# Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2013 Memo

> Grade 11 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape November 2013, 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo-gr11-2013-1/77a6881e-c239-4d59-a45e-6e1815426e0c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2013 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo-gr11-2013-1/77a6881e-c239-4d59-a45e-6e1815426e0c)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 11 · Eastern Cape November · 2013 · Afrikaans. Memorandum, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AFRIKAANS HL P3 QP-NOV2013](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-qp-nov2013/ed91b939-e7eb-42ec-a3e4-4bc7ec1baf40) — QP · 2013 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                    NASIONALE
                SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 11

                  NOVEMBER 2013

           AFRIKAANS HUISTAAL V3
               MEMORANDUM

PUNTE:   100

               Hierdie memorandum bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                             AFRIKAANS HUISTAAL V3                          (NOVEMBER 2013)

ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

AFDELING A: AFRIKAANS HUISTAAL KREATIEWE TEKS (OPSTEL)

AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerder mag slegs oor
EEN onderwerp of prikkel skryf en hy/sy mag enige tipe opstel, toepaslik volgens hoe hy/
sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit
onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien.

NASIENRIGLYNE:

Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud:                                                                    I = K6 – 21
Taal, styl en redigering:                                                  T = K4 – 8
Struktuur:                                                                 S = K5 – 3

Skryf dan die totaal van die opstel in die regterkant (onder die opstel)             32
Dra die getal uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die
beplanningsgedeelte te wees). Langs die vraagnommer bo links.
LET WEL: Indien die getal 32½ sou wees, dra dan die getal as 33 oor.

DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

   Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekend gestel word.
    Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
   Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die
    hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die
    hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die
    samevatting van die hoofgedagte.
   Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of
    sy/haar standpunt insluit.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                                      AFRIKAANS HUISTAAL V3                3

 VRAAG 1

 Riglyne

 Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en
 volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum)
 mag nie as bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige tipe opstel aan,
 soos byvoorbeeld:

 1.1        Ek het my lewe teruggekry. Die leerder kan ’n geestesprentjie
            interpreteer/spekuleer oor wat hy/sy in sy/haar lewe teruggekry het.
 1.2        Bravo! Bravo! Leerders kan hierdie onderwerp op positiewe vlak
            interpreteer/ hier kan dit verhalend, beskrywend, argumenterend of selfs
            bespiegelend wees.
 1.3        Genadedood. Leerders kan hierdie onderwerp baie wyd interpreteer. Dit
            kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredenerend en selfs
            argumenterend van aard wees.
 1.4        In die wiskundeklas: Leerders kan hierdie onderwerp baie wyd
            interpreteer.
 1.5        Vlug 601 na uitgang 13: Leerders kan hierdie onderwerp wyd vertolk.
            Verhalende en beskrywende opstelle kan hier verwag word.
 1.6        1.6.1 Kinders met uitbundige lag: oop onderwerp. Kan tot
                     verskillende inhoude lei.
            1.6.2 Seuntjie in rolstoel met arms in die lug: oop onderwerp. Kan
                     tot verskillende inhoude lei.
            1.6.3 Drie pikkewyne: oop onderwerp. Kan tot verskillende inhoude
                     lei.

 TIPE OPSTELLE:

 VERHALENDE OPSTEL

 Dit is ŉ interessante vertelling van ŉ storie/gebeurtenis (-se) (gewoonlik uit die
 verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.

 Hou die volgende in gedagte:

      Dit gaan oor iets wat gebeur het en vertel word (ŉ storie of gebeurtenis).
      ŉ Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
      Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
      Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is
       die inhoud samehangend.
      Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.
      Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
      ŉ Treffende inleiding wat die leser boei.
      ŉ Verrassende slot rond die inhoud af.
      Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik, paragrafering moet aandag
       geniet.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                           AFRIKAANS HUISTAAL V3                               (NOVEMBER 2013)

BESKRYWENDE OPSTEL

Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te
beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die
onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.

Hou die volgende in gedagte:

   Waarnemings met al vyf sintuie en ŉ goeie woordeskat word vereis.
   Insig, begrip, ŉ eie belewing en sinvolheid geniet aandag. (Dit is meer as net
    die opnoem van waarnemings.)
   Tekste kan varieer van meer realisties na ŉ verdieping in die aanbieding.
   Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
   Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
   Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
   Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word op ŉ oorspronklike wyse
    aangewend.
   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik, paragrafering moet aandag
    geniet.

