# Afrikaans Hl Grade 11 P3 Eastern Cape November 2018 Memo (Afr)

> Grade 11 Afrikaans Hl Paper 3 memorandum from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 11 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo/d90f92e2-e49d-4102-be74-0d886b0ac7f7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans Hl
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Afrikaans Hl](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/afrikaans-hl) › [Afrikaans Hl Grade 11 P3 Eastern Cape November 2018 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo/d90f92e2-e49d-4102-be74-0d886b0ac7f7)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AFRIKAANS HL P3 QP GR11 NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-qp-gr11-nov2018/00d22fc1-516f-4571-b23f-714743c44124) — QP · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 QP GR11 NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-qp-gr11-nov2018-d/713f8d6d-e05a-4bfd-b484-c520c599bc44) — QP · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 11

                      NOVEMBER 2018

                 AFRIKAANS HUISTAAL V3
                     NASIENRIGLYN

PUNTE:   100

                    Hierdie nasienriglyn bestaan uit 11 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               AFRIKAANS HUISTAAL V3                     (EC/NOVEMBER 2018)

 Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter
 wille van eenvoud en eenvormigheid.

       SIMBOOL              BESKRYWING                  VERDUIDELIKING
 0                       Sirkel                   Punktuasiefout
                         Dubbelstrepie onder      Spelfout
                         ŉ woord
                         Lang streep onder ŉ      Foutiewe woordgebruik
                         woord
                         Sirkel met pyltjie       Woordorde

 /\                      Weglaatteken             Woord weggelaat
 T                       Hoofletter T in          Tye verwar
                         kantlyn
 H                       Dubbele hh               Herhaling van gedagtes
 VR                      Vraestel                 Dele saamgeflans uit vraestel
 ?                       Vraagteken               Baie verwarrend/sukkel om te
                                                  verstaan wat leerder skryf
 [                       Enkel hakie              Nuwe paragraaf
 E                       Letter “e” bo woord      Engelse woord gebruik

 ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

 AFDELING A: OPSTEL

 AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerder mag
 slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel,
 toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale
 poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die
 eerste opstel nagesien.

 NASIENRIGLYNE

 Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:

 Voorbeeld:
 Inhoud:                                                  I = KL = 21
 Taal, styl en redigering:                                T = KL = 10
 Struktuur:                                               S=G = 3
 Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant            34
 (onder die opstel).

 Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die
 beplanningsgedeelte te wees).

 DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

 Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel
 word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)             AFRIKAANS HUISTAAL V3                                        3

  Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die
  hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die
  hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik
  die samevatting van die hoofgedagte.

  Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening
  of sy/haar standpunt insluit. In die geval van ŉ verhalende, beskrywende of
  bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ŉ argumenterende
  of beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening
  weerspieël.

  VRAAG 1

  Riglyne
  Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en
  volgens sy/haar interpretasie.       Hierdie moontlikhede (onderstaande
  nasienriglyne) mag nie as bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige
  soort opstel aan, soos byvoorbeeld:

  1.1    Só het ons vriendskap skeefgeloop

         Indien die leerder die opstel as ŉ verhalende skryfstuk aanbied, sal die
         fokus terugskouend op die vriendskap val en waarom dit skeefgeloop het.
         In ŉ beskrywende opstel sal die leerder op gevoelens ten opsigte van die
         vriendskap wat skeefgeloop het, fokus. Indien die leerder ŉ
         argumenterende of beredeneerde opstel aanbied, kan die leerder op ŉ
         subjektiewe wyse die leser van sy perspektief oortuig aangaande die
         vriendskap wat skeefgeloop het, al dan nie. Wanneer hy/sy oor die sin
         van vriendskappe wat in die lewe skeefloop, bespiegel, kan dit as
         bespiegelende opstel slaag.                                                 [50]

