# Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2025 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the NSC June Exam 2025, 12 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2025-mg/ba9c3f40-f4c5-4900-999a-586488f6526e
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2025
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2025 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2025-mg/ba9c3f40-f4c5-4900-999a-586488f6526e)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2025 · Afrikaans. Memorandum, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                            AFRIKAANS HUISTAAL V3

                                  MEI/JUNIE 2025

                                 NASIENRIGLYNE

                                                                       PUNTE: 100

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans Huistaal/V3                            2                               DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

 ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

                                 NASIONALE NASIENSIMBOLE
  VERDUIDELIKING                 SIMBOOL      BESKRYWING

  Woordorde                                           Hakies en pyltjie
                                 (       )
  Woord(e) weggelaat             ^                    Weglaatteken/Karet

  Taalfoute                                           Enkelstreep onder die taalfout

  Spelfoute                      =                    Dubbelstreep onder die spelfout
  Paragraafindeling              [                    Begin van 'n nuwe paragraaf
  Nuwe sin                       L                    Begin van 'n nuwe sin
  Woord(-keuse)-foute            X                    Trek 'n X bo-oor die verkeerde woord.
  Erkenning van                                       Regmerkie bo goeie taalgebruik, idees of
                                 
  taaljuweeltjies                                     uitdrukkings
  Onduidelik/onverstaanbaar      ʃ (in die kantlyn)   Kronkelstreep
  Punktuasie                                         Omkring

 Neem taalvariëteit in ag.

 AFDELING A: OPSTEL

 AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN
 onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige tipe opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die
 onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat
 die finale poging is, word die eerste opstel nagesien.

 NASIENRIGLYNE

 Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:

 Voorbeeld:
 Inhoud:                                                                                I = Kh = 22
 Taal, styl en redigering:                                                              T = Kl = 10
 Struktuur:                                                                             S =K = 4
 Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel).                      36

 Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te
 wees).

 DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

 •   Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit
     behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
 •   Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte
     bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings
     van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.
 •   Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar
     standpunt insluit. In die geval van 'n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat
     die slot die skryfstuk saam, terwyl 'n argumenterende en beredeneerde opstel se slot die
     skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Huistaal/V3                             3                                DBE/Mei/Junie 2025
                                        SS/NSS – Nasienriglyne

 SOORTE OPSTELLE:
 VERHALENDE OPSTEL
 Dit is 'n interessante vertelling van 'n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan
 vanuit enige perspektief geskryf word.
 Hou die volgende in gedagte:

 •   Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word ('n storie of gebeurtenis).
 •   'n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
 •   Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
 •   Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud
     samehangend.
 •   Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.
 •   Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
 •   'n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied.
 •   'n Verrassende slot rond die inhoud af.
 •   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
 •   Die verlede tyd word gewoonlik gebruik.

 BESPIEGELENDE OPSTEL
 Die skrywer oorweeg/deurdink 'n idee/lewenswaarheid/'n situasie en gee sy/haar emosionele
 reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor drome of wense/moontlikhede.
 Hou die volgende in gedagte:

 •   Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
 •   Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.
 •   Dis persoonlik van aard.
 •   Daar is 'n definitiewe struktuur, maar 'n gevolgtrekking is nie nodig nie.
 •   Dit hoef nie 'n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf
     word.
 •   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

 BEREDENEERDE OPSTEL

 Dit is objektief en probeer om 'n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van 'n argument te
 gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied
 teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot 'n spesifieke gevolgtrekking aan die
 einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed
 gebalanseerd en duidelik in die ontwikkeling van die opstel ontleed wees.

