Respons bevredigend    -Wisselvallige            -Respons heeltemal
                                     uitsonderlik/treffend    getuig van vaardigheid   -Idees redelik          samehang in respons       irrelevant
 (Respons en idees)                  en bo verwagting         -Idees heeltemal         samehangend en          -Idees onduidelik, nie    -Idees deurmekaar en
 Organisering van idees              -Idees is intelligent,   relevant, interessant    oortuigend              oorspronklik nie          nie op onderwerp

                          Hoë vlak
 vir beplanning;                     volwasse en              en lewer bewys van       -Redelike organisasie   -Min bewys van            gefokus nie
 Bewustheid van doel,                stem leser tot           volwassenheid            en redelik              organisasie en            -Vaag en herhalend
 gehoor en konteks                   nadenke                  -Organisasie baie        samehangend,            samehang                  -Geen organisasie nie
                                     -Uitsonderlike           goed en                  insluitend inleiding,                             en is onsamehangend
 30 PUNTE                            organisasie en           samehangend,             liggaam en
                                     samehang, insluitend     insluitend inleiding,    samevatting/slot
                                     inleiding, liggaam en    liggaam en
                                     samevatting/slot         samevatting/slot
                                              25–27                    19–21                    13–15                    7–9                       0–3
                                     -Respons uitmuntend,     -Respons goed; getuig    -Respons                -Respons is grootliks     -Geen poging
                                     maar uitsonderlik        van vaardigheid          bevredigend, maar       irrelevant.               aangewend om in
                                     treffende eienskappe     -Idees relevant,         verval soms in          -Idees begin los staan    ooreenstemming met
                                     van 'n opstel ontbreek   interessant              onduidelikheid          en kan verwarrend         onderwerp te wees nie
                                     -Idees intelligent en    -Organisasie goed en     -Idees redelik          wees                      -Heeltemal irrelevant

                          Lae vlak
                                     volwasse                 samehangend,             samehangend en          -Skaars 'n bewys van      en ontoepaslik
                                     -Knap organisasie en     insluitend inleiding,    oortuigend              organisasie en            -Deurmekaar en geen
                                     samehang, insluitend     liggaam en               -'n Mate van            samehang                  fokus nie
                                     inleiding, liggaam en    samevatting/slot         organisasie en
                                     samevatting/slot                                  samehang, insluitend
                                                                                       inleiding, liggaam en
                                                                                       samevatting/slot

Kopiereg voorbehou                                                                                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Huistaal/V3
                                       Downloaded from hlayiso.com             11                                                                        DBE/2021
                                                                        SS/NSS – Nasienriglyne

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg)
        Kriteria                            Uitsonderlik                   Knap                 Gemiddeld               Elementêr              Onvoldoende
 TAAL, STYL &                                  14–15                       11–12                     8–9                    5–6                     0–3
 REDIGERING                           -Toon, register, styl      -Toon, styl, register    -Toon, register, styl   - Toon, register, styl   -Taal onverstaanbaar
                                      en woordeskat hoogs        en woordeskat baie       en woordeskat gepas     en woordeskat minder     --Toon, register, styl
 Toon, register, styl en              gepas vir doel,            gepas vir doel,          vir doel, gehoor en     gepas vir doel, gehoor   en woordeskat nie
 woordeskat is geskik                 gehoor en konteks          gehoor en konteks        konteks                 en konteks               gepas vir doel,

                           Hoë vlak
 vir doel/effek en                    -Taalgebruik getuig        -Taalgebruik effektief   -Gepaste taalgebruik    -Taalgebruik baie        gehoor en konteks nie
 konteks;                             van vertroue,              en 'n deurlopende        om betekenis oor te     basies                   -Woordeskat so
 Woordkeuse;                          indrukwekkend              gepaste toon word        dra                     -Toon en woordkeuse      beperk dat dit
 Taalgebruik en                       -Toon retories             gebruik                  -Toon is gepas          skaars toepaslik         onmoontlik is om sin
 konvensies,                          treffend en effektief      -Grammatika en           -Retoriese middele      -Baie beperkte           te maak
 punktuasie,                          -Grammatika en             spelling grootliks       gebruik om betekenis    woordeskat
 grammatika, spelling                 spelling feitlik foutvry   foutvry                  te versterk
                                      -Knap gedaan               -Baie goed gedoen
 15 PUNTE                                        13                         10                       7                      4
                                      -Taalgebruik               -Taalgebruik toepaslik   -Voldoende              -Taalgebruik
                                      uitstekend en toon is      en oor die algemeen      taalgebruik, maar       onvoldoende
                                      retories effektief         effektief                teenstrydighede word    -Weinig indien enige