BEREDENERENDE OPSTEL

Dis objektief en probeer om ŉ gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ŉ
argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder
bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ŉ
spesifieke gevolgtrekking kom aan die einde van die opstel, maar die argumente
vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die
ontwikkeling van die opstel.

Hou die volgende in gedagte:

     Die opstel handel oor ŉ onderwerp waaroor standpunt ingeneem word,
      alreeds tydens die inleiding.
     BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
     Die inhoud moet oortuig en ontwikkel logies en helder.
     ŉ Gevolgtrekking word bereik in die slotparagraaf wat aansluit by die
      inleiding.
     Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
     Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
     Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik, paragrafering moet aandag
      geniet.

BESPIEGELENDE OPSTEL

Die skrywer oorweeg, deurdink ŉ idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele
reaksies en gevoelens weer. Bespiegel oor ŉ droom of wense.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                                    AFRIKAANS HUISTAAL V3              5

 Hou die volgende in gedagte:

      Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
      Die onderwerp word bepeins, oordink.
      Verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.
      ŉ Eie mening word gevorm (logies en sistematies).
      Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik, paragrafering moet aandag
       geniet.

 ARGUMENTERENDE/BETOGENDE OPSTEL

 Die skrywer het ŉ spesifieke mening/opinie en argumenteer daaroor om sy/haar
 standpunt te motiveer. Dit is ŉ subjektiewe opstel.

 Hou die volgende in gedagte:

      Kan subjektief wees en definitiewe opinies moet gestel word.
      Gee eie mening op oorspronklike wyse.
      Gee reeks argumente om perspektief te motiveer.
      Konsentreer op argumente vir/teen standpunt.
      Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke.
      Sterk gevoelstaal – emosioneel – nie kru nie.
      Duidelike en oortuigende slot.
      Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
       geniet.

                                                            TOTAAL AFDELING A:        50

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                            AFRIKAANS HUISTAAL V3                            (NOVEMBER 2013)

AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE

AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste
word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste
teks nagesien.

NASIENRIGLYNE:

Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:

Voorbeeld:

Inhoud, beplanning en formaat                                          I = K5 – 9
Taal, styl en redigering:                                              T = K5 – 6
                                                                              =15
Skryf dan die totaal van die skryfstuk in die regterkant (onder die teks) neer.
Dra die getal uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (die begin van die
afdeling).

LET WEL: Indien die getal 14½ sou wees, dra dan die getal as 15 oor.

VRAAG 2

2.1   KOERANTBERIG

      Hierdie koerantberig is ŉ skryfstuk wat oor ŉ musiekkonsert of
      onderwystekorte of die gebruik van steroïdes handel.

      Hou die volgende in gedagte:

          Die styl moet maklik verstaanbaar en interessant wees.
          Die koerantberig kan in paragrawe of in kolomme aangebied word.
          Aanhalings kan gebruik word.
          Die titel/opskrif is kort en treffend en moet by die onderwerp pas.
          ’n Subtitel kan ook gegee word.
          Die inleidingsparagraaf moet die inhoud ontsluit. Dit moet kort en
           kragtig wees.
          Die meeste feite word in die eerste paragraaf gegee. Wie, wat, waar,
           wanneer, waarom en hoe.
          Die wat, waar en wanneer word in die volgende paragrawe uitgebrei.
           Meer inligting – die hoe en hoekom – word nou gegee.
          Die slotparagraaf bevat die gevolgtrekking waartoe gekom word.               [25]

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                                      AFRIKAANS HUISTAAL V3                  7

 2.2    FORMELE BRIEF

        In hierdie brief word die afrigter bedank vir dit wat hy/sy vir jou beteken het.
        Die vele terreine waarop die afrigter van hulp was, moet uitgelig word.