  1.2    2019

         Die opstel sal hoofsaaklik beskrywend aangebied word. Die kandidaat
         sal fokus op sy/haar planne vir 2019. Hierdie onderwerp leen hom ook
         tot ŉ bespiegelende opstel, veral waar die kandidaat besin oor 2019. Die
         kandidaat kan beredeneer/argumenteer oor die vooruitsigte vir 2019.         [50]

  1.3    Hiersonder sou ek nie kon klaarkom nie

         Die onderwerp leen hom tot ŉ bespiegelende opstel waar die leerder
         besin oor die dinge/persone waaraan hy/sy besondere waarde heg. As
         verhaal kan die kandidaat oor ŉ insident skryf wat hom/haar laat besef
         het hoe belangrik iemand/iets in sy/haar lewe is. In ŉ beskrywende opstel
         kan die kandidaat dinge/persone beskryf waarsonder hy/sy nie kan
         klaarkom nie. By ŉ argumenterende/beredeneerde aanbieding kan die
         leerder oortuig hoekom sekere dinge/persone belangrik in jou lewe is, al
         dan nie.                                                                    [50]

Kopiereg voorbehou

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                    (EC/NOVEMBER 2018)

    1.4   Dít is hoekom Piet vandag nog nie met sy broer praat nie

          ŉ Beskrywende opstel kan die verhouding tussen Piet en sy broer beskryf
          en die daaropvolgende gebeure. Indien ŉ verhalende opstel aangebied
          word, sal die fokus op gebeure val wat die verwydering veroorsaak het.
          By ŉ argumenterende/beredeneerde aanbieding kan die kandidaat
          redeneer of broederskap deesdae werklik nog belangrik is. In ŉ
          bespiegelende inhoud kan daar oor die waarde van broederskap
          bespiegel word.                                                            [50]

    1.5   Sosiale media beheer ons lewens

          Die leerder kan die opstel as ŉ beskrywende opstel aanbied en redes
          aanvoer waarom sosiale media ons lewens beheer. Hierdie onderwerp
          leen hom ook tot ŉ bespiegelende opstel waar die leerder besin oor die
          waarde van sosiale media in ons daaglikse lewens. As beredeneerde/
          argumenterende opstel kan die kandidaat redeneer of sosiale media
          werklik ŉ impak op ons lewens het.                                         [50]

    1.6   1.6.1   Veldbrande

                  Indien die opstel as ŉ verhalende skryfstuk aangebied word, sal
                  die fokus op ŉ veldbrand val. By ŉ beskrywende inhoud kan die
                  kandidaat ŉ veldbrand beskryf en/of die gevoelens wat daardeur
                  opgeroep word. Die veldbrand kan selfs ook die spreker wees.
                  Die kandidaat kan ook bespiegel oor veldbrande en die
                  gepaardgaande aanpassings. Daar kan ook geargumenteer/
                  beredeneer word of die mens die grootste oorsaak van
                  veldbrande is, al dan nie.                                         [50]

          1.6.2   Plaas

                  Hierdie prikkel leen hom tot verskeie interpretasies. Die
                  kandidaat kan ‘n verhalende opstel oor ŉ besoek aan ŉ plaas
                  skryf of ŉ plaasaanval/plaasmoord. ŉ Beskrywende opstel kan
                  die handelinge of gebeure wat deel van die plaaservaring is,
                  beskryf. Indien die kandidaat argumenteer/redeneer oor die
                  belangrikheid van plase kan die opstel as ŉ
                  beredeneerde/argumenterende opstel slaag. ŉ Bespiegelende
                  opstel kan fokus op die belangrikheid/behoud van plase in die
                  lewe.                                                              [50]

          1.6.3   Trofee

                  Die kandidaat kan ŉ verhalende opstel aanbied oor ŉ trofee wat
                  hy/sy/iemand gewen het. Die opstel kan beskrywend aangebied
                  word wanneer die kandidaat die gebeure beskryf wat gelei het
                  tot die verkryging van die trofee. In ŉ bespiegelende skryfstuk
                  kan daar oor die waarde van trofees in die samelewing
                  bespiegel word.                                                    [50]

                                                         TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)             AFRIKAANS HUISTAAL V3                                   5

 SOORT OPSTELLE

 VERHALENDE OPSTEL

 Dit is ’n interessante vertelling van ’n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die
 verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.

