# Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2022 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the NSC June Exam 2022, 12 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2022-mg/7bd78d8a-65c2-4ac6-81fd-fff44d21da69
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2022 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2022-mg/7bd78d8a-65c2-4ac6-81fd-fff44d21da69)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2022 · Afrikaans. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P3 May June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2022/c6956443-8f83-4967-aec5-c587b7e618da) — QP · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                             AFRIKAANS HUISTAAL V3

                                          2022

                                   NASIENRIGLYNE

                                                                           PUNTE: 100

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                         2                                           DBE/2022
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

                             NASIONALE NASIENSIMBOLE
 VERDUIDELIKING              SIMBOOL      BESKRYWING

 Woordorde                                        Hakies en pyltjie
                             (       )
 Woord(e) weggelaat          ^                    Weglaatteken

 Taalfoute                                        Enkelstreep onder die taalfout

 Spelfoute                   =                    Dubbelstreep onder die spelfout

 Paragraafindeling           [                    Begin van 'n nuwe sin
 Woord(-keuse)-foute         X                    Trek 'n X bo-oor die verkeerde woord.
 Erkenning van                                    Regmerkie bo goeie taalgebruik, idees of
                             
 taaljuweeltjies                                  uitdrukkings
 Onduidelik/onverstaanbaar   ʃ (in die kantlyn)   Kronkelstreep
 Punktuasie                                      Omkring

AFDELING A: OPSTEL

AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs
oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/sy mag enige soort opstel, toepaslik volgens
hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien.
Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien.

NASIENRIGLYNE

Dui aan die einde van die opstel die punte soos volg aan:

Voorbeeld:
Inhoud:                                                                    I = Kh = 22
Taal, styl en redigering:                                                  T = Kl = 10
Struktuur:                                                                 S =K = 4
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel).          36

Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die
beplanningsgedeelte te wees).

DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

   Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel
    word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
   Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die
    hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die
    hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die
    samevatting van die hoofgedagte.
   Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of
    sy/haar standpunt insluit. In die geval van 'n verhalende, beskrywende en
    bespiegelende opstel vat die slot die opstel saam, terwyl 'n argumenterende en
    beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                          3                                       DBE/2022
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 1

RIGLYNE

Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar
interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum) mag nie as bindend beskou
word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan, soos byvoorbeeld:

1.1     Ek het in my kinderjare vas geglo …
        Die kandidaat kan hierdie onderwerp as 'n verhalende opstel aanbied deur die storie
        te vertel van wat hy/sy in sy/haar kinderjare vas geglo het en hoe hy/sy moontlik tot
        'n ander siening gekom het. In 'n beskrywende opstel met hierdie titel kan die
        kandidaat beskryf hoekom hy/sy vas aan iets geglo het in sy/haar kinder-
        jare./waarin hy/sy vas geglo het in sy/haar kinderjare. In 'n bespiegelende opstel
        kan die kandidaat byvoorbeeld bespiegel oor/of dit waarin hy/sy in sy/haar kinderjare
        geglo het waar was./waar die geloof vandaan gekom het./hoe die lewe anders daar
        sou uitsien, indien hy/sy nie daarin geglo het nie. As 'n beredeneerde of argu-
        menterende opstel kan die kandidaat redeneer/argumenteer oor waarom hy/sy groot-
        gemaak word/is met byvoorbeeld fantasieë/onwaarhede en watter invloed dit op sy/
        haar vormingsjare het./gehad het.                                                            [50]
1.2     Die maer seuntjie met die verbleikte hempie staan op sy tone en loer versigtig
        na buite.
        As basis vir 'n verhalende opstel kan die kandidaat vertel van 'n insident/insidente
        waartydens hy/sy 'n maer seuntjie met die verbleikte hempie gesien het en sy
        verdere optrede/vasgevangendheid aanskou het. Die kandidaat kan ook vanuit 'n
        derdepersoonsverteller se perspektief die maer seuntjie se verhaal vertel. In 'n
        beskrywende opstel kan 'n kandidaat byvoorbeeld beskryf hoe hierdie toneel van
        die maer seuntjie met die verbleikte hempie hom/haar aangryp en die ervaring
        sy/haar lewe verander het en wat die gevolge sou wees indien hy/sy nie
        byvoorbeeld by die seuntjie betrokke geraak het nie. Daar kan in 'n bespiegelende
        opstel besin word oor die impak van die maer seuntjie se omstandighede op die
        kandidaat self./hoe die seuntjie se lewe anders sou wees indien hy hom in ander
        omstandighede sou bevind. In 'n argumenterende/beredeneerde opstel kan die
        kandidaat die redes bespreek/argumente aanvoer waarom kinders uitgelewer is
        aan armoede./verwaarlosing./uitbuiting./nuuskierigheid./vasgevangendheid.                    [50]
1.3     Die samelewing oorbeklemtoon die waarde van 'n matrieksertifikaat.
        In 'n verhalende skryfstuk kan die kandidaat vertel van 'n insident/insidente
        waartydens die kandidaat tot die besef kom dat die waarde van 'n matrieksertifikaat
        oorbeklemtoon word; dit kan óf vanuit 'n eerstepersoonsverteller, óf 'n derde-
        persoonsverteller se perspektief gelewer word. Indien die kandidaat sy/haar
        emosies beskryf nadat hy/sy besef het dat 'n matrieksertifikaat oorbeklemtoon
        word, kan dit as basis vir 'n beskrywende opstel dien. Waarom die samelewing
        geneig is om 'n matrieksertifikaat te oorbeklemtoon, kan as inhoud vir 'n
        bespiegelende opstel dien. In 'n argumenterende/beredeneerde opstel sal die
        inhoud moontlik handel oor die redes waarom die samelewing die waarde van 'n
        matrieksertifikaat oorbeklemtoon en/of die gevolge daarvan.                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           4                                       DBE/2022
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