        Hou die volgende in gedagte:

            Die formaat van die brief moet korrek wees: adres van sender, datum,
             adres van ontvanger, aanhef, opskrif/doel, paragrawe, afsluiting.
            Daar word nie ’n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.
            Die datum word voluit geskryf: 7 September 2013. Die adres van die
             ontvanger van die brief word links in blokvorm geskryf.
            Geen leestekens word in die adresse gebruik nie.
            ’n Reël word tussen die adres van die sender en die aanhef van die brief
             oopgelaat.
            Die doel van die brief word in hoofletters geskryf OF dit kan in
             kleinletters geskryf en dan onderstreep word.
            Geen leestekens word na “Die uwe” gebruik nie.
            Die brief word deur die persoon wat die korrespondensie rig, onderteken
             /korrespondente kan ook hul noemname en vanne gee.
            Die hoedanigheid van die sender word onder die handtekening
             uitgeskryf.
            Die taalstyl, toon en register is formeel.
            Skryf nugter en saaklik. Geen mooiskrywery nie.

        Aanspreekvorm in formele briewe:

             Indien die titel en van van die aangesprokene bekend is, spreek die
              persoon aan as Geagte meneer/mnr./mnr. Bekker                                [25]

 2.3    TYDSKRIFARTIKEL

            Artikel moet raad aan jongmense gee oor hoe om ’n balans te handhaaf
             om kompetisie nie te ver te voer nie..
            Daar is ’n ooreenkoms tussen ’n feitlike opstel en ’n artikel.
            Bedrywende vorm kom ook in die artikel voor.
            Die styl moet maklik verstaanbaar en interessant wees. Die teikengroep
             moet in gedagte gehou word: in hierdie geval is dit leerders.
            Die artikel kan in paragrawe of in kolomme aangebied word.
            Aanhalings kan gebruik word.
            Die titel/opskrif is kort en treffend en moet by die onderwerp pas.
            ’n Subtitel kan ook gegee word.
            Die inleidingsparagraaf moet die inhoud ontsluit. Dit moet kort en kragtig
             wees.
            Die meeste feite word in die eerste paragraaf gegee. Wie, wat, waar,
             wanneer, waarom en hoe.
            Die wat, waar en wanneer word in die volgende paragrawe uitgebrei.
             Meer inligting – die hoe en hoekom – word nou gegee.
            Die slotparagraaf bevat die gevolgtrekking waartoe gekom word.                (25)

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                            AFRIKAANS HUISTAAL V3                             (NOVEMBER 2013)

2.4   TOESPRAAK

         Die toespraak word voor die tyd voorberei en gelewer om die gehoor te
          oortuig, in te lig, geluk te wens of te bedank. In hierdie toespraak moet
          die leerders ingelig word oor die invloed wat bv. koerante op leerlinge se
          gemoedtoestand het met hul siniese of bedrukte beriggewing.
         ’n Interessante inleiding is belangrik om gehoor se aandag te trek.
         Openingsin is belangrik, bv. Geagte graad 11’s.
         Elke paragraaf handel oor ’n nuwe feit.
         Inhoud is logies en georden.
         Onderwerp, taal, styl en register moet by die gehoor pas.
         Interessante voorbeelde, staaltjies en grappie maak die toespraak
          lewendig.                                                                       (25)

2.5   BRIEF AAN DIE PERS

      Jy moet jou kommer uitspreek oor die geweldige koste verbonde aan die
      Matriekafskeid. Daar moet dus voorbeelde genoem word om die hoë kostes
      aan te dui.

         Die brief word geskryf om ’n standpunt in te neem of om iets met die
          lesers te deel.
         Die formaat van die brief moet korrek wees: adres van sender, datum,
          adres van ontvanger, aanhef, opskrif, paragrawe en afsluiting.
         Die adres van die sender kom reg boaan in blokvorm.
         Daar word nie ’n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.
         Die datum word voluit geskryf.
         ’n Reël word oopgelaat tussen die adres van die koerant en die aanhef
          van die brief.
         Geen leesteken word in die adresse gebruik nie.
         Die brief aan die pers word altyd aan die redakteur gerig.
         Die doel van die brief word in hoofletters geskryf OF dit kan in kleinletters
          geskryf en dan onderstreep word. Dit moet die essensie van die brief
          saamvat.
         Die brief word afgesluit met die sender se naam.                                (25)

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                                   AFRIKAANS HUISTAAL V3                9

 2.6    INFORMELE BRIEF

        In hierdie brief word die vriend(in) geluk gewens met die besondere
        prestasie(s) wat hy/sy tydens die sport- of akademiese prysuitdeling behaal
        het. Die terrein(e) waarop die persoon uitgeblink het, moet uitgelig word.

