# Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2025 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2025, 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo-gr12-sept-2025-watermark/e447d5d1-0ffb-49c7-a916-fb5dd995d727
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2025
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2025 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo-gr12-sept-2025-watermark/e447d5d1-0ffb-49c7-a916-fb5dd995d727)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2025 · Afrikaans. Memorandum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2025

               AFRIKAANS HUISTAAL V3
                   NASIENRIGLYN

PUNTE:   100

               Hierdie nasienriglyn bestaan uit 14 bladsye.

   Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                      (EC/SEPTEMBER 2025)

 ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

 Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter
 wille van eenvoud en eenvormigheid.

     VERDUIDELIKING                  SIMBOOL              BESKRYWING
 Woordorde                                        Hakies en pyltjie
                                     (       )
 Woord(e) weggelaat              ^                Weglaatteken
 Taalfoute                                        Enkelstreep onder die taalfout

 Spelfoute                                        Dubbelstreep onder die spelfout
 Paragraafindeling               [                Begin van ŉ nuwe sin
 Woord(keuse)-foute              x                Trek ŉ X bo-oor die verkeerde
                                                  woord
 Erkenning van taaljuweeltjies   √                Regmerkie bo goeie taalgebruik,
                                                  idees of uitdrukkings
 Onduidelik/                     ʃ (in die        Kronkelstreep
 Onverstaanbaar                  kantlyn)
 Punktuasiefout                  O                Omkring foutiewe leesteken.
 Punktuasie                      O                Plaas sirkel waar leesteken
                                                  moet wees.

 Neem taalvariëteit in ag.

 AFDELING A: OPSTEL

 AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag
 slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel, toepaslik
 volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word
 nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel
 nagesien.

 NASIENRIGLYNE

 Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:

 Voorbeeld:
 Inhoud:                                                           I = KH = 22
 Taal, styl en redigering:                                         T = KL = 10
 Struktuur:                                                        S= K = 4
 Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant                     36
 (onder die opstel):

 Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die
 beplanningsgedeelte te wees).

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2025)             AFRIKAANS HUISTAAL V3                                      3

DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL
Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word.
Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.

Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die
hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die
hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die
samevatting van die hoofgedagte.

Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of
sy/haar standpunt insluit. In die geval van ŉ verhalende, beskrywende en
bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ŉ argumenterende en
beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.
SOORT OPSTELLE:
VERHALENDE OPSTEL
Dit is ŉ interessante vertelling van ŉ storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die
verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.

Hou die volgende in gedagte:

•   Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (ŉ storie of gebeurtenis).
•   ŉ Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
•   Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
•   Die inhoud is boeiend en interessant dit oortuig en ontwikkel logies daarom is die
    inhoud samehangend.
•   Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar dit kan fiktief wees.
•   Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
•   ŉ Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied.
•   ŉ Verrassende slot rond die inhoud af.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
    geniet.
•   Die verlede tyd word gewoonlik gebruik.

BESKRYWENDE OPSTEL
Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf
wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat
beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.

Hou die volgende in gedagte:

•   Waarnemings met al vyf sintuie en ŉ goeie woordeskat word vereis.
•   Insig, begrip, ŉ eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die
    opnoem van waarnemings).
•   Tekste kan varieer van meer realisties tot ŉ verdieping in die aanbieding.
•   Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
•   Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
•   Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
•   Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                     (EC/SEPTEMBER 2025)

•    Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
     geniet.
•    Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word hoofsaaklik gedoen
     deur die konnotasie en nie net die denotasie van woorde nie.
•    Stylfigure kan gebruik word.

BEREDENEERDE OPSTEL

Dis objektief en probeer om ŉ gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ŉ
argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder
bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ŉ
spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente vir
en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik in die ontwikkeling van
die opstel ontleed wees.

Hou die volgende in gedagte:

•   BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
•   Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
•   Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
•   ŉ Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak.
    Die slot gee ŉ sterk aanduiding van die skrywer se mening.
•   Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
•   Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
    geniet.
•   Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.