1.4      Eenvoud is die vreugde van die lewe …
         In 'n verhalende opstel kan die kandidaat byvoorbeeld van 'n insident/insidente vertel
         toe hy/sy die lewensles geleer het dat die eenvoudige dinge in die lewe meer gewig
        dra as byvoorbeeld geleerdheid./geld./prestasies. Die emosionele ervarings wat ie-
        mand beleef wat met die siening dat eenvoud in die lewe meer waarde het, saamstem,
        kan die basis vir 'n beskrywende opstel wees. Indien die kandidaat besin oor die
        impak wat die waardering van die eenvoudige dinge in die lewe op iemand se
        lewe het, kan dit as 'n bespiegelende opstel aangebied word. Argumente/
        redenasies waarom mense tot die besef moet kom dat die vreugde van die lewe in
        die eenvoudige dinge of in die gevolge van eenvoudige dinge lê, kan in 'n
        argumenterende/beredeneerde opstel uiteengesit word.                                          [50]
1.5      Wat maak ons met ons drome?
         'n Verhalende opstel se inhoud oor hierdie onderwerp sou kon vertel van 'n insident/
         insidente waartydens die kandidaat/iemand iets beleef (het) wat hom/haar tot die
         vraag dwing ten opsigte van wat hy/sy/ons/die mens met ons/sy/haar/jou drome
         maak. Die emosionele gewaarwordinge van iemand wat oor hierdie vraag peins, kan
         in 'n bespiegelende opstel aangebied word; die kandidaat kan ook oor die redes
         waarom hy/sy/ons die drome by hom/haar/ons laat verbygaan, peins. Die kandidaat
         kan in 'n beskrywende opstel skryf oor 'n buitengewone droom wat hy/sy nagejaag
         het/nie nagejaag het nie en watter gevolge dit vir hom/haar ingehou het. In 'n
         argumenterende/beredeneerde opstel sou die kandidaat byvoorbeeld die gedagte
         van onontginde drome en die gevolge daarvan, kon hanteer. Die kandidaat sou ook
         die kwessie dat drome deur harde werk realiseer, kan beredeneer.                             [50]