 Hou die volgende in gedagte:

 •   Die opstel handel oor 'n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding,
     ingeneem word.
 •   BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
 •   Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
 •   Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
 •   'n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot
     gee 'n sterk aanduiding van die skrywer se mening.
 •   Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
 •   Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
 •   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
 •   Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Huistaal/V3                           4                               DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

 ARGUMENTERENDE OPSTEL
 Die skrywer het 'n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te motiveer.
 Hou die volgende in gedagte:

 •   Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
 •   'n Eie mening word op 'n baie oorspronklike en treffende manier gegee.
 •   'n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
 •   Verdediging of aanval van 'n saak word enduit volgehou.
 •   'n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
 •   Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
 •   Daar moet 'n duidelike en oortuigende slot wees.
 •   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

 BESKRYWENDE OPSTEL
 Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie
 eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so
 lewendig soos hy/sy te beleef.

 Hou die volgende in gedagte:

 •   Waarnemings met al vyf sintuie en 'n goeie woordeskat word vereis.
 •   Insig, begrip, 'n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem van
     waarnemings).
 •   Tekste kan varieer van meer realisties tot 'n verdieping in die aanbieding.
 •   Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
 •   Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
 •   Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
 •   Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
 •   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
 •   Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word hoofsaaklik gedoen deur die
     konnotasie en nie net die denotasie van woorde nie.
 •   Stylfigure kan gebruik word.

                                                                         TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Huistaal/V3                            5                             DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 1

 Riglyne

 Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar
 interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande nasienriglyn) mag nie as bindend beskou
 word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan.

 1.1       Ek moes nooit omgekyk het nie!
           • Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beskrywend van aard wees.
           • Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
           • Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.

           Inhoud:
           • Die kandidaat kan na 'n letterlike handeling van omkyk en die onmiddellike gevolge
               daarvan, verwys.
           • Die kandidaat kan na die figuurlike omkyk/terugkyk wat hom/haar keer om vooruit
               in die lewe te gaan, verwys.
           • Die kandidaat kom tot die besef dat dit vir hom/haar nadelig was om om te kyk./hy/sy
               nooit moes omgekyk het nie./dit vir hom/haar beter sou wees indien hy/sy nooit
               omgekyk het nie.
           • Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste beoordeel
               word.

           Taal:
           •  Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees.                                           [50]

 1.2       Suid-Afrikaners se humor is goud werd.
           • Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/beskrywend
              van aard wees.
           • Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
           • Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.

           Inhoud:
           • Die woorde "Suid-Afrikaners se humor" skep die konteks van die opstel.
           • Die woorde "goud werd" kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
           • In ŉ beredeneerde/argumenterende opstel moet die kandidaat Suid-Afrikaners se
               humor evalueer.
           • Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste beoordeel
               word.

           Taal:
           •  Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees.                                           [50]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Huistaal/V3                           6                             DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

 1.3      Ek proe die verskil tussen gister en vandag.
          • Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/beskrywend
             van aard wees.
          • Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
          • Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.

          Inhoud:
          • Die woord "proe" in die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
          • Die woorde "gister" en "vandag" kan simbolies met byvoorbeeld sekere
              geure/smake/kossoorte/die hede en verlede in verband gebring word.
          • In 'n beredeneerde/argumenterende opstel moet die kandidaat se finale
              standpunt/mening weerspieël word.
          • Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste beoordeel
              word.

          Taal:
          •  Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees.                                           [50]

 1.4      Moet óns aanpas om ons wêreld te verander?
          • Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend van aard
             wees.
          • Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
          • Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.

          Inhoud:
          • Die kandidaat kan konkrete/geestelike verandering in die mens se lewe bespreek.
          • Die kandidaat kan aandui dat dit nodig is/nie nodig vir die mens is om aan te pas om
              verandering mee te bring nie.
          • Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste beoordeel
              word.
          • Die fokus moet op die "ons"/die mens wees ten opsigte van verandering.

          Taal:
          • Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees.                                            [50]

 1.5      ''Ek en jy is gemaak om spore te los.'' [Spore, Elvis Blue]
          • Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/beskrywend
              van aard wees.
          • Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
          • Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.