BESPIEGELENDE OPSTEL

Die skrywer oorweeg/deurdink ŉ idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele
reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor ŉ droom of wense/moontlikhede.

Hou die volgende in gedagte:

• Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
• Die onderwerp word bepeins/oordink: verskillende opsies word teen mekaar
  opgeweeg.
• Dis persoonlik van aard.
• Daar is ŉ definitiewe struktuur, maar ŉ gevolgtrekking is nie nodig nie.
• Dit hoef nie ŉ gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig
  geskryf word.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
  geniet.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2025)            AFRIKAANS HUISTAAL V3                                   5

ARGUMENTERENDE OPSTEL

Die skrywer het ŉ spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt
te motiveer.

Hou die volgende in gedagte:

•   Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
•   ŉ Eie mening word op ŉ baie oorspronklike en treffende manier gegee.
•   ŉ Reeks argumente om die perspektief te motiveer, word gegee.
•   Verdediging of aanval van ŉ saak word enduit volgehou.
•   ŉ Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
•   Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
•   Daar moet ŉ duidelike en oortuigende slot wees.
•   Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
    geniet.

                                                         TOTAAL AFDELING A:          50

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                               AFRIKAANS HUISTAAL V3                     (EC/SEPTEMBER 2025)

VRAAG 1

RIGLYNE

Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en
interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande nasienriglyn) mag nie as bindend
beskou word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan.

1.1   Ek wou dit nie doen nie, maar ek moes ...

      • Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/
        beskrywend van aard wees.
      • Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
      • Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.

      Inhoud:
      • Die kandidaat kan na ŉ gebeurtenis verwys waar hy iets nie wou doen nie,
         maar uit plig/skuldgevoel dit wel gedoen het.
      • Die kandidaat kan na die rede verwys waarom hy/sy dit nie wou doen nie.
      • Die kandidaat kan uitbrei op dit wat hy/sy nie wou doen nie.
      • Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste
         beoordeel word.

      Taal:
      • Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees.                                   [50]

1.2   ... en toe word my grootste vrees ŉ werklikheid!

      • Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/
        beskrywend van aard wees.
      • Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
      • Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.

      Inhoud:
      • Die kandidaat kan op letterlike vlak na iets waarvoor hy/sy bang is verwys.
      • Die kandidaat kan op figuurlike vlak na ŉ gebeurtenis wat hy/sy nie wou
         gehad het moes gebeur nie, verwys.
      • Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste
         beoordeel word.

      Taal:
      • Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees.                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2025)              AFRIKAANS HUISTAAL V3                                      7

1.3    Het ŉ matriekvakansie waarde?
       • Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/
         beskrywend van aard wees.
       • Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
       • Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.
       Inhoud:
       • Die kandidaat kan beredeneer/argumenteer waarom/waarom nie ŉ
          matriekvakansie waardevol is al dan nie.
       • Die kandidaat kan na gebeurtenisse verwys wat waarde toevoeg/wegneem
          vanaf ŉ matriekvakansie.
       • Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste
          beoordeel word.
       Taal:
       • Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees                                   [50]
1.4    “As die skemer kom en hy vang my by jou
       en hy stuur jou terug na jou huis toe
       Wie sou verstaan hoe ek sou voel, wie sou verstaan?
       Oral om, om my heen is dit blou, want ek wil by jou wees.”
                                             - Laurika Rauch
       • Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/
         beskrywend van aard wees.
       • Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
       • Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.
       Inhoud:
       • Die kandidaat kan op letterlike vlak na ŉ liefdesverhouding/vriendskap/
          verhouding verwys waar die geliefdes nie by mekaar kan wees nie.
       • Die kandidaat kan op figuurlike vlak na die simboliese betekenis van blou,
          bv. depressie weens ŉ gebroke verhouding, verwys.
       • Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste
          beoordeel word.
       Taal:
       • Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees.                                   [50]
1.5    Partykeer is stilbly ook ŉ antwoord.
       • Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/
         beskrywend van aard wees.
       • Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
       • Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.
       Inhoud:
       • Die kandidaat kan op letterlike vlak na ŉ antwoord wat uit iemand se stilte
          verkry is, verwys.
       • Die kandidaat kan op figuurlike vlak na stil word/alleenwees verwys.
       • Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste
          beoordeel word.
       Taal:
       • Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees.                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                              AFRIKAANS HUISTAAL V3                    (EC/SEPTEMBER 2025)