 Hou die volgende in gedagte:

  Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (ŉ storie of gebeurtenis).
  ŉ Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
  Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
  Die inhoud is boeiend en interessant, daarom is die inhoud samehangend.
  Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar dit kan fiktief wees.
  Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
  ŉ Treffende inleiding boei die leser en ŉ verrassende slot rond die inhoud af.
  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
   geniet.
  Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.

 BESKRYWENDE OPSTEL

 Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te
 beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die
 onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.

 Hou die volgende in gedagte:

  Waarnemings met al vyf sintuie en ŉ goeie woordeskat word vereis.
  Insig, begrip, ŉ eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net
   die opnoem van waarnemings).
  Tekste kan varieer van meer realisties tot ŉ verdieping in die aanbieding.
  Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
  Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
  Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
  Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
   geniet.
  Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die
   konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.
  Stylfigure kan gebruik word.

 BEREDENEERDE OPSTEL

 Dis objektief en probeer om ŉ gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ’n
 argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder
 bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ŉ
 spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente
 vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in
 die ontwikkeling van die opstel.

Kopiereg voorbehou

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 AFRIKAANS HUISTAAL V3                    (EC/NOVEMBER 2018)

    Hou die volgende in gedagte:

     Die opstel handel oor ŉ onderwerp waaroor standpunt alreeds tydens die
      inleiding ingeneem kan word.
     BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
     Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
     Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
     ŉ Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding,
      gemaak. Die slot gee ŉ sterk aanduiding van die skrywer se mening.
     Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
     Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
     Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
      geniet.
     Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.

    BESPIEGELENDE OPSTEL

    Die skrywer oorweeg/deurdink ŉ idee/lewenswaarheid en gee sy/haar
    emosionele reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor ŉ droom of
    wense/moontlikhede.

    Hou die volgende in gedagte:

     Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
     Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar
      opgeweeg.
     Dis persoonlik van aard.
     Daar is ŉ definitiewe struktuur, maar ŉ gevolgtrekking is nie nodig nie.
     Dit hoef nie ŉ gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of
      ernstig geskryf word.
     Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
      geniet.

    ARGUMENTERENDE OPSTEL

    Die skrywer het ŉ spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar
    standpunt te motiveer.

    Hou die volgende in gedagte:
     Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
     ŉ Eie mening word op ŉ baie oorspronklike en treffende manier gegee.
     ŉ Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
     Verdediging of aanval van ŉ saak word enduit volgehou.
     ŉ Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
     Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
     Daar moet ŉ duidelike en oortuigende slot wees.
     Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
      geniet.

                                                          TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)             AFRIKAANS HUISTAAL V3                                    7

  AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

  AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste
  word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste
  teks nagesien.

  NASIENRIGLYNE
  Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:

  Voorbeeld:
  Inhoud, beplanning en formaat:                                         I = K = 10
  Taal, styl en redigering:                                             T= G = 5
  Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).    15

  Dra dan die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die
  beplanningsgedeelte te wees).

  VRAAG 2

  2.1    VRIENDSKAPLIKE/INFORMELE BRIEF

         Die kandidaat skryf aan ŉ vriend/-in waarin hy/sy die vriendskap beëindig.

         Hou die volgende in gedagte:

            Gebruik informele taal, register en styl.
            Die skrywer moet redes gee waarom hy/sy die vriendskap wil beëindig.
            Skryf in beskrywende, maar eenvoudige taal.
            Skryf logies en volgens ŉ spesifieke doel.
            Daar moet ŉ inleiding, liggaam en slot wees.
            Die adres en datum moet bo-aan verskyn.
            Na die skrywer se adres volg ŉ informele aanhef.
            Sluit die brief informeel/semiformeel af, gevolg deur die skrywer se
             naam.                                                                    [25]

  2.2    INFORMELE VERSLAG

         Die verslag fokus op die leerders se besoek aan die ouetehuis.