          Inhoud:
          • Op letterlike vlak kan die kandidaat na (koolstof)voetspore van die mens verwys.
          • Die onderwerp kan figuurlik geïnterpreteer word as die invloed wat die mens op
              ander mense/die natuur/planeet het.
          • By die figuurlike interpretasie sal die mens se invloed geëvalueer word, aangesien
              die woord ''gemaak'' die mens se doel op aarde aanspreek.
          • Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste beoordeel
              word.

          Taal:
          • Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees.                                            [50]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans Huistaal/V3                            7                              DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

 1.6      Mense met kameras
          • Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/beskrywend
             van aard wees.
          • Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
          • Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.
          Inhoud:
          • Op letterlike vlak kan die kandidaat na die hedendaagse mens se behoefte om alles
              in foto’s vas te vang, verwys.
          • Die onderwerp kan figuurlik geïnterpreteer word deur byvoorbeeld na die mens se
              stryd teen verganklikheid/behoefte om sy lewe te dokumenteer/met vreemdelinge te
              deel te verwys.
          • Die kandidaat kan in die beredeneerde/argumenterende opstel die mens se
              beheptheid om sy/haar lewe in foto’s vas te vang,/deur ‘n lens/afstandelik te beleef,
              evalueer.
          • Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste beoordeel
              word.
          Taal:
          • Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees.                                              [50]
 1.7      Boomstomp (met hand)
          • Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/beskrywend
             van aard wees.
          • Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
          • Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.
          Inhoud:
          • Op letterlike vlak kan die kandidaat 'n storie, wat deur die stemming/uitbeelding van
              die boomstomp opgeroep word, vertel.
          • Die onderwerp kan figuurlik geïnterpreteer word deur na die emosie wat die prent
              ontlok, te verwys.
          • In 'n beredeneerde/argumenterende opstel kan die kandidaat die moontlike
              oorsake/invloede van hierdie uitbeelding evalueer.
          • Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste beoordeel
              word.
          Taal:
          • Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees.                                              [50]
 1.8      Soen van hand
          • Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/beskrywend
             van aard wees.
          • Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
          • Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.
          Inhoud:
          • Op 'n letterlike vlak kan die kandidaat die verhaal, wat aanleiding gegee het tot die
              soen op die hand,/wat na die soen op die hand volg, vertel.
          • Die onderwerp kan figuurlik geïnterpreteer word deur na die emosie wat die prent
              ontlok/waardes soos hoflikheid te verwys.
          • Op 'n figuurlike vlak kan die kandidaat enige redelike konnotasie wat aan die prent
              geheg word, uitbrei.
          • Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste beoordeel
              word.
          Taal:
          • Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees.                                              [50]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Afrikaans Huistaal/V3                             8                                DBE/Mei/Junie 2025
                                        SS/NSS – Nasienriglyne

 AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
 AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien.
 Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien.

 NASIENRIGLYNE
 Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:
 Voorbeeld:
 Inhoud, beplanning en formaat:                                                           I = K = 10
 Taal, styl en redigering:                                                                T=G= 6
 Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).                     16

 Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te
 wees).
 2.1       INFORMELE BRIEF
           Die kandidaat skryf 'n informele brief aan sy/haar vriend/-in waarin hy/sy motiveer
           waarom die vriend/-in nie moed moet verloor nie.
           Hou die volgende in gedagte:

           •   Informele taal, register en styl behoort gebruik te word.
           •   Beskrywende, maar eenvoudige taal behoort voor te kom.
           •   Die briefinhoud behoort logies en volgens bogenoemde doel uiteengesit te word.
           •   Briewe behoort 'n inleiding, liggaam/inhoud en slot te hê.
           •   Die skrywer se adres en die datum waarop die brief geskryf word, moet gegee
               word.
           •   Na die skrywer se adres behoort die informele aanhef te volg.
           •   Die brief behoort informeel afgesluit te word.
           •   Die formaat van die brief is belangrik.                                                    [25]
 2.2       FORMELE BRIEF: BRIEF AAN DIE PERS
           Hierdie brief aan die pers, waarin die briefskrywer redes aanvoer waarom
           Suid-Afrika 'n beter opsie as 'n oorsese land is, word aan die redakteur van 'n
           koerant/tydskrif gerig. Die inhoud van die brief fokus spesifiek op die redes waarom
           die briefskrywer dink dat dit beter is om in Suid-Afrika te bly.
           Hou die volgende in gedagte:

           •    Die skryfstyl is formeel.
           •    Daar moet twee adresse, 'n aanhef, 'n inhoudsopskrif en 'n afsluiting wees.
           •    Die styl is saaklik, maar hoflik.
           •    Die struktuur moet goeie paragraafbou insluit.
           •    Eenvoudige, direkte taal is nodig, maar 'n formele register moet gehandhaaf
                word.
           •    Die hele skryfstuk moet aan die vereistes vir die skryf van 'n formele brief voldoen.
           •    Die brief moet formeel afgesluit word met die skrywer se titel, voorletters en van.

           Die uwe
           P. van Zyl
           P. van Zyl                                                                                     [25]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Huistaal/V3                             9                                DBE/Mei/Junie 2025
                                        SS/NSS – Nasienriglyne

 2.3       OOGGETUIEVERSLAG

           Die kandidaat lewer 'n ooggetuieverslag oor die gebeure wat hy/sy tydens 'n brand-
           stigting waargeneem het.

            Hou die volgende in gedagte:

           •    Die ooggetuieverslag word (in die eerste persoon) aan die polisie geskryf.
           •    Die inligting en feite moet korrek wees soos deur die ooggetuie waargeneem.
           •    Paragrawe moet volgens die logiese verloop van die gebeure wees; fyn
                besonderhede moet gegee word.
           •    Persoonlike inligting (volle name, identiteitsnommer, adres en kontaknommer van
                die persoon wat die verslag saamstel) moet verskaf word.
           •    Besonderhede van gebeure (datum, tyd, plek) is noodsaaklik.
           •    Beëindig die verslag met 'n samevatting of gevolgtrekking.
           •    Die verslag word onderteken en van 'n datum voorsien.
           •    Die verslag word saaklik, sonder emosioneel gelaaide woorde, geskryf.
           •    Taal en styl moet by die formele verslag pas.                                               [25]

 2.4       INFORMELE TOESPRAAK

           Die inhoud van die informele toespraak moet die gemeenskap oorreed om by projekte
           betrokke te raak.

            Hou die volgende in gedagte:

           •    Die toespraak word tydens 'n gemeenskapsvergadering gelewer.
           •    Die styl moet by die geleentheid en die gehoor pas.
           •    Die gemeenskapslede moet aangespreek word, bv. Goeienaand Vriende/ Dames
                en Here.
           •    Die teikengehoor en doel moet in gedagte gehou word.
           •    Die inleidingsin moet sterk en prikkelend wees.
           •    Pleidooie vir die gemeenskap se betrokkenheid by projekte sodat die kompetisie
                gewen kan word, kan reeds in die eerste paragraaf gelewer word.
           •    Pleidooie moet deur motiverings ondersteun word.
           •    In die slotparagraaf moet die pleidooie wat tot aksie by die gehoor sal lei, treffend
                en bondig saamgevat word./die gehoor finaal gemotiveer word.                                [25]
 2.5       ONDERHOUD
           Die onderhoud word gevoer met 'n gemeenskapslid                       wat     vir   sy/haar
           deursettingsvermoë, ten spyte van uitdagings, vereer is.
           Hou die volgende in gedagte:

           •    Die onderhoud moet volgens die vraag-antwoord-metode geskryf word.
           •    Elke spreekbeurt moet in 'n nuwe reël begin.
           •    In hierdie geval moet die onderhoudvoerder se vrae op die oorsaak/gevolge van
                die verering fokus.
           •    Die verskil tussen gesproke en geskrewe Afrikaans is belangrik – daarom moet
                die redigering versigtig gedoen word.
           •    Dit word in die teenwoordige tyd geskryf en is tydgebonde.
           •    Die slotparagraaf vat die onderhoud saam.                                                   [25]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Huistaal/V3                          10                            DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

 2.6       DIALOOG

           Die dialoog tussen Jeremy en sy ma fokus op die inhoud van die gesprek wat op sy
           laaste woorde volg.

           Hou die volgende in gedagte:

           •    Jeremy en sy ma voer die gesprek in 'n informele styl.
           •    Die verskil tussen gesproke en geskrewe Afrikaans is belangrik – daarom moet
                die redigering versigtig gedoen word.
           •    Die sprekers se name staan links, teen die kantlyn.
           •    Gebruik 'n dubbelpunt na die naam van elke spreker.
           •    Elke spreekbeurt word op 'n nuwe reël begin; laat 'n reël tussen spreekbeurte
                oop.
           •    Ekstra inligting/neweteks word tussen hakies, voordat die spreker praat,
                aangedui.
           •    Geen punte word na die hakies gebruik nie.
           •    Daar word geen aanhalingstekens gebruik nie.
                                                                                                    [25]

                                                                     TOTAAL AFDELING B:             50
                                                                         GROOTTOTAAL:               100

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Huistaal/V3                                                11                                                      DBE/Mei/Junie 2025
                                                                      SS/NSS – Nasienriglyne

                •    Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A)
                •    Punte van 0 – 50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
                •    Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in 'n hoëvlak- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike
                     verspreiding van punte en die omskrywings.
                 •   Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie.
          ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
   Kriteria                           Uitsonderlik                    Knap                       Gemiddeld                      Elementêr                    Onvoldoende
INHOUD &                                  28 – 30                    22 – 24                     16 – 18                          10 – 12                          4–6
BEPLANNING                      Respons is uitsonderlik/    Respons baie goed;            Respons bevredigend            Wisselvallige samehang         Respons heeltemal
(Respons en                     treffend en bo              getuig van vaardigheid                                       in respons                     irrelevant
idees)                          verwagting
Organisering van                Idees is intelligent,       Idees heeltemal relevant,     Idees redelik                  Idees onduidelik, nie          Idees deurmekaar en nie

                     Hoë vlak
idees vir                       volwasse en stem leser      interessant en lewer          samehangend en                 oorspronklik nie               op onderwerp gefokus
beplanning;                     tot nadenke                 bewys van                     oortuigend                                                    nie
Bewustheid van                                              volwassenheid                                                                               Vaag en herhalend
doel, gehoor en
konteks                         Uitsonderlike organisasie   Organisasie baie goed         Redelike organisasie en        Min bewys van                  Geen organisasie nie/is
                                en samehang, insluitend     en samehangend,               redelik samehangend,           organisasie en                 onsamehangend
                                inleiding, liggaam en       insluitend inleiding, en      insluitend inleiding, en       samehang
                                samevatting/slot            liggaam en                    liggaam en
                                                            samevatting/slot              samevatting/slot
                                         25 - 27                      19 -21                       13 - 15                          7–9                           0-3
                                Respons uitmuntend;         Respons goed; getuig          Respons bevredigend;           Respons is grootliks           Geen poging aangewend
                                uitsonderlike treffende     van vaardigheid               verval soms in                 irrelevant                     om in ooreenstemming
                                eienskappe van 'n opstel                                  onduidelikheid                                                onderwerp te wees nie
                                ontbreek