1.6 Vrou op swaai

     • Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/
       beskrywend van aard wees.
     • Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
     • Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.
     Inhoud:
     • Die kandidaat kan op letterlike vlak na ŉ gebeurtenis verwys waar die
        vrou/persoon op die swaai ŉ belangrike rol speel.
     • Die kandidaat kan op figuurlike vlak na verlore liefde of vriendskap/
        afsondering/ kinderjare verwys.
     • Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste
        beoordeel word.
     Taal:
     • Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees.                                  [50]

1.7 Man word oorlaai deur inligting.

     • Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/
       beskrywend van aard wees.
     • Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
     • Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.
     Inhoud:
     • Die kandidaat kan op letterlike vlak na tegnologie wat ons lewens oorneem,
        verwys.
     • Die kandidaat kan op figuurlike vlak na die impak van tegnologie/inligting
        op ons lewens verwys.
     • Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste
        beoordeel word.
     Taal:
     • Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees.                                  [50]

1.8 Groei

     • Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/
       beskrywend van aard wees.
     • Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
     • Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.
     Inhoud:
     • Die kandidaat kan op letterlike vlak na tuinmaak/landbou/natuur/
        natuurbewaring/water/waterskaarste verwys.
     • Die kandidaat kan op figuurlike vlak na groei/invloede wat groei
        teweegbring verwys.
     • Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste
        beoordeel word.
     Taal:
     • Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees.                                  [50]

                                                         TOTAAL AFDELING A:             50

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2025)              AFRIKAANS HUISTAAL V3                                      9

AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word
nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks
nagesien.

NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:

Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat:                                            I = K = 10
Taal, styl en redigering:                                                 T=G=6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).       16

Dra dan die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die
beplanningsgedeelte te wees).

VRAAG 2

2.1    E-POS

       Die informele e-pos word aan ŉ vriend/vriendin geskryf. Die fokus van die e-
       pos is drieledig. In die e-pos moet die spreker die vriend/vriendin vertel hoe
       hy/sy die vakansie gewen het, wat die prys alles behels en wie hy/sy beplan
       om saam te neem.

       Hou die volgende in gedagte:

       • Die skryfstyl is informeel, maar korrekte taal word vereis.
       • Die formaat moet voorsiening maak vir ŉ e-posadres asook die
         onderwerp soos in die vraestel aangetoon.
       • Die informele e-pos is gewoonlik onderhoudende kommunikasie tussen
         twee partye wat mekaar betreklik goed ken.
       • Die e-pos moet ŉ aanhef hê, bv. Goeiemôre/Dag Sarel
       • Die onderwerp behoort in die eerste paragraaf vermeld te word: Die klem
         behoort te val op hoe die vakansie gewen is.
       • In die liggaam van die e-pos word daar uitgebrei op wat die vakansie
         alles behels en wie saamgeneem gaan word.
       • Die slot is net so belangrik as die inleiding. Daar is ŉ paar
         standaardmaniere om die e-pos mee af te sluit: Groete./ Vriendelike
         groete./Alles van die beste./Beste wense.
       • Bogenoemde kan as ŉ paragraaf in ŉ aparte reël geskryf word. Dit kan
         ook deel van die slot wees.
       • Die e-pos word afgesluit deur die naam van die skrywer.                         [25]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 10

10                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                       (EC/SEPTEMBER 2025)

2.2   FORMELE VERSLAG: OOGGETUIEVERSLAG

      Die kandidaat moet ŉ ooggetuieverslag vir die polisie skryf nadat hy/sy die
      ooggetuie van ŉ tref-en-trap ongeluk was toe ŉ motoris ŉ fietsryer raakgery
      het. Die motor het weggery en die beseerde fietsryer daar gelos.