1.6      Oog met Afrika/wêreld/planeet in
         'n Verhalende opstel sou die storie van 'n spesifieke ervaring vertel wat so 'n indruk
         op die verteller gemaak het dat hy/sy anders na die Afrikavasteland/wêreld kyk. In 'n
         beskrywende opstel sal die kandidaat kan uitbrei oor die vele aspekte van Afrika/die
         planeet waarop sy inwoners trots kan wees./waaroor sy inwoners bekommerd is. Daar
         kan in 'n bespiegelende opstel besin word oor die ingesteldheid van Afrika/die
         wêreld se mense/ander lande se mense ten opsigte van unieke Afrika-kwessies. Die
         voor- en/of nadele van Afrikakulture/Ubuntu/ekologiese kwessies/armoede/korrupsie
         in Afrika en/of die wêreld kan in 'n argumenterende/beredeneerde opstel bespreek
         word.                                                                                        [50]
1.7      Die skatkis
         'n Verhalende opstel kan die storie vertel van 'n insident of gebeurtenis waartydens
         die kandidaat/iemand op 'n skatkis afkom./van 'n skatkis te hore kom en dit gaan
         soek./'n skatkis vind wat vir hom/haar gevolge inhou. In 'n beskrywende opstel kan
         die inhoud van die skatkis bespreek word./'n figuurlike skatkis beskryf word.
         'n Bespiegelende opstel se inhoud kan fokus op die redes waarom die mens
         na     skatte/skatkiste/ontvlugting/kitsoplossings/rykdom/weelde   soek.     In    'n
         argumenterende/beredeneerde opstel kan die voor- en/of nadele van die
         voortdurende soeke na moontlike skatte/kitsrykdom/ontwykende geluk of die feit dat
         mense dit juis nié vind nie, gefokus word.                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                             5                                          DBE/2022
                                        SS/NSS – Nasienriglyne

1.8       Hand wat mense by trappe ondersteun/na bo ophelp
          Hierdie onderwerp leen hom tot 'n verhalende opstel waarin vertel word van iemand
          wat die kandidaat/ander mense gehelp het om sukses te bereik./iets reg te kry. Dit
          kan ook die kandidaat self wees wat die rol van ondersteuner/rolmodel vervul. Die
          hulp/emosionele belewing/invloed tydens die ondersteuning kan dien as basis vir 'n
          beskrywende opstel. Die kandidaat sou enige van die drie figure se rol kon aanneem:
          die een wat gehelp word of die hulpverleners. Die emosionele gewaarwordinge van
          mense wat nie meer kans sien vir sukkel nie en dan gehelp word, kan in 'n
          bespiegelende opstel verwoord word. Redes waarom mense nie altyd by ander
          mense betrokke raak nie/wel by ander mense betrokke raak en/of die gevolge
          daarvan kan in 'n argumenterende/beredeneerde opstel ondersoek word. Kandidate
          kan in hulle opstelle ook na die agtergrond in hierdie prikkel verwys, bv. 'n letterlike
          ervaring waar een sport van 'n trap ontbreek het.                                               [50]

SOORTE OPSTELLE:

VERHALENDE OPSTEL

Dit is 'n interessante vertelling van 'n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan
vanuit enige perspektief geskryf word.

Hou die volgende in gedagte:

     Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word ('n storie of gebeurtenis).
     'n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
     Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
     Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud
      samehangend.
     Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.
     Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
     'n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied.
     'n Verrassende slot rond die inhoud af.
     Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
     Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.

BESKRYWENDE OPSTEL

Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie
eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so
lewendig soos hy/sy te beleef.

Hou die volgende in gedagte:

     Waarnemings met al vyf sintuie en 'n goeie woordeskat word vereis.
     Insig, begrip, 'n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem
      van waarnemings).
     Tekste kan varieer van meer realisties tot 'n verdieping in die aanbieding.
     Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
     Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
     Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
     Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
     Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
     Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die konnotasie en
      nie die denotasie van woorde nie.
     Stylfigure kan gebruik word.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           6                                          DBE/2022
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

BEREDENEERDE OPSTEL

Dis objektief en probeer om 'n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van 'n argument te
gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied
teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot 'n spesifieke gevolgtrekking aan
die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed
gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel.

Hou die volgende in gedagte:

   Die opstel handel oor 'n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding,
    ingeneem word.
   BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
   Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
   Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
   'n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot
    gee 'n sterk aanduiding van die skrywer se mening.
   Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
   Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
   Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.

BESPIEGELENDE OPSTEL

Die skrywer oorweeg/deurdink 'n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en
gevoelens weer. Dit bespiegel oor 'n droom of wense/moontlikhede.