                     Lae vlak
                                Idees intelligent en        Idees relevant,               Idees redelik same-            Idees begin los staan en       Heeltemal irrelevant en
30 PUNTE                        volwasse                    interessant                   hangend en oortuigend          kan verwarrend wees            ontoepaslik
                                Knap organisasie en         Organisasie goed en           'n Mate van organisasie        Skaars 'n bewys van            Deurmekaar en geen
                                samehang insluitend         samehangend, insluitend       en samehang, insluitend        organisasie en same-           fokus nie
                                inleiding, liggaam en       inleiding, liggaam en         inleiding, liggaam en          hang
                                samevatting/slot            samevatting/slot              samevatting/slot
  Kriteria                             Uitsonderlik                     Knap                      Gemiddeld                      Elementêr                   Onvoldoende
TAAL, STYL                               14 – 15                      11 – 12                       8–9                            5–6                            0-3
&                               Toon, register, styl en     Toon, register, styl en       Toon, register, styl en        Toon, register, styl en        Toon, register, styl en
REDIGERING                      woordeskat hoogs            woordeskat baie gepas         woordeskat gepas vir           woordeskat minder              woordeskat nie gepas vir
                                gepas vir doel, gehoor      vir doel, gehoor en           doel. gehoor en konteks        gepas vir doel, gehoor         doel. gehoor en konteks
Toon, register,
                                en konteks                  konteks                                                      en konteks                     nie
styl en woorde-

                     Hoë vlak
skat is geskik vir              Taalgebruik getuig van      Taalgebruik effektief/ 'n     Gepaste taalgebruik om         Taalgebruik baie basies        Taal onverstaanbaar
doel/effek en                   vertroue, indrukwekkend     deurlopende gepaste           betekenis oor te dra
konteks;                                                    toon word gebruik
                                Toon retories treffend en   Grammatika en spelling        Toon is gepas                  Toon en woordkeuse             Woordeskat so beperk
Punktuasie,                     effektief                   grootliks foutvry             Retoriese middele              skaars toepaslik               dat dit onmoontlik is om
grammatika,                     Grammatika en spelling                                    gebruik om betekenis te        Baie beperkte                  sin te maak .
spelling,                       feitlik foutvry             Baie goed gedoen              versterk                       woordeskat
woordkeuse;                     Knap gedaan
                                              13                        10                            7                              4
Taalgebruik en                  Taalgebruik uitstekend      Taalgebruik toepaslik en      Voldoende taalgebruik –        Taalgebruik
konvensies                      en toon is retories         oor die algemeen              teenstrydighede                onvoldoende

                     Lae vlak
                                effektief                   effektief                     opgemerk

                                Grammatika en spelling      Toon gepas en effektief       Toon oor die algemeen          Weinig indien enige
                                feitlik foutvry             Enkele foute in               gepas en beperkte              sinsverskeidenheid
15 PUNTE                        Baie goed tot knap          grammatika en                 gebruik van retoriese          Woordeskat baie beperk
                                gedaan                      spelling/Goed gedoen          middele
STRUKTUUR                                      5                        4                             3                            2                             0-1
Kenmerke van                    Uitstekende ontwikkeling    Logiese ontwikkeling van      Relevante detail               Sommige punte geldig           Noodsaaklike punte
teks;                           van onderwerp               detail                        ontwikkel                                                     ontbreek
                                Uitsonderlike detail        Samehangend
Paragraaf-                      Sinne en paragrawe          Sinne en paragrawe            Sinne en paragrawe             Sinne en paragrawe             Sinne en paragrawe
ontwikkeling en                 uitsonderlik gekonstrueer   logies en toon variasie       goed gekonstrueer              foutief                        foutief
sinskonstruksie                                                                           Opstel maak nog sin            Opstel maak effens sin         Opstel maak nie sin nie
5 PUNTE

          Kopiereg voorbehou                                                                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Afrikaans Huistaal/V3                                                     12                                                            DBE/Mei/Junie 2025
                                                                 SS/NSS – Nasienriglyne