      Hou die volgende in gedagte

       • Gee presiese terugvoering oor die gebeure (datum, tyd en plek).
       • Feitelike besonderhede oor WIE, HOEKOM, WANNEER, WAAR, WAT en
         HOE is belangrik.
       • Die skrywer se persoonlike inligting (volle naam, ID-nommer,
         kontaknommer en adres) moet verskaf word.
       • Uitbreiding van besonderhede moet verskaf word.
       • ŉ Samevatting/gevolgtrekking aan die einde is nodig.
       • Dit word in die eerste persoon geskryf.
       • Saaklike, formele taal word gebruik.
       • Die ooggetuieverslag moet gedateer en onderteken word.                             [25]

2.3   TYDSKRIFARTIKEL

      Die artikel gee raad vir 2026 se graad 8’s.

      Hou die volgende in gedagte:

       •   Raad vir 2026 se graad 8’s is die fokuspunt.
       •   Daar is ŉ ooreenkoms tussen ŉ feitelike opstel en ŉ artikel.
       •   Die bedrywende vorm kom ook in die artikel voor.
       •   Die teikengroep moet in gedagte gehou word: in hierdie geval graad 7’s
           en/of hulle ouers.
       •   Die artikel kan in kolomme (in paragraafvorm) aangebied word.
       •   Dit kan ook in gewone paragrawe geskryf word.
       •   Aanhalings kan gebruik word.
       •   Die tema of onderwerp moet interessant aangebied word.
       •   Die titel/opskrif is kort/kragtig en treffend en moet by die onderwerp pas.
       •   ŉ Subtitel kan ook gegee word.
       •   Die inleidingsparagraaf moet die inhoud ontsluit. Dit moet ook kort en
           kragtig wees en die leser dadelik in die prentjie bring.
       •   Die meeste/belangrikste feite kan in die eerste paragraaf gegee word.
       •   Die wie/wat/waar/wanneer/waarom/hoe is opsioneel/kan gebruik word.
       •   Die wat, waar en wanneer word in die volgende paragrawe uitgebrei,
           soos van toepassing.
       •   Meer inligting – die hoe en hoekom – word nou gegee.
       •   Die res van die inligting word daarna in dalende orde van belangrikheid
           gegee.
       •   Die slotparagraaf bevat die gevolgtrekking/samevatting waartoe gekom
           word, naamlik die belangrikste raad vir graad 8’s van 2026.                      [25]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2025)             AFRIKAANS HUISTAAL V3                                    11

2.4    DIALOOG

       Die dialoog is tussen die kandidaat en sy/haar ouma/oupa. Die dialoog fokus
       op die kandidaat se opinie oor onderwys as loopbaankeuse vir hom/haar.

       Hou die volgende in gedagte:

       • Twee mense voer die gesprek.
       • Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word en
         vanuit die spreker se perspektief.
       • Elke spreekbeurt word op ŉ nuwe reël begin.
       • Gebruik ŉ dubbelpunt na die naam van elke spreker.
       • Ekstra inligting word tussen hakies, voordat die spreker praat, aangedui.
       • ŉ Scenario kan, voordat die dialoog begin, geskets word.
       • Geen aanhalingstekens nie.
       • Laat ŉ reël tussen spreekbeurte oop.                                           [25]

2.5    FORMELE TOESPRAAK

       Die inhoud van die toespraak fokus op die viering van die skool se tagtigste
       bestaansjaar.

       Hou die volgende in gedagte:

       • Die toespraak word tydens ŉ formele geleentheid gelewer.
       • Die gehoor moet aangespreek word: Goeiedag Dames en Here
       • Die teikengehoor moet in gedagte gehou word, naamlik leerders/
         personeel/leerders en personeel/ander volwassenes.
       • Die inleidingsin moet sterk en prikkelend wees.
       • Die rede vir die toespraak kan reeds in die eerste paragraaf genoem
         word.
       • Die prestasies van die skool oor die afgelope tagtig jaar behoort genoem
         te word.
       • In die inleidingsparagraaf/ slotparagraaf behoort daar ŉ gelukwensing vir
         die skool te wees.                                                             [25]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 12

12                              AFRIKAANS HUISTAAL V3                     (EC/SEPTEMBER 2025)

2.6   FORMELE BRIEF: DEKBRIEF

      Die dekbrief fokus op die kandidaat se aansoek om vakansiewerk by
      Eenstop-karwas.