Hou die volgende in gedagte:
 Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
 Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.
 Dis persoonlik van aard.
 Daar is 'n definitiewe struktuur, maar 'n gevolgtrekking is nie nodig nie.
 Dit hoef nie 'n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf
   word.
 Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

ARGUMENTERENDE OPSTEL

Die skrywer het 'n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te
motiveer.

Hou die volgende in gedagte:

   Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
   'n Eie mening word op 'n baie oorspronklike en treffende manier gegee.
   'n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
   Verdediging of aanval van 'n saak word enduit volgehou.
   'n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
   Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
   Daar moet 'n duidelike en oortuigende slot wees.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

                                                                       TOTAAL AFDELING A:             50

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                           7                                        DBE/2022
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien.
Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien.

RIGLYNE

Dui aan die einde van die skryfstuk die punte soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat:                                                   I = K = 10
Taal, styl en redigering:                                                        T=G= 6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).              16
Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).

VRAAG 2

Kandidate kies TWEE van die opdragte en skryf skryfstukke van 180 tot 200 woorde elk.

2.1       VRIENDSKAPLIKE/INFORMELE BRIEF
          Die kandidaat skryf 'n informele brief aan sy/haar vriend(in) waarin hy/sy vir hom/
          haar vertel van sy aanvanklike bekommernis oor hom/haar en dat hy/sy nou besef
          dié bekommernis was heeltemal onnodig.

          Hou die volgende in gedagte:

             Gebruik informele taal, register en styl.
             Die skrywer moet die vriend(-in) vertel van sy/haar bekommernis en dat dié
              kommer onnodig was.
             Skryf in beskrywende, maar eenvoudige taal.
             Skryf logies en volgens 'n spesifieke doel.
             Daar moet 'n inleiding, liggaam en slot wees.
             Die adres en die datum moet boaan verskyn.
             Na die skrywer se adres volg 'n informele aanhef.
             Sluit die brief informeel/semiformeel af, gevolg deur die skrywer se naam.               [25]

2.2       E-POS
          Die e-pos fokus op onregverdige reëls en regulasies wat tydens die grendeltydperk
          ingestel is. Die skrywer rig die e-pos aan die staatspresident en moet sy/haar mening
          respekvol oordra.

          Hou die volgende in gedagte:

             Die formaat is formeel.
             Daar moet 'n e-posadres, onderwerpsopskrif, aanhef en gepaste afsluiting wees.
             Die inhoud moet handel oor die onregverdige reëls en regulasies wat tydens die
              grendeltydperk ingestel is.
             Die styl is saaklik, maar hoflik.
             Die struktuur moet goeie paragraafbou insluit.
             Eenvoudige, direkte taal is nodig, maar in 'n formele register.
             Die brief/e-pos moet formeel afgesluit word en die skrywer se titel (indien nodig),
                                                                                                       [25]
              voorletters, naam en van moet gegee word.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Huistaal/V3                                8                                      DBE/2022
                                            SS/NSS – Nasienriglyne

2.3       RESENSIE
          Die resensie handel oor 'n restaurant in die kandidaat se omgewing wat onlangs
          opgegradeer is. Die kandidaat is 'n jong joernalis van die plaaslike koerant en is genooi
          om die restaurant te besoek met die oog op die skryf van 'n resensie.

              Hou die volgende in gedagte:

                  Die restaurant word geëvalueer t.o.v. spesifieke sake.
                  Atmosfeer, bediening, spyskaart, geregte ens. word geëvalueer.
                  Gebruik emotiewe woorde wat op waardering dui.
                  Die leser word met voldoende feite oortuig om 'n standpunt oor die opge-
                   gradeerde plek in te neem.
                  Die resensent moet aan die einde 'n aanbeveling maak./moet verkieslik nie
                                                                                                             [25]
                   voorskriftelik wees nie.

2.4       TOESPRAAK
          Die toespraak moet handel oor die onderwerp: Julle bekommer julle onnodig oor ons jeug.
          Die kandidaat lewer die toespraak vir 'n groep ouers op 'n Jeugdag-byeenkoms.
          Hou die volgende in gedagte:

                 Die opskrif is gewoonlik die titel van die toespraak.
                 Die toespraak moet 'n inleiding, liggaam en treffende slot hê.
                 Die toespraak kan formeel of informeel aangebied word.
                 Elke paragraaf behoort oor 'n nuwe feit te handel.
                 Die slot moet die gehoor oortuig en tot nadenke stem.                                    [25]

2.5       ONDERHOUD

          Die onderhoud met iemand in die kandidaat se gemeenskap fokus op 'n buitengewone
          prestasie ten spyte van 'n gestremdheid.