        Hou die volgende in gedagte:

            Die formaat van die brief moet korrek wees: adres van sender, datum,
             aanhef, paragrafering en afsluiting.
            Daar word nie ’n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.
            Die datum word voluit geskryf: 7 September 2013.
            Geen leestekens word in die adresse gebruik nie.
            ’n Reël word tussen die adres en die aanhef van die brief oopgelaat.
             Die taalstyl, toon en register is formeel.                              (25)

                                                            TOTAAL AFDELING B:         50
                                                                GROOTTOTAAL:          100

### Page 10

10
                                   Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS HUISTAAL V3                                   (NOVEMBER 2013)

AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KREATIEWE SKRYFWERK (OPSTEL) – HUISTAAL: 50 PUNTE

PRESTASIE -     Kode 7:                  Kode 6:                  Kode 5:                  Kode 4:                  Kode 3:                  Kode 2:                  Kode 1:
AANDUIDERS      Uitmuntend               Besonders                Verdienstelik            Beduidend                Genoegsaam               Basies                   Ontoereikend
                   80 – 100%                70 – 79%                 60 – 69%                50 – 59%                  40 – 49%                 30 – 39%                 00 – 29%
                         24 – 30                  21 – 23                  18 – 20                 15 – 17                  12 – 14                   9 – 11                    0–8
                - Inhoud: uitstaande,    - Inhoud:                - Inhoud: goed,          - Inhoud: toepaslik,     - Inhoud: gewoon         - Inhoud: nie altyd      - Inhoud: irrelevant,
                  baie oorspronklik        oorspronklik             gegrond, redelik         geskik, voldoende        middelmatig,             duidelik nie,            nie van toepassing
                - Idees: stem leser        prysenswaardig,          samehangend              samehang                 leemtes in               samehang                 nie, geen
INHOUD EN         tot nadenke,             verdienstelik          - Idees: interessant,    - Idees: taamlik           samehang               ontbreek                   samehang
BEPLANNING        uitdagend,             - Idees:                   oortuigend               oorspronklik,          - Idees: meestal           meer                     nie
                  uitgebreid,              verbeeldingryk,        - Beplanning: bewys        relevant                 toepaslik, beperkte    - Idees: min idees,      - Idees: vervelig
30 PUNTE          volwasse                 interessant              van beplanning         - Beplanning: bewys        oorspronklikheid         gereelde herhaling       herhalend, nie gerig
                - Beplanning: bewys      - Beplanning: bewys        en/of                    van beplanning         - Beplanning: bewys      - Beplanning:              op onderwerp nie
                  van beplanning           van beplanning           konsep daarvan lei       en/of                    van beplanning           ontbreek of is         - Beplanning:
                  en/of                    en/of                    tot die aanbieding       konsep daarvan lei       en/of konsep             onaanvaarbaar            ontbreek of is
                  konsep daarvan lei       konsep daarvan lei       van ŉ goeie opstel       tot ŉ bevredigende       daarvan lei tot ŉ        omdat dit                ontoereikend. Die
                  tot die aanbieding       tot die aanbieding                                opstel                   aanvaarbare opstel       ontoepaslik is. Die      opstel is swak
                  van ŉ foutlose           van ŉ vernuftige                                                                                    konsep lei tot ŉ         aangebied en
                  opstel                   opstel                                                                                              onaanvaarbare            saamgestel
                                                                                                                                               opstel
                         12 – 15               10½ – 11½                   9 – 10                  7½ – 8½                    6–7                    4½ – 5½                    0–4
                - Kritiek bewus van      - Duidelik bewus van     - Steeds bewus van       - Soms is daar           - Kritiese               - Geen kritiese          - Taal en punktuasie
                  taalimpak                 taalimpak               taalimpak                 tekens van kritiese      taalbewustheid           taalbewustheid           uiters swak
                - Gebruik                - Kan figuurlike taal    - Taal en punktuasie        bewustheid van           beperk                - Taal en punktuasie     - Woordkeuse
                  gevorderde               toepaslik gebruik        meestal korrek            taal                  - Taal middelmatig,         vol foute               ontoepaslik
                  en gepaste             - Taal, punktuasie       - Woordkeuse gepas       - Taal eenvoudig,           punktuasie word       - Woordkeuse               nie geskik nie
TAAL, STYL EN     figuurlike               korrek                   by teks                   punktuasie               verkeerd gebruik         beperk                - Styl, toon, register
REDIGERING        taal                   - Woordkeuse             - Styl, toon, register      voldoende             - Woordkeuse basies      - Styl, toon, register     gebrekkig
                - Taal en punktuasie       gevarieerd en            toepaslik vir          - Woordkeuse             - Styl, toon, register      ontoepaslik           - Teks wemel van
15 PUNTE          effektief gebruik        kreatief                 onderwerp                voldoende                ontbreek aan           - Teks wemel van           foute en is steeds
                - Woordkeuse             - Styl, toon, register   - Teks meestal           - Styl, toon, register     samehang                  foute na proeflees      deurmekaar na
                  uitsonderlik,             toepaslik vir           foutvry                  gepas                  - Teks het baie foute       en redigering           proeflees en
                  gevorderd                 onderwerp               na proeflees en        - Teks het steeds           na proeflees en                                  redigering
                  uitgebreid             - Teks grootliks           redigering               foute na proeflees        redigering                                     - ŉ Frustrerende
                - Styl, toon, register      foutvry na                                       en redigering                                                               leesinspanning
                  hoogs toepaslik vir       proeflees
                  onderwerp                 en redigering
                -Teks feitlik foutvry
                  na proeflees en
                  redigering