      Hou die volgende in gedagte:

       • Die relevante inligting in die dekbrief/aansoekbrief moet gegee word.
       • Die formaat van die dekbrief/aansoekbrief moet korrek wees: die adres
         van sender, adres van ontvanger, aanhef, onderwerpsin, paragrawe en
         afsluiting.
       • Die adres van die sender kom regs, boaan, in blokvorm.
       • Die datum word voluit geskryf.
       • Die adres van die ontvanger kom links, onder die sender se adres, in
         blokvorm.
       • Die vorm van die dekbrief moet aan al die vereistes van ŉ formele brief
         voldoen.
       • Die brief word deur die aansoeker onderteken; die aansoeker se
         voorletter en van word onder die handtekening geskryf. Die afsluiting is
         formeel en korrek.

           Die uwe/ Vriendelike groete/ Groete
           AMarais
           A. Marais                                                                    [25]

                                                           TOTAAL AFDELING B:            50
                                                               GROOTTOTAAL:             100

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 13

13                                                                                                         AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                              (EC/SEPTEMBER 2025)

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
LET WEL:
•   Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
•   Punte van 0−50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
•   Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ŉ hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
•   Struktuur word nie deur die verdeling in ŉ hoe en lae vlak beïnvloed nie.
      Kriteria                               Uitsonderlik                                    Knap                                   Gemiddeld                         Elementêr                       Onvoldoende
 INHOUD EN                                          28−30                                       22−24                                     16−18                           10−12                               4−6
 BEPLANNING                        - Respons is uitsonderlik/treffend      -   Respons baie goed; getuig van           -   Respons bevredigend                - Wisselvallige samehang in       - Respons heeltemal
                                     en bo verwagting                          vaardigheid                             -   Idees redelik samehangend en         respons                            irrelevant

                        Hoë vlak
 (Respons en                       - Idees is intelligent, volwasse en     -   Idees heeltemal relevant, interessant       oortuigend                         - Idees onduidelik, nie           - Idees deurmekaar en nie
 idees)                              stem leser tot nadenke                    en lewer bewys van volwassenheid        -   Redelike organisasie en redelik      oorspronklik nie                   op onderwerp gefokus nie
 Organisering van                  - Uitsonderlike organisasie en          -    Organisasie baie goed en                   samehangend, insluitend            - Min bewys van organisasie       - Vaag en herhalend
 idees vir                           samehang insluitend inleiding,            samehangend, insluitend inleiding,          inleiding, liggaam en                en samehang                     - Geen organisasie nie en
 beplanning;                         liggaam en samevatting/slot.              liggaam en samevatting/slot                 samevatting/slot                                                        is onsamehangend
 Bewustheid van                                     25−27                                       19−21                                     13−15                            7−9                                0−3
 doel, gehoor en                   - Respons uitmuntend, maar              -   Respons goed; getuig van                -   Respons bevredigend, maar          - Respons is grootliks            - Geen poging aangewend
 konteks                             uitsonderlik treffende eienskappe         vaardigheid                                 verval soms in onduidelikheid        irrelevant                         om in ooreenstemming