          Hou die volgende in gedagte:
                 Die inhoud moet in dialoogvorm aangebied word.
                 Aanhalingstekens word nie gebruik nie.
                 Elke spreekbeurt word op 'n nuwe reël begin.
                 Die verskil tussen gesproke en geskrewe Afrikaans is belangrik – daarom moet
                  die redigering versigtig gedoen word.
                 In hierdie geval moet die onderhoudvoerder se vrae op die spesifieke prestasie,
                  ten spyte van die presteerder se gestremdheid, fokus.                                    [25]

 Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3                        9                                 DBE/2022
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

2.6     VERSLAG: OOGGETUIEVERSLAG
        Die ooggetuieverslag handel oor besonderhede wat die ooggetuie waargeneem het toe
        iemand/'n misdadiger een van die onderwysers se motor beskadig het.
        Hou die volgende in gedagte:
           Persoonlike inligting van die ooggetuie word in paragraaf 1 genoem.
           Feitelike besonderhede van die gebeure verskyn in paragraaf 2.
           Paragraaf 3 behels die uitbreiding van paragraaf 2./van gebeure.
           Paragraaf 4 bevat 'n samevatting./gevolgtrekking.
           Die verslag word onderteken en van 'n datum voorsien.
           Die verslag word in die eerste persoon aangebied, aangesien die skrywer die
            ooggetuie is.                                                               [25]

                                                                TOTAAL AFDELING B:           50
                                                                    GROOTTOTAAL:             100

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Huistaal/V3
                                                     Downloaded from hlayiso.com          10                                                                         DBE/2022
                                                                                 SS/NSS – Nasienriglyne

 LET WEL:
  Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
  Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
  Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in 'n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van
   punte en die omskrywings.
  Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie.
  AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTELVRAAG – HUISTAAL

       Kriteria                                      Uitsonderlik                  Knap                Gemiddeld                Elementêr                Onvoldoende
INHOUD &                                                 28-30                     22-24                  16-18                    10-12                      4-6
BEPLANNING                                     - Respons is               - Respons baie goed;    -Respons                -Wisselvallige           -Respons heeltemal
                                               uitsonderlik/treffend en   getuig van              bevredigend             samehang in respons      irrelevant
(Respons en idees)                             bo verwagting              vaardigheid
Organisering van idees                         - Idees is intelligent,    - Idees heeltemal       -Idees redelik          -Idees onduidelik, nie   -Idees deurmekaar en
vir beplanning;                                volwasse en stem           relevant, interessant   samehangend en          oorspronklik nie         nie op onderwerp

                            Hoë vlak
Bewustheid van doel,                           leser tot nadenke          en lewer bewys van      oortuigend                                       gefokus nie;
gehoor en konteks                                                         volwassenheid                                                            -Vaag en herhalend
                                               - Uitsonderlike orga-      - Organisasie baie      -Redelike organisasie   -Min bewys van           -Geen organisasie nie
30 PUNTE                                       nisasie en samehang,       goed en                 en redelik samehan-     organisasie en           en is onsamehangend
                                               insluitend inleiding,      samehangend, in-        gend, insluitend        samehang
                                               liggaam en                 sluitend inleiding,     inleiding, liggaam en
                                               samevatting/slot           liggaam en              samevatting/slot
                                                                          samevatting/ slot
                                                         25-27                     19-21                  13-15                      7-9                    0-3
                                                - Respons uitmun-         - Respons goed;         -Respons                -Respons is grootliks    -Geen poging
                                               tend, maar uitson-         getuig van              bevredigend, maar       irrelevant               aangewend om in
                                               derlik treffende           vaardigheid             verval soms in                                   ooreenstemming met
                                               eienskappe van ‘n