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                                                     AFRIKAANS HUISTAAL V3                                   11

                             4–5                    3½                      3                       2½                      2                     1½                       0–1
                  - Samehangende         - Logiese                - Verskeie toepaslike   - By sommige           - Die nodigste          - Onderwerp nie         - Onderwerp
                    ontwikkeling van       ontwikkeling             besonderhede is         aspekte is daar        besonderhede is         deurgaans                misgetas
                    onderwerp              van inhoud,              ontwikkel               ontwikkeling van       teenwoordig             aangespreek nie,         nie ter sake nie,
STRUKTUUR         - Uitstaande, helder     samehangend            - Sinne en                die nodige           - Sinne en                maar gedagtegang         geen samehang
                    besonderhede         - Sinne en                 paragrawe               besonderhede           paragrawe               kan gevolg word          dwaal af
5 PUNTE           - Sinne en               paragrawe                is goed saamgestel    - Sinne en               is meermale           - Elementêre            - Sinne en
                     paragrawe             is logies gevarieerd   - Lengte korrek           paragrawe              foutief,                konstruksie van          paragrawe
                     is briljant         - Lengte korrek                                    kan plek-plek          maar die opstel         sinne en                 sonder samehang
                    saamgestel                                                              foutief                maak nog sin.           paragrawe             - Uit vraestel
                  - Lengte in                                                               wees, maar die       - Lengte te lank/kort   - Lengte te lank/kort     oorgeneem
                    ooreenstemming                                                          opstel maak nog                                                      - Lengte te lank/kort
                    met vereistes van                                                       sin.
                    onderwerp                                                             - Lengte byna korrek

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                  (NOVEMBER 2013)