                         ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE HUISTAAL [25 PUNTE]
       Kriteria               Uitsonderlik                 Knap                    Gemiddeld                  Elementêr                Onvoldoende
 INHOUD,                          13 - 15                 10 -12                       7–9                        4–6                        0-3
 BEPLANNING &             Respons uitsonderlik,     Respons baie goed         Respons voldoende          Basiese respons           Respons toon geen
 FORMAAT                  bo verwagting                                                                                            kennis van kenmerke
                          Idees intelligent en                                                                                     van die soort teks nie
 Respons en idees:        volwasse
 Organisering van
 idees vir beplanning;    Grondige kennis van       Demonstreer goeie         Toon voldoende kennis      Toon geringe kennis
 Doel, gehoor,            kenmerke van die          kennis van kenmerke       van kenmerke van die       van kenmerke van die
 kenmerke/konvensies      soort teks                van die soort teks        soort teks                 soort teks
 en konteks
                          Skryfwerk behou           Behou fokus – geen        Nie heeltemal gefokus      Aanduiding van fokus,     Betekenis onduidelik
                          fokus                     afwyking nie              nie – enkele afwykings     maar met afwykings        met groot afwyking
 15 PUNTE
                          Samehang in inhoud        Samehang in inhoud        Redelike samehang in       Inhoud en idees nie       Geen samehang in
                          Idees behoorlik           Idees baie goed           inhoud en idees            altyd samehangend         idees en inhoud nie
                          uitgebrei                 uitgebrei                                            nie
                          Detail wat die onder-     Detail wat die onder-     Sommige detail onder-      Min detail ondersteun     Baie min detail onder-
                          werp ondersteun           werp ondersteun           steun die onderwerp        die onderwerp             steun die onderwerp
                          Gepaste en akkurate       Gepaste formaat met       Formaat oorwegend          Nodige reëls van          Nodige reëls van
                          formaat                   onbeduidende foute        gepas, maar met enkele     formaat vaagweg           formaat nie toegepas
                                                                              foute                      toegepas                  nie
                                                                                                         Kritiese foute begaan
 TAAL, STYL &                     9 - 10                     7–8                        5–6                        3–4                      0–2
 redigering               Toon, register, styl en   Toon, register, styl en   Toon, register, styl en    Toon, register, styl en   Toon, register, styl en
                          woordeskat hoogs          woordeskat baie           woordeskat is geskik vir   woordeskat minder         woordeskat stem nie
 Toon, register, styl,    geskik vir doel,          geskik vir doel, gehoor   doel, gehoor en konteks    geskik vir doel, gehoor   ooreen met doel,
 doel/effek, gehoor en    gehoor en konteks         en konteks                                           en konteks                gehoor en konteks nie
 konteks;                 Grammatika akkuraat       Grammatika oor die        Enkele grammatikafoute     Grammatika                Besaai met foute en
 Taalgebruik en           en goed gekonstrueer      algemeen korrek en                                   onakkuraat met etlike     verward
 konvensies;                                        goed gekonstrueer                                    foute
 Woordkeuse;
 Punktuasie en spelling                             Baie goeie woordeskat     Voldoende woordeskat       Basiese woordeskat        Woordeskat nie geskik
                                                                                                                                   vir doel nie
 10 PUNTE                 Feitlik foutloos          Oorwegend foutloos        Foute belemmer nie         Betekenis belemmer        Betekenis ernstig
                                                                              betekenis nie                                        belemmer

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P3 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2017-memo/8d004299-0884-48ae-94a7-fa262185f416) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2016-memo/286a319c-256a-4fcd-b924-7c2fce54b61b) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P3 June July 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-june-july-2015-memo/bf8c35d0-d11d-4de1-b157-00c447f077fb) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — Afrikaans HL · QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2022/c6956443-8f83-4967-aec5-c587b7e618da) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2021/42e929f2-d518-448d-9474-d880ba2834f8) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