         Hou die volgende in gedagte:

           Dink na oor ŉ titel, inleiding (agtergrond, doel en omvang), die
            inhoudsgedeelte (Wie? Hoekom? Waar? Wanneer? Wat? Hoe?),
            samevatting/slot, aanbevelings, verwysings.
           Beplan, versamel en organiseer inligting; skryf oor feite.
           Gebruik informele/semiformele taal, register en styl.
           Die kandidaat kan gebruik maak van:
            o teenwoordige tyd;
            o selfstandige naamwoorde;
            o die derdepersoon;
            o feitlike beskrywing;
            o tegniese woorde en frases;
            o informele/semiformele, onpersoonlike taal.                              [25]

Kopiereg voorbehou

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 AFRIKAANS HUISTAAL V3                     (EC/NOVEMBER 2018)

    2.3   HULDEBLYK

          Die kandidaat lewer ŉ huldeblyk oor die predikant wat aftree, d.w.s. die
          predikant leef nog. Dit moet dus duidelik blyk dat die predikant ŉ
          belangrike rol in die kerk vervul (het).

          Hou die volgende in gedagte:

           Die volgende belangrike inligting word in ŉ huldeblyk gegee:
            o naam en van van die predikant,
            o gebeure en staaltjies oor die predikant se bydrae word gegee,
            o persoonlike herinneringe kan gegee word.
           Die leser moet ŉ duidelike beeld van die predikant en sy dade kan
            vorm.
           Die styl moet by die geleentheid en die gehoor pas.
           Vermy sentimentaliteit.
           Gebruik kort, bondige sinne.
           Die inhoud van die huldeblyk moet in paragrawe aangebied word.             [25]

    2.4   TYDSKRIFARTIKEL

          Die fokus van die artikel val op die gebruik van tegnologie wat tydens die
          eksamen gebruik word om te kul.

          Hou die volgende in gedagte:

           Die kandidaat besluit self oor die styl wat gebruik gaan word.
           Gee aandag aan: wanneer, waar, hoekom (doel), wie en wat.
           Inleiding moet belangstelling wek.
           Ontwikkel weldeurdagte idees en vermy clichés.
           Kort sinne met eenvoudige idees en bekende voorbeelde word
            gebruik.
           Slot moet die gehoor tot nadenke stem; is nie noodwendig ’n
            samevatting van die toespraak nie.
           Klem behoort op eksamenkullery te val.
           Teikengehoor is die tieners.                                               [25]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)             AFRIKAANS HUISTAAL V3                                       9

  2.5    ONDERHOUD

         Die onderhoud met die wyksraadlid fokus op die probleme wat
         jongmense in die omgewing ondervind.

         Hou die volgende in gedagte:

          Twee mense voer ŉ gesprek.
          Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word
           en vanuit die spreker se perspektief.
          Elke nuwe spreekbeurt word op ŉ volgende reël geskryf.
          Gebruik ŉ dubbelpunt na die naam van elke spreker.
          Ekstra inligting word tussen hakies, voor die spreker praat, aangedui,
           bv. Pieter: (apologeties) of Piet (apologeties):
          ŉ Scenario kan geskep word voordat die dialoog/onderhoud geskryf
           word.
          Die onderhoud kan in dialoog-/onderhoudvorm aangebied word.              [25]

  2.6    FORMELE BRIEF: VERSOEK

         Die kandidaat rig ŉ versoek aan ŉ winkelgroep waarin donasies vir die
         prefektekamp aangevra word.