AFDELING B: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL: 25 PUNTE

PRESTASIE-   Kode 7:                  Kode 6:                 Kode 5:                 Kode 4:                   Kode 3:                     Kode 2:                Kode 1:
AANDUIDERS   Uitmuntend               Besonders               Verdienstelik           Beduidend                 Genoegsaam                  Basies                 Ontoereikend
                80 – 100%                70 – 79%                60 – 69%                  50 – 59%                 40 – 49%                     30 – 39%             00 – 29%
INHOUD,               12 – 15                 10½ – 11                 9 – 10                    7½ – 8½                     6–7                       4½ – 5½               0–4
             - Uitgebreide            - Baie goeie kennis     - Goeie kennis van      - Voldoende kennis       - Matige kennis van die      - Basiese kennis van   - Geen kennis van
BEPLANNING     gespesialiseerde         van die vereistes       die vereistes van       van die vereistes        vereistes van die teks.      die vereistes van      die vereistes van
EN FORMAAT     kennis van die           van die teks.           die teks                van die teks             Respons op opdrag            die teks. Reaksie    die teks nie.
               vereistes van die      - Gedissiplineerde      - Die leerder behou     - Die leerder se           vertoon beperkte fokus.      op die                 Respons
15 PUNTE       teks.                    skryfwerk – leerder     fokus in die            fokus                  - Die leerder wyk af van       opdrag vertoon ŉ       op die opdrag
             - Gedissiplineerde         behou fokus op die      skryfwerk, met           wyk af, maar dit        die opdrag en die            baie beperkte          vertoon byna geen
               skryfwerk – leerder      aanbieding, geen        geringe afwykings        belemmer nie            betekenis is plek-plek       fokus                  fokus nie
               fokus presies op die     afwyking.             - Die teks is meestal      betekenis nie           vaag.                      - Die leerder wyk af   - Leerder wyk af van
               aanbieding, geen       - Die teks is same-       samehangend wat       - Die teks is            - Die teks is nog              van die opdrag en      die opdrag en die
               afwyking.                hangend wat             inhoud en idees         voldoende                samehangend wat              die betekenis is       betekenis van die
             - Algehele samehang        inhoud en idees         betref, uitbreiding     samehangend wat          inhoud en idees betref,      plek-plek nie van      teks is nie van
               wat inhoud en idees      betref, baie goeie      kom voor en die         inhoud en idees          sommige besonderhede         toepassing nie         toepassing nie
               betref.                  uitbreiding, al die     besonderhede            betref, sommige          ondersteun die             - Inhoud en idees      - Inhoud en idees is
             - Hoogstaande uit-         besonderhede            ondersteun die          besonderhede             onderwerp.                   van                    onsamehangend,
               breiding, al die         ondersteun die          onderwerp               ondersteun die         - Bewys van beplanning         teks is nie altyd      baie min
               besonderhede             onderwerp.            - Bewys van               onderwerp                en/of konsep daarvan         samehangend nie,       besonderhede
               ondersteun die         - Bewys van               beplanning en/of      - Bewys van                lei tot die aanbieding       min besonderhede       ondersteun die
               onderwerp.               beplanning en/of        konsep daarvan lei      beplanning en/of         van ŉ aanvaarbare teks.      ondersteun die         onderwerp
             - Bewys van                konsep daarvan lei      tot die aanbieding      konsep daarvan lei     - Noodsaaklike reëls van       onderwerp            - Beplanning
               beplanning en/of         tot die aanbieding      van ŉ goed              tot die aanbieding       die formaat is genoeg-     - Beplanning             ontbreek
               konsep daarvan lei       van ŉ baie goed         beplande teks           van ŉ                    saam toegepas,               ontbreek               of is ontoereikend.
               tot aanbieding van       beplande en           - Noodsaaklike reëls      bevredigende             nalatige foute is gemaak     of is                  Teks is swak
               ŉ foutlose en goed       saamgestelde teks.      van die formaat is      teks                                                  onaanvaarbaar          aangebied
               beplande teks.         - Noodsaaklike reëls      goed toegepas         - Voldoen aan                                           omdat dit            - Teksformaat is nie
             - Formaat is toepaslik     van die formaat is                              formaatvereistes                                      ontoepaslik is          toegepas nie
               en van hoogstaande       baie goed                                       van die teks,                                       - Het ŉ vae idee van
               standaard.               toegepas.                                       enkele foute                                          die teksformaat
                                                                                                                                              maar growwe foute
                                                                                                                                              is gemaak

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                                                         AFRIKAANS HUISTAAL V3                                    13