                           Lae vlak
                                      -Grammatika en             -Toon gepas en           opgemerk                sinsverskeidenheid
                                      spelling feitlik foutvry   effektief                -Toon oor die           -Woordeskat baie
                                      -Baie goed tot knap        -Enkele foute in         algemeen gepas en       beperk
                                      gedaan                     grammatika en            beperkte gebruik van
                                                                 spelling                 retoriese middele
                                                                 -Goed gedoen
 STRUKTUUR                                       5                           4                      3                        2                      0–1
                                      -Uitstekende               -Logiese ontwikkeling    -Relevante detail       -Sommige punte           -Noodsaaklike punte
 Kenmerke van teks;                   ontwikkeling van           van details              ontwikkel               geldig                   ontbreek
 Paragraafontwikkeling                onderwerp                  -Samehangend             -Sinne en paragrawe     -Sinne en paragrawe      -Sinne en paragrawe
 en sinskonstruksie                   -Uitsonderlike detail      -Sinne en paragrawe      goed gekonstrueer       foutief                  foutief
                                      -Sinne en paragrawe        logies en toon           -Opstel maak nog sin    -Opstel maak nog         -Opstel maak nie sin
 5 PUNTE                              uitsonderlik               variasie                                         effens sin               nie
                                      gekonstrueer

Kopiereg voorbehou                                                                                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Afrikaans Huistaal/V3
                                   Downloaded from hlayiso.com       12                                                                        DBE/2021
                                                              SS/NSS – Nasienriglyne

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
           Kriteria                 Uitsonderlik              Knap                  Gemiddeld                Elementêr             Onvoldoende
 INHOUD,                                13–15                 10–12                    7–9                      4–6                     0–3
 BEPLANNING &                 -Respons                -Respons baie goed      -Respons voldoende      -Basiese respons         -Respons toon geen
 FORMAAT                      uitsonderlik, bo        en demonstreer goeie    en toon voldoende       toon geringe kennis      kennis van kenmerke
                              verwagting              kennis van kenmerke     kennis van kenmerke     van kenmerke van die     van die soort teks nie
 Respons en idees;            -Idees intelligent en   van die soort teks      van die soort teks      soort teks               -Betekenis onduidelik
 Organisering van idees vir   volwasse                -Behou fokus – geen     -Nie heeltemal          -Aanduiding van          met groot afwyking
 beplanning;                  -Grondige kennis van    afwyking nie            gefokus nie – enkele    fokus, maar met          -Geen samehang in
 Doel, gehoor,                kenmerke van die        -Samehang in inhoud     afwykings               afwykings                idees en inhoud nie
 kenmerke/konvensies          soort teks              en idees; baie goed     -Redelike samehang      -Inhoud en idees nie     -Baie min detail
 en konteks                   -Skryfwerk behou        uitgebrei met detail    in inhoud en idees      altyd samehangend        ondersteun die
                              fokus                   wat die onderwerp       -Sommige detail         nie                      onderwerp
 15 PUNTE                     -Samehang in inhoud     ondersteun              ondersteun die          -Min detail              -Nodige reëls van
                              en idees                -Gepaste formaat met    onderwerp               ondersteun die           formaat nie toegepas
                              -Idees behoorlik        onbeduidende foute      -Formaat oorwegend      onderwerp                nie
                              uitgebrei met detail                            gepas, maar met         -Nodige reëls van
                              wat die onderwerp                               enkele foute            formaat vaagweg
                              ondersteun                                                              toegepas
                              -Gepaste en akkurate                                                    -Kritiese foute begaan
                              formaat
 TAAL, STYL &                            9–10                   7–8                     5–6                    3–4                       0–2
 REDIGERING                   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl   -Toon, register, styl    -Toon, register, styl
                              en woordeskat hoogs     en woordeskat baie      en woordeskat is        en woordeskat            en woordeskat stem
 Toon, register, styl,        geskik vir doel,        geskik vir doel,        geskik vir doel,        minder geskik vir        nie ooreen met doel,
 doel/effek, gehoor en        gehoor en konteks       gehoor en konteks       gehoor en konteks       doel, gehoor en          gehoor en konteks
 konteks;                     -Grammatika             -Grammatika oor die     -Enkele                 konteks                  nie
 Taalgebruik en konvensies;   akkuraat en goed        algemeen korrek en      grammatikafoute         -Grammatika              -Besaai met foute en
 Woordkeuse;                  gekonstrueer            goed gekonstrueer       -Voldoende              onakkuraat met etlike    verward
 Punktuasie en spelling       -Feitlik foutloos       -Baie goeie             woordeskat              foute                    -Woordeskat nie
                                                      woordeskat              -Foute belemmer nie     -Basiese woordeskat      geskik vir doel nie
 10 PUNTE                                             -Oorwegend foutloos     betekenis nie           -Betekenis belemmer      -Betekenis ernstig
                                                                                                                               belemmer

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P3 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2017-memo/8d004299-0884-48ae-94a7-fa262185f416) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2016-memo/286a319c-256a-4fcd-b924-7c2fce54b61b) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P3 June July 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-june-july-2015-memo/bf8c35d0-d11d-4de1-b157-00c447f077fb) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2021/bd0848ce-447c-46d0-8bdd-1169e8e62e6e) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2021/ff108b78-d3ed-481e-bcc0-ecd7d096a8be) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2021/54f8cdfd-5b2e-4cb9-a51e-0ac6aa4c408b) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