         Hou die volgende in gedagte:

          Die formaat is formeel.
          Daar moet twee adresse, ŉ aanhef, ŉ inhoudsopskrif en ŉ gepaste
           afsluiting wees.
          Die inhoud moet handel oor die versoek aan die winkelgroep om
           donasies (geld/goedere) aan die skool te skenk.
          Die styl is saaklik, maar hoflik.
          Die struktuur moet goeie paragraafbou insluit.
          Eenvoudige, direkte taal is nodig, maar in ŉ formele register.
          Die brief moet formeel afgesluit word en die skrywer se titel,
           voorletters
           en van moet gegee word.                                                  [25]

                                                         TOTAAL AFDELING B:          50
                                                             GROOTTOTAAL:           100

Kopiereg voorbehou

### Page 10

10
                                                       Downloaded from hlayiso.com           AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                                            (EC/NOVEMBER 2018)

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
LET WEL:
   Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
   Punte van 0−50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
   Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ŉ hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
   Struktuur word nie deur die verdeling in ŉ hoe en lae vlak beïnvloed nie.
      Kriteria                               Uitsonderlik                                    Knap                                   Gemiddeld                         Elementêr                       Onvoldoende
 INHOUD EN                                          28−30                                       22−24                                     16−18                           10−12                               4−6
 BEPLANNING                        - Respons is uitsonderlik/treffend      -   Respons baie goed; getuig van           -   Respons bevredigend                - Wisselvallige samehang in       - Respons heeltemal

                        Hoë vlak
                                     en bo verwagting                          vaardigheid                             -   Idees redelik samehangend en         respons                            irrelevant
 (Respons en                       - Idees is intelligent, volwasse en     -   Idees heeltemal relevant, interessant       oortuigend                         - Idees onduidelik, nie           - Idees deurmekaar en nie
 idees)                              stem leser tot nadenke                    en lewer bewys van volwassenheid        -   Redelike organisasie en redelik      oorspronklik nie                   op onderwerp gefokus nie
 Organisering van                  - Uitsonderlike organisasie en          -    Organisasie baie goed en                   samehangend, insluitend            - Min bewys van organisasie       - Vaag en herhalend
 idees vir                           samehang insluitend inleiding,            samehangend, insluitend inleiding,          inleiding, liggaam en                en samehang                     - Geen organisasie nie en
 beplanning;                         liggaam en samevatting/slot.              liggaam en samevatting/slot                 samevatting/slot                                                        is onsamehangend
 Bewustheid van                                     25−27                                       19−21                                     13−15                            7−9                                0−3
 doel, gehoor en                   - Respons uitmuntend, maar              -   Respons goed; getuig van                -   Respons bevredigend, maar          - Respons is grootliks            - Geen poging aangewend
 konteks                             uitsonderlik treffende eienskappe         vaardigheid                                 verval soms in onduidelikheid        irrelevant                         om in ooreenstemming

                        Lae vlak
                                     van ŉ opstel ontbreek                 -   Idees relevant, interessant             -   Idees redelik samehangend en       - Idees begin los staan en           met onderwerp te wees
                                   - Idees intelligent en volwasse         -    Organisasie goed en samehangend,           oortuigend                           kan verwarrend wees                nie
 30 PUNTE                          - Knap organisasie en samehang,             insluitend inleiding, liggaam en        -   ŉ Mate van organisasie en          - Skaars ŉ bewys van              - Heeltemal irrelevant en
                                     insluitend inleiding, liggaam en          samevatting/slot                            samehang, insluitend inleiding,      organisasie en samehang            ontoepaslik
                                     samevatting/slot)                                                                     liggaam en samevatting/slot                                          - Deurmekaar en geen
                                                                                                                                                                                                   fokus nie
 TAAL, STYL EN                                     14−15                                     11−12                                     8−9                                  5−6                               0−3
 REDIGERING                        - Toon, register, styl en               - Toon, register, styl en woordeskat        - Toon, register, styl en woordeskat   - - Toon, register, styl en       - Taal onverstaanbaar
                                     woordeskat hoogs gepas vir              baie gepas vir doel, gehoor en            - gepas vir doel, gehoor en konteks      woordeskat minder gepas         - Toon, register, styl en