                            Lae subkategorie
                                                                                                  onduidelikheid                                   onderwerp te wees nie
                                               opstel ontbreek
                                               - Idees intelligent en     Idees relevant,         -Idees redelik sa-      -Idees begin los staan   -Heeltemal irrelevant en
                                               volwasse                   interessant             mehangend en            en kan verwarrend        ontoepaslik
                                                                                                  oortuigend              wees
                                               - Knap organisasie en      -Organisasie goed en    -'n Mate van            - Skaars 'n bewys van    -Deurmekaar en geen
                                               samehang, insluitend       samehangend,            organisasasie en        organisasie en           fokus nie
                                               inleiding, liggaam en      insluitend inleiding,   samehang, in-sluitend   samehang
                                               samevatting/slot           liggaam en              inleiding, liggaam en
                                                                          samevatting/slot        samevatting/slot

 Kopiereg voorbehou                                                                                                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Huistaal/V3
                                                    Downloaded from hlayiso.com           11                                                                              DBE/2022
                                                                                 SS/NSS – Nasienriglyne

TAAL, STYL &                                           14-15                      11-12                       8-9                      5-6                         0-3
REDIGERING                                    -Toon, register, styl en    - Toon, register, styl   - Toon, register, styl   - Toon, register, styl en   - Taal onverstaan-baar
                                              woordeskat hoogs            en woordeskat baie       en woordeskat gepas      woordeskat minder           - Toon, register, styl en
Toon, register, styl en                       gepas vir doel, gehoor      gepas vir doel,          vir doel, gehoor en      gepas vir doel, gehoor      woordeskat nie gepas

                           Hoë subkategorie
woordeskat is geskik vir                      en konteks                  gehoor en konteks.       konteks.                 en konteks                  vir doel, gehoor en
doel/effek en konteks                                                                                                                                   konteks nie
Woordkeuse; Taalgebruik                       -Taalgebruik getuig van     -Taalgebruik effek-      - Gepaste taalge-        -Taalgebruik baie
en konvensies,                                vertroue, indruk-           tief en 'n deurlo-       bruik om betekenis       basies.
punktuasie, grammatika                        wekkend                     pende gepaste toon       oor te dra               - Toon en woordkeuse
en spelling                                   -Toon retories, treffend    word gebruik             -Toon is gepas           skaars toepaslik.           - Woordeskat so
                                              en effektief                                                                                              beperk dat dit
15 PUNTE                                      -Grammatika en              - Grammatika en          -Retoriese middele       - Baie beperkte             onmoontlik is om sin te
                                              spelling feitlik foutvry.   spelling grootliks       gebruik om betekenis     woordeskat                  maak
                                                                          foutvry.                 te versterk
                                              - Knap gedaan               -Baie goed gedoen
                                                         13                         10                        7                        4
                                              -Taalgebruik uitstekend     -Taalgebruik toe-        -Voldoende taalge-       -Taalgebruik
                                              en toon is retories         paslik en oor die        bruik, maar              onvoldoende

                           Lae subkategorie
                                              effektief                   algemeen effektief       teenstrydighede word
                                                                          -Toon gepas en           opgemerk
                                                                          effektief
                                              -Grammatika en              -Enkele foute in         -Toon oor die alge-      -Weinig indien enige
                                              spelling feitlik foutvry    grammatika en            meen gepas en be-        sinsverskeidenheid
                                              -                           spelling                 perkte gebruik van       -Woordeskat baie
                                                                                                   retoriese middele        beperk
                                              Baie goed tot knap          -Goed gedoen
                                              gedaan
STRUKTUUR                                                 5                         4                        3                        2                           1
Kenmerke van teks;                            - Uitstekende ontwik-       - Logiese ontwikke-      - Relevante detail       - Sommige punte geldig      - Noodsaaklik punte
Paragraafontwikkeling en                      keling van nderwerp.        ling van detail          ontwikkel                                            ontbreek
sinskonstruksie                               - Uitsonderlike detail      - Samehangend
                                                                                                                            - Sinne en paragrawe
5 PUNTE                                       - Sinne en paragrawe        - Sinne en               - Sinne en paragrawe     foutief                     - Sinne en paragrawe
                                              uitsonderlik gekon-         paragrawe logies en      goed gekonstrueer                                    foutief
                                              strueer                     toon variasie            - Opstel maak nog sin    - Opstel maak effens sin
                                                                                                                                                        - Opstel maak nie sin
                                                                                                                                                        nie

 Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Afrikaans Huistaal/V3
                                  Downloaded from hlayiso.com       12                                                                      DBE/2022
                                                           SS/NSS – Nasienriglyne

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE - HUISTAAL [25PUNTE]
      Kriteria                  Uitsonderlik                Knap                  Gemiddeld                Elementêr                 Onvoldoende
INHOUD,                            13-15                    10-12                    7-9                       4-6                       0-3
BEPLANNING &             - Respons uitsonderlik,     -Respons baie goed      -Respons voldoende       Basiese respons
FORMAAT                  bo verwagting
                          Idees intelligent en
Respons en idees;        volwasse
Organisering van idees   - Grondige kennis van       -Demonstreer goeie      - Toon voldoende         Toon geringe kennis        -Respons toon geen
vir beplanning;          kenmerke van die            kennis van kenmerke     kennis van kenmerke      van kenmerke van die       kennis van kenmerke
Doel, gehoor,            soort teks                  van die soort teks      van soort teks           soort teks                 van die soort teks nie
kenmerke/konvensies      -Skryfwerk behou fokus      -Behou fokus – geen     -Nie heeltemal gefokus   -Aanduiding van fokus      -Betekenis onduidelik
en konteks                                           afwyking nie            nie – enkele afwykings   maar met afwykings         met groot afwyking
                         -Samehang in inhoud         -Samehang in inhoud     -Redelike samehang in    -Inhoud en idees nie       -Geen samehang in
15 PUNTE                 en idees                    en idees; baie goed     inhoud en idees          altyd samehangend          idees en inhoud nie
                         -Idees behoorlik uit-       uitgebrei met detail    -Sommige detail          nie                        -Baie min detail onder-
                         gebrei met detail wat die   wat die onderwerp       ondersteun die           -Min detail ondersteun     steun die onderwerp
                         onderwerp ondersteun        ondersteun              onderwerp                die onderwerp
                         -Gepaste en akkurate        -Gepaste formaat        -Formaat oorwegend       Nodige reëls van           -Nodige reëls van
                         formaat                     met onbeduidende        gepas, maar met          formaat vaagweg            formaat nie toegepas
                                                     foute                   enkele foute             toegepas                   nie
                                                                                                      -Kritiese foute begaan
TAAL, STYL &                        9-10                       7-8                      5-6                      3-4                      0-2
REDIGERING               -Toon, register, styl       -Toon, register, styl   -Toon, register, styl    -Toon, register, styl en   -Toon, register, styl
                         en woordeskat hoogs         en woordeskat baie      en woordeskat is         woordeskat minder          en woordeskat stem
Toon, register, styl,    geskik vir doel,            geskik vir doel,        geskik vir doel,         geskik vir doel, gehoor    nie ooreen met doel,
doel/effek, gehoor en    gehoor en konteks           gehoor en konteks       gehoor en konteks        en konteks                 gehoor en konteks
konteks;                                                                                                                         nie
Taalgebruik en           -Grammatika                 -Grammatika oor die     -Enkele                  -Grammatika                -Besaai met foute en
konvensies;              akkuraat en goed            algemeen korrek en      grammatikafoute          onakkuraat met etlike      verward
Woordkeuse;              gekonstrueer                goed gekonstrueer                                foute
Punktuasie en spelling                               -Baie goeie             -Voldoende               -Basiese woordeskat        -Woordeskat nie
                                                     woordeskat              woordeskat                                          geskik vir doel nie
10 PUNTE
                         Feitlik foutloos            - Oorwegend foutloos    -Foute belemmer nie      -Betekenis belemmer        -Betekenis ernstig
                                                                             betekenis nie                                       belemmer

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P3 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2017-memo/8d004299-0884-48ae-94a7-fa262185f416) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2016-memo/286a319c-256a-4fcd-b924-7c2fce54b61b) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P3 June July 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-june-july-2015-memo/bf8c35d0-d11d-4de1-b157-00c447f077fb) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2022/b6902408-ac2a-4a7c-a4f3-5057a283114e) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2022/635d4025-2ec6-4a06-a793-dc0f35254a58) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2021/42e929f2-d518-448d-9474-d880ba2834f8) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