                        Lae vlak
                                     van ŉ opstel ontbreek                 -   Idees relevant, interessant             -   Idees redelik samehangend en       - Idees begin los staan en           met onderwerp te wees
                                   - Idees intelligent en volwasse         -    Organisasie goed en samehangend,           oortuigend                           kan verwarrend wees                nie
 30 PUNTE                          - Knap organisasie en samehang,             insluitend inleiding, liggaam en        -   ŉ Mate van organisasie en          - Skaars ŉ bewys van              - Heeltemal irrelevant en
                                     insluitend inleiding, liggaam en          samevatting/slot                            samehang, insluitend inleiding,      organisasie en samehang            ontoepaslik
                                     samevatting/slot)                                                                     liggaam en samevatting/slot                                          - Deurmekaar en geen
                                                                                                                                                                                                   fokus nie
 TAAL, STYL EN                                     14−15                                     11−12                                     8−9                                  5−6                               0−3
 REDIGERING                        - Toon, register, styl en               - Toon, register, styl en woordeskat        - Toon, register, styl en woordeskat   - - Toon, register, styl en       - Taal onverstaanbaar
                                     woordeskat hoogs gepas vir              baie gepas vir doel, gehoor en            - gepas vir doel, gehoor en konteks      woordeskat minder gepas         - Toon, register, styl en
 Toon, register, styl                doel, gehoor en konteks.                konteks.                                  - Gepaste taalgebruik om                 vir doel, gehoor en konteks        woordeskat nie gepas vir

                        Hoë vlak
 en woordeskat is                  - Taalgebruik getuig van vertroue,      - Taalgebruik effektief en ŉ                  betekenis oor te dra                   nie                                doel, gehoor en konteks
 geskik vir                          indrukwekkend                           deurlopende gepaste toon word             - Toon is gepas                        - Taalgebruik baie basies         - Woordeskat so beperk dat
 doel/effek en                     - Toon retories treffend en effektief     gebruik − gepas, konstant;                - Retoriese middele gebruik om         - Toon en woordkeuse skaars          dit onmoontlik is om sin te
 konteks;                          - Grammatika en spelling feitlik        - Grammatika en spelling grootliks            betekenis te versterk                  toepaslik                          maak
 Woordkeuse;                         foutvry                                 foutvry                                                                          - Baie beperkte woordeskat
 Taalgebruik en                    - Knap gedaan                           - Baie goed gedoen
 konvensies,                                         13                                        10                                       7                                   4
 punktuasie,                       - Taalgebruik uitstekend en toon is     - Taalgebruik toepaslik en oor die          - Voldoende taalgebruik, maar          - Taalgebruik onvoldoende

                        Lae vlak
 grammatika,                         retories effektief                      algemeen effektief                          teenstrydighede word opgemerk        - Weinig indien enige
 spelling.                         - Grammatika en spelling feitlik        - Toon gepas en effektief                   - Toon oor die algemeen gepas en         sinsverskeidenheid
                                     foutvry                               - Enkele foute in grammatika en               beperkte gebruik van retoriese       - Woordeskat baie beperk
 15 PUNTE                          - Baie goed tot knap gedaan               spelling.                                   middele
                                                                           - Goed gedoen
 STRUKTUUR                                          5                                          4                                        3                                   2                               0-1
                                   - Uitstekende ontwikkeling van          - Logiese ontwikkeling van details.         - Relevante detail ontwikkel.          - Sommige punte geldig.           - Noodsaaklike punte
 Kenmerke van                        onderwerp                             - Samehangend                               - Sinne en paragrawe goed.             - Sinne en paragrawe foutief.       ontbreek.
 teks;                             - Uitsonderlike detail                  - Sinne en paragrawe logies en toon           gekonstrueer.                        - Opstel maak nog effens sin.     - Sinne en paragrawe
 Paragraafontwikke                 - Sinne en paragrawe uitsonderlik         variasie.                                 - Opstel maak sin.                                                         foutief.
 ling en                             gekonstrueer                                                                                                                                               - Opstel maak nie sin nie.
 sinskonstruksie
 5 PUNTE

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                                                Blaai om asseblief
                                                       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 14

14                                                                        AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                       (EC/SEPTEMBER 2025)

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]