                        Hoë vlak
 Toon, register, styl                doel, gehoor en konteks.                konteks.                                  - Gepaste taalgebruik om                 vir doel, gehoor en konteks        woordeskat nie gepas vir
 en woordeskat is                  - Taalgebruik getuig van vertroue,      - Taalgebruik effektief en ŉ                  betekenis oor te dra                   nie                                doel, gehoor en konteks
 geskik vir                          indrukwekkend                           deurlopende gepaste toon word             - Toon is gepas                        - Taalgebruik baie basies         - Woordeskat so beperk dat
 doel/effek en                     - Toon retories treffend en effektief     gebruik − gepas, konstant;                - Retoriese middele gebruik om         - Toon en woordkeuse skaars          dit onmoontlik is om sin te
 konteks;                          - Grammatika en spelling feitlik        - Grammatika en spelling grootliks            betekenis te versterk                  toepaslik                          maak
 Woordkeuse;                         foutvry                                 foutvry                                                                          - Baie beperkte woordeskat
 Taalgebruik en                    - Knap gedaan                           - Baie goed gedoen
 konvensies,                                          13                                       10                                       7                                   4
 punktuasie,                       - Taalgebruik uitstekend en toon is     - Taalgebruik toepaslik en oor die          - Voldoende taalgebruik, maar          - Taalgebruik onvoldoende

                        Lae vlak
 grammatika,                         retories effektief                      algemeen effektief                          teenstrydighede word opgemerk        - Weinig indien enige
 spelling.                         - Grammatika en spelling feitlik        - Toon gepas en effektief                   - Toon oor die algemeen gepas en         sinsverskeidenheid
                                     foutvry                               - Enkele foute in grammatika en               beperkte gebruik van retoriese       - Woordeskat baie beperk
 15 PUNTE                          - Baie goed tot knap gedaan               spelling.                                   middele
                                                                           - Goed gedoen
 STRUKTUUR                                          5                                          4                                        3                                   2                               0-1
                                   - Uitstekende ontwikkeling van          - Logiese ontwikkeling van details.         - Relevante detail ontwikkel.          - Sommige punte geldig.           - Noodsaaklike punte
 Kenmerke van                        onderwerp                             - Samehangend                               - Sinne en paragrawe goed.             - Sinne en paragrawe foutief.       ontbreek.
 teks;                             - Uitsonderlike detail                  - Sinne en paragrawe logies en toon           gekonstrueer.                        - Opstel maak nog effens sin.     - Sinne en paragrawe
 Paragraafontwikke                 - Sinne en paragrawe uitsonderlik         variasie.                                 - Opstel maak nog sin.                                                     foutief.
 ling en                             gekonstrueer                                                                                                                                               - Opstel maak nie sin nie.
 sinskonstruksie
 5 PUNTE

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2018)
                                       Downloaded from hlayiso.com       AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                                          11
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]