                             8 – 10                  7 – 7½                   6 – 6½                   5 – 5½                      4 – 4½                 3 – 3½                0 – 2½
                  - Teks is                 - Teks is baie goed      - Teks is goed           - Teks is so             - Teks net basies       - Teks is swak          - Teks is baie swak
                    grammatikaal              saamgestel en            saamgestel en lees       saamgestel dat dit       saamgestel.             saamgestel en           saamgestel en
                    korrek en briljant        korrek                   maklik                   maklik lees. Foute       Verskeie foute          moeilik om te volg    baie
                    saamgestel              - Woordkeuse is          - Woordkeuse is            beïnvloed nie die      - Woordkeuse is         - Woordkeuse het          moeilik om te volg
                  - Woordkeuse is van         baie geskik vir die      toepaslik vir die        leesbaarheid nie         beperk en nie baie      remediëring nodig     - Woordkeuse het
                    hoogstaande               doel, teikengroep        doel, teikengroep      - Woordkeuse is            toepaslik vir die       en is nie toepaslik     ernstig aandag
                    standaard en is           en konteks van die       en konteks van die       gedeeltelik              doel, teikengroep       vir doel,               nodig en is nie
TAAL, STYL EN       uiters geskik vir die      teks                    teks                     toepaslik                en konteks van die      teikengroep             geskik vir doel,
REDIGERING          doel, teikengroep       - Styl, toon en          - Styl, toon en            vir doel,                teks nie                en konteks van die      teikengroep en
                    en konteks van die        register                  register                teikengroep            - Gebreke in styl,        teks nie                konteks van die
10 PUNTE            teks                      is toepaslik vir die     is meestal toepaslik     en konteks                toon en register     - Styl, toon en           teks nie
                  - Styl, toon en             vereistes van die      - Na proeflees en        - Styl, toon en          - Na proeflees en         register nie geskik   - Styl, toon en
                    register                  teks                     redigering is die        register                 redigering het die      nie                     register
                    is van hoogstaande      - Na proeflees en          teks                     is taamlik toepaslik     teks verskeie foute   - Die teks is besaai      korrespondeer nie
                    standaard en              redigering is teks       meestal foutvry        - Na proeflees en        - Lengte nog              met foute ten spyte     met die onderwerp
                    hoogs                     grootliks foutvry      - Lengte                   redigering het teks      aanvaarbaar             van proeflees en        nie
                    toepaslik               - Lengte is                aanvaarbaar              foute                                            redigering            - Teks is besaai met
                  - Na proeflees en            gewoonlik                                      - Lengte steeds                                  - Lengte dikwels te       foute en is
                    redigering is teks         genoegsaam                                       aanvaarbaar                                      lank/kort               deurmekaar ten
                    feitlik foutvry                                                                                                                                      spyte van proeflees
                  - Lengte gewoonlik                                                                                                                                     en redigering
                    in ooreenstemming                                                                                                                                  - Lengte gewoonlik
                    met vereistes van                                                                                                                                     te lank/kort
                    onderwerp

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P3 MEMO GR11 2013](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo-gr11-2013/0b9f55df-c378-4838-8729-dc5d0aecb07d) — Afrikaans HL · Memo · 2013 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 MEMO NOV 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-memo-nov-2020/fac0bbfb-2db1-4969-bc69-6b016e2f249f) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 MEMO NOV 2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-memo-nov-2020-d/d11183d6-5fdd-4148-b1c0-cafef0a8db82) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 QP MEMO NOV 2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-qp-memo-nov-2020-d/3e6509ed-5ffa-4b06-b795-66a0aad91045) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 MEMO NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-memo-nov-2019/f9a9671f-5a24-4e6a-b25c-327ad80e428e) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo/d90f92e2-e49d-4102-be74-0d886b0ac7f7) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 11 Afrikaans HL

- [Gr11-Afr-HT-studiegids LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-afr-ht-studiegids-lr/2b9b2077-8262-449a-b0c2-0a2c24f6c066) — Guide · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/4cc70ac7-f749-4802-8e1b-8cec773c7368) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/a7e90129-8e5a-43be-963d-f02b31d0b7a4) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P3 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/df1906ad-6c91-4938-9533-c5ba7baa3444) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-1-afrikaans/9892ea43-cb95-460f-8521-db662ba8b5c9) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-2-afrikaans/58fc56f1-3f43-4541-9fa9-c8cf9faa560a) — QP · 2026 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