      Kriteria                    Uitsonderlik                      Knap                       Gemiddeld                      Elementêr                 Onvoldoende
 INHOUD,                             13−15                          10−12                        7−9                             4−6                        0−3
 BEPLANNING EN           - Respons uitsonderlik, bo        - Respons baie goed          - Respons voldoende en        - Basiese respons
 FORMAAT                   verwagting
                         - Idees intelligent en volwasse
 Respons op en idees;    - Grondige kennis van             - Demonstreer goeie          - Toon voldoende kennis       - Toon geringe kennis van     - Respons toon geen
 Organisering van          kenmerke van die soort            kennis van kenmerke          van kenmerke van die          kenmerke van die soort        kennis van kenmerke
                           teks.                             van die soort teks.          soort teks.                   teks.                         van die soort teks nie.
 idees vir beplanning;
                         - Skryfstuk behou fokus.          - Behou fokus − geen         - Nie heeltemal gefokus nie   - Aanduiding van fokus,       - Betekenis onduidelik
 Doel, gehoor,
                                                             afwyking nie.                − enkele afwykings.           maar met afwykings.           met groot afwyking.
 kenmerke/konvensies     - Samehang in inhoud.             - Samehang in inhoud.        - Redelike samehang in        - Inhoud en idees nie altyd   - Geen samehang in
 en konteks                Idees behoorlik uitgebrei.        Idees baie goed              inhoud en idees.              samehangend nie.              idees en inhoud nie.
                                                             uitgebrei.
 15 PUNTE                - Detail wat die onderwerp        - Detail wat die onderwerp   - Sommige detail              - Min detail ondersteun die   - Baie min detail
                           ondersteun.                       ondersteun.                  ondersteun die onderwerp.     onderwerp.                    ondersteun die
                                                                                                                                                      onderwerp.
                         - Gepaste en akkurate             - Gepaste formaat met        - Formaat oorwegend           - Nodige reëls van formaat    - Nodige reëls van
                           formaat.                          onbeduidende foute.          gepas, maar met enkele        vaagweg toegepas.             formaat nie toegepas
                                                                                          foute.                      - Kritiese foute begaan         nie.
 TAAL, STYL EN                        9−10                              7− 8                        5− 6                            3− 4                       0− 2
 REDIGERING              - Toon, register, styl en         - Toon, register, styl en    - Toon, register, styl en     - Toon, register, styl en     - Toon, register, styl en
                           woordeskat hoogs geskik vir       woordeskat, baie geskik      woordeskat, geskik vir        woordeskat minder geskik      woordeskat stem nie
 Toon, register, styl,     doel, gehoor en konteks.          vir doel, gehoor en          doel, gehoor en konteks.      vir doel, gehoor en           ooreen met doel,
 doel/effek, gehoor en                                       konteks.                                                   konteks.                      gehoor en konteks nie.
 konteks;.               - Grammatika akkuraat en          - Grammatika oor die         - Enkele grammatikafoute.     - Grammatika onakkuraat       - Besaai met foute en
                           goed gekonstrueer.                algemeen korrek en                                         met etlike foute.             verward.
 Taalgebruik en
                                                             goed gekonstrueer.
 konvensies;
                                                           - Baie goeie woordeskat.     - Voldoende woordeskat.       - Basiese woordeskat.         - Woordeskat nie geskik
 Woordkeuse;                                                                                                                                          vir doel nie.
 Punktuasie en           - Feitlik foutloos.               - Oorwegend foutloos.        - Foute belemmer nie          - Betekenis belemmer.         - Betekenis ernstig
 spelling                                                                                 betekenis nie.                                              belemmer.

 10 PUNTE

Kopiereg voorbehou
                                         Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P3 GR 12 MEMO SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr-12-memo-sept2020/f9a99ac3-5b21-4159-aca7-7737a23ab5b0) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2019-d/8cfb8d64-c90d-4948-8241-77d73f1d8009) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 MEMO GR12 2013](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo-gr12-2013/7ffde639-95e1-45e0-834e-5f09f0180807) — Afrikaans HL · Memo · 2013 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — Afrikaans HL · QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — Afrikaans HL · QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/1a878435-bdd2-45da-8e0c-99f96c0bae42) — Afrikaans HL · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