      Kriteria                   Uitsonderlik                       Knap                       Gemiddeld                     Elementêr                  Onvoldoende
 INHOUD,                            13−15                           10−12                        7−9                            4−6                         0−3
 BEPLANNING EN           - Respons uitsonderlik, bo        - Respons baie goed en       - Respons voldoende en        - Basiese respons toon        - Respons toon geen
 FORMAAT                   verwagting                        demonstreer goeie            toon voldoende kennis van     geringe kennis van            kennis van kenmerke
                         - Idees intelligent en volwasse     kennis van kenmerke          kenmerke van die soort        kenmerke van die soort        van die soort teks nie.
 Respons op en idees;    - Grondige kennis van               van die soort teks           teks                          teks.                       - Betekenis onduidelik
 Organisering van          kenmerke van die soort teks     - Behou fokus − geen         - Nie heeltemal gefokus nie   - Aanduiding van fokus,         met groot afwyking.
                         - Skryfstuk behou fokus.            afwyking nie                 − enkele afwykings            maar met afwykings          - Geen samehang in
 idees vir beplanning;
                         - Samehang in inhoud en           - Samehang in inhoud en      - Redelike samehang in        - Inhoud en idees nie altyd     idees en inhoud nie.
 Doel, gehoor,             idees                             idees; baie goed             inhoud en idees.              samehangend nie             - Baie min detail
 kenmerke/konvensies     - Idees behoorlik uitgebrei         uitgebrei met detail wat   - Sommige detail              - Min detail ondersteun die     ondersteun die
 en konteks                met detail wat die                die onderwerp                ondersteun die onderwerp.     onderwerp.                    onderwerp.
                           onderwerp ondersteun              ondersteun                 - Formaat oorwegend           - Nodige reëls van formaat    - Nodige reëls van
 15 PUNTE                - Gepaste en akkurate             - Gepaste formaat met          gepas, maar met enkele        vaagweg toegepas.             formaat nie toegepas
                           formaat                           onbeduidende foute           foute.                      - Kritiese foute begaan.        nie.
 TAAL, STYL EN                          9−10                            7− 8                        5− 6                            3− 4                        0− 2
 REDIGERING              - Toon, register, styl en         - Toon, register, styl en    - Toon, register, styl en     - Toon, register, styl en     - Toon, register, styl en
                           woordeskat hoogs geskik vir       woordeskat, baie geskik      woordeskat, geskik vir        woordeskat minder geskik      woordeskat stem nie
 Toon, register, styl,     doel, gehoor en konteks           vir doel, gehoor en          doel, gehoor en konteks       vir doel, gehoor en           ooreen met doel,
 doel/effek, gehoor en   - Grammatika akkuraat en            konteks                    - Enkele grammatikafoute.       konteks                       gehoor en konteks nie
 konteks;.                 goed gekonstrueer               - Grammatika oor die         - Voldoende woordeskat        - Grammatika onakkuraat       - Besaai met foute en
                         - Feitlik foutloos                  algemeen korrek en         - Foute belemmer nie            met etlike foute              verward
 Taalgebruik en
                                                             goed gekonstrueer;           betekenis nie               - Basiese woordeskat          - Woordeskat nie geskik
 konvensies;                                               - Baie goeie woordeskat                                    - Betekenis belemmer            vir doel nie
 Woordkeuse;                                               - Oorwegend foutloos                                                                     - Betekenis ernstig
 Punktuasie en                                                                                                                                        belemmer
 spelling

 10 PUNTE

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-v1-memo/81c65aff-c39f-4a47-8bd3-25ae6f2b47a6) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-memo/30ab9bff-a730-42e2-a934-2aa81e7b7336) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 MEMO NOV 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-memo-nov-2020/fac0bbfb-2db1-4969-bc69-6b016e2f249f) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 MEMO NOV 2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-memo-nov-2020-d/d11183d6-5fdd-4148-b1c0-cafef0a8db82) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 QP MEMO NOV 2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-qp-memo-nov-2020-d/3e6509ed-5ffa-4b06-b795-66a0aad91045) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 MEMO NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-memo-nov-2019/f9a9671f-5a24-4e6a-b25c-327ad80e428e) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 11 Afrikaans Hl

- [Gr11-Afr-HT-studiegids LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-afr-ht-studiegids-lr/2b9b2077-8262-449a-b0c2-0a2c24f6c066) — Guide · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/4cc70ac7-f749-4802-8e1b-8cec773c7368) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/a7e90129-8e5a-43be-963d-f02b31d0b7a4) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P3 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/df1906ad-6c91-4938-9533-c5ba7baa3444) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-1-afrikaans/9892ea43-cb95-460f-8521-db662ba8b5c9) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-2-afrikaans/58fc56f1-3f43-4541-9fa9-c8cf9faa560a) — QP · 2026 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
